Swartland Joernaal 23 Augustus 2023

Page 1

Interskole: Die afgelope naweek het die Hoërskool Swartland op Malmesbury en Dirkie Uys Hoërskool sukses gesmaak toe hulle as oorwinnaars uit die stryd van hul interskole kragmetings getree het. Swartland het Hugenote met 18-3 geklop, terwyl Dirkie Uys met Jan van Riebeeck klaargespeel het en met 20-5 gewen het.

1 23 Augustus 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 182 Gratis • Free

41ste Jongooi-kuddeëvalueringsdag wys bestes aan

Agri Malmesbury het Vrydag die 41ste Jongooi-kuddeëvalueringsdag by die Malmesbury-skougronde aangebied. Vanjaar het 'n aan-die-hak-slaglamkompetisie deel van die dag gevorm. Bo is die wenner van die SA Vleismerino Jongooi-kuddekompetisie, Martin Bester (middel) van Hubertskuil, Klipheuwel. By hom is Basie van Zyl (Nova Voere), Michiel Smuts (Grasrug), Kobus Smit (trofee-ontwerper) en Jopie de Kock.

van Welgegund, Kobus Smit (trofee-ontwerper) en Hugo Torr van Caledonville Plase.

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin. karin@ swartlandjoernaal.co.za

2
Hartlik geluk aan die Skaapstudiegroep met nog ' n suksesvolle Kuddedag Doen so voort Bokomoweg 44, Malmesbury, Tel: 022 482 1817 Paul Truter (middel) van Papkuilsfontein is aangewys as die wenner van die Done-Merino Jongooikuddekompetisie. By hom is Basie van Zyl (Nova Voere), Wolfie van Blerk Johnny Forbes (heelregs) van Vredesig Dormers is aangewys as die wenner van die slaglamkompetisie. Hy het die wengroep van drie lammers ingeskryf. By hom is Basie Louw (Nova Voere) en Hugo Torr van Caledonville Plase. Voor is Daniel en JJ Forbes.

In die afdeling vir "beste vordering oor alle rasse' het die deelnemers teen hulself meegeding. Hier is Wilhelm Relihan (middel) van Oak Valley as die wenner aangewys. By hom is John Dürr (voorsitter Skaapstudiegroep) en Basie van Zyl van Nova Voere.

Die

23 Augustus 2023 3
Mike Gregor van Elandsberg Plase is aangewys as die wenner van die Merino Jongooi-kuddekompetisie. Bo is Basie van Zyl (Nova Voere), Juan Louw, Abraham van Niekerk (Elandsberg Plase), Kobus Smit (trofee-ontwerper), Nicol Mostert van Dasvlei en Stevie Hamman. wenlam in die slaglam-kompetisie is deur Ewan Louw (tweede van links) van Nuweland Dormers, gelewer. By hom is Basie van Zayl (Nova Voere), Johnny en JJ Forbes van Vredesig Dormers en Nelius van Santen van Schoongesight Boerdery buite Hermon. Wilhelm Relihan (middel) van Oak Valley is aangewys as die wenner van die Dormer Jongooi-kuddekompetisie. By hom is Basie van Zyl van Nova Voere en JC Visser van Gletwyn buite Stellenbosch.

Hoërskool Swartland se

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se Rockies het Saterdag kragte gemeet teen Hugenote Hoërskool se Blackies. Die o.19A-meisiehokkiespan het met 1-1 gelykop gespeel, met Tashlynn Solomons wat vir Swartland die speler van die wedstryd was. Die o.19A-seunshokkiespan het met 0-2 verloor, met Anrich Cloete wat vir Swartland as die speler van die wedstryd aangewys is. Die o.18A-netbalspan het met 32-22 geseëvier, met Riané Ligthart wat as speler van die wedstryd aangewys is. Vir die o.19A-rugbyspan is CJ Symington as die speler van die wedstryd aangewys. Swartland het Hugenote met 18-3 geklop. Op die dag is die wenner van die VW Polo ook aangewys. John Witbooi met kaartjienommer 7304 het gister sy nuwe voertuig in ontvangs geneem by Rola Volkswagen Malmesbury.

Baie geluk aan elke Rockie wat Interskole 2023 'n reuse-sukses gemaak het. Julle gedrag op en van die veld was onberispelik. Julle harde werk het vrugte afgewerpl Wel gedaan!

23 Augustus 2023 4

oorwinningstog in beeld

23 Augustus 2023 5

Wesbank slyp tande vir Proteus-kragmeting

Die sportspanne van Wesbank Sekondêr meet hierdie naweek kragte teen die spanne van Proteus in die jaarlikse derby-wedstryde. Die wedstryde vind Saterdag op Malmesbury plaas.

o.19A rugby: Links is Maerick Petersen, Roduwaan Welkom, Fareez Mirinda, Tristan Geduld, Dale Lendool, Charlton Arendse, Cee-Jay Carelse, Zack-Quin Barendse, Adin van Wyk en Vavior Carolissen. Voor is Heinrich Bergman, Keathan Brander, Chandler Felix, Gurnique Filander, Ronaldo Klaasen, Jobin November, Roger Samson, Leandro, Heiwin Kriel, Layle Solomons

Netbal: Onder is Callne Lategan, Kolreece Fortuin, Lornay Klaasen, Judith Pieters, Abri-Hette Booysen, Lusinda Scholtz, Leteya Loots, Jaylin Esau en Keshia January.

23 Augustus 2023 6 GOOD LUC WESBANK S H O W T H E M W H A T Y O U A R E M A D E O F ! MALMESBURY 2 Smuts Street, Malmesbury Tel: 022 482 1470
PROGRAM Rugby o.15A 09:00 o.16A 10:00 o.19B 11:00 Skoolliedere 12:10 o.19A 12:30 Netbal o.14: 09:00 o.17: 09:30 o.16 10:00 o.15 10:30 o.19A 11:00 Sokker o.15A 09:00 o.19B 10:10 o.19A 11:10 Skaak: 09:00
Skaak: Regs is Jerverne Hugo, Elgino Dyason en Romeo Dyason. Sokker: Bo is Randall Welkom, Sergio Wildskut, Jordan Welkom, Kgoisofaio Mvimbi (kaptein), Wayden Farao, Jaydin Gilbert, Duane Geduld, Cedirick Fortuin, Ezra Markus, Darren de Bergh, Johayne Basson.

Uitslae | Results

9 Singleton Hokke 13:08:25; 10 Frikkie Bester 13:09:29

Ope 3

1 Frikkie Bester

12:44:28; 2 Johan v Aswegen 12:44:46; 3 Frik-

kie Bester 12:45:36; 4

Frikkie Bester 12:45:53;

5 John en Marietjie

12:52:04; 6 Singleton

Hokke 12:52:22; 7

Johan v Aswegen

12:54:29; 8 Singleton

Hokke 12:55:20; 9

Frikkie Bester 13:03:14;

10 Boetie & Baron

13:26:00

MALMESBURY POSDUIF VERENIGING

Leeu Gamka Jo 3 – 19

Augustus

1 Marais Hokke

1474.2763; 2 Splen-

didior 1468.7651; 3 G Williams 1464.9617; 4

Bordeaux A 1464.2136;

5 Limbardi 1457.0234;

6 Limbardi 1456.9148;

7 Limbardi 1453.5569; 8

Limbardi 1452.6928; 9

Limbardi B 1449.5692;

10 Splendidior

1448.2506

Leeu Gamka Ope 3

1 G Williams 1462.3320;

2 Limbardi B 1457.7839;

3 Kotze Familie Hokke

1454.8266; 4 Lewisham

GELUKWENSING

Congratulations

Baie geluk my seun, DEVONTEY met jou 21 ste verjaarsdag op 14 Augustus. Mag God jou vele jare spaar. Ons weet jy het jou dag geniet!! Veels geluk met jou mondigwording my kind, onthou jy tree nou die grootmens wêreld in. Mammie is lief vir jou. Lekker verjaar op 14 Augustus, mag God jou seën

22 Augustus – HILTON DE KOCK – Baie geluk met Pa se verjaarsdag. Dankie dat die Here vir u nog ‘n jaar gespaar het. Bly so wonderlik en dankie dat Pa daar is vir ons. Liefde – Jessy, Duncan, Ronan, Skylar en CJ

27 Augustus - Geluk met jou verjaarsdag CHRISLEIGH ons sport sterreretjie. Mag jy in alles wat jy doen suksesvol wees. Dankie vir jou behulpsaamheid en dat jy ons altyd op ons tone hou. Lief vir jou – Daddy, Mammie, Ethan, Chrissade en Cee-Jay Baie geluk ons poplap. Mag Liewe Jesus jou net die mooiste en beste gee. Baie liefde – Mamma en die res van die famiie

met u verjaarsdag. Mamma moet lekker verjaar. Van: die Arendse en Otto famiie

MEMORIUM In Memoriam

18 Augustus – HERMAN SEPTEMBER – Liefste Oupa, een jaar van ons af weg. Elke herinnering van jou bring nog ‘n traan in my oog. Mis jou nog elke dag, maar weet jy is op ‘n beter plek, Liefde – jou kleinseun, Tristan

– vroulief, kinders en kleinkinders

3 John en Marietjie 12:55:08;

4 Henna & Melt Smit

12:55:54; 5 Henna & Melt Smit 13:02:36;

6 Henna & Melt Smit

13:02:51; 7 Singleton

Hokke 13:03:30; 8

Frikkie Bester 13:05:52;

Lofts 1453.5369; 5 Lewisham Lofts

1450.3811; 6 Limbardi

1449.8917; 7 Limbardi B

1449.6767; 8 Limbardi

1444.0018; 9 G Williams

1439.5252; 10 Limbardi

B 1437.5250

15 Augustus – AMBER, baie geluk met jou verjaarsdag. Mammie hoop jy het ‘n mooi en geseënde dag. Met liefde – van: Mammie en kinders

26 Augustus – MAXZEEN – Baie geluk met jou kroonverjaardag. Geniet jou dag. Jy beteken baie vir ons en ons is baie lief vir jou. Van: jou ma, manlief Jowoon, Cline, Mitchlinn, Jayden,Chloe, Liam, broers en susters

Baie geluk ant MARLENE met u geboortedag vieringe op 27 Augustus. Mag God u seën en jare spaar. U moet u dag geniet. Van: Chantal n kinders Baie geluk Mamma

19 Augustus – MERWYN TORIEN – Pa het 13 jaar gelede u aardse woning verruil vir u hemelse. Ons verlang nog baie, maar koester die mooi herinnge. Baie liefde

25 Augustus – FILIDA STUURMAN – Dis jou sewende keer dat jy jou verjaardag vier by ons Hemelse Vader. Jy het vir ons as kinders ‘n voorbeeldige lewe uitgeleef. Ons mis jou elke dag. Van: Kinders en kleinkinders

23 Augustus 2023 7
OMEGA RACING PIGEON Club Hopetown – 19 Augustus 1 Team Neo Vision 14:56:10; 2 Splendidior Lofts 14:58:55; 3 F Meintjies & Seuns 15:03:59; 4 Splendidior Lofts 15:14:48; 5 Splendidior Lofts 15:16:01; 6 Team Neo Vision 15:15:47; 7 Team Neo Vision 15:19:07; 8 Team Neo Vision 15:19:37; 9 Splendidior Lofts 15:22:05; 10 Team Neo Vision 15:22:32 RIEBEEK VALLEI Hopetown – 19 Augustus 1 Mentoor Hokke 15.13.55; 2 Alex Family Lofts 15.15.37; 3 Mentoor Hokke 15.25.16; 4 Mentoor Hokke 15.27.07; 5 Mentoor Hokke 15.31.51; 6 Mentoor Hokke 15.36.17; 7 Alex Family Lofts 15.40.24; 8 Alex Family Lofts 15.41.03; 9 Alex Family Lofts 15.46.31; 10 Mentoor Hokke 15.46.24 MOORREESBURG Leeu Gamka – JO 3 -19 Augustus 1 Henna & Melt Smit 12:46:59; 2 Johan v Aswegen 12:54:18;

W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 182 • 23 Augustus 2023

Swartland se Rockies skitter op talle terreine

Debat: Twee debatspanne van die Hoërskool Swartland het deelgeneem aan die provinsiale ronde van Con Spirito by Hoërskool Durbanville. Thomas van Wyk en Tamia Gagiano het teen die span van Girls High gepraat en hulle debat gewen. Wilne Steyn en Mila Maritz het teen die span van Durbanville meegeding en gelykop geëindig. Altwee spanne het na die nasionale semi-finale ronde in Gauteng deurgedring.

Stap: Emma Hartley het op 5 Augustus deelgeneem aan die WP Grand Prix stapwedloop te Youngsfield vir O/18’s en Dames Ope. Emma wen hierdie wedloop en verower ‘n goue medalje.

Eskom-ekspo: Die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes is 'n uitstalling, of wetenskapskou, waar leerders 'n kans het om ander hul projekte oor hul eie wetenskaplike ondersoeke te wys. Daar was 230 projekte hierdie jaar by die Stellenbosch Streek-ekspo. Lisa Janse van Rensburg (graad 11) en Leighcar Marshall (graad 11) ontvang ‘n bronsmedalje vir hulle projek.

Swem: Schalk Burger, Aiden Foot en Thomas Orchard het die afgelope naweek aan die SA kortbad-swemgala by Generations in Somerset-Wes deelgeneem. Ons is baie trots op hierdie swemmers wat baie hard werk en die vrugte pluk van al die ure in die water.

Drama: ‘n Groep van die skool se dramaleerders het van 8-11 Augustus deelgeneem aan die Montagu Youth Arts Festival. Hul het monoloë voorgedra en die produksie, ‘Die Insekboks’ opgevoer. Hierdie teks is geskryf deur een van ons oud-skoliere, Shawn Day. Swartland ontvang die volgende toekennings: 1 Dubbelgoud, 18 Goud en 5 Silwer. Hierdie produksie Sal by die skool aangebied word op die 28ste Augustus om 18:30 in die skoolsaal @R20 ‘n kaartjie. Kaartjies sal vanaf Donderdag by die finansiekantoor te koop wees, asook by die deur.

Booghek:

Hoërskool Swartland spog met 'n splinternuwe voorkoms aan die bekende booghek. Hier pryk twee skoolwapens op die nuwe mure. Dit is met dankbaarheid deur NOVA Voere geborg.

Hokkieborg: Die tweede meisiehokkiespan spog met splinternuwe opwarmingshemde, geborg deur Multi Scrap. Dankie vir julle betrokkenheid en ondersteuning.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Joernaal 23 Augustus 2023 by Swartland Joernaal - Issuu