Swartland • Bergrivier Nuus • News
Gratis • Free
1
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
23 September 2020
'n R480k-bulbielie
SA-rekord vir Hereford-bul: By die 35ste Swartland Veeboere-veiling op Bossiesvlei, buite Moorreesburg, is 'n nuwe rekordprys vir 'n Hereford-bul behaal, met 'n bedrag van R480 000. Lodewyk Fourie het Babilon, wat deel was van lot 4, WDW 170083, aangeskaf. Die verkoper is Locheim van Willem de Waal-boerdery. Theuns Visser het as afslaer opgetree. Bo is Renier Zietsman en Jan Erasmus van GWK, saam met Philip de Waal, verkoper.
Nuus • News
2
•NUWE HOOF VIR DARLING
Breedt glo in dissipline, waardes •Izélle Fouché Laerskool Darling spog met 'n splinternuwe skoolhoof, Marinus Breedt. Breedt het gedurende Oktober 2018 by die skool as departementshoof aangesluit en is onlangs as hoof aangestel. Breedt is 'n boorling van Bellville en het in Brackenfell grootgeword. Hy en sy ouers het na Port Elizabeth verhuis, waar hy aan die Hoërskool Framesby matrikuleer het. Ná skool het Breedt onderwys studeer op Wellington en het daarna ondervinding in Engeland opgedoen. Hy het sy eerste volwaardige onderwyspos by die James Oglethorpe Pupil Referral School beklee en in 2008 na Suid-Afrika teruggekeer. Breedt het sy onderwysloopbaan in Suid-Afrika onder Brian Oosthuizen van die Hoërskool Goudini begin. Breedt het reeds sedert April 2019 as hoof by Laerskool Darling opgetree. Hy het groot drome en planne vir dié skool. "Ek beplan om Laerskool Darling te help vorm om 'n skool vir die wye Darling-gemeenskap te wees, waarheen elke ouer met vrymoedigheid hul kind sal wil stuur. Ons sal poog om goeie
Malmesbury
algemene waardes en dissipline vorendag te lê, sodat leerders kan floreer op akademiese, sporten sosiale vlak. Dis belangrik dat die skool vir almal in die Darling en omliggende gemeenskappe trots sal maak en dat almal sal wil deel raak van die Laerskool Darling-familie. Enige skool is een van die hoekstene van 'n goeie en gesonde gemeenskap, dus sal ons poog om 'n goeie bousteen te wees vir die gemeenskap. Elke ouer in Darling, Yzerfontein en naby geleë dorpe, word vriendelik uitgenooi om met my te kom praat as hulle onseker is oor waar hulle hul kinders wil inskryf. Ek sal vir elke ouer tyd maak." Breedt is 'n kranige gholfspeler en spandeer 'n deel van sy vrye tyd op die gholfbaan. Hy is ook lief daarvoor om saam met sy vrou by vriende en "goeie mense" te kuier. Breedt sien die akademiese jaar van 2020 as 'n groot uitdaging. "Die jaar is vir almal moeilik en daar is baie uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Die leerders is verseker agter die leerders van ander jare en dit sal goeie beplanning behels om die agterstande in te haal. Ons kan net positief bly en elke leerder se situasie respekteer en probeer help waar ons kan. As ons volwassenes so bekommerd is, kan u net dink hoe erg dit vir elke kind moet wees."
Bokomoweg 55 Malmesbury Tel: 022 482 1345 E-pos: mburybuildit1@telkomsa.net Malmesbury Build It is verlede week vereer met die gesogte toekenning van “Regional Store of the Year 2020”. Die streek strek oor die WesKaap asook Namibië en sluit in 57 Build It takke. Die Build It-groep strek nasionaal oor 6 streke met sowat 390 takke landswyd. Die kriterea vir dié toekenning sluit in onder andere die voorkoms van die winkel, produkte reeks, kliëntediens, lojaliteit, gemeenskapsbetrokkenheid, evaluasie volgens gestelde groep standaarde, finansiële prestasies en dies meer. Malmesbury Build It dring nou deur na die finaal waar hulle teen die ander streekswenners sal meeding vir die “National Store of the Year 2020”-toekenning wat op ‘n glansgeleentheid in Sun City op 25 Januarie 2021 aangewys sal word. Malmesbury Build It is ook onlangs aangewys as 1 van 12 1ste pryswenners van die “Ladder of Success” kompetisie vir 2019/20. Dié kompetisie strek oor die hele land en behels die meting van ‘n wye reeks kriterea en standaarde van die groep. Hiermee is ‘n welverdiende oorsese prys deur eienaar Tertius Viviers en sy vrou Adri losgeslaan. Tertius wil graag hiermee sy hele Build It span bedank vir hulle bydrae tot hierdie prestasies. Hierdie is uit en uit ‘n spanpoging waar elkeen se rol van kardinale belang is. Ons bedank ook graag al ons lojale kliënte vir u ondersteuning, want sonder julle sou ons nie hier gewees het nie. Kom loer gerus weer in en moet nie ons volgende nasionale promosie vanaf Donderdag 24 September tot Saterdag 10 Oktober misloop nie. Soos gewoonlik het ons weer groot winskopies en pryse om te wen.
Nuus • News
3
23 September 2020
•MA VAN TWEE PEN EERSTE BOEK NEER
Pidt skryf Donkerste Geheim in nagtelike ure Nuus • News
11 Maart 2020
hou nie, vra 'n tweede opinie. Doen navorsing en wees geduldig. Dink mooi en bid vir antwoorde, jy sal dit kry. Jy moet ook 'n baie dik vel hê, want jy kan nie almal gelukkig hou nie, die belangrikste is om jou eie geluk eerste te stel." My Donkerste Geheim sal teen R170 per eksemplaar beskikbaar wees op Mecs Publishing se aanlynboekwinkel en by Pidt self. Vir meer inligting, volg @CenilianPidt op Facebook.
3
Stand van die damme in die Wes-Kaap Rugbytoernooi vir Paasnaweek
Een van die Swartland se opkomende jong skrywers, Cenilian Pidt van Darling, se eerste boek sien eersdaags die lug. Die vlakke van damme die Wes-Kaap voorPidt (27) boorling van in Darling se boek,seMy sieningsnetwerk vanaf 64.3% verlede week Donkerste Geheim, het word in Oktober aan die tot bekend 62.6% hierdie wêreld gestel.week gedaal. In 2019 was die damvlak op hierdie Sy tap inspirasie uit haar eie lewe en dittyd watvan die jaar rondom haar52.4%. gebeur. Die die Swartland As dit byVoëlvleidam, skryf kom, is Pidt 'n naguil. se enigste bron vaninwater, seen vlak staan deur nou op "Ek skryf die nag probeer die61.3%, dag 'n bietjie slaap. Ek konsentreer beter in die nag, want dis net soveel stiller. Soms skrik ek wakker met 'n storie in my kop, dan skryf ek dit dadelik neer. Soms, as die storie in my kop maal, skryf ek dag en nag - of wat my liggaam my toelaat, maar ek probeer om elke dagThe tenPremier minste of 'n the paarWestern woorde Cape, Mr Alan neer te pen," vertelhissy.Annual Diplomatic Brunch in Winde, hosted Pidt is 'n honour of Swartlander the membersinofmurg the Diplomatic Corps en accredited been ento het eerste Southhaar Africa. lewenslig Darling aanskou. Sy the morning afThis op annual event takes place hetter Vooruitsig Primêr bygewoon the President of the Republic of South Africa en delivers haar hoërskool-loopbaan aanAddress. the State of the Nation Proteus Sekondêr voltooi. a strategic platform for This event provides Sy twee to spruite. thehet Premier engage with various stakeholders Tot vroeër vanjaarto het sy asand promote the with the objective enhance Cape’s key priorities. 'n Western eiendomsagent gewerk, maar oneaan of the besluitThe omtourism voltydssector tuis teremains wees om haarkey economy drivers of South Africa and its trade and investment spin-offs creates employment. West Coast District Municipality’s Tourism united represented the West Coast region at this year Diplomatic brunch. Weskus Tourism, the destination marking agency for the West Coast area, showcased the West Coast with an innovative and unique exhibition. The Weskus have a range of diverse offerings for a variety of visitors. From cultural activities to adventure sport coupled with a 400km long coastline renowned for its fishing villages and picturesque scenery. Weskus Tourism also promoted the region at the Pretoria FM show in February and will also
skryfkuns en kinders aandag te gee. My Donkerste Geheim is fiksie en is ook die heel eerste storie wat Pidt geskryf het. waar ditinverlede week opgeskryf, 62.7% en verlede jaar Sy het 2018 'n gedig wat nou deel opdie 64.6% het. van boekgestaan uitmaak. Bergrivierdam het metskryf, sowatmaar 2% gedaal "EkDiehet voorheen probeer altyd vanafdit 75.9% totgoed 73.9%. Verlede was die gedink is nie genoeg nie.jaar Gedurende 73.2% diedam staat van vol. inperking, het ek in die nag begin Laer-Steenbrasdam staan nou op 66.2% skryf,"Die vertel Pidt. inSyvergelyking met verlede se 68.9% en het die manuskrip laatweek proeflees en die terugvoering wat sy ontvang het, het haar onkant betrap. "Ek het dit glad nie verwag nie. Ek was glad nie eens van plan om dit te probeer publiseer nie," vertel sy. Aanvanklik was sy skepties, maar het haar manuskrip weggestuur, om 'n tweede opinie in te win. Hiervoor het sy by Michelle van der Westhuizen aangeklop. "Sy het my baie deur die hele proses gehelp. Haar reaksie het bevestig wat die eerste persoon oor die manuskrip gesê het. Sy het haar ingeleef in die storie van Kariem en wou die antagonis sommer net bykom. Hierdie terugvoering het
verlede jaar se 51.1%. Die Theewaterskloofdam se vlak staan nou op 57.7%, waar dit verlede week op 59.3% gestaan het en verlede jaar op 40.6%.
Bron: www.capetown.gov.za
West Coast Tourism represented at diplomatic brunch with Minister my diep laat dink. Ek het navorsing gedoen oor die proses van hoe om 'n boek gepubliseer te kry, maar ek het besluit om dit self te publiseer, want ek wil nie hê my manuskrip moet nog etlike maande in iemand se laai opgesluit lê nie." Haar raad aan ander skrywers? "Glo en vertrou, want God is die enigste een wat jou die regte antwoorde kan gee. Moenie twyfel nie, vra vir 'n opinie oor jou manuskrip en as een persoon nie daarvan
David Joubert (Municipal Manager WCDM); Alderman Harold Cleophas (Executive Mayor WCDM); Gurshell Abrahams (Weskus Tourism Manager); Premier Alan Winde; Melonese Raman (Marketer Weskus Tourism) be attending World Travel Market Africa, the Namibian Tourism Expo and Tourism Indaba later this year.
For more information about Weskus Tourism and its offering visit www.weskustourism.org or call 022 433 8505.
beplan
Vredenburg loods 'n Weskus rugby- en netbal-toernooi oor Paasnaweek 10 tot 13 April 2020. Alle klubs wat aan die toernooi wil deelneem, kan die volgende kontak per sms of whattsapp. Inskrywingsgelde is R500 per span. • Delia Esau - 0638618627 • John Mitchell - 0824069549
Nuus • News
4
Echo Sat en EPS:
Legal guru's:
With Le Minnie Attorneys you can expect nothing but the best legal representation. Above is the team that provides all inclusive knowledge and representation: Clayton Larey, Charne Sebonka, Ilza le Minnie, Charnill Kok and Siyamcela Mvulana.
Bester en Vennote ploeg terug
Echo Sat en EPS Protective Services op Malmesbury, is die breinkind van Linden Ferres, sakeman van Malmesbury. Ferres, wat bekend is vir uitstekende diens as dit kom by DSTVinstallasies, het sy onderneming uitgebrei na geakrediteerde sekuriteitsdiente, wat die installasie en monitering van CCTV-kameras insluit. Kontak Linden by 084 744 4090.
Vir rekenkundige dienste gesoek, is Bester en Vennote in Hugenotestraat op Malmesbury die antwoord vir talle. Die onderneming word suksesvol deur Patrys en Karen Bester besit en bestuur. Bester en Vennote is reeds ongeveer 30 jaar handeldrywend op Malmesbury. Die kantoordeure het op 3 Mei 1999 geopen as 'n
familiebesigheid en met groot dankbaarheid. Die egpaar se seun is ook deel van die span. By Bester en Vennote kan jy 'n breë spektrum van rekenmeestersdiente ontvang. Dit sluit maandelikse rekenkundige diente, alle SARS-verwante dienste, registrasies by die Departement van Arbeid, asook boedelbeplanning- en beredding in.
"Ons dien die gemeenskap en ons glo ons kliënte kom eerste. Ons glo mens moet terugsit in 'n gemeenskap as jy daaruit wil haal en dit is wat ons elke dag probeer doen." Kontak 022 482 1060/1 gedurende kantoorure van Maandag tot Donderdag van 08:00 tot 13:00 en 13:45 tot 17:00. Vrydae 08:00 tot 13:00 en 13:45 tot 15:45.
BM Litho, wat deel vorm van die BMP Groep, word besit deur die JDP Burger Familietrust en staan ook aan beheer van Swartland Drukpers, wat reeds 112 jaar bestaan. BM Litho is reeds die afgelope 22 jaar in die bedryf en is goed gevestig. Saam gaan die twee slegs van krag tot krag. BM Litho op Malmesbury spesialiseer in die druk van enige tipe litho-drukwerk en sluit alle
korporatiewe drukwerk, boeke, kalenders en pamflette in. By BM Litho word die ekstra myl vir die kliënt gestap en word elke een wat deur die deure loop, soos familie behandel, aangesien die onderneming hulle as die hoeksteen van die besigheid sien. Kontak 022 482 2666 of 022 482 4337 of Teresa Eygelaar by 076 794 1968.
Bo is Frikkie Eygelaar, Teresa Eygelaar en Quenton Felix van BM Litho op Malmesbury.
Swartland Drukpers in drukbedryf vir 112 jaar
Nuus • News
5
23 September 2020
Dr Steenkamp en Venter Landboukalender: Hoe versorg Swartland-pasiënte staan sake in die Swartland In Hugenotestraat op Malmesbury het 'n ou bekende plek gemaak vir 'n nuwe en vars gesig, toe die praktyk van Dr Enem Kritzinger deur Dr Veronica Steenkamp (regs onder) en Ruan Venter oorgeneem is met sy aftrede. Dr Steenkamp het haar mediese kwalifikasie in 1989 aan die Universiteit van Pretoria behaal. Ná haar internskap by 1 Militêre Hospitaal, het sy en haar man na Kaapstad verhuis. Die egpaar woon sedert 1992 op Philadelphia, waar hulle hul twee kinders in die plattelandse omgewing grootmaak. Steenkamp het sedert 1991 in verskeie algemene praktyke in en rondom Kaapstad gewerk en 'n spesiale belangstelling in vrouegesondheid ontwikkel, ná sy vir nege jaar by 'n borskanker- en borsondersoek-kliniek gewerk het. Dr Ruan F Venter behaal sy MB, ChB graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 2007. Hy voltooi twee jaar van internskap by Groote Schuur Hospitaal en verwerf in 2010 'n verdere kwalifikasie vir Primêre Noodsorg via die Colleges of Medicine of South Africa. In 2011 vertrek hy en sy gesin op '˜n avontuur na Kanada en word hy vir vyf jaar deel van 'n suksesvolle praktyk in Alberta. Hy kry waardevolle ervaring in gesondheidsorg in 'n voortvarende land en besluit dan ook om te spesialiseer in die veld van Huisartskunde. Dr Venter is passievol oor kwaliteit gesondheidsorg vir families en probeer veral voorkomende medisyne laat geld. Hy het ervaring in swangerskap, kraam en verloskunde, baba en kindersorg. Sy benadering tot kroniese siekte, mansgesondheid, vrougesondheid en psigiatrie word ook dikwels geprys. Sy vriendelike geaardheid en meegevoel vir oud en jonk sal jou laat rustig voel en sy pasientgesentreerde benadering beloof om jou gemoedsrus te gee en jou vertroue in te win. Met die oog op borskankerbewustheidsmaand gedurende Oktober, benadruk Dr Steenkamp
die belangrikheid van vrouegesondheid. "Die twee algemeenste kankers onder Suid-Afrikaanse vroue, is servikskanker en borskanker. Vroeë opsporing hiervan beteken 'n groter kans op oorlewing en 'n groter keuse van behandelingsplanne met byvoorbeeld minder ingrypende operasies, waar dit dikwels nie nodig is om die baarmoeder of die bors te verwyder nie. Neem dus deel aan siftingsprogramme om kankers vroeg op te spoor." Dr Steenkamp raai aan dat persone vanaf die ouderdom van 50 jaar, of jonger, vir 'n mammogram gaan, indien daar enige risikofaktore soos byvoorbeeld 'n jong familiegeskiedenis van borskanker is. Gaan ook vir 'n jaarlikse borsondersoek deur 'n gesondheidserker. Doen ook selfondersoek en neem notisie van enige veranderinge in jou borste of velveranderinge en meld dit aan by jou gesondheidwerker. Bespreek ook gereelde papsmere (wat deur Steenkamp in die spreekkamer uitgevoer kan word). Dr Steenkamp benadruk die feit dat daar wel 'n inenting beskikbaar is teen die virusse wat servikskanker kan veroorsaak.
Die totale JTD reënval vir Malmesbury distrik staan tans op 414mm. Vergeleke met 2019 se 485 mm vir die periode April tot einde September, is die distrik effens agter met ‘n totaal van 400mm. Dit gesê, kan ons steeds met dankbaarheid getuig dat die potensiaal van die gesaaides tans uitstekend is en dat die produsente hoop op ‘n goeie blomperiode met genoeg vog vir die korrelvullings-periode vanaf mid September tot einde Oktober. Wyndruiwe Slakbeheer moet steeds aandag geniet. Nie net voorkom dit laat seisoen skade aan veral jong stokke nie, maar kan die volgende seisoen se getalle dramaties verminder word met volhouding van beheermaatreëls. Chemiese onkruidbeheer moet teen hierdie tyd reeds voltooi wees met dien verstande dat gerigte, kolbespuitings wel met die nodige omsigtigheid uitgevoer kan word. Sorg dat dekgewasse klaar vernietig is (chemiese of meganies) om onnodige kompetisie te voorkom. Begin vroegtydig met swambeheerprogram. Streepvlek en vroeë infeksie van Donsskimmel kan veral jong stokke erg benadeel. Witroes programme MOET in aanvang neem nie later as die 10 cm lootlengte nie. Eerste Knopmyt en Knoppiesblaarmyt bespuitings moet toegedien word net na bot met ‘n opvolg bespuiting 14 dae later. Kleingraan ‘n Tweede en selfs derde swambespuiting kan noodsaaklik wees indien toestande gunstig bly. Let daarop dat die effektiwiteit van die bespuitings mag afneem na 10% aarverskyning. Die ideaal is om die Vlagblaar en Vlag-1 skoon te hou van infeksie. Dit kan slegs bereik word wanneer beheermaatreëls vanaf ‘n lae infeksiedruk toegepas word. Laat bespuitings van veral Witroes (wanneer somptome reeds in die aar voorkom) is selde koste effektief. Inspekteer gereeld vir Bolwurminfestasie en reageer sodra drempelwaardes oorskry word (sien weer drempelwaardes). Laat seisoen stikstof aanvullings (na mid tot einde Augustus) word nie aanbeveel nie aangesien wortelskroei mag voorkom indien grondvog status afneem. Gereelde inspeksie vir insek infestasie is noodsaaklik.
Drempelwaardes vir die beheer van insekte: BOLWURM – GRANE potensiaal 1 wurm per 50 are BOLWURM – LUPIENE BOLWURM - CANOLA vierkant meter (Ongeag grootte)
Ongeag opbrengs1 wurm per plant 5 – 10 wurms per
GROENPLANTLUISE – GRANE 10 luise per plant op 20-30% van plante voor aarverskyning. Na aarverskyning sal bespuiting waarskynlik geen bydrae tot opbrengs lewer nie. RUSSIESE LUIS – GRANE Opkoms tot stoel meer as 20% van plante besmet Stoel tot aar meer as 30% van plante besmet Na aar geen bespuiting Maak seker dat die luise nog teenwoordig is tydens bespuiting! BRUINAARLUIS - GRANE GS 15 – 17 (punt van aar verskyn) - 20% tot 30% van halms besmet met 5-10 luise. Na GS 17 50% halms met > 10 luise. PLANTLUISE - CANOLA 20% van plante besmet (25mm van blomstingels) RUITRUGMOT - CANOLA 15 – 20 larwes per 10 plante: middel tot laat blom 50 larwes per 10 plante: blom tot rypwording LET WEL!! Slegs geregistreerde handelsmerke mag aangewend word in die bestryding van plae en siektes. Aankopers van graanprodukte gaan streng volgens protokol produkte aankoop. Peulplantweidings Bolwurm op lupiene kan van nou af verwag word. Inspekteer gereeld en behandel indien drempel oorskry word. Verminder weidingsdruk op medics vir effektiewe saadvorming. Indien spuitwei beplan word vir die beheer van grasonkruide, kan dit gedurende die melk/ sagtedeegstadium van die gras gedoen word. Let daarop dat drukbeweiding noodsaaklik is vir effektiewe beheer. Frik Potgieter (Onafhanklike Landboukonsultant) Agricure Consult Sel 083 634 9850 agricure.con@gmail.com
SA-rekord vir Hereford-bul: By die 35ste Swartland Veeboere-veiling
op Bossiesvlei, buite Moorreesburg, is 'n nuwe rekordprys vir 'n Hereford-bul behaal, met 'n bedrag van R480 000. Lodewyk Fourie het Babilon, wat deel was van lot 4, WDW 170083, aangeskaf. Die verkoper is Locheim van Willem de Waal-boerdery. Theuns Visser het as afslaer opgetree. Bo is Renier Zietsman en Jan Erasmus van GWK, saam met Philip de Waal, verkoper.
6
Fietsryklub hou algemene jaarvergadering
Datum:30 September 2020 Tyd:18h00 vir 18h30 Plek: Laerskool Swartland Sportsentrum Dra van maskers verpligtend. RSVP voor 27 September 2020 by 0828248103
Malmesbury Fietsryklub Algemene Jaarvergadering.
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.
Hoof Ingenieurstegnikus Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V11/20 • Salarisskaal: R393 732 - R511 044 p.j. (T14)
Ondersoeker van Motorvoertuie (Graad A) Moorreesburg Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V12/20 • Salarisskaal: R197 952 - R256 932 p.j. (T9)
Kassier en Navraeklerk Yzerfontein Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verwysingsnommer: V13/20 • Salarisskaal: R129 168 - R167 688 p.j. (T6) Sluitingsdatum: 2 Oktober 2020 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
14052
Nuus • News
Sake: Wanneer moet ek my finansiële plan hersien?
Wanneer moet ek my finansiële plan hersien? Jac de Wet, CFP®MCom Die van ons wat ‘n motor besit neem gewoonlik ons voertuig vir ‘n diens eenmaal per jaar, of wanneer daar ‘n sekere hoeveelheid kilometers op die klok is, of wanneer daar iets fout is met die voertuig. Ons doen dit, want as ons nie seker maak dat ons motor gereeld gediens en nagegaan word nie, mag die motor dalk net besluit om ons te faal in die middel van ons reis, en veroorsaak dat ons dan nooit ons bestemming bereik nie. Net soos die gereelde en noukeurige diens van ‘n motor, behoort kliënte ook tipies hulle finansiële plan te hersien onder die volgende omstandighede: Jaarliks Redes hiervoor sluit die volgende in: Volgens regulasie in Suid-Afrika word dit vereis deur ‘n finansiële tussenganger om sy kliënt se finansiële plan minstens eenmaal per jaar te hersien. Kliënte sonder ‘n finansiële tussenganger of adviseur behoort dieselfde noukeurigheid aan die dag te lê om te verseker dat die plan nog relevant is. Om te versker dat die finansiële plan steeds relevant is en voorsiening gemaak word dat die spesifieke behoeftes en doelwitte van die kliënt bereik word. Om te verseker dat die finansiële plan moontlike veranderinge aan belastingwette, ander wetgewing, en toepaslike regulasies in ag neem, en dienooreenkomstig aangepas word. As persoonlike of professionele omstandighede verander ‘n Motor kry soms ‘n papwiel, die ruitskerm kry ‘n kraak, of die motor breek skielik. Dis dan wanneer die motor reggemaak moet word, sekere parte vervang moet word, of ‘n volledige opknapping gedoen moet word. Dieselfde geld vir ‘n finansiële plan. Persoonlike omstandighede kon verander sedert die plan saamgestel is, of na die vorige hersiening. Die volgende mag lei daartoe dat ‘n finansiële plan hersien moet word:
Die dood van ‘n lewensmaat of ander familielid, egskeiding, die geboorte van ‘n kind, ‘n verandering van werk (insluitend bedanking, afdanking en aftrede), kinders wat ‘n volgende fase van hulle lewens betree (i.e. begin met skool of universiteit), ongeskiktheid, siekte en traumatiese gebeure, emigrasie Wanneer jou finansiële doelwitte verander Jy gaan sukkel om ‘n Formule 1 resies met ‘n tweedehandse bakkie te wen. As jy aanvanklik wou boer en ‘n voertuig gesoek het om die werk te verrig, sou die bakkie die voor die hand liggende keuse gewees het. As jou doelwit intussen verander het, en jy nou mik om die Monaco Grand Prix te wen, dan het jy beslis ‘n renmotor nodig en sal die bakkie nie die ding doen nie. Net so moet ‘n finansiële plan saamgestel (en by implikasie hersien) word om te verseker dat dit reg geposisioneer is en in staat is om die doelwitte wat daargestel is te bereik. Ek stel voor dat jy saam met ‘n goed gekwalifiseerde en vaardige finansiële adviseur werk, want jou spesifieke omstandighede het moontlik professionele insette nodig om die beste resultate op te lewer. Bly op die pad, in die regte voertuig, en ry in die regte rigting met die riglyne soos hierbo uiteengesit. Jac de Wet is ‘n Welvaart Bestuurder en Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (CFP®) by PSG Wealth. Kontak hom, of enige ander van ons vennote by PSG Wealth Malmesbury, op (022) 482 3600 of psgswartland@psg.co.za, om ‘n afspraak te maak en ‘n ingeligte opinie te kry. The information in this document is provided as general information. It does not constitute financial, tax, legal or investment advice and the PSG Konsult Group of Companies does not guarantee its suitability or potential value. Since individual needs and risk profiles differ, we suggest you consult your qualified financial adviser, if needed. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. FSP 728.
Nuus • News
7
23 September 2020
Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd
TE HUUR TO LET
Bakkie te huur vir u gemak, Eienaar bestuur self. Niks wat ons nie kan vervoer – van goedere tot ‘n uitstappie Pofadder toe. Skakel vandag nog 082 442 8523 GELUKWENSING Congratulations Baie geluk LUCHIA RODGERS met jou 21ste verjaardag op 27 September. Liefde – Amy, Willy en Willmore ----------------------------19 September – “sweet sixteen” CATHY WILSON. Mag daar nog vele jare wees. Geniet u dag ten volle. Van: Hazel, Hayden en die res van die Wilson familie ----------------------------18 September - Geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Wees altyd die ma vir jou kind, die suster vir jou ander susters en broers en
altyd die goeie dogter vir jou ouers. Ons is lief vir jou. Van: jou Ma, Kallie, Nadia, Kelly, Tiaan, Alicia, Marsha, Bronwin en jou enigste dogter Juanique EDWAAN. Baie geluk met jou verjaardag op 25 September. Lekker verjaar. Ons is baie lief vir jou – jou dogtertjie Ednicha en meisie Melissa ----------------------------19 September – LORENZANO WILSON. Baie geluk met jou 18de verjaardag. Mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe. Behou die mooi persoonlikheid en alles van die beste op jou lewenspad. Van: jou Ma, Pa, suster, broers en die res van die Wilson familie ----------------------------LEANA BARENDSE. Baie geluk en seën op jou verjaardag op 21 September. Jy is die grootste geskenk wat ek op my verjaardag ontvang het. Mammie is baie lief vir jou en wens jou net mooi dinge toe vir die toekoms. Van: die Barendse en April familie ----------------------------FAITH – Jou tweede verjaardag op 23 September. Ons wens jou die Here se seën toe. Ons dank die Here dat Hy jou vir ons gegee het. Ons is baie lief vir jou, Geniet die dag. Van: Mamma,
Pappa, Fredericks en Barendse familie ----------------------------ROSCO – 24 September. Baie geluk met jou verjaarsdag boy. Mag Liewe Jesus jou nog vele jare spaar. Van: jou sussie Paige, Dadda en Nykie Baie geluk met jou verjaarsdag Rossie alle seën op jou lewenspad. Ons is lief vir jou. Van: ouma Rita, oupa Piet,Nanna, oom Marlon en al die kinders ----------------------------JOVANTÉ FAZLIN ADONIS. Baie Geluk op jou derde verjaarsdag. Mag Pappa God jou nog meer en meer deur dra en jou van krag tot krag dra. Ma en Pa is baie lief vir jou. Jy is ons sonstraaltjie. Van: Jolene & Francois Adonis – ouers ----------------------------TILLA ROEMS – 26 September. Baie geluk met jou verjaardag. Geseende en voorspoedige nuwe lewensjaar. Dankie vir alles wat u beteken. Liefde – Manlief Christie, seuns – Jean, Chriswill, Jacques, kleinkinders – Devoné en Chriszaan ----------------------------JOHANNA JAGERS. Baie geluk Ma met die verjaardag. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Van al die kinders en kleinkinders -----------------------------
MEMORIUM IN MEMORIAM
LUKAS NELL. Pa se vyfde jaar weg van ons. Ons mis Pa baie en koester die mooi herinneringe. Baie liefde – Kinders en kleinkinders
Love: your husband Joey, daughters, grandchildren and sons in law
familie
JAKOBUS “Koos” ISAACS – 15 September. Reeds twee jaar weg van ons, maar die verlange nog so groot. Ons mis die grappies en gesels. Verlangende Jacobus
DINAH FORTUIN 23 September - Two years today we lost you. Words alone cannot even begin to express just how much you are loved and missed. With
BUYING
or
SELLING
Kry jou onderneming op die radiogolwe!
FURNITURE WE OFFER THE BEST PRICES
LEON FARAO. 25 September. My liefste seun, baie geluk met jou verjaardag. Ons weet vandag is daar groot vieringe in die hemel. Mis jou nog baie – tot ons weer ontmoet. Liefde – Mammie, uncle Herman, Johnnic en Leona My liefste broer – Geluk met jou verjaardag. Watter voorreg om dit saam met Liewe Jesus en die engele te vier. Jy word gemis!! Baie liefde – jou sussie Chrizaan, Tristan, Keagan en Zenobia
YOU CALL WE COLLECT
Malmesbury 022 482 3788
CCFMALAUG18
BETREKKING VACANCY Gevestigde besigheid in Malmesbury is opsoek na persoon met ondervinding in Solar-installasies. Kontak 0826584690
Adverteer! Kontak
Karin Neethling karin@swartlandjoernaal.co.za Anél van den Berge ads@swartlandjoernaal.co.za
Nuus • News
8
23 September 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
Sportuitslae •Results • Sportuitslae •Results DUIWE
OMEGA – Leeu Gamka 1 Shane Arendse 14.03.03; 2 Kasu & Sons14.03.05; 3 Leukes Family 14.01.40; 4 D Daniels & Son 14.03.39; 5 Cross Border L 14.02.48; 6 Hok Edas & Pienaar 14.06.36; 7 Sheldon Bros 14.07.08; 8 Hok Edas & Pienaar 14.07.27; 9 Z & Z Lofts 14.07024; 10 Z & Z Lofts 14.07.32
MALMESBURY – Britstown Jo 1
1 Bordeaux A 1377.8237; 2 Limbardi 1377.0367; 3 J Steenkamp 1371.8065; 4 Bordeaux A 1369.2840; 5 Cross Border Lofts 1342.3295; 6 LF van Dalen 1338.4787; 7 J Steenkamp 1319.3752; 8 J Steenkamp 1303.2054; 9 Bordeaux A 1302.9263; 10 J Steenkamp 1298.9057; 11 J Steenkamp 1294.3810; 12 Cross Border Lofts 1287.7497; 13 Kotze Familie Hokke 1284.6089; 14 G Williams 1281.0976; 15 Kotze Familie Hokke 1279.2454; 16 G Williams 1276.5491; 17 G Williams 1271.0063; 18 Bordeaux A 1257.6899; 19 J Steenkamp 1253.9393; 20 G Williams 1252.9523;
Malmesbury
Ons is terug, maar werk van ons huise om almal se veiligheid en gesondheid te verseker! Stuur jou nuuswenke na
061 555 0344 of
izelle@swartlandjoernaal.co.za. Vir advertensies, kontak Karin by karin@swartlandjoernaal.co.za of Chrizaan by accounts@ swartlandjoernaal.co.za
Besoek ons Facebookblad vir deurlopende nuus en gebeure!
Special! R450 for 1 pager static website!
Britstown Ope 1
1 Bordeaux A 1308.5111; 2 Kotze Familie Hokke 1307.5012; 3 G Williams 1305.1586; 4 LF van Dalen 1302.1271;5 J Steenkamp 1296.8682; 6 F Meintjes & Seuns 1284.7551; 7 Cross Border Lofts 1275.8242; 8 J Steenkamp 1275.7557; 9 J Steenkamp 1269.7796; 10 Marais Hokke (Ksd) 1263.4978; 11 Bordeaux A 1261.5170; 12 Kotze Familie Hokke 1248.6412; 13 Kotze Familie Hokke 1248.4527; 14 J.A. Lombaard Jnr 1238.9465; 15 Marais Hokke (Ksd) 1228.7837; 16 G Williams 1228.0653; 17 Cross Border Lofts 1222.2031; 18 F Meintjes & Seuns 1220.2922; 19 LF van Dalen 1207.1461; 20 Marais Hokke (Ksd) 1203.5369;