Kalfiefees 2019

Page 1

8 - 11 Augustus 2019


Hierdie program boekie word interaktief sodra kaartjie verkope open. Kom terug en koop jou kaartjies direk vanuit hierdie program boekie. Sluit by ons aan op Facebook vir ekstra informasie en om te sien wanneer kaartjie verkope open. This program guide will become interactive when ticket sales open. Return and book your tickets directly from this booklet. Join us on Facebook for regular updates and more info on when ticket sales open. Kliek hier/Click here


W H A L E

M E D I A Magazine |Printing | Design | Media | Radio

074 717 2582 www.splashmag.co.za

Advertise with us and see your business grow.


Inhoudsopgawe Boodskap van die burgemeester - 3 Boodskap van die Kalfiefees-voorsitter - 4 Kalfiefees-komitee - 5 Boodskap van die uitgewer - 6 Spairo-gemeenskapsprojek - 7 In gesprek met Theo Vorster - 8 Kuns om te bekoor - 9 Boekgeleentheid - 10 Gala-aand met Drie van die Bestes - 12 Vier Vrouedag met Kevin Leo - 14 Kinderproduksie: Hansie en Grietjie - 15 Musiek en woordkuns: Mense en hulle dinge - 16 Musiek en woordkuns: Lag van die huil - 17 Kalfiefeesprogram - 18,19 Drama: Huishou - 20 Komiese drama: Die voordele van eierwit - 21 Drama: Klippe wat val - 22 Dramedie: Sê groete vir ma - 23 Komiese drama: Donkie - 24 Musical comedy: Storm in a F-cup Bra-vades - 26 Komedie: Die Road Trip - 27 Musiek en kulkuns: Liegbek - 28 Musiek: Van Koos tot Country - 30 Musiek: Amanda Strydom in konsert - 31 Musiek: Simply Blue - 32 Musiek: Galaxy-konsert - 32 Musiek: Theuns Jordaan - 33 Musiek: Universiteit Stellenbosch-koor - 35

Kalfiefees-kantoor: De Wetsaal in Roosstraat, Onrusrivier Tel: 028 316 1687 www.kalfiefeeshermanus.co.za www.facebook.com/ kalfiefees e-pos: kalfiefees@hermanus .co.za Kalfiefees-venues Sandbaaisaal De Wetsaal Hemel-en-Aarde Brewery Ouditorium Woodenwaysmeubelwinkel NG Kerk Gemeentesentrum Kaartjiebesprekings: Alle takke van Com­puticket. Tydens die fees sal daar ook ’n Com­puticket-kiosk by die De Wetsaal wees. . Vervoer: Dankie aan Rola VW Hermanus, die trotse borg van die Kalfiefees en die amptelike verskaffer van die kunstenaars se vervoer. . Kuierplek: Hemelen-Aarde Brewery


3

8 - 12 Augustus 2019

Boodskap van die burgemeester Die Hermanus Times Kalfie­fees is ’n hoogtepunt op ons jaarlikse geleentheidskalender en dit is vir my ’n eer om u by dié fees te verwelkom! Daar is niks beter om die WesKaapse verwagte koue en nat weer mee te tem as juis die Kalfiefees nie. U word dus ge­nooi na ’n program wat ’n won­derlike verskeidenheid opvoerings bevat.

Leo, Danie Niehaus en Aman­da Strydom sowel as die won­derlike stemme van die Stel­lenbosch-universiteitskoor. My gratitude is also extended to the Kalfiefees committee, business owners, residents and all concerned for sponsoring their time, skills and money to make the festival a success.

Every winter the festival brings a massive financial Dudley Coetzee, uitvoerende Feesgangers kan uitsien na boost to the Overstrand and burgemeester dra­ma, komedie en tragedie the municipality remains com­asook boekbesprekings en ’n mitted to this dynamic arts kunsuitstalling uit die boonste rakke. and cultural tourism sector. Gehore word bederf met gesoute en geliefde musiekkunstenaars soos Mathys Roets, Kevin

Mag u hierdie jaar se Hermanus Times Kalfiefees nog meer geniet as vorige jare.


4

Kalfiefees

Boodskap van die voorsitter Ons vier vanjaar die 19de Hermanus Times Kalfiefees. Dankie aan almal wat die Kalfie­fees ondersteun. Vir enige fees is borge en donateurs ’n móét, asook teatergangers wat kaartjies koop. Borge en sakeondernemings wat hul harte oopmaak en die Kalfiefees ondersteun, dra jaarliks by tot die ekonomiese insette wat die Kalfiefees na die Overstrand bring. Feesgangers kan weer uitsien na uitstekende teater en musiek asook kuns en boekbespre­kings. Welkom ook aan al die kunstenaars wat die beste produksies van elders in die land na Hermanus bring. Of dit nou jou eerste Kalfie­fees is of nie, geniet die feesprogram en maak sommer ’n draai by die Kalfiefees se kuierplek by Die Hemel-en-Aarde Brewery.

Jimmy Hattingh, voorsitter van die Kalfiefees

My wens is dat almal ’n wonderlike Kalfiefees 2019 sal beleef. Sien jou in die voorportaal.

business directory & travel portal

events & activities visit us

tourism portal

www.hermanus.co.za

travel guide email us

business directory

info@hermanus.co.za

follow us

like us admisnistered by

maxitec INTERNET & CELLULAR

/HERMANUScoza

tel: 086 123 4777 www.maxitec.co.za

/HERMANUScoza


5

8 - 12 Augustus 2019

Ontmoet die komitee

Die Kalfiefees-komitee het weereens die ekstra myl geloop sodat alles goed afloop. Agter is Peter van Schaik en Jimmy Hattingh. Voor is Mari Nel, Anna Spaarwater, Cornel Janse van Vuuren en Louise van Zyl. Afwesig: Thys Sutherland, Hester Finberg.

Barbara 081 435 1005 Derik 082 298 8106 Johann 074 194 7927 Judi 061 464 5912 (Gansbaai) Lydia Bruce (Rentals) 082 553 9499 082 465 2778

Mar n 061 259 4543 Nadja 066 204 3673 Suretha (Gansbaai) 083 247 8385 Werner 076 475 9304 Yvonne 082 316 2696


6

Kalfiefees

Boodskap van die uitgewer Dit is vanjaar die 19de Hermanus Times Kalfie­fees. Dié fees wat begin is om die Afrikaanse ge­meen­skap in die omge­wing met gehalteproduk­sies te dien, is lankal nie meer in sy babaskoene of selfs sy tienerskoene nie. Dié fees is al ’n gevestig­de wegbreekfees vir meni­ge feesganger van oor die land heen.

veertjie vir beste gemeen­skapskoerant in Suid-Afri­ka is dit vir ons ’n eer om deel van die gemeenskap te wees, nie net as ’n waghond wat die jongste nuus versprei nie, maar ook as sake-onderneming wat die belange van die gemeenskap op ons hart dra.

Olivia Dickson, uitgewer van Hermanus Times.

Wat ’n voorreg is dit nie vir die Hermanus Times om nie net die mediaborg van dié fees te wees nie, maar ook die naamborg. As gemeenskapskoerant in Hermanus-omge­wing én die wenner van die ATKV-media­-

Dié fees sou ook nie moontlik gewees het as dit nie vir die borge, die inwoners en die sakeondernemings was nie.

Baie dankie aan almal wat hul beursies, deure en harte oopmaak vir die besoekers aan ons mooi dorp.

Toyota-voertuie ouer as 5 jaar van: Sluit by ons aan op en volg ons op

2002 - 2007 2006 - 2010

RunX (alle modelle)

Yaris T1 - T3

Afslag-onderdele en arbeid Volle diensgeskiedenis Was en stofsuig ingesluit Onderdele en arbeid word deur ’n TOYOTA-waarborg van 12 maande gedek Besoek www.toyota.co.za/valueservice vir ’n gedetailleerde kwotasie

Gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. FSP nr: 20161 B’s & V’s geld

Schulphoekweg, Hermanus-sakepark Tel: 028 312 1177/8


7

8 - 12 Augustus 2019

Imbiza school slam festival The Imbiza Yochuku School Poetry Slam Fes­tival, which takes place in August, aims to strengthen our commu­nity, foster creativity, celebrate life through art and awaken reli­gious and traditional values in the younger ones. The idea is to empower the youth, and to protect children and women through art. A slam is the competitive art of performance poetry. Participants (single or groups) perform their original work and are judged by mem­bers of the audience. The host selects the judges, who are instructed to give numerical scores (between 0 and 10) based on the poet’s content and performance. The audience’s job

is to keep the mood supportive, energetic and encouraging to all participants. . Each poem must be an original piece per­formed by the participant/group. . Poems can be on any subject and in any style. . There are to be no props, costumes, musi­cal instruments or pre-recorded music. . Performances are timed and should not exceed three minutes. . Heckling or disrupting another’s perfor­mance results in disqualification. . There will be three rounds and a final. . Each participant will receive a certificate, and winners a prize. Saturday 10 August 13:30-18:30 Moffat Hall, Mount Pleasant. Kalfiefees Youth Community Project Free Entrance


8

Kalfiefees

In gesprek met Theo Theo Vorster is medestigter en uitvoerende hoof van Galileo Capital en spreker oor be­leggings, landbou en politiek-ekonomiese vraagstukke. Hy is ’n ook ’n gereelde markkommen­tator op RSG se Geldsake-program en het ook sy eie televisieprogram op kykNET gehad, In gesprek met Theo. Theo is ’n bekende gesig by kunstefeeste waar hy dikwels optree en feesgangers meer inlig oor die toekoms en vrese van die land se sake.

Vrydag 9 Augustus 09:30 vir 10:00 Ouditorium, R130, 120 min. Borg: PSG Wealth Hermanus

In Gesprek met Theo Vorster: Suid-Afrika 2020 gaan hy die klem lê op die grootste veranderlikes en scenario’s daarna. Fees­gangers word genooi om deel van dié be­langrike en soms kontroversiële gesprek te wees. Theo, Anneke en hulle dogter Mia woon in Johannesburg.

Omvattende professionele beleggingsadvies Ons is trots op ons assosiasie met die Kalfiefees. Portefeuljebestuur en Aandelemakelary HERMANUS | T +27 (28) 312 1508 Magnoliastraat 10 | Postnet Suite 116, Privaatsak X16


9

8 - 12 Augustus 2019

Kuns om te bekoor Kunstenaars van die Overstrand en plaas­like kunsliefhebbers sowel as dié van elders kan daarna uitsien om deel te wees van die Kalfiefees-kunsuitstalling wat in die banket­saal van die Burgersentrum gehou word. Die doel van die Kalfiefees-kunsuitstalling is om kunstenaars wat nie die geleentheid het om in galerye uit te stal nie, die geleentheid te gee om hul kunswerke onder die publiek se aandag te bring. Die fokus is op nuwe, vars en gehaltewerk. Die Overstrand het ge­wis baie verborge talent! Die Kalfiefees-kunsuitstalling sal vanaf Don­der­dag 8 Augustus tot Sondag 11 Augustus oop wees vir die publiek. Die tye is as volg: Donderdag 09:00-18:00, Vrydag en Saterdag 09:00-21:30, Sondag 09:00-13:00. Vir nog inlig­ting, stuur e-pos aan lalica777@gmail.com of bel 084 506 7427.

Dié kunsuitstalling word geborg deur Seven Springs.

Tel/Fax: 028 316 3393 aidaon@mweb.co.za www.aidaonrus.co.za

Onrus

Ons maak huis koop en verkoop maklik

ONRUS * VERMONT * H & A LANDGOED * SANDBAAI * FISHERHAVEN

Deon 083 284 0027

Aurelia 083 534 4381

Tiaan 083 766 1667

Natalie 082 712 8841

Basie 083 259 7597

Lirene 066 252 5711

Om te koop of te verkoop skakel ons • Professionele diens • Opgeleide & geregistreerde agente • Gratis markwaardasies • Goeie bemarking • 23 Jaar werksaam in die areas


10

Kalfiefees

Boekgeleentheid Die belangrikheid van lees kan nie oor­beklemtoon word nie. By dié jaar se Her­manus Times Kal­fiefees is daar weer topskrywers wat hul stories, boe­ke en lewensverhale met ons gaan deel. Ce­leste Loriston gaan

Irma Joubert

feesgangers meer oor haar jeug­boek, JYNX, inlig terwyl Dana Sny­man gaan vertel oor hoe skryf ’n mens vir Suid-

Afrikaners. Nog ’n hoogtepunt op die feesprogram is die bekende skry­wer Irma Joubert, wat ’n gesprek gaan voer met haar ewe be­ken­de seun, Jan-Jan Joubert.

Jan-Jan is ’n politie­ke joer­nalis en sy boek, Wie gaan in 2019 re­geer?, was ’n topver­ko­per. Moenie hierdie geleenthede misloop nie.

Celeste Loriston – Vrydag 9 Augustus 14:00 Dana Snyman – Saterdag 10 Augustus 10:00 Irma en Jan-Jan Joubert – Saterdag 10 Augustus 11:30 Venue: Woodenways-meubelwinkel Toegang: Gratis Borg: Woodenways-meubelwinkel en Hermanuspietersfontein

Celeste Loriston

Dana Snyman

HYUNDAI HERMANUS (Member of the Omnicars Group)

3 Adam Street Hermanus Industrial Park Hermanus, 7200

028 312 3355

Hyundai Hermanus has been a proud member of the Hermanus community for over 10 years. Without the continued support of our valued local community this would not have been possible and our doors and hearts remain open for all. We look forward to sharing the journey of the next 10 years with you.



12

Kalfiefees

Drie van die bestes Danie Niehaus, Mathys Roets, Kevin Leo – die samekoms van drie kunstenaars, drie uit­eenlopende stemme, drie persoonlikhede – in een produksie op een verhoog. Dié groep is in 1997 gestig en ná verskeie suksesvolle albums, ’n bekroonde DVD-opna­me en optredes hier en in die buiteland, span hulle langer as 21 jaar lank kragte saam en sing die driemanskap Suid-Afrika­ners se harte steeds aan die brand. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiek­styl in hier­die vertoning – van pop, tot ballades en lig­te klassieke musiek – is dit veral hul a ca­pel­la- en samesang wat hulle ’n gedugte kom­binasie op die verhoog maak. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie – Kevin met sy kragtige tenoorstem, Mathys met die rustige fluweelstem en Danie as bekroonde kunste­naar en liedjie­-

skrywer. In hierdie vertoning span hulle ook kragte saam met die pianis Matthys Maree vir ’n ongelooflike musikale reis. Verblyf: Sandbaai Country Lodge Donderdag 8 Augustus 20:00 Sandbaaisaal, R150 (wyn ingesluit), 80 min. Borg: Wildekrans Wyne

After hours: 082 772 7657

SUPA QUICK HERMANUS Corner of Arum Road and Mimosa Street, Hermanus, 7200 Tel: 028 312 2270


13

8 - 12 Augustus 2019

GALAxy Concerts GALAxy Concerts is musiek­tea­ter­produksies wat gebruik maak van jong plaaslike talent wat deur ’n streng oudisieproses ge­keur word. Die uniekheid van GALAxy Con­certs is daarin ge­leë dat die ver­tonings gebou word oor die items wat cast-lede self verskaf om hul talent ten toon te stel. Hierdie vier­de produksie van GALAxy Concerts vertoon die jong plaaslike talent van die breër Her­ma­nus. Geïnspireer deur die ou Afrikaanse lied, “Die Lappop” deur Betty Misheiker (oor­­spronklik gesing deur Doris Brash en later onder andere Carike Keuzenkamp) ver­tel dit die storie van die “inwoners” van ’n ashoop. Wanneer die oprigting van ’n nuwe gebou hul bestaan bedreig, word ’n lappop, vrot

pampoen, stukkende skoen, gram­mofoonplaat, kous sonder maat, leë bottel bier, verlepte angelier, gelapte binneband en ’n ou koerant met drie keuses gelaat: Reduce, Recycle of Re-use. Gepas vir alle ouderdomme spreek hierdie musiekteater die manier aan hoe jy jouself sien. Dit gee ’n nuwe betekenis aan die uitdrukking: “One man’s trash is another man’s treasure.” GALAxy Concerts vorm deel van Roné Roux-produksies se Knyp­tang­model wat besig is om die Suid-Afri­kaan­se publiek verlief te maak op teater – deur jong kunstenaars die geleent­heid te bied om hul talent ten toon te stel en erva­ring oor die teaterwêreld op te doen. Vrydag 9 Augustus 14:00. Ouditorium R80 (o.10 en ouer as 70 gratis), 60 min.

Kalfiefees visitors... where to pop in for a bite to eat?

Ocean Basket Shop 49, Village Square, Hermanus Open at 12:00 - 22:00 facebook: obhermanus instagram: hermanus554 028 312 1313 La Pentola Village Square, Marine drive, Hermanus Winter Special Menu - Lunch only Monday - Sunday: Lunch & Dinner 028 313 1685

Tipples 12 Mitchell Street, Hermanus Happy Hour: Sundays3pm - 6pm Wednesday & Fridays 5pm - 7pm 028 313 0377 Fabio’s Ristorante Italiano St Peters Lane, Hermanus Kitchen open daily 11:00 - 21:30 028 313 0532 Tosca Aberdeen Street, Hermanus Mon - Sun: 16:00 - 21:30 Friday: 12:00 - 21:30 028 313 0333

LB Seafood Bistro (Lemon Butta) Upstairs, Village Square, Hermanus Trading hours: 11:30 - 21:00 Sun-Thurs 11:30 - 22:00 Fri-Sat 028 312 3611 Cattle Baron Grill & Bistro Harbour Rd, Harbour Square, Hermanus Kitchen open daily 12:00 - 21:30 028 313 0384


14

Kalfiefees

Vrouedag - Op reis met musiek, kos en humor Kuier, kook, sing en lag . . . hierdie is alles so deel van elke vrou se bestaan. Kom deel ’n oggend van al vier hierdie dinge, maar met ’n tikkie nostalgie en romantiek. Bederf jouself met die diep klanke van Suid-Afrika se eie Pava­ro­tti. Kevin Leo gaan nie net betower met sy talent en liefde vir musiek nie, maar ook met sy passie vir kos­maak deur ’n kosdemonstrasie te doen. Kevin is bekend vir sy gemaklike, eerlike en natuurlike manier van optree. Hy neem sy gehoor op ’n musikale reis met ’n groot ver­skeidenheid liedjies wat uit ou gunstelinge bestaan. Elvis Presley, Gé Korsten, Bing Cros­-

by, Frank Sinatra is almal bekende goue oues waar Kevin sy mu­sieksamestelling van­daan kry. Met sy sin vir humor kan hy jou die een oomblik laat skater­lag, net om met die vol­gende lied jou hartsnare te laat roer. Vergeet van die doenlysies, verant­woor­delikhede, preten­sies en kom wees net jouself. Die Hemel-en-Aarde Brewery is opgewonde om die vroue 9 Augustus met ope arms te verwelkom in styl, maar met gemak. Vrydag 9 Augustus 10:00 Hemel-en-Aarde Brewery, R190, 120 min. Borg: Realnet en Betterbond

FABRICS - BEDDING - GIFTS - HOMEWARE CLOTHING - CARPETS - COOKWARE ETC.

Independently owned and operated franchise

62 MAIN ROAD, HERMANUS T 028 3123265 E hfshop@mweb.co.za


15

8 - 12 Augustus 20191

Hansie en Grietjie . . . Hansie en Grietjie verdwaal in die bos . . . dié deel van die sto­rie ken julle goed . . . maar in dié bos is nie ’n lekkergoedhuis nie – hiér loop Candy met haar oppop-lekkergoedtrok met gratis wifi. Gaan sy vir Hansie en Griet­jie vang, opsluit en eet? Net as jy na ons storie kom kyk, sal jy dit kan weet. Teks: Celeste Slabber-Loriston Regie en produksie: Story Team Spelers: Marhette van Huys­steen, Celeste Slabber-Loriston en Filicity Thobias

Vrydag 10:00 en Saterdag 12:00 De Wetsaal, R60, 50 min.

Specialist wine shop

• Site-specific, single-vineyard wines • Boutique estates • Weekly tastings • Newsletter • Sunlit Courtyard • Accessories • Spirits, Craft Gin & Beers • International shipping Mon – Fri: 10am to 6pm Saturday: 9am to 6pm Sunday & Public Holidays: 10am to 4pm

Tel: 028 313 2047 wineandco@whalemail.co.za


16

Kalfiefees

Mense en hulle dinge . . . Emile Minnie se stem is ryk en sy klavierspel uit die boonste rakke. In hierdie ver­toning word die klanke van Emile verweef met die komiese vertel­lings van Louise van Zyl van Sprokkelster-teater, Onrus. Die stuk word by die Kalfie­fees be­kend­gestel en beloof om uitmun­tende vermaak te verskaf. Kom beleef hoe hierdie dinamiese span die verhoog ophelder met hul passie en energie. Emile word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top-Afrikaanse liedjieskry­wers. Nagmusiek is benoem vir ’n SAMA vir

26 High Street, HERMANUS

Curiositea

beste alternatiewe Afrikaanse album, hy was derde in die Huisgenoot se Tempo-liedjie­skryf­kompetisie, en hy is benoem vir ’n Kan­na vir beste kaba­ret by die KKNK. Hier­die etensuurkonsert is ’n pro­duk van Sprokkel­ster Produksies. Bring jou piekniek­mandjie en kom geniet ’n uur vol vermaak. Vrydag 9 Augustus 13:00 De Wetsaal, R100, 60min. Geen o.12 (taal)

Portuguese/ Mediterranean Cuisine & Food Pairing

Live Stage Shows

OPEN WED TO SAT 9am to 9pm SUNDAY 9am - 4pm

RESERVATIONS 028 341 0012 076 320 3092

- Stanford Heritage

Hand-Crafted Spirits

Curiositea_hermanus

Tiniest Tearoom in Town Especially for the Kalfiefees

America A taste of South Empanadas served with pebre A traditional Chilean pastry with coriander & tomato salsa OR

Enjoy a slice of Milhojas

layers of puff pastry with caramel & cream

Selection of teas for sale • Beautiful gifts for your kitchen

WWW.FYNBOSDISTILLERY.CO.ZA

32 KLEINE STREET, STANFORD


17

8 - 12 Augustus 2019

Lag van die huil Mathys Roets en Dana Sny­man neem jou op ’n storie-reis wat jou soms sal laat lag en soms verdrietig sal maak. ’n Splinternuwe produksie met musiek en woord word saam gesnoer. “Dit is wonder­lik hoe mu­siek en bepaalde stories me­kaar aantrek,” sê Mathys. “Ek sing byvoorbeeld Gert Vlok Nel se ‘Hillside Lul­laby’. Dit het Dana dadelik her­inner aan ’n storie oor ’n swanger kroeg­meisie wat hy geskryf het.” Een van die liedjies wat Mathys sing, Nardus du Plooy se “In My Lewe”, het ook ’n spesiale betekenis vir Dana. Nardus het jare gelede dié liedjie op die begrafnis van ’n vriend

gesing. Dié vriend het sy eie lewe ge­neem. “ ‘In my Lewe’ is ’n soort getuigskrif vir al ons middelklaskinders wat in die suburbs en op die platteland grootgeword het,” sê Dana. “Party van my stories doen dieselfde. Om te weet wie jy is, moet weet waar jy van­daan kom. Hoe kan ’n mens dit beter ontdek as met be­hulp van musiek en stories?” “Omtrent elke liedjie vertel ’n storie,” sê Mat­hys. “Dit is asof ek en Dana die hele tyd in gesprek is met mekaar.” Verblyf: Sandbaai Country Lodge Vrydag 9 Augustus 16:00 Sandbaaisaal, R120 75 min.

r Custome tion c a f s i t a S riority - our top

p

Vehicle Factory Approved / Endorsed for ALL UNDER WARRANTY REPAIRS

PANEL BEATING & SPRAY PAINTING Tel. 028 313 2162


18

Kalfiefees

Hermanus Times Kalfiefeesprogram 2019 Woensdag 7 Augustus 17:00 OPENING: KUNSUITSTALLING Ouditorium

Donderdag 8 Augustus 20:00 GALA-AAND met DRIE VAN DIE BESTES Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus, begelei deur Matthys Maree (Musiek) R150 (Wyn ingesluit) 80 min. Sandbaaisaal

Vrydag 9 Augustus 10:00 HANSIE EN GRIETJIE (Kinder) ’n Story Team produksie R60 – 50 min. De Wetsaal

14:00 GALAXY-KONSERT (Jeugproduksie) Roné Roux (musiek) R80 – 60 min. (onder 10 en bo 70 gratis) Ouditorium 14:00 BOEKGELEENTHEID met Celeste Loriston oor haar jeugboek JYNX Gratis – 60 min. Woodenways-meubelwinkel, langs Hermanus Pietersfontein 16:00 LAG VAN DIE HUIL (Musiek en Woordkuns) met Mathys Roets en Dana Snyman R120 – 75 min. Sandbaaisaal 18:00 HUISHOU (drama) met Cintaine Schutte en Nadia Velvekens (Fiësta-benoemings en -wenners) R130 – 80 min. (Geen o.16 – Taal) De Wetsaal

10:00 VROUEDAGVIERING met Kevin Leo “Op reis met musiek, kos en humor” R190 – 120 min. Hemel-en-Aarde Brewery

20:00 AMANDA STRYDOM IN KONSERT (musiek) word begelei deur Coenraad Rall R150 – 90 min. Sandbaaisaal

10:00 GESPREK MET THEO VORSTER Suid-Afrika 2020: Klem op grootste veranderlikes en scenario’s daarna. R130 – 120 min. Ouditorium (09:30 vir 10:00)

20:00 DIE VOORDELE VAN EIERWIT (komiese drama) met Margit MeyerRödenbeck en Marion Holm R150 – 80 min (geen o.10) Ouditorium

13:00 ETENSUURKONSERT MENSE EN HULLE DINGE met Emile Minnie en Louise van Zyl (musiek en woordkuns) R100 – 60 min. (geen o.12 – Taal) De Wetsaal ’n Sprokkelster-produksie

0861 915 8000/www.computicket.com/ www.computicket.mobi Also available in these stores: Shoprite, Checkers, CheckersHyper and House and Home

Saterdag 10 Augustus 10:00 HUISHOU (drama) met Cintaine Schutte en Nadia Velvekens (Fiësta-benoemings en -wenners) R130 – 80 min. (geen o.16 – Taal) De Wetsaal 10:00 DIE VOORDELE VAN EIERWIT (komiese drama) met Margit MeyerRödenbeck en Marion Holm R150 – 80 min. (geen o.10 – Taal) Ouditorium 10:00 BOEKGELEENTHEID met Dana


19

8 - 12 Augustus 2019 Snyman: Hoe skryf mens vir SuidAfrikaners? Gratis – 60 min. Woodenways-meubelwinkel, langs Hermanus Pietersfontein 11:30 BOEKGELEENTHEID met Irma Joubert in gesprek met Jan-Jan Joubert Gratis – 60 min. Woodenways-meubelwinkel, langs Hermanus Pietersfontein 12:00 HANSIE EN GRIETJIE (Kinder) ’n Story Team-produksie R60 – 50 min. De Wetsaal 13:00 KLIPPE WAT VAL (drama) met Dean John Smith (naasbeste akteur) en Wilhelm van der Walt (beste akteur) en Gideon Lombard (musiek) R130 – 85 min. (geen o.16 – Taal) Sandbaaisaal 14:00 SÊ GROETE VIR MA (Dramedie) met Hannes van Wyk R120 – 60 min. Ouditorium 15:00 LIEGBEK/LIES OF THE MIND (musiek en kulkuns) met Geon Nel en Wilken Calitz R120 – 70 min. De Wetsaal 17:00 DONKIE (komiese drama)

R130 – 60 min. Sandbaaisaal 18:00 STORM IN A F-CUP BRA-VADES (musical comedy) with Michelle Botha R120 – 70 min. (No U-16 – Content) De Wet Hall 18:00 VAN KOOS TOT COUNTRY (musiek) met Wynand en Chereé Strydom R130 – 70 min. Ouditorium 20:00 THEUNS JORDAAN (musiek) R150 – 90 min. Sandbaaisaal

Sondag 11 Augustus 10:00 DIE ROAD TRIP (komedie) met Waldemar Schultz en Brendon Daniels R130 – 70 min. (Geen o.12 – Taal) Ouditorium 10:00 SIMPLY BLUE with Bishops a capella choir (music) R50, at the door De Wet Hall 15:00 STELLENBOSCH UNIVERSITY CHOIR under André van der Merwe (music) R140, 60 min. NG Church Community Hall, Onrusrivier

Kalfiefees-kuierplek Hierdie jaar is die Hermanus Times Kalfiefees se kuierplek by die Hemel-en-Aarde Brewery langs die Village-sentrum. Al reën dit buite het ons ’n venue wat toe en warm sal wees. Binne in die Hemel-en-Aarde Brewery is daar genoeg om te eet en te drink. Die wyn, bier en koeldrank sal nie op­raak nie en tee en koffie sal voortdurend be­skikbaar wees. Daar sal elke dag musiek deur plaaslike kunstenaars gemaak word. Whale Coast Ra­dio saai die Saterdag lewendig uit. Jou kanse is goed dat jy die aanbieders van Fiesta dáár sal raakloop. Aan die inwoners – daar sal

gekuier word sonder dat die lawaai te uit­bundig is. Daar sal ook ’n Kalfiefees-ta­fel wees en die ko­mi­­teelede sal inlig­ting verskaf. Kaart­jies vir alle verto­nings kan gedoen word by Computicket, by die Checkers-sentrum, asook Checkers Whale Coast Mall en by die Kalfiefees-kan­toor by die De Wetsaal. Indien ’n vertoning nie uitverkoop is nie, sal kaartjies by die deur te koop wees. Slegs kontant asb.


20

Kalfiefees

Huishou Twee wit vroue in Kaapstad, Nadia Valve­kens en Cintaine Schutte, wil ’n swart kind aanneem. Dirkie is ’n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Sy wil sorgvul­dig en noukeurig ’n huis skep en vol maak, en dink ook hulle het ’n plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika. Die jonger Hester is ’n loskop. Sy kry ’n oproep wat haar dwing om besoek af te lê by haar ou­er­huis op die platteland. Skielik begin sy won­der oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos die vroue vasklou aan hul beginsels en verbete baklei om deur die ander gehóór te word, word hul verhouding en liefde op die spel geplaas. Nadia Valvekens is aange­wys as die beste aktrise by die Aardklop Nasio­nale Kunstefees. Huishou is ook benoem vir vier KykNet-Fiësta-pryse. Dié Aardklop-pro­duksie word ondersteun deur KunsStig en NATi en die vervaardiger is Cintaine Schut­-

te in opdrag van Aardklop. Geskryf deur: Philip Rademeyer. Regisseur, ontwerp en beligtings­ontwerp: Nico Scheepers. Verblyf: Windsor Hotel

OPEN 24 hrs

Vrydag 9 Augustus 18:00 Saterdag 10 Augustus 10:00 De Wetsaal, R130. 80 min. Geen o.16 (taal)

FOODSTOP

Hermanus Convenience Centre Wrewards savings, My School, and all Woolworths cards acceptable.

Cape Consumers also now available.

028 316 2943 Cnr R43 & Main Road, Sandbaai


21

8 - 12 Augustus 2019

Die voordele van eierwit Kyk . . . as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag . . . Daar is ’n duisend dinge . . . mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n ve­gan) en pa se woonstel. Die voor­dele van eierwit besin oor ons gejaagde lewe, maar wat as dit vir ’n oomblik tot stilstand kom? Akteurs: Margit MeyerRödenbeck en Marion Holm. Teks: Retief Scholtz. Regie: Tara Notcutt Verblyf: Seven on Marine

Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm Vrydag 9 Augustus 20:00 en Saterdag 10 Augustus 10:00 Ouditorium, R150, 80 min. Geen o.10

Prof. André van Zyl Tel: 028 312 1510 AH: 064 640 8394 info@andrevanzyl.co.za www.andrevanzyl.co.za

endless seafood combinations with culture…

For the love of sharing:

9 College Road Hermanus,7200

Specialist in Oral Medicine and Periodontics Spesialis in Mondgeneeskunde en Periodonsie Periodontics • Implant Dentistry • Oral Medicine This is the only full-time specialist practice in the Overberg offering the following services: proud supporter of

• Dental implant surgery • Oral disease diagnosis and treatment • Gum disease treatment • Cosmetic gum surgery • Cone Beam CT scanning

Kalfiefees 2019


22

Kalfiefees

Klippe wat val Op ’n afgeleë plaas kruip ’n jongman in ’n hondehok weg. Om hom op die werf is net­jiese stapels klippe, ‘n herinnering aan men­se en diere wat reeds weg is. Sy boesemvriend keer ná 20 jaar terug na die plaas. As seuns was hulle onafskeidbaar, nou is hulle vreemdelinge vir mekaar. Ter­wyl die twee mans terug delf die verlede in verskiet die een ster na die ander. Klippe wat val was op verlede jaar se Woordfees die Beste debuut­produksie. “Dis boeiend omdat jy as gehoorlid so sterk ingetrek word deur hierdie storie wat na aan die been van aktuele sake sny” – Wayne Muller, INK Die spelers is ook beloon by die Fiëstas met Wilhelm van der Walt as die beste speler en Dean John Smith as die beste byspeler.

Sandbaai Country House Perfectly situated as a base for exploring the region which is famous for it's whales, fynbos, crisp champagne sea air, peace and tranquility and is unsurpassed in it's natural beauty. Close by are many nature reserves, botanical and wild flower gardens where visitors can walk, hike or stroll, or just sit and enjoy nature's treasures. Enjoy the view of the ocean across Walker Bay, or of the towering mountains. Watch the whales from your bedroom, the lounge or while enjoying your breakfast.

205 Piet Retief, Crescent, Sanbaai. Tel. 028-316 3603 Fax 028-316 3078 info@sandbaaicountryhouse.co.za www.sandbaaicountryhouse.co.za

Foto: Vulture Photography

Skrywer: Philip Rademeyer. Regisseur: Philip Rademeyer. Spelers: Wilhelm van der Walt, Dean John Smith en Gideon Lombard (musiek) Verblyf: Whale Coast Hotel Saterdag 10 Augustus 13:00 Sandbaaisaal, R130, 85 min. Geen o.16 Borg: Dagbreek-trust

Located only a 5-minute walk from the Old Harbour of Hermanus, the Whale Coast Hotel offers luxurious apartments with full hotel services. Our central location allows for indulgence in the beautiful coastal town as well as exploring the scenic beauty and many adventures it has to offer. The apartments feature elegant design in neutral colours and include a lounge with a flat-screen, satellite TV and free Wi-Fi. With the addition of our Old Harbour Cafe, guests can enjoy a delicious breakfast before starting a day exploring Hermanus. Local Restaurants, boutiques, coffee shops, bistros and exciting outdoor activities are in close proximity just as are local landmarks such as the Cliff Path which are only a few minutes walk away.

T 028 312 3096 E reservations@whalecoasthotel.co.za A Lord Roberts Street, Hermanus


23

8 - 12 Augustus 2019

‘Sê groete vir ma’ Vir die eerste keer in baie jare betree Hannes van Wyk weer alleen die verhoog met ’n splin­ternuwe eenmanstuk, Sê groete vir ma. Hannes vertolk die rol van Reg­hardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en be­staan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het. Dit is ’n drama waarin die lag en die traan baie naby aan mekaar loop: die band tussen ’n ma en haar kind, hul lewensreis saam, die pyn en onvermyde­likheid van oud word en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is. Dit vertel die storie van Reghardt se vorm­ingsjare (’n sensitiewe kind wat op ’n plaas moet grootword en die dinge van manwees Lidiko Heritage House, voorheen bekend as “Die Krige Huis” of “Melkbos” is perfek geleë vir gaste wat die Kalfiefees besoek. Die Erfenis villa is geleë te De Villiers straat 6, net om die hoek van die De Wetsaal waar die lekkerste kuiers en beste vertonings plaasvind. Gaste kan die sowat 100 meter na die see toe stap of sommer net met 'n glas wyn op die stoep die see hoor fluister deur die takke van die geskiedkundige melkhout bosse van die huis. Saans kan 'n sjerrie geniet word voor die kaggel in die geskiedkundige sitkamer. Geniet Suid-Afrika se erfenis, bly in die kamer waar Uys Krige geskryf het, sit onder die Melkhout boom waar Generaal Smuts sy pyp gerook het en in die sitkamer waar Tannie Issie Smuts tee gedrink het.

Verblyf in die 5 en-suite kamers word op 'n bed en ontbyt basis aangebied, komplimentêre tee en koffie, natuurlik met beskuit, sowel as vars vrugte is heeldag beskikbaar vir ons gaste. Navrae en besprekings: t 0829407184 e res@lidikohermanus.co.za w www.lidiko.co.za

en “man word” gou moet kop), sy pa, sy nie-so-slim broer, De­waldt, en sy veerpoothoender, Knoop, wat hom van die dood geleer het en die pyn en verne­de­ring van tiener wees. Dis ’n soort knop-in-die-keel-ky­kie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: Die getik-tok van die klok wat niemand die aardigheid van oud word spaar nie. Dit is ’n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir lag met ’n traan. Elkeen wat ’n ma het, gehad het of sélf ’n ma is, moet hierdie langverwagte teaterstuk sien. Saterdag 10 Augustus, 14:00, Ouditorium, R120, 60 min.


24

Kalfiefees

Donkie In Donkie ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoër­skool Hans Oosthuizen, ’n voorma­lige model C-skool. “Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik. Mnr. Swart is ’n man onder druk. Daar was ’n berig in ’n Sondag­koe­rant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leer­ders se akade­miese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvol­gens verloor. Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse. Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die

dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die beheerlig­gaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend by saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel . . . Maak seker jy kry die ge­leentheid om die bekroon­de en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien in 2019! Regisseur: Gerrit Schoonhoven Teks: Dana Snyman Verblyf: 138 On Marine Saterdag 10 Augustus 17:00 Sandbaaisaal, R130, 60 min.

The Arniston Spa Hotel lies on the exquisite and rugged Cape coastline in the Overberg region. Offering 67 en suite luxurious rooms with spectacular ocean views; sumptuous cuisine complimented by award-wining local wines; and the renowned luxury Ginkgo Spa for ultimate relaxation. 028 445 9000 • info@arnistonhotel.com www.arnistonhotel.com


S

. . . E U E U Q E H T P KI

’ N I K C I L C T GE

IVE DEALS S U L C X E R O EF A @ KFC.CO.Z ORDER ONLIN


26

Kalfiefees

Storm in a F cup Bra-vades Debra is 40-something and she’s been kissed before . . . But why don’t they stay? Lucky for her, her dating fairy godmother, Doctor Dill, has the dating advice she needs to help her find “the One” . . .

Artist: Michelle Botha Director: Thomas Barlow Accom­mo­dation: On the Vermont

Ever wondered what your bra would say if it could talk . . . you’re about to find out! Debra’s bras will relay her dating disaster journey, and give her the love and support she needs. With Jazz standards such as “Make you feel my love” to disco hits “I will survive” this rambunctious musical cabaret directed by Thomas Barlow, starring Michelle Botha, from Getroud met Rugby and, more recent­ly, Binnelanders, will have you tearing up and rolling in the aisle with laughter. The show is in English and has an age restric­tion of 16 due to content.

Saturday 10 August 18:00 De Wet Hall, R120 70 min. No under-16s

Wonderland Lifestyle Nursery Super Plants

Your medicine brought to you by

028 316 4006 / 028 316 1798

Coffee Shop

ATE SKPARK

t Pain

ball

Putt Putt

www.wlnursery.co.za www.wonderlandcafe.co.za

Network Pharmacy

Onrus Pharmacy Tel. 028 316 1515

INDOOR & OUTDOOR PLAY PARK • COFFEE SHOP GIFT SHOP • PARTIES • FURNITURE We may think we are nurturing our Garden, but of course it's our Garden that is really nurturing us. - Jenny Uglow

E MEE SSEEENG C OM CO AANGEE R E R E ID W ID R W OYSS!! O OUUR O OFF TTOY

CNR MAIN ROAD & R43 SANDBAAI HERMANUS

Meet Buddy, the Talking Tree

CELL: +27 82 304 6944

Email: fdebeer@supersolarsa.co.za

Onrus Trading Post, Main rd, Onrus River

U kan nou u bestelling plaas via e-pos onrusrx@gmail.com

Tel. 028 316 3101


27

8 - 12 Augustus 2019

Die Road Trip Jaco en Belarus is op die pad. Die plan is om op ’n roadtrip van suid na noord te gaan om bietjie weg te om van alles: We­der­helftes, kinders, troeteldiere en werk. Dit is net die oop pad sonder verpligtings, sorge en skuldgevoelens. Maar die lewe is nie meer so eenvoudig soos 20 jaar gelede nie en dinge rafel vinnig uit as die twee hul verlore jeug probeer herleef – met skree­u­snaakse gevolge. Geheime word ont­bloot en daar wag ’n verrassing in die ba­ga­siebak as die teëspoed hulle in die mid­­del van nêrens tref. Die roadtrip sal waar­skynlik dieselfde trefferpad loop as die span se Net ’n chiliburger en chips asse­blief! Akteurs: Waldemar Schultz en Brandon Daniels Regie: Gaerin Hauptfleisch Teks: Ferdinand Bekker

Sondag 12 Augustus 10:00 Ouditorium, R130, 70 min. Geen o.12 (taal)


28

Kalfiefees

Musiek en kulkuns - Liegbek / Lies of the mind Dié produksie van Geon Nel en Wilken Calitz is ’n mengsel van musiek en kulkuns. Die gehoor is van die begin af deel van die vertoning en word op ’n reis ge­neem deur die ontwikkeling van die mens­like brein, met behulp van musiek en kul­kuns as die agtergrond. Daar word deur­gaans gespeel met die idee van leuens en hoe om iemand te “beheer”. Hoekom jok ons en hoe kan ’n mens agter­kom as mense vir jou jok? Van die begin af word daar gesin­speel dat daar vir die helfte van die verto­ning vir die ge­hoor gejok gaan word en die ander helfte die waarheid ge­praat gaan word. Jy moet maar self besluit.

Saterdag 10 Augustus 15:00 De Wetsaal, R120, 70 min.

Hermanus

YOUR REAL ESTATE PARTNERS IN THE OVERSTRAND harcourts.hermanus.co.za

OFFICES IN:

HERMANUS CBD: 028 050 2233

ONRUS RIVER: 028 316 2980

KLEINMOND: 028 271 3348

GANSBAAI: 028 050 2244


Hermanuspietersfontein


30

Kalfiefees

‘Van Koos tot country’ Van Koos tot country met Wynand en Che­reé Strydom. Ons het Wynand leer ken as die rasperstem-sanger, met sy groot treffer, “Katrina”. Sedertdien het hierdie kunste­naar al nie minder nie as nege solo-albums bekend gestel. Wynand neem sy toehoor­ders op ’n musikale reis, met genres vir elke smaak. Sy unieke vertolking van nuwe, so­wel as ou bekende treffers, is ongekend en beloof om ’n besonderse ervaring vir elkeen te wees. Chereé is nie verniet Suid-Afrika se eie Country Girl nie. Dit is ’n titel wat sy met reg verdien. Sy spog reeds met vyf soloalbums, asook verskeie pryse op die gebied van countrymusiek. Met haar borrelende persoonlikheid sit sy ’n glimlag op die suurste persoon se gesig. Verblyf: 16 Quest House

Saterdag 10 Augustus 18:00 Ouditorium, R130, 70 min.


31

8 - 12 Augustus 2019

Amanda Strydom in konsert Amanda Strydom is volksbesit. Die erepen­ning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns is in 2012 aan haar toegeken en Kunste Onbe­perk het haar vanjaar vir haar lewens­bydrae tot musiek vereer. Haar 2018 produksie, Stadig oor die klippers, het vanjaar die Fiësta-prys verower vir beste musiekproduksie. Sy vier vanjaar ook haar 40ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Amanda Strydom in Konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans, Engels en Nederlands. Sy weef stories en poësie tussendeur die mu­siek en dek die hele spektrum. Strydom word begelei deur die briljante Coenraad Rall. Verblyf: Misty Waves Vrydag 9 Augustus 20:00 Sandbaaisaal, R150, 90 min.

Onrus & Voëlklip Verwelkom alle besoekers aan die Kalfiefees

Hermanus KalfieFees Special From R600 p.p. sharing per night in a Sea Facing Room Or From R475 p.p. sharing per night in a Non-Sea Facing Room Inclusive of Bed & Breakfast • Valid until 31 August 2019 028 312 3727 info@windsorhotel.co.za www.windsorhotel.co.za

OK Minimark Onrus

OK Minimark Voëlklip

028 316 3711

028 314 0794

Oop elke dag: 07:00 - 21:00


32

Kalfiefees

Simply Blue

Simply Blue is a four-part a cappella group of singers from Diocesan College (Bishops’) in Rondebosch, Cape Town. The school’s aim has always been to create an opportunity for senior boys to be able to express their enjoy­ment of singing contem­porary songs and other light-hearted classics, and to share their love of music with others. With this in mind, Simply Blue’s repertoire includes contemporary tunes and songs from yesteryear (including a Beatles and an Elvis Medley). Over the last 19 years since its inception the group has grown in popu­larity and visibility. The group has perfor­med at the Graham­stown Festival six times and has toured Argentina twice. In 2012, it was invited to perform at the International Society of Music Educators in Greece, and in 2015 it had a most successful trip performing at the Edinburgh Festival. Last year the group returned to Greece. Sunday 11 August at 10:00, De Wet Hall, R50 at the door, 60 minutes


33

8 - 12 Augustus 2019

Theuns Jordaan Theuns Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog op­gelewer het. Met vyf solo-albums en verko­pe van meer as 1 miljoen het hy bewys dat hy nie net ’n sanger van formaat is nie, maar ook ’n baie talentvolle liedjieskrywer. Sy nuwe album, Roeper, wat in Mei 2012 bekend gestel is, se verkope is reeds by die 100 000-merk verby. Dit was die grootste plaaslike bekendstelling van die jaar. Sy tweede in samewerking met Juanita du Plessis, Hart Vol Drome, was eweneens ’n reusesukses met die DVD én CD wat plati­numstatus behaal het. Theuns se eerste album, Vreemde Stad, is in 2000 bekend gestel en is die suksesvolste debuutalbum ooit in Afrikaans met verkope van meer as 200 000. Sy tweede album, Tjailatyd, het ook meer as 200 000 verkope behaal en sy derde album, Seisoen, se ver­kope is reeds verby 100 000. Sy Grootste Treffers-album was een van 2007 se sukses­verhale met verkope van meer as 90 000. Koue Vuur, die album waarop Theuns die musiek van Koos du Plessis sing, was ewen­eens ’n treffer met verkope van meer as 100 000. Sy vyfde album, Roeper, is die groot­ste verkoper van 2012 met verkope van ook meer as 130 000! Hierdie verkoopsyfers besorg aan Theuns die hoogste gemiddelde verkope per album in die land. As sanger het Theuns oor die jare bekend geword vir die gemak waarmee hy gehore vermaak. Van sagte ballades en liefdeslied­jies tot op-en-wakker deuntjies wat mense op hulle stoele laat dans. Een ding is seker Theuns weet net hoe! Hy is ook nie net ’n uitstekende vertolker van sy eie werk nie. Wanneer hy die musiek van kunstenaars soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel of Koos Kombuis sing, bring hy daardie liedjies met sy eiesoortige styl na waarderende ge­hore. Met sy weergawe van “Beautiful in Beaufort-Wes” het hy Suid-Afrika voorgestel aan die liedjieskrywer Gert Vlok Nel en as dit nie vir Theuns was nie, het die meeste mense nooit op “Loslappie” gejol nie. Verblyf: Whale Coast Hotel

Saterdag 10 Augustus 20:00 Sandbaaisaal R150, 90 min

GROTTO COTTAGE GRACIOUS SELF-CATERING BEACH HOUSE Overlooking one of the most beautiful sea views in Hermanus, Grotto Cottage is situated directly above Grotto Beach, with the picturesque Maanskyn mountain behind it. The house, ideal for 2-3 families, sleeps 13, with 5 double bedrooms, a bunk room and 3 bathrooms. The kitchen, with breakfast counter leads through to a playroom / dining room for children. An open-plan lounge / dining room looks one way onto the swimming pool courtyard and the other onto a rolling lawn and the sea. RATES: Low Season: R3 000 p/d, High Season: R4000p/d Email: natashamargaretcurry@gmail.com


Gat ewayCent r e,Her manus Gat ewayCent r e, H/ VMai nenMi mos aSt r aat

Tel :0283136084 www. r ol avwher manus . c o. z a


8 - 12 Augustus 2019

35

Stellenbosch-universiteitskoor

Die US se koor is een van Suid-Afrika se meesgerekende jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Deur die loop van die afge­lope 82 jaar het dié universi­teits­koor die groot verande­ringe in ons samelewing weer­spieël en vandag is dit ’n toonbeeld van die vermoë wat musiek het om diversiteit oor alle grense heen te laat har­mo­nieer. Van 29 Junie tot 15 Julie ver­lede jaar het die koor aan die prestigeryke wêreldkoor-eisted­dfod, die Llangollen Interna­sionale Musiek-eisted­dfod in Wallis, deelgeneem. Die koor het na Wallis gereis via Londen en Bath waar hulle genooi is om uitvoerings te gee. Die Llangollen-eisteddfod is nie net ’n wêreldbekende koormusiekfees nie, dit is ook ’n viering van die musiek, danse en kulture

van nasies oor die wêreld heen. Deelname aan dié fees is ’n geleentheid om talent aan ’n internasionale gehoor ten toon te stel en om interkul­tureel te deel en waardevolle ervaring op te doen – nie net van die beste koormu­siek ter wêreld nie, maar ook om insae te kry in die kulture en waardes waarin daardie musiek gewortel is. Moenie hierdie geleentheid om die beste koor in die wêreld te hoor, mis nie! Koorleier: André van der Merwe

Sondag 11 Augustus 15:00 NG Kerk Onrus-gemeentesaal, R140 60 min. Borg: Naspers