10 April Swartland Joernaal

Page 1

10 April 2024 Nuus
• www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 211 Gratis • Free
met 'n verskil W/A en Tel: 061 549 3683
Die Christelike Privaatskool Malmesbury het Saterdag die skool se 21ste wintersportdag aangebied. Altesaam 900 leerders het aan rugby- en netbalwedstryde deelgeneem. Lees meer op bladsy 2. Micah Africa van Malmesbury en tans leerder aan die Hoër Jongenskool Paarl Boys' High, het weer goed presteer by die afgelope naweek se SA-kampioenskappe. Hy het vier goue medaljes ingepalm in die 100m, 300m hekkies, 4 x 100 Aflos en die 'Swedish Relay'.
Nog medaljes vir Micah

Verskillende

6 April die 21ste Wintersportdag

die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) bygewoon. Dit was ‘n reuse sukses.

Omtrent 2 500 mense het die geleentheid bygewoon en ‘n dag van rugby en netbal geniet. Willie Taylor, skoolhoof, het die byeenkoms geopen en die sukses van so ‘n sportdag toegeskryf aan goeie sportmangees en die liefde vir rugby en netbal wat by leerders gekweek word.

Hierdie jaar het 10 skole met 49 rugbyspanne en 56 netbalspanne, wat uit ‘n totaal van amper 900 leerders bestaan het, deelgeneem. Dit was ‘n indrukwekkende vertoning deur skole van onder meer Vredendal, Vyeboom, Leipoldtville, Paarl, Langebaan en Tulbagh.

Albei die CPM o.8 en o.10-netbalspanne het al hul wedstryde gewen, ‘n prestasie waarop die skool trots is.

Die sukses van hierdie sportdag sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes van borge uit die gemeenskap nie. Die skool wil graag

hul opregte dank uitspreek teenoor AFGRI, Agrimark, BVSA, Checkers, Citrusdal Cellars, Devmark Property Group, Flynet, FODB, Food Lovers Markets, Graanland Ingenieurswerke, HCT Konsult, Nedbank, Nova Voere, Rugga Roots, Tip Trans, Tomis Group, The Friendly Farmers Butchery en TyreMart vir hul gewaardeerde ondersteuning.

Die dag het nie net oor sport gegaan nie; daar was ‘n verskeidenheid stalletjies met iets vir almal. Leerders het lekker eetgoed soos die gewilde “chip twister” geniet, en tussen wedstryde deur ook die speelgoedtafel goed ondersteun. Ouers en besoekers is bederf met heerlike koffie, vars pannekoek, pizzas, hamburgers, boereworsrolletjies, vetkoek en pasteitjies.

Die Wintersportdag is gekenmerk deur uitstekende sportmanskap en het ‘n geleentheid geskep vir die vorming van hegte vriendskappe tussen deelnemers. Daar word gehoop dat CPM se 22ste Wintersportdag volgende jaar net so ‘n groot sukses sal wees.

Foto's: Aspatat Fotografie

Atletiek: Duren Baron, 'n graad 7-leerder van die Laerskool Swartland op Malmesbury het vanjaar 'n uitmuntende atletiek seisoen beleef. Duren is nie net die Swartland-, WesBoland en Boland-kampioen nie, maar ook die Wes-Kaap-kampioen in die 80m-hekkies vir seuns o.13. Hy het op 25 en 26 Maart aan die nasionale atletiek byeenkoms vir laer skole in Polokwane/Limpopo gaan deelneem. Bo alle verwagtinge het hy die finaal gehaal en 'n vyfde algehele plek behaal. Duren word deur Joshua Freeman afgerig. Joshua is ook die voormalige afrigter van die Swartlandse goue seun, Micah Africa. Wesbank het sy stempel op die liga behoorlik afgedruk toe hy Porterville 'n goeie rugby-les geleer het op Malmesbury.

Teen rustyd was die telling 17-8 met Wesbank wat die wedstryd gemaklik met 38-15 gewen het en sy plek bo-aan die punteleer verstewig het. Wesbank het die wedstryd teen 'n hoë tempo afgeskop en vroeg reeds tent opgeslaan in Porterville se kwartgebied. Die tuisspan was egter nie klinies genoeg om af te rond en hul dominerende spel in punte te omskep nie. Porterville het voordeel geneem met omgekeerde bal besit en 'n pragtige drie gaan druk om die telbord aan die rol te kry.

Hendrick Matthysen moes kort hierna die veld verlaat, met wat lyk na n ernstige kniebesering, wat die spoedvraat Javier Farmer n geleentheid gegee het om sy terugkeer te maak na hy self op die krukkelys was.

Wesbank het by tye gesukkel in die skrums en was gereeld onkant gevang deur Porterville se vinnige spel, maar die tuisspan se verdediging was rotsvas. Met goeie aangee-werk tussen voor- en agterspelers het die ster skrumskakel Jason Marcus eerste agter die pale gaan kuier vir die tuisspan. Marcus se goeie verdediging en sy ondersteunde spel op die aanval was goud werd vir Wesbank. Jason Marcus het dus 'n speler-van-die-wedstryd-vertoning gelewer. Voorlangs het Tembelani Matiwani groot kopsorge vir Porterville besorg by die afbreekpunte, waar hy gereeld omgekeerde balbesit bewerkstellig het en ook goeie lakwerk op Porterville se groot baldraers. Maxwell Mentoor het ook 'n uithaler wedstryd beleef. In die tweede helfte het die plaasvervangers nuwe vuur in Wesbank geblaas en veral die besoekers in die vaste fasette oorheers.

Die goue skopvoete van Dillon Strydom, Gerdville Coetzee en Romiel Swartz in die sterk wind, het ook seker gemaak Wesbank speel meeste van hul rugby in Porterville se gebied. Wesbank het in die laaste 20 minute die krane oopgedraai en met goeie aangeewerk 'n paar pragtige drieë gedruk. Wesbank reis die komende Saterdag na Wittewater waar hulle Villagers Wittewater die stryd sal aansê. Wittewater is tans onoorwonne op hul tuisveld genaamd “DIE PUT” en sal oorgehaal wees om vir nog 'n opskudding te sorg. Die span het egter verlede week vasgeval in 'n taai wedstryd teen Abbotsdale en weet dat hierdie week nog 'n opdraande stryd sal wees. Wesbank sal wil voortbou op hul momentum en behoort die wedstryd met meer as 10 punte te wen.

Abbotsdale, wat oor Paasnaweek gekroon is as die Therlow Marsh Paastoernooi-kampioene, het verlede naweek gasheer gespeel vir Wittewater op Abbotsdale. Met 3 wedstryde in 5 dae en dan net 'n paar dae om te herstel, was dit van meet af 'n moeilike taak vir die tuisspan. Dit het die afrigters van Abbotsdale genoodsaak om 'n paar verandering te maak aan die beginspan om van die spelers 'n bietjie ruskans te gee en van die spelers te roteer. Met erge winderige toestande, kon beide spanne net nie aan die gang kom nie.

Dit was veral die lynstane wat problematies was as gevolg van die winderige toestande, en dit het die tuisspan se planne in die wiele gery om aan te val.

Abbotsdale het steeds goed aangeval, maar met verbroude kanse en 'n tekort aan kliniese afronding kon Wittewater na rustyd steeds in die wedstryd bly. In die tweede helfte het die tuisspan 'n paar verandering gemaak en voorlangs het Milroy Isaacs en Wesley Dawson goed bal gedra en Abbotsdale oor die gereeld oor die voordeel lyn gekry. Na die einde van die wedstryd het Abbotsdale 3 kanse verbrou om die bonuspunt drie aan te teken. Abbotsdale het egter die wedstryd steeds gewen met 19 – 6. Die tuisspan sal egter tevrede wees met die wedstryd na Wittewater hulle ook goed van hul taak gekwyt het. Abbotsdale sal wil oorslaan na 'n volgende rat wanneer hulle die komende naweek besoek gaan aflê by Moorreesburg. Die tuisspan het die vorige naweek 'n loslooitjie gehad en sy spelers sal goed uitgerus wees vir die naweek. Die tuisspan is ook hoopvol om sy inspirerende kaptein Jaydon Markus terug te hê vir die belangrike wedstryd. Moorreesburg het sover slegs 1 wedstryd gewen wat op sy tuisveld was en is 'n baie moeilike neut om te kraak op sy tuisveld. Dit sal hul motiveer om Saterdag vir 'n opskudding te sorg, wanneer hulle Abbotsdale in 'n naelskraap-wedstryd met minder as 5 punte sal wen.

Good Hopes wie hierdie jaar die groot verrassingspakket is, het weereens 'n sterk klem op die Top 12 geplaas toe hulle Young Eagles van Dassenberg geklop het verlede Saterdag. Voorlangs het Coelin Julius en Johannes Appollis weer die verdediging laat rondstaan met hul kraglopies. Mevilan Telly en Adwirk Dirks het die afbreekpunte gedomineer en verseker dat Good Hopes goeie balbesit bewerkstellig. Agterlangs het Durwin Fortuin, Regan Matala en Lee-Tairo Claasen weereens baie vrae gevra aan Young Eagles se verdediging. Good Hopes het reeds in die eerste helfte sy bonus punt gaan druk. Mishaun Arendse (2 drieë), Andrew Faroa, Regan Matala en Lee-Tairo Claasen het almal onder die pale gaan kuier. Good Hopes sal dus met baie selfvertroue in hul derby-wedstryd teen Riebeek United gaan. Riebeek United het self gesorg vir n skok toe hulle Saron verlede naweek geklop het. Derby-wedstryde tussen die Valley-spanne sorg gewoonlik vir groot opwinding. Good Hopes sal egter wil seker maak sy onoorwonne status op sy tuisveld word behou, wanneer hulle hul buurdorp met meer as 7 punte klop.

In ander wedstryde reis Darling Saterdag na Porterville vol self-vertroue na hulle Never Despair wie tans geweldig sukkel, geklop het. Darling behoort weer te sorg vir 'n oorwinning met meer as 7 punte. Never Despair en Young Eagles sal in die laaste wedstryd die stryd aansê, met die verloorder uit hierdie wedstryd wat die laaste plek op die punteleer sal inneem.

Never Despair behoort hierdie wedstryd te wen met meer as 7 punte. Saron geniet n loslootjie die komende naweek.

Nuut: Die span van Curtain & Linen, wat onlangs op Malmesbury geopen het, sien daarna uit om besoekers te ontvang. Besoek gerus die winkel in Loedolfstraat 1 vir beddegoed, linne, gordyne en meer.

2
skole uit die omgewing het Saterdag van
Kookwaterrugby opgedis in Groot Uitdaag-liga
CPM hou 21ste sportdag

Sharon Ziegers: Leerder, na onnie tot skoolhoof

Sharon Ziegers is onlangs as die nuwe skoolhoof van St Thomas Primêr op Malmesbury aangestel.

Sy was voorheen by die skool betrokke as leerder, toe onderwyser en nou skoolhoof.

Sy is sedert 1995 as 'n opvoeder by die skool betrokke en het nog altyd 'n passie vir die onderwys gehad.

"Ek glo dit dra krag om lewens te verander en het 'n direkte invloed op die vorming van toekomstige leiers."

Sy glo ook dat 'n skool 'n veilige plek vir leerders moet wees.

Ziegers onderrig tans huistaal, maar het 'n voorliefde vir wiskunde.

Die transisie van onderwyser na skoolhoof is vir haar 'n groot stap.

Ziegers was voorheen ook departementshoof, voor sy twee jaar waargeneem het as skoolhoof.

"Dit bring uitdagings, verantwoordelikhede en vereis 'n nuwe benadering tot leierskap en bestuur".

Sy is baie dankbaar vir haar sterk span personeel en hul ondersteuning gedurende die oorgang tot skoolhoof.

"Ons het 'n oop deur-beleid vir personeel en ek maak seker daar is altyd 'n atmosfeer van ontvanklikheid vir enige voorstelle of bekommernis want ons leuse is, saam kan ons meer bereik," vertel Sharon.

Sy glo die sukses van 'n skool word deur die samewerking van sy personeel, ouers en leerders bepaal.

Na jare in die beroep en die rimpel-effek na Covid19, voel sy die WKOD kan skole beter bystaan deur administratiewe prosesse te verminder, "sodat onderwysers meer tyd en energie aan hul primêre taak wat onderrig is, kan bestee".

Sy sal graag wil sien dat meer onderwysers aangestel word, aangesien daar oorvol klasse is en dit stremming op opvoeding plaas.

Ziegers wil graag 'n leerkultuur terug bring.

As sy nie by die skool is of tyd met haar man en twee kinders spandeer nie is sy in die gimnasium om bietjie stres te ontlaai.

Die Malmesbury Tennisklub het die eerste helfte van die 2024 tennisseisoen op 'n hoogtepunt afgesluit. Die klub het 2 mans - en 2 vroue-spanne wat meegeding het in die Suid Boland Tennis Unie liga. Alhoewel die Mans A span ses van sy sewe wedstryde wen en een gelykop, was dit nie genoeg om die liga te wen nie en eindig tweede met 'n enkele stel. Paarl Hugenote het hierdie betrokke liga gewen. Die Mans B span sluit die seisoen onoorwonne af en wen hul afdeling op 'n draf stap. Die Dames A en B spanne eindig albei 4de in hul betrokke ligas.

10 April 2024 3
"Ek sal naweke saam my vriende gaan stap en aan parkruns deelneem, ek is lief vir die natuur en 'n bietjie avontuur," vertel sy. Bo is Blanche Matthee, Alta Grundlingh, Melissa Tharratt en Janine Coetsee. Onder is Blanche Matthee, Melissa Tharratt, Janine Coetsee en Jessie Liebenberg. Bo is Glenn Fitchet, Divann Robertson, Eben Schellink en Braam Isaacs. Onder is Kristoff Isaacs, David Isaacs, Llasszzll Lategan en Jean le Roux.
Tennisklub sluit op hoë noot af

Jaco Swart Staalwerke vier 25 jaar van betroubaarheid

Die interessante EFT-hek wat Jaco Swart gemaak het.

'n Kwarteeu gelede het die onderneming Jaco Swart Staalwerke die lig gesien.

Die onderneming het in Wandelstraat 21, by die ouerhuis van Jaco Swart, begin.

Die eerste professionele werk wat gelewer is, was vir die buurman, Mnr Louw.

Toe skielik het die volgende buurman ook kom aanklop vir ysterwerk en so het die besigheid gegroei van buurman tot nou 'n bekende gesig en deel van talle huise en ondernemings se struktuur.

Aanvanklik was dit net Jaco Swart en sy pa wat die onderneming beman en bedryf het en al die werk gedoen het.

Hulle het egter so vinnig gegroei, dat hulle spoedig hulp moes inroep.

Vandag is hulle vier-stuks sterk.

Een van die interessantste hekke wat hulle gebou het, was die van die Thompson-gesin op Malmesbury, EFT.

Jaco onthou goed die uitdagendste hek wat

hulle nog moes bou. Dit van Barnie van der Walt van Durbanville.

"Ons het die hekke hier gebou, maar toe dit klaar was, was dit so groot, dat dit nie by die deur kon uit nie," vertel Jaco.

Daar is toe planne gemaak, gemeet en gepas, maar die hekke het wel hul staanplek in Durbanville gevind.

Vir Jaco is dit belangrik om altyd die beste diens en produk te lewer. Hy streef daarna om die onderneming uit te brei en te laat groei en om dit 'n sukses te maak.

"My pa het altyd gehelp met die kantoorwerk, maar sy gesondheid het so 'n bietjie van 'n draai geneem en nou probeer ek dit ook te doen en dit is nogal 'n groot uitdaging," vertel hy.

Jaco Swart Staalwerke se hekke, deure en meer is oral in die Swartland te sien en hy hoop om die onderneming nog hoër hoogtes te laat bereik.

Kontak hulle vandag!

10 April 2024 4 Veels geluk AAN JACO SWART STAALWERKE MET DIE GROOT MYLPAAL. MAG DAAR NOG VELE WEES!
VAN BRANDSTOF, SMEEROLIES EN GHRIES Tel: 022 482 21133 | aburger@megaserve.net
geluk aan Jaco Swart Staalwerke met julle verjaarsdag.
julle van krag tot krag gaan.
VERSKAFFER
Baie
Mag
Hulle vervaardig ook motorhuisdeure.

Impak van droogte en hitte op graanprodusente

Suid-Afrika is vanjaar deur ’n ernstige droogtekrisis in die gesig gestaar wat deur uiterste hittegolwe vererger word – en die land se graanprodusente onder geweldige druk laat wankel het.

Die versengende temperature en langdurige droë periodes het landbougrond verwoes en beide ontwikkelende en kommersiële produsente ernstig geraak.

Met finansiële druk wat toeneem as gevolg van verlaagde opbrengste en stygende produksiekoste, doen die Suid-Afrikaanse graanbedryf ’n dringende beroep op die regering vir ondersteuning en bystand om die las op produsente te verlig.

Die huidige droogte wat Suid-Afrika teister het landboutoestande tot hul uiterste gedruk.

Die meedoënlose hittegolwe, tesame met wisselvallige reënvalpatrone, het landerye uitgedroog, wat dit droog en kliphard laat.

Graanprodusente, wat die ruggraat van die land se landbousektor vorm, het ’n opdraande stryd terwyl hulle sukkel om die vernietigende gevolge van die droogte die hoof te bied, met sommige produsente wat minder as 50% van hul gemiddelde reënval in die huidige seisoen ontvang het.

Dit is boonop in ’n bedryf wat reeds ’n negatiewe groei in bruto binnelandse produk (BBP) vir die laaste twee kwartale ervaar het, wat landbou in ’n tegniese resessie plaas.

Graan- en oliesade vorm deel van 70% van alle voedsel en het dus ’n groot vermenigvuldigingseffek oor verskeie bedrywe.

Die finansiële druk op graanprodusente het verreikende implikasies, nie net vir hul eie

lewensbestaan nie, maar ook vir Suid-Afrika se BBP.

Dit is dus uiters belangrik – en in landsbelang – dat produsente bygestaan word om die droogtesiklus finansieel te oorleef.

“Die snikhete temperature het gelei tot verlaagde opbrengste en kwynende winsmarges en bedreig die lewensvatbaarheid van totale bedrywighede.

"Baie kommersiële produsente worstel met die vooruitsig van oesmislukkings en finansiële verliese, wat die druk op hul besighede verder vererger,” het Derek Mathews, Graan SA-voorsitter, gesê.

Hierdie impak is ook meer opmerklik onder ontwikkelende produsente, wat dikwels nie die finansiële hulpbronne en infrastruktuur het om sulke teëspoed te weerstaan nie.

Beleggings wat in die ontwikkeling van die landbousektor gemaak is, word afgeskaal weens die ramp van die droogte.

Met hul lewensbestaan wat in die weegskaal hang, en geen manier om die risiko te versag nie, moet hierdie produsente ernstige finansiële beperkings trotseer en sukkel om hul plase aan die gang te hou te midde van kwynende hulpbronne en toenemende skuld.

“Die huidige toestande beklemtoon die realiteite van landbouproduksie en die impak van klimaatstoestande op voedselsekerheid en -pryse vir Suid-Afrikaners, maar ook die Suider-Afrikaanse gemeenskap.

"Landbouprodusente is tans besig met finansiers en landboubesighede om te verseker dat hulle in die volgende seisoen produksie kan hervat. Dit is egter duidelik dat ’n aantal produ-

sente in ernstige nood verkeer en ondersteuning sal benodig om die volhoubaarheid van ons voedselproduksiesektor te verseker,” het dr Tobias Doyer, Graan SA-HUB, gesê. Met inagneming van hierdie uitdagings doen die Suid-Afrikaanse graanbedryf ’n dringende beroep op die regering vir ondersteuning en bystand.

Onmiddellike optrede is nodig om finansiële bystand te verskaf deur middel van ’n landbourampfonds, toegang tot bekostigbare kredietoplossings en bekostigbare inkomsteversekering, wat produsente in staat sal stel om die krisis te deurstaan en hul bestaan te onderhou.

Bron: SA Grain Mag

10 April 2024 5 Saadverskaffer van Koring, Lupine, Weiding, Mielies , Sojas, Sonneblom, Graansorghum Stephan de Wet | 076 958 9738
Voorspoed met planttyd in die Swartland. Ons sien u it na ‘n suksesvolle oesjaar!

GELUKWENSING

Congratulations

9 April – ADIEU - Op hierdie dag wil ons vir jou gelukwens SETTLE met jou 16de geboortedag vieringe. Mag daar nog vele wees. God seën jou, geniet jou dag ten volle ons

jongman. Lief vir jou. Van: Pa en Ma

12 April - HAZELDENE WILSON – “Happy birthday” my ma. Jy moet lekker verjaar. Lief vir

jou. Van: Hayden MEMORIUM In Memoriam

7 April – LENIE - 8 Jaar gelede het u ons verlaat. Kon dit nie verwerk nie, maar ons gaan aan met die lewe. Mis jou nog baie. Van: Ma, 2 susters, Sampie en kinders

April 2024 6
10
WE SPECIALISE IN: Network Cabling | Voice Interfaces | DSTV Setups | CCTV | Intercom Protocols | Air-Conditioning | Electrical Fencing | Electrical Cabling as well as Home Improvements SN Solutions (Pty) Ltd Stanford Africa 083 929 2640 | 076 895 3455 standford.africa.yahoo.com
10 April 2024 7
W/A: 061 549 3683 • Tel: 061 549 36831 • Uitgawe 211 • 10 April 2024 Plaaslike deskundiges vir die oprig en verskaffing van ‘vibracrete’-mure. 082 059 4325 083 321 9357 Epos: kitsmure@cornergate.com KITSMURE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.