Page 1

KALFIEFEES

2021

23 - 26 SEP

HERMANUS

jaar OUDITORIUM - HERMANUS

• DE WETSAAL - ONRUSRIVIER


Waarna om na uit te sien by Kalfiefees 2021 4 6

Boodskap van die Burgemeester

3

Kalfiefees word mondig Boodskap van die Kalfiefees voorsitter

Vroue Geleentheid

8 Vlindervrou

Drama

10 10 12

Hermanus Artwalk Komedie

14 14 15 15

DowweDolla: Nou of nooit Kamp Monkey nuts Marion Holm

Musiek

16 18 19

Die dinge van ‘n kind Beet

23

Koos Kombuis Kaalvoet Mona Lisa met Jak de Priester Valiant Swart

Ander bedrywighede

Dagprogram Ons borge

www.kalfiefees.co.za

Vind ons op Komiteelede Jimmy Hattingh Anna Spaarwater Thys Sutherland Hester Finberg Louise van Zyl Mari Nel Paul van Jaarsveld Peter van Schaik Loanda Fourie

Tydskrif ontwerp SPLASH Media

www.splashmedia.co.za

20 Discussion with André de Ruyter 21 Boekbesprekings: Jan van Tonder – “Verevrou” Chanette Paul – “Marilyn” as een van ’n trilogie Lien Botha Petrovna Metelerkamp 22

Kalfiefees De Wetsaal Roos straat Onrusrivier Tel: 071 801 0687

jaar •

Die voorblad is ontwerp deur Michael Muller. Aan die begin van die Kalfiefees, 21 jaar gelede, het hy die logo van die klein walvissie ontwerp. Hy was toe werksaam by die Hermanus Times en later by Media 24 in Kaapstad gevorder het tot Kunsredakteur van Die Huisgenoot en YOU. Hy werk nou in die Paarl en ons sê dankie dat sy logo nog steeds kenmerkend van die Kalfiefees is!

Daag asb vroegtydig op by vertonings. Gedurende Kalfiefees en by alle vertonings word COVID REGULASIES vereis en sal streng toegepas word. Geen toegang sonder maskers. Sosiale afstand moet gehandhaaf word. Sanitasie van hande sal gedoen word. Alle sitplekke is onbespreek. Kaartjies beskikbaar by


Boodskap van die Burgemeester. Hierdie kalfie het voorwaar sy kinderskoene ontgroei. Maar net soos met enige jongeling, het dit baie liefde, toewyding en ‘n ferme hand gekos om hom tot volwassenheid te begelei. Juis daarom wil ek die organiseerders en borge gelukwens met die mondigwording van hierdie uitblinker op Overstrand se jaarlikse kalender: Julle liefde vir die kunste, puik organisasievermoë en bereidwilligheid om die Overstrand as ‘n bestemming vir teaterliefhebbers te bemark, verdien die hoogste lof. It would be remiss of me if I do not extend a special word of encouragement to those who actually make all of this possible: The performers. We are but all too aware that Covid-19 and its aftermath had a devastating impact on your livelihoods, yet you forged on. That, in my opinion, speaks of true dedication and we thank you for that. Hoe wonderlik is dit nie om ná ‘n tydperk van “ontneming” weer terug te Dudley Coetzee kan sit en vir ‘n oomblik te verdwaal in die wonderwêreld van die kunste nie? Indulging in the arts is, indeed, a healthy form of escapism from the hard realities of the world out there, especially against such a beautiful backdrop – one fringed by the ocean and encircled by rugged mountains bedecked in fynbos. Verken gerus die omgewing, knoop ʼn geselsie aan met iemand wat jy lanklaas gesien het en gaan geniet ʼn tydjie saam in een van ons talle kuierplekke, maar – en dit is groot maar – moet asseblief nie julle waaksaamheid verslap nie. Wear a mask, wash and sanitize your hands and keep your social distance. As local authority, Overstrand Municipality is doing all it can to ensure your safety but, in the end, it is up to you to act responsibly. Geniet die fees en ons sien daarna uit om julle volgende jaar weer hier te verwelkom.

3


Kalfiefees word mondig. Die stigtingsvergadering van die Hermanus Times Kalfiefees is op 25 Januarie 2001 in die kantoor van die koerant se bestuurder, Jean le Roux, gehou. Twee bekende figure in die dramawêreld was die dryfvere agter die fees: Cas van Rensburg en Niel le Roux – hulle sou weldra die fees deur die eerste paar wankelrige jare lei, terwyl die Hermanus Times onderneem het om die hoofborg te wees. Die naam Kalfiefees is Niel se skepping, deels diplomaties uitgedink om nie die organiseerders van die Walvisfees te laat voel ons probeer hul kollig steel nie. Die Kalfiefeeslogo – ’n klein walvissie met ’n fopspeen in die bek – is deur die koerant se grafiese ontwerper, Michael Muller, geskep en word vandag nog gebruik. Die fees sou elke jaar oor die langnaweek tydens Vrouedag op 9 Augustus gehou word, met die historiese De Wetsaal in Roosstraat op Onrusrivier as middelpunt. Niemand het aanvanklik besef Augustus is eintlik nog winter MC Botha nie, met die gevolg dat die grootste “drama” van die eerste paar Kalfiefeeste storm noordwesters was wat die markies-feestent langs die De Wetsaal omgewaai het, met gepaardgaande kragonderbrekings. Gelukkig kon gesoute spelers soos Lizz Meiring, Sandra Prinsloo, André Stolz en Paul Luckhoff daarvoor sorg dat kom wat wil, “the show must go on”. Die gehoor het knus ingeryg bly sit op honderde opgestapelde leë bierkiste wat die ganse ouditorium van die saal uitmaak en net betyds vir die fees se gala-opening die vorige aand klaar gebou is. Drama van ’n ander aard tydens daardie eerste fees was Jacques Batista se Have You Heard The Seagull Scream? waarin hy nakend oor die verhoog dans. Op grond van die programaankondiging het 15 plaaslike kerkleiers in ’n sterk bewoorde brief in die Hermanus Times gepoog om ’n stokkie voor die opvoering te steek, tevergeefs. Die sukses van die fees as geheel het ongetwyfeld agter die skerms afgespeel: om by nul te begin, was geen grap nie en die reël van nie net al die vertonings nie, maar ook die prestige Vrouedagete, verblyf vir die spelers, kaartjieverkope, die oprigting van klanktoerusting en wat nie nog als nie, het ontelbare ure van bloedsweet van nie net die komiteelede geverg nie, maar ook ’n horde vrywilligers, waaronder al die personeellede van die Hermanus Times. Wat die praktiese sy van sake betref, was ’n gesoute Onrusser, Willie Smit, onmisbaar. Skaars het die laaste gordyn gesak of die komitee kom reeds byeen om 2002 se fees te beplan. In die vooruitsig word gestel ’n omvattender kinderprogram, ’n plaaslike toneelstuk, Perlemoenstories, en hoe lyk die moontlikheid van ’n optrede deur die Kaapstadse simfonieorkes in die Onrus NG Kerksaal? Dié alleen sal R30 000 kos, maar Cas sê hy sal die Wes-Kaapse regering nader vir ’n borgskap. In Maart die volgende jaar kondig Cas aan dat premier Peter Marais R50 000 voorwaardelik beloof het, maar weens ’n seksskandaal ’n paar maande later bedank Marais, en daarmee verdwyn die potensiële R50 000. MTN onttrek ook as borg. “Ons finansies is haglik,” kondig Cas op 1 Junie aan; Niel waarsku dat kunstenaars gaan onttrek as hulle gedwing word om op Hermanus te speel vir minder as elders, terwyl Augusta Marshall sê Hawston is versplinter oor deelname aan die fees. Dae voor die fees moet begin, lyk sake darem rooskleuriger: Insig borg weer die tent, ’n anonieme donateur skenk R40 000 en kaartjieverkope begin loop. Vir die tweede jaar in ’n ry is die wa deur die drif getrek. Die voorblad van die 2003-feesprogram kondig groot aan: 7-10 Augustus op Onrus en Hawston, wat die doelwit van die feeskomitee duidelik uitstippel: om Afrikaanse teater Hawston toe te neem, maar ook toneeltalent daar te ontgin. In dié verband sou die hulp van Anthony Wilson en Karin Daniels oor die jare onmisbaar wees, waaruit sterre soos Helen Swartz en Sherman Pharo weldra gebore sou word. 2003 was ook Onrus se eeufees, en heel gepas is die bekende egpaar van die buurdorp Vermont, Jan Rabie en Marjorie Wallace, deur die fees vereer met die toneelstuk Jan en Jorie onder regie van Juanita Swanepoel. Dit is geborg deur die Overstrand munisipaliteit, wie se nuwe ouditorium in die daaropvolgende jaar luisterryk ingewy is met die Kalfiefees-opening van Stories van die Overberg met 4


Trix Pienaar en Sandra Kotzé en Tussen Hemel en Aarde van Charles Fourie. In 2005 het my toneelstuk Klein Saterdag gedebuteer, en behalwe vir die veteraan-akteur Gavin van den Berg is die rolverdeling uit die personeelkorps van die Hermanus Times saamgestel. Die maklikste rol daarin het ek vir myself uitgehou: dié van dorpsidioot. Oor die jare het boekbekendstellings en boekvoorlesings deel van die feesprogram uitgemaak: daar was ballet, opera, koorsang, voordrag en die Baardskeerdersbos boere-orkes, asook immer gewilde kuier venues en gespreksessies waarin netelige ekonomiese en politieke kwessies aangepak is deur bekende openbare figure soos Carel Boshoff, Max du Preez, Theo Vorster, Pieter Mulder en Mosiuoa Lekota. Die hoofborge vang altyd die kollig, maar sonder die bydraes van wellewende plaaslike sakelui sou die fees nie jaar na jaar die mas bly opkom het nie. Groot dank is aan al dié verskuldig. Wat gehalte vermaak betref, staan die Kalfiefees nie terug vir groter feeste nie. Dieteenwoordigheid die afgelope twee dekades van haas elke groot naam in die teater- en vermaakbedryf is bewys daarvan. Dié name sluit nie net Afrikaanssprekendes in nie, want daar word jaarliks gepoog om ook ander taalgroepe te betrek. Feeskomiteelede het gekom en gegaan, maar een staan uit soos ‘n paal bo water: Anna Spaarwater wat al vir die afgelope 18 jaar lid is. Wel gedaan! Laaste maar miskien nie die minste nie, is die jaarlikse oorhandiging van ’n handgemaakte Kalfiefees keramiekteël aan ’n Overbergse kunstenaar, skrywer of toneelspeler vir dié se bydrae tot die uitvoerende kunste. Die teël pryk daarna permanent in die De Wetsaal. Die eerste ontvanger was Uys Krige, die laaste Marlene van Niekerk en in hierdie en al die ander se deurlugtige spore volg die uwe, boonop in die Kalfiefees se 21ste of mondigwordingsjaar. Ek aanvaar dit met nederigheid en dankbaarheid. MC Botha het as redakteur van die Hermanus Times en as feeskomiteelid die geboortepyne van die Kalfiefees meegemaak.

Making Age and Beauty your Best Friend Skinvestments: Medical Facials and Peels. Skin Laser Body Slimming and Firming. Laser Hair Removal Micro-needling Facial Rejuvenation Medical Aesthetics: Bo*tox. Dermal Filler. Threads Leg Veins. Hair Loss Bookings and Enquiries, call +27283164122

COOL . CALM . CONFIDENT We are COVID 19 Compliant.

5


Boodskap van die voorsitter. Hoe wonderlik is dit om weer fees te kan vier na ‘n jaar waarin die teaterligte gedoof was! Hierdie jaar is die 21ste herdenking van die Kalfiefees. Dankie aan al die borge, donateurs en teatergangers vir u volgehoue ondersteuning. Borge en besighede wat hulle harte oopmaak en die Kalfiefees ondersteun dra by tot die ekonomiese insette wat die Kalfiefees jaarliks aan die Overstrand en Walvisroete bring. Feesgangers kan uitsien na uitstaande teater- en musiekproduksies. Dit spyt ons dat daar hierdie jaar geen afsonderlike kunsaanbieding sal wees nie, maar die gewilde Hermanus Art Walk sal elke aand gedurende die feestyd oop wees.

Jimmy Hattingh Baie welkom aan al die kunstenaars wat hul beste produksies van elders in die land na Hermanus bring. Of dit nou jou eerste Kalfiefees is, of nie, geniet die feesprogram, die walvisse en die wonderlike gasvryheid van Hermanus met sy uitstaande restaurante en verblyfplekke. My wens is dat almal ‘n wonderlike Kalfiefees 2021 beleef. Onthou om jou masker te dra en afstand te hou. Sien jou in die voorportaal! Jimmy Hattingh Voorsitter - Kalfiefees

YOUR ONRUS HERMANUS KLEINMOND GANSBAAI STANFORD NAPIER 6

y l i OUR CARE m a F PROPERTY 028 316 2980 028 050 2233 028 271 3552 028 050 2233 028 050 2233 028 423 3201

! n o i s s a P is our

We love what we do, and we’re great at it, too https://hermanus.harcourts.co.za


Vroue geleentheid VLINDERVROU

(120 min.)

“Die vrou dra ‘n diamant in haar hart, wat in duisend weerkaatsings vertak. Sy verlig die soms somber lewe, in ’n kaleidoskoop van kleure. Die patroon veilig in haar binneste bewaar. Kyk vlugtig - dalk sal jy haar vlerke gewaar...” Vlindervrou is ’n kunservaring waar musiek en digkuns vrouwees vier. Dit word aangebied deur twee vriendinne wat hul kunsvorms saamsmelt om ‘n unieke vertoning te lewer. Nadine Claasen en Anneline Hugo Twee plaaslike dames. Nadine Claasen skryf gedigte en Anneline Hugo maak musiek. (Ontbyt met ‘n glas sjampanje is ingesluit.) KLIEK OM TE BESPREEK

Vrydag, 24 September - 10:00 The Wine Glass, Harbour Road, Hermanus R195 Geskenk pakkies geborg deur The Real You

warwicks@hermanus.co.za 083 978 3942

Hermanus

Applications for the 2022 course intakes are open One Year Diploma Programme

•••

9-Months Part Time Certificate Programme

Enrol now for one of our Internationally Accredited Culinary Programmes Giving you a Professional Start to a Creative Future www.warwickschefschool.co.za

8


WHERE EVERY DAY IS A HOLIDAY Hermanus luxury living, retirement, residential & retail property in the whale-watching capital of the world

PRICED FROM R998 000

Exhibition Hermanus, Whale Coast Mall, Entrance 3

24-26 September

072 091 3409 | www.dezandt.co.za


Drama DIE DINGE VAN ‘N KIND deur Marita van der Vyver en verwerk deur Francois Toerien (90 min.) “Stick with me baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê al die pad.” Mart se opwindende, maar ook ontnugterende woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfdood speel af teen die 70’s se era van politieke leuens en die grensoorlog. ‘n MOET vir feesgangers. Speler: Cintaine Schutte Regie: Nicole Holm Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Klankbaan: Schalk Joubert Vrydag, 24 September - 16:00 Ouditorium GEEN 0/16 (T & S) R160 Geborg deur Dagbreek Trust

KLIEK OM TE BESPREEK

Verblyf geborg deur Windsor Hotel

BEET deur Braam van de Vyver (65 min.) Beethoven sou in 2020 250 jaar oud gewees het. Nou bring die opwindende nuwe talent, Ben Pienaar, vir Ludwi – Beet, soos sy vriende hom noem – skitterend na die verhoog. Beet is ‘n aangrypende viering van die boheemse musikale genie wat doof geraak het, se lewe. Speler: Ben Pienaar Regie: Johan van der Merwe Vervaardiger: Planet Blue Verblyf geborg deur Sixteen Guesthouse

Sondag, 26 September - 10:00 Ouditorium GEEN 0/12 R140

KLIEK OM TE BESPREEK

Daag asb vroegtydig op by vertonings. Gedurende Kalfiefees en by alle vertonings word COVID REGULASIES vereis en sal streng toegepas word. Geen toegang sonder maskers. Sosiale afstand moet gehandhaaf word. Sanitasie van hande sal gedoen word. Alle sitplekke is onbespreek. Kaartjies beskikbaar by 10


HERMANUS TOURISM Hermanus Tourism Bureau hermanustourism www.hermanustourism.co.za infomanager@hermanus.co.za 25 Mitchell Street 079 492 1949 | 028 312 2629 #VisitHermanus

biga

sOMER IS OPPAD! Ons nuwe winkel is gepak met alles vir Somer, selfs kitare vir om ‘n kampvuur. Ons is oop 7 dae ‘n week.

Artisan Bakery & Cafè

028 - 125 0188 | info@bigabakery.co.za | www.bigabakery.co.za 12 Village Lane, Hornbill House, Hemel & Aarde, Hermanus. 7200

Bay Haven 2, Hoofstraat 163, Hermanus

Beskerm jou besittings

Indien jy enige van jou besittings as gevolg van verlies, diefstal of skade moet vervang, kan die regte versekering jou gemoedsrus gee. Ons sal ’n volledige oorsig van jou korttermynversekeringsbehoeftes doen om seker te maak dat jy korrek verseker is. Geboueversekering Huishoudelike versekering

Motorversekering Alle risiko-versekering

Kontak my vir professionele korttermynversekeringsadvies.

Antonie Prinsloo

Senior Finansiële Beplanner 028 316 1338 082 494 6393 antonie.prinsloo@sanlam4u.co.za

Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

11


ARTWALK HERMANUS

Hermanus’s reputation as an art destination has grown, so too has the number of art venues and there are now twenty three participating galleries; all within easy walking distance of one another. For this year’s September event, the Hermanus ArtWalk galleries are proud to be associated with Kalfiefees. Given the large number of galleries, there is a correspondingly remarkable range of fine art and craft on exhibit – original oil paintings, acrylics and watercolours, ceramics, photography, sculpture, fine prints and bespoke jewellery, all of these feature in many of the venues. Some of the galleries are also the home studios of working artists and guests are able to engage with artists and gallerists. On any given day, to walk from Originals Gallery on Harbour Road (gallery number one on the Artwalk map) to Intethe Gallery on High Street, takes no more than ten minutes. On the first Friday of each month we host the Hermanus First Fridays ArtWalk to encourage an evening visit to the galleries, a chance to meet up with friends in a relaxed and sociable environment and enjoy the work on exhibit. On the evening of the ArtWalk, all twenty three galleries remain open until 8pm.

Hermanus First Fridays Artwalk

Information 083 259 8869/072 367 4025


15 14 13 12 11 10 9 8 7 6 5 2 R OU

RB

HA

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11

R

D OA

3

4

1 INE

MAR

16 22

WHALE 23 MUSEUM

MAIN R OAD

21 20 17 18

19

HIGH ST REET

E

DRIV

ORIGINALS ART GALLERY manZAr t GALLERY THE SPENCER CONTEMPORARY ART GALLERY ROSSOUW MODERN Y U LYA A R T G A L L E R Y C H A R M A I N E D E J O N G H G E L D E R B LO M L E M BU G A L L E R Y M A LC O L M B O W L I N G A R T S PA C E M O D E R N S PA C E C U R AT E D ART@AFRICA-HERMANUS

12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23

FYNARTS GALLERY G E TA F I N L AY S O N A R T S T U D I O THE stART ANDREESART MAKIWA MODERN PURE SOUTH W A L K E R B AY M O D E R N A R T INTETHE GALLERY GALLERY 19 ART THIRST P H OTO G R A P H I C S O C I E T Y HERMANUS ART CIRCLE


beleggingsadvies Komedie Omvattende profes beleggingsadvies ONRUS APTEEK EN KLINIEK Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

DOWWE DOLLA: NOU of NOOIT Ons is trots op ons assosiasie met die Kal PRINTING & SIGNS Met Margit Meyer-Rödenbeck en Portefeuljebestuur en Aandelemakelary Coenraad Rall (op klavier) (80 min.) HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 | Postnet Suite 116, Privaatsak X1

“Wokeness” staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Magnoliastraat 10 Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot. Eskom se volgende reddingspakket is ‘n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop nou ratel-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ‘n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosozana het haar koebaai-waai effe vertraag, maar Dolla sê: vang my nou op stage of nooit! The vultures are circling above, SAA is on Mayday, Tito is trying to Veto, Cyril is stuck in the middle, cause Ace is still running the place, Woolies is selling Hyena friendly Honey, Dolla celebrates 21 years in the industry and Ouma Dowe Dolla is coming for the birthday celebrations ... all of which means South Africa is in bigger trouble than we all thought… “Things will have to change my broer. dis Nou of Nooit!” Teks en regie: Jurgen Human Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowwe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie. Saterdag, 25 September - 19:00 KLIEK OM TE De Wetsaal BESPREEK GEEN 0/16 (T) R160 Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase.

KAMP Met Deon Lotz en Brendon Daniels Deur Ferdinand Bekker (70 min.)

Verblyf geborg deur Whale Coast Hotel Verblyf geborg deur Windsor Hotel

Godrich en Claassen gaan kamp. Nie sommer op enige plek nie, maar in die afgeleë wildernis. Wat kan dan nou lekkerder wees? Hulle kan nou hulle sorge agterlaat en een met die natuur wees. Maar gesoute kampeerders weet mos dinge verloop nie altyd seepglad nie. Is die vuurhoutjies ingepak? Wat as daar geluide in die nag is? Twee manne alleen in die wildernis, wat op aarde kan dan nou verkeerd loop? Regie: Gaerin Hauptfleisch Vervaardiger: Stercus produksies Saterdag, 25 September - 13:00 Ouditorium R150 14

KLIEK OM TE BESPREEK


Komedie MONKEY NUTS With Matthew Ribnick (70 min.) Monkey Nuts is a theatrical comedy from celebrated actor Matthew Ribnick and acclaimed writer/director Geraldine Naidoo, the creators of the hugely popular Hoot and The Chilli Boy. Monkey Nuts has been acknowledged by critics countrywide as one of South Africa’s most cleverly crafted and funniest plays. It received the prestigious Naledi award for “Best Comedy Performance” and has enjoyed countless standing ovations from hugely satisfied audiences.

KLIEK OM TE BESPREEK

Verblyf geborg deur Hermanus Guesthouse

The play sees Ribnick portraying numerous Saturday, 25 September - 15:00 characters from diverse backgrounds, switching De Wet Hall roles with ease and dexterity. Like Hoot and The NO U/16 (L) Chilli Boy, Monkey Nuts has had audiences in R150 stitches with its clever mix of situational comedy, Bring your own basket with snacks, storytelling and hilarious characters. wine/drinks and glasses. It tells the story of an eccentric bank teller, Edgar Chambers, whose main hobby is monitoring the prices of grocery items in various stores. So skilled is he at his hobby that he can tell you the price of any grocery item anywhere and at any given time. He is also obsessed with entering all sorts of competitions and it is this obsession, that sparks off the madcap story that has had audiences around South Africa gasping for breath. Edgar’s only friend is a monkey that lives in the back of a pet shop but as the story unfolds, audiences are spoilt with a bevy of Ribnick’s brilliantly portrayed characters, all with some sort of connection to Edgar. Please note there is an age restriction of No Under 16 due to a few bad words (mostly in one specific scene).

Geraldine Naidoo Writer/director:

HOLMRUGGERY Met Marion Holm (70 min.)

Selfs Marion Holm het na ’n jaar en ’n half weinig rondom haar kon sien om oor te lag. Toe besluit sy om in die verlede te gaan krap en daar laggoed te gaan soek. Want die hemele weet, lag moet ons nou lag. So het dit gekom dat sy stories van lank terug gebruik en op ’n nuwe manier inspan in die vertoning HOLMRUGGERY om ons verligting te bring in ’n tyd wat dit voel die ellende verswelg ons. Maar dit sal nie!! Want ons het die heel beste teenfoeter: LAG. Hierdie vertoning het werklik niks anders ten doel as om jou net te laat ontspan en lag nie. Niks lewenslessies of diepsinnige denke nie.

KLIEK OM TE BESPREEK

Verblyf geborg deur Windsor Hotel

Vrydag, 24 September - 19:00 en Saterdag 25 September - 10:00 Ouditorium R150 15


Musiek Koos Kombuis

(80 min.)

Natuurlik het Koos Kombuis geen bekendstelling nodig nie. Hy is nog presies dieselfde kunstenaar wat dekades lank al Suid-Afrikaanse gehore bekoor met liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Johnny is nie Dood nie”. Alles is nog daar: die bottel rooiwyn, die blou skoene, die bandana en die akoestiese kitaar. Al verskil is dat hy nou ‘n paar nuwe staaltjies het om te vertel, ‘n paar nuwe liedjies, en hier is die verrassing: hy het tydens die grendeltyd ook leer bekfluitjie speel. Bob Dylan klink nou amper soos hy! Moenie hierdie kans misloop om die nuwe-ou Koos te sien optree nie. KLIEK OM TE

Vrydag, 24 September - 18:00 BESPREEK De Wetsaal - R150 Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase. EN Saterdag, 25 September - 10:00 De Wetsaal - R150 Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase.

Verblyf geborg deur Port del Mar

Te l : 0 2 8 3 1 3 2 1 6 2 C u s t om e r S a t i s f a c t i o n - Our top priority

Ve h i c l e Fa c t o r y A p p ro v e d - E n d o r s e d fo r A L L U N D E R & O U T O F WA R R A N T Y R E PA I R S 16


Property Management

Project Management

Holiday Rental Hosts

We offer service excellence in providing quality managment and supervision of your residential property.

We are your eyes and ears for any home based project that requires detailed supervision and management.

We offer expert advice on suitability for :

Services cover :

We cover:

l l l l l

maintenance, renovations holiday preparations service provider access on-line based holiday rental facilitation and management

all aspects of maintenance & renovations l décor and staging l garden lighting and pool refurbishments l

GERHARD STEGMANN

STUART COHEN

+(27) 83 657 4102 stuart@cabincare.co.za

holiday rentals full management of your listing, all bookings and guest relations, cleaning and laundry services l Operate as hosts or co-hosts l Manage the property whilst guests are resident l l

WWW.CABINCARE.CO.ZA

+(27) 83 627 9846 gerhard@cabincare.co.za


Musiek Kaalvoet Mona Lisa Met Jak de Priester (90 min.)

KLIEK OM TE BESPREEK

Jak de Priester bring ‘n nuwe vertoning na feeste en teaters in 2021 getiteld ‘Kaalvoet Mona Lisa’. 14 Nuwe liedjies uit sy pen met temas van hoop, liefde, inperking en ook die komiese kyk na hoe die wêreld oornag verander het. Die gehoor kan uitsien na liedjies met titels soos ‘Sterre bots’, ‘Eerste liefde’, ‘My broer se bril’ en ‘21 Dae’. ‘n Volronde konsert met diep stories, snaakse stories, splinternuwe liedjies en ‘n emosionele reis deur die lewe. Donderdag, 23 September - 19:00 Ouditorium – Borge aand. Privaat geleentheid Geborg deur Rola VW en Ford Hermanus EN Vrydag, 24 September - 13:00 De Wetsaal - R160 Bring jou eie piekniek mandjie, wyn/verversings en glase.

SA N D B A A I Country House

Verblyf geborg deur Sandbaai Country House

STOP DIE HORLOSIE! Stuit velveroudering op

Southern Right

die natuurlike manier.

Whale Watching

konsultasie.

June – November

18

Skakel ons vir ’n gratis

Info@refineclinic.co.za 028 316 1532

Unit 5, Hemel&Aarde Village www.refineclinic.co.za


Musiek Valiant Swart

(70 min.)

Op Saterdag, 25 September bring Valiant Swart sy kitaar en sy liedjies en stories na die Ouditorium vir ‘n eenmalige optrede. Valiant is ‘n veteraan van meer as drie dekades op die SA musiektoneel met duisende optredes en langpad-myle op sy kerfstok. As sanger en kitaarspeler en die komponis van treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ en talle ander, het hy reeds sewentien albums vrygestel en vele toekennings ingepalm. Sy rol as ‘Jinx’ in kykNet se eerste dramareeks ‘Song vir Katryn’ is landwyd bekend; so ook sy SAMA-wenner albums saam met Ollie Viljoen, en sy epiese Mississippi Blues reisreeks vir kykNet, ‘Veertig Dae Deur Die Delta’. Valiant se gewilde eenmanvertoning met net sy akoestiese kitaar en sy bekfluitjie, is landwyd bekend.Stories en liedjies, van vrolik tot hartseer, word aangebied op ‘n manier wat die gehoor saamneem op ‘n reis deur die avonture van ‘n deurwinterde troebadoer. Saterdag, 25 September - 17:00 Ouditorium R150

KLIEK OM TE BESPREEK

19


Bespreking Discussion with André de Ruyter André de Ruyter is currently the Eskom Holdings Group Chief Executive (GCE), overseeing a 100% State-owned company of over 40 000 employees, responsible for providing over 95% of South Africa’s electricity needs and approximately 45% of the electricity used across the Africa. A seasoned executive, with a career spanning over 30 years, André has amassed a wealth of experience both locally and internationally in various portfolios in the energy space, including the management of coal, oil, chemical and gas businesses, the KLIEK OM TE marketing of export coal to international utilities and managing BESPREEK operations of mega coal and gas conversion plants, including electricity generation. In antwoord op die vraag hoekom hy die pos as die hoof van die elektrisiteitsverskaffer wat onder geweldige druk verkeer aanvaar het, het hy keer op keer die gedagte geopper dat hy glo aan die leidende rol van Eskom in die ekonomiese groei en ontwikkeling in SuidAfrika. Daarom skakel hy met mense uit verskeidenheid besighede en glo dat Eskom vernuwe moet word om sy doelwit te bereik. Vrydag, 24 September - 9:30 vir 10:00 Ouditorium - R140 Geborg deur PSG Wealth FABRICS - BEDDING - GIFTS - HOMEWARE DECOR - CLOTHING - CARPETS AND MORE

Discovery lede, kry julle kroniese medikasie by Netwerk Apteek Onrus Apteek

Don't let the name fool you..... 62 MAIN ROAD, HERMANUS T 028 3123265 E hfshop@mweb.co.za

20


Boekbesprekings Jan van Tonder – “Verevrou” Jan van Tonder het sy eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf. Sedertdien het hy ‘n bundel kortverhale oor daardie skemerwêreld die lig laat sien, asook vier romans, ‘n koffietafelboek oor die Klein Karoo, verskeie tydskrifverhale, asook sketse en radiodramas. Sy roman IS SAGIE was twee jaar agtereenvolgens naaswenner van die ATKV-prys terwyl DIE KIND vir die M-net prys en FAK-pryse bekroon is. Van Tonder het ook ROEPMAN geskryf, wat sy derde druk beleef en wat verfilm is, asook die jongste, VEREVROU. Vrydag, 24 September - 14:30 – 15:30 Incanda – R10 by die deur

Chanette Paul – “Marilyn” as een van ’n trilogie Chanette Paul word nomadies groot. Sy woon nege skole by en studeer aan vyf universiteite. Deesdae pendel sy tussen haar oewerhuisie in Stanford en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Sy is ’n katliefhebber en leesvraat, ’n onbehendige, maar ywerige tuinier en ’n hopelose kok. Stories is egter haar groot passie. Sedert 1995 publiseer sy in ’n verskeidenheid genres en ’n hele paar van haar boeke is bekroon. Ná die verskyning van die Vywervrou-trilogie, bestaande uit LIRA, MIRRE en CORALI, vra lesers haar vir ʼn opvolg. MARILYN is die resultaat hiervan en Chanette se agt-en-veertigste boek. Vrydag, 24 September - 16:00 – 17:00 Incanda – R10 by die deur

Lien Botha Lien Botha is bekend vir haar fotografiese werk wat dikwels met teks gemoeid is. Sy is in Pretoria gebore en getoë, het tale studeer aan die Universiteit van Pretoria en in die vroeë 1980’s as persfotograaf by Beeld gewerk. Sy verwerf later ‘n Visuele Kunste Graad aan die Universiteit van Kaapstad. Sy word bekroon as Standard Bank Jong Kunstenaar vir Visuele Kuns in 1997. Haar debuutroman, WONDERBOOM is die resultaat van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns, wat sy in 2014 onder leiding van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het. Saterdag, 25 September - 09:00 – 10:00 Incanda – R10 by die deur

Petrovna Metelerkamp Petrovna Metelerkamp is ‘n skrywer en die afgelope twintig jaar uitgewer by Hemel & See. Sy publiseer veral Afrikaanse boeke. Vir haar biografie van die digter Ingrid Jonker, uitgegee deur Penguin Random House, het sy in 2019 ‘n ATKV-Veertjie gewen en vir die Rapportprys vir nie-fiksie was sy een van drie finaliste. Verlede jaar het sy haar biografie van die digter Jeanne Goosen – ‘N LEWE VOL SINNE - en twee nuwe boeke deur Goosen gepubliseer. Vanjaar veskyn ‘n rare tweeluik wat sy saamgestel het in een band: SNEEU IN DIE KAROO, ‘n novelle deur Jeanne Goosen, en AGNES SE BOEK, geskryf deur Goosen se huishulp Agnes Morao. Dié publikasie word beskou as moontlik ‘n eerste in wêreldletterkunde. Saterdag, 25 September - 10:30 – 11:30 Incanda – R10 by die deur 21


23-26 September

Daag asb vroegtydig op by vertonings. Gedurende Kalfiefees en by alle vertonings word COVID REGULASIES vereis en sal streng toegepas word. Geen toegang sonder maskers. Sosiale afstand moet gehandhaaf word. Sanitasie van hande sal gedoen word. Alle sitplekke is onbespreek.

Kaartjies beskikbaar by

Donderdag 23 September 19:00 GALA-AAND met Jak de Priester in KAALVOET MONA LISA. (musiek) Privaat geleentheid | 90 min Geborg deur Rola VW en Ford Ouditorium - Hermanus

Vrydag 24 September 09:30 GESPREK met André de Ruyter oor “Die vir toekoms van elektrisiteit in Suid-Afrika”. 10:00 R140 | 120 min Geborg deur PSG Wealth Ouditorium - Hermanus 10:00 VLINDERVROU (musiek en digkuns) met Nadine Claasen en Anneline Hugo. R195 | 120 min Ontbyt ingesluit. Wine Glass, Harbourweg - Hermanus 13:00 KAALVOET MONA LISA (musiek) met Jak de Priester. R160 | 90 min de Wetsaal - Onrus 14:30 BOEKGELEENTHEID met Jan van Tonder en Verevrou. R10 by deur Incanda meubels - Hemel & Aarde Village 16:00 BOEKGELEENTHEID met Chanette Paul oor Marilyn, begin van trilogie. R10 by deur Incanda meubels - Hemel & Aarde Village 16:00 DINGE VAN ‘N KIND deur Marita van der Vyver met Cintaine Schutte. (drama) R150 | 90 min Geen O/16 Geborg deur Dagbreek Trust Ouditorium - Hermanus 18:00 KOOS KOMBUIS (musiek en drama) R150 | 80 min de Wetsaal - Onrus 19:00 HOLMRUGGERY (komedie) met Marion Holm. R150 | 70 min Ouditorium - Hermanus

Saterdag 25 September 09:00 BOEKGELEENTHEID met Lien Botha (kunstenaar en skrywer) oor haar nuwe boek VIN. R10 by deur Incanda meubels - Hemel & Aarde Village 10:00 HOLMRUGGERY (komedie) met Marion Holm. R150 | 70 min Ouditorium - Hermanus 10:00 KOOS KOMBUIS (musiek en drama) R150 | 80 min de Wetsaal - Onrus 10:30 BOEKGELEENTHEID met Petrovna Metelerkamp oor Sneeu in die Karoo deur Jeanne Goosen. R10 by deur Incanda meubels - Hemel & Aarde Village 13:00 KAMP met Deon Lotz en Brandon Daniels. (komedie) R150 | 70 min Ouditorium - Hermanus 15:00 MONKEY NUTS with Matthew Ribnick. (comedy) R150 | 70 min No U/16 De Wet Hall - Onrus 17:00 VALIANT SWART (musiek) R150| R90 min Ouditorium - Hermanus 19:00 DOWWE DOLLA: NOU OF NOOIT met Margit Meyer-Rodenbeck en Coenraad Rall. R160 | 80 min Geen O/16 de Wetsaal - Onrus

Sondag 26 September 10:00 BEET (tragi-komedie) deur Braam van der Vyver met Ben Pienaar. Storie van Beethoven. R140 | 65 min Geen O/12 Ouditorium - Hermanus


Omvattende professionele beleggingsadvies

Omvattende professionele beleggingsadvies ofessionele Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

es

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. & SIGNS

PRINTING die Kalfiefees.

elary Portefeuljebestuur

en Aandelemakelary

atsakHERMANUS X16

| T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Omvattende professionele beleggingsadvies Omvattende professionele

Omvattende prof Omvattende prof beleggingsadvies beleggingsadvies

beleggingsadvies

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees.

ONRUS APTEEK EN KLINIEK ONRUS APTEEK EN KLINIEK

Portefeuljebestuur en Aandelemakelary Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Ons is trots op ons assosiasie met die PRINTING & SIGNS Ons is trots op ons assosiasie met die PRINTING & Portefeuljebestuur enSIGNS Aandelemakela

Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

HERMANUS | T +27 (28) 1508 Portefeuljebestuur en312 Aandelemakela Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsa HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsa

Omvattende professionele beleggingsadvies

Omvattende professionele beleggingsadvies

Omvattende professionele beleggingsadvies

SA N D B A A I Omvattende professionele Country House beleggingsadvies

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees.

ONRUS APTEEK EN KLINIEK

Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. PRINTING & SIGNS

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees.

Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

ONRUS APTEEK EN KLINIEK

Portefeuljebestuur en Aandelemakelary

HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. PRINTING & SIGNS Portefeuljebestuur en Aandelemakelary HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16

Your FREE Lifestyle magazine

w w w. s p l a s h m e d i a . c o . z a


Your vision. Our expertise. The perfect kitchen.

Your design journey starts at Easylife Kitchens Hermanus www.easylife-hermanus.co.za 028 312 1813 Unit 4B, Adam Str, Hermanus Business Park, Sandbaai Industrial

Profile for Splash Magazine

Kalfiefees 2021  

Dis Kalfietyd in ONRUS – HERMANUS Die Jaarlikse Hermanus Times Kalfiefees bring weereens die room van Afrikaanse talent na die Overstrand!...

Kalfiefees 2021  

Dis Kalfietyd in ONRUS – HERMANUS Die Jaarlikse Hermanus Times Kalfiefees bring weereens die room van Afrikaanse talent na die Overstrand!...

Advertisement

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded

Recommendations could not be loaded