Skip to main content

REITZ, PETRUS STEYN EN LINDLEY REKORD 02 SEPTEMBER 2016

Page 1

FREE COPY 2 September 2016

Edition 138

Ads: 072 757 0514

Reitz

reitzrekord@gmail.com

Petrus Steyn & Lindley

Now you know - Nou weet jy - joale ua tseba!


is a free local community booklet distributed every Friday to outlets in Reitz Our booklet is also published on

and become one of our friends For your convenience a PDF copy can also be e-mailed to you free of charge Simply drop us an e-mail at

To advertise with us give Alet van Zyl a call on or e-mail us at

Chuckles Two blondes fell down a hole. One said, "It's dark in here isn't it?" The other replied, "I don't know; I can't see." Q: Why can't a blonde dial 911? A: She can't find the eleven. A robber comes into the store & steals a TV. A blonde runs after him and says, "Wait, you forgot the remote!" What did the blonde say when she found out she was pregnant? I wonder if it's mine

or send us a

Please note our deadline is strictly And sorry, no advert will be published if the advert is not paid in full. Published, Printed and distributed by the Propietor Livero Media, 4th Avenue West, Clocolan. Copyright is reserved to all original material designed, created and published by the proprietor.

02 Rekord

Livero media To advertise contact 072 757 0514


Om te adverteer skakel 072 757 0514

Rekord 03


Heuningdruppels Spreuke 6:16-19 noem sewe dinge wat die Here haat, waaraan Hy 'n afsku het. Vêrder aan in Spreuke kom daar nog 'n hele paar ander dinge by. As ek dit lees voel ek skaam, want ek weet daar is van dié goeters wat kop uitsteek in my lewe. Kom ons lees dié sewe sonder om te dink aan Piet en Sannie en hoe hulle skuldig is hieraan; nee, kom ons maak dit 'n selfondersoek, 'n belydenis van ons eie foute en 'n strewe om die Here te behaag met ons lewenswyse. Sewe dinge wat die Here haat, volgens Spreuke 6: (1) oë wat hoogmoed weerkaats – daai neerkyk op ander, “ek is beter as jy”-gesindheid, “wat het die kat nou weer hier ingesleep” houding; (2) 'n tong wat leuens vertel – daai alewige verdraai van die waarheid, wit leuens, verneukery; (3) 'n hand wat ander se ondergang bewerk – vernietiging van ander se menswaardigheid deur jou optrede en jou wrede woorde; afbreek van jou huismense of kollegas se selfbeeld; (4) 'n hart wat slegte dinge dink – en dan loop die mond daarvan oor en word dié om jou ook vergiftig met jou negatiewe praatjies, afbrekende kritiek en swak grappies; (5) voete wat haastig na die kwaad toe hardloop – verkeerde prioriteite, geldgierigheid, swak keuses; (6) 'n vals mens wat na elke asemteug net leuens uitasem – iemand wat jy glad nie kan vertrou nie, sy ja is nie ja nie en sy nee is nie nee nie; (7) 'n rusverstoorder wat die liefde tussen mense wegvat – iemand wat stories aandra, wat “stir” en familie rusies laat opvlam. Sjoe, wat 'n lys! Ek wil opnuut kies téén elkeen van hierdie sewe en liewer my “lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees.” (Gal 6:8) Mag die Here ons elkeen hiermee help.

04 Rekord

Ons dorp se geskiedenis Van die vroegste tye af was dié deel van die Vrystaat waarin Reitz geleë is, bekend as die Riemland. Die Riemland is geleë in die noord-oostelike deel van die Vrystaat en beslaan die distrikte Kroonstad, Heilbron, Lindley, Bethlehem en Reitz. Die benaming Riemland is ontleen aan die feit dat talle transportryers sowel as die vroegste wit bewoners van hierdie gebied baie grootwild geskiet, die velle gebrei en rieme daarvan gemaak het. In 1866 het ’n Kroonstadse firma meer as 150 000 velle van blesbokke en wildebeeste na Europa uitgevoer. Dit alles het bygedra tot hierdie gebied se benaming. Dit word vertel dat die bewoners ook die koppe van grootwild wat geskiet is, op miershope en uitstaande klippe geplaas het om sodoende die rigting van die omliggende dorpe aan te dui, want die gras was lank en ruig en dit het in ’n groot mate die uitsig belemmer. Voor 1875 het Reitz deel gevorm van die enorme plaas Lange Spruit van ’n ene meneer Hendrik Bastiaan Davel. Hendrik Davel het Lange Spruit van die Vrystaatse regering gekoop omdat dit in daardie stadium onbewoon was en aan die Staat behoort het. Hy het dié plaas, wat 16 519 morge groot was, omstreeks 1873 kontant gekoop teen R1 per morg. Sowat 3 591 morge van dié plaas is in April 1875 deur landmeter-

Deel 1

generaal Charles Pritchard afgemeet en Davel het dit aan Johannes Gysbert (Jan) Roos vir R800 verkoop. Hierdie afgemete gedeelte van die plaas Lange Spruit is toe Stompkop genoem. Vir baie persone het transportry in daardie dae ’n goeie inkomste gelewer en al gou het Stompkop ’n gewilde staanplek onder transportryers geword tyde ns hul lang togte oor hier die gebied tussen Potchef stroom en Pietermaritzburg. Spoedig het ene Singer dan ook ’n winkeltjie in die omgewing geopen. Om die toeloop na sy winkeltjie te laat toeneem, het Singer reëlings getref om ook die inen uitgaande pos te behartig. So het sy plek toe die naam van Singer’s Post gekry. Kort daarna is daar ook ’n smidswinkeltjie geopen asook ’n hotel en ’n tweede winkeltjie, die van Kamann. Geleidelik het die bewoners van Stompkop en omgewi ng tot die besef gekom da t, indien ’n dorp gestig wor d, dit baie probleme sou oplos. Op ’n vergadering op 24 April 18 84 op die plaas Stompkop van Jan Roos, was daar 7 4 persone teenwoordig. Die behoefte aan ’n dorp in hierdie omgewing het steeds ernstiger geword en daarom is besluit om ’n dorp te stig waar ’n kerkgebou opgerig sou kon word.

To advertise contact 072 757 0514


Ondersteun ons adverteerders want danksy hulle is die koerant gratis! Om te adverteer skakel Alet by 072 757 0514

Om te adverteer skakel 072 757 0514

Rekord 05


Kitchen delight

Marinated Steak Sosaties

Ingredients • 1 cup Onion, chopped • 1/2 cup vegetable oil • 1/2 cup lemon juice • 1/4 cup Soy sauce • 1 tablespoon Worcesteshire sauce • 1 teaspoon mustard, prepared • 1 medium sized sirloin steak, cut in cubes • 1 large green pepper, cut in pieces • 2 medium onions, quartered • 2 medium Tomatoes, quartered • Skewers Method 1. Braai onion in oil and remove from heat. Stir in lemon juice, soy sauce, Worcestershire sauce and mustard – pour over meat and vegetables. 2. Cover and marinate overnight in refrigerator. 3. Remove meat and vegetables from marinade, reserving marinade. Alternate meat and vegetables on skewers. 4. Braai kebabs 5 minutes on each side over coals, brushing frequently with marinade. Send us your recipe! E-mail us at editor@rekordmedia.com

06 Rekord

Uit die Hart van Eva 6uur: Skemeraand lui my foon. Klein Merhiam wat vir my werk soek ‘n ambulans. “My sussie se baby gaan kom, Madam. Ek kry hom nie die Ambulance by die phone nie.” vertel sy. Ek bel. Ook maar met ‘n gesukkel kry ek hulle in die hande en moet 10 minute lank verduidelik hoe om by ons plaas uit te kom. Dan spel ek die plaasnaam. Ek word versoek om aanlyn te bly en hoor dan hoe daar aan die anderkant van die foon met iemand gepraat word. Ek verstaan nie die taal nie. Hoe vêr is ek swanger kom die vraag van die anderkant. Weer verduidelik ek die situasie. Dit is nie ek nie. Dit is vir een van die volk op die plaas. Stilte. Wit of swart vra die een aan die anderkant weer. My bloed kook. “Gaan julle ‘n ambulans stuur of nie?” Agt uur: Oproep. Geen ambulans. Sy skenk geboorte. Nege uur: Ek verduidelik oor die foon vir die ambulansman hoe om by die plaas te kom. Half tien: Adam is vies. Hoekom word ons hierby betrek. En hoekom doen Eva soveel moeite!? Tien uur: Merhiam bel. Ambulansmanne het hulle toerusting by die stad vergeet. Twaalf uur: Het hulle skofte geruil? Ek verduidelik oor die foon vir die ambulansman hoe om by die plaas te kom vir hulle toerusting. Twee weke verloop: Merhiam bel. Ambulans asseblief? 2 uur Saterdag oggend: Met ‘n gesukkel kry ek hulle in

die hande en moet 10 minute lank verduidelik hoe om by ons plaas uit te kom. Dan spel ek die plaasnaam. Weer verduidelik ek die situasie. Dit is nie my baba nie. Dit is vir een van die volk op die plaas. Stilte. My bloed kook. “Gaan julle ‘n ambulans stuur of nie?” Half vier: Baba is dood… Vier uur: Adam is vies. Hoekom word ons hierby betrek. En hoekom doen Eva moeite? Want Eva is ‘n MA, Adam! Adam en Eva bly in ‘n kolosale huis waarvan hulle in sekere vertrekke nie eers beweeg nie. Eva ken ‘n gesin in ‘n 3 X 3m sinkhuis. In die donker reik Eva se hand uit na ‘n skakelaar en daar is krag. Hoe donker en ellendig moet ‘n sinkhuis voel sonder krag? By Adam en Eva brand die ondervloerse verhitting dag en nag in die winter. Hoe koud word ‘n sinkhuis in die winter? Saterdae staan Adam voor ‘n vrieskas vol vleis en wonder steeds wat gaan hy braai. Ek ken ‘n gesin in ‘n sinkhuis waar vleis net ‘n luukse is. Adam gee vir Eva ‘n bankkaart en sy gaan koop kos en klere. Eva ken ‘n kind in ‘n sinkhuis wat met dankbare ogies staan en kyk na tweedehandse klere - en voel dan ryk. Eva skenk geboorte in ‘n privaat hospitaal. Eva ken ‘n gesin in ‘n sinkhuis wat afhanklik is van die staat en wag vir ‘n ambulans wat lyk of hy nooit gaan opdaag nie. En as daardie mamma in die sinkhuis bedags by my agterdeur instap om vir die dag te kom werk; lag sy met haar oë maar huil in haar hart. En Eva huil soms skelm saam - want Eva is ook maar net 'n MA. En Adam was stil... Dankbare Eva. To advertise contact 072 757 0514


Klitsgras Laat ek vir een keer in my lewe ‘n resep met julle deel. Neem ‘n brood (verkieslik bruin) en sny ‘n dik sny af. Dit moet ten minste 2 – 3 cm dik wees. ‘n Regter skaapwagter sny. Smeer dit dik met botter of margarien soos jy verkies. Smeer nou grondboontjiebotter op en rond die af met ‘n laag stroop. As jou tone nie nou omkrul van lekkerte nie, is daar beslis iets fout met jou. Stroop het ‘n beslisde plek in die kombuis. Dit maak nie net lekker broodjies nie, maar dit is ‘n kern bestandeel van fudge en verskeie koekies. Smeer egter daardie selfde stroop aan iemand? Of eet selfs net jou broodjie klaar en voel hoe taai is jy dan. Daardie taaiheid klou lank nadat jy jou hande gewas het. Soos sekere mense. Julle weet noual dat ek ‘n hekel aan oorvriendelike mense het. Stroop mense vat dit ‘n stappie verder. Veral in die dorpie van ons. Dit is skat voor, liefie in die middel, vlooi in die middel, engel in die middel, sweetie in die middel, baby in die middel, sussie in die middel en (as iemand jou genadig is) pop aan die einde. Die heuningkwas kry bloot net nie einde nie. Al bid jy hoe hard. Dit is nie net die woorde wat hulle gebruik nie. Die oomblik wat hulle tande wys (en dink hulle glimlag) spoel die stroop bo-oor jou. Dit is seker hulle metode om jou vas te vang, sodat hulle al jou energie kan steel. Jy moet gewoonlik hoor watter wonderlike mens jy is. Valslik word jy opgehemel. Die plan is dat jy moet dink hulle is wonderlik, want die stroperigheid het ‘n prys. Gewoonlik soek hulle iets. Die een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan met die mens is dat jy moet gaan bad wanneer jy jouself kan bevry. Jy gaan sukkel om van die taaiheid ontslae te raak en gaan vir lank daarna steeds naar wees. Nie almal wat liefdeswoorde gebruik is stroperig nie. Vir party mense is dit bloot ‘n manier van praat. Die groot onderskeid is dat jy nie taai voel daarna nie. Hoe voel jy? Ken jy ook sulke mense? To advertise contact 072 757 0514

Carpe diem UITGEMIS? Besoek Rekord Carpe Diem Facebook om op te vang! WAT GEBEUR HET... Paul-Ryk is verkies as kaptein van die Eerste span. Jacques en Dirk het "vrede" gemaak en daar's nog geen sprake van vrede tussen Belinda en Zani en o ja awesome nuus Zaans gaan saam met PaulRyk dans toe!. LEES NOU VERDER: Die tralie hek slaan agter Jacques toe. Jacques gluur die polisieman aan terwyl die wegstap. Hoe verduidelik hy dit dat hy met sy dronkgat in die polisie selle sit. Hy het nie bedoel om die ou so hard te slaan nie, as hy nou net kaptein was sou dit nie gebeur het nie. Hy hoor sy ma se stem iewers. Sy gaan sy lewer vir hom werk. "Hallo ma, ek kan verduidelik" groet hy terwyl sy aangestap kom. 'Later Jacques,

later die Polisie het my vir 'n ander rede laat kom..." "Watter rede ma?" "Jy gaan getoets word vir dwelms Jacques" Jacques se gesig word wit "Hoekom?, ek gebruik nie drugs nie" "Wel dan sal jy mos geen rede hê om te worry nie" Hy worry olraait... Paul-Ryk se lewe kan nie beter nie, hy's kaptein, hy't die girl van sy drome! Hy's so happy oor al die geluk wat finally oor sy pad kom... Belinda steek die sigaret aan terwyl sy deur die kanale op TV flits. Dat alles nou so mooi loop staan uitwerk vir haar met Jacques. Wou haar mos nie een keer maar twee keer seermaak. En danksy die bakleiery by die Watergat het alles so vinnig in plek geval. Jacques het nie geweet sy weet hy gebruik perde steroids nie. Een onskuldige e.possie van 'n ene Xena Phoenix aan die skool en nou is daar sports.

Wie dink hy is hy in elk geval om te dink hy kan met haar maak soos en wanneer hy goed dink... Dis net Zani en haar ma by die huis. Die manne het gaan jag op die bure se plaas en sal eers laat vanaand terug kom. Sy sit voor die kas rokke en kan nie besluit watter rok sy wil aantrek dans toe nie. Paul-Ryk gaan 'n swart pak met 'n groen das aantrek. Sy moet kan match... "Mamma!" roep Zani maar sy hoor net hoe Hilda vir Oubaas alweer uittrap op 7de Laan. Zani loop in die gang af en sien haar ma sit op die Lazy boy en TV kyk. "Ma?" "Ma??" Geen antwoord. Zani loop nader. Haar ma slaap..die tyd van die aand? Sy word wit... Langs die lazy boy lê 'n bottel en pille le orals op die mat... MA!!!!!..... Lees volgende week verder...

Rekord 07


Free SMS/WhatsApp ads MEMEL: Wooden pool table + accecssories for sale. R2500.00 ONCO. Whatsapp 083 693 8977 for photos. BERGVILLE (KZN): Soya bean bales . 280 kg at R200/loaded. 500 bales remaining. Please contact Terry Scott 0845101539 LADYBRAND: Great dane puppies for sale. Innoculated and dewormed. Contact Tanya on 0746013271 FRANKFORT: Skudmasjien te koop. Baie goeie toestand. Kontak Lucille 082 821 2311 PETRUS STEYN: Budgies te koop teen R30 elk Skakel 082 937 2613 OPSOEK: Soek 'n elektriese matwasser om te koop. Skakel 084 650 3346 FRANKFORT: Ganse te koop R50 elk 072 263 3466 MARQUARD: Singer 6038 Sewing machine for sale. Contact 082 589 2622

Classifieds Advertise here for R80 and your advert is placed in 22 Rekord newspapers Call 072 757 0514

Properties to rent DANABAAI - 2 Slaapkamer woonstel te huur (073) 154 4536 WARDEN - Huis te huur in Warden -As u belang stel kontak my asb by 072 384 88 22

Wanted Wanted used beehives as well as beehives with swarms. Contact: 0711077351

Farming Services BOORGATE Aanwys van boorgate met instrumente op plase en hoewes deur Hidroloog. Skakel 072 601 4678

08 Rekord


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
REITZ, PETRUS STEYN EN LINDLEY REKORD 02 SEPTEMBER 2016 by Veldbrand Nketoana - Issuu