Swartland Joernaal 24 Julie 2024

Page 1


Die splinternuwe privaathospitaal op Malmesbury, Crestcare, het belanghebbendes en rolspelers 'n kykie na die hospitaal gebied. Die hospitaal open amptelik sy deure tot die publiek op 1 Augustus, indien alles volgens plan verloop. Sien meer binne.

Nuwe uitkykpunt vir Yzerfontein Toerisme

Die lint tot die nuwe uitkykpunt word geknip deur Uitvoerende Burgemeester Herold Cleophas. By hom is speaker rdl Michael Rangasamey, Ilse Loock (Swartland Munisipliteit) en Henk Bruwer (Toerisme). Reg is die rolspelers saam by die onthulling van die aanwysingsbord.

Yzerfontein - Wat eens 'n oorblyfsel was van 'n verlate visfabriek het nou 'n splinternuwe bestemming gekry in die Yzerfontein-gemeenskap.

Die betrokke area, voorheen beset deur watertenks, is deur die plaaslike Swartland Toerisme-komitee omskep in 'n pragtige uitkykpunt wat toeriste en inwoners 'n panoramiese kyk op die hawe en oseaan bied.

Jare gelede het 'n visfabriek hier gestaan, maar toe die fabriek gesluit is, het dit 'n groot betonstruktuur agtergelaat wat 'n magneet vir onwelkome besoekers geword het.

Hierdie oorblyfsel het gelei tot lawaai, gemors en brandgevare, wat 'n las vir die plaaslike inwoners geword het.

Die Swartland Toerisme-komitee het egter 'n plan beraam om hierdie probleem om te skakel na 'n unieke geleentheid vir die gemeenskap.

Na die aanvaarding deur die Swartland Munisipaliteit, is die plan gemaak om die betonstruktuur te verander na 'n aantreklike uitkykpunt wat nie net die area opkikker nie, maar ook 'n nuwe

trekpleister bied vir besoekers en inwoners.

Die herskepping van die struktuur het gefokus op 'n paar sleutelidees:

Uitkykpunt: 'n Plek vir toeriste en besoekers om te geniet van 'n wye uitsig oor die hawe, oseaan en die dorp self.

Meditasie-area: 'n Rustige omgewing vir meditasie en ontspanning.

Herinneringsplakkate: Die geleentheid vir besoekers en inwoners om goedgekeurde herinneringsplakkate te koop en te laat installeer om hul verblyf in Yzerfontein te herdenk.

Deur hierdie opgraderings en verbeterings, mik die konsepplan daarop om die ou betonstruktuur te herdoop na 'n geliefde baken wat die gemeenskap se aantreklikheid verbeter en 'n veilige, aangename ruimte bied vir almal.

Die plaaslike gemeenskap sien met opgewondenheid uit na die voltooiing van hierdie projek wat nie net die omgewing verfraai nie, maar ook 'n nuwe en opwindende toeristebestemming vir Yzerfontein skep.

Swartlandskou op Moorreesburg vier 90ste jaar met skou vir die hele gesin

Moorreesburg - Die hartjie van die Swartland gaan vanaf Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 weergalm met die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar vier.

Die Swartlandskou op Moorreesburg, met Afgri as ankerborg, beloof om meer as 20 000 besoekers te beïndruk met ‘n opwindende program wat vir die hele gesin geskik is.

Die skou, wat bekend staan vir sy uitstaande vertonings van perde, beeste, skape en pluimvee, asook ‘n indrukwekkende masjinerie-uitstalling ter waarde van R230 miljoen, is ‘n jaarlikse hoogtepunt in die streek.

Die skouprogram is vanjaar besonders ryk aan landbou- en leefstylaktiwiteite.

Die hoogtepunte sluit in die grootse vleisbeesskou in die Wes- en Suid-Kaap met sowat 400 dapper dieremodelle wat vir gesogte titels meeding.

Die Swartlandskou Skeerkampioenskappe is ‘n nuwe toevoeging vir kleinvee-liefhebbers, terwyl die BKB & FNB Slaglamkompetisie, Merino-kampioenskappe, SA Vleismerino Super 10-kampioenskappe en die OVK-Interrasuitstalling ook van die hoogtepunte vorm.

Vir die liefhebbers van perde is daar ‘n vertoning van meer as 400 wa-perde, met die 8-span wa-perde wat beslis ‘n skouspel sal wees. Die

Streek Jeugskou gaan 230 leerders bymekaar bring, terwyl die Wes-Kaap Pluimveeklub ‘n opwindende pluimvee-tentoonstelling gaan bied. Vermaak is volop met optredes deur bekende musikante soos Jay, Chris Else, Viljoen Retief, Dodo Nyoka en Jan Rhaap. Die AFGRI-damesdag met Marciel Hopkins as gasspreker beloof ‘n inspirerende ervaring, terwyl die landbou-oggend met Theo Vorster as gespreksleier insigte in die bedryf gaan bied.

Vir die kleinspan is daar ‘n kulkunstenaar, ‘n dansskool, Lollos en ‘n speelpark om hulle besig te hou.

President Jacques Bester beklemtoon dat die sukses van Swartlandskou te danke is aan die noue samewerking tussen die gemeenskap en besighede. Hy nooi almal uit om die plattelandse geselligheid te kom ervaar en die "cool" van landbou saam te deel.

Toegangskaartjies is beskikbaar by Ticketpro en by die hekke teen pryse wat wissel van R50 tot R150 per dag.

Toegang is gratis vir kinders onder vyf jaar en R40 vir kinders onder 18 jaar, asook vir pensionarisse wat van afslag kan gebruik maak.

Vir meer inligting, besoek www.swartlandskou.co.za en volg @SwartlandskouMoorreesburg op Facebook en @Swartlandskou op Instagram.

Links: AFGRI het in 2023 die eerste plek behaal in Swartlandskou Moorreesburg se Masjinerie bo R15 miljoen-kategorie en sal vanjaar weer by die skou uitstal.

Uitslae • Results Wedvlugduiwe

Riebeekvallei Wedvlugklub Calvinia

20/07/2024

Mentoor Hokke 1024.6502

Mentoor Hokke 1015.4148

Alex Family Lo 999.6614

Mentoor Hokke 996.8313

Mentoor Hokke 979.6698

Alex Family Lo 977.5698

Alex Family Lo 963.8125

Mentoor Hokke 957.5415

Alex Faily Lo 946.9861

Mentoor Hokke 946.5770

Alex Family Lo 920.2108

Mentoor Hokke 919.9539

Mentoor Hokke 893.2100

Mentoor Hokke 887.0905

Alex Family Lo 866.3790

Mentoor Hokke 837.5868

Mentoor

Alex

Alex

Riebeek-Kasteel

HENNA & MELT SMIT 991.2591 16 JOHAN V ASWEGEN 981.1328

17 JOHAN V ASWEGEN 978.4449

18 SINGLETON HOKKE

969.5959

19 JOHAN V ASWEGEN 956.6251

20 JOSEPH OTTO 943.2601

Damvlakke in die Wes-Kaap

IMPORTANT NOTICE

FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT,2008 – [REG. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listedhereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.

VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET,2008 – [REG. 10(1)]

Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en] by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van ’n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA-2008 – [UMGAQO 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho.

No. Full name of applicant

Volle naam van aansoeker

Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo

Name under which business will be conducted

Naam waaronder besigheid bedryf sal word

Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo

Address of the proposed premises

Adres van die voorgenome perseel

Idilesi yesakhiwo

Kind of licence applied for Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word Uhlobo lwephepha mvume olucelayo

South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged

Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is i-Ofisi yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona

No. 834, Joubertskloof Road, Malmesbury, 7299
Off
Malmesbury
Emanuel Investcor CC OK Express (Malmesbury)
6 of Farm 599, Diepkloof, also known as OK Express (Malmesbury), N7 North, Malmesbury, 7300
The launch of the brand new Crestcare Hospitaal in Malmesbury was attended by Ngange Nongogo (Summit Private Equity Partner and Value Add Lead), Arnold Pistorius (Chairman of Twin City), Mayor Harold Cleophas (Swartland Municipality) and Kit Wostenholm, (CEO Crestcare Hospital Group).

Bo: Die verskillende sale is in verskillende kleure geverf, sodat elke afdeling sy eie identiteit binne die groter hospitaal het. Onder: Twee van die teaters is reeds volledig toegerus.

Bo: Die personeellede is opgewonde om die pasiënte te verwelkom en te versorg.

Crestcare brings more healthcare to the Swartland

Crestcare Malmesbury Hospital, a new facility dedicated to providing affordable, quality healthcare, is set to open its doors on August 1, 2024.

This 84-bed acute care hospital is a welcome addition to the Swartland district, addressing a critical shortage of medical services in the region.

Previously, some residents of Malmesbury and surrounding areas faced journeys exceeding 40 kilometers to access essential healthcare.

Crestcare Malmesbury Hospital, conveniently located near the N7 and Voortrekker Road, aims to eliminate this barrier by offering a range of medical services closer to home.

The hospital is a collaborative effort between Crestcare Hospital Group, a portfolio company of Summit Africa, medical specialists, the local community, and Twin City, the landlord. This partnership ensures the delivery of muchneeded medical care by over 18 specialists.

Crestcare Malmesbury Hospital boasts four advanced operating theatres, including a hightech laminar flow theatre designed to minimize airborne infections during surgery. The hospital will focus on acute care, providing immediate and short-term treatment for critical illnesses and injuries. This includes dedicated areas for emergency and trauma care, intensive care, and neonatal and paediatric intensive care units.

Beyond its healthcare mission, Crestcare Malmesbury Hospital is projected to create a significant economic impact. The construction phase alone generated approximately 150 jobs per month, and the hospital is expected to sup-

port a further 170 permanent positions.

"By advancing health equity, we're not just improving community health outcomes," explained Charl Hambridge, CEO of Crestcare Malmesbury Hospital. "We are also driving significant economic growth."

Crestcare highlights that every hospital bed added creates 1.5 direct jobs, and each R1 million invested in a hospital can generate an equivalent annual income for local small, medium, and micro-enterprises (SMMEs). This economic ripple effect fosters thriving and economically robust communities.

The opening of Crestcare Malmesbury Hospital follows the recent expansion of Crestcare Zoutpansberg, a 92-bed acute care facility in Louis Trichardt, Limpopo.

Summit Africa, the private equity and impact investment manager behind Crestcare, views the healthcare sector as a crucial area for investment, particularly in peri-urban, rural, and township areas where there's a substantial undersupply of quality medical care.

"We continue to invest directly in the provision of quality, affordable healthcare services," said Ngange Nongogo, Partner and Value Add Lead: Private Equity at Summit Africa. "We partner with local communities and medical specialists to address this critical need."

Crestcare Malmesbury Hospital signifies a commitment to improving access to healthcare and fostering economic development in the Malmesbury community.

Right: Charl Hambridge (bottom right) will lead the team of Crestcare Malmesbury as Hospital CEO.

Interessante feite...

Die nuwe Crestcare-hospitaal in Malmesbury, wat verlede week bekendgestel is, het 'n indrukwekkende staaltjie van konstruksie en omvangige gebruik van materiale en arbeid onthul.

Die bou van hierdie hospitaal het 'n massiewe omvang gehad:

Beton: ‘n Totaal van 3 000 m³ beton is gebruik vir die gebou. Dit weeg alleen 7 500 ton, wat omtrent dieselfde is as 182 Boeing 737-800 vliegtuie. Ongeveer 500 betonwaens is gebruik om die beton te vervoer, wat 'n verkeersopstopping van sowat 10 km in lengte sou veroorsaak as hulle in 'n ry geplaas word.

Staalversterking: 200 ton staalversterking is in die struktuur van die gebou gebruik, wat omtrent die gewig van 153 gemiddelde motors elk van ongeveer 1 302 kg is.

Baksteenversterking: Daar is 40 km baksteenversterking gebruik, byna die afstand van 'n volle marathon.

Verf: 'n Oppervlakte van 60 000 m² is deur verf bedek, wat gelykstaan aan 6.0 hektaar, oftewel die oppervlakte van 12 sokkervelde.

Arbeid: Ongeveer 380 000 man-ure is aan die bou van die hospitaal bestee. Dit sou 'n enkele persoon 47 500 dae of 171 jaar geneem het om alleenlik hierdie gebou te voltooi.

Elektriese bekabeling: 148 km elektriese bekabeling is in die hospitaal gelê, genoeg om van Malmesbury heen en terug te strek, of om die hospitaal byna 500 keer te omsirkel.

Waterpype: 11.5 km waterpype is deur die hospitaal geïnstalleer.

Boumateriaal: Daar is 1 000 000 bakstene gebruik vir die projek. As hierdie bakstene plat langs mekaar gelê sou word, sou dit 'n oppervlakte van byna 25 000 m² dek, wat genoeg is vir 5 sokkervelde, en byna die dubbele van die projek se terreinoppervlakte sou dek.

Die Crestcare-hospitaal, 'n nuwe baken van gesondheidsorg in die streek, is 'n toonbeeld van vordering en toewyding aan die gemeenskap. Vir meer inligting oor hierdie prestasie, besoek www.crestcarehospital.co.za.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.