1
Gratis • Free
24 January 2024
Nuus met 'n verskil
W/A en Tel: 061 549 36831 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 200
24 Januarie 2024
Matrikulante van regoor die land het verlede week hul finale uitslae ontvang. Uné Beneke van die Hoërskool Swartland is die Swartland se top-matriekkandidaat van die Departement van Onderwys. Hier is sy saam met haar ouers Heinrich en Janel. Bo vier Kyle Dawson, Tamelin Arries, Kalreece Fortuin, Al-lecia Damon (hoofmeisie 2023), Petra Love en Raynique Arendse van Wesbank hul uitslae.
2
Sterkte aan al die produsente met parstyd. Mag dit ‘n suksesvolle een wees!
Bokomoweg 44, Malmesbury, Tel: 022 482 1817
Lumka Kini en Mpaballeng Madimabe is druk besig om te pak op die plaas Wynkeldershoek.
Oes kleiner, kwaliteit goed Op Wynkeldershoek in die Riebeeksvallei is parstyd in volle swang en word daar van vroeg tot laat druiwe verpak. Volgens Ruan van der Mescht, algemene bestuurder, is die vroeë kultivars op hul gewone en verwagde tyd geoes, terwyl die middel- tot laatseisoen-kultivars tot drie weke vroeër gereed as die norm. Volgens Van der Mescht is daar 'n gesegde in die bedryf wat lui dat 'n vroeë seisoen 'n ligter seisoen is en in hul geval is dit vanjaar juis so. "Ons korrelgewig is laer, maar die grootte is mooi. Die oes is wel 'n bietjie af teenoor verlede jaar, enigiets tussen 10 tot 15%," sê Van der Mescht.
Avontuur wag by KykNET Buite Ekspo Wes-Kaap Die bekende en gewilde KykNET Buite Ekspo Wes-Kaap is om die draai en beloof om weer 'n naweek vol opwinding en vermaak vir avontuurliefhebbers van 8 tot 10 Maart by Môreson Plaas buite Malmesbury te bied. Die ekspo, bekend vir sy diverse aanbod van stalletjiehouers en vermaaklikhede, gaan die fokus behou op die buitelewe, kampeer- en 4x4ervaring. Talryke uitstallers gaan hul jongste en beste produkte ten toon stel, alles binne 'n veilige plaasatmosfeer wat die werklikheid van die produkte benadruk. Onder die aktiwiteite wat besoekers kan geniet, sluit veldren-ervarings met Mahindra Claremont en Maniac 4x4 in, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry om die volle potensiaal van hierdie voertuie te ervaar. Die immergewilde helikopter ritte, aangebied deur Mosselbaai Helikopters, bied 'n unieke luguitsig oor die Swartland. Vir die liefhebbers van lekker kos is daar 'n "Braai met 'n Twist"-kompetisie in samewerking met Jimmy's Sauces en optredes deur kunstenaars soos Rooiwyn Profeet, Soné Joubert, Amoré, Blackie Swart, Cheree, David Fourie, Rooies, Desmond Wells, Viljoen Retief, Dewald Dippenaar, Wynand Windpomp, Nic Stevens en Riaan Grobler. Die gewilde "Mnr 4x4", André de Villiers van André 4x4 en aanbieder van "4x4 met Andre" op KykNET, bied 'n gratis rit in verskeie Mahindra-voertuie, geborg deur Mahindra Claremont.
Vir diegene wat hou van 'n bietjie ontspanning, is daar 'n ruim aanbod van vloeibare verfrissings, van wynproe in die Swartland Kelders-stalletjie tot bier by die Castle Light-biertuin. 'n Verskeidenheid kosverskaffers gaan ook sorg dat daar iets vir elke smaak is. Dames kan kuier en inkopies doen by die Fines 4 U kuns- en snuffelmark, terwyl die kleinspan hulself kan vermaak in die Henties Vrugtesappe-pretpark en 'n optrede deur die immergewilde Lollos op Sondagoggend. Terwyl daar 'n oorvloed van aktiwiteite is, bly die ekspo se fokus op die beste buitelewe-, 4x4en kampeerprodukte. Besprekings vir kampering op die terrein is direk beskikbaar by Môreson Plaas deur 'n epos te stuur na admin@moresonmalmesbury.co.za en toegeruste "glamping" tente kan bespreek word by admin@you2camp.com. Hierdie geleenthede verkoop vinnig, so maak seker om vroegtydig te bespreek. Dagbesoekerkaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za asook by die hekke tydens die ekspo. Dit word aanbeveel om aanlyn kaartjies te koop deur TicketPro vir 'n vinniger toegang by die hekke. Prysewissel tussen R30 vir kinders en R100 vir volwassenes, afhangend van die dag. Naweekpakkette is ook beskikbaar. Vir meer inligting en kaartjie-aankope, besoek gerus www.ekspo.co.za. Enige navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.
24 January 2024
3
4
24 Januarie 2024
Swartland se 2023 matrieks-klas spog met talle A-gemiddeldes
Alica Bester van die Hoërskool Dirkie Uys is die skool se top-presteerder met 'n gemiddeld van 90.8%.
Schoonspruit Sekondêr se top-leerder is Kaitlynn van Schalkwyk.
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se matrieks het ook in verlede jaar se matriekeksamen geskitter. Altesaam 78 matrikulante het aan die eksamen deelgeneem, waarvan die top 20-kandidate almal 'n gemiddelde persentasie van meer as 70% behaal het. Die skool spog vanjaar met 11 A-gemiddeldes en 'n 87.3% universiteitstoelating. Al die kandidate het toelating tot tersiêre studies en die skool spog met 99 vak-onderskeidings asook 'n 100% slaagsyfer. Die skool se top-presteerder, Alica Bester, spog met 'n gemiddelde persentasie van 90.8% en sewe onderskeidings. Sy word gevolg deur Divan Brink, ook sewe onderskeidings en Stephan Meintjies (sewe onderskeidings). Die ander A-kandidate is Zia van Dyk, Anka Crous, Walter Bester, Juan Kitshoff, Mariah Heyns, Michael Verwey, Harry Olckers en Nicola Collen. Dirkie Uys het ook die beste uitslae in Wiskunde, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap en
Frans Byron is Wesbank Sekondêr se top-presteerder.
Uné Beneke van die Hoërskool Swartland is die skool se top-leerder met 'n gemiddelde persentasie van 92.42%.
Rekeningkunde in die Weskus. Hoërskool Swartland het 'n slaagsyfer van 98.6% behaal, met 167 vak-onderskeidings en 12 A-gemiddeldes, waarvan een 'n A+-gemiddeld was. Dit is behaal deur Uné Beneke wat 'n gemiddeld van 92.42% behaal het, met 8 A-gemiddeldes. Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het 'n slaagsyfer van 76.5% behaal, met 12 van die 20 vakke wat aangebied word, wat 'n 100% slaagsyfer behaal het. Altesaam 26 vak-onderskeidings. Die top-presteerders van die skool is Kaitlynn van Schalkwyk, gevolg deur Ashleen Leen en Leighton Sass in die derde plek. Ashleen het 'n gemiddelde persentasie van 75% behaal, met Leighton Sass wat met 72.85% as gemiddelde persentasie spog. Wesbank Sekondêr spog met 'n slaagsyfer van 78.1%. Frans Byron is die skool se top-presteerder, gevolg deur Clide Hendricks en Jordan McKenna. Illingelethu Sekondêr se matriekklas van 2023 spog met 'n slaagsyfer van 67.2%.
Geluk Matrieks 2023 Hartlik geluk aan die Matriek leerders van 2023. Julle het uitgestyg bo jul uitdagings en die hoogste eer behaal. Namens Swartland Munisipaliteit, die Raad en die breër Swartland gemeenskap wil ons julle sukses toewens met al jul toekomsplanne.
Raadsheer Harold Cleophas Uitvoerende Burgemeester, Swartland Munisipaliteit.
5
24 January 2024
Goeie afskop vir Rolbal Die mans Rolbal span van Malmesbury het verlede week die liga uitstekend begin deur Glen ‘C’ in hulle agterplaas ore aan te sit. Na ń goeie seisoen ding Malmesbury vanjaar mee in die 1ste liga, wat uiteraard baie sterker kompetisie tot gevolg het. Die afgelope naweek het hulle weer hul staal ten toon gestel. Die mansspan het Saterdag 'n gelykop uitslag van 38 elk weg teen Edgemead ‘B’ behaal, maar kraai tog koning op die punteer deur met 7-5 te wen. Hulle bly egter in die vierde posisie in die eerste divisie. "Wat die prestasie merkwaardig maak is die feit dat Edgemead die vorige seisoen hierdie afdeling gewen het, maar nie na die Premierliga kon vorder nie, aangesien hulle reeds 'n span daar het," aldus Roux Vermeulen van die klub. Die span van Daniël Griebenauw, Brian Howell, Lodewyk Lesch en Rainier van Zyl lewer deurgaans bestendige spel en wen al drie stelle gemaklik om met 23-12 koning te kraai. Brian lewer uitstekende spel en plaas baie druk op hulle teenstaanderse. Die stel tellings was 10-3, 6-5 en 7-4 onderskeidelik. Die span van Roux Vermeulen, Francois van Zyl, Altus Myburgh en Jeff Petersen sukkel kwaai aan die begin, met geen geluk hoegenaamd aan hulle kant nie. Hulle verloor die eerste stel 3-13 en die tweede 4-9. In die proses staan hulle ook ses skote af in die 10de skof om 3-21 agter te loop. Stadig maar seker raak hulle spel meer bestendig en wen hulle die laaste stel 8-4, wat genoeg is om 'n gelykop uitslag vir Malmesbury te bewerkstellig.
Saterdag speel hulle gasheer vir Constantia wat tans die voorlopers is en tot nou toe hulle opponente behoorlik afgeransel het. Vermeulen glo dat die tuisveld voordeel gunstig vir hulle sal wees om nog 'n goeie uitslag te behaal. Die span speel reeds lank saam in die 1ste liga Die span in die WP Trips-liga het tuis 'n goeie dag beleef en stuur Meadowridge met die kous oor die kop terug Suidelike Voorstede toe. Die span van Peter Hall, Cobus Vermeulen en Elrika Lesch beleef twee taai stelle aan die begin deur 5 elk gelykop te speel en 3-5 te verloor. Op die 13de skof staan hulle drie skote af, loop 8-13 agter, hou bietjie kajuitraad wat daartoe lei dat hulle 10 onbeantwoorde skote optel om die wedstryd 18-13 te wen. Dawie Horn, Tia Petersen en Johan de Kock betoon ook geen genade aan hulle opponente in die 1ste en 3de stelle nie en wen albei 7-2 en 10-1 onderskeidelik. In die tweede stel is hulle ongelukkig om op die laaste skof drie skote af te staan om die stel 4-5 te verloor. Hulle gesamentlike telling is dus 39-21 met die punte op die punteleer 9,5-2,5 in Malmesbury se guns. Dit laat hulle opskuif van die agste na die vyfde plek. Saterdag speel hulle weg teen Plumstead. Die klub pare-kompetisie se halfeindstryde is gisteraand gespeel met die eindstryd volgende Dinsdag. Die klub se enkelspel kompetisies begin ook binnekort. Alle belangstellendes is welkom om aan te sluit. Kontak vir Roux op 0834789616, Daniël op 0723989041 of Tia op 0729914170.
Swartland groet 'n geliefde, Bernard Lesch
Die Swartland het op 5 Januarie 'n geliefde boorling en onderwyser verloor. Die tyding van die sterfte van Bernard Lesch het talle tot stilstand geruk. Bernard, wat op Malmesbury grootgeword en skool gegaan het, was ook 'n geliefde onderwyser, voorheen verbonde aan Schoonspruit Sekondêr. "Bernard was van kleins af al 'n bedrywige mannetjie en 'n handjie vol," vertel sy ma Marlene Lesch. Hy het op 18 maande sy arm in 'n fratsongeluk verloor, maar dit het hom nie ondergekry nie. Na die ongeluk het sy ouers hom as 'n sterk jong man grootgemaak en hom nie "opgepiep" nie. "Hy is soos al die ander seuns grootgemaak." Hy was die oudste van drie woelwaterseuns. Alhoewel Bernard diep spore in baie jongmense se lewe getrap het gedurende sy tyd as onderwyser, was hierdie beroep nie sy eerste keuse nie. Hy het aanvanklik regte studeer, maar vinnig besef dis nie vir hom nie. Volgens Marlene het sy hom aangemoedig om die onderwys te probeer en die res is geskiedenis.
Ná sy paaie met Schoonspruit Sekondêr geskei het, het hy by Nuwerus vir 'n jaar gratis skool onderrig en gehelp waar hy kon. Daarna het hy sy kennis met De Aar en Boland Kollege gedeel as leerkrag. Hierna het hy by Yangon Academy aangesluit. Selfs hier, in 'n vreemde land, het Bernard die harte van talle aangeraak, soos dit duidelik blyk uit die brief wat die groep aan sy ouers gestuur het om te simpatiseer. Bernard is op die ouderdom van 42 jaar aan 'n hartaanval oorlede. "Hy het vir jare probleme met sy hart gehad, maar dit het hom nooit gekeer om voluit te leef nie." Hy sal onthou word as 'n streng, liefdevolle onderwyser. Bernard was lief vir sing, iets wat Marlene baie van haar seun sal mis. Bernard se gedenkdiens vind op 27 Januarie om 11:00 vanuit die Swartland Noord Gemeente plaas. "Bernard Arm Lesch sal beslis gemis word. Ons dra sy familie in ons gebede," sê 'n oud-kollega van Bernard.
6
24 Januarie 2024
Gratis gehoortoetse by Malmesbury Spec-Savers Spec-Savers se nuwe praktyk by De Zwartland Markt, met Oogkundige Willem Niksch, bied sy pasiënte ‘n volledige reeks van professionele dienste en produkte teen bekostigbare pryse. Nou bied hulle nóg ‘n ekstra diens vir ‘n beperkte tyd – Gratis gehoorsiftingstoetse deur Oudioloog Eloise Scholtz, hierdie komende Donderdae 25 Januarie en 1 Februarie 2024. "Gesonde gehoor is 'n onmisbare bate in ons alledaagse lewens. Dit stel ons in staat om die rykdom van klanke rondom ons te ervaar. Maar hoe gereeld gee ons aandag aan die gesondheid van ons gehoor? "Dit is waar die belangrikheid van gehoortoetse na vore kom." Gehoortoetse is nie net vir persone wat moontlike gehoorverlies ervaar nie, maar is ook waardevol vir almal, jonk en oud. Die belangrikheid van gehoortoetse: Vroeë opvang van gehoorprobleme Gehoorverlies kan stadig en ongemerk ontwikkel. Gereelde gehoortoetse kan selfs die kleinste veranderinge identifiseer voor dit ernstig kan raak. Vroëe intervensie bied die geleentheid om 'n voorkomende aksieplan te ontwikkel. Verbeterde lewenskwaliteit Gesonde gehoor dra by tot 'n verbeterde lewenskwaliteit. Gehoortoetse help om individue in staat te stel om optimaal deel te neem aan gesprekke, ongeag van die omgewing.
Professionele Sorg Gehoortoetse word deur ervare en gekwalifiseerde gehoorspesialiste uitgevoer. Hierdie sorgvuldige toetse bied 'n waardevolle blik op die pasiënt se gehoorvermoë en stel die Oudioloog in staat om 'n persoonlike aksieplan te ontwikkel. Dit verseker dat die pasiënt die beste moontlike sorg ontvang vir hul unieke gehoorbehoeftes. Besoek Spec-Savers De Zwartland Markt hierdie komende Donderdae 25 Januarie en 1 Februarie 2024 vir ‘n gratis gehoorsiftingstoets deur Oudioloog Eloise Scholtz. ‘n Gehoorsiftingstoets bepaal of ‘n volledige diagnostiese gehoortoets benodig word.
Need Home Care?
We take care of your loved ones HOME NURSING • CAREGIVING • POST-OPERATIVE CARE • PALLIATIVE CARE PERSONAL HYGIENE • LIGHT HOUSE WORK • MEDICATION ADMINISTRATION
Stuur 'n epos na admin@ swartlandjoernaal. co.za met jou nuuswenke.
www.assistedhomenursing.co.za www.ahn-swartland.co.za Contact Liesel | 071 395 6994 | liesel@assistedhomenursing.co.za Contact Gavin | 071 395 6994 | gavin@assistedhomenursing.co.za
Audiology
24 January 2024 GESOEK WANTED
MEMORIUM In Memoriam
HAPPY birthday to the Malmesbury Queen's of January
Save the Environment: Looking for a place to dump your used waste oil. Contact me and we will come and collect it. Heather 0620297160
28 Januarie - Baie geluk met jou 19de verjaarsdag in die hemel en ons wens ons kon vir jou ‘n stywe drukkie gee. Rus sag ons seun. Van: Ouers, Oupa, Ouma en res van familie
GELUKWENSING Congratulations
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit 22 Januarie – “Happy birthday” LEVEARN – nog ‘n jaar ouer, mag God jou ryklik seën. Van: jou eie bestie, Chantal en kinders
Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Rachelle van Zyl by 022 487 9400.
Asssitent-Bibliotekaris Direktoraat: Korporatiewe Diente • Verwysingsnommer: V1/24 • Salarisskaal: R240 696 – R312 420 p.j. (T9)
Senior Toesighouer/ Vragmotorbestuurder Direktoraat: Korporatiewe Dienste
29 Januarie - Geluk met jou verjaarsdag CHLEO. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Liefde - van mammie Wendy
• Verwysingsnommer: V2/24 • Salarisskaal: R213 816 – R277 524 p.j. (T8) Sluitingsdatum: 2 Februarie 2024 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
149841
7
8
24 Januarie 2024
KITSMURE Plaaslike deskundiges vir die oprig en verskaffing van ‘vibracrete’-mure.
082 059 4325 083 321 9357 W/A: 061 549 36831 • Tel: 061 549 36831 • Uitgawe 200 • 24 Januarie 2024
Epos: kitsmure@cornergate.com