Reitz 15 July 2016
Edition 129
reitzrekord@gmail.com
Adverts: 072 757 0514
Petrus Steyn & Lindley
News: 073 555 7930
FREE
Boere en Polisiebeamptes bevorder saam veiligheid in die Vrystaat VKB REITZ BANDE
WINTER PROMOSIE 20 JUNIE tot 30 JUNIE '16 vir meer inligting besoek
www.vkb.co.za
Paradys Kom besoek ons gerus! Kwaliteit Vrystaatse Vleis Vars voorbereide wegneemetes Kom probeer ons hoender!!! Biltong, Chilli Bites Kom kyk wat is in ons vrieskas!
058 871 3569
Samewerking tussen boere en Polisiebeamptes in die Vrystaat het die afgelope twee weke ’n hupstoot gekry. Meer as 2 600 boere en Polisiebeamptes het saam aan twee blou/witlig-operasies in die provinsie deelgeneem. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar is die meeste suksesse tot op hede aangeteken in verband met veediefstal. Gedurende ’n operasie op 22 Junie 2016 het 976 boere met 658 voertuie saam met 288 Polisiebeamptes met 126 voertuie gewerk. As deel van dié operasie het onder andere beamptes en boere in die Reitz- en Tweeling-distrikte 797 plase gepatrolleer, terwyl 344 persone en 217 voertuie deursoek is. Die totale aantal boere wat die maand aan die operasies deelgeneem het staan op 2 063, en die totale aantal Polisiebeamptes is 635. Verskeie suksesse rondom veediefstal het voorgekom, met vee Lees verder op Bladsy 6