Free/Gratis
06/10/2017
liveromedia@mweb.co.za
072 757 0514
HoĂŤrskool Reitz hou Fondsinsameling . 4
nou weet jy now you know
Focus on Pink trees for Pauline
Laugh out loud Write to us at rekordmedia1@gmail.com We welcome letters for publication. 300 words or less. Anonymous letters will be published on condition your real name and contact number appears in the letter and is known and verified by the editor. The opinion is expressed in letters is not the opinion of the editor or this newspaper. Rekord only accepts e-mails. No faxes.
River race raises rave reviews Chuckle Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet. "Jannie, asseblief!!" sê sy ma. "Wag asseblief tot ons gebid het." "Ek hoef nie," sê hy dadelik. "Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons by die huis eet." "Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."
A prisoner is finally released, after many years in jail. He stands at the pavement, yelling, "I'm free! I'm free!" A little kid walks up to him happily and joins, “I’m four! I’m four!"
Read the full article on page 5
■ Maryna de Klerk Carol-Ann Van Jaarsveldt took the memory of her mother and grandmother and turned it into a tale of hope, that’s how the nonprofit organisation Pink trees for Pauline was started. Carol-Ann lost her mother and grandmother both named Pauline to Cancer. In 2012 Carol-Ann Started this organisation in her home town of Graaff-Reinet. Carol-Ann along with Adri van Nieuwenhuizen (a breast cancer survivor) and Dr Pam Kerr (Educational Psychologist) officially founded the organisation. The aim of the organisation is to raise funds to help people affected by cancer to have access to cancer treatment. Funds raised in the specific towns involved must be used to help community members who suffer from cancer by helping with better access to cancer treatment. 80% of all the funds raised will be used to help to make life more comfortable for those who suffer from cancer.. How it works is participants take to the streets, wrapping the trees outside their homes, offices and public spaces with the pink fabric, in that way the focus and attention is on cancer and cancer awareness in another way. The more people that get involved, the greater the impact. For this reason, they encourage community involvement.
nou weet jynow you know
Reader Comments
Dink jy lyfstaf moet terugkom in skole? Susan Kotze Ouer moet kinders leer om by die huis vir hul ouers respek te hê, en dan sal hul vir hul onnies respek hê en vir God. Louise De Klerk Yes I think it will be the best then the kids would learn and respect their oldest Anne-marie Marx Ja dit sal die kinders weer bietjie respek leer Maryna De Jager Natuurlik! Kinders van vandag het geen maniere nie! Ek kry die onderwysers jammer hulle het my simpatie! Gert Botes Ja dit sal die beste ding wees Anné-Marie Ousus Wepener Jip onder toesig...
Hoërskool Reitz Eisteddfod Events Calendar 21 October 2017 Kestell-omgeedag en Kestell-gholftoernooi
• Christo van Zyl REITZ: Vier laerskoolleerlinge van Hoërskool Reitz het puik presteer tydens die Harrismith Eisteddfod. Van links is Jan-Hendrik Snyman (Gedramatiseerde Poësie A, Prosa B+, en Samespraak A++), Quiriané Charilaou (Klavier 8 X A++; Meriete Toekenning: Uitsonderlike prestasie musiek; wenner van UNISA-prys; hoogste prestasie algeheel op kunswedstyd vir Hoër- en Laerskool), Elouise Snyman ( Vokaal A++ en Fotografie A) en Megan Haward (Engelse Spraak en Drama 2 X A+, Klavier 3 X A+ en 1 X A, Afrikaanse Spraak en Drama 5 X A++)
Nog ‘n suksesvolle Eversar Essex veiling
07 October 2017 The Jurassic Endurance MTB race Where: Uniondale Guest Farm Description: the MTB race includes a longdistance mountain biking race, a short distance fun ride, a kiddies ride, a 20km trail run and a 5 km fun run. Contact: René Wolfaardt 082 304 7006 for event info Nicole van der Merwe 082 771 3208 for accommodation
14 October 2017 Die oudskoliere-netbalklub se jaarlikse Paloekadag Where: Bethlehem Contact: Chantelle Cotty 083 632 789/ Natasja Meiring 079 973 4761
■ Dieter Schutte PETRUS STEYN: Op Dinsdag 12 September 2017 het Chris Nel sy jaarlikse Sussex veiling aangebied op sy plaas George in die Petrus Steyn distrik. Die duurste bul CN 15-15 is aan Liege Lamb van Himeville en James Stephen van Lanseria verkoop vir ‘n bedrag van R 80 000. Die gemiddeld van 30 bulle het R 53 611 beloop. Die duurste geregistreerde koei met kalf is aan Don Mchardy van Everton verkoop vir ‘n bedrag van R 34 000 terwyl die gemiddeld van die koeie met kalwers R 20 875 bereik het. Die hoogste bod vir ‘n geregistreerde dragtige koei (CN 09-35) was R 20 000. Die koper was Junior Keyser van Kroonstad. Die gemiddeld op die dragtige koeie was R 19 000. Die gemiddeld van die dragtige kommersiele verse was R 14 000 gewees. Die veiling is suksesvol aangebied deur BKB Louwid Bethlehem en mnr Jan Mostert was die afslaer.
Memel Oktober Fest - 07 Oct 2014 Eljoenai Country Venue R 120 p.p. Miecke 0795225380 04 November 2017 Furniture Auction Where: Ladybrand Description: the auction is to raise funds for the Lidia Old Age Home
nou weet jynow you know
Heuning druppels Woede is 'n vreeslike ding, dit laat mense verskriklike dinge doen waaroor hulle gewoonlik later spyt is. Ek is oortuig daarvan dat jy jouself ook dalk vandag in 'n ander bloedgroep in vererg het. En dalk ook woorde gebruik het soos: "Ek kan moord pleeg...!“ En dis presies wat met Kain gebeur het toe hy vir Abel vermoor het, uit jaloesie omdat die Here Abel se offer aangeneem het en nie syne nie. Woede is natuurlik 'n menslike emosie en selfs Jesus was so kwaad vir die mense dat Hy die tafels in die tempel omgegooi het. Die probleem is nie die woede nie, maar die reaksie daarop. In ons samelewing is padwoede so algemeen soos ontbyt eet, en boeta, as daai manne mekaar langs die pad beetkry klap die skote sommer vinnig. Die woord "kwaad" kom 270 keer in die Bybel voor (in verskillende kontekste), wat maar net sê dis normaal, maar Paulus het nogal iets besonders hieroor te sê. Ef 4:26 "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie." En dan ook... Rom12:17 "Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense." Dus, neem betyds die besluit om maar net op jou tande te byt. 'n Vriend sê eendag dat hy 'n besluit geneem het. As 'n taxi voor hom in ry, gaan hy net uitroep : "kyk sulke vernuf..." ~ Willem Botha
Hoërskool Reitz Fondsinsameling vir badkamers
• Christo van Zyl REITZ: Die laerskoolafdeling van Hoërskool Reitz het 'n fondsinsameling gehou om hul badkamers op te knap. Op die foto is van links: Me. Therese Fivaz (organiseerder), Mariana Swanepoel (meeste geld ingesamel) en Dané Dorfling (tweede meeste ingesamel).
Hoërskool Reitz Golfdag-wenners • Christo van Zyl REITZ: ‘n Groot golfdag is onlangs deur Hoërskool Reitz en die Bond van Oud-Reitzers aangebied. Elke speler het 'n prys gewen. Die graad 3-klas was die groep wat die meeste pryse ingesamel het. Die Bond van Oud-Reitzers het besluit om twee tablette aan die leerders wat die meeste pryse ingesamel het, te gee. Van links: Altus van Niekerk (Wenner: Meeste pryse ingevorder), Me. Yzelle de Beer ( Graad 3klasonderwyseres) en Stiaan Johnson (Tweede meeste pryse ingevorder).
Frankfort boer hou geen wrok teen aanvallers Johnny Muller Foto: Verskaf
Sandra la Grange rekordnews@gmail.com FRANKFORT:’n Melkboer van Frankfort (Johnny Muller) wat verlede Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn plaasaanval in die kop geskiet is, is steeds in ʼn bestendige toestand in die hospitaal. Dalene Muller, Johnny se vrou, het Woensdag gesê daar lê nog ʼn lang pad vir Johnny voor en sy verwag dat hy nog ʼn hele ruk in die waakeenheid sal wees. “Dit gaan elke dag so ʼn klein bietjie beter. Johnny sê “hy loop nie met ‘n wrok nie. As jy met ‘n wrok loop, eet daai wrok jou later op. Dit is soos om gif vir ‘n ander persoon te gee, maar dan drink jy self die gif. Ek dink mense wat dit doen is nie kinders van die Here nie. Ons regstelsel en regering maak dit nie vir hulle makliker nie.” Muller is steed in ‘n bestendige toestand. Hy is baie
dankbaar dat hy kan sien, loop en praat. Sy vrou en die kinders is bietjie ontsteld weens die feit dat hulle gesien het wat met hom gebeur het. Hy voel jammer vir sy familie omdat hulle dit moes sien, en bly nou vir eers op die dorp by sy skoonma. Hy beplan om eers goed aan te sterk voordat hulle terugkeer plaas toe. Hy beplan ook om veiligheidsmaatreëls op te skerk op die plaas. “Ek is nie bang nie. Ek glo in die Here en die Here is daar. Hier is die bewys. Die Here het my bewaar. Ek dink nie aan daardie aand nie. Ek dink nou aan die tegnologie, want hulle bou nou vir my nuwe sinusse. My brein se vlies en vloer het gekraak en die brein se vog loop nou uit. Ek word Maandag geopereer en daarna moet ek nog vyf dae in die hospitaal bly, sê hy.” Ons wens hom en sy familie alle sterkte toe vir die herstelproses.
Leana Louw Maart 2017 verhuis ek sak en pak vir die sewentiende keer in my 32-jarige lewe. I kid you not…SEWENTIEN keer - ek moes gaan neerskryf en tel! My Voortrekker-voorvaders se trekkerige bloed loop beslis nog sterk deur my are. En hierdie laaste trek maak toe van my ‘n volwaardige Ladybrander. Ek word dadelik aangeraai om by ‘n sekere Whatsapp-groepie aan te sluit waar diensleweringsprobleme aangemeld kan word. Die helfte van Ladybrand behoort aan die groepie, so ek is seker almal weet van watse groepie ek praat. En so begin die sports. So ernstig soos wat enige groepadmin is om so ‘n groepie te beheer, so ernstig is die drie of vier irriterende lede om die groepie te vernietig. Ons almal ken hulle. Dis die persoon wat, nadat die groep-admin vra dat groeplede asb nie elke keer moet antwoord met ‘n ‘thumbs-up emoji’ wanneer daar iets gedeel word nie, sal antwoord met (…drum roll…) ‘n ‘thumbs- up emoji’. Dan is daar die ou tannie wat haar brille onderstebo aangesit het en per ongeluk vir die groepie ‘n video stuur wat sy eintlik vir haar familie-groepie wou gestuur het. En dan volg ‘n hele reeks ander prentjies en videos, elke keer met die verskoning dat dit nie eintlik vir die groep bedoel was nie. So verlaat die een na die ander die groep en een oom maak die opmerking dat dit net die ou tannie, die groep-admin en die gebarste waterpype van Ladybrand op die groepie gaan oor wees as die tannie so aanhou. En natuurlik pop ou Margaret se naam dan ook weer op. Die arme vrou het seker gedink dat nå meer as ‘n jaar, haar insident op die skool se hokkie-groepie vergete sal wees. Maar daar is ongelukkig geen genade op sosiale media nie. Daar is gelukkig baie meer voordele as nadele om aan die groepie te behoort. Wanneer die krag byvoorbeeld afgaan; 1.5 nanosekondes na die krag afgegaan het, laat weet vyf mense die krag het afgegaan. Dan weet ek ten minste dis nie ek wat vergeet het om krag te koop nie. Ek weet ook dat dit nie net my water is wat soos bollie lyk en ruik nie. Die probleme word bespreek en daar word hard gewerk om dit op te los en ek is baie dankbaar daarvoor. Maar waarvoor ek die dankbaarste is, is dat die ou tannie nie dieselfde fout begaan het as Margaret nie
HUIS TE HUUR MARQUARD Vir meer besonderhede skakel Chris by 084 425 0250
nou weet jynow you know
Kitchen delight
Hoërskool Reitz Graad 1-inligtingsaand
Steak and mushroom braai pie Ingredients 600 g brown Mushrooms (sliced) 30 g butter salt and pepper small bunch fresh parsley (chopped) 400 g cooked steak (sliced) 100 ml onion marmalade 2 rolls puff pastry melted butter Method Takes 20 mins Fry the mushrooms with the butter, parsley and a pinch of salt and pepper until all the liquid they give off has fully evaporated from the pan. Set aside to cool. Take a Braai grid and unroll one sheet of puff pastry directly onto it. Leaving a 2cm border around the edges of the pastry, spread over the onion marmalade. Top with the steak, mushrooms, a pinch of salt and pepper and finish with the second sheet of puff pastry. Pinch and fold over all of the edges to seal the braai pie. Brush with melted butter, close the grid and place onto the braai. Turn it every 3 minutes for approximately 15-20 minutes or until the pie is browned and the pastry is cooked through.
• Christo van Zyl REITZ: Die graad 1-onderwyseresse het 'n graad 1-inligtingsaand te Hoërskool Reitz gehou op 14 September. Van links voor: Lian Oosthuizen (Opening), Jancu Steyn (Voordrag), Corlia Mathee (Oorhandig geskenke) en Hendrik Meintjies (Seremoniemeester). Agter van links: Me. Marlene Swanepoel (onderwyseres), Mnr Herman van der Merwe (skoolhoof) en Me. Hanzi van Zyl (onderwyseres).
Hoërskool reitz presteer in Eisteddfod • Christo van Zyl REITZ: Corné Pretorius, 'n graad 11-leerder van Hoërskool Reitz het puik presteer tydens die Harrismith Eisteddfod in klavier. Hy het 3 A-simbole, asook 'n A+simbool verwerf.
Klitsgras 'n Jongboer het die week geleer dat sterre kyk net vir die bedoel moet wees en niks anders nie... Nooi het die langpad plaas toe gevat van Varsity af en boer was tog te bly. Nooi wil nie dorp toe nie en boer wil ook nie in die teenwoordigheid van ouers loop vlerksleep nie. Dit was 'n lang maand vir boer gewees... Besluit toe dat dit 'n baie mooi aand is om op die se plaas te gaan loop wandel. So stap die twee die Vrystaatse vlaktes in en dis nie lank op die twee besluit dit gaan beter wees om so bietjie te "lê". En daar word gesoen, gevat en gevry. Dit was 'n lang maand gewees... En boer gryp vir nooi en draai... Hier kan klitsie nou nie woorde deel wat oor die vrystaatse vlaktes uitgebasuin is nie maar arme boer loop staan rol op daai doringkies wat gewoonlik met die atletiek seisoen kop uitsteek. Nooi is nou nie die Mej. Kovsie tipe nie, en met die dat daar gerol en nooi nou op top is word boer vir 'n paar sekondes op die doringkies vasgepen. Nooi skrik so groot vir boer wat gil dat sy uit skok dat sy vir boer glo'n klap of twee gee om tog net stil te bly. Die skade op boer se rug lyk nie so erg soos die onlangse droogte nie maar genoeg om te weet dat die maand so pas nog langer geword het...
River race raises rave reviews ■ Noreen Hancocks FRANKFORD: Organisers of the 2017 VKB Liebenbergsvlei Canoe Marathon have received numerous compliments and rave reviews following the third edition of this growing 2-day paddling race from Reitz to Frankfort While not all of the 325 entrants made it to the finish line, the majority reached their goal with a sense of accomplishment and pride after covering the 63 kilometres of fresh, clean water released out of the Ash River, from the Katze Dam in the Lesotho Highlands. Race Organiser, MJ Robb commented, “We are thrilled with the growth in the numbers and are glad to be providing what the paddlers are looking for. It was an honour to welcome paddlers from 9 countries, making this a truly international event.” Many paddlers made the trip up to the Free State following their participation in the World Canoe Marathon Championship held in Pietermaritzburg the week before the race. One of these internationals was Krisztina Bedoc (SER) who paddled with South Africa’s Olympic Bronze Medalist, Bridgitte Hartley and took a convincing win in the women’s race. However, they were pushed all the way by another RSA-International combination of Jenna Ward (RSA) and Vanda Kizli (HUN) teaming up to take second place. While the men’s race had fewer top international paddlers, the racing at the front end of the field was tightly contested. Kiko Vega (ESP) was the one international who teamed up with former Liebenbergsvlei Canoe Marathon winner, Siskeo Ntondeni. However, this combination
was unable to hold off a dominant performance from two KZN based paddlers Clinton Cook and Hamish Lovemore, who is also still a Junior. Cook and Lovemore held a slender lead after Day 1 and didn’t have much advantage going directly into a headwind on Day 2. However, a late charge at the last portage of the day past a weir, allowed them to open up a small gap which they maintained all the way to the finish line. Strong paddling won them the day, as it did all the finishers who enjoyed a refreshing beverage at the well located finish venue in Frankfort on the banks of the river. The event was able to develop and grow thanks to the involvement and input from local farming group, VKB, who generously supported the event both financially and with staff and manpower to cover the massive logistics of a 2-day stage race. Their contribution to the community was well received and has received wide spread thanks and praise from local and international media. VKB Landbou are a modern, dynamic and leading agricultural enterprise that have, since their establishment almost a century ago, constantly focused on progressively managing solutions for the changing and various needs of agricultural producers and related stakeholders. Three VKB brands including Grainfield Chickens, Super Sure Bakery & Magnifisan Maize Meal also supplied an amazing meal to all the paddlers after Day One!
nou weet jy now you know
Editorial Comment
www.rekordmediafs.co.za
Stropers van koper en sink
Besoek ons webwerf www.rekordmediafs.co.za en gaan kyk na die eerste episode van ons nuwe aanlyn program ONTBLOOT - Stropers van Koper en Sink Ontbloot publiseer elke twee weke 'n nuwe episode waar die waarheid ontbloot word.
Comment & Opinion
Alles goed en wel vir digitaal, maar Rekord sal nie sonder die gedrukte weergawe bestaan nie... Rekord koerante in die OosVrystaat het in die afgelope 4 jaar digitaal aansienlik uitgebrei. Jy kan die koerant per e.pos of WhatsApp ontvang. Die koerant kan ook op facebook gelees word asook op die www.issuu.com webwerf wat dit toeganglik maak vir selfone, tablette en lesers regoor die wêreld. Jy't reg gelees reg oor die wêreld. Rekord het weekliks so bietjie meer as 300 lesers van reg oor die wêreld wat ons koerante lees. Die koerant deel nuus op twitter. 'n Weeklikse nuus bulletin word nou op Vrydae op Maluti fm 97.1 om 12:15 uitgesaai en asof dit nie genoeg is het die groep sy eie webwerf geloods, 'n youtube kanaal geopen en het nou ook 'n
Instagram profile waar foto's gedeel word. Daagliks skakel duisende lesers regoor Sentraal Suid-Afrika op in op een van die platforms en word so op hoogte van nuus en aktualiteit gehou. Rekord spog met sy eie "program skedule" van rubrieke wat elke dag gedeel word op facebook. En maandeliks groei die koerant digitaal in dubbelsyfers. Rekord se gedrukte oplaag kan al lankal nie meer byhou met die digitale groei nie. En daar is bitter min plaaslike koerante in die streek wat kan aandui dat hulle in gedrukte formaat groei. Maar al groei Rekord hoe vining digitaal moet die koerant nooit vergeet wat daartoe gelei het dat die koerant digitaal so goed presteer nie. Dis sy gedrukte
Rekord wat Vrydae verskyn en in die afgelope 4 jaar deel van duisende lesers se lewens geword het wat waarde finansieël en digitaal tot sy bedrywighede bydra. Die koerant se naam en status dra by tot sy sukses. Digitaal is gerieflik maar gedruk is noodsaaklik. En daarom is daar besluit om eerder by dit te hou wat werk en op te hou eksperimenteer met idees. Daar is 'n tyd vir alles en daar gaan 'n tyd kom wat die vraag weer gevra sal moet word of die gedrukte weergawe nog die moeite werd is. Maar vir nou is dit nie 'n opsie wat nie oorweeg gaan word nie want die een kan nie sonder die ander nie. Dayle Ramsden Redakteur
Johnny se lewenstorie 'n les vir ons almal... Twee weke terug is Johnny Muller van Frankfort op sy plaas aangeval. Vir baie is die nie nuus nie want die aanval is wyd in verskeie koerante, radio en tv bulletins gedek. Ek lees die artikel in die Rapport en alhoewel ek nie daar was nie deel ek Johnny se vrou, Dalene se pyn en woede dat haar kinders so iets moes deurmaak. En dan lees ek wat Johnny sê in die uitgawe van Frankfort Rekord (Gaan lees die koerant gratis op www.rekordmediafs.co.za) en ek raak stil. Want woede maak plek vir vergifnis en weerspiëel die karakter van 'n mens wat ten spyte van die feit dat hy kon dood wees nog steeds die positiewe hieruit kan neem en die besluit maak om harder te werk om die situasie te probeer verander. Johnny Muller jy inspireer my om ook met ander oë na die situasie te kyk. Maar een plaasaanval is nog steeds egter een te veel en Rekord sal altyd net soos in die verlede die nuus in al ons koerante deel want alhoewel dit nie dalk in jou omgewing gebeur het nie, kan dit jou aanspoor om jou en jou eie gesin se veiligheid op te skerp. Ons webtuiste het die week geloods en skep 'n nuwe platform waar u die leser en adverteerder sommer al ons koerante elke week op een plek kan lees en geniet. Gerhard Olivier
Ditaba tsa Rekord
Sesotho poem by Madimetja Selepe THUTO KE LESEDI
Dipatlisiso tsa polasi ya lebese Vrede di tswella pele Taba e kgola mastsatsing ana ke ditaba tsa Gupta le KMPG ka mo ra ho utlwahale ho re ba sebetsi ba ka hodimo ba KMPG ba patetse di bakana pele ba tlohella KPMG. Se na setla ka mo ra ho re di millione tse kabang 30 di nyamele ebile di qetelle di patalla lenyalo la di Gupta. Ba sechaba sa Vrede ne ba emetse monyetla wa mosebetsi ha muso wa Free State o no qala ho sebetsa ho polasi ya
lebese. Le ka jeko morero ono ha o so qale, o sentse di millione tsa batho ba lefang lekhetho. Ba sechaba ba batla ho re batho ba ne ba le teng sehlopeng sa ho utswa chelete se twariswe jwalo ka ha ene ele motho wa sechaba fela. Ba thotsweng molato bat la lebellwa ba palale ditjhelete tse ka fihlang ho R250 000 le ha IRBA CEO Bernard Agulhas a bona e le tjhelete e nyane.
Editor Dayle Ramsden 071 021 2444 rekordmedia1@gmail.com Editor: Oos-Vrystaat Rekord
News Sandra la Grange 078 740 8534 rekordnews@gmail.com Deadline: Wednesday 17:00
Naa bana besu re bo mang ka ntle le thuto? ke ra yona tsela ya nnete ya bophelo bja rena. thuto ke seputha bahloki, sethabisa manyami, sephurula difahlego, thuto ga ena kgethuloganyo, ke se aga maphelo a rena, lege dikgosi dika busa Goya goile, lege morena jesu a ka boya lefaseng, thuto e tla dula ele bogobe bja rena bja ka mehla, ba bantsi ba palelwa ke go fihlelela ditoro le ditumo tsa bona, ba hlokile phisagelelo le kgotlelelo, mola bophelo ele semphete ke go go fete, kgotlelelo etswala katlego.
Psalm 23 Jehova ke modisa wa ka, nke ke ka hloka letho. O mphomotsa makgulong a matala, o ntsamaisa pela metsi a kgutsitseng. O hlabolla moya wa ka; o ntsamaisa mehlaleng ya ho loka, ka baka la lebitso la hae. Leha nka tsamaya kgohlong ya moriti wa lefu, nke ke ka tshoha bobe leha bo le bong, hobane o na le nna; lere la hao le seikokotlelo sa hao ke tsona tse ntshedisang. O teka tafole pela ka, pontsheng ya dira tsa ka; o tlotsitse hlooho ya ka ka ole, mohope wa ka o a kgaphatseha. Ruri, lehlohonolo le mohau di ntse di ntatela ka ditshiu tsohle tsa ho phela ha ka, mme ke tla nne ke hlole ka tlung ya Jehova kamehla.
Advertising
Online Media
Annarie Wiese 072 757 0514 rekordads@gmail.com Deadline Wednesdays 17:00
Thabang Tlali 061 593 6136 Online Media & Weiveld Printers Manager
nou weet jynow you know
Adverteer op ons webtuiste vir slegs R99.00 pm besoek www.rekordmediafs.co.za
nou weet jynow you know