Skip to main content

Swartland Joernaal 13 Desember 2023

Page 1

1

Gratis • Free

13 Desember 2023

Nuus met 'n verskil

W/A en Tel: 076 178 8091 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 198

Trekkers vir Kersfees

Die Swartland Veterane Klub het die naweek hul jaarlikse Kerspartytjie gehou. Die klub het voertuie en trekkers in Kersliggies en -versierings getooi en deur die strate van Malmesbury getoer. Fotos: Johan Huysamen

13 Desember 2023


2

Moorreesburg

Een van Swartland Investments se grootste bates, is sy lojale werknemerskorps. Wanneer mylpaal-jare van toewyding diens bereik word, wil die maatskappy graag van so 'n geleentheid gebruik maak om ook sy dank en waardering uit te spreek teenoor die aantal toegewyde diensjare en daarom word daar jaarliks erkenning gegee aan werknemers wie 10, 15, 20, 25 en 30 voltydse diensjare voltooi het.

30 Jaar Diens

W Afrika

RA Smit

P Swarts

SJ Pickard

JJ Visser

25 Jaar Diens

NM Dyantyi

NJJ Kalimpie

JJ Julius

FC Karolus

DC Lewis

A Benjamin

EE Goedeman

W Fortuin

CY Alexander

25 Jaar Diens

CJ Farao

20 Jaar Diens

SH Nell

R Ceasar

N Bindemann

JW Janse

JW Brown


3

13 Desember 2023

Moorreesburg

20 Jaar Diens

HA Marcus

EG Gouws

FC Carstens

C Morris

DW Damon

C April

20 Jaar Diens

BR Morta

MM Swartz

J Strauss

WW Marthinus

WL Gallant

SP Te Water

15 Jaar Diens

ZB Mkancu

NA Adonis

15 Jaar Diens

ML Abrahams

ME Adams

L Steyn

JJ Bezuidenhout

JG Rossouw

JA Diedericks


4

13 Desember 2023

Moorreesburg

15 Jaar Diens

IM Solomons

GR Dorrington

E Frans

CL Cornelius

CJ Skippers

CG Jacobs

15 Jaar Diens

AP Brander

CB Maarman

FT Adams

JR Adonis

JM Fortuin

R Swarts

15 Jaar Diens

TJ Matthews

RD Janklaas


5

13 Desember 2023

Moorreesburg

10 Jaar Diens

SF Dawson

S Alexander

PJ van Rhyn

PJ Fraser

PA Williams

ML Lendoor

M Mentoor

LM Avenant

KD Campbell

J Samuels

J Aspeling

HJ Saal

F Nyani

ET Trout

EJ Vries

D Andrew

CR Dawson

10 Jaar Diens

JB Fortuin

10 Jaar Diens

C Samuels

C Louw

BFW Petersen

BEC Moses

A Okkers

WA Samuels

VT Rhodes

C Terblance

RC Livine

H Bush

MJ Machoba

SL Marinus

SM Boois

10 Jaar Diens

R Smith

SG McCart

F Isaacs-Marthinus


6

13 Desember 2023

Moorreesburg

10 Jaar Diens

AD Marthinus

QJ Rhoode

C Joseph

HL Freeman

EG Schonlo

DA Nango

BC Smith

J Daniels

DD Liedeman

JJ Melk

E Wiggins

10 Jaar Diens

S Daniels


7

13 Desember 2023

Makers en Mark vat hande vir Kersfees

Gaan krap mens bietjie rond op sosiale media, sal jy besef dat daar 'n groot hoeveelheid kreatiewe mense op Malmesbury is, maar daar is nie noodwendig vir hulle plek om hul produkte uit te stal of te verkoop nie. So is Malmesbury Makers in 2021 gestig, om 'n bymekaarkom plek vir kreatiewe mense te bied. 'n Idee is toe gebore om 'n lekker Kersmark op die been te bring, waar die Makers hul produkte kan ten toon stel en die Malmesbury inwoners kans gee om hul geld in Malmesbury te spandeer en plaaslik te ondersteun. "Ons wil graag die interne, kreatiewe mikro-ekonomie in Malmesbury stimuleer", so

sê Jorique Fourie, een van die stigterslede van Malmesbury Makers. Die Makers het uitgereik na die span van die Langs-die-Bos-mark en so het dit toe gekom dat daar die afgelope Saterdag 'n heerlike Kersmark by die Voortrekker terrein gehou is. "Dankie aan elke liewe besoeker wat ons hierdie naweek ondersteun het!" Die span van Langs-die-Bos-mark is elke Saterdag op hul pos van 08:30 tot 13:00, maar die volgende groot mark wat deur die Makers beplan word, sal op Saterdag, 2 Maart 2024, plaasvind. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Marli by 072 674 1117.

Warm holiday greetings f rom the William Koch Attorneys team! As the year draws to a close, we extend our heartfelt wishes for a joyous Christmas and a prosperous New Year. Your unwavering support throughout 2023 has been deeply appreciated, and we look forward to the privilege of continuing to serve you in the coming year, 2024. Thank you for entrusting us with your legal needs.

OUR SERVICES:

LITIGATION

FAMILY LAW

COMMERCIAL LAW & CONTRACTS PROPERTY LAW ADMINISTRATION & CONVEYANCING OF ESTATES, WILLS & TRUSTS

LABOUR LAW

OFFICE: 022 125 0610

COMMERCIAL LAW & CONTRACTS

ADMIN@KOCHLAW.CO.ZA

WWW.KOCHLAW.CO.ZA


8

13 Desember 2023

Gholfdag:

Spies & Associates het verlede naweek saam met Malmesbury-gholfklub die Swartland Classic aangebied. Die fondse wat geïn is, is tussen Better Beginnings College en Goue Aar Tehuis vir Bejaardes versprei. Bo oorhandig Hendrik Spies van Spies & Associates die tjeks aan Elize Weyers van Better Beginnings College en Leon Venter van Goue Aar.

Stap vir Janika:

Janika Visser van Malmesbury is 'n 9-jarige van Malmesbury wat in Februarie vanjaar met 'n breingewas gediagnoseer is. Sy het reeds chemoterapie ontvang, maar ten spyte daarvan het die gewas bly groei. Saterdag is 'n 5km-pretloop op Nassau by die Hartklop-onthaalsentrum van Gawie en Anet Lamprechts gehou om fondse vir Janika in te samel. Hier het 150 ondersteuners saam gestap om fondse vir die jong Swartlander in te samel. 'n Back-a-Buddy-fonds is ook gestig om fondse te in om haar mediese kostes te dek. Besoek https://www.backabuddy.co.za/champion/project/janika-visser-5771484187816537381 as jy 'n bydrae wil lewer. Van die benodigde R350 000 is R81 502.25 reeds ingesamel.


13 Desember 2023

Oud-Swartlander se passie vir kinders nou by Hugenote Kollege Liza Mostert is die splinternuwe gesig by Hugenote Kollege wat daarna uitsien om jou te ontmoet. Liza is aangestel as fondsinsamelaar en bemarker by die kollege en het groot planne vir die toekoms van die kollege. Die fondsinsamelingsgogga het haar in 1998 gebyt toe sy en haar gesin hulself op Moorreesburg in die hartjie van die Swartland gevestig het. "Ons het 'n ent gaan stap en ek het 'n vrou by die Huis van Heerde Kinderhuis raakgeloop. "Ons het begin gesels en sy het genoem dat sy hulp nodig gehad het by die kinderhuis en gevra of ek daarin sou belangstel om te help. Een van die terkortkominge was 'n sielkundige wat op 'n gereelde basis met die kinders kan werk, maar dat die fondse nie daar was vir so iets nie," vertel Mostert. Sy het uitgevind dat die kostes R1000 per maand beloop en dat die kinderhuis die sielkundige hulp vir 'n periode van 10 maande per jaar benodig, wat dan R10 000 per jaar beloop. Mostert het moue opgerol en ingespring om te help om fondse te in deur 'n dans te reël. Sy het plaaslike ondernemings en persone om hulp genader en so het sy vinnig die R10 000 ingesamel met haar eerste poging. "Ek het nog nooit ophou help waar ek voel ek 'n verskil kan maak nie. Dis maar hoe die Vader my gemaak het," vertel sy. Mostert het 'n sagte plek in haar hart vir kinderhuise, juis omdat dit 'n groot moontlikheid in haar kinderlewe was. "My kinderjare in Johannesburg was nie maklik nie en ek besef dat as dit nie vir my grootouers in Lutzville was wat ons ingeneem het nie, het ons ook dalk in 'n kinderhuis beland." Mostert het 'n brandende passie om kinders te help, op enige manier moontlik. "Ek put soveel genot daaruit om drome te help waar maak. En ja, die alledaagse behoeftes van organisasies is net so belangrik maar om so n ekstra myl te stap en iets spesiaals te laat realiseer is wat my dryf." Sy en haar man, Fanus Mostert, is in 2020 getroud. Fanus is die eienaar van Wilmar Bouhandel, 'n bekende plaaslike gesig op Wellington. Die egpaar het reeds op Lutzville paaie gekruis, maar jare later eers die knoop deurgehak, ná die lewe allerhande paaie met hulle geloop het. Hulle het Junie 2023 na Wellington verhuis, sodat Fanus nader aan sy onderneming kon wees en sodat hulle deel van die gemeenskap

kon word. 2023 was vir haar persoonlik 'n groot en opwindende jaar. Van trek, tot Hugenote Kollege en die verwelkoming van 'n nuwe skoondogter tot

die familie toe haar oudste seun vroeër vanjaar getroud is. Haar dogter het ook vanjaar voor die kansel gestaan en die ooievaar het by die egpaar gekuier toe hulle hul eersteling dogter verwelkom het. Dit is iets waaroor Mostert ook baie opgewonde is - om ouma te wees. Op 1 November vanjaar het sy as fondinsamelaar by Hugenote Kollege aangesluit. "Wat n voorreg. My passie is om kinders te help en nou werk ek vir die plek wat Maatskaplike Werkers en Jeugwerkers oplei, dis mense wat direk help met kinders in moeilike omstandighede. My hart loop oor, want ek weet ek is waar die Vader my kan gebruik." Mostert is opgewonde oor wat die pad vir haar en Hugenote Kollege inhou. Mostert nooi alle belangstellendes, ondersteuners van die kollege en ondernemings uit om haar te kontak, sodat sy ieder en elk in persoon kan ontmoet. "Kom ons help mekaar om hierdie leerders se drome te bewaarheid." Kontak Mostert op empower@hugenote. ac.za of skakel haar op 065 833 2515.

9


10

13 Desember 2023

Daantjie Kat: Die Departement Verkeer van die Swartland Munisipaliteit het verlede week besoek afgelê by Chatsworth Primêr, asook Kleinkarnmelkvlei op Moorreesburg. Die gewilde en bekende Daantjie Kat het leerders ingelig van padveiligheid.

Kerspakkies: Die

Yzerfontein Round Table 276 het die afgelope naweek deelgeneem aan die prysuitdeling van Koranrug Primêr deelgeneem. Die groep het lekkergoedpakkies saam met Kersvader aan die leerders van die skool uitgedeel.


13 Desember 2023

11

Geklassifiseerd • Classifieds GELUKWENSING Congratulations

14 Desember – KAPTEIN en DINA

Baie geluk KYLE met jou 3de verjaarsdag op 18 Desember. Mag jy jou verjaarsdag geniet en baie seëninge op jou pad vorentoe. Van: Oumas, Oupas, Franklin en Familie.

SEPTEMBER – Dankie my liefste

vrou vir die 49 jaar van ons lewe saam. Dankie ook vir al jou ondersteuning die afgelope 13 jaar met my onder-kaptein status by die brigade. Ek waardeer jou liefde en omgee. Ons klink 'n glasie op die volgende 49 jaar!

Nuut: Malmesbury Superspar, onder leiding van eienaar Des Moller, het Vrydag 'n nuwe toevoeging tot die winkel gevier. Inkopiegangers kan nou Marcel's Frozen Yogurt by Malmesbury Superspar aankoop en geniet.

HEINCO die 17de Desember is jy 6 jaar oud!! Ons is oneindig lief vir jou en weet ons Koning Jesus sal jou nog baie jare vir ons uitspaar. Geniet jou verjaarsdag saam met ons. Baie liefde, mamma Roos, pa Heino en boeta Javeson


12

13 Desember 2023

W/A: 076 178 8091 • Tel: 076 178 8091 • Uitgawe 198 • 13 Desember 2023

Swem: Kay-Lee Mouton, leerder aan die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg, het onlangs die Robbeneiland 'crossing' suksesvol voltooi in 'n tyd van 2:16:00. Sy het hieraan deelgeneem om fondse vir Saprec in te samel. Tot op hede het sy reeds R21 000 geïn.

7's-toernooi: Die Never Despair-rugbyklub het die naweek hul jaarlikse Gammat 7's-toernooi op die Dieprivier Sportgronde aangebied. Die span van Young Rebels het as oorwinnaars uit die stryd getree en is met die beker huis toe, tot die volgende toernooi, wanneer hulle hul titel as kampioen sal moet verdedig. Foto's: David Howburgh


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Swartland Joernaal 13 Desember 2023 by Swartland Joernaal - Issuu