Skip to main content

Kommuniek September 2011

Page 1

kommuniek

74

Christel Steenkamp Griekwastad

vroue

beklemtoon dat vrouesake, pyn en armoede nie kleur het nie, dat niemand sy herkoms kan ontkom nie en daarom altyd moet onthou waar hy vandaankom, sy naaste moet help en onthou dat hulpverlening nie ver hoef te wees nie, maar dat dit veel makliker is om ver as naby te help.

Sy het onomwonde verklaar dat vroue ons mooie land kan verander deur nie te wag vir die kerk of regering nie, maar deur dadelik self te begin. 'n Projek in samewerking met Kansa is bo verwagting goed deur lede ondersteun. Altesaam 18 118 breiblokke waaruit 536 komberse gemaak sal

word, is tydens die kongres aan Kansa oorhandig. VLVK Kongres 2011 was 'n inspirasie vir elke kongresganger, 'n aansporing om steeds meer betrokke te raak, en die bevestiging van ons verbintenis as vroue om br没e in ons eie gemeenskappe te bou.

25 Augustus 2011

Beste GWK-aandeelhouers Namens die Vrouelandbouvereniging van Kaapland innige dank aan elke aandeelhouer van GWK vir die skenking van Landzicht-wyn wat ons te koop kon aanbied tydens die pas afgelope VLVK-kongres te Villiersdorp met 350 kongresgangers. Die inkomste word aangewend om die onkoste te help dek van Huis en Haard, die amptelike VLVK-nuusblad, wat sedert 1952 uitgegee word. Ek was trots en bevoorreg om die Landzicht-wyn tydens die kongres bekend te stel, omdat dit 'n uitstekende produk van GWK is en dus as 'n baie goeie advertensie dien! Ons kon ook die Wes-Kaapse landbouleiers wat by die kongres opgetree het, soos Gerrit van Rensburg, minister van landbou en landelike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, en Johan Ehlers, hoof- uitvoerende beampte van Agri-Expo, deur die oorhandiging van GWK/VLVK-wyn bedank vir hul bydraes. Dit is die ideale geskenk! Ek wil ook VLVK se dank betuig vir die borgskap vir die opgradering en vernuwing van Huis en Haard. GWK het dit moontlik gemaak dat Huis en Haard 'n leier geword het in die veld van glansnuusbriewe van die vroue organisasies in SA!

DIE VROUE-LANDBOUVERENIGING VAN KAAPLAND CAPE WOMEN'S AGRICULTURAL ASSOCIATION

besondere verbintenis te kan h锚! Ons VLVK-lede, wie se mans lid is van GWK, is baie trots op GWK en al die VLVKlede kan met trots getuig van die sukses en vooruitgang van VLVK met die ondersteuning van GWK! Vriendelike VLVK-groete

Erika Lubbe VLVK-president

Die boervrou is haar man se vennoot in die landbou, alhoewel sy nie 'n salaris trek nie! Sy kry swaar as hy swaarkry en sy kry mos maar uiteindelik die gordyne vir die sitkamer as die mielie-, koring- of vleispryse goed is. Die vrou is betrokke op die plaas as deel van haar dagtaak. Dit is sy wat die rantsoene by GWK gaan koop, die plaaswinkel hou, die parte gaan haal, die lone doen, die werkers vervoer, toesig hou, die telefoon beman, die plaaskantoorwerk doen en saam met haar man boereverenigingvergaderings bywoon. Sy kry ook die geleentheid om haarself met kennis te bemagtig en kan deur die VLVK diens lewer aan die gemeenskap. Kortom, die VLVK-vrou loop hand aan hand met die boere in Suid-Afrika, want sy word as verbruiker bewus gemaak van landboutoestande en daarom is dit vir VLVK 'n wonderlike eer en voorreg om met so 'n uitsonderlike landbouleier en landboubesigheid soos GWK s贸 'n

die kommuniek

Die etiket op die Landzicht-wyn is 'n voorstelling van VLVK se hoofkantoor, Jubileumhuis in Dorpstraat 126, Stellenbosch. Dit is 'n nasionale gedenkwaardigheid en is geskilder deur die bekende Suid-Afrikaanse skilder, Pieter van der Westhuizen.

September 2011


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook