Swartland Joernaal 17 Julie 2024

Page 1


Sakekamer, Crestcare, Munisipaliteit: Die Malmesbury Sakekamer het gister belangstellendes verwelkom by hul vergadering in die banketsaal van die Swartland Munisipaliteit. Charl Hambidge, hospitaalbestuurder van die Crestcare-hospitaal wat binnekort sy deure op Malmesbury open, was die spreker van die oggend en het die vergadering meer oor die hospitaal vertel. Bo is Brian Siebritz, Samantha du Toit, uitvoerende burgemeester Herold Cleophas (Swartland Munisipaliteit), Jo-Anne Krieger (Swartland Munisipaliteit), Ohna Nel, Charl Hambridge, Joggie Scholtz (munisipale bestuurder) en Kobus Rossouw (voorsitter Malmesbury Sakekamer).

Wesbank-leerders

Damvlakke in die Wes-Kaap

Wesbank Robotika: Van skoolbanke na China

Bo: Mark-Anthony en Matthew-James Danies het Sondag na China vertrek om deel te vorm van 'n groep leerders van die 'Space and Aeronautics Boot Camp' bywoon. Die twee is deel van die skool se Innovatirx robotika-groep.

Regs: Intussen vertrek Kelvin Fortuin, die leerkrag van die groep, en Amelai Myburg op 22 Julie na Shaanix-provinsie na die stad Xi'an. Hhulle is deel van die AI-bootcamp en onderwyser-opleidingsgroep.

Play Sport4Life vermaak

Swartlandse jeug

Play Sport4Life is verheug om die dawerende sukses van sy onlangse vakansieprogram in Malmesbury aan te kondig.

Hierdie inisiatief, wat daarop gemik is om sport en aktiewe leefstyle onder jong kinders te bevorder, is moontlik gemaak deur die ruim ondersteuning en samewerking van sleutelbelanghebbendes in die Malmesbury-gemeenskap.

Ons opregte waardering gaan uit aan Laerskool Liebenberg vir die verskaffing van 'n uitstekende venue wat 'n veilige en innemende omgewing vir alle deelnemers bevorder het.

'n Spesiale dank word gerig aan John en Chantal Smith, wie se toewyding en koördinering instrumenteel was om die nodige reëlings en plek vir die program te verseker. Hulle verbintenis tot die gemeenskap en die bevordering van jeugsportaktiwiteite is werklik prysenswaardig.

Die Vakansieprogram het gesien hoe kinders aan verskeie sportaktiwiteite deelgeneem het onder leiding van 'n diverse groep afrigters. Ons span het entoesiastiese Italiaanse vrywilligers,

spelers en afrigters van Magic Ladies FC, en ons geliefde netbalafrigter, "Nossi" ingesluit. Die kinders het 'n wonderlike tyd gehad, nuwe vaardighede opgedoen, vriende gemaak en deur hul mentors geïnspireer.

Play Sport4Life is die Malmesbury-gemeenskap innig dankbaar vir hul onwrikbare ondersteuning. Saam het ons 'n positiewe impak op die lewens van baie jong individue gemaak en 'n liefde vir sport en gesond leef. Ons sien uit na toekomstige samewerking en die voortsetting van ons missie om die volgende generasie deur sport te bemagtig. Vir meer inligting, kontak Carolyn Inglis op info@ps4l.org.za.

Meer oor Play Sport4LifePlay Sport4Life is 'n nie-winsgewende organisasie wat toegewy is aan die bevordering van sport en aktiewe leefstyle onder die jeug. Deur verskeie programme en inisiatiewe poog ons om kinders te inspireer, op te voed en te bemagtig om gesonder lewens te lei en hul volle potensiaal te verwesenlik.

Bekendstelling van nuwe John Deere Boord-trekker

'n onlangse geleentheid by Meerhof Kelder buite Malmesbury, het AFGRI hul wingerspuit, 'n Wacker Neuson-laaigraaf en die John Deere 5080EN-boordmodel aan rolspelers en belangstellendes bekend gestel. Vir meer inligting, kontak AFGRI Malmesbury op 087 820 4095 of besoek die tak in Nywerheidsingel, Malmesbury.

Die AFGRI-wingerspuit, die John Deere 5080EN-boordmodel en die Wacker Neuson-laaigraaf is ten toon gestel by die bekendstelling.

Bo: Gert Claassen, Christoffel Lombard, Tossie Weber (AFGRI bemarker) en DB Rust het ook die dag bygewoon.
Bo: Breslar Wilmans (AFGRI Verhoudingsbestuurder), Fanie Walters, Deon Britz (AFGRI Onderdele Bestuurder) en Morné Lucas (AFGRI werkswinkel bestuurder) was ook teenwoordig.
Bo: Breslar Wilmans (AFGRI Verhoudingsbestuurder), Erik van Rensburg (Meerhof), Deon Britz (AFGRI Onderdele bestuurder) en Aldo Otto (AFGRI takbestuurder).

Wes-Kaap nou tot 'n rampgebied verklaar

Die Wes-Kaap is amptelik tot 'n rampgebied verklaar na afloop van die koue fronte wat die provinsie die afgelope twee weke teister.

Die versoek is deur die provinsiale regering aan die nasionale regering gestuur en teen Sondag goedgekeur.

Die woordvoerder van Anton Bredell, die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Wouter Kriel het die status bevestig.

Volgens die jongste syfers is meer as 150 000 persone in die metrogebied dakloos gelaat.

'n Volle omvattende bepaling van die skade sal later gedoen word.

Bo: Die laagwaterbrug op Malmesbury het oorspoel en op Yzerfontein het die seeskuim soos sneeu op die strande gelê. Foto bo: Charl Hambridge

Intussen sal nog drie koue fronte die gebied die week tref, maar met minder neerslag as die voriges.

Octavoscene gee raad: Brucellose by beeste

| Dr Carla van der Merwe

Brucellose by beeste - ook Besmetlike Misgeboorte (BM) genoem - is ‘n hoogs aansteeklike, staatsbeheerde bakteriele siekte wat deur die bakterie Brucella abortus veroorsaak word. Hierdie siekte is nie net hoogsaansteeklik tussen beeste nie, maar kan ook na mense oorgedra word.

Dit het nie net ‘n enorme finansiële implikasie gekoppel daaraan nie, maar dit is ook ‘n baie arbeitsintensiewe taak om dit uit jou kudde uit te wis.

Dus is dit baie belangrik om te weet van Brucellose, hoe om jouself en jou beeste te beskerm daarteen en hoe om dit te verhoed.

Gevolge in besmette koeie behels aborsies, stilgeboortes, swak kalwers, verlaagde melkproduksie en agtergeblewe nageboortes.

Meeste koeie aborteer net met hulle eerste kalwing na die infeksie opgetel is en kalf daarna weer normaal, maar dra en versprei dan nogsteeds die bakterie deur hul melk, vrugvloeistof en nageboortes met die volgende kalwings.

Naiwe beeste kan dan aansteek deur in kontak te kom met enige iets wat besmet is

deur die bogenoemde in daardie tyd, soos bv. besmette kos, water, omgewing ensovoorts.

Mense kan Brucellose deur dieselfde mannier kry, maar ook deur rou melk te drink, hulself raak te spuit met Brucellose entstof en ook abattoir personeel tydens die slagproses.

As dit nie reg behandel word nie, kan mense ook die kroniese vorm van hierdie siekte behou. Bulle kan die bakterie ook in hul testes dra en koeie kan deur kunsmatige inseminasie besmet word. Kraaie en jakkalse wat nageboortes vreet of steel kan daardeur ook die siekte tussen plase versprei.

Hierdie bakterie hou van ‘n koel en vogtige omgewing en kan in hierdie omstandighede vir

‘n etlike maande oorleef.

Biosekuriteits-maatreëls op plase moet opgeskerp word en maak seker jou plaaswerkers verstaan hulle ook.

As een van jou beeste positief getoets word deur ‘n bloedtoets of bakteriele kultuur by ‘n laboratorium, word jou plaas deur die staatsveearts onder kwaratyn gesit, sodat daar geen beweging in of uit jou kudde meer is nie.

Net positiewe, gebrandmerkte beeste mag dan met ‘n staatspermit geslag word by ‘n goedgekeurde abattoir.

Ongelukkig is die volledige uitroei-protokol ‘n langdradige proses wat erge finansiële en arbeitsintensiewe nagevolge het, maar gelukkig

is daar entstowwe beskikbaar om dit in jou vroulike diere te verhoed. In kort, koop slegs veearts-gesertifiseerde negatief getoetsde en geënte beeste in en ent jou eie vroulike diere om seker te maak jy loop hierdie siekte mis!

Boekbekendstelling: "Sewe Keer Sondig"

| McKayla Goliath

Op 'n koue en nat Saterdag het die Malmesbury Biblioteek boekliefhebbers verwelkom vir 'n opwindende bekendstelling van “Sewe Keer Sondig,” 'n boeiende versameling waarin vyf medeskrywers insig oor hul werk gedeel het.

Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie, sluit die antologie 25 kortverhale van 44 talentvolle skrywers in, elk met 'n unieke draai aan die tema van sonde.

“Elke verhaal in hierdie bundel is 'n heerlike lekkerny, vol verrassings, skerp wendings en on-

ophoudelike intrige,” het Jonathan Amid tydens die geleentheid opgemerk.

“Dit herinner ons aan die kreatiwiteit wat ons skrywers in die krimi-genre bring. Jy gaan nie wil ophou lees nie!”

Ten spyte van die koue buite, was die atmosfeer binne die biblioteek warm en uitnodigend, wat 'n gesellige ruimte vir deelnemers geskep het. Een gas het die geleentheid as “kos vir die siel” beskryf, en die gerief van literêre byeenkomste beklemtoon.

Die antologie beloof om 'n verskeidenheid

emosies by lesers wakker te maak, wat 'n boeiende ervaring verseker. Die skrywers het die Swartlandse wintersdag ten volle benut en 'n fantastiese gesprek vol letterkundige flair gele-

wer.

“Sewe Keer Sondig” is nou beskikbaar vir R260 by Bargain Books, en nooi lesers uit om in 'n wêreld van opwindende vertellings te duik.

Uitslae • Results

Wedvlugduiwe

Malmesbury Posduif Vereniging 6 Julie 2024

Victoria Wes JO

Contact Liesel | 071 395 6994 | liesel@assistedhomenursing.co.za

Contact Gavin | 071 395 6994 | gavin@assistedhomenursing.co.za www.assistedhomenursing.co.za www.ahn-swartland.co.za

1. Limbardie 1462.4515, 2. Kotze en Familie Hokke 1454.8177, 3. Marais Hokke 1454.7412, 4 Slendidior 1426.4198, 5. Marais Hokke 1420.7987, 6. Kotze Familie Hokke 1407.1141, 7. Limbardi 1397.0039, 8. Kotze Familie Hokke 1391.1745, 9. LF van Dalen 1382.9955, 10. Limbardi 1369.2630, 11. Limbardi 1357.2425, 12 Bordeaux A 1354.7996, 13 Bordeaux A 1348.8700, 14. Bordeaux A 1346.9258, 15. LF van Dalen 1346.7609, 16. Limbardi 1333.4604, 17. Splendidior 1330.8343, 18. Limbardi 1319.7412, 19. LF van Dalen 1311.7721

Victoria-Wes Ope

1. Limbardi 1378.1927, 2. LF van Dalen 1360.6603, 3. Marais Hokke 1359.0720, 4. Marais Hokke 1359.0072, 5. Kotze Familie Hokke 1353.6371, 6. Splendidior 1341.1247 1341.1247, 7. Limbardi 1327.6746, 8. Bordeaux A 1326.0255, 9. Bordeaux A 1325.9042, 10 Limbardi 1321.2846, 11 Conquer Lofts 1320.2753, 12. Bordeaux A 1312.5676, 13. Marais Hokke

1312.5676, 14. Limbardi 1310.7898, 15. G Williams 1305.6911, 16. Kotze Familie Hokke 1303.8373, 17. Kotze Familie Hokke 1303.7776, 18. Kotze Familie Hokke 1303.6583, 19. Splendidior 1302.5470, 20. Splendidior 1302.1321

Omega Racing Pigeon Club

Leeu-Gamka 02

1 LEWISHAM LOFTS 1501.1937, 2 CROSS BORDER LOFT 1447.4442, 3 CROSS BORDER LOFT 1446.8832, 4 TEAM NEO VISION 1434.5685, 5 CROSS BORDER LOFT 1433.8792, 6 Sheldon Bros 1423.4846, 7 Sheldon Bros 1423.0541, 8 CROSS BORDER LOFT 1422.9486, 9 Kasu Family 1422.4697, 10 F MEINTJIES & SEUNS 1417.6035, 11 SPLENDIDIOR LOFTS 1403.0897, 12 TEAM NEO VISION 1400.4812, 13 TEAM NEO VISION 1392.9635, 14 CROSS BORDER LOFT 1391.8604, 15 Shane Arendse 1391.7702, 16 Shane Arendse 1389.2022, 17 F MEINTJIES & SEUNS 1388.2302, 18 Shane Arendse 1384.9091, 19 TEAM NEO VISION 1378.1677, 20 LEWISHAM LOFTS 1374.1186

17 Julie: Christina Meyer (ant Dakkie) Hartlik geluk met "ouma"se 60ste verjaarsdag.Bly die" ouma"wat u vir almal is. God blessed. Van al u geliefdes en kennisse .

Ruzhaé Meyer Happy belated birthday met ju 16de verjaarsdag .hoop jy jou dag g.niet.van Meyer Cloete en Bouis famielie en Katrina

18 Julie: Henzino Daniels. Baie geluk met jou 14de verjaardag. Mag die Here jou spaar en seèn. Wees n goeie seun. Ons is lief vir jou. Van: ons almal in die huis

Happy 30 th birthday Veronique Roman may your have a blessed day love Roman and Pieters family

16 Julie: Geuk monzay pieters met jou 2de verjaarsdag. Alles wat mooi is vir jou. Liefde van jou mammie daddy en jou susters en broer

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Swartland Joernaal 17 Julie 2024 by Swartland Joernaal - Issuu