Swartland • Bergrivier 1
NUUS • NEWS
20 November 2019
Free • Gratis
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
20 November 2019
Superspar lewer beste diens
Die Malmesbury Superspar het Vrydagaand koning gekraai toe hulle aangewys is as die Diensverskaffer van die Jaar in die afdeling vir groot besighede in die jaarlikse kompetisie van die Malmesbury Sakekamer. In die tweede plek was Agrimark en RSA Makelaars het in die derde plek gevolg. In die afdeling vir medium besighede het Geard Apteek die louere ingeoes, gevolg deur Sabino Canyon Spur en Old Mutual Spies Praktyk in die derde plek. In die klein besighede-afdeling het Post Net Malmesbury 'n eerste plek ingepalm, gevolg deur Malmesbury Guest House en IC Ink in die derde plek. Sien nog foto's binne.
Apply now for January 2020 Siyabonga Matlakala WorldSkills SA Bronze Medal Winner
CENTRAL OFFICE Tel: (022) 482 1143 westcoastcollege.co.za
Pre-Vocational Learning Programme – Grade 9 required
Semester Studies (N4 – N6): Business – Grade 12 required
National Certificate (Vocational) options – Grade 9 required
Trimester Studies (N1 – N3): Engineering – Grade 9 required
* Bursaries available (T’s and C’s Apply) * Transport available (T’s and C’s Apply) * Residence available (T’s and C’s Apply) ATLANTIS CAMPUS CITRUSDAL CAMPUS MALMESBURY CAMPUS VREDENBURG CAMPUS VREDENDAL CAMPUS
Tel: (021) 577 1727 Tel: (022) 921 2457 Tel: (022) 487 2851 Tel: (022) 713 3167 Tel: (027) 213 5674
West Coast College Institution of Excellence @WestCoastCol:
Closing Date: 30 November 2019 Westcoastcollege Report Fraud 0800 222 285
2
20 November 2019
NUUS • NEWS
Dans vir SA: Brigitte Buys, leerder van die Hoërskool Swart-
land op Malmesbury, en haar dansmaat Ewan Ruiters van die Paarl, vertrek vandag na Istanboel om Suid-Afrika daar te verteenwoordig in die wêreldkampioenskappe vir Latyns-Amerikaanse danse. Die danspaar word deur Ceaghan Goliath, ook van Malmesbury, afgerig. Goliath het reeds vier keer in die verlede die Suid-Afrikaanse span verteenwoordig in die wêreldkampioenskappe. Buys en Ruiters verteenwoordig die Nicole's-dansskool.
Ellen Pakkies:
Ellen Pakkies het onlangs 'n Swartlandse draai gemaak, toe sy op Malmesbury aangedoen het om die 'high tea' van die Youth United Fellowship by te woon. Die geleentheid is deur Adriaan Januarie, pastoor van die gemeente, georganiseer. Pakkies en die spreker pastoor Tersia Roos het die gehoor meer ingelig oor verkragting, dwelms en die verskillende soorte mishandeling. Hulle is ook ingelig oor hoe hulle by die rehabilitering van misdadigers betrokke kan raak. Bo is Mariaan McKenzie, Adriaan Januarie, Ellen Pakkies en pastoor Tersia Roos. Januarie bedank almal wat die geleentheid 'n sukses gemaak het.
NUUS • NEWS
3
20 November 2019
Stand van die damme
Rookverklikkers vir Sibanye Die Swartland Munisipaliteit se brandweer het Maandag 200 rookverklikkers op Moorreesburg, in Sibanye, in inwoners se huiste installeer. Hierdie verklikkers beskik oor 'n battery wat 'n 10 jaar-waarborg het en die inwoners is versoek om weekliks die verklikker te toets. Volgens Roysten Harris, brandweerhoof van die Swartland Munisipaliteit, het hulle die 200 verklikkers van die Wes-Kaap-regering ontvang en poog hulle om nog te bekom, sodat dit elders in die Swartland geïnstalleer kan word. Links skroef Harris die eerste van die 200 verklikkers vas.
•95% VAN OES REEDS IN
Graanoeste lyk 'verbasend goed' Die Swartland se 2019 graanseisoen is feitlik op sy einde met ongeveer 95% van die oes wat reeds ingesamel is. Die seisoen het afgeskop met die seisoenale winterreëns wat redelik laat gekom het. Alhoewel die kumulatiewe reënvalsyfer teen middel Julie vanjaar hoër was as dié van 2017, was die area gemiddeld nog heelwat laer as die ooreenstemmende periode van 2018 en die langtermyn gemiddeld van ongeveer 250ml. Nieteenstaande hierdie beperking was die aanslag van die oes baie goed met die verwagting van ‘n normale oes. Die reënval het egter drasties afgeneem vanaf middel Augustus en het die streek abnormale hoë temperature ondervind tydens die blomperiode van die graan in die eerste twee weke van September. Reënbuie het sporadies voorgekom in die korrelvullings-periode na blom en hierdie neerslae was ook baie gelokaliseerd. Dit was dus te verwagte dat opbrengs sowel as graad negatief deur hierdie klimatologiese gebeure beïnvloed sou word. Met die aanvang van die oes was dit duidelik dat daar wel, in meeste streke, ‘n graadprobleem sou wees en wel as gevolg van die hoë persentasie sifsels. Baie produsente het die moeite gedoen om die graan te sif (screen) en kon sodoende die gelewerde produk se graad daardeur verbeter. Wat die streke betref was die noordelike sterke van Eendekuil, Rooi-Karoo en Piketberg die hardste getref deur die droogte. Midde Swartland en die Koeberg was beter daaraan toe, maar het steeds nie by die langtermyn gemiddelde opbrengs gekom nie. Opsommend kan gesê word dat, gedagtig aan die geweldige ongunstige klimaat, daar nog plek-plek streke was wat verbasend goeie opbrengste gelewer het. Hierdie resultate kan in baie gevalle toegeskryf word aan aangepaste boerdery-praktyke wat gefokus is op vogbewaring en die opbou van grond tot sy oorspronklike, natuurlike staat. Die kanola-oes was onderhewig aan dieselfde klimatologiese beperking, maar het oor die algemeen bo verwagting beter gevaar as die koring. Alhoewel daar nie noodwendig rekord-oeste verwag was nie, het die uiteindelike oes menige produsente verras. ‘n Kommerwekkende kenmerk van vanjaar se kanola-oes was die hoë persentasie onkruiddoderskade (hoofsaaklik grasdoders) wat ondervind is. Hierdie skade word hoofsaaklik toegeskryf aan die feit dat die kanola tydens die vroeë groeistadia baie gestrem was deur die droë toestande en dat die fisiolo-
giese stadia van die gewas verder gevorderd was as wat op die oog af voorgekom het. Produsente het dus oor die algemeen die onkruiddoders te laat toegedien, wat aanleiding tot die skade gegee het. Wat die 2019/2020 wingerdoes betref, is die aanslag tans baie belowend met ‘n goeie oeslading. Onegalige bot met ‘n gepaardgaande onegalige blomperiode het in sekere streke voorgekom, maar die verskynsel het hoofsaaklik weens die gunstige groeitoestande, stelselmatig verdwyn. Die voorkoms van reën direk voor, tydens en net na die blomperiode het daartoe gelei dat daar ‘n uitbraak van Donsskimmel in baie streke voorgekom het. Alhoewel daar sporadiese skade weens hierdie uitbraak gerapporteer is, is die oorgrote meerderheid van die produsente op datum met hul spuitprogramme en behoort die inpak van die “Hermanus siekte” nie te groot te wees nie. Deur: Frik Potgieter Onafhanklike Lanboukonsultant Agricure Consult Sel: 083 6349850 agricure.con@gmail.com
Die damvlakke van die watervoorsieningskanaal van die Wes-Kaap het die afgelope week vanaf 84.2% tot 83.7% gesak. Die Bergrivierdam se vlak staan nou op 99.8% in vergelyking met verlede week se 99.9% en verlede jaar se 97.7%. Die Laer-Steenbrasdam se water staan nou op die 95.8%-merk, in vergelyking met verlede week se 97.7% en verlede jaar se 82.2%. Intussen het die Voëlvleidam vanaf 90.7% tot 89.5% gedaal. Verlede jaar dieselfde tyd was die dam 93.3% vol. Die totale voorsieningskanaal se vlak staan nou op 83.7%, in vergelyking met verlede week se 84.2% en verlede jaar 72.5%. Bron: www.capetown.gov.za
4
20 November 2019
NUUS • NEWS
PostNet, Geard Apteek, Superspar Malmesbury Malmesbury se beste
Die Malmesbury Sakekamer het Vrydagaand vanjaar se beste diensverskaffers aangewys in die jaarlikse "Diensverskaffer van die Jaar"-kompetisie. In die afdeling vir groot besighede het Malmesbury Superspar (tweede en derde van links) met die trofee huis toe gegaan. In die tweede plek was Agrimark, verteenwoordig deur CornĂŠ Fouche (tweede van regs), met RSA Makelaars (Stephan Niemann heel regs) in die derde plek. Bo hou Delvean van Schoor en Marleze de Klerk Malmesbury Superspar se trofee.
In die afdeling vir medium besighede het Geard Apteek vanjaar die louere ingeoes. Tweede en derde van links is Keith Johnson en Gawie Malan met die trofee. In die tweede plek is die Sabino Canyon Spur (Tercia en Japie Kuhn). Hulle is gevolg deur Spies Praktyk Old Mutual in die derde plek.
Die klein besighede het sake uitgespook om die trofee en PostNet Malmesbury (bo) het as oorwinnaars uit die stryd getree. Malmesbury Guesthouse van Janine Adonis (regs) was in die tweede plek, met IC Ink van Rochelle de Villiers (links) in die derde plek.
NUUS • NEWS
20 November 2019
5
6
NUUS • NEWS
20 November 2019
Goue jare in Goue Aar: Die
Lionsklub van Malmesbury het verlede week heerlik saam met die inwoners van Goue Aar Ouetehuis op Malmesbury gekuier en gebraai. Daar is gesokkie, gekuier en heerlik geëet. Die Lions van Malmesbury reik jaarliks uit na verskillende diensorganisasies in die gemeenskap en probeer om dan die lewe 'n bietjie ligter en meer rooskleurig vir personeel en inwoners te maak.
Bebaard:
Bradley Ruiters van Malmesbury het sy perfek-gemanikuurde baard vir Movember aan die Swartland Joernaal gewys. As jy jou moestas met ons wil deel, stuur dit na izelle@swartlandjoernaal.co.za.
Uitslae • Results MALMESBURY GHOLFKLUB Café Felix Super Sundowner Woensdag, 13 November – Enkel Stableford: Nic Goosen 20; Robert Orchars 19; John Smith 18; Billy Howburg 18 RSAM Malmesbury Meesters-gholfdag 16 November - Kompetisie: Enkel Stableford Ernest Matthysen 43, Maurice Carr 42, Elton Fester 42, Gert Agenbag 41, Farrel Johnson 41, Pieter February 41, Stephan Nieman 39, Sakkie Klasen 38, Appie van der Merwe 38
erjaar et. Ek u. Van: ers rey, en
--------MS AM
ober
van et jou. nders, EY,
--------God jou paar. ber en
NUUS • NEWS TE KOOP FOR SALE Malmesbury : VENTER Elite 6 met neuskas en dra-rak met binne-mat. Netjies – R7000,00. Kontak: 083 234 1509 ----------------------------Malmesbury : 6-Voet VENTER sleepwa vir R6500,00. Kontak – 082 823 7542 -----------------------------
25 November 2019 - Guwho's one - ALNIQUE 2 Oktoberess 2019 WILLIAMS. Happy MALMESBURY. Klein 3 birthday! Love aunty slaapkamer huis. Nuwe Priscilla, Courtney, Lyle, badkamer en kombuis, Trotse skoonma en Damon family, Mommy, sitkamerVan: en enkel Ouma. Baby Daddy and Grandparents motorhuis. 1 Desember
November, kinders, 2019 beskibaar kleinkinders en@ R7000 pm. Kontak: Freddie 082 Cleophas gesin 343 3372 ---------------------------------------------------------STERFGEVAL Titus Eiendomme: OBITUARY
---------------------------------Jy moet lekker verjaar enGELUKWENSINGS jou dag geniet. Ek isCONGRATULATIONS baie lief vir jou. Van: Vroulief en kinders – Lushane, Amorey, Kellsea, Aidrian en Shayden -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
----------
REW
ou ag in rane umis e, elke geluk Ma, ea,jou dré en Jy het ‘n --------an: o, en
special day God Bless! Love – Priscilla, Courtney, Lyle, Damon family, Mommy, Daddy, Alnique and Alvin
TE HUUR TO LET
Wesbank, R12 000pm. Pragtige 4-slk huis met mooi kombuis. Sit-, eet-, tv-kamer en braaiareas. Twee badkamers, opwaskombuis, drie motorhuise en alarmstelsel. Plaveisel en netjies LLEWELLYN VAN WYK. omhein. Beste area. Rus in vrede “Spook”. Beskikbaar: 1 Januarie Ons gaan jou baie mis –2020. Van Wyk familie Jade Kontak 082 780 1380
STERFGEVAL OBITUARY
Blessed birthday aan swaer, WINSTON (Winny) CUPIDO op 21 November. Alle seëninge vorentoe. Van: jou swaers en skoonsusters
JULIANA en LEON. Baie Geluk my kinders met jul eerste huweliks herdenking. Mag God jule nog vele jare seën. Baie geluk ook Juliana met jou verjaardag. Baie lief vir julle – Ma en Pa
RENALDI DAVIDS. 19 November. Baie geluk met 2019 jou verjaarsdag2myOktober skat. Mag Sy genade altyd op jou wees. Geniet jou dag. Hope liefde – Jou en man en Trotse skoonma kinders Van: Baby Ouma.
November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesin -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY
ons en saam met die engele. Mis jou. Liefde – Man, kinders, kleinkinders en skoondogter ------------------------------
----------
ER. s rlange die nge. geluk tnders, jou pierg. Ons sin u en --------Van: e en
----------
ie) e jaar eem. g.T ‘n ou 4 ou dag et liefde
21 November 2019 -DESMOND NICOLE KOORDOM! ANDREWHappy birthday1 on this SOLOMONS.
7
Oktober vier jy jou 34ste verjaarsdag in die hemel. Die trane lê nog vlak. Ons mis jou elke minuut, elke sekonde. Van: Pa, Ma, Sebas�aan, Jandré en Devandré ------------------------------
JOHN NOVEMBER. Een jaar van ons weggeneem. Verlange is daar. Koester die mooi herinneringe. Liefde – Vrou, kinders, kleinkinders, Papieren Cleophas gesin ------------------------------
Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za 7 met jou nuuswenke.
eperkte pasie!
----------
ssifi seerde advertensies, MAN. kkigememoriums en dienngs, jy dag CHRISTINA (Pollie) an erus 'n WhatsApp-boodNOVEMBER. Drie jaar eGod is .oot, Mag061 555 van ons weggeneem. na 0344. kraag Mis jou elke dag. ‘n eilige spasie raak vinnig vol, so e holte efde odskap en foto vroegtydig! alavids NUUS • NEWS y----------
Beperkte
ARRIE GOLIATH, 16 November. Baie geluk my man met jou verjaarsdag. Dankie vir alles wat jy vir ons doen en beteken as gesin. Liefde – vroulief en kinders
IN MEMORIAM IN MEMORIUM
LLEWELLYN VAN WYK. Rus in vrede “Spook”. Ons gaan jou baie mis – Van Wyk familie ------------------------------
20 November. ASHLEY PIETERSEN. Baie geluk my kind. God se rykste MARLENE seën op jouVAN lewe, nou ROOYEN. 4 Oktober raak jy groot. Liefde – is Ma Claudia, se eersteBradley Mom, verjaardag en Carl-Lito weg van
7
13November November2019 2019 20
Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.
MARK MAY. 16 November. 11 jaar gelede het die Here besluit jy hoort by Hom. Dis nie altyd maklik sonder jou nie, maar jou nagedagtenis leef voort en ons mis jou nogsteeds. Van: Mikhail en Anzelle
CRYSTAL JENNIFER ADAMS. 19 November. Drie jaar van ons geskei. Ons verlang baie na jou, maar koester jou pragtige nagedagtenis. Altyd in ons harte – jou suster, Bettie en kinders
Sag heengaan van JUNE WILLIAMS op 12 Novemeber 2019 met liefdevolle herinneringe van haar Moeder, kin-
ders, kleinkinders, agterkleinkinders en familie. Begrafnis is Sondag 24 November 2019 om
8:30 by huis te Bloekom straat 52 en 10: 00 in die gemeenskapsaal Abbotsdale
8
20 November 2019
NUUS • NEWS
SPORT
20 November 2019 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
•GEKROON AS SEWENDE KAMPIOEN OP MALMESBURY
Ernest Matthysen dra Meester-baadjie
Bo: Ernest Matthysen is vanjaar se wenner van die RSAM Malmesbury Meesters wat die naweek aangebied is. By hom is Philip Faure en Stephan Niemann van RSA Makelaars.
Foto's deur David Howburg
Saterdag is Ernest Matthysen as die sewende draer van die RSA Makelaars Malmesbury Meesters gekroon. Die RSAM Malmesbury Meesters is die geleentheid op die Klub se jaarlikse kalender waar spelers wat deur die loop van die jaar ‘n amptelike kompetisie van die Klub gewen het, die geleentheid kry om as Meesters Wenner gekroon te word. Inderwaarheid die wenner van wenners! Die veld was lekker vol met ongeveer 110 spelers in die veld. Die baan was in ‘n puik toestand. Die dag is afgesluit met ‘n prysuitdeling gevolg deur ‘n lekker aandete. By die prysuitdeling is RSAM deur Gerhard Spangenberg, die klubkaptein van die Malmesbury-gholfklub, bedank vir die wyse waarop hulle die dag aangebied het en veral vir die personeel van RSAM se gasvryheid deur die loop van die dag. ‘n Spesiale woord van dank het ook aan al die borge uitgegaan, sonder wie se ondersteuning hierdie dag nie moontlik sou wees nie. Almal het gewonder of verlede jaar se wenner, Saberie Pietersen, die eerste speler gaan wees wat dit kon regkry om sy titel suksesvol te verdedig. Ongelukkig was dit hom toe nie beskore nie. Soos vir die meeste spelers op die dag, het die sterk wind ook op hom sy tol geëis. Die 2019 se RSAM Malmesbury Meesters kampioen is Ernest Matthysen. Hy het sy puik eerste 9 gate, waarin hy 25 punte aangeteken het, opgevolg met ‘n stabiele 18 punte op die tweede nege, vir ‘n totaal van 43 punte. Die tweede plek is ingeneem deur Maurice Carr met ‘n ewe indrukwekkende 42 punte van ‘n 9 voorgee af. Elton Fester was derde; ook op 42 punte. Die dag het op ‘n effense hartseer noot geëindig toe Philip Faure bekend gemaak het dat hierdie die sewende en laaste keer was dat RSAM as hoofborg van die Malmesbury Meesters sou optree. Hy het genoem dat die konsep nou goed gevestig is en sy hoop uitgespreek dat die klub se bestuur ‘n nuwe borg sou vind om die Malmesbury Meesters verder te neem.