2 minute read

Uit die pen van...Justus Schoonraad, skoolhoof

Hoërskool Swartland verwelkom Hugenote Hoërskool by die 47ste Interskole. Baie welkom aan mnr. Wikus Naudé, personeel, leerders en ouers van Hugenote by hierdie unieke sportbyeenkoms.

Dit is vir ons as Rockies ‘n voorreg om die gasheer by hierdie mooi wintersportgeleentheid te wees. Hierdie geleentheid word vasgevang in die woorde van Mike Marshall nl. “Victory is in the quality of the competition and not in the final score”.

Advertisement

Die vorige 46 Interskole byeenkomste getuig van die kwaliteitkompetisie tussen Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland.

Aan elke speler wat hard gewerk het deur ‘n lang seisoen, mag jy die vrug van die harde werk met Interskole pluk. Sportmanskap, spanwerk, deursettingsvermoë, selfdissipline, die wil om te wen en aanpasbaarheid is maar enkele kwaliteite wat spelers in die seisoen aangeleer het.

Hierdie kwaliteite en vele ander sal spanspelers in hul volwasse lewe weer gebruik in hul gesin, in hul werkplek of selfs in hul sosiale lewe. Jim Courier, voormalige tennisspeler, het die volgende oor sportmanskap gesê: “Sportmanship for me is when a guy walks off the court and you really can’t tell whether he won or lost, when he carries himself with pride either way.”

Talle borge en ouers het die dag moontlik gemaak. Sonder jul onbaatsugtige diens en ruim donasies sou dit nie moontlik wees om enige Interskole-geleentheid aan te bied nie.

Die borge en ouers het gegee sonder om iets terug te verwag. Baie dankie vir tyd, geld en vriendelikheid wat gedurende die seisoen sowel as vir die Interskoledag mildelik aan die skool geskenk is. Die investering in die onderwys deur die ondersteuning van topskole in die Boland is nie meetbaar op die korttermyn nie, maar talle suksesvolle oudleerders is die bewys dat die beleggings beslis vrugte afwerp.

Gedurende Vrydagmiddag en Saterdag gaan ons ongelooflike mooi wedstryde sien waarin sportmanskap geopenbaar gaan word.

Goeie spelers inspireer hulself maar uitstekende spelers inspireer almal om die veld of baan. Mag ons met Interskole van goeie spelers na uitstekende spelers styg sodat ons alle toeskouers kan inspireer.

Dankie vir die Swartlandpersoneel, skoolbeheerliggaam en ouers wat baie ure se voorbereiding gedoen het. Hierdie werk gaan nie ongesiens verby nie. Die terrein vertoon ongelooflik mooi. Dit is ‘n voorreg om deel van die skool en die gemeenskap te wees. Ek bly nederig ten opsigte van die ontwikkeling wat deur verskillende persone in die afgelope paar jaar teweeg gebring is.

Ons is bevoorreg dat ons aan sport kan deelneem, dat ons talente en soveel genade van God ontvang het. Mag ons eerstens ons talente aanwend om God te eer.

Geniet die dag!!!

Justus Schoonraad Skoolhoof, Hoërskool Swartland o.19A seunshokkie: Gert van Schalkwyk, Le Roux Stemmet, Walter Bester (k), Zak Botha, Johen Pietersen, Abrie Burger, Jandre du Preez, Divan Brink, Drihan Crous, Henro du Preez, Liam Veldman, Jan-Hendrik Viljoen, Jandre Kamfer, Jordan Bester. o.19A meisiehokkie: Tessa Horn, Stefanie Weideman, Niame Smit, Lumé van Heerden, Carli de Klerk (k), Anli Bester, Hadassa Engelbrecht, Janke Brönn, Jeanelle le Roux, Lisa Dyason, Petra Arries, Claire van den Heever, Jacoline Crous, Nina Boshoff. o.19A Netbal: Zia van Dyk, Milla van Dyk, Mariah Heyns, Alica Bester (k), Zaida Amerika, Ashlin Crozier, Luzay Smit. Reserwes: Lize Bester en Nicola Collen. o.19A rugby: Jetro Cleophas, Darren Delport, Schalk Senekal, Juan Kitshoff, Cornel du Toit, Dirk du Toit, Janré Engelbrecht, Hermann Hartung (k), Khalipa Wisani, Joel Cloete, Corbin McKrieling, Lisekho Tuntubele, Le-Warco de Vries, Lincoln Matthyse, Johan Mackenzie. Reserwes: Joshua Paul Swarts, Hendri Basson, Niclyde Jagers, Corne Basson, Wayden Diedericks, Dominic van Staden, JG Nieuwoudt, Jan-Louis Coetzee.

Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se Tiere meet die week kragte teen die besoekende span van Jan van Riebeeck in vanjaar se interskole-kragmeting.

This article is from: