Swartland Joernaal 19 Junie 2024

Page 1


Good Hopes en Moorreesburg deel die louere

Op 'n sonnige Winters Saterdag middag het Moorreesburg RVK gereis na Riebeek-Wes om die hoogvliegende Good Hopes RVK die stryd aan te sê.

Die besoekers het daarin geslaag om 'n gelykop uitslag te behaal in 'n intense en spannende wedstryd wat lank onthou sal word.

Hierdie wedstryd is gekenmerk deur talle strafskoppe en geel kaarte wat vraagtekens plaas op albei spanne se dissipline.

Moorreesburg het drie geelkaarte in die wedstryd ontvang en die tuisspan moes selfs op twee geleenthede met minder spelers op die veld speel.

Good Hopes het vroeg in die wedstryd die telbord aan die gang gekry met 'n strafskop en kort daarna 'n drie wat die telling op 10 – 0 gebring het in die guns van die tuisspan.

Heinrich Boois het terug geslaan met 'n strafskop om Moorreesburg terug in die wedstryd te plaas.

Good Hopes was egter meer vasberade en het verbete aangeval en sodoende ook hul kanse beter benut om weer 'n drie te gaan druk en ook kort daarna geslaag met nog 'n strafskop en met die telling 20 – 3 het dit gelyk of dit 'n lang Saterdagmiddag vir die besoekers sou wees.

'n Oomblik van pure individuele briljantheid deur die kaptein en heelagter Jaydon Markus het egter weer hoop in die besoekers se aanslag geblaas toe hy 'n uitstekende opvolg van sy eie skop opgeraap het en agter Good Hopes se doellyn gaan kuier het.

Die spanne het gaan water drink met die telling op 20 – 10 in die guns van Good Hopes. Moorreesburg se verdediging het in die tweede helfte rotsvas gestaan en Herbert Boois het 'n deurslaggewende onverdoelde drie gaan druk om Moorreesburg terug in die wedstryd te bring, ná Good Hopes met 'n man minder moes speel.

Die spanne het sterk verdedig en 'n hele rits strafskoppe uitgeruil.

Die ankerman, Heinrich Boois, het geslaag met 'n strafskop asook 'n onverdoelde drie om die telling op 23 – 23 te bring.

Aan die einde van die wedstryd het albei spanne die geleentheid gehad om die wedstryd in hul guns te beklink met strafskoppe, maar tevergeefs. Die wedstryd het geëindig in 'n dramatiese gelykop uitslag, met albei spanne wat hul moed en deursettingsvermoë gewys het.

Moorreesburg RVK kan trots wees op hul veggees in hierdie intense konfrontasie en sal wil voortbou wanneer hulle Saterdag gasheer speel vir Never Despair.

Never Despair het Saterdag gasheer gespeel vir Villagers Wittewater en het nog die eerste rondte skoknederlaag in hul agterkop gehad toe hulle die onvoorspelbare besoekers ontvang.

Wittewater het eerste punte aangeteken met 'n verdoelde drie.

Delano Baartman het egter teruggeslaan toe hy in die hoekie oorduik vir 'n onverdoelde drie. Wesley Laing het die voortou aan die tuisspan besorg toe hy onder die pale gaan kuier het en Dugald Williams was suksesvol met die doelskop om die telling te bring op 12 – 7 in die guns van Never Despair te bring.

Wittewater het egter gesorg dat hy in die wedstryd bly met 'n suksesvolle strafskop.

Die ervare Lee-Donovan April het egter ander planne gehad toe hy weer gaan druk het.

In die tweede helfte het Domonic De Jager van Never Despair die wind uit Wittewater se seile geslaan met die bonus drie vir die tuisspan en Dugald Williams het 'n goeie dag beleef met sy skopvoet.

Lee Donovan April het ten einde die skare vermaak met nog 'n briljante drie wat Williams verdoel het en Wittewater het geen antwoorde gehad vir Never Despair se goeie spanpoging nie.

Spairs het uiteindelik die wedstryd met 33 –10 gewen en sal vol selfvertroue Saterdag reis na Moorreesburg.

Spairs sal nie Moorreesburg ligtelik opneem nie en weet dat Moorreesburg hierdie seisoen slegs een wedstryd verloor het op sy tuisveld.

Moorreesburg is 'n moeilike kalant op sy tuisveld en sal 'n groot uitdaging bied vir die besoe-

kers.

Die wedstryd behoort weer vir groot opwinding te sorg en sal weer op naelskraap op 'n mespunt gebalanseerd word.

Moorreesburg behoort egter n taai wedstryd met minder as 7 punte te wen.

Abbotsdale het Saterdag gereis na Saron wat hierdie seisoen 'n baie wisselvallige seisoen beleef.

Abbotsdale het uit die staanspoor die wedstryd dikteer en die tuisspan moes by kere rondval om die liga-voorloper te keer.

Die besoekers was vinnig uit die blokke en hul goeie samespel tussen voor en agterspelers het Saron onder geweldige druk geplaas.

Die 'generaal', Percy Abdol, het sake goed beheer en gedurig Abbotsdale se groot pak voorspelers op die voorvoet geplaas.

Abdol het ook twee briljante drieë gaan druk om sy goeie seisoen voort te sit.

Ná Abbotsdale gemaklik met 30 – 0 voorgeloop het, het hulle die voet in die tweede helfte van die petrol afgehaal en Saron het stelselmatig hulle voete gevind in die wedstryd.

Alhoewel Saron nie hul agterstand kon uitwis in die tweede helfte nie, kan hulle tevrede wees met hul goeie poging laat in die wedstryd.

Abbotsdale sal wil verseker hulle speel teen dieselfde tempo vir die volle 80 minute wanneer hulle Saterdag gasheer speel vir Good Hopes wat 'n heel ander uitdaging bring.

Good Hopes sal oorgehaal wees om op te maak vir hul gelykop uitslag maar Abbotsdale verloor nie maklik op sy tuisveld nie.

Abbotsdale behoort sy houvas op die top-posisie Saterdag te versterk, wanneer hulle sal afreken met Good Hopes met 'n oorwinning van meer as 10 punte.

In ander wedstryde het Darling gemaklik met Young Eagles afgereken en Wesbank was te sterk vir Riebeek United.

Darling speel Saterdag gasheer vir Riebeek United en wraak sal op hul spyskaart wees na Riebeek United die tuisspan in die eerste rondte

gewen het.

Darling behoort gemaklik met Riebeek United af te reken met 'n oorwining van meer as 10 punte.

Wesbank sal ook nie vergeet van die skok-nederlaag op Saron in die eerste rondte nie en sal die druk op die voorloper wil behou wanneer hulle gemaklik met Saron sal afreken met 'n oorwinning van meer as 20 punte.

Porterville speel hierdie seisoen uitmuntende rugby en hulle reis Saterdag na Wittewater en sal hul goeie segetog wil voortsit met 'n oorwinning van minder as 10 punte.

Young Eagles geniet hierdie naweek n blaaskans.

Abri Adonis

Damvlakke in die Wes-Kaap

Scorpions to world champs: The Scorpions Martial Arts and Kickboxing Academy WC participated in Johannesburg during March in full contact martial arts, FCMA. The championship served as trials for a possible SA team that wil participate in Spain in 2025 in the WMO World Championships. Rudi Martins, Leo Engelbrecht, Stephan Hamman, AJ Hartman and Micardo du Preez brought back gold medals. The group is instructed by Kanchu Martin Toothman and official sensei Magret Roothman. The following 2023 gold medal winners are also included in the team: Danie Rossouw (Sempai), sensei Johan Lategan, Armando

and sensei Theo

Pestana, Hanré Rein, Bertie Fourie (seinsei), Jace Lynch
Geldenhuys.

Rockie-nuus van Hoërskool Swartland

Hokkie: Hierdie hokkiespelers neem tydens die vakansie aan verskeie Bolandtoernooie deel. o/14 seuns interdistrik-toernooi: Malachi Liedeman en Johan Hanekom. o/14 dogters streekstoernooi: Sikilelwa Nogqala. o/18 dogters streekstoernooi: Gaylin Brown en Cayleigh Petersen. o/18 seuns streekstoernooi: CJ van Rensburg en Aiden Cupido. o/16B dogters nasionale toernooi: Thakeerah Wilskut. o/16B seuns nasionale toernooi: Noah Hendricks. o/18B dogters nasionale toernooi: Tashlynn Solomons

Netbal: Hierdie netbalspelers sal die Weskus se interdistrikspan gedurende die vakansie (3 tot 6 Julie) verteenwoordig.

Nuwe personeel: Hierdie personeel het by Hoërskool Swartland aangesluit. Liezel van der Merwe ( Alumni en oud-studente), Klara Jooste (Verbruikerstudie, Toerisme en Lewensoriëntering) en Inalise du Plooy (Digitale Tegnologie, Geografie en Toerisme).

Rugby: Hierdie rugbyseuns neem aan onderskeie toernooie hierdie vakansie deel.

• Melchior Botha: WP Disa-span vir die Reitzweek.

• Alexzander Wucherpfennig: WP Disa-span vir die Reitzweek.

• JH Kleynhans: Natal-span vir die Bokkieweek.

• Kailen Kotze: Vrystaat-span vir die Bokkieweek.

• Kallie Boutsikaris: Boland o/18 Cravenweekspan.

Groet: Ons sê totsiens maar nie vaarwel aan me. Jordaan na 36 jaar van voortreflike diens aan Hoërskool Swartland. Haar spore lê wyd en diep van Afrikaans-onderrig, Knysna-staptogte, Kultuuraande tot op die tennisbaan en verder, maar veral in die harte van kollegas en leerders - haar Rockie-familie. Ons wens haar seën en vreugde toe vir die volgende lewensavontuur! Dankie vir alles wat u vir HSS beteken en gedoen het.

Bedanking: Hoërskool Swartland spog met pragtige nuwe palisade

skool. Baie dankie aan die volgende borge wat hierdie moontlik gemaak

en Tubestone; Seunshokkie - Food Lover's Market; Dogtershokkie

- Ocean Processors; Swem - Weskus Meganisasie; Akademie - FODP;

ciates; Landbou - AFGRI; Krieket

opgewonde

borde voor die
het: Rugby - BKT Tires
- Willard batteries; Netbal
Skaak - SpiesandAsso-
- H.C.S. Ons is baie dankbaar vir julle ondersteuning en is
oor ons skool se opgraderings.

PPC Riebeek Bergmarathon

18 June – THERESA GEDULD - You’re more than a mother. You’re the greatest woman we know. Thank you for everything, and happy birthday. From: Karel, Kyle, Misha and Warren

23 Junie - MNR SIMPSON, Baie geluk met u verjaarsdag. Mag God u nog vele jare spaar. Van: die Poustraat se mense MEMORIUM In Memoriam

17 Junie - Aan my man, ons pa, oupa, broer. Happy heavenly birthday LENETT ANDREW MOSES. Ons mis jou elke dag, Geniet die verjaarsdag saam met die engele. Van: Jou vrou, Karen, jou dogter Janine, Bernardine, Leandre, jou kleinklein kinders en die breë Moses Familie

19 Junie - WILMAjou eerste vejaardag saam met jou Hemelse Vader, nooit sal ons jou kan vergeet nie. Van: jou man, Phillip, kinders en die hele familie - die trane loop nog steeds. Antie Wilma se 1ste verjaardag saam die engele. Altyd lief vir antie Wilma. Van: Veronica (Nanna) Mammie Wilma se 1ste verjaarsdag in die hemel. Sal Mammie nooit vergeet. Van: Mammie se seun Rosswin Wilma, your first birthday away from us. We would have such a nice time with you, but God took you to be in his beautifull garden. You will always be in our hearts. Sadly missed by your Sangala friends

Irishman faces a Springbok-sized challenge

“Canoeist’s Everest”.

PAARL – Irish professional canoeist David Horkan faces a task as daunting as his rugby compatriots when he tackles the 2024 Berg River Canoe Marathon on July 3-6.

The 2023 Irish Adventure Paddler of the year is expecting to complete the tough four-day canoe marathon from Paarl to Velddrif on the same day the Ireland rugby squad tackle the Springboks in the First Test in Pretoria – and Horkan is well aware his challenge is as big as the one facing his rugby compatriots.

preparation for next month’s Berg River Canoe Marathon.

“South Africa is known world wide as a hotspot for canoeing and producing world class paddlers,” said the former European Championship medalist this week from Ireland, where he is training before heading to Cape Town to finish

“The standard at the Berg reflects the standard of South African paddling – you only need to look at the results over the years and its often a world champion that wins the race.

“I’d be delighted to get into the top ten, but I’ve no real idea until I get into the mix and racing on day one. Getting to the start line fit and getting to the finish are always the two main priorities. A good result is a bonus.”

When it was pointed he will be competing on the same day the Irish rugby side face the Springboks, Horkan laughed and added he was hoping for some reflected glory after the match.

“I can deal with getting beaten on the river by South Africa’s top guns, but I’ll have to hope the rugby boys in green will get payback for me on the pitch. That might give me some bragging rights afterwards.”

Horkan is well known as an adventure canoeist with some spectacular trips under his belt – he won the 2023 Adventure Paddler of the year from Canoeing Ireland, but was unable to physically accept the award because he was paddling in Antarctica at the time – but he is also an impressive ultra-distance racer

In 2022 the Irishman won the K1 category in the 200km Devizes to Westminister and finished second overall in a K2 in 2023. He is also a regular among the leading positions in the race that is billed as the “longest non-stop canoe race in the world” and referred to by the organisers as

WEDVLUGDUIWE

“The Berg has to be up there with the best and most challenging of them all,” said the European Marathon Championship medalist. “Its taken me a few years to commit to it as it is during our summer, but this year it made sense with my schedule.

“I’ve been well warned about the river and its trees, potential blockages, headwinds and even getting lost. The organisers have been fantastic with information and I made a point of chatting to many of the South African paddlers who came to the Liffey Descent this year.

“Training has been great so far. It is a little unusual to be doing this much volume and long paddles at this time of year for me – usually I’d be finished with this training by April. Getting time on moving water is a problem as the rivers are getting to summer levels here now, but in a typically unpredictable Irish summer, its unusually cold at the moment, so I shouldn’t notice the change to SA winter.”

Some of Horkan’s expenses have been sponsored by a local South African company and he will paddle in the Euro Steel team colours, in a Kayak Craft boat built by veteran canoe manufacturer Ric Whitton.

Somewhat ironically, with the Springboks playing Ireland on the same weekend as the Berg River Marathon, the Irishman will be paddling a boat which Whitton coincidentally made in the colours of green and gold.

Source: https://berg.org.za/

Uitslae • Results

Malmesbury District Union

Laingsburg 01 – 1 Junie 2024

1 Lombardi Lofts 12:21:32; 2

Team Neo Vision 12:13:22; 3 Lewisham Lofts 12:21:56; 4 Lewisham Lofts 12:22:23; 5 Abrahams Family Loft 12:20:03; 6 RC Liedeman 12:20:24; 7 Kasu Family 12:18:45; 8 E Liedeman 12:21:21; 9 E Liedeman 12:21:31; 10 Splendidior Lofts 12.17.51

Omega Pigeon Club

Laingsburg 02 – 8 Junie 2024 1 Team Neo Vision 12:23:31; 2 Lewisham Lofts 12:30:51; 3 Lewisham Lofts 12:30:56; 4 Sheldon Bros 12:26:14; 5 Team Neo Vision 12:27:33; 6 Lewisham Lofts 12:34:48; 7 Team Neo Vision 12:27:56; 8 Lewisham Lofts 12:35:07; 9 Lewisham Lofts 12:36:21; 10 Splendidior Lofts 12:29:18

Riebeek Vallei Wedvlug Klub –

15 Junie 2024 Leeu Gamka 01 1 Mentoor Hokke 12.31.58; 2 Mentoor Hokke 12.38.42; 3 Alex Family Lofts 12.49.51; 4 Mentoor Hokke 12.47.16; 5 Alex Family Lofts 12.51.34; 6 Mentoor Hokke 12.51.55; 7 Alex Family Lofts 12.58.23; 8 Mentoor Hokke 13.00.52; 9 Mentoor Hokke 13.01.51; 10 Alex Family Lofts 13.07.09

Riebeek Kasteel – 15 Junie 2024 Leeu Gamka 1 Abrahams Family 12.29.56; 2 W Heynse 12.50.58; 3 Abrahams Family 12.54.36; 4 Matthee Hokke 13.08.06; 5 Isaac’s Lofts 13.12.44; Group 5 13.12.56; 7 W Heynse 13.15.29; 8 Isaac’s Loft 13.15.20; 9 W Heynse 13.17.41; 10 Matthee Hokke 13.17.49

Moorreesburg – 15 Junie

Laingsburg JO2 1 Boetie & Baron & Seuns 11:53:52; 2 Boetie & Baron & Seuns 11:55:54; 3 Joseph Otto 11:37:17; 4 Singleton Hokke 11:38:41; 5 Singleton Hokke 11:39:48; 6 Die Saunderse 11:39:48; 7 Singleton Hokke 11:41:35; 8 John En Marietjie 11:43:13; 9 Mornay Anthony Hokke 12:07:59; 10 Die Saunderse 11:43:04

Laingsburg Ope 2 1 Johan V Aswegen 11:55:36; 2 John En Marietjie 11:55:49; 3 Singleton Hokke 11:57:31; 4 Singleton Hokke 11:57:39; 5 Boetie & Baron & Seuns 12:19:31; 6 Boetie & Baron & Seuns 12:19:50; 7 Eagle Lofts 12:19:33; 8 Johan V Aswegen 11:58:56; 9 Johan V Aswegen 12:00:35

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.