eare
KONING LEAR
U Y S K R I G E AS S H A K E S P E A R E - V E R T A L E R T oe Uys K rige se vertaling van Shakespeare se beste blyspel, Twelfth Night, m et die eeufees van Shakespeare in 1964, d eu r T R U K in Pretoria, Jo h a n n e sb u rg en op die R a n d opgevoer is, is dit m et ’n m erkw aardige geesdrif o ntvang d eur die T ransvaalse publiek sowel as die pers van die hele Suid-Afrika. In ons A frikaans- sowel as Engelssprekende koerante en tydskrifte het die kritici m et m ekaar gewedyw er om vertaling én opvoering (onder die regie van L eonard Schach) te huldig. P arty kritici het selfs verklaar d a t die opvoering van Twaalfde Nag die mees geslaagde Shakespeare-vertoning was w at hulle nog in Suid-Afrika gesien het. W at hulle veral hoog geroem het, was die beroem de komiese dele tussen die twee ou drinkebroers, sir T obie W ynvat en sir Andrics Bibberbakkies. K ort na Twaalfde Nag se prem iêre het T R U K aangekondig d at die stuk die grootste reklam e ontvang het w at enige toneelstuk nog te beurt geval het in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse toneel. T oe Twaalfde Nag in 1967 in boekvorm verskyn, was ons kritici eenparig in hul m ening d at ons hier m et ’n m eesterlike vertaling te doen het. Een kritikus het verklaar: „Twaalfde Nag is die beste vertaling van ’n Shakespearestuk w at ek nog ooit teëgekom het . . .” Uys K rige is die sienswyse toegedaan d a t King Lear ’n veel moeiliker vertalerstaak is as Twelfth Night. H ier is w at hy geskryf het vir Koning Lear se program vir die openingsaand in die Nico M alan teater, K aapstad, in M ei 1971: K R IG E O O R K O N IN G LEAR King Lear was nog altyd m y gunsteling-treurspel in die Engelse letterkunde, en een van die aangrypendste en sinrykste tragedies in d i e ' hele geskiedenis van wêrelddram a. N a m y vertaling van Twelfth Night in 1963 was dit die een d ram a van Shakespeare w at ek ,,nog een van die mooi d a e ” graag in Afrikaans wou vertaal. En nie alleen om dat die stuk m y altyd so diep ontroer het nie. O ok omd a t ek al geruim e tyd oortuig was d a t Afrikaans by uitnem endheid geskik is as vertaalm edium vir Shakespeare se dinam iese, van lewe bruisende Engels. (Dis ’n ou stokperdjie van my, die stelling d a t Afrikaans op hierdie stadium van sy ontwikkeling in sy lewenskrag, idiom atiese rykdom , frisheid en ongereptheid veel gemeen het m et Elisabethaanse Engels.) Die vertaling van King Lear, het ek gedink, sou nie alleen ’n uitdaging wees aan die A frikaanse taal en sy veelvuldige vermoëns nie, m aa r ook ’n uitdaging aan m y eie vermoëns as ’n vertaler. Sou ek minstens redelik kon slaag, het ek m yself afgevra, m et die vertaal van Shakespeare se grootste treurspel soos ek volgens p arty kritici geslaag het m et die vertaal van sy beste blyspel? Ek het dus gegryp, in 1970, na Pieter Fourie van K R U IK se uitnodiging om King Lear te vertaal. W ant hierdeur is ek voor ’n voldonge feit gestel. N ou was d a a r geen wegkom kans m eer nie: hier staan ’n groot versperring m y voor die deur, en ek moet hom oor kom w at w i l . . . Ek het agterstevoor begin, by die einde. Ek het gedink ek sou die moeilikste gedeelte eerste pak - d aardie slottoneel van L ear se afsterwe, vir my die sterkste sterfbedVervolg op agterjlap
WILLIAM SHAKESPEARE
K O N I N G LEAR VERTAAL DEUR
UYS K R I G E
Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij
fU>',
oítcS48 l2<4
Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij Langstraat 58, Kaapstad / Paul Krugerstraat 480, Pretoria Kopiereg © Afrikaanse vertaling Uys Krige 1971 Eerste Afrikaanse uitgawe 1971 Tweede druk 1975 Derde druk 1976 Vierde druk 1976 Stofomslag B ill Edingburgh Geset in 10 op 12 p t. Baskerville en gedruk en gebind deur Citadel-Pers, Lansdowne, Kaap
I S B N 0 7 9 8 6 0004 7
300079843
. . . Haar stem was altyd sag, Liejiik en teer, iets heel moois in 'n vrou. Aan die nagedagtenis van ons dierbare suster, MIZZI BAUMANN
K O N I N G L E AR is vir die eerste maal opgevoer deur die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste in die Nico Malan-Teater, Kaapstad, op die aand van 28 Mei, 1971. Hierdie opvoering was die Afrikaanse Toneelgroep se openingsaanbieding; en die rolverdeling was as volg: Cobus Rossouw Lear, Koning van Brittanje . Price Coetzee Koning van Frankryk Martin Crous Hertog van Boergondië Chris Swanepoel Hertog van Cornwall, Regan se Eggenoot Mees Xteen Hertog van Albanië, Goneril se Eggenoot Pieter Joubert Graaf van Kent Jannie Gildenhuys Graaf van Gloucester David Haynes Edgar, Gloucester se Seun . Johan Malherbe Edmond, Gloucester se Onegte seun Paul Malherbe Curan, ’n Howeling . Paul Slabolepszy Oswald, Goneril se Bediende Ou Man, Gloucester se Pagter Arts . . . . . Siegfried Mynhardt Nar . . . . ’n Offisier, in Edmond se diens Barry White ’n Heer, Volgeling van Cordelia ’n Herout Martin Crous Cornwall se Bediendes Lear se Dogters Margot Luyt Goneril Sandra Kotzé Regan . . . . Katinka Heyns Cordelia Ridders in Lear se Gevolg, Offisiere, Johann Potgieter, Graham Soldate en Volgelinge Prosser, Barry White en Martin Crous i
Toneel: Brittanje Die regisseur was Dieter Reible; en die kostuums was deur Beatrice Reible, die dekor deur Pieter de Swardt.
íQSmï
EERSTEBEDRYF
TONEEL EEN
Die Paleis van Koning Lear. Kent, Gloucester en Edmond op. KENT
Ek het die indruk gekry die Koning was die Hertog van Albanië meer toegeneë as die Hertog van Cornwall. GLOUCESTER
So het dit ons altyd voorgekom; maar nou, by die verdeling van die koninkryk, blyk dit tog nie watter Hertog hy die hoogste skat nie; want die twee dele is so háarfyn teen mekaar opgeweeg dat die noukeurigste ondersoek nie één van die twee Hertoë in staat kan stel om die ander se deel bo sy eie te verkies nie. KENT
Is dit nie u seun nie, my Heer ? GLOUCESTER
Sy opvoeding, Heer, was vir my rekening. Ek het al so dikwels gebloos om hom as seun te erken, dat ek teen dié tyd daarteen verhard is. KENT
Ek begryp u nie. CLOUCESTER
Heer, hierdie jongman se moeder het my maar alte goed begryp; ons het ons eintlik aan mekaar vergryp; en toe kry sy begryplikerwyse ’n ronde buik, en had sy inderdaad, Heer, ’n seun vir haar wieg nog voor sy ’n eggenoot had vir haar bed. Ruik u miskien ’n fout ? KENT
’n Dergelike fout sou ek nie ongedaan kon wens nie aangesien die gevolge daarvan so aantreklik is. 9
GLOUCESTER
Maar ek het nog ’n seun, Heer, en hy is wettig, ongeveer ’n jaar ouer as dié een, wat egter daarom nie hoër by my aangeskryf staan nie. Alhoewel hierdie rakker nogal ’n bietjie voor op die wa en ongenooi die wêreld ingekraai gekom het, tog was sy moeder mooi; ons het ons vermaak om hom te maak; en my speelkind moet erken word. Kenjy hierdie edelman, Edmond? EDMOND
Nee, my Heer. GLOUCESTER
Die Graaf van Kent; onthou hom voortaan as my hooggeëerde vriend. EDMOND
Die dienaar van U Edelheid. KENT
Ek sal u op my hart dra, en sou graag nader met u kennis wil maak. EDMOND
Heer, ek sal alles in die werk stel om u vriendskap te verdien. GLOUCESTER
Hy was nege jaar in die buiteland, en nou moet hy daarheen terugkeer. Hier kom die Koning. ’n Fanfare. Iemand verskyn wat *n kroon dra; dan volg Koning Lear, Cornwall, Albanië, Goneril, Regan, Cordelia en Gevolg. LEAR
Ontvang die Vorste van Frankryk en Boergondië, Gloucester. GLOUCESTER
Ek sal, my Vors. Gloucester en Edmond a f 10
LEAR
Intussen wil oris ons geheime plan onthul. Gee rny dié kaart. Alrnal moet weet ons het Ons ryk in drie verdeel; en ons is vasbeslote Om alle sorge van ons oudag af te skud, Hulle oor te dra aan jonger kragte wyl Ons sonder las kruip na die dood. Ons seun, Cornwall, En u, ons seun, Albanië, ons ewe toegeneë, Ons wil nou graag elk dogters bruidskat aan U openbaar, dat daar geen stryd kom in die toekoms. Die Prinse, Frankryk en Boergondië, wat meeding om Die liefde van ons jongste dogter, het A1 lank as minnaars in ons hof vertoef, En wag nou op ’n antwoord. Sê my, my dogters, (Daar ons ons nou ontdoen van heerskappy, Van al wat ons besit, die sorge van ons staat) Wie van jul moet ons sê het ons die meeste lief? Dat ons ons mildste guns mag skenk waar die Natuur wedywer met verdienste. Goneril, Ons eersgeborene, praat jy eerste. GONERIL
Heer, ek bemin u meer as ooit die woord kan sê; Meer as my oë, daardie lug, die vryheid; Ver bo alles wat seldsaam is of ryk; As selfs die lewe, deug, gesondheid, skoonheid, eer; Soveel as ooit ’n vader liefde van Sy kind ontvang’t, ’n liefde wat my asem wegSlaan in my keel en my my spraak ontneem; Veel meer as alles dit bemin ek u. GORDELIA
[tersy] Wat sal Cordelia sê ? Flet lief, en swyg. LEAR
Die hele groot gebied, van daardie grens tot hier, Vol skaduryke bosse, landerye, Riviere diep en wyd en uitgestrekte weiveld,
Verklaar ons nou behoort aan u; en aan u kroos En dié van Albanië vir altyd. Wat sê Ons tweede dogter, liefste Regan, vrou van Gornwall ? REGAN
Ek’s uit dieselfde hout gesny as sý, my suster, En skat my haar gelyke. Hier diep in my hart Vind ek die einste liefde wat sy noem; Net sy skiet nog te kort, want ek verklaar Myself die vyand van al ander vreugdes Wat heerlik al ons sintuie saam besit, En vind slegs in die liefde van my vader My heil en my geluk. CORDELIA
[tersy] Arme Cordelia dan! En tog nie arm; want my liefde, is ek seker, Weeg swaarder as my woorde. LEAR
As eew’ge erfenis kry jy en jou nasate Dié ruime derde van ons skone ryk, Nie minder uitgestrek of waardevol, behaaglik As dié wat ons aan Gk>neril skenk. En nou, ons vreugde, Die laaste maar die minste nie; om wíe se liefde Frankryk se wingerde en Boergondië se melk Wedywer met mekaar; wat kan jy sê dat jy ’n Ryker derde erwe as jou susters? Praat. CORDELIA
Niks, Vader. LEAR
Niks? CORDELIA
Niks. 12
LEAR
Van niks sal niks kom, kind; praat wcer. CORDELIA
Armsalige wat ek is, ek kan my hart Nie uitstort in my mond. Ek het U Hoogheid lief Soos pligsbesef dit eis; niks meer, niks minder nie. LEAR
Wat, wat, Cordelia! Praat 5n beter taal, Ofjy gaan jou geluk bederf. CORDELIA
My liewe Vader, U ’t my verwek, gevoed, my liefgehad; en ek Vergeld u al dié pligte soos’t ’n kind betaam, Gehoorsaam u en eer u, het u lief. Waarom’t my susters mans, as hulle sê Hul’t slegs ú lief? Gelukkig, as ek trou, Skenk ek aan hom aan wie ek trou gesweer het, Die helfte van my liefde, plig en sorg. Gewis, ek sal nooit soos my susters trou, Om net my vader lief te hê. LEAR
Jy praat hier uit jou hart ? CORDELIA
Ja, my goeie Vader. LEAR
So jonk, en so gevoelloos ? CORDELIA
So jonk, my Hecr, en so opreg. LEAR
Laat jou opregtheid dan jou bruidskat wees; Want by die heil’ge gloed van daardie son, By Hekate se geheime en die nag, 13
By al die wonderkrag van die gesternte Deur wie ons leef en ook vergaan, verwerp Ek hier nou al my vaderlike pligte, sorg, Verwrantskap en elk hegte band van bloed; Van nou af aan word jy ’n vreemd’ling vir My hart en siel vir altyd. Die barbaarse Skith, Of hy wat as die honger knaag, sy kinders eet, Sal ewe na lê aan my hart, my meely wek En bystand vind by my, as jy, my vroeër dogter. KENT
My goeie Vors LEAR
Swyg, K ent! Kom nie tussen die Draak nie en sy woede. Ek had haar meeste lief. In haar teer sorg wou ek Soet rus op my oudag. Weg! Weg voor my gesig! So waarlik sal my graf my rus gee as ek nou Haar vaders hart vir goed van haar vervreem! Roep Frankryk! Wat! Gou, gou! Roer niemand hier? En roep Boergondië! Cornwall en Albanië, Voeg by my dogters bruidskat ook ’n derde deel; Laat trots, wat sy opregtheid noem, haar trou. Tesaam beklee ek u met al my mag, My hoë rang en al die eretekens Eie aan die koningskap. Onsself sal maand’liks Met 5n gevolg van honderd ridders wat Jul sal moet onderhou, stip om die beurt By julle ons intrek neem. Net ons behou Die koningsnaam en al sy eretitels; Die inkomste, gesag, bestuur van al die res, My liewe seuns, kom u slegs toe. Om dit Te staaf, deel hierdie kroon tesame. Hy gee hulle die kroon. KENT
Grote Lear, Wat ek nog altyd as my Koning eer, 14
Liefhet as vader en as meester volg, In my gebede sien as my beskermheer LEAR
Die boog is strak gespan; vermy die skig. KENT
Laat hy maar gons, al dring sy spits Diep in my hart. Laat Kent onhoflik wees, Word Lear waansinnig. Wat wil jy doen, ou man ? Dink jy dat plig te bang is om te praat As mag voor vleitaal buig ? ’n Man van eer praat pront As Konings dwaasheid pleeg. Herroep jou oordeel; Betoom, na ryp beraad, dié dolle roekloosheid, O wat ’n gruwel tog! Ek wed my lewe Jou jongste kind het jou nie minder lief nie; Hulle in wie se sagte stem geen hol geluid Weerklink, is geensins liefdeloos. LEAR
Kent, byjou lewe, swyg! KENT
My lewe’t ek nog altyd as ’n pand Beskou om teen jou vyande te waag; Ek gee dit prys, verseker dit jou veiligheid. LEAR
Maak dat jy wegkom! KENT
Sien beter, Lear; laat ek soos altyd wees Die ware doelwit van jou oë. LEAR
Nou, by Apollo KENT
Nou bv Apollo, Kcning, Jy sweer by al jou Gode tevergeefs. x5
LEAR
O goddelose kneg! Hy plaas sy hand op sy swaard. A L B A N IË EN CO RNW AL L
Bedwing u, goeie Heer! KENT
Ja, dood jou arts, en skenk jou fooi dan aan Jou bose kwaal. Trek dié verord’ning terug; Of ek sal uitroep wyl my keel nog krag het, Hier pleeg jy kwaad op kwaad. LEAR
Luister, verraaier! By jou eed as onderdaan, Luister! Jy’t ywerig gestreef om ons Tot woordbreuk oor te haal, iets wat Ons nooit durf doen het nie, en met Oordrewe trots dring jy jou nou tussen Ons uitspraak en ons mag, iets wat nóg ons Natuur nóg ons gesag kan duld. Maar nou Gaan ons jou wys ons ware krag. Ontvang jou loon! Vyf dae gun ons jou om jou toe te rus Teen al die slae en teenspoed van die wêreld; Die sesde dag moet jou gehate rug Gekeer wees op ons ryk; word jou verbanne liggaam Die tiende dag gevind in ons gebied, Dan sterfjy op die plek. Toe, weg! By Jupiter, Dié vonnis sal ek nie herroep. KENT
Vaarwel, my Vors; sinds jy van woede tier, Leef vryheid ver, ver weg, en ballingskap is hier. [Aan Cordelia] Mag al die Gode, jonkvrou, jou bewaar, Want suiwer ís jou gees, jou woorde klaar. [Aan Goneril en Regan] Maak dat dit waarheid word, al dié welsprekenheid, Wys ons dat liefdesdade uit liefdeswoorde spruit. Prinse, vaarwel! Kent soek ’n vreemde strand; 16
Sy ou koers volg hy in ’n nuwe land. Kent af. Trompetgeskal. Gloucester vershyn weer, met die Vorste van Frankryk, Boergondië en hul Gevolg. GLOUCESTER
Hier’s Frankryk en Boergondië, edele Heer. LEAR
Vors van Boergondië, Ons rig ons eers aan u, wat met dié Koning Steeds meeding om ons dogters hand. Wat is Die kleinste bruidskat wat u eis om nie U liefdesaansoek terug te trek nie ? BOERGONDIË
My Vors, Ek vra niks meer as wat u aanbied, En minder sal u ook nie offer nie. LEAR
Edele Hertog, Toe sy ons dierbaar was, het ons haar hoog geskat. Nou het haar prys gedaal. Daar staan sy, Heer; As iets in dié klein, skamel, maar o so eerlik wese, Of alles daar, met ons misnoeë toegevoeg, En niks daarby, miskien U Hoogheid sou behaag, Daar staan sy, en sy is van u. BOERGONDIË
Ek het geen antwoord. LEAR
Sal u, met al haar foute, sonder vriende, So pas die stiefkind van ons haat, met slegs Ons vloek vir bruidskat, deur ons eed vervreemd, Haar neem of haar laat staan? BOERGONDIË
Vergeef my, Vors; Met voorwaardes soos dié kan niemand kies nie. 17
LEAR
Laat staan haar, Heer: want by die mag wat my Geskape het, dit is haar hele rykdom. [Aan Frankryk] Ek sou u liefde, grote Vors, nie so bedrieg Deur u te laat trou met wie ek haat. Ek bid u dus U guns te skenk aan iemand waardiger As dié armsalige wat die Natuur Met skaamte sou erken as syne. FRANKRYK
Maar hoe vreemd Dat sy, so-ewe nog die vreugde van u oë, U trots, u troos, die balsem van u ouderdom, Die beste, liefste, in ’n kits so iets Afskuwelik kon pleeg dat sy die mantel van U guns ontbeer. Haar skuld moet so ontaard wees Dat dit van haar ’n monster maak, of anders was U teerheid vroeër haar betoon siegs skyn; En voor my rede dit van haar kan glo, Sal daar ’n wonder nodig wees. CORDELIA
Ek smeek U Majesteit - al is u vir my kwaad Omdat ek daardie oliegladde kuns ontbreek Om net te praat en niks te doen, want wat my hart My sê, dit doen ek voor ek praat - maak tog bekend Dit is geen skandvlek, moord of boosheid, Geen daad onkuis of eervergete handeling, Wat my beroof’t van u genade en guns, Maar die gemis (wat my juis ryker maak) Van ’n steeds bedelende oog, en van ’n tong wat Ek bly is dat ek nie besit, hoewel Juis dié tekort my u geneentheid moes ontneem. LEAR
Was jy maar liewer nie gebore as Om my so diep te grief.
18
FRANKRYK
En is dit al ? Haar skugterheid van aard wat haar belet ’n Woord te rep oor wat sy later wel Sal doen. Heer van Boergondië, wat dink U van dié bruid? Die liefde is geen liefde Waar dit vermeng is met oorwegings ver Verwyderd van die wesenlike liefde self. Wil u haar hê ? Sy is haar eie bruidskat. BOERGONDIË
U Majesteit, gee slegs dié deel deur u beloof, Dan neem ek hier Cordelia by die hand As Hertogin van gans Boergondië. LEAR
Niks, niks! Ek het gesweer en ek hou woord. BOERGONDIË
Dan is ek jammer u’t ’n vader so verloor Dat u ook nou ’n eggenoot verloor. CORDELIA
Mag hy, Boergondië, in vrede gaan! Daar stoflike belang die grondslag van Sy liefde is, sal ek sy vrou nie wees nie. FRANKRYK
Skone Cordelia, jy’s arm maar skatryk; Verlate, uitverkore; versmaái, maar welbemin! Jou en al jou deugde gryp ek na my hart; Wat weggewerp is, neem ek wettig op. Gode! hoe vreemd dat deur húl smaad en hoon My liefde vonk vat, haar slegs eerbied toon. U dogter, Vors, so arm aan goed, maar ryk aan gees, Sal my Vorstin en Koningin van Frankryk wees. Geen Hertoë van Boergondië, dié waterige land, Ontneem my ooit dié maag, dié kostelike pand. Neem afskeid, lief, al is hul u ook kwaadgcsind, Want wat jy hier verloor, gaan jy wel elders vind. 19
LEAR
Jy het haar, Frankryk; neem haar, sy’s nie meer Ons dogter, dié gelaat wdl ons nooit weer Aanskou nie. Gaan derhalwe heen Sonder ons liefde of ons guns, ons seén. Kom, edele Boergondië. Trompetgeskal. Lear, Boergondië, Cornwall, Albanië, Gloucesler en hul Gevolg af. FRANKRYK
Neem afskeid van u susters. CORDELIA
Juw ele van my vader, wenend gaan Cordelia van jul weg! Ek ken jul goed; Maar soos ’n ware suster is ek traag Jul foute op hul naam te noem. Wees lief vir Vader; Aan jul verklaarde trou dra ek hom op; Maar, ai, was sy geneentheid nog my deel, ’n Beter plek sou ek hom aanbéveel. Vaarwel dus, albei. REGAN
Skryf ons nie ons pligte voor. GONERIL
Streef om jou Koning te behaag, want hy’t Jou soos ’n aalmoes van Fortuin ontvang. Dis jou Verdiende loon, jy wat jou vader nie vereer het, Dat jy nog sal ontbeer wat hy vandag onbeer het. CORDELIA
Wat lis versteek het, sal die tyd ons leer; Wie foute dek, erf skande en oneer. Dit gaan jul goed! FRANKRYK
Kom, dierbare Cordelia. Frankryk en Cordelia af. 20
GONERIL
Suster, ek het heelwat te sê oor ’n paar sake wat van die grootste belang is vir ons albei. Ek dink ons vader vertrek nog vanaand. REGAN
Sonder die minste twyfel, en met jou. Volgende maand neem hy sy intrek by ons. GONERIL
Jy sien hoe vol grille hy geword het op sy oudag. Ons het daar volop ondervinding van. Hy het nog altyd ons suster die meeste liefgehad; en die gebrek aan gesonde verstand waarmee hy haar nou verwerp het, is maar alte in die oog lopend. REGAN
Dis ’n swakheid van sy ouderdom; selfkennis was nog nooit een van sy deugde nie. GONERIL
Selfs in die beste en gesondste jare van sy lewe was hy altyd opvlieënd. Ons kan dus van sy oudag verwag, om nie alleen te kampe te hê met al die diep ingewortelde swakhede van sy ware geaardheid nie, maar op die koop toe met die weerbarstige onbedwingbaarheid wat al die jare van aftakeling en kortgebondenheid met hulle meegebring het. REGAN
Ons sal dus enige oomblik *n skielike bevlieging soos dié van Kent se verbanning van hom kan verwag. GONERIL
Hy en Frankryk neem nog altyd formeel afskeid van mekaar. Ek druk dit jou op die hart, hier moet ons saamspan. As ons vader gaan aanhou om sy gesag te handhaaf met die roekeloosheid wat hom eie is, sal hierdie troonafstand ons nog baie moeite besorg. REGAN
Ons sal verder daaroor nadink. 21
GONERIL
Iets moet ons doen, die yster smee solank hy nog warm is. Albei a f
TONEEL TWEE
Die Kasteel van die Hertog van Gloucester. Edmond met 'n brief op. EDMOND
Natuur, jy’s my Godin, jou wette dien ek. Waarom sou ek dié peslike konvensie Duld, hierdie preutsheid van die volk’re toelaat Om my te onterf omdat my broer Slegs veertien maande ouer is as ek ? Waarom is ek oneg? En waarom laag? Ek wat so welgeskape is, so fier Van gees, so goed my vaders ewebeeld, As hy, die dierb’re seuntjie van Madam die kuise? Waarom brandmerk hul ons, óns as oneg? Ja, met onegtheid? Met onegtheid? Oneg? Oneg? Ons wat in die gestole ure van Die geile lus meer geesteskrag en vuur en drif Ontleen aan die natuur as ooit verspil word in ’n Suwwe, moeë, lustelose bed om daar *n Trop onnoseles te skep, tussen ’n slapie en Weer wakker word verwek? Dus, wettige Edgar, Jou land behoort aan my; ek die onegte Edmond het eweveel ons Vaders liefde As jy die wettige. Mooi woord, „wettige” ! Nou goed, my wettige, geluk dié brief En slaag my plan, sal die onegte Edmond Die wettige oortref. Ek groei, ek bloei! Gode, staan op vir alle onegtes! Gloucester op.
22
GLOUCESTER
Kent so verban! En Frankryk weg in woede! En ook die Koning voort! Sy mag beperk! Met slegs ’n toelae! Dit alles halsO o^op gedaan! Ha, Edmond, wat’s die nuus ? EDMOND
Niks, U Edelheid, niks. Hy steek haastig die brief in sy sak. GLOUCESTER
Maar waarom steek jy die brief so haastig weg ? EDMOND
Ek het geen nuus nie, Heer. GLOUCESTER
Maar jy was dan besig om ’n brief te lees. EDMOND
Dit was niks, my Heer, niks. GLOUCESTER
Niks ? Maar waarom dan die vreeslike haas om die brief in jou sak te stop ? Wat werklik niks is, hoef tog nie so vinnig weggesteek te word nie. Laat ons sien. Kom, as dit niks is, sal ek geen bril nodig hê nie. EDMOND
Ek bid u, Heer, verskoon my; .dis ’n brief van my broer wat ek nog nie heeltemal klaar gelees het nie; maar in sover ek dit gelees het, vind ek dit nie geskik vir u insae nie. GLOUCESTER
Gee my die brief, Heer! EDMOND
Nou gaan ek aanstoot gee of ek dit aan u wys of nie. Die inhoud, soos ek dit gedeeltelik begryp, moet afgekeur word. 23
GLOUCESTER
Laat oiis sien, laat ons sien. EDMOND
Ek hoop, ter regverdiging van my broer, dat hy die brief slegs geskryf het om my eerlikheid op die proef te stel. GLOUCESTER
[lesend] Hierdie ou gewoonte om slegs eerbied te hê vir die ouderdom, maak die wêreld vir ons bitter in die bestejare van ons lewe; en hou ons erfenis van ons weg tot ons te oud is om dit werklik te kan waardeer. Hoe langer hoe meer voel ek dat om op dié manier onderdruk te word deur 'n ou dwingeland wat heers, nie omdat hy werklike mag het nie, maar alleen omdat hy gedwee geduld word, niks anders is nie as net 9n toestand van dwase, doellose slawerny. Kom na my, dan kan ons verder hieroor praat. As ons vader sou slaap tot ek hom wakker maak, sou jy jou hele lewe lank die helfte van sy inkomste geniet, en steeds my innig toegeneë bly, EDGAR.
Wat! ’n Sameswering! „Slaap tot ek hom wakker maak . . . sou jy die helfte van sy inkomste geniet . . . ” My seun Edgar! Kon sy hand dit skryf ? sy hart en sy brein dit uitbroei ? Hoe kom jy aan dié brief? Wie’t dit gebring? EDMOND
Niemand het dit gebring nie, my Heer; dís juis die geslepenheid van die hele saak; iemand het dit deur my kamervenster gegooi. GLOUCESTER
Herken jy die handskrif van jou broer ? EDMOND
As die inhoud goed was, my Heer, sou ek durf sweer dis sy skrif; maar wat dit betref, sou ek graag wil dink dis nie syne nie. GLOUCESTER
Is dit syne ? EDMOND
Dis sy handskrif, my Heer; maar ek hoop sy hart had aan die inhoud geen deel nie. 24
GLOUCESTER
Het hy jou nog nooit tevore hieroor gepols nie ? EDMOND
Nog nooit, my Heer. Maar ek het hom dikwels die mening hoor uitspreek dat as ’n seun meerderjarig word, en sy vader se kragte is aan die afneem, die vader eintlik onder die voogdy van die seun behoort te kom, en die seun dan sy inkomste moet beheer. GLOUCESTER
O skurk, skurk! Dis dieselfde gedagte daar in sy brief! Afskuwelike skurk! Ontaarde, veragtelike, beesagtige skurk! Erger as beesagtig! Gaan, seun, gaan soek hom; ek sal hom in hegtenis laat neem. Afstootlike skurk! Waar is hy ? EDMOND
Ek weet dit nie presies nie, my Heer. Maar as dit u sou behaag om u verontwaardiging teen my broer op te skort tot u van hom beter getuienis van sy voorneme kan kry, sou dit, meen ek, ’n veiliger plan vir u wees. Terwyl as u nou heftig teen hom optree en dit blyk dat u u in sy doel misgis het, sou dit u eie eer groot skade aandoen en die kern van sy gehoorsaamheid verbrysel. Ek sou waag om my eie lewe vir hom te verpand dat hy hierdie brief geskryf het alleen om my geneentheid vir U Edelheid op die proef te stel, en met geen ander duistere bedoeling nie. GLOUCESTER
Dinkjy so? EDMOND
As U Edelheid dit goed vind, sal ek u plaas waar u ons oor dié saak kan hoor praat, en u eie ore u tevrede sal kan stel; en dit nie later as vanaand nie. GLOUCESTER
Maar hy kan nie so ’n monster wees nie EDMOND
Dit is hy seker nie. 25
GLOUCESTER
En dit nogal teenoor sy vader wat hom so teer en van ganser harte liefhet. Hemel en aarde! Edmond, gaan soek hom, werk jou tog in sy vertroue in om my onthalwe; reël die hele saak soos jy goed dink. Ek sou my rang en my fortuin ontbeer net om seker te wees. EDMOND
Heer, ek sal hom dadelik gaan soek, die saak so goed moontlik in orde bring, en u van alles in kennis stel. GLOUCESTER
‘
Hierdie verduisterings van die son en van die maan van die laaste tyd voorspel vir ons niks goeds nie. Ons kennis van die natuur mag dit sus of so verklaar, maar deur die rampspoedige gevolge daarvan word die Natuur soos deur plae geteister. Liefde verkoel, vriendskap word verbreek, broers kry rusie; in stede, oproer; in lande, tweedrag; in paleise, verraad; en die band tussen seun en vader skeur stukkend. My eie skurk van ’n seun bevestig juis dié voorspelling: daar’s seun teen vader. Die Koning gaan teen sy natuurlike instinkte in: daar’s vader teen kind. Ons het die beste van ons tyd gesien: gekonkel, valsheid, verraad en allerlei verderflike wanordelikhede volg ons onrusbarend na die graf. Lê hierdie booswig bloot, Edmond; jy sal daar niks by verloor nie; doen dit omsigtig. En die edele en getroue Kent verban! sy misdaad, eerlikheid! Hoe vreemd tog. . . Gloucester af\ EDMOND
Dit is die uitmuntende stompsinnigheid van die wêreld dat as ons geluk siek is - wat dikwels die doodnatuurlike slegte gevolge is van ons eie buitensporige gedrag - dan pak ons die skuld van ons rampe op die son, die maan, en die sterre; as sou ons skurke wees deur noodsaak, narre deur hemelse dwang, skelms, diewe en bedrieërs bloot omdat ’n sfeer daarbo al die ander sterre oorheers het; dronkaards, leuenaars en oorspeliges deur ’n gedwonge gehoorsaamheid aan ’n planeet se invloed; asof alles wat daar boos in ons skuil, ons deur goddelike aandrang ingeblaas is. Wat ’n bewonderenswaardige uitvlug vir die hoerebaas mens,
om 5n ster die skuld te gee vir sy bokramnatuur! My vader het met my moeder saamgespan onder die Draak se stert, en my geboorte het geval onder die Groot Beer; dus volg dit vanselfsprekend dat ek ’n rowwe jágse vent is. Twak! Ek sou gewees het wat ek is al het die maagdelikste ster in die hele hemelgewelf op my onegte verwekking neergevonkel. Edgar - [Edgar opJ] En hier, pam ! in die kol, kom hy aangesit presies soos die katastrofe in ’n ou toneelstuk. My houding is dié van ’n sombere voorgevoel, met ’n sug soos van Tom uit die Groot Gekkehuis. O, hierdie verduisteringe voorspel al hierdie verdeeldheid! Fa. sol, la, mi. Edmond neurie ’n wysie. EDGAR
En toe, broer Edmond, in watter ernstige oorpeinsinge is jy verdiep ? EDMOND
Ek staan hier juis en dink, broer, aan ’n voorspelling wat ek nou die dag gelees het, van wat daar alles sal volg op dié verduisteringe. EDGAR
Hou jy jou met sulke dinge besig? EDMOND
Ek verseker jou die gevolge waarvan hy skryf, vind maar alte ongelukkig plaas; soos die onnatuurlike stryd tussen kind en sy ouer; dood, hongersnood, die losskeur van ou vriendskapsbande; tweespalt in die staat; dreigemente en vervloekinge teen Koning en adel; wantroue sonder grond, die verbanning van vriende, die uiteenspat van heerskare, verbroke huwelike, en ek weet nie wat alles nog nie. EDGAR
Hoe lank is jy al ’n student van die sterrekunde ? EDMOND
Wanneer het jy my vader laas gesien ? 27
EDGAR
Gisteraand. EDMOND
Het jy toe met hom gepraat ? EDGAR
Ja, twee volle ure. EDMOND
Is julle op goeie voet uitmekaar? Het jy geen misnoeë in sy woorde of gelaatsuitdrukking opgemerk nie ? EDGAR
Geen teken nie. EDMOND
Dink na of jy hom nie miskien op een of ander manier gekrenk het nie, en ek raai jou ernstig aan bly 5n rukkie uit sy pad uit tot sy misnoeë ietwat afgekoel het; op die oomblik woed dit so kwaai in hom dat selfs al vergryp hy hom aan jou persoon, hy nie tot bedaring sal kom nie. EDGAR
Een of ander skurk het my belaster. EDMOND
Dis wat ek vrees. Ek bid jou, bedwing jou gevoelens en bly van hom weg tot die vaart van sy woede ’n bietjie afgeneem het. Wat ek wil voorstel, is: gaan skuil in my kamer; ek sal daarvoor sorg dat jy ter geskikte tyd hoor wat my Heer van jou te sê het. Ek smeek jou, vlug; hier is my sleutel. En as jy uitgaan, gaan gewapen. EDGAR
Gewapen, broer! EDMOND
Dis die beste raad wat ek jou kan gee, broer. As Vader jou tans goedgesind is, is ek nie ’n eerlike man nie. Ek het jou vertel 28
wat ek gesien en gehoor het; maar ek het dit slegs vaagweg aangedui, die ware beeld geensins in al sy verskrikking geteken nie. Asseblief, gaan. EDGAR
Sal ek gou van jou hoor? EDMOND
Jy kan op my reken. [Edgar af.] ’n Liggeloow’ge vader, en ’n eed’le broer Wie se natuur so ver is van die kwaad Dat hy geen argwaan ken; op wie se domme goedheid A1 my gekonkel sit-sit ry ! Ek sien my doel. Kry ek geen grond deur bloed, sal ek dit kry deur lis; Want ek weet dat elk middel vir my heilig is. Edmond af.
TONEEL DRIE
’n Vertrek in die Kasteel van die Hertog van Albanië. Goneril en Oswald, haar hofmeesteery op. GONERIL
Is’t waar dat my vader een van my edelmanne geslaan het ? OSWALD
Ja, Madam. GONERIL
Hy krenk my dag en nag; ja, elke uur Bars hy hier uit in een of ander grof vergryp Wat twis en tweedrag by ons stook. Ek sal Dit nie verdra. Sy ridders word oproerig, Hyself verwyt ons elke kleinigheid. Kom hy straks van sy jagtog terug, wil ek Nie met hom praat nie. Sê ek’s siek. As jy hom nou Met minder ywer sou bedien, uitstekend. Ek neem dié skuld op my. 29
OSWALD
Hier kom hy nou. Ek hoor hom. Jaghorings voord agter die toneel gehoor. GONERIL
Wees net so traag-nalatig soos jul wil, Jy en jou maats; dié saak wil ek te berde bring; Mishaag dit hom, dan kan hy na my suster gaan; Hierin, dit weet ek, is ons eensgesind, Hy gaan nie oor ons baasspeel. Stomme ou man Wat nog sy ou gesag hier wil laat geld Wat hy reeds weggeskenk het! So waar ek leef, Ou dwase word weer babas, en beurtelings Moet ons hul vlei, dan weer met straf bedwing. Onthou wat ek gesê het. OSWALD
Goed, Madam. GONERIL
Ontvang sy ridders met ’n kouer blik, Ja, kom wat wil; vertel jou maats hiervan. Dit sal my straks aanleiding gee prontuit Met hom te praat. Nou skryf ek aan my suster Dat sy moet doen soos ek. Sorg vir ons maaltyd. Albei af.
TONEEL VIER
’n Saal in dieselfde Kasteel. Kent} vermom, op. KENT
Kon ek ook nou ’n ander aksent leen, En so my spraak vermom, sou ek miskien My goeie planne mooi laat slaag, waarvoor Ek juis my voorkoms uitgewis’t. Verbanne Kent, 30
As jy kan dien waar jy veroordeel staan, Mag dit geskied dat jy jou welbeminde meester Slegs met die grootste toegewydheid dien. Jaghorings van agter die toneel. Lear, Ridders en Gevolg op. LEAR
Laat my nie ’n oomblik lank op my middagmaal wag nie. Toe, skep op, skep op! [’/i Dienaar aj !] Ha, wie’sjy ? KENT
’n Man, Heer. LEAR
Wat’sjou beroep ? Wat wil jy van ons hê ? KENT
Ek beroep my daarop dat ek niks minder is nie as wat ek lyk; om hom trou te dien wie my vertrou; om lief te hê wie regskape is; om omgang te hê met wie wys is en weinig sê; om Gods oordeel te vrees; om te veg as ek nie anders kan nie; en om geen vis te eet nie. LEAR
Wie’s jy?
KENT
’n Doodeerlike kêrel en so arm soos die Koning. LEAR
Asjy as onderdaan so arm is soos die Koning, dan isjy arm genoeg. Wat wiljy hê? KENT
Diens. LEAR
Wie wiljy dien? 3i
u.
KENT
LEAR
Ken jy my, kêrel ? KENT
Nee, Heer; maar u het iets in u voorkoms en houding wat ek graag meester sou wil noem. LEAR
Wat’s dit? KENT
Gesag. LEAR
Tot watter dienste isjy in staat ? KENT
Ek kan ’n eerbare geheim bewaar, ry, hardloop, ’n fyn verhaal verniel in die vertel daarvan, ’n reguit boodskap reguit oordra; in al die dinge waarvoor gewone manne bruikbaar is, is ek bedrewe, en my beste eienskap is my vlyt. LEAR
Hoe oud is jy? KENT
Nie so jonk, Heer, om ’n vrou lief te hê net omdat sy mooi kan sing nie, nóg so oud as om op haar versot te raak vir wat ook al. Ek dra agt-en-veertig jaar op my rug. LEAR
Kom saam; jy sal my dien; as jy my na die middagmaal nog eweveel aanstaan, gaan ek nie van jou skei nie. Die ete, haai, die ete! Waar bly ons ete? En waar’s my knapie, my Nar? Jy daar, gaan roep my Nar! [’wDienaar af. Oswald op.] Jy, jy dáár, ventjie, waar’s my dogter ? 32
OSWALD
Dit spyt my, maar - \0*wald af.] LEAR
Wat sê die vent daar? Roep die skaapkop terug. [’n Ridder af !] Waar’s my Nar, hê? Lyk my die hele wêreld’s vas aan die slaap. [Die Ridder keer terug.] En toe! Waar bly daardie brak ? RIDDER
Hy sê, my Heer, u dogter is ongesteld. LEAR
Waarom het die lummel nie teruggekom toe ek hom roep nie ? RIDDER
Heer, hy het my op die parmantigste manier gesê hy wou nie. LEAR
Hy wou nie! RIDDER
My Heer, ek weet nie wat hier aan die gang is nie; maar, na my oordeel, word U Hoogheid nie langer met dieselfde seremonie en geneentheid behandel as voorheen nie. Daar’s ’n duidelike afname van vriendelikheid merkbaar, sowel by die dienaars in die algemeen as by die Hertog self en ook by u dogter. LEAR
Ha, vind jy dit? RIDDER
Ek bid u, my Heer, vergewe my as ek my misgis het; maar my pligsgevoel laat my nie toe om te swyg as ek dink U Hoogheid word veronreg nie. LEAR
Noudat jy dit noem, bevestig jy slegs my eie indruk. Ek het self in die laaste tyd ’n soort trae nalatigheid opgemerk; maar ek wou dit eerder aan my eie puntenerige agterdogtigheid toeskryf as 33
aan ’n werklik bedoelde en voorbedagte krenking. Dié saak sal ek verder ondersoek. Maar waar’s my Nar? Ek het hom in geen twee dae gesien nie. RIDDER
Sedert die jonge Vorstin na Frankryk vertrek het, Heer, kwyn die Nar weg. LEAR
Genoeg daarvan; ek het dit wel opgemerk. Gaan sê vir my dogter ek wil met haar praat. [5n Dienaar af.\ En jy, loop roep my Nar. [Oswald keer terug.\ O jy, Heer, jy ! Kom hierheen, Heer! Wie is ek, Heer ? OSWALD
Die vader van my Hertogin. LEAR
„Die vader van my Hertogin!” Die skelm van my Hertog, jou hoerseun se hond!jou slaaf!jou vuil brak! OSWALD
Ek vra u om verskoning, my Heer, ek is niks van dit alles nie! LEAR
En jy durf my so astrant aankyk, skobbejak? [Hy slaan hom.\ OSWALD
Ek laat my nie slaan nie, Heer. KENT
En ook nie pootjie nie, jou gemene voetbalspeler. [Hy pootjie hom.\ LEAR
Ek dankjou, kêrel; jy dien my goed, en ek word jou toegeneë. KENT
Kom, kêrel, staan op en kry jou koers! Ek sal jou die onderskeid tussen jou en die Koning leer. Weg, weg! As jy weer ’n slag die 34
grond met jou lummelslengte wil meet, bly dan hier. Maar vort, vort! Toe, trap! Het jy dan geen verstand nie? \Hy stoot Oswald by die deur uit.] So . . . LEAR
Ek dank jou vir jou vriendelikheid, kêrel. Hier het u ’n vergoedinkie vir u diens. [Hygee Kentgeld. Nar op.] NAR
Laat my hom ook huur. Hier’s my narrekap. \Hy bied Kent sy kap aan.] LEAR
So, my liewe knapie, en hoe gaan dit met jou ? NAR
Vriend, neem jý liewer my narrekap. KENT
Waarom, Nar ? NAR
Waarom ? Omdat jy party gekies het vir iemand wat in onguns geraak het. Nee, as jy jou nie met ’n glimlag kan draai soos die wind waai nie, vat jy aans koue op jou lyf. Hier, neem my narrekap. Kyk bietjie, hierdie kêrel hier het twee van sy dogters verban, en die derde een teen sy wil ’n seën besorg. As jy hom wil volg, sal jy noodgedwonge my narrekap moet dra. Omie, hoe gaan dit ? Ag, had ek maar twee narrekappe en twee dogters! LEAR
Waarom, my seun ? NAR
As ek hulle al my besittings sou gee, sou ek my narrekappe vir my eie en selwers hou. Hier’s myne; loop bedel ’n tweede by jou dogters! LEAR
Pas op, ventjie! Die sweep . . . 35
NAR
Die waarheid’s ’n bulhond en hy moet in sy hok bly. En hy moet by die deur uitgevoeter word terwyl die kruiptefie met die kwispelstert langs die vuurherd mag staan en stink! LEAR
’n Bitter braaksel gal vir m y! NAR
Luister, vriend, ek sal jou ’n lessie leer. LEAR
Laat ons hoor. NAR
Luister mooi, Omie. Prys eerder as om te vermaan, Oorreed liewer as om te slaan. Leen minder, vriend, van nou af aan, As wat daar op jou lande staan. Ry liewer as om voet te slaan En moenie raai nie, maar verstaan. En al jou eiers, my ou haan, Laat hul nie in een mandjie gaan. Laat vaar die drank en ook jou slet, Bly tuis, slaap in jou eie bed; Dan sal jy nie, vas in dié net, Meer dink aan wat jou dogters het, Die Son van Vreugde oor jou skyn, ’n Dogters smaad verdwyn, verdwyn! Dan kry jy, Prins, meer vate wyn As bloot ’n twaalfstuks per dosyn. KENT
Maar dit is niks, Nar. NAR
Dan is dit soos die asem van ’n onbetaalde advokaat; jy’t my niks daarvoor gegee nie. Kan jy dan nie iets van niks maak nie, Omie? 36
LEAR
Wel, nee, knapie; niks kan van niks gemaak word nie. NAR
\aan Kent\
Ek smeek jou, vertel hom bietjie niks is presies die bedrag wat sy lande hom in die sak bring. ’n Nar wil hy nie glo nie. LEAR
’n Bitter N ar! NAR
My seun, ken jy die onderskeid tussen ’n bitter nar en ’n soete ? LEAR
Nee, knapie, vertel my dit. NAR
Die Vors wat jou toe oor kon haal Jou lande weg te gee, Laat hy hier langs my kom te staan, Staan jy daar in sy stee. Die soete en die bitt’re nar Verskyn dan bymekaar; Die een hier in sy narrepak, \hy wys na Lear\ Die ander swyend dáár. LEAR
Noem jy my ’n nar, seun ? NAR
A1jou ander titels het jy weggegee; met dié een is jy gebore. KENT
Dis nie heeltemal Narrepraatjies nie, my Heer. NAR
Nee, wragtiewaar, die groot en vername here wil nie hê dat ek bloot nar moet wees nie; had ek ’n monopolie van narreskap, 37
sou hulle ’n deel daarvan wou hê. En ook die edelvroue wil nie hê dat ek manalleen die nar moet uithang nie; hulle wil dit sommer van my gaps. Omie, gee my ’n eier, dan gee ek jou twee krone. LEAR
Watter twee krone sal dit wees ? NAR
Wel, na ek die eier middeldeur gesny en die eiervlees opgeëet het, die twee krone van die eier. Toe jy jou kroon middeldeur klief, en jy die twee helftes weggee, het jy jou esel op jou rug gedra deur die modder; jy had maar bloedweinig verstand in jou kale kroon toe jy jou goue kroon weggegee het. En as ek hier praat soos ’n nar praat, laat hy wat dit die eerste uitvind, gelooi word. [Singend] Die arme narre kry geen kans Want elke wyse man word nar, Sy geestesgoed begin te dans En sy verstand raak skoon verwar. LEAR
Van wanneer af is jy so vol wysies, kêrel ? NAR
Die wêreld, Omie, het ek met wysies begin wysmaak vanaf die oomblik dat jy jou dogters jou moeders gemaak het; want toe jy hulle die kweperlat in die hande stop en jou broek aftrek, [Angend] Het hul gehuil, verruk, gestreel, En ek gesing van pyn en vrees, D atjy , my Koning, aspaai speel En onder ons ’n nar wil wees. Ek bid u, Omie, hou ’n skoolmeester aan wat jou Nar kan leer om te lieg; ek sou graag wil leer om te lieg. LEAR
As jy lieg, kêrel, kry jy ’n loesing.
NAR
Hoe op aarde is dit moontlik dat jy en jou dogters verwant is ? Want hulle wil my ’n loesing laat kry as ek die waarheid praat, en jy wil my ’n loesing laat kry as ek lieg; en soms kry ek 5n loesing as ek doodgewoon my bek hou. Ek sou liewer enigiets anders wees as ’n nar; en tog sou ek nie jy wil wees nie, Omie; jy het jou verstand aan albei kante afgeskil, en niks in die middel oorgelaat nie. Hier kom een van die skille. (Goneril op.) En met haar het ek ’n appeltjie te skil. LEAR
En toe, dogter! waarom daardie frons op jou voorkop ? Jy frons te veel in die jongste tyd. NAR
Ai, maar jy was darem ’n kêrel honderd toe dit jou nie in die minste kon skeel of sy frons of nie. Nou’s jy nie eers ’n ou eentjie nie, net ’n groot ronde nul, ’n windeier sonder wind of eier. Ek is nou meer as jy: ek is ’n Nar, maar jy, jy ’s niks. [Aan Goneril] Nie altemit nie, ek sal my tong in toom hou. Dis wat u gesig my beveel, al sê u geen woord nie. Hou dop, hou dop! En stil, bly stil. Hy wat al’s weggooi, dop en skil, Sal later nog van hongerte ril. [Terwylhy na Lear wys] En daar’t jy vir jou ’n uitgedopte ertjieskil. GONERIL
Nie net u Nar, Heer, maak hier soos hy wil Maar andere van u vermetele gevolg Soek skoor met ons, en twis en stry aaneen; Bars los in allerlei losbandighede. Ek dog, deur dit aan u bekend te maak, Sou u hier orde bring. Maar nou vrees ek Dat u, deur wat u self so pas gesê en ook Gedoen het, hul beskerm, selfs aanmoedig Deur u goedkeuring. Is dit so, dan sal Die blaam nie uitbly, vergelding ook nie slaap, Wat, in ons sorg vir die algemene heil, U in sy uitwerking dalk sou krenk, 39
Wat anders skandelik sou wees, maar nou Die nood dit eis, slegs raadsaam is. NAR
Want jy weet, Omie, Die mossie het koekoek se kind lank, lank gevoed; Toe byt hy mos haar kop af, aaklige gebroed. En die kersie gaan dood, en daar sit ons in die donker. LEAR
Isjy ons dogter? GONERIL
Ek wens u sou van u gesond verstand Waaroor u ruim beskik, gebruik wil maak; En al dié buie wil laat vaar wat in Die jongste tyd u van uself vervreem. NAR
Sou selfs die stomste esel dit nie opmerk wanneer die kar die esel trek nie ? Griet, my skat, En weet jy wat ? Ek het jou lief, My hartedief! LEAR
Ken niemand my hier? Nee, dit is nie Lear nie. Loop Lear so ? Praat hy so ? Waar is sy oë ? Ó f sy denke is verswak, óf al sy sinne Is aan die slaap . . . Ha! is ek wakker? Dis nie so nie. Kan niemand hier my sê nie wie is ek ? NAR
Lear se skaduwee. LEAR
Dit sou ek graag wil weet; want al die tekens van my oppermag, kennis en rede sou my ten onregte oortuig dat ek wel dogters het. 40
NAR
En hulle sal ’n gehoorsame vader van jou maak. LEAR
Hoe heet u, skone dame ? GONERIL
Dié skielike verbystering, Heer, is baie Soos ander van u jongste fratse. Ek smeek u, Verstaan tog my bedoelinge mooi reg. U ’s oud en waardig, u hoort wys te wees. Hier hou u ’n gevolg van honderd ridders so Wanordelik, bedorwe en brutaal Dat hulle van ons hof, besmet deur hul gedrag, ’n Woeste herberg maak. Gebras en ontug Laat’t eerder lyk na ’n bordeel of kroeg As na ’n waardige paleis. Dié skande skreeu Dat dit herstel word; dus bid ek u Dat u u stoet ietwat verminder, anders Neem ek die dinge self waarvoor ek vra; En húl wat oorbly, van u afhang, laat Hul manne wees wat by u leeftyd pas, Wat weet wie hulle is, en wie ú is. LEAR
Duiwels en duisternis! Saal op, saal op! Roep my gevolg byeen. Ontaarde onegte kind! Ek sal jou nie tot las wees; Ek’t nog ’n dogter oor. GONERIL
U slaan my dienaars, en u woes gespuis Maak van hul meerderes bediendes. Albanïé op. LEAR
Wee hom wie se berou te laat kom! [Aan Albanïé] Heer, u’s daar ? Is dit u wil ? Praat, Heer. Saal op my perde. Ondankbaarheid, jy, bose gees met marmer hart, 4i
Afgrysliker wanneer jy jou toon in ’n kind As die seemonster. ALBANIË
Heer, geduld, geduld. LEAR
[aan Goneril]
Vervloekte gier! Jy lieg. Ek het ’n stoet van uitverkore manne Wat elke tittel van hul pligte ken En met die spitsste toegewydheid steeds Hul goeie naam handhaaf. O klein, klein fout, Hoe lelik het jy in Cordelia voorgekom! Jy’t, soos ’n pynbank, wreed my hele wese Ontwrig, en alle liefde uit my hart geruk, Dit by my gal gevoeg. O Lear, Lear, Lear! Klop teen dié poort, wat oop was vir jou dwaasheid, [hy slaan teen sy kop] En jou verstand laat vlug het! Kom, dienaars. ALBANIË
Ek is onskuldig, Heer, ek weet ook nie Wat u so erg ontstel. LEAR
Dis moontlik, Heer. Hoor my, Natuur! Dierb’re Godin, hoor my! O skort jou doelwit op as dit jou plan was Om hierdie skepsel vrugbaarheid te skenk! Laat dorheid haar baarmoeder tref! Droog in Haar op al die organe van ontvangenis, En laat uit haar onteerde liggaam nooit ’n Suigling spruit om haar te eer! As sy Moet baar, gee haar ’n kind van gal, en laat dit leef Om wreed-ontaard vir haar ’n foltering te wees! Laat dit swaar rimpels kerf in haar jong voorhoof, Met vallende trane vore vreet diep in haar wange, So al haar moeders sorge en gunste steeds 42
Met spot en hoon vergoed, dat sy mag voel Hoe skerper as ’n slang se tand dit is Om ’n ondankb’re kind te hê. Weg, weg! Lear af. ALBANIË
Gode wat ons aanbid, wat het gebeur ? GONERIL
Neem nie die moeite om die oorsaak na te spoor, Maar gee sy grille maar dié vrye gang Wat kindsheid dit verleen. Lear keer terug. LEAR
Wat, vyftig van my manne op een slag! En dit in veertien dae! ALBANIË
Heer, wat makeer? LEAR
Ek sal jou sê. [Aan Goneril] Hel en die dood! Ek skaam my Dat jy die mag’t om so my manlikheid te skok Dat dié warm trane wat ek noodgedwonge stort, Jou hulle waardig maak. Mag jy verstik In stormvlae en walms mis! En mag Die onheelb’re wonde van ’n vaders vloek Jou elke sin deurboor! Ou dwase oê, Ween weer hieroor, dan pluk ek julle uit, En smyt jul weg orn met die water wat jul los, Kleigrond te tempur. Ai, het dit so ver gekom? Dan laat’t so wees. Tog het ek nog ’n dogter; Ek weet sy’s vriendelik, sal my wil troos; Hoor sy hiervan, dan skeur sy met haar naels Jou wolfgesig aan flarde. Jy sal sien Hoe ek weer die gestalte aanneem wat jy Gedink’t ek het vir goed verloor. Lear, Kent en Gevolg a f 43
GONERIL
Het jy ’t gehoor, my Heer? ALBANIË
A1 is my liefde, Goneril, vir jou hoe groot, Ek kan nie so partydig wees nie GONERIL
Goed, sê niks meer. Haai, Oswald, hier! [Aan die Nar] Jy, Heer, meer skelm as nar, loop, volg jou meester! NAR
Omie Lear, Omie Lear, wag, wag, en neem die Nar saam met jou Sou ek ’n jakkals vang En ek had so ’n dogter, Dan had ek slegs een drang: Om hul saam op te hang! Vat hierdie mus, gee my ’n strop, Dan hang ek julle albei op. Ek kom! Die Nar volg halsoorkop! GONERIL
Dié man had goeie raad. Één honderd ridders! Veilig en wys hom honderd ridders slaggereed Te laat aanhou! Dat hy met elke droom, Gerug, elk luim, elk gril, elk klagte of grief, Sy kindsheid mag beskerm met hul mag, En so ons lewe in gevaar stel. Oswald! ALBANIË
Jou vrees gaan dalk te ver. GONERIL
Vertroue wat te ver gaan, is gevaarlik. Laat ek die kwaad verwyder wat ek vrees, Die vrees dat hy ons kwaad sal doen. Ek ken sy hart. Wat hy gesê’t, het ek geskrywe aan my suster. Wil sy hom en sy honderd ridders onderhou, 44
Waar ek gewys het hoe ongepas [Oswald verskyn weer.'\ Oswald! Het jy die brief geskrywe aan my suster ? OSWALD
Ja, Madam. GONERIL
Kry ’n geleide, en spoed dan voort te perd. Deel haar al wat ek vrees volledig mee, En voeg daar ook jou eie gronde by Om dit nog meer te staaf. Toe, gaan nou gou, En kom dan gou weer terug. [Oswald af.\ Nee, nee, my Heer, Dié melkige sagsinnigheid van jou wil ek Geensins veroordeel nie, tog, met verlof gesê, Vir jou gebrek aan oordeel word jy meer gelaak As ooit geprys vir hierdie sagtheid wat ons skaad. ALBANIË
Hoe ver jou oë sien, dit weet ek nie. ’n Saak Kan dikwels slegter word, wil ons dit beter maak. GONERIL
Ja, maar ALBANIË
Nou goed, die tyd sal ons wel leer. Albei af.
TONEEL VYF
’n Plein voor dieselfde Kasteel. Lear, Kent en Nar op. LEAR
Gaan my vooruit na Gloucester met hierdie brief. Deel my dogter 45
niks meer mee nie as sy jou sal vra ná sy die brief gelees het. En as jy nie aanjaag nie, sal ek voor jou daar wees. KENT
Ek sal nie slaap, my Heer, voor ek u brief afgelewer het nie. NAR
Was ’n mens se harsings in jou hakke, sou jy nie bang kon wees vir blare op jou brein nie ? LEAR
Sekerlik, seun. NAR
Dan vra. ek jou, wees vrolik; want jou verstand sal nooit in pantoífels hoef rond te slof nie. LEAR
Ha, ha, h a ! NAR
Jy sal sien dat jou ander dogter jou soos ’n dogter sal behandel, want alhoewel Regan op Goneril lyk soos ’n suur appel op ’n bitter appel, weet ek tog wat ek weet. LEAR
Wat weet jy, knapie? NAR
Dat daardie een daar nes dié een hier sal smaak net soos ’n suur appel smaak soos 5n suur appel. Kan jy vir my sê waarom ’n mens se neus in die middel van jou gesig staan ? LEAR
Nee. NAR
Maar natuurlik, om ’n oog aan weerskante van jou neus te hê, sodat wat jy nie kan uitruik nie, jy ten minste kan raaksien. 46
LEAR
Ek het haar ’n onreg aangedoen NAR
Kan jy vir my sê hoe ’n oester sy skulp maak ? LEAR
Nee. NAR
Ek ook nie; maar ek kan vir jou sê waarom ’n slak ’n huis het. LEAR
Waarom ? NAR
Maar natuurlik, om sy kop daarin te steek; en nie om dit aan sy dogters weg te gee en so sy horings sonder dak te laat nie. LEAR
Ek moet my geaardheid vergeet, ek wat so ’n goedhartige vader was! Is my perde opgesaal ? NAR
Jou esels is met hulle doenig. Die rede waarom daar in die sewegesternte nie meer as sewe sterre is nie, is ’n mooi rede. LEAR
Omdat hulle nie ag is nie ? NAR
Presies, in die kol!Jy sou ’n goeie Nar uitmaak. LEAR
Om met geweld my mag weer terug te neem! O Monster On« dank! NAR
As jy my Nar was, Omie, sou ek jou ’n skrobbering laat kry omdat jy oud is voor jou tyd! 47
LEAR
Hoe so ? NAR
Jy behoort nie oud te geword het voor jy wys was nie. LEAR
O laat my nie waansinnig word, nee, nie waansinnig! Hoed my verstand, o soete hemel. Ek wil nie Waansinnig word nie! [’n Edelman op ] Staan die perde klaar ? EDELMAN
Gesaal, my Heer. LEAR
Kom, seun. Almal a f
48
T W E E D E BED RY F
TO NEEL EEN
’n Binnehof in die Kasteel van die Graaf van Gloucester. Edmond en Curan op uit teenoorgestelde rigtings. EDMOND
Wees gegroet, Curan. CURAN
Ek ken u, Heer. Ek was by u vader, en het aan hom meegedeel dat die Hertog van Cornwall en die Hertogin Regan vanaand hier by hom sal oornag. EDMOND
Hoe kom dit ? CURAN
Nee, ek weet nie. Het u gehoor wat die voëltjies fluit? Ek bedoel wat so in die verbygaan gefluister word, want tot op hede is hulle maar net praatjies wat jou ore kielie. EDMOND
Ek het niks gehoor nie. Vertel. CURAN
Het u nie gehoor van ’n oorlog wat moontlik op hande is tussen die Hertoë van Cornwall en Albanië nie ? EDMOND
Geen woord nie. CURAN
Maar dan hoor u miskien binnekort daarvan. Vaarwel, Heer. EDMOND
Die Hertog hier vanaand! Goed, beter so! Dié saak word desnoods in my plan gevleg. 49
My vader het ’n wag gelas om my broer Te vang; en daar’s een neet’lig saak wat ek Moet uitvoer nou. Spoed en Geluk, o staan my by! Hoor, Edgar, broer! Kom af! Edgar, ek sê! [Edgar op.] My vader waak en spied, vlug weg van hierdie plek! Jou skuilplaas is verraai; nou’t jy die voordeel van Die donker nag. Het jy miskien nie sleg Gepraat van Cornwall nie ? Hy kom hierheen Nou, in die nag, in aller yl, En Regan saam met hom; het jy dalk iets Gesê aan sý kant teen Albanië? Dink na. 'ír
EDGAR
Geen woord, daar is ek seker van. EDMOND
Ek hoor my vader kom, vergewe my, Ek moet my swaard met lis nou teen jou trek. Trek! Maak of jy jou weer . . . Mooi, mooi . . . Só, só . . . Gee oor! Hierheen, na my vader. Lig, haai, lig daar! Vlug, broer! Bring fakkels, fakkels! So, vaarwel. [Edgar af J ’n Bietjie bloed op my sou die indruk skep Ek5t my kranig gedra. Ek’t al gesien Hoe dronkaards hul veel bloediger vermaak. \Hy verwond hom in die arm.] Vader, Vader! Stop, stop! Geen hulp ? Gloucester op met Dienaars wat fakkels dra. GLOUCESTER
Nou, Edmond, waar’s die skurk ? EDMOND
Hier in die donker’t hy gestaan, sy skerp Swaard blink, en wyl hy towerwoorde mompel, Het hy die maan gesmeek om haar beskerming. GLOUCESTER
Maar waar is hy ? 50
EDMOND
Kyk, Heer, ek bloei. GLOUCESTER
Waar is die skurk, Edmond ? EDMOND
Hy’t dié kant toe gevlug. Toe hy geensins GLOUCESTER
Volg, volg hom, haai! [Party Dienaars aj1] „Toe hy geensins” wat ? EDMOND
Vir my kon oorhaal om u te vermoor; En ek hom sê hoe die wraakgier’ge Gode ’n Vadermoord’naar straf met donderslag op -slag; Toe ek met vuur al dié sterk bande roem Wat kind bind aan sy vader . . . Heer, kortom, Toe hy gewaar met watter afsku sy Ontaarde doel my vul, storm hy op My af, steek met sy swaard na my weerlose lyf, En wond my in die arm. Maar toe hy sien Hoe my gemoed, nou wawydwakker, kloek En fier, vertrouend op my reg, gretig Die stryd aangord - of dalk verskrik deur my geroep Vlug hy die nag in halsoorkop. GLOUCESTER
Laat hy ver vlug. In hierdie land bly hy nie lank op vrye voet; Word hy gevang, maak hom van kant. Die eed’le Hertog, My meester en beskermheer, kom juis vanaand. Op sy gesag gaan ek dit aankondig Dat wie hom vind ons dank verdien as hy Dié moordbeluste iafaard na die skandpaal bring; En hy wat hom verberg, die dood.
5i
EDMOND
Toe ek hom van sy plan wou bring, maar hom Hardnekkig vind, dreig ek hom bars dat ek Hom sou ontmasker. Maar luid roep hy u it: ,,Armsalige onegte! jy wat niks besit, Dink jy miskien, as ek teen jou getuig, Jou waarde of deug sou tel, hul meer vertroue in Jóú woord sou hê as myne. Nee, as ek sou lieg En ek sou lieg, ja, al bring jy ook my handskrifSou ek dit alles aan jou toeskryf, broer, Aan jou aanhitsing en verraderlik gekonkel. En jy moet dink die hele wêreld’s dwaas Indien hul nie sou meen die voordeel van my dood Vir jou is so duidelik, dit sou jou slegs As dryfveer dien om my dood te soek.” GLOUGESTER
O sonderling deurtrapte skurk! Wil hy sy brief ontken ? Hy’s nie my kind nie. [ Trompetgeskal van agter die toneel.] Die Hertog se trompet! Wat bring hom hier ? Ek sluit elk hawe af; die skurk sal nie ontsnap; Dít moet die Vors my gun. Heinde en ver Stuur ek sy beelt’nis dat die ganse ryk Weet wie hy is. En ek sal sorg dat jy, My troue en ware seun, my goed sal erf. Cornwally Regan en Gevolg op. CORNWALL
Hoe gaan dit, eed’le vriend ? Sinds ek so-ewe Hier aangekom’t, het ek die vreemdste nuus verneem. REGAN
Was’t waar, sou alle wraak te kort skiet wat Die skuldige kon straf. Hoe gaan’t, Heer? GLOUCESTER
Madam, hierdie ou hart’s gebreek, gebreek 52
REGAN
My vaders peetkind het u dood gesoek ? Hy wat sy naam kry van my vader, u Edgar? GLOUGESTER
O Dame, Dame, kon skaamte dit bedek! REGAN
Was hy nie in die geselskap van die oproer’ge ridders In Vader se gevolg? GLOUGESTER
Dit weet ek nie, Madam; dis sleg, dis sleg. EDMOND
Ja, hy, Vorstin, was een van daardie bende. REGAN
Geen wonder dus dat hy afvallig is; Hul hits hom aan om die ou man te vermoor Sodat hulle op sy inkomste mag teer. My suster het my juis vanaand volledig Omtrent hulle ingelig, en wel so deeglik, Kom hulle straks by my hul intrek neem, Sal ek nie tuis wees nie. CORNWALL
Ek ewemin, dit sweer ek, Regan. Edmond, ek hoor u’t u ’n egte seun Getoon teenoor u vader. EDMOND
Dit was my plig, my Heer. GLOUGESTER
Hy’t sy komplot onthul; en toe hy hom In hegtenis wou neem, dié wond ontvang. GORNWALL
Word hy nou agternagesit ? 53
GLOUCESTER
Ja, beste Vors. CORNWALL
Word hy gevang, sal ons nooit meer hoef bang Te wees dat hy ons kwaad sal doen. Voer u planne uit, Maak van my mag gebruik soos dit u pas. U, Edmond, wie se deug en trou so warm Nou tot ons spreek, behoort voortaan by ons. Manne met so ’n trou het ons hoogs nodig; Ons kies u eerste. EDMOND
A1 dien ek u ook hoe, my Heer, Ek sal getrou wees. GLOUCESTER
Ek dank u, Heer, vir hom. CORNWALL
U weet nog nie waarom ons u besoek REGAN
Ontydig so, in dié stikdonker nag. Dis sake van gewig, my eed’le Gloucester, En u kan ons hier bystaan met u raad. Ons vader het geskryf, so ook ons suster, van Geskille, en dié brief wil ek liewer antwoord Weg van ons huis; en albei bodes wag Om weggestuur te word. My goeie ou vriend, Vind troos vir u gemoed, gee ons u raad Wat ons so nodig het, dié saak moet hier Nou daad’lik afgehandel word. GLOUCESTER
Madam, ek dien u. Ek heet u en die Hertog welkom. Fanfare. Almal af. 54
TONEEL TWEE
Voor Gloucester se Kasteel. Kent en Oswald op, uit teenoorgestelde rigtings. OSWALD
Goeiemóre, vriend; is jy van hierdie huis ? KENT
Ja. OSWALD
Waar kan ons ons perde laat ? KENT
In die modder. OSWALD
Ek vra jou beleef, wees tog so gaaf en sê vir my. KENT
Teenoor jou wil ek nie gaaf wees nie. OSWALD
Gaan na die hoenders! KENT
Had ek jou in ’n hoenderhok, slaan ek jou dat jy jou ouma vir ’n eendvoël aansien. OSWALD
Waarom behandel jy my so ? Ek ken jou nie. KENT
Ek ken jou maar alte goed, vent. OSWALD
Wie’s ek dan? KENT
’n Skelm, ’n boef, ’n kouer van oorskiet-kos; ’n lae, astrante, 55
leë, bedelagtige skelm; ’n haantjie van ’n kammakastige heer en howeling met jou drie pakkies klere, jou growwe goedkoop kouse en jou honderd armsalige optel-pondjies; ’n papbroekige, altyd met die gereg dreigende hoerkind van ’n aanstellerige skurk, versot op jou spieël, die baaslekker van jou baas se smerige skoene; slaaf met net een koffertjie; jy wat uit skone kruiperigheid die koppelaar sou wil speel, en wat niks anders is nie as net ’n mengelmoes van skelm, bedelaar, lafaard, verleier, en die seun en erfgenaam van ’n brakteef; een wat ek ’n loesing sal gee dat sien en hoor vergaan soos jy tjank, as jy een enkel tittel durf ontken van al die titels waarmee ekjou vereer het. OSWALD
Maar wat vir ’n afskuwelike soort van ’n vent is jy om so te raas en skel op iemand wat jy net so min ken as wat ek jou ken! KENT
En wat ’n skaamtelose maaifoedie is jy om te ontken dat jy my ken! Het ek jou nie twee dae gelede pens en pootjies grond toe laat slinger en jou voor die Koning afgeransel nie? Trek jou swaard, vuilgoed, want al is dit nag, tog skyn die maan; en nou gaan ek die maan deur al die gate in jou laat skyn [hy trek sy swaard], jou lae, leegloper-skinderbek van ’n straatslet se uitwerpsel, trekjou swaard! OSWALD
Weg! Met jou’t ek niks uit te waai nie! KENT
Trek jou swaard, skurk! Jy kom met briewe teen die Koning, en kies die kant van daardie popvroutjie teen die koninklikheid van haar vader. Trekjou swaard, jou skelm, of ek kerf groot skywe uit jou kuite! Trek jou swaard, skurk, komaan, komaan! OSWALD
Help, help! Moord! Moord! KENT
Slaan, slaaf! Staan, skelm, staan! Laventelhaantjie van ’n slaaf, slaan! [.Hy slaan homJ\ 56
OSWALD
Help, h ai! Moord! Moord! Edmond op met getrokke swaard. EDMOND
En toe, wat’s hier aan die gang? Weg van mekaar! KENT
Komaan dan, my flinke knapie, as jy daarvoor lus voel! Kom, ek sal jou bloed laat proe, komaan, my weledele jonge heer! Cornwall, Regan, GlouceUer en Dienaars op. GLOUCESTER
Wapens! Swaarde! Wat is hier aan die gang ? CORNWALL
Hou op nou, of jul straf’s die dood! Hy wat weer slaan, sal sterf. Wat makeer ? REGAN
Die bodes van my suster en die Koning. CORNWALL
Wat’sjul geskil, toe, praat. OSWALD
Ek is uit-asem, Vors. KENT
Geen wonder nie, jy’t hier so dapper rond en bont gespring. Jou lafhartige skobbejak, die Natuur onteien jou, ’n kleremaker het jou gemaak. CORNWALL
Maar jy’s ’n vreemde kêrel; ’n kleremaker wat ’n man maak? KENT
’n Kleremaker, Heer; ’n steenhouer o f ’n skilder kon hom nie so sleg gemaak het nie al was hulle maar net twee jaar in hul ambag. 57
CORNWALL
Vertel, hoe het jul twis ontstaan ? OSWALD
Die ou woestaard, Heer, wie se lewe ek gespaar het omrede sy grys baard KENT
Jou hoerskind van ’n Z! Jou oortollige letter! Heer, as u my toestemming gee, sal ek hierdie deurtrapte skurk in messelklei fyn trap, en dan die muur van ’n kleinhuisie met hom afwit. My grys baard spaar, wipstert! CORNWALL
Stil, vent! Ken jy geen eerbied, skaamtelose kneg? KENT
Ja, Heer, maar woede het sy eie regte. CORNWALL
Waarom isjy so woedend ? KENT
Dat so ’n slaaf ’n swaard mag dra, en hy’t Geen eer nie; so ’n tweegatjakkals wat Die heil’ge bande, veels te vas om los te maak, Dikwels soos rotte wegknaag: elk begeerte wat Brand in sy meesters hart, slegs streel en vlei; Sy vuur met olie voed, met sneeu sy kouer luime; ’n Ja-broer honderd wat sy mantel draai Na elke gril en giertjie van sy baas, En hom volg soos ’n brak, en van niks anders weet. ’n Pes op jou grynslaggende gevreet! Jy lag vir wat ek sê, dink jy ek is ’n Nar ? Jý, gans, had ek jou op die plein van Sarum, Sou ek jou snaterend terugdryf na Camelot. CORNWALL
Maar is jy mal, gryskop ? 58
GLOUCESTER
Hoe het jul stry gekry ? Vertel. KENT
Daar’s geen teenoorgesteldes strydiger As ek en hierdie skelm. CORNWALL
Maar waarom noem jy hom ’n skelm ? Wat’t hy gedoen ? KENT
Ek hou nie, Heer, van sy gesig. CORNWALL
Ook nie van myne nie, nog syne, hare. KENT
Dis my geaardheid, Heer, om reguit te praat. Ek’t in my tyd beter gesigte aanskou As wat daar op die skouers staan van hulle Wat ek op hierdie oomblik voor my sien. CORNWALL
Dis ’n karnallie, eers geprys vir sy Opregtheid, en nou doen hy hom steeds voor As ru en reguit, doen so sy ware aard Geweld aan; nee, hy kan nie vlei nie, hy’s Eerlik, reguit! die waarheid moet hy praat; Beval dit, goed; beval dit nie, hy’s reguit. Ek ken dié skelms goed, kwansuis reguit, Maar dis ’n spel vol lis wat meer bedorwe streke Verberg as twintig kruip’rige witvoetjiesoekers Wat na elk deuntjie van hul meesters dans. KENT
Te goeder trou, Heer, en in opregte waarheid, Met die vergunning van u grote glans, Wie se invloed soos ’n krans van stralend vuur Wanneer dit flikker teen Phoebus se voorhoof59
CORNWALL
Maar wat bedoel jy ? KENT
Dat ek my gewone spreektrant laat vaar waarin u so ’n renons het. Ek weet, Heer, dat ek geen vleier is; hy wat u geflous het met sy reguit spreektrant, was sommer reguit ’n skelm; en dit wil ek van my kant nie wees nie, al sou ek ook u misnoeë tot so ’n mate oorwin dat u my smeek om dit te word. CORNWALL
Jy ’t hom aanstoot gegee ? OSWALD
Nie in die minste nie. Onlangs het dit Sy heer, die Vors, behaag om my te slaan; Hy’t my nie reg begryp. Toe pootjie hy My mooi van agter om die Vors te vlei In sy misnoeë. Ek lê daar op die grond En hy bespot, beledig my, gaan so Te kere, hy’s op slag ’n held. Die Koning prys Hom vir sy aanval op my, ék, so selfbeheersd. Toe, omdat hy bloed geproe het, val hy My nogmaals sommer goedsmoeds aan. KENT
Naas al dié skelms en lafaards Is Ajax maar ’n nar. CORNWALL
Bring uit die blok! Jou rowwe ou korrelkop, gryse grootprater, Ons sal jou leer. KENT
Heer, ek’s te oud om nog te leer. U blok sal my nie baat; ek dien die Koning, In sy diens self is ek hierheen gestuur; Min eerbied toon u hom, veel kwade wil 60
Jeens sy persoon en rang as Vors en Koning, Straf u sy bode so. CORNWALL
Bring uit die blok! So voor my siel, ek sweer daar sal hy sit tot noen. REGAN
Tot noen! Tot skemeraand, my Heer. Dwarsdeur die nag KENT
Madam, was ek u vaders hond, sou u My nooit so kras behandel nie. REGAN
Ek sal, want jy’s sy skelm. GORNWALL
Hy is ’n vabond van dieselfde slag Van wie ons suster ons vertel het. Bring die blok! Blok word ingedra. GLOUCESTER
Ek smeek u Hoogheid, doen dit nie. Sy fout is groot, die goeie Vors, sy meester, Sal hom daaroor kasty. Die straf wat u Vir hom beoog, is van die soort wat die Laagste gespuis moet tref vir diewery en Gemene klein vergrype; die Koning sal’t U kwalik neem indien u hom sou krenk deur Sy bode in dié blok te knel. GORNWALL
Dáárvoor sal ek antwoord. REGAN
Dit sou my suster erger nog kon grief: Haar dienaar word beskimp, geslaan, en hy 61
Doen slegs sy plig. Toe, stoot sy bene in. Kent word in die blok geplaas. CORNWALL
Kom laat ons gaan, my Heer. Almal a f behalwe Gloucester en Kent. GLOUCESTER
Ek’s vir jou jammer, vriend; dit is die Hertog Se wil, en sy geaardheid, weet ons almal, duld Geen teenspraak nie. Ek sal jou saak bepleit. KENT
Doen dit nie, Heer. Ek’t lank gereis, gewaak; Ek slaap ’n rukkie, en fluit die res. Die Ongeluk Kan selfs die braafste man noustrop laat trek. Goeiendag, my Heer! GLOUCESTER
Dié blaam kom Cornwall toe; dit gaan sleg afloop. Gloucester af. KENT
My goeie Koning, wat die ou spreekwoord staaf: U kom uit die hemelse skaduwee Uit in die skroeiende son! Kom nader, jý, baken van die ondermaanse, Dat ek hier in jou vriendelike strale Dié brief mag lees. Slegs die ellende kan Wondere aanskou. Dié brief is van Gordelia, Gelukkig is sy ingelig omtrent My huidige geheime lewe; en sy Sal ter bestemde tyd die midd’le vind Om ons van al dié gruwele te verlos. Gedaan, Half aan die slaap, o moeë oë, neem dié kans waar, Aanskou jul skandelike tuiste nie. Fortuin, Goeienag; glimlag nogeens; en draai jou wiel! Hy slaap. 62
TONEEL DRIE
’n Bos. Edgar op. EDGAR
Ek hoor toe hul verklaar my voëlvry. ’n Holle boomstam het my van hul jag Gered. Geen hawe’s vry, geen plek of hul Staan daar op wag en spied en speur en soek Om my te gryp. Solank ek nog kan vlug, wil ek My red. Ek het besluit die laagste, armste Uiterlike aan te wend wat ooit gebrek, Die mens vernederend, verlaag het tot die dier. Ja, my gesig sal ek met slyk besmeer, 5n Lap bind om my lendene, met ’n Boskasie saamgekoekte hare en kaal lyf Die woede en winde van die hemele trotseer. Dié einste streek gee my veel voorbeelde Van malhuisbedelaars wat, skreeuende, In hul gevoelloos kaal yskoue arms Houtsplinters, spelde, spykers en roosdorings steek; En met dié gruwelike voorkoms by eenvoud’ge Plase en armsaal’ge dorpies, meule en herdershutte, Soms met waansinnige gevloek, soms met gebede, Aalmoese afdwing. Arme gek! O arme Tom! Dit is tog iets; as Edgar is ek niks. Edgar af.
TONEEL VIER
Voor Gloucester se Kasteel. Kent in die blok. Lear, Nar en Edelman op. LEAR
Dis vreemd dat hulle so hul huis verlaat En nie my bode teruggestuur het nie. 63
EDELMAN
Ek het verneem daar was geen sprake van Dié reis die nag tevore nie. KENT
O edel meester, heil! LEAR
Dié skande, man, is dít jou tydverdryf? KENT
Nee, Heer. NAR
Ha, ha! Kyk, hy dra growwe kousbande. Perde word aan hulle koppe vasgebind, honde en bere aan hul nek, ape aan hul boude, en mense aan hul bene. En wanneer ’n man te baldadig word met sy bene, dan kry hy houtblokke vir kouse. LEAR
Wie’t hom so gruwelik in jou rang vergis Dat hy jou hier geplaas’t? KENT
Dis albei, hy en sy. U dogter en u seun. LEAR
Nee. KENT
Ja. LEAR
Nee, sê ek. KENT
Ek sê,ja. 64
LEAR
Nee, neé, hul sou’t nie cloen nie. KENT
Hul’t dit gedoen. LEAR
Ek sweer, by Jupiter, nee! KENT
Ek sweer, bv Juno, j a ! LEAR
Hul het dit nie kon waag, hul kon dit, Wou dit nie doen nie; dis erger as moord, Brutaal, moedswillig só ons eer te skend. Vcrtel my kalm en bondig hoe liet jy Dié smaad verdien, en hoe’t hul dít aan jou kon doen, Jy wat my bode is. KENT
My Hcer, in hul kasteel Het ek u briewe aan hulle afgelewer. Voor ek nog opstaan van die plek waar ek In eerbied knieh kom daar ’n bode aangejaag, Die ene swect, uitasem, en hy hyg Die groete van sy meesteres, u Goneril; Oorhandig briewe wat hul daad’lik lees Ondanks sy onderbreking. Skaars gelees Of hul roep hul gevolg byeen en styg te perd; Beveel my om te volg, soos dit hul pas, EIul antwoord af te wag, hul blik yskoud. Hier loop ek toe die ander bode raak, Wie se ontvangs my welkom so verpes het, Die einste vent wat onlangs hom nog so Parmantig teen U Majesteit gedra het; Met min verstand en heelwat moed trek ek my swaard En hy, die lafaard, skreeu die hele wêrcld wild En wakker. En u seun en dogter vind dit paslik Om my vergryp só skandelik te straf. 65
NAR
Vlieg dic wildeganse dié kant toe, dan is die winter nog nie heen nie. Dra vaders vodde, is liul oud en koud, Dan is hul kinders siende blind. Maar bring hul mudsakke vol goud, Hoc soetgesind word elke kind. Fortuin, dié uitgeslape hoer, Sluit nooit háar deur oop vir die arm boer. Maar met dit alles sal jou dcgters jou nog soveel smarte besorg as wat jy ’n hele jaar lank sal kan tel. LEAR
Hoe swel dié pyn nie in my h art! Hysterica Passio, omlaag, stygende smart! Jou element lê hier benede. Waar’s dié dogter ? KENT
Heer, met die Graaf, hierbinne. LEAR
Volg my nie, bly hier. \Lear af.] EDELMAN
En was dit al vergryp wat u gepleeg het ? KENT
Die enigste. Waarom is die Koning se gevolg so klein ? NAR
En het hulle jou vir daardie vraag in die blok gestop, dan het boontjie so wragtiewaar sy loontjie gekry! KENT
Waarom, Nar? NAR
Ons sal jou klasse laat loop by ’n mier sodat hy jou kan leer jy moenie in die winter arbei nie. Almal wat hulle neuse volg, 66
word deur hul oë gelei behalwe blindes; en onder twintig neuse is daar nie ’n enkel neus wat nie kan ruik as iemand stink nie. Laat jou houvas los as ’n groot wiel die bult begin afrol, anders breek hy dalk jou nek. Maar as ’n groot wiel die bult opklim, laat hom jou saamtrek. As ’n wyse man jou beter raad gee, gee my myne terug; omdat ’n Nar dit gegee het, sou ek graag wou hê net skelms moet dit volg. Hy wat jou dien net vir gewin, Jou volg slegs om die vorm, Sal waai wanneer die reën begin, Jou in die steek laat in die storm. Maar ek sal talm, die Nar sal bly, Die wyse vlug, en nooit terugkeer. Die skelm word Nar, kry hy sy ry, Die Nar geen skelm, prys die Heer. KENT
Waar het jy dit geleer, Nar ? NAR
Nie in die blok nie, Nar. Lear en Gloucester op. LEAR
Hul wil nie met my praat! Hul’s siek! Hul’s moeg! Hul het die heel nag deur gereis! Dis sommer streke, Tekens van hul verset en hul afvalligheid. Vind my ’n beter antwoord. GLOUCESTER
Goeie Vors, u ken Die vurige geaardheid van die Hertog; Hoe vasbeslote en hoe onversetlik Hy í teeds sy eie koers moet volg. LEAR
Wraak! Plaag! Die dood! Verwarring! Vurig! Watter geaardheid? Luister, Gloucester, Gloucester, Ek wil met Cornwall praat en met sy vrou. 67
GLOUCESTER
Ek het hul dit vermeld, my goeie Vors. LEAR
Jy ’t dit vermeld! Verstaan jy my dan nie, man? GLOUCESTER
Ja, goeie Heer. LEAR
Die Koning wil met Cornwall praat; die dierb’re vader Wil met sy dogter praat, haar dien en haar beveel. Is dit aan hul vermeld? My eie vlees en bloed! Vurig! Die vurige Hertog! Sê aan Die driftige Hertog - Nee, nog nie, dalk is hy siek; En elke taak waartoe gesondheid ons verplig, Versuim ons as ons siek is; ons is nie Onsself nie wanneer die Natuur, bedruk, Die gces beveel te ly saam met die liggaam. Ek Sal wag, betreur nou my voortvarendheid Dat ek dié ongestelde mens verwar het Met ’n gesonde man. [Hy kyk na Kent.] ’n Plaag op my gesag! Waarom sit hy dan hier? Dié daad oortuig my Dat hierdie wegbly van die Hertog en Van haar ’n skelmstreek is. Maak los my dienaar! Loop sê hul albei ek wil met hul praat, Nou op die daad; sê hul moet uitkom, ek Wil met hul praat, of ek sal trom slaan voor Hul kamerdeur dat dié rumoer hul slaap vermoor. GLOUCESTER
Mag tussen u slegs vrede heers. Glouceiter af. LEAR
Ai my, my hart! My hart wat styg! Omlaag, omlaag! NAR
Roep na hom, Omie, soos die kok vol fiemies na die palings geroep het toe sy hulle lewend in die pastei stop; sy’t hulle met 68
’n stok oor die kale koppe geklits en uitgeroep: „Omlaag, speulse spul, omlaag!” Dit was haar broer wat uit louter liefde vir sy perd, sy hooi met botter gesmeer het. Gloucester, Cornwall, Regan en Gevolg op. LEAR
Goeie móre aan u albei. CORNWALL
U Hoogheid heil! Kent word vrygeslel. REGAN
Ek’s bly om U Hoogheid weer te sien. LEAR
Ek glo jou, Regan, en ek ken die redes Waarom’k jou glo; was jy nie bly nie, Sou ek my van jou moeders graf moet skei Omdat ’n ontrou gade daarin rus. [Aan Kent] So, jy is vry ? Meer hieroor later . . . Liewe Regan, Jou suster’s niks . . . O Regan, sy het soos ’n Aasvoël haar wreedheid met skerp tande [hy wys na sy hart] Hier diep, diep in my hart geslaan, ek kan skaars met Jou praat, jv sou dié boosheid nie kon glo nie, o Regan! REGAN
Ek bid u wees geduldig, Heer. Ek glo U self misken dalk haar verdienste eerder Dat sy haar plig versuim. LEAR
Wat sê jy daar ? REGAN
Ek kan nie dink my suster sou in die minste In haar verpligting te kort skiet. As sy Miskien u oproerige gevolg beteuel het, 69
Was dit op goeie grond, en met ’n doel Wat haar van alle blaam vrywaar. LEAR
My vloek op haar! REGAN
U ’s oud, o Heer. In u staan die Natuur op die uiterste grens Van sy gebied; iemand wat beter as Uself u toestand ken, behoort u tans Met insig en met takt te lei. Dus vra ek u Keer na ons suster terug en sê aan haar U het haar diep gekrenk. LEAR
Haar om vergifnis vra ? Hoor net hoe pas dít by ons roemryk huis: „Dierbare dogter, ek erken dit ek is oud, Die ouderdom is nutteloos; hier op my knieë [hy kniel\ Smeek ek om kleding, voedsel, onderdak.” REGAN
Genoeg, my Heer, dis lawwe fratse dié. Keer na my suster terug. LEAR
[terwyl hy opstaan\
Nooit, nooit, Regan. Die helfte van my stoet het sy my ontneem, My grimmig aangestaar, toe met haar tong Soos ’n adder diep in my hart gesteek. Mag al die opgegaarde wraak van die Hemele Stort op dié ondankb’re hoof! Gifdampe, slaan Met lamheid nou haar jong gebeente! GORNWALL
Foei, Heer, foei! 70
LEAR
Jul ratse bliksemskigte, skiet jul skroeiende vlamme In haar smalende oë! Moerassewalms, Omhoog gesuig deur die almagtige son, Besmet haar skoonheid, o roei uit haar trots! REGAN
Geseënde Gode! So sal u ook mý vervloek, Trefhierdie roekelose bui u weer. LEAR
Nee, Regan, nee, nooit sal ek jou vervloek nie; Jou tcer-geneë aard sal jou bewaar Van hardheid. Haar oë vlam, joue bring troos, Hul skroei nie. Dis nie in jou geaardheid om My vreugdes in te kort, gevolg te snoei, Met my te raas, iny toelae te verlaag, En op die duur die grendel toe te skuif Dat ek moet buite blv. Nee, jy ken beter Die kinderplig, die band van die Natuur, Die bewyse van eerbied, tol van dankbaarheid; Die helfte van die Ryk wat ek aan jou Geskenk het, het jy nie vergeet. REGAN
Ter sake, Heer. LEAR
Wie het my man in daardie blok gesit? Trompetgeskal a f van die toneeL CORNWALL
Wie se trompet is dit? REGAN
Ek ken dit, dis my suster s’n; sy’t my Laat weet sy is op pad hierheen. [Oswald opL] Hct jou Vorstin gekom? 7i
LEAR
En hier’s die slaaf wie se geleende trots Hom slegs gegun’s deur haar, die wispelturige, Voor wie hy kruip. Weg, skurk, voor my gesig! CORNWALL
Maar wat bedoel U Hoogheid ? LEAR
Wie het my dienaar in dié blok geplaas? Regan, ek hoop jy w^eet dit nie. Maar wie kom hier? [Goneril op.] O Hemele, het u ou manne lief En keur u soet gesag nog eerbied goed, Is u self oud, maak dit u saak, gee my ’n Teken, kies my kant. [Aan Goneril\ Is jy nie skaam Om hierdie baard te aanskou ? O Regan, kan jy Haar nog die hand gee ? GONERIL
Maar waarom nie? Tecn wie het ek misdryf? Nie alles is vergryp wat wanbegrip En ouderdom so mag bestempel nie. LEAR
O hart, jy is te taai! Kan jy nog hou? Hoe het my dienaar in die blok gekom ? CORNWALL
Hy’s daar op my bevel. Sy wangedrag Het heelwat minder eer verdien. LEAR
U ! Wat! U ’t dit gedoen ? REGAN
Ag, Vader, u is swak. Tree soos ’n swakke op, Keer met my suster terug, bly daar by haar, En as die maand verby’s, ontslaan die helfte 72
Van u gevolg en kom bly dan by my; Ek is nou ver van huis, sonder dié voorrade Wat nodig is vir u onderhoud. LEAR
Ná haar terugkeer ? En vyftig man ontslaan! Liewer versaak ek elke dak, verkies ek om Oorlog te voer teen die ou vyand, die oop lug; Die maat te wees van wolf en uil, om saam Met hulle koue en honger te trotseer. Met haar terugkeer? Liewer sou’k kniel voor Frankryks troon, Hy, die vurige vors, wat sonder bruidskat My jongste kind gehu’t, hom soos ’n huurling Vir jaargeld smeek slegs om my maag te vul. Terugkeer na haar? Veel liewer dan die slaaf En pakesel van dié verfoeide vent. \Hy wys na Oswald.] GONERIL
Doen wat u goed dink, Heer. LEAR
Ek smeek jou, dogter, maak my nie waansinnig nie. Ek wil jou nie tot las wees, kind, vaarwel. Jy sal my nooit weer sien, nooit weer ontmoet nie. Maar tog, jv is my vlees, my bloed, my dogter; Nee, eerder ’n siekte in my vlees, wat ek Desnoods my eie moet noem. Jy is ’n bloedvint, ’n Plaesweer, ’n ctt’rende karbonkel In my bedorwe bioed. Maar ek. betig jou nie; Laat skaamte kom wanneer hy wil, ek roep hom nie: Ek smeek die Donderdraer nie om jou te tref, Ek kla jou nie by Jupiter se regbank aan nie. Kom jy allengs tot inkeer as jy kan; Ek het geduld; ek kan by Regan bly, Ek en my honderd ridders. REGAN
Nee, dit nie. Ek’t u Nog nie verwag, is ook nie toegerus 73
Vir u ontvangs nie. Luister na my suster. Want hulle wat u hartstog met begrip beoordeel, Moet u beskou as oud, en dus Maar sy weet wat sy doen. LEAR
Bedoel jy dit ? REGAN
Gewis, my Heer. Wat! vyftig ridders, Dis oorgenoeg. Waarom meer nodig hê ? Of selfs soveel ? Want so ’n klomp kos geld En is gevaarlik. Ja, hoe sou so baie mense In een huis slegs, onder ’n dubbele bevel, Die vrede hou? Dis swaar; amper onmoontlik. GONERIL
Waarom, Heer, sou u nie bedien word nie Deur hul wat sy haar dienaars noem, of myne ? REGAN
Ja, waarom nie? Versuim hul dan hul plig, Sou ons hul kon beheer. Kom u na my (Want hier speur ek gevaar), dan smeek ek u Bring vyf-en-twintig slegs; aan meer sal ek Geen onderdak of voedsel skenk. LEAR
Ek het jul al’s gegee. REGAN
U ’t dit betyds gegee. LEAR
En jul my voogde en hoeders gemaak; Maar ek’t die reg behou op 5n gevolg Van honderd man. Wat! moet ek na jou kom Met vyf-en-twintig? Regan, sê jy dít? 74
REGAN
Ek sê dit nogmaals, Heer: nie één man meer. LEAR
Dié bose mense lyk nogal aantreklik As and’re boser is; om nie die slegste Te wees, verdien selfs lof. \Aan Goneril] Ek gaan met jou. Jou vyftigtal verdubbel tog haar vyf-en-twintig. En sy’s twee keer jou liefde werd. GONERIL
Hoor my, my Heer. Waarom’t u vyf-en-twintig nodig? Tien? Of vyf? Wanneer in daardie huis twee keer soveel Net wag om u te dien? REGAN
Waarom selfs één ? LEAR
O redeneer nie oor my nood! Die armste beed’laar Het iets, hoe nietig ook, wat hy nie nodig het nie. Gee die Natuur slegs wat hy nodig het, Dan leef die mens soos vee. Jy is ’n vrou; As om warm geklee te gaan, al pragtig is, Dan’t die Natuur die kleed wat jy daar pragtig dra, Maar jou skaars warm hou, nie nodig nie. Maar wat die ware nood betref - gee my geduld, O Hemele, geduld, dis wat ek nodig het! U sien my, Gode, hier, ’n arme ou man, So vol van smart as ouderdom, in albei ellendig! As’t u is wat die harte van dié dogters Hits teen hul vader, maak my nie so dwaas nie om Dit mak te duld; wek in my ’n edcle woede, En laat geen vrouewapens, waterdruppels, My mannewange vlek! Nee, hellevege, Ek sal so gruwelik my wreek op julle albei Dat heel die wêreld . . . Ek sal sulke dinge doen, Wat hul mag wees, dit weet ek nog nie, maar hul sal 75
Die skrik wees van die aarde. Jul dink dat ek sal ween Nee, nee, wecn sal ek nie. Ek’t alle rede om te ween . [7/z die verte word die stormwind se geloei gehoor.] Maar hierdie hart sal breek in honderduisend skerwe Voor ek sal ween. O Nar, ek word waansinnig! Lear a f met Gloucester, Nar en Gevolg. CORNWALL
Laat ons binnegaan, hier kom die storm. REGAN
Ons huis is klein; die ou man en sy gevolg Sal ons nie daar kan huisves nie. GONERIL
Dit is sy eie skuld, hy het homself Sy rus ontsê, moet boet nou vir sy dwaasheid. REGAN
Wat sy persoon betref, ek sou hom graag Ontvang, maar nie één dienaar nie. GONERIL
Dit voel ek ook. Waar is die Graaf van Gloucester ? CORNWALL
Hy’t die ou man gevolg. Hier kom hy weer. Gloucester verskyn weer. GLOUGESTER
Die Koning is rasend. CORNWALL
Waar gaan hy heen ? GLOUCESTER
Hy saal al op; waarheen, dit weet ek nie.
76
CORNWALL
Laat hom sy koers volg, hy is eiewys. GONERIL
Heer, moenie by hom aandring hy moet bly nie. GLOUCESTER
Ai, dit word vinnig nag, die gure winde Bulder en loei, en myle in die rond Wys daar geen boom of struik. REGAN
Die skade wat hulle hulself berokken, Moet vir moedswilliges hul leerskool wees. Sluit toe u deure! Hy word pal omring Deur ’n trop woestaards wat vir niks sal stuit; Waartoe hul hom kan aanhits, hy wat so Maklik mislei word, moet die wysheid vrees. CORNWALL
Ja, sluit u deure, Heer, die nag is woes; Regan se raad is goed: kom uit die storm! Almal af.
77
DERDEBEDRYF
TONEEL EEN
’n Heide. ’n Storrn met donderslae en weerligstrale. Kent en Edelman uit verskillende rigtings op. KENT
Wie’s daar behalwe dié verskriklike onweer ? EDELMAN
’n Man met sy gees so onrustig soos die onweer. KENT
Ek ken u. Waar’s die Koning? EDELMAN
Hy stry teen die onstuimige elemente; Beveel die wind om die aarde in die see te blaas, Of dié gekolk van waters oor die land te stort, Dat dinge mag verander of vergaan; pluk aan Sy spierwit hare waarmee die woeste stormvlae In blinde raserny maak soos hul wil; Steeds streef hy om in sy klein mensewêreld Die stryd van stormwind en reën te oortref. Vannag, wanneer die leeggesuigde wyfiebeer Skuil in haar grot, die leeu en honger wolf Hul vag wil droog hou, swerf hy blootshoof rond En stel hom bloot aan alles. KENT
Maar wie’s by hom? EDELMAN
Alleen die Nar wat met kwinkslag en skerts Sy hart se leed probeer versag. 78
KENT
Heer, ek ken u ; Nou durf ek, juis omdat ek u goed ken, Om iets belangriks aan u op te dra. Tussen Albanië en Cornwall’s daar tweedrag, Hoewel met wedersydse lis verberg. Hul het - soos elkeen deur sy ster hoog opgehef Dienaars wat hul getrou lyk maar spioene is Vir Frankryk, en hom alles meedeel wat Hul hier gewaar’t van ons twee vorste se Getwis en hul komplotte, hoe hulle albei Die goeie ou Koning sleg behandel; of iets geheims Waarvan dié dinge slegs die uiterlike skyn is. Een ding staan vas: uit Frankryk kom ’n leër Na dié verdeelde Ryk; wat reeds, bewus Van ons versuim, heimlik geland’t in enk’le van Ons beste hawens en nou op die punt Staan om hul vaandels oop te vou. Heer, luister nou. Indien u dit kan waag om my te vertrou, Spoed Dover toe; daar sal u mense vind Wat u gul sal bedank, as u getrou vertel Welk onnatuurlik waansinwekkende Ellende die ou Koning moet verduur. Ek is 5n edelman gebore en getoë, Ek ker. u en vertrou u, dus bied ek U hierdie opdrag aan. EDELMAN
Ek wil nog verder met u praat. KENT
Nee, dis genoeg. Om te bevestig dat ek veel meer is As slegs my uiterlik, maak oop dié beurs, En neem wat dit bevat. Sien u Cordelia (Wat u gewis sal doen), wys haar dié ring, En sy sal u sê wie dié kêrel is Wat u nou nog nie ken nie. Ai, wat ’n storm! Ek gaan die Koning soek. 79
EDELMAN
Gee my u hand, het u niks meer te sê nie ? KENT
Nie veel, maar meer belangrik as die res: As ons die Koning vind - en u moet dié Kant toe, ek daardie - moet hy wat hom die eerste Teëkom, luid roep na die ander. Albei a f in teenoorgestelde rigtings.
TONEEL TWEE
’n Ander gedeelte van die Heide. Die storm duur voort. Lear en Nar op. LEAR
Blaas winde, en skeur jul wange! Blaas en woed! En julle, wolkbreuke en waterhose, spuit Tot jul ons toringspitse drenk, elk haan versuip! En jul, gedagtesnelle swaelvure, Voorbodes vir die skigte wat die eike klief, Skroei my wit hoof! Jy, donderweer wat die aarde skud, Slaan plat die dikkc ronding van die wêreld! Breek die Natuur se vorms, vergruis die saad Waaruit die ondankbare mens geskape word! NAR
Ag Omie, water op ons meule in ’n droë huis is oneindig beter as hierdie woeste reënwater buitenshuis. Beste Omie, gaan tog binne, en vra jou dogters om hul seën; hier’s ’n nag wat nie die minste medelye het nóg met ’n wyse man nóg met ’n Nar. LEAR
Bulder jou buik vol! Spoeg, vuurstraal! Spuit, reën! Geen reën, wind, vuur of donder is my dogters; 80
Jul wreedheid, elemente, kla ek nie aan nie. Ek het jul nooit ’n ryk gegee, kinders genoem; Jul skuld my geen gehoorsaamheid. Vier dus Jul bose luste bot. Hier staan ek nou, jul slaaf, ’n Arme, swak, sieklik, veragte ou man. Tog noem ek julle slaafse knegte wat Met my twee bose dogters saamspan om Jul hemelhoë gardes af te stort Op ’n hoof so wit en oud soos dié! O, o ! Dis laag. NAR
Hy wat ’n huis het as huisvesting vir sy hoof, het ’n goeie kopstuk. Kry jou gulpsak ’n tuiste, vrind, En joú hoof het geen onderdak, Bly jy met beed’laars slegs verbind, Word jy vol luise sak en pak. Dié man wat sy twee tone ag Van meer belang as selfs sy hart, Sal van liddorings in die nag Skreeu slapeloos en skoon verward. Want daar was nog nooit ’n mooi vrou of sy’t gesigte voor die spieël getrek nie. Kent op. LEAR
Nee, ek sal ’n toonbeeld wees van die geduld, Ek sal niks sê nie. KENT
Wie’s daar? NAR
Genugtig, hier’s sy Majesteit en ’n gulpsak, ’n wyse man dus en ’n Nar. KENT
Helaas, Heer, is u daar? Hul wat die nag bemin, Bemin geen nag soos dié; die woeste hemele 81
Verskrik die einste swerwers van die duister, En hou hul in hul hole. Sinds ek man geword het, Kan ek nie so ’n see van vuur onthou nie, So ’n gekraak van gruwelike donder, So ’n gekreun van wind wat tier, gedruis van reën; Dié vrees en dié beproewing kan die mens Nou eenmaal nie verduur nie. LEAR
Laat nou die grote Gode wat Dié vreeslike bohaai bestendig bo ons koppe, Hul vyande ontdek. Bewe, ellendeling, Wie se geheime misdaad die gereg Nog nie gegesel het; verskuil jou, bloed’ge hand, Meineed’ge skurk, en jy, skynheil’ge wat Bloedskande pleeg; lafaard, bibber en beef, Wat onder die masker van jou huig’lary Wreed teen jou medemens se lewe saamgesweer het; Verhole gruweldade, skeur die kleed wat jul verberg, En smeek dié woeste wraaknemers om hul genade. Ek is ’n man teen wie daar meer gesondig is As wat ek self gesondig het. KENT
Helaas! Blootshoof! Hier vlak by, liewe Heer, is daar ’n hut; Dit sal u skuiling bied in hierdie storm; Rus daar terwyl ek terugkeer na dié ruwe huis Veel ruwer as die klip waarvan’t gebou is, Wat hul so pas, toc ek na u vra, vir my gesluit het Om hul te dwing tot hul versuimde plig. LE A R
My gees begin te duisel. Komaan, my seun. Hoe gaan’t, seun? Is jy koud? Ek selfis koud. Waar is dié strooi, my vriend? Ons nooddwang ken ’n vreemde kuns. Hy maak Gemene dinge kosbaar. Kom, jou hut. 82
My arme Nar en kneg, daar’s een deel van my hart Wat jou diep jammer kry. NAR
[singend] Is jou verstandjie dalk gering, Met 'n haai en 'n aai en die wind en die reën, JVeem dit vir lief, my vriend, en sing, Want die reën hy reën aldag aaneen. LEAR
Dis waar, my seun. Kom, bring ons na die hut. Lear en Kent af. NAR
Dis ’n geskikte nag om ’n optelvrou af te koel. Voor ek laat spaander sal ek eers ’n paar voorspellings maak. As priesters werklik leef soos hulle preek; Geen boer sy buurman ooit ’n punt meer steek; Elk edelman die ene adel is; Daar end kom aan naywer, nyd en lis; Geen booswig moor, geen ketter ooit weer brand; En die gereg pal reg is in die land; As niemand iemand geld skuld of beskinder; En elkeen almal help en niemand hinder; As vrekke goud uitdeel, almal vertrou; En koppelaars en hoere kerke bou; Dan sal die grote ryk van Albion Verwarring ken, en hier sien sink sy son. Dan kom die tyd (wie leef, sal’t gadeslaan) Dat elk met dapper en met stapper gaan. Hierdie voorspelling sal Merlyn nog later maak; w^ant ek leef voor sy tyd. Naraf.
83
TONEEL DRIE
’n Vertrek in Gloucester se Kasteel. Gloucester en Edmond op, met fakkels. GLOUCESTER
Ag, ag, Edmond, so ’n onna tuurlike behandeling staan my glad nie aan nie. Toe ek hulle om hul toestemming vra om my oor hom te ontferm, het hulle my die gebruik van my eie huis ontneem, en my beveel, op straf van hul ewige misnoeë, om nooit van hom te praat, nooit vir hom te pleit nóg op enige wyse vir hom te sorg nie. EDMOND
Hoe wreed en onnatuurlik tog! GLOUCESTER
Stil, stil, sê niks. Daar is onenigheid tussen die Hertoë, en iets ergêr as dit. Vanaand het ek ’n brief ontvang; dis gevaarlik om daarvan te praat; ek het die brief in my binnekamer weggesluit. Hierdie vernederings wat die Koning nou moet verduur, sal hulle wel deeglik vergeld word. Een deel van ’n leërmag het reeds geland; ons moet die Koning se kant kies. Ek sal hom gaan soek en hom in die geheim bystaan. Gaan jy en praat lank met die Hertog, sodat hy niks agterkom van my weldaad nie. As hy na my vra, sê hom ek is siek en in die bed. A1 moet ek hiervoor sterf, en die dood dreig my inderdaad, moet die Koning, my ou meester, bygestaan word. Daar’s vreemde dinge op hande, Edmond, ek bid jou, wees versigtig. Gloucester a f EDMOND
Van dié verbode liefdeswerk en ook dié brief Sal ek die Hertog dadelik laat weet. Hierby sal ek veel baat vind, alles wen Wat Vader moet verloor, titel en al. Die jeug moet styg wanneer die oues val. Edmond a f 84
TONEEL VIER
Die Heide voor ’n hut. Lear, Kent en Nar op. KENT
Hier is die plek, my Heer, gaan binne, Heer. Die nag hierbuite’s glad te ru, te wreed Vir mens om te verduur. Die storm duur voort. LEAR
Laat my met rus. KENT
Kom, beste Heer, gaan binne. LEAR
Wil jy my hart breek? KENT
Ek breek liewer my eie, Heer, gaan binne. LEAR
Jy dink dis veel dat dié weerbarstige storm Dring tot ons vel; so kom dit jou nou voor; Maar waar die groter siekte heers in krag, Voel mens die klein’re skaars. Jy sou ’n beer vermy; Maar vlug jy voort en skielik dreig die stormsee, Sou jy jaag in die beer se bek. Is die gees vry, Dan is die liggaam kwesbaar. Dié storm in my gees Beroof my sinne van al hul gevoelens Behalwe wat hier klop, my dogters se Ondankbaarheid! Dis of dié mond dié hand sou skeur Omdat dit hom sy voedsel bied Maar ek sal straf. Nee, ek ween nie meer nie. Om in so ’n nag My uit te stoot ? Stort neer, ek sal verduur . . . In so ’n nag? O Regan, Goneril! Jul ou goedhart’ge vader het jul al’s geskenk . . . 85
Nee, nee, langs daardie weg lê waansin. Laat Ek hom vermy. Niks meer daarvan . . . KENT
Gaan in, my goeie Heer. LEAR
Toe, gaan self in, en soek jou eie rus. Die storm sal my geen kans gee om te broei Oor dinge wat veel erger is. Goed, ek gaan in. \Aan die Nar] In, seun, gaan voor. Jy, armoede sonder dak Nee, nee, gaan in . . . Eers sal ek bid, dan slaap. \Die Nar gaan die hut binne.] Jul arme naakte skepsels waar ook al, wat al Die slae van dié meedoënlose storm Verduur, hoe sal jul, haweloos en uitgehonger, Jul in jul flenterklere, die ene gate, Teen hierdie onweer kan verdedig? O ek het Te min hiervoor gesorg! Genees jou, Koningspraal; Ontbloot jou, voel wat die arme skepsels voel Dat jy jou oorvloed oor hul uit mag skud Sodat die Heem’le meer regverdig lyk. EDGAR
]
\van binne die hut
Anderhalf vaam, anderhalf vaam ! Arme Tom! Die Nar hardloop uit die hut. NAR
Moenie hier ingaan nie, Omie, hier’s ’n spook! Help my, help m y! KENT
Gee my jou hand. Wie’s daar? NAR
’n Spook, ’n spook, hy sê sy naam is arme Tom! 86
KENT
Wie’s jy wat daar op die strooi lê en brom? Kom uit! Edgar op, vermom soos ’n kranksinnige. EDGAR
Weg, weg! die bose gees lê op my hakke! Deur die skerp braambos waai die koue wind. Ai3gaan na jou bed en maakjou warm! LEAR
Het jy alles aan jou dogters gegee? En is dít wat van jou geword het? EDGAR
Wie gee iets aan arme Tom? En die bose gees het hom deur vuur en vlam gevoer, deur drif en draaikolk, deur modderkuil en moeras; hy’t messe onder sy kussings geplaas, en stroppe teen sy balke; rotgif langs sy sop gesit; en hom oormoedig gemaak sodat hy op ’n rooibruin drafperd oor brue van vier duim gejaag en sy eie skaduwee agternagesit het vir ’n verraaier. Die Gode bewaar jou vyfsinne! Tom’s koud, yskoud. Ai, ai, my tande klap, de,de,de,de,de . . . En die Gode bewaar jou van warrelwinde, bose sterre en besmetting. Gee arrne Tom ’n aalmoes, hy wie die bose gees tempteer en treiter. Daar sou ek hom nou kon pak - en daar, en daar nogmaals, en daar. Die itorm duur voort. LEAR
Wát, het sy dogters hom tot hierdie val gebring? Kon jy niks red? Het jy hul al’s gegee? NAR
Nee, hy’t ’n kombers teruggehou, anders was ons almal beskaam. LEAR
Mag al die voorbestemde plae wat in Die swaar lug oor ons foute hang, jou dogters tref! KENT
Hy het geen dogters, Heer. 87
LEAR
Verraaier, sterf! Niks kon Natuur so laag Laat sink, behalwe sy ondankb’re dogters. Is dit gebruiklik dat verstote vaders So min genade oor het vir hul eie liggaam ? O wyse straf! Dié pelikanedogters Is deur dié einste vlees verwek. EDGAR
Pillikaan sit op Pillikaan-kop. Hallo, hallo! Lo, lo! NAR
Hierdie koue nag sal nog van ons almal narre en gekke maak. EDGAR
Pas op vir die bose gees. Gehoorsaam jou ouers; wees ’n man van jou woord; moenie vloek nie; pleeg geen oorspel met ’n man se wettige vrou nie; laat jou liewe hart tog nie smag na ydele praal nie. Tom’s koud, yskoud. LEAR
Wat was jy gewees ? EDGAR
Minnaar en dienskneg, trots van hart en gees; wat my hare laat krul het, my geliefde se handskoen op my hoed gedra het, wat die geil begeerte van my minnares trou bedien en die daad van duisternis saam met haar gedoen het. En ek het soveel ede gesweer as ek woorde kon praat, en hulle almal gebreek in die lieflike aanskyn van die Hemele. ’n Man wat ingesluimer het met drome van liefdesgenot, en wakker geword het om dit te doen. Ek was versot op wyn en ook op dobbelspel; en wat vroue betref, het ek die Turk die loef afgesteek. Vals van hart, lig van oor, moorddadig van hand; in luiheid ’n vark, in geslepenheid ’n vos, in vraatsug ’n wolf, in dolheid ’n hond, en ’n leeu in roofsug. Laat nóg die gekraak van fyn steweltjies nóg die geritsel van sy jou arme hart aan ’n vrou verraai. Hou jou voete uit bordele, jou hand uit onderrokke, jou pen uit geldskieters se boeke, en 88
trotseer die bose gees. Nog waai die koue wind deur die braambos en hy roep; dreun, dreun, kreun, steun . . . Kroonprins, my seun, ag stop tog, stop, laat hom verbygalop! Die storm duur voort. LEAR
Jy sou beter daarnatoe wees in ’n graf as om met jou kale liggaam hierdie woede van die hemele te weerstaan. Is die mens niks meer as dit nie ? Bekyk hom goed. Jy ’s die wurm geen sy verskuldig nie; die bees, geen vel; die skaap, geen wol; die sivetkat, geen reuk nie. H a! Hier’s drie van ons wat ons eenvoud verloor het. [Aan Edgar] Jy, man, is die ware mens self; die onopgesmukte mens is niks anders nie as net so ’n arm, kaal, gevurkte dier as wat jy is. Weg, weg met dié geleende dinge! Kom, kom, maak hierdie knope los! Hy begin die klere van sy lyf pluk. Gloucester op met 'n fakkel. NAR
Ek bid u, Omie, bedaar, dis ’n bose nag om in te gaan rondswem. Jn Vuurtjie in hierdie woesteny sou nou soos ’n ou wellusteling se hart wees; ’n vonkie slegs, die hele res van sy lyf is yskoud. Kyk hier kom ’n wandelende vuur aan. EDGAR
Dis die bose gees Flibbertigibbet; hy begin met die aandklok en laat spat eers teen middernag; hy gee jou ’n katarak in jou oog, laat jou vervlaks skeel kyk, en kerf vir jou ’n mooi haselip; beskimmel die wit koring, en ry ons arme aardse drommels bloots. [jSingend] Terwyl die Heilige oor die heide dwaal, ontmoet Hy die Nag-merrie, en haar gebroed; Beveel hy haar: Klim a f klim a f jou duiwelskind, En sweer 'n eed. Toe . . . Weg nou, heks, weg en geswind! KENT
Hoe gaan dit met U Hoogheid ? 89
LEAR
Wie’s dit? KENT
Wie’s daar? Wat soek u? GLOUGESTER
Wie is u daar ? U name ?
Arme Tom wat die swemmende padda eet, die platarina, die paddavissie, die akkedis en die watersalamander; wat in die woede van sy hart, as die bose gees in hom raas en tier, koeimis eet vir slaai; die ou rot wegsluk en die hond wat in die sloot gevrek het; die groen slym van die staande waterpoel drink; en wat met die sweep verwilder word van buurt tot buurt, met die blok gestraf en in die tronk gesmyt word; wat eenkeer drie pakke klere had vir sy rug, ses hemde vir sy liggaam. [Singend] Ja , perd en wapens kon ou Tom wel kry. Maar sewe lange jare of naasteby Had hy vir voedsel dag na dag Net muise, en rotte, en dié soort lekkerny. Pas op vir hom wat my volg. Hou jou smoel, Smoeleken! Bly stil, bose gees! GLOUCESTER
W at! het U Hoogheid geen beter geselskap ? EDGAR
Die Prins van Duisternis is wel ’n heer. Modo’s sy naam en ook Mahoe. GLOUGESTER
Ons vlees en bloed het tans so sleg geword Dat hul ons haat wat hul verwek het. EDGAR
Arme Tom is koud, yskoud. 90
GLOUCESTER
Gaan saam mct my; my plig kon dit nie duld Om al u dogters se bevele te gehoorsaam. Hoewel hul my gelas het om my deur te sluit, Sodat die wrede nag u op kon eis; Tog het ek dit gewaag om u te kom soek' En u te bring waar vuur en voedsel is. LEAR
Laat my eers met dié wysgeer praat. Wat, vriend, veroorsaak dondcrweer? KENT
Neem, beste Vors, sy aanbod aan, gaan saam. LEAR
Met dié geleerde Griek wil ek ’n rukkie praat. Wat is u studie ? ED GA R
Die bose gees te flous en goggas uit te roei. LEAR
Ek wil u een vraag vra in die geheim. KENT
Dring nogmaals by hom aan, Heer, dat hy gaan, Sy gees begin te dwaal. GLOUCESTER
Maar kan jy hom blameer? [Die storm duur voort.] Sy dogters soek sy dood. Ai, goeie Kent, Hy’t dit voorspel, die arme banneling! Jy sê die Koning word waansinnig. Vriend, Ek self’s byna waansinnig. Ek had ’n seun, Nou uit my hart verban; so pas wou hy My om die lewe bring, so pas.Ek had hom lief, My vriend, geen vader had sy seun ooit liewer.
Met al die smart raak ek my sinne kwyt. O wat ’n nag! Ek smeek U Hoogheid Die storm duur voort. LEAR
Verskoon my, Heer. Edele wysgeer, bly by my. EDGAR
Tom’s koud, yskoud. GLOUCESTER
Toe, kêrel, hier’s die hut, stap in; dis warm daar. LEAR
Kom, laat ons almal binnegaan.
KENT
Hierheen, my Heer. LEAR
Maar hy moet saam; ek hou my by my wysgeer. KENT
Paai hom, my Heer, laat hom die kêrel saamneem. GLOUGESTER
Neem jy hom saam. KENT
Kom, kêrel, kom; gaan saam met ons. LEAR
Kom, beste Athener. GLOUCESTER
Geen woorde nie, geen woorde . . . sjuut. . . 92
EDGAR
[singend] Toe ridder Roland tot die donker toring tree, Het hy geswyg. Net in die toring skree Die reus: „Faai, fou, fam, Jit, Ek ruik die bloed hier van ’n BritN Almal a f
TONEEL VYF
5wVertrek in Gloucester se Kasteel. Cornwall en Edmond op. CORNWALL
Ek wil my wraak hê voor ek sy huis verlaat. EDMOND
As ek net daaraan dink, my Heer, hoe ek nog veroordeel mag word omdat my gevoelens as seun moes swig voor my lojaliteit aan u, dan sidder ek. CORNWALL
Ek begin nou insien dat dit nie heeltemal u broer se bose geaardheid was wat hom sy vader se dood laat soek het nie; maar die aandrang van sy eiewaarde, aangespoor soos hy ook was deur ’n laakbare slegtheid in homself. EDMOND
Watter onverdiende lot, dat ek berou moet hê oor my eie regvaardigheid! Hier is die brief waarvan hy gepraat het, wat klinkklaar bewys dat hy ’n spioen is ten gunste van Frankryk. O Hemele, dat hierdie verraad maar net nie waar was, of dat dit nie ék was wat dit ontdek het nie! CORNWALL
Gaan saam met my na die Hertogin. 93
EDMOND
As die inhoud van hierdie brief waar is, lê daar u ’n geweldige taak voor. CORNWALL
Waar of vals, dit het jou Graaf van Gloucester gemaak. Gaan soek jou vader, sodat ons hom ter geleë tyd in hegtenis kan neem. EDMOND
[tersy] Vind ek hom terwyl hy besig is om die Koning te help, sal dit slegs die agterdog teen hom verstcrk. [Aan Cornwall\ Ek sal voortgaan op die pad van my lojaliteit, al is die stryd ook hoe swaar tussen plig en my eie bloed. CORNWALL
Ek sal op jou vertrou; en in my liefde sal jy ’n beter vader vind. Albei af.
T O N E E L SES
’w Kamer in 'n boerehuis vlakby Gloucesier se Kasteel. Gloucester en Kent op. GLOUCESTER
Hier is dit beter as in die oop lug; wees dankbaar daarvoor. Ek sal doen wat ek kan om u meer op u gemak te laat voel. Ek sal nie lank wegbly nie. KENT
A1 die krag van sy verstand moes padgee vir sv ongeduld. Mag die Gode u goedheid beloon! Gloucester af. Lear, Edgar en Nar op. EDGAR
Frateretto roep my, en vertel my Nero is ’n hengelaar in die Vlei van die Duisternis. Bid, onnosele, en pas cp vir die bose gees. 94
NAR
Ek smeek jou, Omie, sê my tog: is ’n kranksinnige ’n edelman oi* wel ’n kleinboer? LEAR
’n Koning, ’n Koning! NAR
Nee, ’n kranksinnige is ’n kleinboer wat ’n edelman het vir seun; want hy’s ’n kranksinnige kleinboer wat sy seun edelman sien voor hy dit self is. LEAR
O had ek duisend man met gloeiend-hete spitte Wat op hul af kon sis E D GA R
Die bose gees byt in my rug. NAR
Kranksinnig is hý wat op die makheid van ’n wolf vertrou, op ’n perd se gesondheid, ’n seun se liefde, of die eed van ’n hoer. LEAR
Dit sal geskied; ek kla hulle aan nou op die daad. [Aan Edgar] Kom, sit u hier, geleerde regter. [Aan die Nar~\ U, wyse heer, sit hier. Nou, wyfievosse! EDGAR
Kyk daar staan hy ons en aangluur! En jy, Madam, wil jy nog bewondering wek selfs hier in die hof? „Vaar oor die stroom, Liesbet, vaar na my oor - ” NAR
[singend] Haar bootjie lek, haar spane's weg En ook haar seil. Ag, dis verseg O f sy sal kom. f ý t haar al lank verloor. 95
EDGAR
Die bose gees spook by arme ou Tom met die stem van ’n nagtegaal. En in Tom se pens roep Huppeldans om twee vars harings. Kras nie, swart engel; ek het geen kos vir jou nie. KENT
Hoe gaan dit met u, Heer? Ontstel u nie; Kom lê en rus hier op die kussings. LEAR
Eers die verhoor. Bring die getuies binne. [Aan Edgar] Man in die mantel van gereg, neem plaas. [Aan die Nar] En jy, sy medewerker in regvaardigheid, Gaan sit langs hom. [Aan Kent] U ’s deel van die kommissie, Gaan sit u ook. EDGAR
Laat ons regverdig oordeel. [Singend] Waakjy of siaap jy , sorgelose herder? Wat vreet daar aan my koring? Disjou skaap. Maar gee éénfluitjie met jou fraai klein mond, Dan kom hul streep-streep terug, gaan ook ék slaap.
Pirr! dié kat is grys. LEAR
Kla haar eerste aan, dis Goneril. Hier voor dié eerbare Raad verklaar ek onder eed sy’t die arme Koning haar vader geskop. NAR
Kom hier, dame. Is u naam Goneril ? LEAR
Sy kan dit nie ontken nie. NAR
Ek vra u om verskoning, ek dag u was ’n voustoel. 96
LEAR
En hier’s ’n ander wie se verwrong^ gelaat VVys wat daar skuil diep in haar hart. Stop haar! Wapens, wapens, swaarde, vuur! Hier word daar omgekoop! O valse regter, waarom’t jy haar laat onstnap? EDGAR
God seën u verstand! KENT
O jammerte! Heer, waar is die geduld Wat u gespog het is nog steeds u deel ? EDGAR
[tersy] My trane kies so sterk sy kant Dat hul my spel verraai. LEAR
Selfs die klein hondjies, Vlek, Stompie, Snippie, kyk, hul blaf vir my. EDGAR
Ou Tom sal hul laat spat. Toe, vort, jul brakke! Isjúl snoet swart of wit, ek sê: ,,Voertsek!,> A1 sit dr.ar ook gif in jul bek, Vuil brakkie, windhond, bloedhond, boel, Poedel, die hele swetrioel. A1 sleep jul stert, al is hy kort of lank, Ou Tom sal jul laat kerm en tjank; Want hy sal net een skree moet gee, Dan het jul almal padgegee! Aits, maar de, de, de, dis koud. Toe vat hom, sa, sa, sa! Kom laat ons waai na feeste, kermisse en markpleine! Arme Tom, jou drinkhoring is kurkdroog. LEAR
Laat hulle dan Regan oopsny en ontleed, en sien wat daar in haar hart uitbroei. Is dit werklik vir die natuur moontlik om sulke harde harte voort te bring? \Aan Edgar\ U, Heer, neem ek 97
in my diens as een van my honderd ridders; net ek hou nie van die fatsoen van u klere nie; u sal miskien sê hulle is Persies; maar laat hulle verander word. KENT
Lê hier, my beste Heer, en rus ’n bietjie. LEAR
Maak geen geraas, maak geen geraas; trek die gordyne toe; so, so . . . Móre-oggend sal ons die aandmaal gebruik. NAR
En ek sal helder oordag ter ruste gaan. Gloucester verskyn weer. GLOUCESTER
Kom hier, vriend. Waar’s die Koning nou, my meester ? KENT
Hier, Heer, maar steur hom nie, hy is sy sinne kwyt. GLOUCESTER
Ag, neem hom in jou arms, goeie vriend; Ek het gehoor hul smee ’n komplot teen sy lewe. ’n Draagbaar’s byderhand; plaas hom daarop En spoed na Dover, vriend, waar hul jou welkom Sal heet en ook beskerm. Neem jou meester op; Sou jy ’n halfuur talm, is sy lewe, Joue en dié van elkeen wat hom wil verdedig, Red’loos verlore. Neem hom op, toe, neem hom op; En volg my, ek sal sorg dat julle gou Voorrade kry. KENT
Hy slaap want hy’s gedaan. Dié rus Kon balsem wees vir jou geskokte senuwees Wat, word hul weer versteur, Skaars heelbaar dan sal wees. [Aan die Nar] Kom help jou meester dra; Jy moenie agterbly nie. 98
GLOUCESTER
Kom, kom, laat ons gaan! Kent, Gloucester eti die Nar dra die Konitig weg. EDGAR
As ons sien hoe ons meerderes ons rampe dra, Kan ons skaars oor ons eie lyding kla. Hy wat alleen ly hier, ly allermees, Ontdaan van alle vroeër vreugdes, in sy gees. Maar ons kan makliker ons lyding weerstand bied, Het ons leed maats, geselskap ons verdriet. Tans is hy ligter, draagliker, my ongeluk, Nou wat my buig, die Koning grond toe druk. Wreed is sy kinders, so ook my vader! Voort, Tom, voort! Let op wat gaande is, hoe skreeu die grotes moord En brand. En openbaar jou slegs wanneer Jou valse vonnis val, hul jou herstel in eer. Ag, laat die Koning tog ontsnap, gebeur Ook wat vannag! Stil, stil. Edgar af.
TO N E E L SEWE
’n Vertrek in Gloucester se Kasteel. Cornwall, Regan, Goneril, Edmond en Dienaars op. CORNWALL
[aan Goneril] Gaan in aller yl na die Hertog u gemaal, wys hom hierdie brief, die Franse leër het geland. \Aan Dienaars\ En bring die verraaier Gloucester hier! Enkele Dienaars af. REGAN
Hang hom dadelik op. GONERIL
Pluk sy oë uit. 99
GORNWALL
Laat hom aan my misnoeë oor. Edmond, hou u ons suster geselskap; die wraakmaatreëls wat ons noodgedwonge op u verraderlike vader sal moet toepas, moet u nie aanskou nie. Raai die Hertog aan, so gou u hom te sien kry, om spoedig alle voorbereidings te tref; ons is tot dieselfde taak verplig. Ons boodskappers sal ’n snelle inligtingsdiens tussen ons in stand hou. Vaarwel, liewe suster; vaarwel, my Graaf van Gloucester. [Oswald op.] Wat’s jou nuus? Waar’s die Koning? OSWALD
Die Graaf van Gloucester het hom meegevoer; Ruim ses-en-dertig van sy ridders het Hom lank gesoek, toe by die poort gevind; Met hulle en ander van sy edelmanne Is hy op pad na Dover waar, so spog hulle, Hulle ’n magdom wapenbroeders het. GORNWALL
Bring perde vir jul meesteres! GONERIL
Vaarwel, my beste Heer, en suster. CORNWALL
Edmond, vaarwel. [Goneril, Edmond en Oswald aj.] Vind die verraaier, Gloucester, En boei hom soos ’n dief, en bring hom hicr. [Ander Dienaars af.] Hoewel ons hom nie sonder regspraak tot Die dood kan veroordeel, tog sal ons mag Hier voor ons toorn buig, wat ’n mens wel kan Betreur maar nie beheer. Wie’s dit? Daardie verraaier? Dienaars kom terug met die gebonde Gloucester. REGAN
Ondankb’re vos, dis h y ! ioo
CORNWALL
Bind vas sy dorre benerige arms. GLOUCESTER
Wat wil U Hooghede ? My goeie vriende, Onthou u is my gaste. Geen gemene spel. . . CORNWALL
Bind hom, sê ek! [Dienaars bind Gloucester.'] REGAN
Vas, vas! O vuil verraaier! GLOUCESTER
Meedoënlose vrou, dít is ek nie. CORNWALL
Bind hom aan dié stoel vas. Skurk, jy sal vind Regan trek Gloucester se baard. GLOUCESTER
By al die goeie Gode, dis ’n skande Om my so aan die baard te trek. REGAN
So wit, en tog so ’n verraaier! GLOUCESTER
Bose vrou, Dié hare wat jy uit my ken gepluk het, Kry nuwe lewe, kla jou aan. Ek is U gasheer, dit betaam u nie om u gasheer se Gelaat met rowershande so te skend. Wat wil u doen ? CORNWALL
Sê watter brief het u soëwe ontvang uit Frankryk? ioi
REGAN
En antwoord reguit, want ons weet die waarheid. CORNWALL
Wat’s u verbintenis met die verraaiers Wat pas hier aangeland het ? REOAN
Na wie het u die mal Koning gestuur ? Toe, praat! GLOUCESTER
Ek het ’n brief wat my slegs vrae stel, Ontvang van een wat onpartydig is, Geensins u teenstander. CORNWALL
Geslepe. REGAN
En vals. CORNWALL
En waar het jy die Koning heengestuur? OLOUCESTER
Na Dover. REGAN
Waarom na Dover ? Was jy nie gelas A1 sou ook wat gebeur CORNWALL
Waarom na Dover? Laat hy dít beantwoord. GLOUCESTER
Vas aan die paal, moet ek hul treit’ring duld. REGAN
Waarom na Dover ? 102
REGAN
Wat bedoel jy daarby ? CORNWALL
My slaaf! Hulle trek hul swaarde en begin veg. EERSTE DIENAAR
Komaan, hier sal ons nou ons woede meet. REGAN
Gee my jou swaard. ’n Kneg en so astrant! Sy gryp ’n swaard en steek hom in die rug. EERSTE DIENAAR
O ek sterf! My Heer, u’t nog ’n oog; Kyk, ek het hom gewond. O . . . [Hy sterf.] CORNWALL
Ons moet verhoed dat hy meer sien. Uit, uit, slymklont! Waar’s nou jou glans ? GLOUCESTER
O alles donker, troosteloos. Waar is My seun Edmond ? Edmond, blaas elke vonk Van die natuur tot vlam. O wreek dié gruweldaad! REGAN
Weg, skurk, verraaier, weg! Jy roep na hom Wat jou haat, dit was hý en hy alleen Wat jou verraad aan ons kom openbaar het, Hy’s veels te goed om jou ooit te bejammer. GLOUCESTER
O dwaasheid! Dan’t ek Edgar veronreg. Vergewe my dit, Gode, en seën hom! 104
REGAN
Toe, gooi hom by die poort uit, en laat hy Sy pad na Dover ruik. Hoe gaan’t? Hoe voel u, Heer? CORNWALL
Ek is gewond; volg my, Madam. Weg met Dié oëlose skurk! En smyt dié slaaf Op ’n mishoop. Regan, ek bloei aaneen. Dié wond’s ontydig. A i. . . gee my u arm. Cornwall af.\ steunend op Regan. Gloucester word deur Dienaars weggelei. TWEEDE DIENAAR
Ek gee nie om nie watter kwaad ek doen As dit ooit goed gaan met dié man. DERDE DIENAAR
As sy lank lewe Om op die ou end soos elke mens te sterf, Sal alle vroue monsters word. TWEEDE DIENAAR
Laat ons die ou Graaf volg, en Gek-Tom vra Sy gids te wees; want dié se speelse malheid Sien kans vir alles. DERDE DIENAAR
Doen jy dit. Ek gaan vlas en eierwit haal Vir sy bloeiende gelaat. Die Hemel help hom! Almal a f in hul verskillende rigtings.
105
VIERDEBEDRYF
TONEEL EEN
Die Heide. Edgar op. EDGAR
Vcel beter om te weet jy is verag as om Onwetende verag te wees hoewel gevlei. Sink jy hoe laag en word jy hoe verneder, Jy hoop nog altyd, leef dus nie in vrees nie. Die beste lot kan later slegs versleg, Die droewigste die blydskap erf. Dus, welkom, Jy, liggaamlose lug wat ek omhels, Want hy wat jy so diep in die ellend gestort het, Het niks meer van jou stormwind te vrees. Maar wie kom hier ? [Gloucester op, deur ’n ou man gelei.'] My vader deur dié arm Ou man gelei? O wêreld, wêreld, wêreld! Ons haat jou vreemde wisselinge. Anders Sou ons die ouderdom seën en nie vervloek. ou
MAN
O goeie Heer, al tagtig jaar is ek U pagter, en die pagter van u vader. GLOUCESTER
Gaan, goeie vriend, gaan heen. Laat my met rus. Jou bystand kan my nie in die minste help nie, En dit kan jou veel skade doen. ou
MAN
U kan u pad nie sien nie. GLOUCESTER
Ek het geen pad, het dus geen oë nodig nie. Toe ek kon sien, het ek gestruikel. Hoe dikwels maak 106
Voorspoed ons onverskillig, waar die onheil Ons voordeel bring. O Edgar, dierb’re seun, Slagoífer van jou vader se misleide toorn, Kon ek jou maar net een keer voel-voel sien, Dan sou ek sê ek het weer oë. ou
MAN
Wat’s dit? Wie’s daar? EDGAR
[tersy\ O Gode! Wie kan sê?: „Die ergste tref my nou.” Ek’s erger as ek ooit tevore was. Vir my word dit steeds erger.
ou
MAN
Dis arme malle Tom. EDGAR
[tersy] En dit kan erger word; dis die ergste nie Solank ons nog kan sê: „Dít is die ergste.”
ou
MAN
Waar gaan jy, man ? GLOUCESTER
Is dit ’n bedelaar? OU MAN
’n Bedelaar, en boonop mal. GLOUCESTER
Nie heeltemal, want dan sou hy nie bedel nie. Gist’raand in daardie storm het ek ’n man gesien, Toe dink ek: ag, die mens is net ’n wurm. En skielik dink ek aan my seun ofskoon my gees Hom skaars kon sien as vriend. Sindsdien’t ek veel geleer. Soos vlieë vir baldaad’ge seuns is ons vir die Gode; Hul maak ons dood vir hul vermaak. 107
EDGAR
[tersy] Hoe is dit moontlik ? Dis ’n sleg beroep om Die nar te speel vir die verdriet, dit kwel jou En andere ook. [Luid] O wees geseën, Heer. OLOUCESTER
Is dit die naakte kêrel ? ou
MAN
Dis hy, my Heer. GLOUCESTER
Gaan heen nou, vriend. As jy om my ontwil Ons in sal haal ’n myl of twee van hier Op pad na Dover, doen dit uit ou liefde. En bring tog klere vir dié naakte siel; Ek gaan hom vra om my te lei. ou
MAN
Helaas, Heer, hy is m al! GLOUCESTER
Dit is ons tyd se vloek: dat malles blindes lei. Doen wat ek sê, of liewer wat jy wil, Maar boweal, gaan heen. ou M A N Die beste klere wat ek het, bring ek Vir hom . . . ja, kom wat wil. Ou man af. GLOUCESTER
Haai, naakte kêrel EDGAR
Tom’s koud, yskoud. [Tersy] Ek kan nie langer veins nie. GLOUCESTER
Kom hierheen, man. 108
EDGAR
[tersy] En tog ek moet. U liewe oë bloei. . . mag hul geseën wees. GLOUCESTER
Ken jy die pad na Dover ? EDGAR
Nie altemit nie. Elke heg en steg, elke perdepad en voetpaadjie. Van pure skrik is arme Tom al lankal sy bont varkies kwyt. Die Hemele bewaar jou, liewe memekind, van die bose gees! Vyf bose geeste het tegelyk in arme Tom rondkerjakker; soos Obidikut, Gees van die wellus, Hoberdidans, Prins van die stomheid; Mahoe, van diewery; Modo, van moord; Flibbertigibbet, die Oppergees van 5n ewige gegrinnik en skewebektrekkery; wat sindsdien kamerbediendes en hofjuífers binnegevaar het. Die Gode seën u, Meester! GLOUCESTER
Hier, neem dié beurs, met slag op slag’t die Lot Jou tot ootmoedigheid gedwing; en my misêre Versag jou leed. Mag steeds die Gode so beskik! Laat hy wat swelg in al sy weelde en luste, En u gebod vertrap, wat nie wil sien Omdat hy nie kan voel nie, u mag tog gou ervaar; So sal verdeling oormaat straks uitwis, En elke man genoeg hê. Ken jy Dover? EDGAR
Ja, Heer. GLOUCESTER
Daar is ’n krans, waarvan die hoë kruin Verskriklik afkyk in die oseaan; Bring my tot sy uiterste randjie, dan Vergoed ek jou ellende met iets kosbaars Wat ek hier by my het. Van daardie plek Sal ek geen leiding nodig hê. 109
EDGAR
Gee my jou arm; En arme Tom sal jou lei. Albei af.
TONEEL TWEE
Voor die Kasteel van die Hertog van Albanië. Goneril en Edmond op. GONERIL
Welkom, my Heer. Vreemd dat my sagte gade Ons nie kom inhaaFt nie. [Oswald op.'] Seg, waar’s jou meester ? OSWALD
Hier tuis, Madam; maar wonderlik verander. Toe ek hom sê die Franse leër’t geland, Glimlag hy slegs. Ek sê hom toe u kom; ,,Des te erger,,> antwoord hy. Van Gloucester se Verraad, sy seun se troue diens vertel Ek hom en hy noem my ’n sot, en sê Ek het die binneste na buite toe gekeer. Dis of hy hou van wat hy hoort te haat, O f wat hy lief moet hê, hom in die krop steek. GONERIL
[aan Edmond]
Gaan dan nie verder nie. Hy’s bang, hy het geen moed nie, wil niks waag. Hy voel geen onreg nie as dit vergelding Van hom sou eis. Wat ons op pad hierheen Begeer’t, word nog vervul. Terug, Edmond, na My swaer, help hom sy magte saamtrek, voer Hul aan. Nou ruil ek wapens om en gee My man die spinnewiel. Dié troue dienskneg no
Sal nou ons bode wees. Weldra hoor jy, Indien jy tot jou eie voordeel iets wil waag, Die opdrag van jou meesteres. Dra dit; geen woord. [»Sy gee hom ’n liefdespand.] Maar buig jou hoof. Dié soen, as hy kon praat, Sou hy jou moed laat styg tot by die sterre. Begryp my goed, vaarwel. EDMOND
Ek dien u tot die dood. GONERIL
My dierb’re Gloucester! [Edmond a f ] Wat ’n verskil tog tussen man en m an! Jou kom ’n vrou se gunste toe. My Nar Besit my liggaam sonder reg. OSWALD
Madam, hier kom my Heer. Oswald a f Albanië op. GONERIL
Vroeër was ek nogal ’n welkom werd. ALBANIË
O Goneril! Jy’s nie die stof werd wat die strawwe wind Waai in jou gesig. Ek vrees jou ware aard. Die mens wat sy oorsprong verag, ken maat Nóg perk, kan nie in toom gehou word nie. Sy wat haar losskeur splint’rend van die stam Wat haar haar sap skenk, moet verdor noodwendig En dan verbrand word soos iets doods. GONERIL
Genoeg; dié teks is dwaas. ALBANIË
Wat wys en goed is, vind die bose boos; Vuilheid het smaak vir vullis. Wat het jul gedoen? i i i
Tiere, nie dogters nie, wat het julle aangevang? ’n Vader, ja, ’n waardige grysaard Wie se ou hande ’n verbolge beer sou lek, Het jul, barbaars, ontaard, tot raserny gedryf! Hoe kon my goeie swaer iets derg’liks duld ? ’n Man, ’n Prins, so mild deur hom begunstig! Indien die Hemele nie gou hul sig’bre Geeste van wraak stuur om dié gruwele Te straf, dan is die dag nie ver meer nie Dat, soos die monsters van die oseaan, Die mensdom noodgedwonge aas op homself. GONERIL
O man met melk vir bloed! Wat slegs ’n wang vir slae het, ’n kop Vir hoon en skimp, en geen oog in dié kop Om eer van smaad te onderskei. Jy weet Tog goed dis sot om skurke te bekla word hul Gestraf voor hul hul misdaad pleeg. Waar is jou trom ? Frankryk se vlae wapper oor ons rustig land, Met sy bepluimde helm dreig hy jou staat, Maar jy, my stomme narrepreker, sit doodstil En sug: „Ag waarom doen jy dit?” ALBANIË
Duiwel, kyk in jouself! In Satan self lyk al’s wat walglik is So gruw’lik nie as in ’n vrou. GONERIL
O nuttelose nar! ALBANIË
Bedorwe vrou, eind’lik van buite ook Ontbloot, lyk minder soos ’n monster! Kon Hierdie hande die drang volg van my bloed, Sou hul in staat wees om jou vlees en beend’re Uitmekaar te ruk. Maar tog, al is jy ook ’n duiwel, ’n Vrou se vorm beskerm jou soos ’n skild. 1 12
GONERIL
Ai, hoe manhaftig tog! ’/i Boodskapper op. ALBANIË
En wat’s die nuus ? BOODSKAPPER
My goeie Vors, die Hertog Cornwall’s dood; Sy kneg’t hom doodgesteek toe hy ook Gloucester Se ander oog wou uitpluk. ALBANIË
Gloucester se oë! BOODSKAPPER
’n Kneg, van kindsbeen in sy diens, had medelye, Wou dié daad teengaan, het sy swaard getrek Teen sy eie meester; wat, daardeur ontstoke, Toe op hom afstorm en hom neervel; maar Hy’t self ’n steek gekry wat sedertdien Ook hom laat sterf het. ALBANIË
U is dus wel daarbo, O regterskaar, wat al ons euweldade So gou kan wreek! Maar arme Gloucester, Het hy sy ander oog verloor ? BOODSKAPPER
Albei, albei, my Heer. Dié brief, Madam, vereis ’n snelle antwoord; Dis van u suster. GONERIL
[teny\ Aan die een kant is dit goed; Maar sy’s 5n weduwee, en my Gloucester gaan na haar So kan my lugkasteel in duie stort En my begrawe. Aan die ander kant, XI3
Dié nuus is nie so sleg. [.Luid] Ek sal dit lees en antwoord. Goneril af. ALBANIË
Waar was sy seun toe hul sy oë neem ? BOODSKAPPER
Op pad hierheen met die Vorstin. ALBANIË
Hy is nie hier nie. BOODSKAPPER
Nee, Hecr, ek’t hom ontmoet op sy pad terug. ALBANIË
Weet hy van hierdie gruweldaad? BOODSKAPPER
Ja, goeie Heer, hy self het hom verraai,
En toe die slot verlaat sodat hul straf ’n Vryer gang sou hê. ALBANIË
Gloucester, ek lewe om jou te dank vir al Die trou wat jy getuig het aan die Koning, En om jou oë te wreek. Kom hierheen, vrierid, Vertel my wat jy verder weet. Albei a f
TONEEL DRIE
Die Franse kamp naby Dover. Kent en ’n Edelman op. KENT
Waarom is die Koning van Frankryk so gou terug? Weet die redes daarvoor ?
EDELMAN
Dit was *n staatsaak wat hy onafgehandel gelaat en waaraan hy eers na sy aankoms alhier gedink het, en wat soveel vrees ea gevaar vir sy koninkryk inhou dat sy persoonlike terugkeer hoogs noodsaaklik was en ook dringend versoek is. KENT
Wie het hy as opperbevelhebber hier gelaat ? EDELMAN
Die Maarskalk van Frankryk, Monsieur La Far. KENT
Het u brief die Koningin tot enige uiting van droefheid beweeg? EDELMAN
Sy’t dit geneem, voor my gelees, en af En toe het ’n traan langs haar tere wang Gerol. Sy5t soos 5n koningin gelyk, Daar oor haar harstog heersende wat, steeds Rebels, koning wou speel oor haar gemoed. KENT
Dan het dit haar ontroer! EDELMAN
Maar nie tot toorn nie. Geduld en droefheid het Gestry om haar haar mooiste uitdrukking te gee. U’t reën en sonskyn saam gesien; so was Haar glimlag en haar trane, maar veel mooier; Dié blye laggies wat om haar vol lippe speel Wis skynbaar niks van daardie gaste in Haar oë wat toe hul afskeid neem, gelyk’t soos pêrels Uit diamante neergedrup. Kortom, Dié hartseer sou 5n kosb’re kleinood lyk, Kom dit elkeen so goed te staan. I X5
KENT
En sy het niks gesê nie ? EDELMAN
Die woordjie „Vader” het sy ’n paar maal uitgespreek, Hygend, asof dit swaar druk op haar hart. Toe roep sy: „Susters, susters! Smet van vroue, susters! Kent! Vader! susters! Wat! In daardie stormnag! Bestaan daar dan geen meely meer?” Toe stroom Die heilige water uit haar hemelse oê, Was al liaar sugte en uitroepe nat van trane, En yl sy weg om met haar smart alleen te wees. KENT
Dit is die sterre, Die sterre hoog bo ons wat ons natuur beheer; Hoe anders sou dieselfde man en vrou Kinders verwek wat juis so hemelsbreed verskil ? Het u sindsdien met haar gepraat ? EDELMAN
Nee. KEN r
Was dit nog voor die terugkeer van die Koning ? EDELMAN
Nee, later. KENT
Die arme beproefde Lear is in die stad. As sy gees opklaar, besef hy goed Waarom ons hier is, maar hy weier koppig om Sy dogter weer te sien. EDELMAN
Waarom, my Heer ? Il6
KENT
’n Matelose skaamte oorrompel hom: sy hardheid Wat haar sy vaderseën ontneem het, en haar toe Die onsekere vreemde ingejaag, haar erfdeel Aan sy twee hondse dogters afgestaan het, Dié dinge steek so giftig in sy hart, ’n Brandende berou weerhou hom van Cordelia. EDELMAN
Helaas, die arme vors! KENT
U ’t niks gehoor van Cornwall en Albanië Se magte nie ? EDELMAN
Dis seker hul ruk op. KENT
Wel, Heer, ek bring u na ons meester Lear, En laat hom in u sorg. ’n Ernstige saak Maak dat ek my 5n tydlank skuil moet hou; Maar eien u my straks, sal dit u nie berou nie Dat u my wel vertrou’t. Ek bid u, gaan Nou saam met my. Albei a f
TONEEL VIER
Dieselfde toneel. ’n Tent. Cordelia, Arts en Soldate met tromme en vaandels op. CORDELIA
Helaas, dis hy! Hy’s juis so pas gesien Waansinnig soos die woeste see; en hy sing luid; Gekroon met geile aardrook, vore-onkruid, u 7
Met klitsgras, dollekerwel, dissels, koekkoeksblomme, Drabok en al die nutt’lose onkruid wat daar woeker In ons voedsame koring. Stuur gou honderd manne uit; Laat hul elk akker welig koringland deursoek, En bring hom hier. [’n Offisier a f ] Wat kan die mens se kennis doen Om sy verstoorde sinne te herstel ? Wie hom genees, kry alles wat ek het ARTS
Daar’s heelmiddels, Madam, Die pleegmoeder van die Natuur is rus, Wat hom ontbreek; daar’s menig heilsaam raat Wat hom sal stem tot kalmte, en die oog Van kwelling en van angs sal sluit. CORDELIA
Alle geseënde geheime, al Jul ongekende kragte van die aarde, Spruit uit my trane! O help en heel Die eed’le grysaard in sy nood. Soek, soek Vir hom sodat sy blinde woede nie Sy lewe eindig sonder toom of stuur. 9n Boodskapper op. BOODSKAPPER
Hier’s nuus, M adam; die Britse mag ruk op hierheen. CORDELIA
Dit weet ek reeds. Ons mag staan vir hul klaar. O dierb’re Vader! Dis u saak alleen Wat ek hier dien. Daarom had die edele Frankryk Deernis met al my wee en dringende trane. Geen opgepofte eersug hits ons wapens aan, Maar liefde, suiwer liefde, en ons ou vaders reg. Mag ek hom gou weer hoor en sien! Almal a f
118
TO NE EL VYF
'n Vertrek in Gloucester se Kasteel. Regan en Oswald op. REGAN
Maar is my swaer se leër in die veld ? OSWALD
Ja, Madam. REGAN
Hy self voer die bevel ? OSWALD
Ja, maar na veel gewik, geweeg. U suster is ’n beter krygsman.
REGAN
Graaf Edmond het toe tuis met hom gepraat? OSWALD
Nee, Madam. REGAN
Wat sou my suster hom geskryf het? OSWALD
Dit weet ek nie, Vorstin. REGAN
Iets heel belangriks moes hom hiervandaan laat jaag het. Hoe dwaas tog om die blinde Gloucester te Laat lewe het. Waar hy ook kom, verbitter hy Elk hart teen ons. Edmond, meen ek, is voort Daar hy hom jammer kry in sy ellende, Hom van sy duister lewe wil verlos, En ook om uit te vind hoe sterk die vyand is. 1 x9
OSWALD
Ek moet hom agternasit met dié brief. REGAN
Ons leërmag ruk móre op. Bly hier by ons. Die paaie is gevaarlik. OSWALD
Ek mag nie, Madam. My Hertogin se opdrag moet ek stip uitvoer. REGAN
Waarom sou sy aan Edmond skryf ? Kon jy Dan nie haar boodskap mond’lings bring. Miskien . . . Daar’s ’n paar dinge . . . ek weet nie wat. Ek sal Jou veel verskuldig wees. Laat my dié brief ontseël. OSWALD
Madam, ek sou liewer REGAN
Ek weet u Meesteres’t haar man nie lief nie; Daarvan’s ek seker. Ja, toe sy hier onlangs was Het sy Graaf Edmond stcels bekyk, haar flikkers Na hom gegooi. U ’s haar vertroueling, dit weet ek. OSWALD
Ek, Madam! REGAN
Ek weet waarvan ek praat; jy is, ek weet dit. Dus, luister, let goed op wat ek hier sê: My Heer is dood; Edmond en ek verstaan Mekaar en hy’s geskikter vir my hand As dié van haar. Maak jou eie gevolgtrekking. Indien jy hom ontmoet, gee hom dié pand, En as jou Meesteres dit alles van jou hoor, Gee haar die raad haar te besin en wys te wees. 120
Vaarwel, dus, vriend. Hoor jy miskien Iets van dié blinde landsverraaier, Wie hom van kant maak, word bevorder. OSWALD
Kon ek hom maar ontmoet, Madam; dan sou Ek wys aan watter kant ek staan. REGAN
Vaarwel. Albei af.
T O N E E L SES
In die omgewing van Dover. Gloucester en Edgar op, Edgar as boer vermom. GLOUCESTER
Wanneer bereik ek daardie heuweltop ? EDGAR
U klim juis teen hom op. Ai, ons kry swaar . . . GLOUCESTER
Lyk my die grond’s gelyk. EDGAR
Verskriklik steil. Luister, hoor u die see ? GLOUCESTER
Nee, werklik nie. EDGAR
Maar dan’t die lyding van u oë ook U ander sinne afgestomp. 121
GLOUCESTER
Dit mag wel wees. Lyk my jou stem’t verander, en jy praat Beter en ook verstandiger as vroeër. EDGAR
Nee, u vergis u daar In niks het ek verander Behalwe in my klere. GLOUCESTER
Ek dink tog u praat beter. EDGAR
Kom, hier’s die plek; staan stil. Heer, hoe afgryslik, Dit laat my duisel, in dié dieptes af te kyk! Die kraaie en rawe wat daar oor die afgrond swewe, Lyk klein soos kewers. En halfpad na onder hang ’n Man wat vinkel pluk, vreeslike bedryf! Hy lyk nie groter as sy eie kop. Die vissers wat daar rondstap op die strand, lyk klein Soos muise; en dié groot boot gunter geanker Verkrimp tot sy eie sloep, sy sloep ’n boei Skaars sigbaar. En die branding se geruis Wat skuur oor die ontelb’re trae klippies, Kan ons hierbo nie hoor nie. Ek kyk weg, Anders raak ek duis’lig, my blik benewel, En tuimel ek kopeerste af. GLOUCESTER
Plaas my waar jy staan. EDGAR
Gee my u hand Net een voet nog, Dan gaap die afgrond. Vir al die skatte van die aarde Sou ek nie nou omhoog wil spring nie. GLOUCESTER
Laat los my hand. In hierdie tweede beurs, vriend, vind jy *n juweel, 122
Dit sou ’n arm man verheug. Die Gode en feë Seën dit en jou. Stap aan en neem nou van my afskeid, En laat my hoor dat jy vertrek. EDGAR
Vaarwel dan, beste Heer. GLOUGESTER
Van alle harte heil! EDGAR
[tersý\ Ek speel op dié manier met sy vertwyf’ling, Maar dis om hom te heel. GLOUCESTER
[knielerid] O magtige Gode! Ek doen afstand van Dié wêreld, en gelate voor u oë Skud ek my swaar beproewing van my af; As ek dit langer sou kon duld, en nie in opstand Kom teen u groot en onweerstaanb’re wil, Dan sou die pit van my gehate lewe Homself uitbrand. As Edgar leef, mag hy Geseën wees! Nou, knaap, vaarwel. EDGAR
Ek’s weg, my Heer, vaarwel. [Gloucester spring en i>aL] Dis vreemd, tog meen ek die verbeelding kan Die skat van lewe ons ontroof wanneer die lewe Hom oorgee aan dié roof. Was hy nou waar hy dag Hy was, dan was sy denke dood. Lewend of dood ? Haai, u, Heer! Vriend! Hoor bietjie! Praat tog, Heer! So mag hy wel gesterf het. Tog, hy herleef. Wie is u, Heer ? GLOUCESTER
Gaan weg, en laat my sterf. 123
EDGAR
Was u nie disseldons nie, vere, lug, (So baie vame’t u geval) was u Verpletter soos ’n eier; maar u haal asem, het Gewig en bloei nie, praat, u’s ongedeerd. Tien maste op mekaar haal nie die hoogte Van waar u loodreg afgestort het nie. Dat u nog leef’s ’n wonder. Praat tog weer. GLOUCESTER
Het ek geval of nie ? EDGAR
Van die yslike top van hierdie kalkwit krans. Kyk net omhoog, die leew’rik met sy skrille keel Kan ons so ver nie sien of hoor nie. Kyk omhoog. GLOUCESTER
Helaas, ek het geen oë nie! Word die Ellende dan dié reg ontneem om homself Te eindig deur die dood? Dit was tog nog ’n troor Toe die misêre die dwingeland se woede Kon flous, en so sy trotse wil verydel. EDGAR
Gee my u arm. Op, so . . hoe’s dit ? U staan. Voel u u bene ? GLOUCESTER
Te goed, te goed. EDGAR
Dit is iets vreemd, iets ongelooflik. Bo-op die krans se kruin, wat was dit tog Wat u daar plotseling verlaat het ? GLOUCESTER
’n Arme ongelukkige bedelaar. 124
EDGAR
Waar ek hier staan, het sy oë gelyk Soos twee volmane; en hy had duisend neuse, Gekromde horings golwend soos die see wat dein. Dit was ’n bose gees. Geseënde vader, Roem dus die Gode, wat tot eie eer volbring Wat ons onmoontlik lyk, húl het u gered. GLOUCESTER
Nou onthou ek dit. Van nou af aan sal ek Beproewing duld tot hy self uit sal roep „Genoeg, genoeg,” en sterf. Die ding waarvan u praat, Het ek gedog’s ’n m an; dikwels het hy geroep „Die Bose, Bose Gees” ; hy’t my daarheen gebring. EDGAR
Wees bly en ook geduldig. Maar wie kom hier ? [Lear op, fantasties met veldblomme getooi.] Wie oor sy eie sinne heers, sou nooit Hom só versier. LEAR
As ek geld vir nuwe voetvolk munt, kan hulle niks aan my doen nie. Ek is die Koning self. EDGAR
O hartverskeurende gesig! LEAR
Natuur oortref die kuns in dié geval. Hier’s jul soldategeld. Die vent hanteer sy boog daar soos ’n voëlverskrikker. Span wyd jou boog, man, wyd soos ’n kleremakers-el! Kyk, kyk, 5n muis! Stil, stil! dié stukkie gebraaide kaas is oorgenoeg. Hier’s my handskoen, ek sal dit ’n reus toewerp. Laat die hellebaarde hier voor kom staan! O mooi gevlieg, voël! In die wit, in die wit! Ssjoot! Kolskoot! [9n Pouse.] Wie’s daar ? EDGAR
Soet marjolein . . . j 25
LEAR
Gaan verby. GLOUCESTER
Ek ken dié stem. LEAR
H a ! Goneril met ’n wit baard! Hulle’t my gevlei soos ’n hond en gesê ek het wit hare in my baard, nog voor daar swartes was. Om „ja” te sê en „nee” op alles wat ek te sê had! „Ja” en ook „neeï5, dit was skaars goeie godgeleerdheid. Toe die reënbuie my sopnat gereën en die wind my laat klappertand het, toe die donderweer nie op my bevel wou bedaar nie, het ek hulle dáár gevind, het ek hulle dáár uitgeruik. Ag, loop, hulle’s nie manne van hul woord nie; hulle’t gesê ek is alles - en hulle’t gelieg, want ek is nie teen die koors bestand nie. GLOUCESTER
Die toon van dié stem, ek onthou dit goed. Is’t nie die Koning nie? LEAR
Ja, elke duim ’n Koning. As ek hom aanstaar daar, my onderdaan, kyk net hoe bewe hy. Ek skel dié man sy lewe kwyt. Wat was nou weer die aanklag teen jou? Oorspel? Daarvoor sal jy nie sterf nie. Wat, sterf vir oorspel! Nee wat, die mossies is versot daarop, en die klein goudvlieg hoereer hier vlak voor my oë. Laat almal paar - want Gloucester se onegte kind het sy vader beter behandel ar my dogters verwek tussen wettige lakens. Toe, Wellus, laat jou bronstigheid hom wyd en syd botvier! Want ek het soldate nodig. Kyk bietjie daardie skynheilige dame, haar preutse gesig sou jou sneeu in haar skoot laat vermoed; word daar dalk gepraat van die liefde en sy genot, skud sy vroom haar kop en aap die deug na. Geen muishond of merrie gevoer op soetgras is gulsiger as sy nie. Van hul heupe na onder is hulle Sentoure ofskoon die ene vrou bokant die middel. Tot by die gordel regeer die Gode, daaronder baljaar die Bose; dáár’s hel, dáár’s duisternis, dáár is die swawelpoel; daar brand dit, skroei dit, stink dit, vrot alles weg; foei, foei, foei! sies, sies! Gee my ’n 126
stukkie muskus, beste apteker, om my verbeelding soet te maak. Hier’s geld vir jou. GLOUCESTER
O laat my dié hand soen. LEAR
Laat ek dit eers skoonvee, dit ruik na sterflikheid. GLOUCESTER
O stuk Natuur verwoes! So sal die ganse wêreld Wegslyt tot niks. Ken u my nie ? LEAR
Ek onthou jou oë baie goed. Maar waarom loer jy na my soos ’n hoer ? Nee, nee, maak soos jy lus kry, blinde Cupido, knip maar oog, jy kry my nie in jou bordeel nie. Lees hierdie uitdaging, let goed op die handskrif. GLOUCESTER
Was al u letters sonne, ek sou hulle nie eien. EDGAR
[tersy] Word dit my dalk vertel, ek sou’t nie glo nie; Maar dit is so, en my hart breek. LEAR
Lees. GLOUCESTER
Met dié oogkasse leeg? LEAR
O ho! is dit wat jy bedoel? Geen oë in jou kop, en geen geld in jou beurs nie ? Jou oë kry swaar, maar jou beurs is lig, tog sien jy goed die wêreld se beloop. GLOUCESTER
Ek sien dit net met my gevoel. 127
LEAR
Wat, is jy mal? Selfs met geen oê nie, kan ’n mens goed die ou wêreld se beloop sien. Kyk met jou einste ore; kyk net hoe gaan daardie Regter te kere met daardie doodgewone dief. Luister, ek sal dit jou in die oor fluister: laat hulle net plekke omruil, en knikkertjie-flikkertjie, wie is die regter, wie die dief? Het jy al gesien hoe ’n boer se hond vir ’n bedelaar blaf ? GLOUCESTER
Ja, my Heer. LEAR
En hoe die arme skepsel weghardloop van die brak? Daar het jy nou die ware grootse beeld van Gesag: ’n hond kan hiet en gebied net omdat hy ’n amp beklee. Haai, haai, diener, jou skurk, hou jou bloedige hand tuis! Waarom slaat jy daardie hoer ? Streep jou eie rug, hings, jou begeerte’s geil om haar te gebruik vir daardie einste ou plesiertjie waarvoor jy haar nou striem. Die groot boef hang die kleintjie op. Deur flenterklere lyk klein euwels sommer baie groot; hoogwaardigheidsgewade en pelstogas bedek alles. Pantser sondes met goud, en die sterk lans van die Gereg breek daarteen, skadeloos. Bewapen dit met toiings, en die strooitjie van ’n dwergie deurboor dit. Niemand oortree nie, niemand, ek sê niemand nie; ek spreek almal vry; glo my gerus, my vriend, ek wat die mag het om die lippe van die aanklaer te verseël. Kry vir jou glasoë en gee dan voor, soos ’n gemene politikus, jy sien dinge wat jy glad nie sien nie. Nou, nou, nou, nou. Trek my skoene uit! Harder, harder, so . . . EDGAR
\teny]
O sin en onsin hier gemeng, Wysheid in waansin! LEAR
Wil jy my lot beween, neem my oë. Ek ken jou goed, heel goed; jou naam is Gloucester. Jy moet geduldig wees; ons’t huilend hier gekom; 128
Jy weet die eerste maal dat ons die lug inasem, Huil ons en kerm ons. Luister, ek preek vir jou. GLOU CESTER
O jammer, jammer dag! LEAR
Met ons geboorte huil ons daar ons toetree tot Dié speeltoneel van narre. Dis ’n goeie hoed! Dit sou ’n fyne set wees om ’n perdetrop Met vilt te skoei. Ek sou dit op die proef Wil stel; en het ek my skoonseuns bekruip, Slaan dood, slaan dood dan, dood, dood, dood, dood, dood! ’n Edelman op, met Dienare. EDELMAN
Hier is hy! Hou hom vas. My liewe Heer, U dierb’re dogter LEAR
Geen redding ? Wat, gevangene! Ek is Fortuin se gebore nar. Wees vir my goed; U sal losgeld kry. Bring artse hier; My hoof is oopgekerf. EDELMAN
Alles sal u nog kry. LEAR
Geen bystand nie ? Net ek alleen ? Maar dit maak van ’n man ’n man van sout, En van sy oë waterbronne, om in Sy tuin die herfs se stowwe vas te lê. Maar ek Sal dapper sterf, bly soos ’n vietse bruidegom. Wat! Ek sal vrolik wees. Kom, kom; ek is ’n koning, My vriende, weet jul dit dan nie ? EDELMAN
U is ’n koninklike vors, en ons gehoorsaam u. 129
LEAR
Maar dan is daar nog lewe in my. Kom, kom, Wil jul my kry, kry jul my slegs As julle hardloop. Sa, sa, sa, sa, sa! Lear af \ hardlopende; en die Dienaars hardloop agter hom aan. EDELMAN
Rampsalige gesig was hy die armste drommel, Ondenkbaar in ’n Koning! U ’t één dogter Wat die Natuur red van die algemene vloek Wat die ander twee oor hom gebring het. EDGAR
Heil, edel Heer! EDELMAN
Heer, wees geseën; wat wens u ? EDGAR
Het u dalk iets gehoor van ’n geveg op hande ? EDELMAN
Ja, sonder twyfel, wyd en syd. Die hele wêreld praat daarvan. EDGAR
Verskoon my, maar hoe naby is die ander leër? EDELMAN
Vlakby, hul spoed hierheen; die grootste gros Word uurliks hier verwag. EDGAR
Ek dank u, Heer, dis al. EDELMAN
Die Koningin se leër ruk reeds op; Iets dringends hou haar hier. 130
EDGAR
Ek dank u, Heer. Edelman af. GLOUCESTER
Sagsinn’ge Gode, neem my asem weg; Laa t nie die bose in my my weer verlei Te sterf voor dit U mag behaag! EDGAR
’n Mooi gebed, vader. GLOUGESTER
Wie’s u, my goeie vriend ? EDGAR
5n Arme, arme man, verlam Deur slae van die Lot, wat soveel pyn En smart geken’t, my hart is vol van mededoê. Gee my u hand, ek lei u na 5n huis. GLOUCESTER
Ek dank u hartlik, en ek wens U al die mildheid van die Heem’le toe, Seën op seën om u te vergoed! Oswald op. OSWALD
5n Prys my voorbestem! Wat 5n geluk! Dié oëlose kop’s tot vlees geskep om my Slegs te verryk. Rampsalige verraaier, Berei jou vinnig voor; ek het die swaard getrek Wat jou nou moet vernietig. GLOUCESTER
Wees sterk, hand van 5n vriend, wees sterk En doen dit nou. Edgar kom tussenbei.
OSWALD
Waarom, vermetele kneg, Steun en beskerm jy dié ou verklaarde Verraaier? Weg, of sy verval tas jou Ook aan. Laat los sy arm. EDGAR
Ek lat hom nie los nie, meneerr; dan moet darr eerrs iets annerrs gebeerr. OSWALD
Laat los, slaaf, of jy sterf! EDGAR
My liewe meneerr, gan tog ie gang, en lat ons arrm mense met rrus. En as darr deurr ’n bakleierry ’n end an my lewe moes kom, was ek al ’n hele twie weke lank dood. Nie, kom g’n trrie naderr annie ou man nie. Ek warrskie jou bly darr stan, of ons sal sien wie’s die harrdste, jou pampoenkop of my knuppel. Nou prrat ek sommer prrontyt. OSWALD
Weg, vuilgoed! EDGAR
Ek sal jou tanne virr jou ytplik, meneerr. Kom, kom! Ag wat, al jou ou swarrdstiekies gan jou nou innie stiek lat. Hulle veg, en Edgar slaan hom neer. os W A L D Kneg, jy het my gedood. Hier, neem my beurs. Wil jy floreer, begrawe dan my liggaam; En gee die brief wat jy op mv sal vind, Aan Edmond, Graaf van Gloucester. Soek vir hom Onder die Engelse. Ontydige dood, O dood! [Hy sterf. ] EDGAR
Ek ken jou goed, jy, slaafse kneg, so gretig 132
Om al die sondes van jou meeLteres te dien As wat die boosheid kon begeer. GLOUCESTER
W at! is hy dood ? EDGAR
Gaan sit hier, vader; rus ’n bietjie. Hier in sy sak die brief waarvan hy praat, Kan my van nut wees. Hy is dood. Net jammer Ek moes sy laksman wees. Kom laat ons sien. Verskoon my, sagte was; blameer my nie, beleefdheid; Om ons vyande se gees te ken, skeur ons Hul harte oop, waarom nie dié papier? [Lesend] Onthou ons wedersydse geloftes. U het geleenthede genoeg om hom uit die weg te ruim; indien die wil u nie ontbreek nie} sal tyd enplek hulle in oorvloed voordoen. Ons kom geen tree verder as hy as oorwinnaar terugkeer nie; dan is ek sy gevangene, en sy bed my tronk; bevry my van die haatlike warmte daarvan, en neem sy plek in as vergoeding. U vrou, het ek byna gese Liefhebbende dienares9 GoneriL O grenselose omvang van ’n vrou se lus! ’n Komplot teen haar eed’le man se lewe, In ruil vir hom, my broer! Hier in die sand krap ek Jou toe, jý ongewyde boodskapper Van geile moordenaars. Strakr, ter geleë tyd, Sal ek Albanië, deur hul tot dood verdoem, Met dié skandbrief verras. Vir hom’s dit wel Dat ek iets van jou dood en sake kan vertel. GLOUCESTER
Die Koning sinloos! Ai, hoe taai my lae sinne Dat ek bly staan, my namelose smarte So skerp bewus kan voel. O was ek maar waansinnig Sou my gedagtes tog geskei wees van my leed, En my ellende, vanweë my illusies, 133
Alle bewussyn van homself verloor. Tromgerqffel uit die verte. EDGAR
Gee my u hand. Daar ver, meen ek, hoor ek die tromme slaan. Kom, vadertjie, ek neem u na ’n vriend. Albei af.
T O N E EL SEWE
’/z Tent in die Franse kamp. Cordelia, Kent en Arts op. CORDELIA
O goeie Kent, hoe sal ek lewe en werk om Jou goedheid te vergeld ? My lewe sal Te kort wees, en elk maatreël my faal. KENT
Erkenning, my vorstin, is oorbetaling. A1 my berigte is die reine waarheid, Niks minder of niks meer, net só. CORDELIA
Maar klee u beter. Dié vodde laat ons dink aan slegter ure, Ek bid u, trek hulle uit. KENT
Verskoon my, my Vorstin; Word ek herken, dan is my doel verydel. U moet my nie herken - ek sal dit as ’n Guns beskou - totdat die tyd geleë is. CORDELIA
Goed, goeie Graaf. [Aan die Arts\ Hoe gaan dit met die Koning ? 134
ARTS
Madam, hy slaap nog. CORDELIA
O goeie Gode, heel dié diep, Diep bres in sy geskonde gees geslaan! Die ondank van sy kinders het sy gees totaal Ontwrig. O gee hom terug sy ewewig. ARTS
Mag ons die Koning wakker maak ? Hy slaap al lank. GORDELIA
Doen soos u kennis u beveel, en volg U eie oordeel. Is hy aangetrek? Lear op in ’n stoel gedra deur Dienare. ARTS
Ja, in sy diepe slaap, Madam, het ons Hom nuwe klere aangetrek. Bly by Ons, eed’le vrou, as ons hom wakker maak; Dan sal hy rustig wees, daarvan is ek oortuig. GORDELIA
Graag, vriend. [Musiek.] ARTS
Staan nader, asseblief. Luider, musiek! GORDELIA
O dierb’re Vader, mag genesing nou Jou heelmiddel aan my lippe skenk, en mag Dié soen die wrede pyn en smarte heel wat my Twee susters wreed jou grysheid toegedien het! KENT
Liewe en dierbare Prinses! GORDELIA
Was u hul vader nie, sou dié wit lokke 135
Hul deernis afgedwing’t. Was hierdie ’n gelaat Om stormwinde te trotseer ? Die donder uit Te daag, swaar slag op slag, geweldig, skrinkaanjaend ? In dié kruisvuur van ratse bliksemstrale daar Te staan en waak, arme verlore skildwag Met dié dun helm? My vyande se hond, A1 het hy my gebyt, sou dié nag by My vuur warmte kon vind. Jy, arme Vader, Moes sielalleen by varke en drosters skuiling soek Op dun en muwwe strooi! Helaas! vir my Is dit ’n wonder jy het nie op slag verstand Ën lewe saam verloor. Hy’s wakker, praat met hom. ARTS
Doen ú dit, Madam, dit is pasliker. GORDELIA
Hoe gaan dit met U Majesteit? Hoe voel U Hoogheid? LEAR
Jul doen my kwaad my uit my graf te haal. Jy is ’n siel in saligheid; maar ek Is aan ’n rat van vuur gebind sodat My eie trane skroei net soos gesmelte lood. CORDELIA
Heer, ken u my ? LEAR
U is ’n gees, ek weet, waar’t u gesterf? CORDELIA
Nog altyd . . . altyd . . . ver, ver weg . . . ARTS
Hy’s maar half wakker, laat hom nog rus. LEAR
Waar was ek ? Waar is ek ? Dis helder dag ? Ek sien hier skimme; ek sou van meely sterf 136
Sien ek ’n ander so. Wat moet ek sê ? Ek weet nie. Ek sou nie sweer nie dis my hande. Laat Ons sien. Ek voel hoe steek dié speld. Was ek maar seker wat en waar ek is. GORDELIA
O kyk na my, my Heer, En plaas u hand in seën op my hoof, Nee, Heer, moenie kniel nie. LEAR
Spot tog nie met my nie. Ek is ’n ou man, dwaas, half kinds, Ruim tagtig jaar oud, geen uur meer of minder; En om reguit te praat, Ek vrees ek is my sinne kwyt. Dit kom My voor ek moet jou ken, en dié man ook, Tog twyfel ek; want van dié plek waar ons Nou is, weet ek glad niks; en hierdie klere, Waar’t ek aan hul gekom? Ek weet nog minder Waar ek gisteraand geslaap het. Lag nie vir my, So waar ek leef, ek meen Dié dame is my kind Cordelia. GORDELIA
Ek ís dit, ja, ek ís dit. LEAR
Jou trane’s nat? Ja, inderdaad. Ek bid jou, Huil nie. Het jy vergif, ek sal dit drink. Ek weet jy’t my nie lief nie; jou twee susters, Onthou ek goed, het my veel kwaad gedoen; Daarvoor het jy ’n rede, hulle nie. GORDELIA
Geen rede, nee, geen rede nie . . . LEAR
Is ek in Frankryk? 137
KENT
In u eie ryk, my Vors. LEAR
Mislei my nie. ARTS
Hoe goeie moed, Vorstin, die raserny, Sien u, is weg. Maar dis gevaarlik, meen ek, Begin hy suf en tob oor die verlede. Vra hom om in te gaan, en steur hom nie Totdat hy kalmer is. CORDELIA
U Majesteit wil met my gaan ? LEAR
Wees tog geduldig, kind, met my. Ek bid jou, Vergewe, en vergeet, ek is oud en dwaas. Almal a f behalwe Kent en Edelman. EDELMAN
Is dit waar, my Heer, dat die Hertog van Cornwall so gedood is ? KENT
Sonder twyfel, Heer. EDELMAN
Wie voer sy leër aan ? KENT
Dit word gesê, die onwettige seun van Gloucester. EDELMAN
Hulle sê sy verbanne seun, Edgar, is saam met die Graaf van Kent in Duitsland. KENT
Gerugte is onbetroubaar. Ons moet op ons hoede wees, die leërmag van die Ryk ruk vinnig op. 138
EDELMAN
Die beslissing sal bloedig wees. Dit gaan u goed, Heer. Edelman af. KENT
Of in my lewensdoel ek slaag of faal, Sal hierdie slag vandag alleen bepaal. Kent a f
139
VYFDEBEDRYF
TONEEL EEN
Die Britse kamp naby Dover. Edmond, Regan, Offisiere, Soldate en andere op met tromme en vaandels. EDMOND
Vra vir die Hertog of hy hom hou by Sy jongste plan; miskien het iets hom dit Laat wysig; hy is alte weif’lend en Vol selfverwyt. Bring ons sy eindbesluit. REGAN
Iets moes gebeur het met die bode van my suster. EDMOND
Dit mag wel die geval wees. REGAN^
Nou, liewe Graaf, U weet die guns wat ek vir u beoog. Wees met my eerlik, praat die waarheid, Het u my suster dan nie lief nie ? EDMOND
In eerbare liefde, ja. REGAN
Het u nog nooit my swaer se pad gevind Na die verbode plek ? EDMOND
Dis ’n gedagte wat u nie betaam nie. REGAN
Ek vrees u’t so vertroud met haar geraak, So eie, dat ons u hare sou kon noem. 140
EDMOND
Nee, op my erewoord, Madam. REGAN
Ek sou dit nooit kon duld. My dierb’re Graaf, Wees nie so vriendelik met haar. EDMOND
Wees nie bevrees nie. Hier kom sy en haar man die Hertog! Albanië, Goneril en Soldate op met tromme en vaandels. GONERIL
[tersy] Liewer sou ek dié slag verloor as dat My suster hom van my sou skei. ALBANIË
O wees gegroet, my liewé suster. Graaf, Ek hoor die Koning is nou by sy dogter Met and’re wie die strengheid van ons staat Gedwing’t om op te staan. Waar ek nie eerlik was, Kon ek nooit dapper wees, want hierdie saak Raak ons omdat Frankryk ons land beleër, En nie omdat hy die Koning steun en die and’re wat, Vrees ek, regverdig hul teen ons verset. EDMOND
’n Edele betoog. REGAN
Waarom dié redenering? GONERIL
Laat ons ons kragte saamspan teen die vyand Want dié huishoudelike twis en stryd Is hier glad nie ter sake nie. 141
ALBANIË
Laat ons beraadslag met ons veterane, So ons krygsplanne maak. EDMOND
Ek kom nou dadelik na u tent. REGAN
Suster, jy gaan tog met ons saam ? GONERIL
Nee. REGAN
Dis paslik, ek bid u, gaan saam met ons. GONERIL
[tersy] A ha! Ek snap die raaisel. Ek gaan saam. As hulle uitgaan, kom Edgar op, vermom. EDGAR
Het ooit U Hoogheid met ’n arm man Soos ek gepraat, gun my dan net een woord. ALBANIË
[aan die res] Ek sal u inhaal. [Aan Edgar] Praat. EDGAR
Voor u die slag begin, maak oop dié brief. As u oorwin, laat die trompet weerklink Vir hom wat u dit gee. A1 lyk ek arm, Ek bring ’n kampioen wat sal bewys Wat hier beweer word. Sterf u in die slag, sal u Geen las meer hê nie van die wêreld, en is Dié akkoord tot niet. Mag die geluk u seën! 142
ALBANIË
Bly tot ek hierdie brief gelees het. EDGAR
Dis my verbied. Laat net die herout roep op die bestemde tyd, Dan sal ek weer verskyn. ALBANIË
Vaarwel, dié brief sal ek nog lees. Edgar af \ Edmond op. EDMOND
Die vyand is in sig; trek met u leër op. Hier is die skatting van hul magte deur Ons knap verkenners; maar u moet u haas, Spoed is nou dringend nodig. ALBANIË
Die tyd vind my gereed. Albanië af. EDMOND
Aan albei susters is my hart verpand; En hul wantrou mekaar soos mens ’n slang Wantrou wat jou gebyt’t. Wie moet ek neem? Albei ? Die een ? Geeneen ? Ek kan geeneen Geniet nie as albei leef. Neem ek die weduwee, Dan word haar suster Goneril vertoorn. Hoe gaan ek in my doelwit slaag solank Haar man nog leef ? Ons het sy invloed nodig In hierdie slag, maar is dit eers verby, Laat sy wat van hom kwyt wil raak, versin Hoe om met hom klaar te speel. En die genade Wat hy beoog vir Lear en vir Cordelia, Dié veldslag oor, en hulle in ons mag, Sal hulle geen vergifnis kry; gewis, my staat Vereis geen flou debat, maar daad op daad. Edmond af. H3
TONEEL TWEE
Die oop veld tussen die twee leërkampe. Krygsrumoer agter die toneel. Lear en Cordelia} vergesel van hul Soldate, met tromme en vaandels, trek oor die toneel, en verdwyn dan weer. Edgar en Gloucester op. EDGAR
Hier, vader, neem dié boom se skaduwee Vir goeie gasheer . . . En bid dat reg Mag seëvier. Keer ek ooit tot u terug, Bring ek u troos. GLOUCESTER
Die Godes guns gaan met u, Heer! Edgar af. Oorlogsrumoer; dan die terugtog van die Franse leër. Edgar verskyn weer. EDGAR
Nou moet ons vlug, ou m an! Gee my jou hand, weg, weg! Lear is verslaan, hy en sy kind gevang. Gee my jou hand, kom saam! GLOUCESTER
Nie verder nie, selfs hier sou ek vergaan. EDGAR
Dié somber ou gedagtes weer? Die mens moet kan verduur Sy weggaan hiervandaan, net soos sy koms hierheen. Rypheid is alles. Kom . . . GLOUCESTER
En dis ook waar. Albei af.
144
TONEEL DRIE
Edmond as oorwinnaar op met tromme en vaandels, Lear en Cordelt as gevangenes; asook Offisiere, Soldate, en so meer. EDMOND
Neem hulle weg, manne; waak goed oor hulle Totdat dit hulle, ons regeerders, Geneë is om hul oordeel uit te spreek. GORDELIA
Ons is die eerstes nie op hierdie wêreldwerf Wat met die beste wil, die slegste erf. Oor jou, verdrukte Vors, voel ek bedroef; Was ek alleen, sou ek nie veel behoef. Sal ons dié dogters en dié susters dan nie sien nie? LEAR
Nee, nee, nee, nee! Kom laat ons tronk toe gaan; Ons twee sal sing alleen soos voëls in ’n Kou. As jy my om my seën vra, Sal ek daar kniel, jou om vergifnis vra. So sal Ons leef, en bid, en sing, ou-ou verhale vir Mekaar vertel, en lag vir goue vlinders; Hoor hoe dié arme drommels daar praat van hofnuus, En ook saampraat, wie wen en wie verloor, Wie’s in wie’s uit; en maak of ons die diep geheim Van lewe en lot verstaan, God se spioene is . . . So sal ons in ons kerker die vetes en twiste Oorleef van hul, die magtiges, wat eb en vloei Saam met die maan. EDMOND
Neem hulle weg. LEAR
Op so ’n offer, my Cordelia, sou selfs Die Gode wierook strooi. Stem jy nie saam nie ? Hy wat ons skei, sal uit die Hemel ’n 145
Stomp vuur moet bring, soos vosse ons hier uitrook. Toe, droog jou trane, lief. Gedrogte sal Hul opvreet vlees en vel voor hul ons sal Laat huil. Laat hulle eerder sterf van honger. Kom, kind . . . Lear en Cordelia af\ bewaak. EDMOND
Kom hier, Kaptein; luister. \Hy gee hom ’n brief.'] Neem hierdie briefie, volg hul na die tronk. Jou rang’t ek reeds verhoog; doen jy wat hier Beveel word, baan jy snel jou weg Na eer en aansien. Ja, dit moet jy weet: ’n man Is soos sy eie tyd; Jn sagte hart Pas tog nie by ’n swaard; jou grootse taak Duld geen bespreking nie; dít moet jy doen Of soek jou voordeel elders. OFFISIE R
Ek sal dit doen, my Heer. EDMOND
Aanstryk; ag jou gelukkig is dit eers Gedaan. Let wel, ek sê, terstond, en voer Dit uit soos ek dit daar geskryf het. OFFISIER
Ek kan geen karperd wees nog hawer vreet. Is dit ’n man se werk, sal ek dit doen. Offisier af. Trompetgesketter. Albanië’, Goneril, Regan, Offisiere en Soldate op. ALBANIË
U was getrou vandag, Heer, aan u aard, En aan u spits was die Geluk; u het die twee Gevang’nes, ons teenstanders in vandag se slag; Lewer hul aan ons uit dat ons oor hulle Oordeel kan vel volgens hul skuld en wat Ons veiligheid terselfdertyd vereis. 146
EDMOND
Ek het dit raadsaam, Heer, geag om die ou En swakke Koning in hegtenis te stuur. Sy ouderdom het sjarme, en sy Koningskap betower, Iets wat altyd die volk se hart kan steel, En ons gehuurde lanse sal kan draai teen ón» Wat hul beveel. Die Koningin’t ek saam Gestuur ook om dié rede; hul’s gereed, Móre, of wel later, sal hul kan verskyn Waar u u hof sal hou. Nou sweet Ons en ons bloei, ja, vriend het vriend verloor; En in dié hitte word die beste saak Vervloek deur hulle wat sy skerpte voel. Die vraagstuk van Cordelia en haar vader Verg ’n geskikter plek. ALBANIË
Verskoon my, Heer, Ek sien u slegs as onderdaan in hierdie oorlog, Nie as my broer. REGAN
Hy is wat ons dit goed ag. Waarom het u ons nie geraadpleeg nie Voor u soveel gesê het? Hy’t ons magte aangevoer, Met volmag in my plek en my persoon gestaan; En dié gesag, meen ek, gee hom die reg U broer te noem. GONERIL
Wag, nie so vurig nie; Sy eie deug verhef hom tot ’n hoër rang As al jou eerbewyse. REGAN
In my regte, deur My ingewy, staan hy gelyk aan die allerbeste. ALBANIË
Dit sou die toppunt wees, was hy u eggenoot. 147
REGAN
Spotters is soms profete. GONERIL
Hola, hola! Die oog wat dit aan jou gesê het, kyk maar skeel. REGAN
Madam, ek’s nie gesond; anders sou ek Jou met ’n stortvloed woorde antwoord. Veldheer, Neem my soldate, erfdeel, gevangenes, Beskik oor hulle, oor my; my vesting is van u; Wees heel die wêreld my getuie: hier verklaar ek U tot my heer en meester. GONERIL
Jy hoop jy gaan hom nog besit ? ALBANIË
[aan Goneril]
Dit te verbied, lê nie in u mag. EDMOND
Ook nie, my Heer, in u mag. ALBANIË
Dit lê wel in my mag, halfbloed! REGAN
[aan Edmond]
Slaan, tromme, kondig aan my titel is van u ! ALBANIË
Wag, hoor my aan ! Ek neem jou nou in hegt’nis, Edmond, Vir hoogverraad, en met jou as trawant Hierdie vergulde slang. [Hy wys na Goneril.] U eis, my skone suster, Staan ek hier teen ter wille van my vrou; Dis sý wat aan dié heer verloof is, En ek, haar man, weerspreek daardie gebooie. 148
Wil u nog trou, maak mý die hof, My vrou is reeds bespreek. GONERIL
’n Blyspel! ALBANÍË
Jy is gewapen, Gloucester. Blaas, trompet! As niemand hier verskyn om met sy swaard Jou openlik herhaalde vuil verraad te staaf, Hier is my pand [hy werp sy handskoen neer]; en aan jou hart bewys ek, Voor ek weer brood sal eet, jy is niks anders As wat ek hier verklaar het nie. REGAN
Siek! O siek! GONERIL
[tersy] So nie, vertrou ek nooit weer medisyne nie. EDMOND
Hier lê my teenpand. [Hy gooi sy handskoen neer.'] Wie hy ook al mag wees Wat my verraaier noem, hy lieg, die skurk. Laat die trompet weerklink! Wie ook durf nader, Aan hom, aan u, aan wie ook al, sal ek Steeds fier my eer handhaaf, en ook my trou. ALBANIË
’n Herout hier! Vertrou slegs op u eie moed. U manne, in my naam verwerf, het ek Ontslaan weer in my eie naam. REGAN
Ek’s tot die dood toe siek. 149
ALBANIË
Sy’s nie gesond nie; neem haar na my tent. [Regan word afgelei. ’n Herout op.] Kom hier, herout, laat jou trompet weerklink, En lees dít af. OFFISIER
Trompetter, blaas! Trompetgesketter. HEROUT
\lesend\ As daar 'n edelgebore of 'n man van hoë rang onder die geledere van die leër is, wat Edmond, die vermeende Graaf van Gloucester, sal aankla dat hy 'n verraaier is, laat hy by die derde trompetgeskal verskyn. Die beskuldigde staan klaar om hom te verdedig OFFISIER
Blaas! [Eerste trompet ] Nogmaals! [Tweede trompet.] Nogmaals! [Derde trompet.\ 'n Trompet antwoord van agter die toneel. Edgar, geharnas, op, voorafgegaan deur 'n trompetblaser. ALBANIË
Vra hom sy doel, en waarom hy verskyn Op dié trompetgeroep. HEROUT
Wie is u? U naam ? U rang ? En waarom antwoord u Op dié appêl? EDGAR
My naam het ek verloor; Die giftand van die verraad’t hom weggevreet. Maar ek is edel soos die teenstander Wat ek hier uitdaag. 150
ALBANIË
Wie is dié teenstander? EDGAR
Wie tree hier op vir Edmond, Graaf van Gloucester ? EDMOND
Hyself. Wat wil jy aan hom sê ? EDGAR
Trek uit jou swaard, Sodat dié swaard reg laat geskied indien My woorde ’n edele hart gegrief’t. Hier’s myne. Kyk, dis my voorreg as ’n ridder, ja, Die voorreg van my eer, my rang en eed. En ek Verklaar - ondanks jou krag, plek, jeug en jou gesag, Jou seëpralend swaard en vonkelnuut Geluk, Jou moed en ook jou hart - jy ’s ’n verraaier, Vals jeëns jou Gode, en broer, en ook jou vader, ’n Samesweerder teen dié hoë roemryke Prins, En van jou skedeltop tot by die stof Waarinjou voetsool trap, verraaier, ja, Besoedel soos die vuilste padda. Sê jy nee, Sal hierdie swaard, dié arm en my hoogste moed Strewe om aan jou hart te tocn jy lieg. EDMOND
Wys sou dit wees jou naam te vra; maar daar Jou uiterlik krygshaftig lyk, opreg, En ook jou taal ’n edel afkoms toon, Wat ek mag uitstel, stiptelik, formeel, Volgens die ridderwet, verwerp ek tans. Dié aanklag smyt ek terug in jou gesig, En met dié helse leuens oorweldig ek Jou hart. Daarheen sal hierdie swaard ofskoon Dié leuens my skaars raak, hul pad nou baan, En hulle daar vir altyd rus. Trompette, praat! Trompetgeskal. Hulle veg. Edmond val.
ALBANIË
Spaar hom! Spaar hom! GONERIL
Dit was ’n set, Gloucester. Die wapenwet het nie vereis dat jy ’n Onbekende moet beveg; jy ’s nie Verslaan nie, maar bedrieg. ALBANIË
Vrou, hou jou mond, Of met dié brief stop ek hom toe. [Aan Edmond] Hier, onding Sonder naam, lees van jou eie boosheid. Vrou, skeur dit nie. Ek sien jy ken dié brief. GONERIL
A1 ken ek dit, ek maak die wette en Nie jy nie. Wie kan my hiervoor aankla ? ALBANIË
O monsteragtig! Jy weet dus van dié brief? GONERIL
Vra my nie wat ek weet nie. Goneril af. ALBANIË
Volg haar, sy is wanhopig, bedwing haar. ’n Offisier af. EDMOND
A1 wat u my verwyt, het ek gedoen, En meer, veel meer; die tyd sal dit ontbloot. Dis al’s gedaan, en ek daarby. Maar wie Is jy wat my verslaan’t? Is jy van adel, Dan vergeef ek jou. EDGAR
Laat ons vergifnis ruil. My bloed is net so adellik as joue, Edmond; 152
Is’t rneer, dan het jy my meer kwaad gedoen, My naam is Edgar, seun van jou vader. Die gode is regvaardig, van ons soete luste Maak hul werktuie om ons te plaag en straf. Die donker sondeplek waar hy jou vroeër Verwek’t, het hom sy oë gekos. EDMOND
Dis reg, jy praat die waarheid, Die wiel’t sy sirkel vol geswaai; en hier lê ek. ALBANIË
Jou gang alleen’t ’n koninklike adel Voorspel. Laat my jou omhels, en laat Die smart my hart verskeur as ek jou ooit Gehaat het of jou vader. EDGAR
Ek weet dit, edel Prins. ALBANIË
Waar’t jy jou weggesteek? En hoe het jy Verneem van al jou vader se ellende ? EDGAR
Deur hom, Heer, te verpleeg. Luister na my verhaal, En is dit eers vertel, o mag my hart breek! Om die doodvonnis te ontsnap wat my Gedreig het - o soetheid van die lewe! Om liefs die doodsangs uur na uur te sterf As om meteens te sterf! - het ek ’n malman Se toiings aangetrek, ’n ding geword Wat brakke selfs minag’t; en so vermom My vader weer ontmoet met sy bebloede kasse, Hul edelstene pas verloor; sy gids geword En hom gelei, vir hom gebedel, hom gered Van wanhoop, nooit - o fout! - my aan hom openbaar, Tot slegs ’n halfuur terug toe ek, gewapen, Nie seker van my sege, maar vol hoop, 153
Hom om sy seën vra, hom alles van My ver swerftog vertel. Toe’t dié gesplete ou hart, Te swak, helaas, vir so 5n stryd, tussen Die uiterstes van hartstog, vreugde en smart, Gebreek met 5n glimlag. EDMOND
U woorde’t my ontroer, En sal miskien nog goed doen; maar praat verder, Dit lyk of jy iets meer te sê het. ALBANIË
As daar nog meer is, meer droefnis, verswyg dit liewer; Want wat ek hoor, roer my tot trane toe. EDGAR
Vir hulle wat die smart nie lief het nie, Sou dit die uiterste gelyk het; maar ’n Verd’re smart, beskryf ek dit noukeurig, Sou veel meer maak, en selfs dié uiterste oortref. Terwyl ek daar nog luid weeklae, kom daar ’n man Wat, toe hy my nog in my ergste staat gesien het, My soos die pes vermy’t; maar as hy nou ontdek Wie’t is wat soveel moes verduur, slaan hy Sy kragtige arms om my nek, en skreeu Of hy die lug wil skeur; en werp hom op my vader; Vertel die droewigste verhaal van Lear en hom Wat ooit die oor gehoor’t. Met dié relaas styg Sy smart ten top, begin sy lewensnare kraak. En toe skal die klaroen twee keer. Ek het Hom daar gelaat, verdwaas. ALBANIË
Maar wie was dit ? EDGAR
Kent, die verbanne Kent; hy’t daar vermom Sy koning, hom vyandig steeds, gevolg, Gedien soos geen slaaf’t sou gedoen het nie. ’wEdelman op, met ’n bebloede dolk. 154
EDELMAN
Help, help, o help! EDGAR
Maar watter hulp ? ALBANIE
Praat, man. EDGAR
Dié mes vol bloed, sê, wat beteken dit ? EDELMAN
Dis warm, dit rook, dit kom nou uit Haar h a r t . . . O sy is dood! ALBANIË
Wie’s dood ? Praat, m an! EDELMAN
U gade, Heer, u gade; en haar suster Het sy vergiftig, sy’t die daad beken. EDMOND
Ek was verloof aan albei, ons al drie trou Nou in één oomblik. EDGAR
Hier kom Kent. Kent op. ALBANIË
Bring hier hul liggame, lewend of dood. [Edelman af.\ Dié oordeel uit die Heem’le laat ons sidder, Maar roer ons nie tot deernis nie. [Aan Kent\ O, is dit hy? Ons kan hom hier geen eer betoon, Die tyd’s daarteen, al sou die hoflikheid dit verg. 155
KENT
Ek het gekom om my Koning en my meester Vir altyd goeie nag te sê. Is hy nie hier nie ? ALBANIË
Die grootste saak, o ons het dit vergeet! Praat, Edmond, waar’s die Koning ? waar Cordelia ? Sien jy dié skouspel, Kent? Die liggame van Goneril en Regan word ingebring. KENT
Ag, waarom dit? EDMOND
Tog, Edmond was bemin; die een Het die ander om my ontwil vergiftig, Daarna haarself gedood. ALBANIË
So was’t; dek hul gesigte. EDMOND
Ek hyg na lewe; iets goeds wil ek nog doen Ondanks my eie natuur. Stuur iemand gou, O haas u tog, na die kasteel; ek het gelas Lear en Cordelia moet sterf. Stuur iemand nou, betyds. ALBANIË
Jaag, ja ag ! O jaag tog! EDGAR
Na wie, my Heer? Wie het jy dié bevel gegee? Gee hom ’n teken van jou begenadiging. EDMOND
Jy het gelyk; hier, neem my swaard, Gee dit aan die kaptein. 156
ALBANIË
O haas jou, by jou lewe! Edgar af. EDMOND
U vrou en ek het hom beveel hy moet Cordelia ophang in die tronk, en dan Vertel haar eie wanhoop was die rede Dat sy haar hand geslaan het aan haar lewe. ALBANIË
Die Gode staan haar by! Bring hom weg. Edmond word weggedra. Lear op met Cordelia in sy arms. Hulle word gevolg deur Edgar, die Kaptein en andere. LEAR
Skreeu, skreeu, skreeu! O mense, ju l’s van klip; Had ek jul tonge en oë, ek sou so skreeu, Die hemelkoepel self sou kraak; sy’s weg vir altyd. Ek weet of iemand dood is of nog leef; Sy’s dood soos hierdie stof. Gee my ’n spieël; Sou haar soet asem dié kristal verdof Of mistig maak, dan leef sy nog. KENT
Is dit die oordeelsdag? EDGAR
Of skrikbeeld van dié gruwel? ALBANIË
Val, hemele, en eindig alles. LEAR
Dié veertjie roer, sy leef! O was dit waar, Sou dié geluk vergoed vir al die smarte Wat ek nog ooit verduur het. 157
KENT
O meester, goeie meester! LEAR
Laat my met rus. EDGAR
Dit is u vriend, die eed’le Kent. LEAR
Mag jul vervloek wees, moordenaars, verraaiers Ek kon haar nog gered’t; nou’s sy vir altyd weg Cordelia, Cordelia, bly ’n rukkie! Ha . . . Wat sê jy daar? Haar stem was altyd sag, Lieflik en teer, iets heel moois in ’n vrou. Ek het die slaaf gedood wat jou wou ophang. KAPTEIN
Dis waar, hy’t dit gedoen. LEAR
Nie waar nie, man ? Daar was ’n Tyd toe ek met my vlymende swaard Hom sou laat trippel het, maar nou’s ek oud, Van al my laste en leed gedaan. Wie’s jy ? My oë’s nie van die beste nie, ek sê dit self. KENT
Sou die Fortuin hom roem hy’t twee bemin En ook gehaat, sien ons nou een van hulle. LEAR
Ag, treurige gesig, is jy nie Kent? KENT
Hy self, U dienaar Kent. Waar is u dienaar Caius ? 158
LEAR
Hy was ’n gawe vent, dit sê ek jou, Flink met sy swaard en vinnig . . . nou’s hy dood, verrot. KENT
Nee, beste Heer, ek is die einste man LEAR
Straks gaan ek daarop in. KENT
Vanaf die eerste dag van u vernedering Het ek u troostelose pad gevolg LEAR
Jy is hier welkom. KENT
. . . En niemand anders. Alles donker, droewig, doods; Verlate in hul wanhoop het u oudste dogters Hulself van kant gemaak. LEAR
Dit dink ek ook. ALBANIË
Hy weet nie wat hy sê nie, dis vergeefs Dat ons ons rig na hom. EDGAR
Ja, dis verniet. ’n Offisier verskyn. OFFISIER
Edmond is dood, my Heer. ALBANIË
Dis bysaak hier. Hoor, Here en edele vriende, ons besluit: 159
Wat ons kan doen sy rampe te versag, Dit sal ons doen. Aan dié ou Majesteit Staan ons solank hy leef ons hele mag Met vreugde af. [Aan Edgar en Kent] U kry u ou regte, meer nog, Dié nuwe eerbewyse wat u ruim verdien het. Ons vriende kry die lone van hul deug, Ons vyande die beker van hul straf. O kyk, kyk! LEAR
My dierbaarste verwurg! Nee, nee, geen lewe nie! ’n Hond, ’n perd, ’n rot mag leef, en jy’t Geen asem meer, my kind, waarom ? Nooit kom jy terug, Nooit weer nie, nooit, nooit, nooit, nooit, nooit! Maak tog dié knopie los. Dankie, meneer, Sien jy dit ook ? Kyk, kyk na haar, kyk na haar lippe, Kyk dáár . . . dáár . . . Hy sterf EDGAR
Hy’t flou geval, my Heer, my Heer! KENT
Breek, hart, ek bid jou, breek. EDGAR
Kyk op, my Vors. KENT
Kwel nie sy gees, o laat hom gaan, hy haat Hom wat op die pynbank van hierdie taai ou wêreld Hom langer sou wil uitrek. EDGAR
Nou’s hy weg. KENT
Die wonder is dat hy so lank kon uithou, Hy het homself oorleef. 160
ALBANIË
Dra albei weg, ons huidige bedryf Is die algemene rou. [Aan Edgar en Kent] Vriende, regeer Oor hierdie Ryk, skraag hom dat niks hom deer. KENT
Ek sal moet gaan, ’n lang reis lê my voor, My meester roep my en ek gee gehoor. EDGAR
Dié droewe tyd se las sal ons moet dra, Sê wat ons voel, nie wat gewoonte vra. Die oudstes moes die meeste ly, ons jong geslag Sal nooit soveel beleef, soveel vermag. Almal a f terwyl 'n dodemars gespeel word.