Swartland Joernaal 14 Augustus 2024

Page 1


Die jaarlikse interskole tussen Hoërskool Swartland en Hugenote Hoërskool vind die naweek plaas, met die kultuuraand wat Donderdag die verrigtinge afskop. Vanjaar se wedstryde word op Wellington gespeel. Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg sal in 'n ander interskolestryd kragte meet met die spanne van Jan van Riebeeck. (Sien spanne binne) Links: Die eerstespankapteine het saam met skoolhoof Justus Schoonraad hul "oorwinningsrondte" om die veld saam met Rola Mahindra Malmesbury geoefen.

o.19A-rugbyspan
o.19A-hokkiespan
o.19A-netbalspan
o.19A-hokkiespan
Debatspan
Rasieleiers

Clicks ploeg terug gedurende Vrouemaand

In die gees van Vrouemaand het Clicks 'n inisiatief van stapel gestuur om terug te ploeg in die gemeenskap deur middel van klein, betekenisvolle gebare.

Die maatskappy het 'n praatjie aangebied vir die vroue van die DCS Wes-Kaap streek, waar hulle skoonheids- en velsorgwenke gedeel het.

“Vroue sorg dikwels vir ander en vergeet soms om na hulself om te sien,” het 'n Clicks-verteenwoordiger verduidelik.

Op Vrouedag, Vrydag, het Clicks-personeel hul tyd opgeoffer om die vroue by die Goueaar Ouetehuis te bederf.

“Ons wou hulle spesiaal laat voel en herinner dat hulle ook saak maak,” het Miche Balie gesê.

Sy en Mariette April, wat Clicks verteenwoordig het, het die dames mooi opgemaak.

Die dames was baie gelukkig en het die gebaar baie waardeer.

Mariette het verder verduidelik dat hulle nie hier gaan ophou nie. Volgende week, op die 23ste, beplan hulle om die inwoners van The Haven Night Shelter te besoek.

“Ons wil net terugploeg in ons gemeenskap,” het sy gesê.

Clicks doen ook 'n beroep op die gemeenskap vir donasies en hulp. Donasies kan by enige Clicks-tak afgelewer word.

Hoërskool Dirkie Uys: Tiere en

HDU reg vir kragmeting

teen

Jan van Riebeeck:

Die Hoërskool Dirkie Uys meet die naweek kragte teen die spanne van Jan van Riebeeck in vanjaar se interskole-kragmeting.

Jan van Riebeeck in interskolestryd

o.19A-rugbyspan

o.19A-hokkiespan

o.19A-netbalyspan

o.19A-hokkiespan

Stuur jou nuuswenke na 061 549 3683 of admin@ swartlandjoernaal.co.za Spertye vir advertensiebesprekings: Maandag 12:00 Materiaal: Maandag 16:30

Wedvluguitslae

Malmesbury Wedvlugklub

Hanover

1 SPLENDIDIOR 1200.5841

2 SPLENDIDIOR 1174.2002

3 SPLENDIDIOR 1118.7201 4 KOTZE FAMILIE HOKKE 1088.3559 5 KOTZE FAMILIE HOKKE 1068.5723 6 SPLENDIDIOR 1067.0436 7 BORDEAUX A 1008.4607 8 LIMBARDI 1000.2790 9 KOTZE FAMILIE HOKKE 990.6206 10 SPLENDIDIOR 963.0357 11 KOTZE FAMILIE HOKKE 910.8594 12 LIMBARDI 776.7461 13 LIMBARDI 761.3119

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit

Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Rachelle van Zyl by 022 487 9400.

Kassier: Swembad Kontrakpos (Swembadseisoen)

Direktoraat: Finansiële Dienste

• Verwysingsnommers:

Mal 1/24 - Malmesbury (1 Pos)

Wes 1/24 - Wesbank (1 Pos) Dar 1/24 - Darling (1 Pos) Mrb 1/24 - Moorreesburg (1 Pos) • Salaris: R 61,97 per uur

Sluitingsdatum: 26 Augustus 2024 om 12:00

Besigtig

Plaaslik

jong rugbytalent streef na groot drome

Rickhano Stuurman, 'n 17-jarige graad 11-leerling aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, is 'n jong rugbytalent wat groot drome koester. Hy dra steeds sy ouma se van en het sy liefde vir rugby ontdek toe hy sy pa, 'n speler by die Wesbank Rugbyklub, op die ouderdom van tien jaar sien speel het. Sy pa is sy held, maar sy rolmodel is die Springbok-speler Cheslin Kolbe. Rickhano het op 11-jarige ouderdom begin rugby speel by Welgemeend Primêr se o.12span. Hy het groot planne vir sy toekoms en wil graag na skool studeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word, die hoogste professionele rekeningkundige kwalifikasie in Suid-Afrika.

Sy droom is om professioneel rugby te speel en eendag in die Stormers se kleure te speel.

Sy talent is opgemerk tydens die Tony Stoops-toernooi, nou bekend as die Patriot Sporttoernooi, wat gedurende die Paasnaweek vanjaar plaasgevind het.

Uit 32 skole is 45 spelers gekies en Rickhano se talent het hom 'n plek in die groep besorg. Hulle is tans 40 spelers sterk en vertrek op 21 September na Ierland vir 'n skoolvakansie waar hulle drie wedstryde sal speel.

Rickhano se toewyding en passie vir rugby, tesame met sy akademiese ambisies, maak hom 'n inspirasie vir jongmense regoor die land.

Bloues herstel glorie met oorwinning

Malmesbury Rugbyklub, bekend as die Bloues, het 'n merkwaardige terugkeer gemaak na hul teleurstellende nederlaag teen Oceans United verlede naweek.

Onder uitdagende toestande, met nat velde en aanhoudende reën, het die Bloues steeds daarin geslaag om aanvalgende rugby van hoogstaande gehalte te speel. Hulle het hul teenstanders, Young Stars van die Paarl, oortuigend met 61-5 verslaan.

Dit is bemoedigend om te sien hoe die Bloues weer op dreef kom en terugkeer na hul glorie dae op die Dieprivier Sportgronde. Dit is duidelik dat die span weer besig is om 'n krag in die Boland te word.

Die Bloues het ook hul dank uitgespreek teenoor hul borg, Suzuki Malmesbury, wat 'n uitstalling tydens die wedstryd aangebied het en 'n groot rol speel in die klub se sukses. Kristoff Isaacs en Gustav Myburgh het skitterend gespeel en is aangewys as gesamentlike spelers van die wedstryd.

Soos die seisoen sy einde nader, is die bestuur en afrigtingspan hard besig om te beplan vir volgende jaar.

Die klub is tans in 'n besige groeiproses en verwag om nuwe, jong talent in te bring. Die Bloues bly toegewyd om 'n omgewing te skep wat ideaal is vir die ontwikkeling van jong spelers.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.