Swartland âą Bergrivier 1
Nuus âą News
19 Februarie 2020
Free âą Gratis
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 âą www.swartlandjoernaal.co.za
19 Februarie 2020
'Hy's my soldaatjie' Klein Milan Dale (regs voor op skouers) is 26 maande oud en op 11 maande gediagnoseer met 'n seldsame sindroom, Praver-Willie-sindroom. Hy en sy ma, Michelle, vertel van hulle daaglikse stryd teen die sindroom. Lees volledige berig op bladsy 2 en 3.
Stand van die damme
Met temperature wat by die hoog 30's draai, het die damvlak van die Wes-Kaapvoorsieningsnetwerk van 69.1% tot 67.4% gedaal. Die syfer verlede jaar het op 56.2% gestaan. Die Bergrivierdam se vlak staan nou op 80.5%, waar dit verlede week op 82.4% was en verlede jaar op 77.9%. Die Laer-Steenbrasdam se vlak het van 74.6% tot 72.7% gedaal. Verlede jaar dieselfde tyd het hierdie dam
se vlak op 55.5% gestaan. Die Theewaterskloofdam staan nou op 61.5%, in vergelyking met verlede week se 62.6% en verlede jaar se 43.6%. Die Voëlvleidam, Swartlanders se enigste bron van water, het vanaf 70.3% verlede week tot 67.4% hierdie week gedaal. Die dam was verlede jaar dieselfde tyd 69.9% vol. Bron: www.capetown.gov.za
Vervolgverhaal: Lees deel 1 binne
bl 4