Skip to main content

Swartland Joernaal 25 Oktober 2023

Page 1

1

Gratis • Free

25 Oktober 2023

Nuus met 'n verskil

W/A en Tel: 076 178 8091 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 191

25 Oktober 2023

Malmesbury Superspar doen dit weer

Malmesbury Superspar, onder leiding van eienaar Des Möller, het vir die vierde agtereenvolgende jaar die eerste plek behaal in die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie in die afdeling vir Groot Besighede. Möller en sy span bedank al hul kliënte vir hul getroue ondersteuning.


2

Swartland maak reg vir oestyd

Oestyd in die Swartland is amper hier en landbouers van die streek is besig om kuilvoer van die lande te haal. Hierdie beeld is deur Lisa-Mari Eksteen vasgevang.

Wenner: Delico het onlangs die Xariep Landbouskrywerstoe-

kenning gewen as die Plaas van die Jaar in die Wes-Kaap-afdeling. Hier ontvang die Truter-familie hul toekenning by die prysuitdeling.

Nuwe bestuur: Agri Malmesbury het by verlede week

se ledevergadering die nuwe bestuur van die Koringstudie- sowel as die Skaapstudiegroep gekies. Die skaapstudiegroep (regs) bestaan uit Ewan Louw, Wilhelm Relihan, Eben Schellink, Erika Henkom, Hentie Smit, Hugo Torr, Johnny Forbes, Oubasie Lesch, Peter Steyn, Stephan Hamman, Pieter Euvrard, Pieter Hamman, Juan Louw en Nollie Stoffberg. Die koringstudiegroep (regs onder) se bestuur bestaan uit Dirk Lesch, Dolfie Walters, Derick Becker, Truter de Kock, Gert Classen, Hennie Eksteen, Eben Schellink, Johan Smuts, Hentie Smit, Michiel Smuts, Dickie Hewett, Jan Bester, Paul Truter, Fanie Walters en Gielie Bester.

Kontak ons op 076 178 8091 admin@ swartlandjoernaal.co.za

Baie geluk aan die nuutverkose bestuur van Agri Malmesbury se Skaap- en Koringstudiegroepe. Mag julle hoë hoogtes bereik.

Bokomoweg 44, Malmesbury, Tel: 022 482 1817


3

25 Oktober 2023

Bekendstelling:

Die Wesbank-rugbyklub is deel van Boland Rugby Unie se Top 12-spanne in die Groot Uitdaag-liga. Die span het verlede week hul span en bestuur bekend gestel by 'n geleentheid by Malmesbury Superspar se BeanTree-koffiewinkel. Wesbank speel die naweek tuis teen Mamre en daarna teen Clanwilliam.

Sakekamer-wenners aangekondig Saterdagaand is die wenners in die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die uitslae is soos volg: GROOT BESIGHEDE: 1. Malmesbury Superspar, 2. Kaap Agri, 3. Malmesbury Fisheries, 4. RSAM (finalis) en 5. Build It Malmesbury (finalis). MEDIUM BESIGHEDE: 1. Geard Apteek, 2 Bergzicht Dierehospitaal, 3. Flynet / Cornergate, 4. The Courier Guy

Malmesbury (finalis) en 5. Sabino Canyon Spur (finalis). KLEIN BESIGHEDE: 1. Manie's Halaal Take Aways, 2. Swartland Apteek, 3. Koffie, 4.W.R. Motors (finalis) en 5. Die Kookwaterwinkel (finalis). INDIVIDUE: 1. Abdurahgmaan Allie, Manie's Takeaways, 2. Tayla Erentze, Ella Bella Beauty Salon, 3. Jeanne Steyn, Swartland Dojo, 4. Johann Beukes, Cherry Lane (finalis) en 5. Werner Rautenbach, WR Motors (finalis).

Droom groot, werk hard en bly gefokus Aan alle Graad 12 leerders

Mag hierdie finale treë in jul skoolloopbane die fondasie vorm van julle sukses. Onthou,

Swartlandfees:

Die Hoërskool Swartland se eerste Swartlandfees is die afgelope naweek op die skool se sportvelde aangebied. Sangers soos Lofi, Jay, Franja du Plessis en Gerhard Steyn het die gehoor met hul musiek vermaak. Die naweek is afgesluit met die lewendige uitsending van die Springbokke se wedstryd teen Engeland.

Namens die Swartland Raad en die hele

sukses beteken iets anders vir elke individu.

gemeenskap wil ons julle alle sterkte toe

Doen net jou beste!

wens met julle finale eksamens.

Droom groot, werk hard en bly gefokus!

Ek is seker dat julle goed voorbereid is vir hierdie eksamens. Julle toewyding om hierdie eerste akademiese hekkie in jul

Raadsheer Harold Cleophas

lewens te oorkom is bewonderenswaardig.

Uitvoerende Burgemeester,

Mag hierdie deursettingsvermoë die

Swartland Munisipaliteit.

fondasie vorm vir die res van jul loopbane. Die Graad 12 eksamens dui die einde van jul skoolloopbane aan en dien as platform vir die res van jul lewens. Slegs julle kan bepaal wat volgende gaan gebeur en jul werksetiek en deursettingsvermoë sal bepaal hoe suksesvol julle gaan wees. Elkeen van julle het die krag binne jou om te wees wat ons gemeenskappe, land en selfs die wêreld nou nodig het. Wees verseker dat jul familie, vriende en hele gemeenskap agter julle staan en julle ondersteun. Ons wil hê julle moet suksesvol wees!


4

25 Oktober 2023

MPool Services, the solution Tuinkenner gee raad... to your pool problems Jou tuin in November

Marko Mahanhire, owner and founder of MPool Services brings the solution to your pool problems. Born and raised in Zimbabwe, his parents taught him to work hard, share and learn from others. "I come from a poor, Christian family and my parents struggled to let me finish school to complete my basic and standard education level." He has always dreamt of owning his own company and learning new skills. In 2006 he was employed at Investbo Construction in Johannesburg where he learned a lot of skills regarding home improvement, building of different types of pools, painting, tiling and much more. He relocated to Cape Town in 2015 and in 2016 he met Jacques Geely in preparation to open a pool servicing business. Marko saw the opportunity for him to showcase his talents and what he has learned in his years in construction. This lead to him starting MPoolServices. Marketing was his biggest weakness and he was only relying on word of mouth, but the business kept on growing, despite the lack of marketing. "Im very happy to have met Loïs Roos, marketer from Swartland Journal, who is now help-

November-maand kan soms ‘n antiklimaks wees teenoor die lentebetowering van die mooi lentemaand Oktober. Indien jy as tuinier mooi vooruit beplan het en bááie somerblommende eenjariges aangeplant het, kan jou tuin regdeur November en Desember steeds baie kleurvol wees. Grasperke moet veral noudat dit warmer word, baie gereelde aandag kry. Dit sluit in: 1 Besproeiing; 2 Bemesting; 3 Onkruidbeheer; 4 Baie gereelde sny en 5 Siektebeheer. 1. Moenie jou grasperk “lui” maak deur dit te veel water onnodig te gee nie! Volgens jou tuingrond se tipe, moet dit nét genoeg water kry om dit mooi groen te hou. 2. Die korrekte bemesting elke vier tot ses weke kan dit in topkondisie hou: Vir die warmer maande beveel ons aan ‘n 4.1.1 of 7.1.3 kunsmis van of ook “Bio Ganc for Lawns van Atlantic Fertilisers wat ‘n organiese bemesting is.

Marko Mahanhire, owner of MPool Services. ing me to market my business, so that it can grow and make my dreams a reality. Faith is the greatest weapon in life and God's time is the best." Call Marko to assist in all your pool problems on 074 739 2347 or 065 385 3947.

3. Onkruide moet betyds en gereeld onder beheer gehou word deur dit uit te trek of met selektiewe onkruiddoders te bespuit – maar ASB kry hier tog die korrekte produk en advies!

afgee wanneer jy daaraan vat. Bespuit dit met “virikop” (koperoksied-chloried) of “Odeon” Ander peste is grasperk-ruspes en komando-wurms wat met Karbaspray beheer kan word of die “Lawn pest and green”. Waterkrieke is nog ‘n pes wat beheer kan word met “Koinor” of “Meridian”. Miere en termiete kan gespuit word met “Knox Ant” en die “Kombat Ants” of sprinkel “Skatterkill for Insects” asook “Ant Vanish” Begin sommer nou al die res van jou tuin voorberei vir die somer deur die beddings ‘n lekker dik deklaag met kompos en/of boombas te sprinkel. Dit bewaar die vog en voed die plante. Dit help ook keer dat daar nie so baie onkruide in jou beddings opkom nie! Hou die plante fyn dop vir alle soorte plantluise en ander insekplae soos witvlieg, rooi spinnekop, dopluise en meer. Kom kry die regte raad en die regte produk, want anders kan jy dalk net jou geld mors en niks bereik nie! Volgende keer, 29 November gee ons raad vir die somertuin in Desember-maand. Tuingroete George Retief

4. ‘n Grasperk moet gereeld gesny word: Een keer per week. Moenie jou grasperk in die warm somermaande te kort sny nie, want dit gaan sonbrand opdoen. Onder die skadubome waar die grasperk soms sukkel om te floreer, moet jy ook nie jou gras so kort sny soos in die volson nie. 5. Swamsiektes op grasperke kan ook nou, met die warmer weer, begin kop uitsteek. Daalderkol is groot sirkelvormige swambesmettings wat vinnig bespuit moet word met “Odeon” Bruinroes op die blaar is sulke swart poeieragtige kolle op die blaar wat aan jou vingers sal

Just Property nou op Malmesbury Just Property is een van die snelgroeiendste eiendoms-agentskappe in Suid-Afrika en is nou ook op Malmesbury te vind. In die Wes-Kaap is Just Property baie goed verteenwoordig, in die stedelike en plattelandse areas. Die Malmesbury-franchise sluit die omliggende areas soos Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Moorreesburg in. "Op Riebeek is ons reeds een van die toonaangewende agentskappe en is van plan om met dieselfde diensvlakke die eiendomsmark op Malmesbury te dien." Voorts is die Malmesbury-franchise verbind

aan die Just Property-agentskappe in die Paarl en Worcester. "Die eiendomsmark gaan altyd deur siklusse, maar van een ding is beleggers altyd seker - dat hulle belegging oor die langtermyn tred hou met die inflasiekoers en ook met beleggings in ander bateklasse. Daar is dus altyd in enige fase van ‘n eiendomssiklus geleenthede wat benut kan word. In die Wes-Kaap was ons die afgelope paar jaar in ‘n opwaartse siklus, terwyl die res van die land in ‘n sterk afwaartse siklus was. Dit het verkope en huispryse in Malmesbury positief beïnvloed." Volgens Prinsipaal Jacques Basson het die migrasie van kopers uit die Noorde nog nie opgedroog nie, hoewel die skerp styging in rentekoerse huispryse in die Wes-Kaap ietwat gestol het. "Die verwagting is dat rentekoerse naby ‘n boonste draaipunt is, wat weer kopers sal terugbring sodra koerse daal. Die onstabiele politieke en ekonomiese toestande internasionaal sal bepaal hoe vinnig dit sal gebeur." Just Property het landwyd die grootste aandeel van enige eiendomsagentskap in residensiële verhurings. "Ons stelsels en produkte is dus gesofistikeerd en voldoen aan 'best practice'-praktyke. Ons voorsien dat die huurmark in Malmesbury sterk gaan uitbrei saam met die nuwe eiendoms-ontwikkelings wat tans aan die gang is." Die vraag na huurplekke sal ook nuwe geleenthede skep vir beleggers in huur-eiendomme in die nabye toekoms. Om die mark in Malmesbury te dien, is eiendoms-agent Delna Basson in die streek aangestel om die maatskappy te verteenwoordig. Kontak haar op 072 956 0886 met jou eiendomsbehoeftes.


5

25 Oktober 2023

Uitslae • Results Wevlugduiwe

Malmesbury Posduif Vereniging 14 Oktober 2023 Britstown JO 3 : 1 Kotze Familie Hokke 1514.8429; 2 G Williams 1514.7640; 3 Limbardi B 1485.3724; 4 LF van Dalen 1472.8853; 5 Bordeaux A 1469.2956; 6 Limbardi 1468.4828; 7 Splendidior 1467.4134; 8 Limbardi B 1457.8583; 9 Limbardi B 1456.1447; 10 Marais Hokke 1455.6988 Britstown Ope 3 : 1 Bordeaux A 1572.8066; 2 Limbardi 1492.1975; 3 Splendidior 1481.5698; 4 Limbardi 1480.6383; 5 Bordeaux A 1466.9473; 6 Kotze Familie Hokke 1464.4141; 7 Lewisham Lofts 1454.9483; 8 Marais Hokke 1447.8015; 9 Limbardi 1441.5851; 10 Kotze Familie Hokke 1439.4826

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Deodat Carolus by 022 487 9400.

Hoof: Aanvraag, Verkryging en Evaluering Direktoraat: Finansiële Dienste • Verwysingsnommer: V51/23 • Salarisskaal: R478 764 – R621 372 p.j. (T14)

Hoof: Finansiële State Direktoraat: Dienste • Verwysingsnommer: V52/23 • Salarisskaal: R478 764 – R621 372 p.j. (T14)

Senior Bestuurder: Tesourie Direktoraat: Finansiële Dienste • Verwysingsnommer: V53/23 • Salarisskaal: R751 188 – R975 084 p.j. (T17)

Ondersoeker van Bestuurderslisensies: Graad A Direktoraat: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V54/23 • Salarisskaal: R240 696 – R312 420 p.j. (T9) Sluitingsdatum: 3 November 2023 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

149400


6

25 Oktober 2023

Damvlakke in die Wes-Kaap


25 Oktober 2023 GELUKWENSING Congratulations

26 Oktober – 10 jaar getroud en ‘n verjaardag!! – PATRICIA en ANDRIES ABRAHAMS. Geluk met die huweliksherdenking en jou verjaardag. Klimyt ons is baie lief vir julle, Mag die Hemelse Vader julle seën – Pa, Ma, susters en kleinkinders Geluk met die verjaardag en huweliksherdenking. Waardeer jou man vir wie hy is (1 Kor 13). God se seëninge vorentoe. Geniet die dag – Kaptein, Boois, Meyer, Afrika & Abrahams familie

27 Oktober 2009 MAUREECIA BRIGETA MARCHELLE VD SPECK DYASON, Happy birthday ons mooie blom, Ma en Pa is baie lief vir jou #14 mwah

28 Oktober 1980 JOSLIN MARION IRMA MC'QUIER - Baie geluk peetma. Ek is baie lief vir peetma, Liefde Maureecia Baie geluk Ousus met jou verjaardag. Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Liefde – jou sussies, Herschelle en Gillian en Boeta Gavin STERFGEVAL Obituary

CHARLIE - rus sag. Ons laat joú gaan en wil

baie dankie sé vir alles wat jy vir ons beteken het. Sal jou hulp baie

mis. Wie gaan nou vinnig winkel toe hardloop. Liefde vir

altyd - Marius, Aletta, Boeta, MJ en Lune

7


8

25 Oktober 2023

W/A: 076 178 8091 • Tel: 076 178 8091 • Uitgawe 191 • 25 Oktober 2023

Krieket: Hoërskool Swartland se o.15A krieketspan het Vrydag-

Toutrek: Vian Steenkamp het 21

Oktober aan die "Mossel Bay Tugfest" op Mosselbaai deelgeneem. Hy het vir die Robertson-span getrek. In die drie gewigsafdelings het 43 spanne deelgeneem. Vian trek in die nommer 7-posisie. Die 480kg A-span het 'n goue medalje in die kompetisie ingepalm.

middag 'n T20-wedstryd teen Montana gespeel. Swartland kolf eerste en teken 185 lopies aan met slegs 5 paaltjies plat. Iaan Snyders teken 61 lopies aan. Du Preez Erasmus teken 51 lopies aan. Montana word uitgeboul vir 31. Maxwell Smith, Erchel Hanga en Finn Fowlds neem elk 3 paaltjies. Swartland wen die wedstryd met 'n oortuigende 154 lopies.

Krieket:

Op Maandag, 16 Oktober, het Swartland se o.15B-krieketspan tuis teen Hoërskool Hopefield gespeel. Swartland kolf eerste en teken 137 lopies aan met 4 paaltjies plat na 20 boulbeurte. Rikus van Zyl was HSS se beste kolwer met 32 lopies. Hoërskool Hopefield kon nie daarin slaag om die wentelling te haal nie en eindig op 82 lopies met 8 paaltjies plat na 20 boulbeurte. Stephan Robertson was ons beste bouler met 3 paaltjies. Swartland wen dus die wedstryd met 55 lopies.

Frogfoot 7's:

Hoofleiers:

By die onlangse prysuitdeling is die nuwe hoofleiers van 2024 aangewys. Hulle is Carlo van der Merwe (regs agter) as hoofseun, met Kallie Boutsikaris as onderhoofseun. Voor is Anike van der Merwe (links) wat as hoofmeisie verkies is, met Riané Ligthart as onderhoofmeisie.

Tweekamp:

Jani Visagie en Esti Mouton het die naweek aan die eerste Tweekamp byeenkoms van die seisoen te Worcester Gim deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar en het onderskeidelik 2de en 3de plekke behaal uit die 9 deelnemers in die o.17 kategorie.

Swartland se o.17 7's rugbyspan (die Blokkies) het die Rockies se naam weer hoog gehou in Pretoria tydens die Frogfoot-toernooi. Hulle het baie goed gevorder, en tot op die laaste minuut hul als gegee. Uitslae van die toernooi: Wedstryd 1: Swartland teen Duineveld - verloor 12-34. Wedstryd 2: Swartland teen Secunda - verloor 12-21 Wedstryd 3: Swartland teen Ben Viljoen - wen 22-5. Daarna speel hulle in die "bowl" semi-finaal teen HTS Tom Naude en wen 22-5. Swartland speel dan in die "bowl" finaal teen Secunda, en veg tot op die einde. Ons verloor ongelukkig die wedstryd 27-28 en eindig algeheel 6de uit al die skole wat deelgeneem het. Die seuns het op die veld, en oor die algemeen die pragtige beeld van Hoërskool Swartland oorgedra. 2023 was Swartland se eerste volledige 7’s seisoen, waar ons aan 5 toernooie deelgeneem het waarvan die Nasionale Frogfoot-toernooi ("Frogfoot Champions Cup") die laaste een was. "Ons is baie trots op elke speler en afrigter wat hierdie toernooi só goed aangepak het, en ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om vir ieder en elk te bedank vir hul besonderse bydraes. Baie dankie aan Frogfoot 7s Rugby Tournament vir die geleentheid om te kon deel wees van die 2023 7's seisoen. Julle doen ‘n ongelooflike werk om vir soveel seuns die geleentheid te gee om groot te droom. Dankie aan Afrikaans Hoër Meisieskool vir die vriendelike ontvangs van mevrou Hudson en die tuisgaan in julle koshuis op julle pragtige skoolterrein. Baie dankie aan Laerskool Wierdapark wat ons Vrydag op die Lughawe ontvang het en weer Sondagoggend 04:00 ons teruggeneem het. Sonder die hulp van ons Swartlandgemeenskap, sou hierdie ervaring nie kon plaasvind nie, dus sê ons dankie aan elke ouer en elke lid van die gemeenskap wat ons bygestaan het. 'n Spesiale dank aan KCA Pools and Tools en Malmesbury Roundtable 262 wat altyd bereid is om ons skoolkinders by te staan wanneer dit nodig is. Van die sportkantoor se kant af, wil ons graag vir Ocean Processors baie dankie sê vir die borg van die Blokkies se kleredrag vir die seisoen. Daar waar Swartland was, het ons altyd uitgestaan met ons pragtige kleredrag. Die afrigters, die spelers en die skool waardeer die ondersteuning van ons plaaslike besighede. Baie dankie aan Mnr. Manny Da Fontas vir jou vertroue en geloof in Hoërskool Swartland se sport." So kom die 7's tot 'n blink einde na 'n uitmuntende seisoen. Die groei oor die seisoen maak ons opgewonde vir die toekoms. Lekker rus, seuns. Woensdag 25 Oktober begin ons met die voorseisoenprogram vir 2024.

Skaak: Vier leerders van Hoërskool

Krieket vs Piketberg:

Die o.19A-krieketspan het weer hul vaardighede getoets op Saterdag, 14 Oktober teen Hoërskool Piketberg. Hoërskool Swartland verloor die loot en kolf eerste. Swartland teken slegs 118/10 aan. Cobus Steyn het hard geveg met 50 lopies. Beste boulers van die dag: Carlo van der Merwe; 3/18 in 10 beurte. Yeoman Van Zyl; 3/21 in 5 beurte. Swartland verloor met 1 paaltjie.

Swartland het op 21 Oktober deelgeneem aan die "West Coast Schools Chess Grand Challenge 2023" te Liebenberg Primêr. Elke skaakspeler het die geleentheid gehad om 5 rondtes te speel. Die leerders van HSS het aan die Kampioenskap-liga deelgeneem. Alexander Clemitson wen 2 rondtes. Tristan Breytenbach wen 2 rondtes. Perusha Maarman wen 3 rondtes. Stefan du Plessis wen 4 rondtes. Perusha verower die sesde plek in die toernooi en word aangewys as die beste o.18 skaakspeler in die meisie-afdeling. Stefan du Plessis verower derde plek in die toernooi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Swartland Joernaal 25 Oktober 2023 by Swartland Joernaal - Issuu