12 February 2016
COMMUNITY
BOERE
Edition 107
072 757 0514
reitzrekord@gmail.com
FREE COPY
community Moet nooit die krag van ñ wind ondeskat nie. Veral nie in die kerk nie. Koos: 'Ek hoor jou broer is in die tronk.' Jan: 'Ja, dis waar. Maar dis vir iets wat hy regtig nie gedoen het nie.' Koos: 'Wat het hy nie gedoen nie?' Jan: 'Hy het nie vinnig genoeg gehardloop nie.' Die regter raak ongeduldig met gatiep ,,,,en vra ?waar is jou getuienis vir jou saak ,,is daar niemand nie om jou saak te versterk nie ,nee ,jou oner ,ek vat nie iemand saam waneer ek steel nie Koos, Kallie en Mike word deur spietkops naby 'n groot winkelsentrum in Benoni afgetrek. 'OK, Tate, het julle 'n IDEE hoe vinnig julle gery het'? Julle gaan van...dag almal kaartjies kry. Wat is djou naam?' Koos kyk om en sien 'n Woolworths se advertensiebord by die winkelsentrum daar naby. 'Uhh.. my naam? Uhh.. dis Woolworth.... Jakobus Woolworth.' Spietkop: 'OK, Jakobus Woolworth. Vandaag es djy in die moeilikheid.' Die spietkop beweeg oor na Kallie. 'Wat is djou se naam, Tate?' Kallie het Koos se plan gesnap en klaar rondgekyk. Kallie: My naam.. is Edgar.. Edgar Kramer.' Spietkop: Goed Maneer Kramer, djy is ok in GROOT moeilikheid. Die spietkop beweeg na Mike. Beide Kallie en Koos loer vir mekaar en hou styf duimvas dat Mike al gesnap het wat aangaan, want Mike is nou nie juis die skerpste mes in die laai nie. Spietkop: 'En jy, Tate, gee my djou naam.' Mike lyk nederig genoeg en sê: 'My naam is Ken.' Koos en Kallie sug albei van verligting. Spietkop: Goed Ken, en djou van? Ek wil nie net djou nam hê nie...?' Koos, selfversekerd: 'My van? Dis Tuckey Fried Chicken.'
Nketoana Plaaslike Munisipaliteit weier AfriForum-hulp PETRUS STEYN - “Dis verstommend dat enigiemand hulp sal weier, veral wanneer hulle in die moeilikheid is.” Dít is die woorde van CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die OosVrystaat. Volgens Petrus Steyn-inwoners staan ’n trekker wat aan die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit behoort nou al vir langer as twee maande met ’n pap wiel. Dié trekker word nou as gerieflike verskoning vir die
gebrekkige dienslewering op die dorp aangebied. AfriForum se plaaslike takbestuur het reeds aangebied om die band sonder koste te laat herstel, maar die plaaslike munisipaliteit het dié aanbod sonder meer van die hand gewys. “Geen spesifieke rede is vir dié weiering aangebied nie, en ons gaan die saak daarom met die munisipaliteit opneem,” sê Els. Die verwydering van vullis op Petrus Steyn word nou weens dié situasie
agterweë gelaat. Die plaaslike AfriForum-tak het self al ’n skoonmaakaksie in Desember van stapel gestuur deur vullisdromme aan besighede te voorsien om die dorp te begin skoonmaak. “Daar is verskeie probleme wat ons met die munisipaliteit gaan bespreek – onder andere dié absurde situasie – maar ook die onwettige besetting van grond wat aan Transnet behoort,” het Els afgesluit.
Samwu says Mafube Municipality should be placed under administration TWEELING nMafube Municipality, consisting of towns Frankfort, Tweeling, Cornelia and Villiers, should be placed under administration. This statement is made by the secretary of the South African Municipal Workers’ Union (Samwu) in the Free State, Thabang Tseuoa. He says Mafube employees
were last paid their salaries in December. Mafube has allegedly also failed to pay employees’ medical aid, pension fund, UIF and union contributions. Samwu further demands that the entire municipal management, including the Mayor Jabulani Sigasa, be removed for allegedly intentionally running the municipality
aground. According to Tseuoa, Mafube is the worst performing municipality in the country. Meanwhile, municipal spokesperson, Sipho Radebe, says he will respond to Bloemfontein Courant on Tuesday after the municipality has held a joint management and council meeting in Frankfort.
'n Jong ma was haar vyfjarige seun se hare. 'Wow,' sê sy, 'Jou hare groei so vinnig, ons sal dit binnekort weer moet laat sny!' 'Nee', antwoord die jongman, 'Ek dink ons moet dit net minder water gee.'
See answer on Page 6 02
Advertise with us 072 757 0514
nou weet jy now you know
my dorp! my rekord!
Share your news with us 073 555 7930
03
my dorp! my rekord!
Share your news with us 073 555 7930
04
05
Advertise with us 072 757 0514
nou weet jy now you know
VS-skole moet reëlings tref oor uitstaande munisipale rekeninge Vandag vier die eienaar van die koerant, Rekord Media sy tweede bestaansjaar. Twee jaar terug het 3 koerante Warden, Reitz en Ladybrand Rekord vir die eerste keer verskyn. Nou twee jaar later gee die groep weekliks 22 koerante uit met ‘n voetspoor wat oor 3 provinsies strek. Van Villiers tot in Aliwal, Colesberg tot in Memel sal jy ‘n Rekord koerant vind. Die konsep van gemeenskapskoerante moes ter wille van oorlewing herskryf word. Digitale groei is 'n revolusie op sy eie wat dit nou makliker as ooit maak om sodra die koerant gereed is dit na lesers te e.pos en selfs op facebook te plaas. Hier het ons die voortou geneem en vandag kry meer as 3000 lesers regoor die wêreld die koerant per e.pos. Ons is beskikbaar op die Issuu platform, word op Facebook geplaas en jy kan selfs nou jou Rekord op WhatsApp lees! Rekord Media, die eienaar van die nuusblad bestuur sy koerante op dieselfde manier as wat die Rekord koerante in Gauteng bestuur word. Al ons 22 koerante word in Ladybrand saamgestel, gedruk en gesamentlik versprei. Dit sny die koste aansienlik wat meebring dat advertensie pryse billik is asook dat die nuusblad wel lewensvatbaar is. Korrespodente verseker dat ons nuus ontvang en ons eie redaksionele span verseker dat ons weekliks sorg dat die meerderheid nuus plaaslik is. Advertensies word telefonies asook per e.pos en selfs per whatsapp geplaas. Buiten nuus sien lesers elke week uit na verskeie rubrieke wat kwartaaliks aangepas word en verseker dat elke uitgawe iets besonders is. Ons nooi die gemeenskap uit om nuus vir ons in die taal van u keuse te stuur vir plasing. Dis gratis. Besighede is welkom om teen 'n billike tarief te adverteer. Kom ons bly verseker dat die Rekord 'n nuusblad die een is wat die gemeenskap se belange eerste stel en die waghond van die gemeenskap bly. Neem asseblief kennis dat nuus en advertensies ons asseblief teen Woensdae 16:30 moet bereik vir plasing in dieselfde week se uitgawe. Geniet die week wat kom. Rekord groete Shanè Fourie editor@rekordmedia.com
06
Die Departement van Onderwys in die Vrystaat het bevestig dat hy met verskeie skole in die Mofutsanyanaonderwysdistrik in gesprek getree het rakende hul uitstaande munisipale rekeninge. Onderwyswoordvoerder, Howard Ndaba, sê daar is skole wat agterstallig is met hul wateren elektrisiteitsrekeninge. Daarom het die departement 'n beroep op die skole gedoen om vroegtydig reëlings met munisipaliteite te tref om te verhoed dat elektrisiteitstoevoer afgesny word. Ndaba sê die departement het nie skole gedwing om die uitstaande rekenings spoedig te vereffen nie. Skole is slegs ingelig dat hulle munisipaliteite op die
hoogte van sake moet hou rakende die vereffening van hul agterstallige rekenings. Ndaba sê skole moet onthou dat munisipaliteite elektrisiteit by Eskom aankoop en ontvang self rekeninge van die kragvoorsiener wat vereffen moet word. Skole wat agterstallig is, moet munisipaliteite nader en vroegtydig reëlings tref. Dit kom nadat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gister teen die departement uitgevaar het nadat ‘n amptenaar van die Thabo Mofutsanyanaonderwysdistrik talle skole skriftelik gewaarsku het dat hulle moet opdok en hul rekenings spoedig moet betaal. Dít terwyl die departement self derduisende rande se uitstaande subsidies aan
Ná die oorweldigende sukses van die Aldam Vleisbeesskool, het die organiseerders besluit om ook ‘n Kleinveeskool onder die vaandel van die Universiteit van die Vrystaat by Gariepdam aan te bied. As gevolg van die droogtetoestand sal die eerste skool eers in Junie 2017 gehou word. Alle rolspelers van die Kleinveefederasie sal by die skool betrokke wees. Hoewel dit grootliks op die kommersïele boer gemik is, sal daar ook pitkos vir die stoetbedryf en opkomende boere wees. Onderwerpe soos seleksie van ramme en ooie, voedings bestuur, dieregesondheid, genetika, weidingsbestuur en finansiële bestuur sal
skole in die gebied skuld. Volgens Fedsas het altesaam 1 260 openbare skole en 72 private skole in die Vrystaat slegs tussen 10% en 15% van hul skoolsubsidies verlede jaar in die laaste skoolkwartaal ontvang. Fedsas se Jaco Deacon sê skole maak juis staat op dié geld om hul uitgawes in Januarie en Februarie te dek. Dit sluit uitgawes soos munisipale rekeninge in. Hy sê talle van die federasie se lidskole in die Thabo Mofutsanyanadistrik word geraak. Dit is een van die grootste onderwysdistrikte in die provinsie met 'n groot getal openbare landelike skole. Intussen sê Ndaba die departement is toegewyd en doen alles moontlik om subsidies aan skole te betaal.
behandel word. Die Rooivleisprodusenteorganisasie berig ook in sy nuusbrief dat die Landbank bereid is om te help met belastingvergunning vir boere wat sukkel met die droogte in terme van Artikel 13 van die Inkomstebelastingwet, Wet 58 van 1952. Indien boere vee as gevolg van droogte verkoop, en hulle nie die geld nou nodig het nie, kan dit belastingvry by die Landbank belê word. Volgens Inkomstebelasting wetgewing kan die geld vir vier jaar by Landbank belê word, waarna dit outomaties belasbaar raak. Landbankrente is redelik in lyn met kommersiële banke, dus verdien boere rente op die belegging. Deur Danie Cronjè
Editorial team
News
Editor: Shanè Fourie Assistant Editor: Lele Mbeki General Manager: Gerhard Olivier Sales Manager: Rachel Viljoen Social Media: Palesa Fonane Design/Layout: Bongani Manciya Distribution: Tienie Burger
Cell: 073 555 7930 Fax: 086 402 9106 WhatsApp: 063 111 6862 E-mail: news@rekordmedia.com Deadline: Wednesday 16:30
Advertise with us 072 757 0514
Sales Cell: 072 757 0514 WhatsApp: 072 757 0514 E-mail: adverts@rekordmedia.com Deadline: Wednesday 16:30 No advert will be published if the advertisement is not paid in full by deadline.
This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby reserved in terms of the copyright act.
nou weet jy now you know
creative corner Do not let a low budget stop you from spicing up you wall tiles. We have an easy and cheap way of spicing your home up. Retiling a bathroom or kitchen is a big, expensive job, but there's a quick way to make your existing tile work more interesting. What you need: Clean damp cloth to clean before you start. Tile tattoos. Instructions: 1. Create a border or a focal-point design with decals that are easy to apply (and remove). 2. Choose from two colours and three designs. 3. Stick onto your choice of tiles and easily remove carefully.
Prep Time: 15 minutes Cook Time: 10 minutes
Gardening Summer mean different things to different gardens, as it brings challengers such as dividing time and effort between keeping your gardens in good shape and enjoying them during summer. There-fore good preparation is critical for your garden to survive. Take care of budding plants Sudden loss of buds and flowers is often a consequence of the plants drying out especially when they are growing in containers. Water deeply once
or twice a week during hot, dry weather to limit this common problem. Help pots stay cool position them out of hot western sunshine, and stand them in saucers filled with sand whilst keeping it moist which helps the roots stay cool. Water early Water early in cool weather. The best time is the morning. Keep the lawn long and lush. Remember longer turf wears better there-fore mow lawns as high as your mower permits. Keep the water flowing Check that the hoses and
irrigation systems are free of leaks to ensure a great water flow. Do hard work when the weather is cool It is safer, and you are more likely to do a better job, if you complete energetic gardening work in cool weather- either before 10am or after 4pm. Protect new plants Freshly planted flowers and vegetables seeds are likely to need a bit of sun hardening. Shelter them with 50% shade cloth, old net curtains or leafy branches for 1-2 weeks.
Heuningdruppels Jip, so het ons ouer mense grootgeword. Dans was sonde, punt. En volgens ons een ouderling was fliek ook sonde, en selfs die dra van 'n "klinknaelbroek", dis nou 'n denim, was nie aan te beveel nie. Mettertyd was dans nie meer so groot probleem nie, maar op 'n Saterdagaand het die dansbaan op die kop twaalfuur die nag toegemaak. Mens dans nie op Sondag nie. Daar was baie ander dinge wat ook taboe was en jongmense het dit erg bevraagteken, maar weet jy, so laf as wat dit mag klink, het die Christene so geglo omdat hulle die wil van God gesoek het en Hom wou behaag. Die mens wat ernstig is in sy verhouding met die Here probeer tog maar altyd my dorp! my rekord!
om te doen soos die Here van hom verwag. Dis egter skrikwekkend hoe ons nou al rasionaliseer, en ons lewe in 'n wêreld waar ons kan sê: Anything goes. Mense wil al amper vra of sonde enige relevansie in ons lewe het. Joh 8:21-24 Verder het Jesus vir hulle gesê: "Ek gaan weg, en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde sterwe. Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie." Die Jode het toe gesê: "Gaan hy dalk selfmoord pleeg, dat hy sê: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie?" Toe sê Hy vir hulle: "Julle is van hier onder; Ek is van daar bo. Julle behoort tot hierdie wêreld; Ek behoort nie tot hierdie wêreld nie. Daarom het Ek vir julle gesê julle sal in julle sondes
sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe." Jy sien, dink aan twee mense, een 'n wedergebore Christen en die ander nie, en beide doen dieselfde sonde, sal een in sy sonde sterwe en die ander nie. Klink dit nie vir jou ook so verkeerd nie? Wel, dis presies wat Jesus in hierdie teks vir die Jode sê "As jy nie glo dat Ek is wie Ek sê Ek is nie, sal jy in jou sondes sterwe" Wie sê Hy dan is Hy? Ek is die weg die waarheid en die lewe. Ek is die deur na die Lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Ek is die brood wat lewe gee. En DIT is die verskil. Dis wie Hy sê Hy is. - Wilna Burger
Share your news with us 073 555 7930
Ingredients(Serves 2 - 3) 1 cup SPAR Milk 1 egg 2 tbsp SPAR Margarine 1 cup SPAR Flour 5 tbsp cocoa powder ¼ cup SPAR Sugar ½ tsp baking powder ½ tsp salt SPAR Castor Sugar Toppings such as fruit, jam, whipped cream, etc. Method Place the egg, milk and margarine into a bowl and whisk together until well blended In another bowl, combine the flour, cocoa, sugar, baking powder and salt. Mix well. Add the milk mixture to the dry mixture and whisk until all ingredients are well blended, and the consistency of the batter is smooth. Add a teaspoon of sunflower oil to the frying pan. Heat to medium to low heat, depending on your stove. Once hot enough, pour a quarter of a cup of the batter mixture into the pan. Flip the pancake once the batter has set around edges. Continue cooking until the pancake is firm. Once the pancakes are cooked, sprinkle over some castor sugar and add your favourite toppings (optional).
Verbode liefde blom nie net tussen jong bokkies nie. Dis ‘n lekker ou jan, dis ‘n lekker ou jan en so blyk dit ook die geval in ons ou dorpie te wees. Jan is nie jonk nie, staan al sterk verby die 50 het al een van daai ysterpompies wat die bloed help pomp, maar by kers opsteek verstaan Klitsie skorts daar sommer nou rerig niks nie. Jan is nie een van daardie omies wat jou met sulke snaakse kyke loop staar en jou laat wonder vir wat hy kyk. Nee Jan is ‘n man van tegnologie en span sommer die social media in om sy intensies hoe dit al mag sy duidelik te maak. Maar nou het Jan se hart die liefde van ‘n tannie gevang wat reeds ‘n ring dra en die weeklikse uistappie winkels toe het week by week begin langer raak. Die liefde blom so tussen die skelm trippies saam kerk en soos klitsie verstaan dokter toe ook. Die dorp gis oor waneer tannie die ring by die huis gaan los en die pad saam met Jan gaan loop. Verbode liefde... 07
advertensies
So many ways to read your Rekord... Besides buying a hard copy at a leading retailer in your town you can also get your local Rekord by Free subscription for life means you can get your Rekord one day before the printed edition! Just send your details and town to subs@rekordmedia.com
It has the look of the real newspaper! It's FREE! Read the latest or catch up on previous copies on www.issuu.com In the search bar just type the Rekord you want to view
Get a copy of the latest Rekord on WhatsApp! Just send a WhatsApp with your name and Rekord to 063 357 2443
my dorp! my rekord!
Share your news with us 073 555 7930
08