Since 2014
FREE
07 April 2017
072 757 0514
rekordmedia1@gmail.com
Reitz Road prioritised
Page 4
02
Community ● Gemeenskap
► Ads: 072 757 0514
Reader Competition
Oos-Vrystaat Klub Rugby 2017 ● Eastern Free State Club Rugby 2017
Find the 3 cupcakes and win!
SATERDAG 8 APRIL 2017 NOORD Saterdag 8 April Saterdag 8 April Saterdag 8 April SUID Saterdag 8 April Saterdag 8 April Saterdag 8 April
Three lucky readers will each win a copy of "Prettige koekies" by Marlene Schoeman. Find the 3 cupcakes and WhatsApp the page numbers you founded them on to
14H00 16H00 16H00 16H00 16H00 16H00
Skoliere 2 vs Collegians 2 Reitz vs Harrismith Skoliere vs Frankfort Marquard vs Senekal Ficksburg vs Collegians Lindley vs Ladybrand
Revack SAVM Veiling ram behaal R16 000
072 757 0514 Competition closes Wednesday 12:00 T&C's apply
Chuckle of the week ALMAL in die huis is gelukkig, want die huishulp kook lekker en alles is op sy plek, totdat jy agterkom jou brandewyn raak minder. Die familie besluit toe hulle wil nie die antie wegjaag nie, want sy is ’n bobaaskok, maar hul drank is net so kosbaar. Hulle drink toe die brandewyn tot innie helfte en besluit elkeen van die huishouding moet in die bottel pee om dit vol te maak. Ná so ’n paar dae sien hulle die bottel sak, so die antie steel steeds. Saans lag hulle aan tafel en sê niks vir die antie nie. Ses weke later sê die antie vir Gert: “Koop asseblief nog ’n bottel. Die brandewyn is amper op. Ek gooi altyd so ’n bietjie in die kos net om dit ’n lekker smaak te gee..
Neem kennis dat ons sperdatum volgende week Dinsdag 17:00 is as gevolg van die Publieke vakansiedag
Te Skougronde Te Reitz Te skougronde Te Marquard Te Ficksburg Te Lindley
V.L.N.R- Wentzel Vorster (BKBLouwid), Rindi de Beer (Koper), Nic de Beer (Koper) Jan Mostert (Afslaer), Gerrie Muller (Verkoper) Voor: Danie De Wet (BKB). Gerrie Muller van die welbekende Revack SAVM stoet het op Dinsdag 28 Maart 2017 sy 12de produksieveiling aangebied op sy plaas Revack in die Frankfort distrik. Daar was 247 top SAVM skape aangebied. Die duurste ram van die dag was verkoop vir R16 000 aan Nic en Rindi de Beer van Tweeling. ‘n Totaal van 32 geregistreerde ramme was aangebied en al 32 ramme
was verkoop teen ‘n gemiddeld van R 7 343. Die duurste geregistreerde stoet ooi is verkoop vir R 4 500 aan mnr. Jan Grey van Davel. Die gemiddeld van die stoet ooie was R 4 250 gewees. Die hoogste prys van R 2 700 is betaal vir ‘n groep dragtige kommersiele ooie, die koper was mnr. Unets Turvey van Frankfort. Die gemiddeld op die dragtige ooie was R 2 415. Die
duurste groep ooie met lammers is ook aan mnr. Unets Turvey verkoop teen ‘n bedrag van R 3 200, terwyl die gemiddeld op die ooie met lammers R 3 000 was. ‘n 100 % verkoopsyfer is die dag van die veiling behaal. Die veiling is aangebied deur BKB Louwid Frankfort, en Jan Mostert het as afslaer opgetree.
► E-mail us: rekordmedia1@gmail.com
Gemeenskap ● Community
Onrealistiese en roekelose grondhervorming vernietig ekonomiese groei Grondhervorming soos tans beplan word aan regeringskant, is ‘n onbekostigbare ras-gedrewe proses wat met die ekonomiese realiteite en die vryemarkbeginsel geen rekening hou nie. Dit is ‘n sosialistiese stelsel wat streef na totale beheer oor die land se grond deur die regering, en niks anders nie as dieselfde model wat in die Sowjet-Unie geheers het en uiteindelik misluk het. Daarom is enige vorm van deelname aan die grondhervormingsproses op die regering se agenda, ‘n spyker in die doodskis van die vryemarkbeginsel, en die begin van die einde van private grondbesit in SuidAfrika. Dit is die mening van mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA. Mnr. Meintjes het toegetree tot die debat oor grondhervorming, nadat die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Gugile Nkwinti, gesê het dat President Jacob Zuma se pleidooi vir onteiening sonder vergoeding, kwansuis nog nie
ANC-beleid is nie. Mnr. Meintjes waarsku dat die onlangse uitsprake en konsep wette duidelik die oogmerk van die regering wys naamlik dat daar nie gestop gaan word voordat boere al hulle grond gaan verloor nie. Die voorgestelde bepalings van die voorgenome grondbesitwet is ‘n bewys daarvan. “Om te dink dat die regering tevrede gaan wees met ‘n 50% of 60% swart bemagtiging, is volstruispolitiek in die lig van optrede en uitsprake van regeringslui,” waarsku mnr. Meintjes. Hy daag persone of instansies wat hierdie aspek van regeringsbeleid ondersteun, of hulle al self hulle 10, 20 of 50 persent aandeel aan die regering gegee het, in die lig daarvan dat hulle dit ondersteun. Mnr. Meintjes sê dat sulke los opmerkings en voorstelle gemaak word omdat daar geen plan vir landbou aanvaar is deur alle rolspelers nie. TLU SA het sy Landbouplan vir Volhoubaarheid ter tafel gelê asbesprekingsdokument. “Maar daar sal indringend
bespreking moet plaasvind,” sê mnr. Meintjes. Die Volhoubaarheidskonferensie van 11 April is die begin van die proses. Belangstellendes wat wil bywoon kan registreer by sekretaresse@tlu.co.za. ‘ n Afskrif van die Landbouplan vir Volhoubaarheid kan ook by dieselfde e-posadres aangevra word. TLU SA staan ‘n plan voor vir die landbousektor wat deur die sektor self opgestel word met die uitsluitlike doel om die landbousektor volhoubaar te laat groei. “Dit sal geskoei moet wees op die beginsel van privaat besitreg en die vryemark beginsel, sonder verwysing na ras. Dit sal ‘n plan wees wat die SEED beginsel nastreef (Sustainable Environmental and Economic Development). “Dit het tyd geword dat die landbou bedryf hulle nonsens laat vaar, eiebelang eenkant skuif en saamkom om die plan saam te stel, in plaas daarvan om deur ander voorgeskryf te word,” sê mnr. Meintjes.
03
OFM fighting to keep Toyota Cheetahs in Super Rugby OFM, the sound of your life in Central South Africa, is fighting for its rugby pride, the Toyota Cheetahs, and the station is urging its loyal listeners to join them in this effort. The South African Rugby Union is due to make a ruling on 6 April 2017 as to whether the Toyota Cheetahs will be allowed to participate in the southern hemisphere’s premier rugby competition, the Vodacom Super Rugby tournament. This after SANZAR, the rugby authority in charge of Super Rugby, announced its intention to reduce participating teams from 18 to 15. This will see South Africa possibly lose two teams, with the Port Elizabeth-based Southern Kings and the Bloemfontein-based Toyota Cheetahs most likely to get chopped. Says OFM General Manager Nick Efstathiou: “The Free State has long been known as a breeding ground for future Springboks. Therefore it is almost unthinkable that the team might be kicked out of the tournament. SANZAR’s decision has put immense pressure on the team and a spate of injuries to key players has resulted in only two wins in their five games to date. It’s time Cheetah supporters rally around the team and do all they can to support our boys in orange. We urge our listeners to sign our online petition to keep the Toyota Cheetahs in Super Rugby!” In addition, Efstathiou says lack of support at games could also be a determining factor in SANZAR’s final decision. He says fans should show up at games in droves, wearing orange to show their support. “OFM is the number one supporter of the Toyota Cheetahs and as a station we will do all we can to make sure the Toyota Cheetahs does not become an endangered species on the Super Rugby franchise list!” says Efstathiou. Go to www.ofm.co.za to sign the petition and keep the Toyota Cheetahs in Super Rugby and tune in to OFM for the latest updates on SARU’s decision.
04 Inspiration ● Inspirasie
Heuningdruppels Die ander aand toe ons ’n entjie gaan stap, sien ek ’n enkele legkaartstukkie in die pad lê. Ai, iemand gaan vies wees as hy sy legkaart nie kan klaar bou en die hele prentjie sien nie. Ek dink toe daaraan dat dit maar dikwels in die lewe ook so gaan. Ons is vies en ontevrede as ons nie die voltooide legkaart van die lewe kan sien nie, as ’n stukkie ontbreek, of as jy sukkel om die regte stukkie te laat pas of as dit net nie gou genoeg klaar gebou kom nie. Dis nou maar so. Die lewe werk nie altyd uit nie. Dinge verloop nie altyd ewe glad nie. Planne loop skeef. Mense stel jou teleur. Ongelukke vind plaas. Siekte tref jou. Geliefdes gaan dood. Kan jy berus in die feit dat God in beheer is en weet wat Hy doen? Kan jy daarmee saamleef dat jy nie self al die stukke van die legkaart in jou eie hand het nie? Kan jy “let go and let God”? “Let go” van die uitkoms wat jy begeer en van dít waaraan jy niks kan verander nie en “let God” se wil geskied? Dit beteken nie dat jy net passief wag dat God beweeg nie, nee, doen wat jy kan om te bou aan jou lewenslegkaart en doen gelyktydig wat jy kan om jou te onderwerp aan God se bouwerk in jou lewe. “Niemand in die hemel of op die aarde het soveel wysheid en insig soos God nie. Wie is in staat om sy optrede te verklaar? Wie ken God se planne? Is daar iemand wat vir Hom kan voorskryf wat om te doen? Van God af kom alles wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om sy Naam groot te maak. Vir altyd.” (Rom 11:33-36, Die Boodskap) ~ Wilna Botha
Community ● Gemeenskap
Reitz Road prioritised The biggest chunk of the Free State department of police, roads and transport's budget is going towards the improvement of the road network in the province. All political parties in the provincial legislature welcomed the move announced by MEC Sam Mashinini in his budget speech yesterday. He said his department has R2.7 billion rand available for the 2017/2018 financial year. This includes a provincial road maintenance grant of more than R1.2 billion. Mashinini said on top of his department’s to-do-list is the milling and re-sealing of three critical roads – the Bultfontein/Welkom, Bethlehem/Reitz and Jim Fouche/Deneysville – in the province. Together with the refurbishment projects that started in the previous financial year that will continue this year these projects will cost the department R150 million. A further R75 million has also been set aside for the re-gravelling of roads in all five districts of the province.
► Ads: 072 757 0514
Kitchen delight
Chicken & Mushroom Tagliatelle Ingredients: 500 g tagliatelle pasta 1 packet ROYCO® Creamy Mushroom Sauce 600 g skinless boneless chicken thighs quartered 15 ml butter (OR margarine) 15 ml oil 1 onion chopped 250 g mushroom sliced 250 ml grated courgettes 4-5 ml hot mustard powder 5 ml wholegrain mustard A squeeze of lemon juice 125 ml milk 15 ml parsley chopped Method Cook the tagliatelle in boiling water for 6-8 minutes. Prepare the ROYCO® sauce according to packet instructions. Heat the butter and oil in a pan and brown the chicken thighs quickly. Remove them from the pan. Add the onion to the pan and fry until pale golden. Add the mushrooms, grated courgettes, and fry for 2-3 minutes until cooked. Mix the mustard powder into the whole grain mustard then add to the onions with the ROYCO sauce, milk and the chicken. Bring to the simmer. Serve on a bed of tagliatelle, sprinkled with parsley. Squeeze some lemon juice over the meal before serving
â–ş E-mail us: rekordmedia1@gmail.com
05
Gemeenskap â—? Community Klitsgras
Got something to sell? Free SMS/WhatsApp ads 072 757 0514 Start with your town where you stay
Klitsie skryf vandag oor die "Durban special" wat so paar weke terug op die dorp aagekom het. Ons "Durban special" was al voorheen hier gewees en sou net vir 'n troue bly. En soos dit mos nou maar gaan wil al wat man kom kers opsteek en baie graag vir "Durban Special" beter leer ken. Tyd is maar min want "Durban Special" gaan mos nou nou huis toe. Aikhona! Onse "Durban Special" is te plomp om mollig te wees en make up kan ook maar net vir soveel opmaak. En onse "Durban Special" is net so lief vir die groen blaar as wat sommige van ons berugte manspersone is. In Durban het sy nie soveel aandag by die manlike geslag gekry nie die see is mos aansienlik voller met ander visse. Hier is sy behoorlik die Cinderella van die bal! En met al die aandag wat onse "Durban Special" kry is dit ook nie 'n probleem om sommer in die bed te spring nie. Selfs as die man in 'n verhouding is nie! En nou, nou bly onse "Durban Special' langer want sy wil eers sien of die einste man die pappa van 'n moontlike klein "Durbie specialtjie" gaan wees. Maar wat man nie weet nie is dat hy een van drie mans is by wie onse "Durban Special" lekker kuier en dieselfde store spin dat sy moontlik preggies is! Die is nie Durban nie, die dorp is klein my liewe vriendin. In die dag kuier sy by die een wat nag skof werk, in die aand los sy die ander twee af. Hoe weet Klitsie? Want die keer is ek die een wie se man vir "Durban Special" se slim stories geval het en nou wonder of hy die pappa gaan wees...
06
Community â—? Gemeenskap
â–ş Ads: 072 757 0514
Neem kennis dat Reitz Rekord vanaf 5 Mei 2017 teen R2.00 te koop sal wees by verskeie handelspunte in Reitz, Petrus Steyn, Lindley, Tweeling & Heibron