FREE
06/12/2017
liveromedia@mweb.co.za
072 757 0514
Ranch vier van die Veerpyltjie Klub dring deur na die finale
Sakkie Fivaz, Jan van Zyl, Martin Hatting en Peter Haskins Sandra la Grange
Reitz
So het die semi-finale plaasgevind en dit was ‘n harde stryd tot die einde. Spanning het hoog geloop en die uitkoms was baie positief. Baie geluk aan Ranch 1 met julle vordering na die finale. Julle het weereens bewys waartoe julle instaat is. Van die res van ons by Die Ranch Veepyltjieklub, sterkte met die finale.
02
Gemeenskap ● Community
FREE SMS/WHATSAPP ADS GEMEENSKAPSTOEKENINGS 2017 072 757 0514
Private advertisers only. Allowed to sell one item, include your town and one cellphone number. PFA stands for Paid for advert
PERSONAL
PETS FOR SALE LADYBRAND: Beautiful BOERBOEL PUPS for sale. Available from 20th of November 2017. Julene @ 083 225 1647 VREDE: Swart boerboel teefies te koop. R5000 9 weke oud, ingeent en ontwurm. Pa: CDH Blackjack Ma: Braambos Klawer Andre Fourie- 074 603 6828 REITZ: Yorkie tefies, Pragtige yorkies ingeent ontwurm reg vir hul nuwe huis. 072 296 9932 BLOEMFONTEIN: Ek het n oulike Chinchillas te koop wyfie sit stil by jou en mannetjie kom sit op jou skoot tydens "playtime" ... !!!! Wyfie is dragtig !!!!... al 2 is vet en gesond Prys: Mannetjie: R850 Wyfie: R1850 (wyfie is dragtig) Of altwee saam vir R2250 076 940 8277
ACCOMODATION LADYBRAND
Lidia Home For The Aged 1 x Single room in frail care wing 2 x bachelor units in independent wing Incl. meals, cleaning and laundry Bergsig flats 2 x Two Bedroom flats with enclosed verandah and garage 50 years plus, no pets Contact Jaune 051 9242019
FOR SALE BETHLEHEM: Hand wolpers te koop. Werk nog baie goed. Kan dalk net oorgeverf word. 082 480 3423 BETHLEHEM: 16" Backtrail Seuns fiets te koop, R700. Fiets is in goeie kondisie. Chantelle 0837576076 VREDE: PFA: Canopy: Toyota Landcruiser 1999 Pick up For sale by Owner Anton Grimbeek 083 823 8108 Price: R2000.00 VREDE: HAWER TE KOOP 082 654 1361 of 079 527 7052 REITZ: Pooltafel te koop. Hout met ballrun soos nuut met 2 stoke. R1500 - 071 532 2411 BETHLEHEM: 80 IBR Pollycarb sheets 1.5m Pearl factory cut. R8000.00 - 0817231353
VEHICLES FOR SALE CLOCOLAN: Ford Cortina 3 liter R35 0000 Skakel 082 975 6563
Alcoholism and addiction help! If you have a family member or loved one with an addiction or alcohol problem contact Galino House 082 392 1800 or 082 490 0416 email info@galinohouse.co.za www.galinohouse.co.za
PROPERTY FOR SALE TWEELING: (between Reitz and Frankfort), East Free State, House for Sale R280 000 Ideal family home in the country side. This 5 bedroom 2, bathroom house with big kitchen, dinning room and lounge with a garage big enough to accommodate 4 vehicles and equipped borehole is on the upper side of the town. R280 000 Call Annatjie 072 146 8212
CLOCOLAN: 269 HEKTAAR PLAAS KILMARNOCK TE KOOP 'n Geleentheid om jou eie stukkie grond in die pragtige Oos-Vrystaat te besit. Plase wat te koop is in die omgewing is so skaars soos hoendertande! Vir R5.5. miljoen kry jy die volgende: 269 Hektaar, 85 hektaar is reeds bewerk, Die res is ideaal vir weiding Twee windpompe, - Drie sement damme, Besproeing stelsel Groot stoor, 4 Slaapkamer huis met 'n sitkamer, eetkame en twee badkamers, Eskom elektrisiteit Eienaar staak boerdery. Indien u belangstel kontak Margaret by Clocolan Eiendomme 061 593 6136
JOB OPPORTUNITY
Hier is die afdelings waar daar vanaf 1 Desember tot en met 8 Januarie 2018 op ons webwerf www.rekordmediafs.co.za genomineer kan word. Besoek ons webwef vanaf 12:00 en kliek op die nominasie vorm en nomineer! MENSE Die inwoner /organisasie wat die meeste vir die gemeenskap doen, is Die inwoner wat die dorp se naam die jaar hooggehou het, is Die inwoner met die beste persoonlikheid is Die boer van die jaar is Die Besigheidsman van die jaar is Die Besigheidsvrou van die jaar is Die Paartjie van die jaar is ( moet ouer as 18 wees) Ons dorp se mooiste man is (moet ouer as 18 wees) Ons dorp se mooiste vrou is (moet ouer as 18 wees) Ons dorp se mooiste baba is Ons dorp se Sportman van die jaar (enige ouderdom) Ons dorp se Sportvrou van die jaar (enige ouderdom) Wie gee jou die beste diens by die staats instellings in die dorp? HUIS & TUIN Die inwoner met die mooiste tuin is BESIGHEID Die besigheid met die beste wegneem etes is -Die wegneemete wat jy die graagste koop is - Die Besigheid met die beste diens is - Die beste Haarsalon is - beste Skoonheids salon is - Die beste Tuisnywerheid is Die beste drankwinkel is - Die beste slaghuis is - Die beste motorwerktuigkundige is - Die beste Hardeware winkel is - Die beste kuierplek is Die beste vulstasie is - Die beste eiendomsagent is - Die beste meubelwinkel is - Die beste bank is - Die beste sekuriteits firma is - Wie lewer die beste diens by die toonbank? - Wie maak die beste Burger - Wie maak die beste slap chips - Wie maak die beste biltong - Wie maak die beste droe wors - Die plek met die beste koffie is - Watter staats instelling lewer die beste diens in jou dorp? - Beste drankwinkel in die dorp Motorhandelaar van die jaar?
PLAASWERK IN AMERIKA $$$$$ VERDIEN DOLLARS IN AMERIKA ENIGSTE VEREISTE IS GENOEGSAME BOERDERY ONDERVINDING. GOEIE BATE MAAR NIE NOODSAAKLIK NIE, AS JY KODE 14 TROKKE KAN BESTUUR. VLIEGTUIG KAARTJIE WORD AAN JOU TEN VOLLE TERUG BETAAL. OUDERDOM: 20 – 45 JAAR SKAKEL: Sanna-Marie by 083 799 0715 / 074 182 2280 smgrobler60@gmail.com Ronelle by 084 549 6540 074 127 5857 farmworkamerica@gmail.com
Maak seker die hele Oos-Vrystaat is bewus van jou besigheid! Adverteer in Memel, Vrede, Frankfort, Reitz, Bethlehem, Senekal, Warden, Harrismith, Kestell, Ficksburg, Clocolan en Ladybrand Rekord koerante! Kry 12 advertensies vir een prys! Beter waarde vir jou rand gaan jy nërens anders kry nie! Skakel Maryna 072 757 0514 of e.pos ons by liveromedia@mweb.co.za
Kommentaar ● Comment
OP DIE REKORD MET CHARLENE NAUDE
03
Wie is Charlene Naude? Ek is gebore in Clocolan en het op die plaas, Rosario, groot geword. Ek is die middelste van 5 kinders, 4 dogters en 1 seun. My pa het geboer en my ma is n Wiskunde onderwyseres. Ons het almal in Clocolan skool gegaan en gematrikuleer, behalwe my jongste sussie en broer wat in Hoërskool Ficksburg gematrikuleer het. My dans loopbaan het begin toe ek in Graad 1 met Ballet begin het by Magda Moolman. Einde van Graad 6 kon sy nie meer klasgee nie en moes ek my liefde vir dans vir eers laat wag. Ek was ongelooflik gelukkig om in Graad 10 weer te kon begin, toe Brigitte Kade van Bloemfontein af gery het om vir ons klas te gee in Clocolan en later Ladybrand. My man is Danie, en hy is bemarker vir OVK en ons het 2 kinders, Carl (16) en Lene (15) wat albei in Hoerskool Ficksburg is. Waar bly jy en hoe lank bly jy al daar? Ons woon tans in Reitz vanaf Desember 2015 en voor dit het ons in Clocolan gebly vandat ons in 1998 getroud is.
Vertel ons meer oor jou dance studio en wat dit alles behels en waar dit orals aangebied word? Ek het begin klasgee in Dewetsdorp in 1994 vir 7 kinders en in 1995 in Clocolan en Marquard en in 1996 het ek Brigitte Kade se studio in Ladybrand ook oorgeneem. In 1999 het ek in Ficksburg ook oopgemaak en moes ek Marquard los aangesien daar net 4 kinders was. Tot in 2015 het ek Ficksburg, Clocolan en Ladybrand gehad. In 2016 het ek in Reitz ook oopgemaak en in 2017 het ek Magda Heymans se studio in Bethlehem oorgevat. Dit het my genoodsaak om hulp in te kry en Corinne Marais hanteer nou vir my die klasse in Ladybrand met die hulp van Marche Bester wat die Hip Hop die jaar gedoen het. Buiten die klasgee is daar natuurlik ook baie admin wat gedoen moet word wat my in die oggende goed besig hou. Jy is baie betrokke as ouer by Hoërskool Ficksburg die jaar gewees nie net as ouer nie maar ook as fotograaf. Vertel ons meer hieroor en hoe belangrik is ouer betrokkenheid by ‘n skool? As ‘n Hoërskool Ficksburg ouer probeer ek die skool ondersteun met alles wat hul doen maar aangesien my werk tot 8pm aangaan meeste aande is dit moeilik om in die week funksies of vergaderings by te woon. Daarom mis ek nie sommer die sport op Saterdae nie. Ek is mal oor Rugby en Hoërskool Ficksburg se rugby is van so 'n hoë standaard dat mens met trots langs die veld staan. Ek neem graag fotos en het myself sommer aangestel as onoffisiële fotograaf vir die rugby. As ‘n ma, eggenoot en besigheidsvrou hoe vind jy balans om by alles uit te kom? Dit is vir my nogal ingewikkeld om by alles uit te kom met die 800km wat ek gemiddeld per week afle om oral te kom waar ek moet klasgee en dit gebeur ongelukkig soms dat my gesin tweede viool speel. Ek het wonderlike ouers wat baie help om my kinders te kry waar hul moet wees of om funksies by te woon wat en en my man nie kan maak nie en ek is altyd vreeslik in twee geskeur as dit gebeur. As ‘n ouer wat sal jy jou kinders graag wil leer? As ouer wil ek he my kinders moet weet dat alles moontlik is as jy dit saam met die Here aanpak en dat nederigheid jou beste eienskap moet wees, dat daar geen plaasvervanger vir harde werk is nie en dat jy moet doen waarvoor jy lief is. Wat maak jou gelukkig? Dit maak my ongelooflik gelukkig as ek sien dat my kinders en my man gelukkig is, n vrolike geraas in die huis is musiek in my ore. En dan moet ek bieg dat die perfekte foto my ook baie gelukkig maak. As jy R1 miljoen wen wat sal jy daarmee doen? R1 miljoen wen bou ek vir my n klein teater waarin ek kan klasgee en pragtige konserte met goeie beligting en "backdrops", ens. kan hou. Waar hou jy graag vakansie? Ons hou graag vakansie in Scottburgh in die karavaanpark. Daar is niks so idillies soos om in die oggende koffie te drin met die see regvoor jou nie. Jou gunsteling: Drankie: Ek is nie groot op drankies nie maar geniet n wyntjie of Savannah of Gin na 'n dag se klasgee. Ete: Ek LOVE steak, maar dit moet "rare" wees en baie Mushroomsous oor he. TV program: Ek kyk bitter min TV in die kwartaal maar geniet n goeie speurstorie en programme soos America's got Talent - Boek: Ek hou van Mary Higgins Clarke se boeke Akteur/Aktrise: Sean Connery en Sir Anthony Hopkins - Waar sien jy jouself oor 10 jaar? Oor 10 jaar is ek hopelik nog net so besig soos nou, as die Here my en my liggaam spaar.Stokperdjies? Nie veel tyd vir stokperdjies nie maar die fotografie is vir my heerlik en dan ook om gholf te speel. Wat is jou motto in die lewe? Leef elke dag voluit met n glimlag op jou gesig.
04
Gemeenskap â—? Community
05
Rubrieke ● Columns
100% slaagsyfer vir Charlene Naude Dance Studio’s
Hanzi Stevenson vir Graad 4 Charlene Naude
Isabela Martins vir Graad 1
Lené Naudé Graad 7
Simuné de Villiers vir Graad 3
Erin Schoombie vir Graad 3
Neline de Beer vir Primary
Miane Moll vir Primary
Ladybrand
58 dansers het deelgeneem aan die Rad Ballet Eksamens op 23, 24 en 25 Oktober 2017. Die 100% slaagsyfer het bestaan uit 6 Distinctions, 48 Merits en 4 Passes. Die Distinctions was: 1. Isabela Martins vir Graad 1 - 2. Simuné de Villiers vir Graad 3 - 3. Hanzi Stevenson vir Graad 4 - 4. Erin Schoombie vir Graad 3 - 5. Neline de Beer vir Primary - 6. Miane Moll vir Primary Isabela Martins ontvang ook die Beste Junior Ballet danser Trofee en Lené Naudé ontvang die Beste Senior Ballet danser Trofee. Distinctions: Simoné de Villiers Graad 3 - Hanzi Stevenson Graad 4 - Erin Schoombie Graad 3 Miane Moll Primary - Neline de Beer Primary. Gaan lees al die uitslae op ons webtuiste: http://cnds4dancing.wixsite.com/cnds
06
Gemeenskap ● Community
INSPIRATION
Enjoy
KITCHEN DELIGHT
072 757 0514
the small things HEUNINGDRUPPELS Wees jy net jy... Hierdie is die titel van 'n oulike liedjie van Leon Ferreira. "Wees jy net jy, soos die Here jou gemaak het Wees jy net jy, ja jy mag selfs jou eie smaak hê Wees jy net jy, want daar's net een van jou, jy's gemaak op 'n bloudruk, alles is haarfyn beplan Die ou in jou is nogal oulik, ja wees jy net jy... " Ongelooflike mens jy, uniek geskep deur 'n wêreldklas Ontwerper, gemaak soos geen ander een nie, en geen sprake van massaproduksie nie. Ai, as ons dit maar net wil glo. Want as ek so loer na die persoon hier anderkant, steek ek sleg af. Nie maer genoeg nie, nie mooi genoeg nie, nie ryk genoeg nie, nie so 'n persoonlikheid soos daai een nie ens. Ons raak dus sommer maklik jaloers oor hoe die Here daardie een geskep het, en wil dus ons ontwerp inruil vir daardie een. Goeiste, is dit nie patentreg skending nie? Elk geval, hierdie ding werk nie, want as die Here 'n besem en 'n grassnyer geskep het, is dit mos wat Hy nodig gehad het. Nou wil grassnyer die besem wees wat heeldag kietsregop in die besemkas staan want die son is te warm daar waar hy sy skeppingsdoel moet uitleef. En ou besem voel minderwaardig want mense spot hom omdat hy skoonma se ryding is. Of is dit nou vliegding? Ons gaan selfs sover as om jaloers te wees op 'n ander se verhouding met die Here. Nee dit werk nie so nie, moenie in dieselfde verhouding met die Here as 'n ander wil staan nie, wees in jou eie volmaakte verhouding met die Here. As jy jou weer voor die spieël staan, dan maak jy soos ou Trompie van die Boksombende van ouds, as hy so vir homself gekyk en gesê het:- "Jy's darem maar 'n mooi ou, dis nou maar wors..." ~ Willem Botha
MEESTER
READER COMMENTS
Braaied Lamb Shoulder Ingredients
FICKSBURG PLAASAANVAL Susan Grobler, Clocolan: Ek lees die koerantberig oor 'n plaasaanval. Dit is opvallend dat 'n plaaswerker of twee net altyd so 'n ligte vleiswondjie deur die aanvallers toegedien word so asof hulle wil seker maak hulle word nie met die aanval en/of aanvallers verbind nie VREDE REKORD Sibongile Tshabalala, Vrede: Interesting read.... Thank you for the publication. LADYBRAND REKORD EMAIL SUBSCRIPTION Dienie Nel Pieterse: Baie, baie dankie! So aangenaam altyd om nuus te kry van my geboortedorp!
EVENTS CALENDAR
1 Lamb Shoulder deboned and butterflied 125 ml Mint freshly chopped 125 ml Coriander freshly chopped 150 ml Lemon Juiced 30 ml Robertsons Masterblends for Braai Zesty Lemon and Herb 45 ml Olive Oil Instructions Mix all the ingredients in a bowl. Rub over the lamb and allow to marinate for about an hour. Remove the lamb from the marinade and braai (indirect method) on an oiled grid over medium to hot coals for about 45 minutes to 1 hour. Remove from the braai and rest the meat for 5 minutes before carving. Serve immediately. Culinary Tip As lamb is generally high in unwanted bad saturated fat, always serve with low fat accompaniments such as jacket potatoes and a mix of steamed Mediterranean vegetables
WENK WAT WERK
Submit your event for free publication by e-mail to liveromedia@mweb.co.za DECEMBER 2017
BETHLEHEM: Andras Findt Pro20 Krieketreeks - Oud Skoliere 2de span vs New Horizon om 10:00 te Bethlehem Weermag sportterrein. Bethlehem Dorp speel teen Ficksburg op die skouterrein. Oud-skoliere se 1ste span speel teen Reitz te New Horizon om 14:00 en Harrismith kom in Reitz teen Bethlehem dorp te staan. FICKSBURG: Cafe Chocolat Christmas Market and Theatre Show with Cat Simoni 8-9 December 2017, 051 933 3531 CLOCOLAN: Pokkeljors Kleuterskool – Kom dans en wees gesellig – 9 Desember 2017 Saterdag – 18H00 – 1900 FOURIESBURG: Christmas Food Lover's Market – 9 December 2017 - Saturday at 9:00– 15:00 CLOCOLAN: Summer bash 16 December–17 December · O.J Tavern · Clocolan 0715455619 LADYBRAND: Kryolan Makeup Workshop Saturday 9 Dec at 10:00–13:00 Etadi Wellness Centre at Cranberry Cottage 37 Beeton Street, 4566 Ladybrand FICKSBURG: Home coming beach party 23 December - 24 December Meulspruit Dam 051 – 933 2527 49 Veldt St, 9730 Ficksburg
JANUARIE 2018 Te veel sout by jou bredie gevoeg? Plaas ‘n geskilde aartappel in die pot om die oortollige sout te absorber. Wanneer die bredie gaar is, verwyder en gooi die aartappel weg. Deur Danie Cronjè
REITZ: VKB Bieliemieliefees 15 – 18 Februarie 2018 Gaan na ons faceboek blad, en vertel ons watter sangers u daar sou wou hê. CLOCOLAN: Vintage Tractor Fair 4-25 March 2018 Call +27 (0)51 943-0021
CHUCKLE Husband and wife were having dinner at a fancy restaurant… As the food was served, Husband said: “The Food looks delicious, let’s eat.” Wife: Honey.. You say prayer before eating at home. Husband: That’s at home sweetheart… Here the chef knows how to cook.
07
Rubrieke ● Columns
FOKUS OP...
KLITSGRAS
VRA VIR LIZZY Lizzy, gaan Alistiar Coetzee gefire word? Ben, Ladybrand Liewe Ben, ek hoop so maar ek vermoed daar's 'n GUPTA konneksie iewers en Lizzy dink hy gaan vir nog so rukkie aanbly net om seker te maak sy "golden handshake" is 'n paar rand sterker as hy die trekpas sou kry.
7 tuisremedies vir sonbrand 1. Gebruik appelasyn Daar word geglo dit help om blase te keer en te keer dat jy afdop, en dit kalmeer en verkoel ook die vel namate die asyn verdamp. Wend appelasyn met watteballetjies of ’n sagte lap aan, of voeg dit by jou badwater.
2. Wend aalwynsap aan Die dik, jel-agtige sap van aloe vera-plante kan die irritasie en rooiheid verlig wat deur sonbrand veroorsaak word. Dié helende plant is by die meeste kwekerye beskikbaar. Sny eenvoudig een van die blare oop en wend die jel direk op die gebrande vel aan. Wend dit vyf tot ses keer daagliks aan.
3. Bly koel Maak ’n kouewaterkompres deur ’n waslap in koel water te week en dit direk op die gebrande dele aan te wend. (Moet nooit ys of yspakke op ’n songebrande vel gebruik nie.) Los dit vir ’n paar minute en maak die lap gereeld nat om dit koel te hou. Herhaal dit ’n paar keer gedurende die dag wanneer nodig vir verligting.
4. Ontspan in ’n bruisende bad Voeg ’n paar opgehoopte eetlepels koeksoda by koel badwater voordat jy in die bad klim. Moet egter nie vir langer as 15 minute in die bad bly nie, want dit kan jou seer vel selfs meer uitdroog. En druk jou vel met ’n handdoek droog, want as jy dit vryf, sal dit jou vel irriteer.
Lizzy, my ou hou nie daarvan om my hand in die publiek vas te hou nie? Is hy skaam vir my? - Liezel, Vrede Hmmm, as hy jou ou sal hy nie 'n issue he om jou hand vas te hou nie. Ek dink nie hy is skaam nie anders sou julle mos nie date nie. Laat weet hom hoe jy voel en hoekom dit vir jou belangrik is. Dis nie veronderstel om 'n issue te wees nie Lizzy, wil 'n karretjie koop vir my dogter. Syt so pas gematrikuleer? Sy soek 'n nuwe BMW wat dink jy? - Mark, Harrismith Kan ek ook kry? Kyk dit bly jou keuse maar wat is fout met 'n kleiner nuwe karretjie of 'n goed opgepaste tweede handse karretjie. Dis baie goedkoper en dien dieselfde doel. Maar as jy voel sy verdien 'n nuwe BMW then go for it. Lizzy, ek wil nie meer my ou date nie ek's in Graad 11 en hy gaan Graad 12 toe. Ek hou van iemand anders en hy van my... Maar ek wil hom nie seermaak nie wat moet ek doen? Help, Ficksburg Sussie die beste raad wat ek jou gaan gee is om hom reguit te sê. Moet hom nie aan 'n lyntjie hou nie. Natuurlik gaan jy hom seer maak maar dink net hoe seer hy gaan kry as hy uitvind jy het jou oog op iemand anders. End it and move on.
Het jy 'n vraag vir Lizzy? WhatsApp/SMS die woord Lizzy met jou vraag na 072 757 0514
Vir die wat dink die wiel draai nie het Klitsie nuus, hy draai beslis. 'n Rukkie terug het Klitsie vir jou vertel van die dolla wat pregnant is en dat daar 3 pappa cotenders is, een met geld, een wat glad nie werk nie en een wat almal ken maar niemand oor praat nie. Dolla raak toe mos swanger en besluit om die pappa met geld te kies al het sy (en die res van die dorp) geweet hy is beslis nie die een nie. Pappa geld was baie bly en het mooi na Dolla begin kyk maar nou ja toe draai die wiel en mamma van een wat almal ken maar niemand oor praat nie besluit om 'n spanner in die works te gooi. Mamma wil gaan toets om vas te stel wie die regte pappa van dolla se baby is. En nou raak dit eers 'n morsige storie....Dolla het nie net met drie pappas geslaap nie maar soos Klitsie verstaan staan die telling al op 7 wat bevestig het dat daar meer as twee keer by dolla gekuier is in die tyd wat die nou loop swanger raak het. Pappa geld weier om te glo en is bereid om 'n ander pappa se kind groot te maak want hy is lief vir Dolla. Maar alhoewel Dolla lief vir pappa se geld en miskien liefde is, is daar volgens Dolla 'n baie groot tekort aan iets as daar iets tussen die lakens gebeur en Dolla hou glad nie van 'n te kort nie... Nou probeer Dolla vir pappa wat nie werk nie oortuig dat die kind syne is want al het pappa wat nie werk nie werk, geld of selfs liefde nie het pappa wat nie werk nie 'n te kort aan iets tussen die lakens nie. Nou Klitsie is nie seker wat verder gebeur het nie maar ek is seker die is nie die einde nie...watch this space
COLOUR ME IN
5. Drink baie water Die son het jou vel gedehidreer. Maak dus seker jy drink baie vloeistof (verkieslik nie kafeïen of alkohol nie) terwyl jy van sonbrand herstel.
6. Bevog jou vel gereeld Die son het jou vel uitgedroog en hoewel ’n koel bad en kouewaterkompresse die pyn kan verlig, stroop dit die vel van vog. Wend vogroom aan direk nadat jy gebad of gestort het. Vir ekstra-koel verligting, hou die vogroom in die yskas.
7. Drink ’n ligte pynverligter Oor-die-toonbank-opsies soos aspirien en ibuprofen kan pyn verlig en help keer dat ’n songebrande vel ontsteek. Ongeag watter remedie jy kies, onthou die uitwerking wat die sonbrand op jou vel gehad het, en vermy volgende keer oorblootstelling aan die son.
Editor
News
Advertising
Gerhard Olivier
Sandra la Grange
Maryna de Klerk
073 847 2468 rekordmedia1@gmail.com
061 593 6136
072 757 0514 rekordads@gmail.com Deadline: Wednesdays 17:00
rekordnews@gmail.com
Deadline: Wednesdays 17:00
www.rekordmediafs.co.za This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby reserved in terms of the copyright act.
08
Advertensies â—? Advertising