30 September 2016
Edition 142
Free Copy
KABOUTERLAND KLEUTERSKOOL SE SPROKIE
SAFARI Ouers wat karakters uitgebeeld het tydens Kabouterland se Sprokies Safari uitgebeeld het.
Paradys
058 871 3569
Niks so lekker soos 'n braai saam met vriende nie! Wat ook al die vleis jy verkies vir die braai, kom maak by Paradys 'n draai! •PIZZA • SKYFIES • LEKKER BILTONG • HUMBURGERS
02 Wat & Waar?
Jou streeksnuus in 1 minuut
Om in die kolom te adverteer kos R20 vir 10 woorde per week. Skakel Nita by 072 757 0514 01 Oktober: 29 Oktober: SENEKAL KANSA se relay for life, met die tema Karnaval vind op die skouterrein plaas.
01 Oktober:
PHILLIPSTOWN: Draadkar Grand Prix Fees 2016 Groot pret en lekker kuier.. Skakel Kay Fourie 083 277 4142
BRANDFORT - Die NG Kerk Brandfort hou ‘n Vleis Gholfdag op Saterdag, 1 Oktober 2016. Formaat is ‘n BBS Scramble Drive. Boek nou jou vierbal by Emil Gordon by 074 458 9677. Groot vleispryse kan gewen word.
05 November:
08 Oktober:
19 November:
PAUL ROUX bewarings gebied hou verskeie wedlope. BZM Holhoek 40 berg fietswedren, 10 km pretloop. Skakel 082 304 7006
FICKSBURG Orreluitvoering deur Elje du Plooy. R40 pp. 15:00 in die NG Kerk Ficksburg. Skakel George 082 455 7727
12 Oktober:
26 November:
SENEKAL Glimlag Dienssentrum Koorfees om 09:15 R50 per persoon (ete ingesluit) Bespreek voor 3 Okt- 083 306 1308
LADYBRAND: Rotary First Annual Christmas Market. 10am - 6pm at My Housy guesthouse. R100 per stall Contact Tania 076 262 9790
CLOCOLAN: Kersmark 08:00 20:00 te Clocolan. R50 per stalletjie. Tafel en stoel ingesluit by fooi. Skakel 073 847 2468
17 - 19 November: FICKSBURG Ficksburg Kersiefees
Rekord
REITZ: Die dorp rou nadat twee geliefde inwoners Mr. Johan en sy seun Gerhard van der Westhuizen in 'n ongeluk oorlede is. ALIWAL NOORD: BETHLEHEM: Die Departement van Die Departement van Waterwese het 'n R125 Gesondheid het die week miljoen aanleg in Sterkspruit inwoners gewaarsku om nie geopen wat ook sal bydrae tot die vis wat 'n plaaslike dam by die lewering van water vir die hordes gevrek het te eet Aliwal Noord. nie. Die rede waarom dievis COLESBERG: vrek word ondersoek. Die gewilde Engen Quick Inwoners het egter emmers Stop garage buite die dorp is vis bly wegdra. weer oop vir besigheid. MEMEL: 'n Hoofverdagte is EDENVILLE: vasgetrek die week in die Altesaam elf veediewe is in dubbelmoord saak van die Vrystaat aangekeer nadat Charlotte Viviers en Eric hulle op heterdaad deur Oosthuizenwat in 2015 plaaswagte en/of die Polisie gepleeg is. betrap is. Volgens die VKB/VL PETRUS STEYN: Veiligheidslessenaar se Twin Mosia, plaaslike inligting is ses verdagtes kulturele aktivis het die week verlede week in twee 'n Nasionale toekenning voorvalle in die Edenvilleontvang vir sy bydrae tot die distrik aangekeer. In die beskerming en bevording van eerste voorval is drie kultuur. verdagtes aangekeer terwyl FICKSBURG: Meer as 4 hulle drie skape gesteel het noodlottige ongelukke het die en in die tweede voorval is afgelope week op die pad drie verdagtes aangekeer tussen Fouriesburgterwyl hulle besig was om 10 Ficksburg-Clocolan beeste te steel plaasgevind. KOM KUIER DIE NAWEEK FICKSBURG: Die jaarlikse IN: LINDLEY Sandstone Stoomtrein dag Lindley Hotel bied die was weer 'n sukses met tien Saterdag 'n carboot sale aan. tal mense wat oor die land Daar's baie om te koop en kom stoomtrein ry het. lekker kos wat wag.
Bad Honde & Blaf Salon
Reitz
081 361 9455
Rekord
Nuus/News
03
NASIONALE DORMER VEILING
Agter v.l.n.r- Johan de Wet (Cmw, koper van duurste ram, namens Richard Krige), Anri Barnard (Verkoper), Schalk Hugo (Koper van duurste ooi), Anelle Hugo (Koper van duurste ooi) Voor v.l.n.r-Johan Barnard (Verkoper), Karel du Plessis (BKB)
Op Saterdag 10 September 2016 het die Dormer genootskap hul nasionale veiling aangebied te Bloemfontein. Die genetika en voorbereiding vir die veiling was van top gehalte gewees. Die kopers en verkoper het van reg oor die hele Suid-Afrika gereis vir die veiling. Die duurste ram is deur mnr. Richard Krige van Caledon vir ‘n puik bedrag van R 65 000 gekoop, die verkoper was Johan en Anri Barnard van Johanri Dormers te Lindley. Die ramme het ‘n uitstekende gemiddeld van R 18 285 behaal. Die duurtste stoet ooi was deur Johan en Anri Barnard verkoop vir ‘n top prys van R 28 000 aan Schalk en Anelle Hugo van Hugo Dormers in die Frankfort distrik. Die gemiddeld van die vroulike diere het R 8 566 beloop. Ons as BKB Louwid wil vir al die telers se baie dankie vir die uitstekende veiling! Die veiling is uiters suksesvol aangebied deur BKB Louwid Kroonstad en mnr. Gert Jordaan was die afslaer.
Welcome Focus: Hondsdolheid
04
Rekord
DRIE DINGE WAT JY MOET WEET OOR HONDSDOLHEID Neem asseblief kennis dat u ons vanaf 1 Oktober 2016 Maandag - Donderdag van 09:00 - 18:00 en Vrydae 09:00 - 13:00 kan skakel vir die plasing van nuus of advertensies
Find the latest digital copy on
1. Hoe dit oorgedra word Hondsdolheid word deur besmette speeksel oorgedra wat die liggaam deur ’n stukkende plekkie op die vel binnedring. Die virus gaan dan na die brein, waar dit swelling veroorsaak en dikwels sterftes tot gevolg het. Die meeste honde kry hondsdolheid wanneer hulle deur ’n ander hond of deur ’n wilde dier gebyt word. Hondsdolheid kan ook na mense oorgedra word.
2. Waarvoor jy moet uitkyk We also publish a copy on
Contact, Comment & Chat via
Advertising Newsdesk
adverts@rekordmedia.com
editor@rekordmedia.com
Subscriptions
Deadline
subs@rekordmedia.com
Gedragsverandering is die eerste teken dat jou dier dalk hondsdolheid onder lede het. Diere met hondsdolheid hou gewoonlik op eet en water drink en kan antisosiale gedrag openbaar. Nadat die siekte
aanvanklik sy kloue ingeslaan het, kan die dier baie kwaai begin raak of tekens van verlamming toon. Sekere diere kan met die geringste uitlokking begin byt, terwyl ander slaperig kan raak en moeilik wakker word.
3. Voorkoming is altyd beter ‘Dis noodsaaklik om toe te sien
dat jou troeteldier se inentings altyd op datum is,’ sê Chris Kuch van die nasionale raad van die Dierebeskermingsvereniging. Jou hond behoort so vroeg as op drie maande daarteen ingeënt te word, en elke drie jaar daarna. Moet ook nooit ’n rondloperhond nader wat klaarblyklik sonder ’n heenkome is nie. Roep eerder ’n professionele persoon se hulp in.
Chuckles Baas toets blond se wiskunde: "As ek vir jou R5 miljoen minus 10% gee,hoeveel trek jy af?" Blond: "Als Meneer!.... Skoene, rok, bra,pantie FLIPPEN ALLES!"
Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:'Kyk hoemaer is hy!' Die ander een sê: ' G'n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!'
Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man,'Ons het hier met 'n baie lelike ding te doen.'Man sê: 'Ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders'.
Mike vra Kallie - Is Portugal ver? Kallie se nee, hy glo nie, want daar was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery! WhatsApp jou grappie na 072 757 0514
Sonic Angels Carwash 084 683 5188 - REITZ The new ECO wash use only 1 litre of water to wash a car! Call us for the best service in Reitz!
Rekord
Nuus/News Kabouterland Kleuterskool se Sprokie Safari Fotobeeld
KABOUTERLAND KLEUTERSKOOL
SE SPROKIE SAFARI
Kleuters luister na Die tower pappot
'n Karakter uit Raponsie Gethe Skewetoon
Kleuters luister na die Prinses en die padda
05
06
Nuus/News
Rekord
VKB/VL VEILIGHEIDSLESSENAAR Altesaam elf veediewe is in die Vrystaat aangekeer nadat hulle op heterdaad deur plaaswagte en/of die Polisie betrap is. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar se inligting is ses verdagtes verlede week in twee voorvalle in die Edenville-distrik aangekeer. In die eerste voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle drie skape gesteel het en in die tweede voorval is drie verdagtes aangekeer terwyl hulle besig was om 10 beeste te steel. Lomon Terreblanche, veiligheidskoördineer van die Edenville Boerevereniging, sê die arrestasies spruit uit goeie samewerking tussen boere en die Polisie. Veediewe teiken die gebied die afgelope paar maande, en die vermoede bestaan dat die aangekeerde verdagtes met meer as een saak verbind kan word. Die arrestasies het gevolg na die boere wat die gebied gepatrolleer het, die Polisie van verdagte optrede in kennis gestel het. Boere patrolleer die gebied elke nag met sewe voertuie. In ’n derde voorval is vier verdagtes in die Brandfortdistrik aangekeer terwyl hulle besig was om 43 beeste te steel. Die groep word al lank deur die Valke ondersoek en nadat inligting van beplande aktiwiteite uit die gebied ontvang is, kon die Polisie op hulle toeslaan. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Wet en Orde Komitee, sê twee voorvalle waartydens die Polisie vyf verdagtes vir skrootdiefstal in hegtenis geneem het, is ook die naweek aangemeld. Die twee voorvalle het in
Deneysville en Oranjeville voorgekom. “Ons wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die talle boere en Polisiebeamptes wat hulle beste gee om misdadigers aan te keer. Talle Polisiebeamptes doen hulle uiterste bes om veral veediefstal te probeer bekamp. Dit is jammer dat talle van hierdie geesdriftige mense se werk bemoeilik word deur ’n gebrek aan voertuie by Polisiestasies. Ons is bewus van veediefstalbeamptes wat al 22 km per voet afgelê het om by tonele uit te kom,” aldus Tommie. Die tekort aan voertuie is ’n kwessie wat gereeld met die topbestuur van die Polisie bespreek word. Interprovinsiale Veediefstalvoorkomings forum Tommie het ook die Interprovinsiale Veediefstalvoorkomingsforum bedank vir hulle harde werk om veediefstal tussen die Vrystaat, Gauteng en Noordwes vas te vat. Een van die sake waarop die forum tans fokus, in samewerking met die Polisie, is veediewe wat diere met kapmesse doodmaak en slag. “Hulle kap meestal die beeste se hakskene met pangas af en sny die beeste se boude af,” verduidelik Johan Stadler, voorsitter. Die groep het sedert 29 Julie 2016 al vyf keer toegeslaan op plase in Noordwes en die Vrystaat. Met die laaste twee voorvalle is die groep wel vort sonder van die vleis en hulle slagmesse. Statistiek Die lessenaar het die afgelope twee en ’n half maande 43
ernstige voorvalle van veediefstal in die Vrystaat aangeteken. Meer as 190 beeste, 700 skape en 10 perde is tydens dié voorvalle gesteel. Dit wil voorkom of skape die meeste gesteel word, met vier voorvalle van meer as 120 skaap wat per insident gesteel is. In een voorval by Ficksburg aangemeld, is 169 skape gesteel en in twee voorvalle by Brandfort is 126 en 129 skape gesteel. ’n Voorval is ook by Qwa-Qwa aangemeld waar meer as 120 skape gesteel is. Meer as 25 verdagtes is in verband met nege voorvalle aangekeer deur boere en/of die Polisie. Sowat 120 stuks vee is in nege voorvalle teruggevind. Oor ’n tydperk van ’n maand is veediefstal ter waarde van R476 000 by sewe Polisiestasies in die Ficksburg Cluster aangemeld, met die Zamdela Cluster (wat Sasolburg insluit) se verliese vir een maand wat R500 000 beloop het. Veediefstalverliese wat in die Trompsburg Cluster oor ’n periode van drie maande aangemeld is, beloop meer as R1-miljoen. Te midde van die droogte plaas hierdie erge toename in veediefstal verdere ekonomiese druk op landelike ekonomieë, wat op die ou end ook ’n verlies van inkomste vir die staat tot gevolg het. Vrystaat Landbou vergader binnekort met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Departement van Justisie om die belangrikheid van swaarder strawwe vir veediewe weer eens te beklemtoon. Bron: VKB/VL Veiligheidslessenaar
Rekord
Advertensies
07
Ons dink spesiaal aan Elna,Frikkie Izak en Johan en die VD Westhuizen familie met die afsterwe van Pa Johan en seun Gerhard. Weet net die Here hou jul styf in Sy hand vas.
HUIS SORGVRY Vanaf 24 Oktober hou huis Sorgvry `n week vir bejaardes en sluit dit af met `n basaar op die 28ste Oktober Veels geluk Janneman en Lorinda van Zyl met die geboorte van hulle 2de baba dogtertjie
OUMA KAN BY ONS BLY! PRYS
R 990 000 OHB
08 Infotainment Kitchen Delight: Welcome October salad!
CHICKEN SALAD WITH BACONWRAPPED GREENS Preparation time: 15 min
Cooking time: 20 min
Ingredients 4 chicken fillets SOY, HONEY AND MUSTARD DRESSING: 2 Tbs soy sauce 1/4 cup honey 1 Tbs whole grain mustard 1 tsp dijon mustard 1 clove garlic 1/2 tsp chili flakes BACON GREENS: 200g green beans, trimmed 200g asparagus, trimmed 200g Tenderstem broccoli 8 bacon rashers 2 tsp brown sugar 1 Tbs soy sauce 1 Tbs olive oil SERVE WITH: 250g mixed baby leaves (rocket leaves, watercress, spinach) 1 red + 1 green heirloom tomatoes, sliced Parmesan shavings METHOD Lightly score the chicken and place in a large dish. Mix the marinade ingredients and pour two thirds of it to the chicken. Cover in cling wrap and marinate in the fridge for 2 hours or more. Heat the oil in a large pan and cook the marinated chicken fillets for about 4 minutes on each side until cooked. Remove from heat and pour the pan juices over. Cover with foil and rest or 5 minutes. Cut into slices. For the bacon bundles, wrap 4 green beans, 2 asparagus spear and 2 broccoli spears in 2 rashers of bacon, securing one side with toothpicks. Repeat with the remaining beans, asparagus, broccoli and bacon. Sprinkle the bundles with the sugar and drizzle with soy sauce. Heat the oil in a large non-stick pan and cook the bundles for 5 minutes, turning often. Shave over parmesan. Drizzle with the reserved soy, honey and mustard dressing. Reprinted with permission of Siba Mtongana and Food Network South Africa
Rekord liefde, lewe en alles wat mal is
Vergeet van dit langs jou “Daar vind ek die antwoorde op my hart se vrae in Botswana, sommer so op die lang pad tussen Francistown en Nata. Net daar tussen niks en nêrens Daar waar jy net die bande op die pad hul ry liedjie hoor sing, in groot kompetisie met die sonbesies in die snikhete van die dag. Net daar kry ek die antwoord… met die warm wind in my hare… en ek kry sommer ‘n stukkie hartseer ook by. Hier is dit droog… alles is droog. Die wind, my lippe, my gesig… en uiteindelik ook my oë… Die trane het nie opgehou as gevolg van die hitte nie. Ek leer hier om dankbaar te wees. Mense lewe op God se genade in die uitgestrekte vlaktes. Mopani- en doringbome baklei vir water… Hier en daar ‘n palm wat van wie weet waar kom…vier en trots. Die boere bly op hul knieë, vroegoggend biduur een maal per week. Groot sterk mans staan saam en bid vir reën, glo dat God hul sal hoor, beskerm en lei. Ou tannies soek ‘n skadukolletjie om ‘n sakkie neute te verkoop… Kinders speel in die stof en almal kry swaar, almal is dors. Tog kla niemand nie. Die mense is trots. Niemand bedel nie. Watter les is dit nie. Wees soos die palmboom daar in die droogte, wees trots, staan uit en kyk op na Bo. Vergeet van dit langs jou.” "Jy weet" sê die een. Ek glo in outydse morele waardes. Voor my troue het ek nooit saam met my vrou geslaap nie. Kan jy dieselfde sê?" Die ander ou dink so bietjie. "Jong ek is nie seker nie wat's jou vrou se nooiensvan?"
Dis hier waar dinge gebeur!
Opsoek na huise en woonstelle om te huur. Besigheidskomplekse dringend gesoek. Verskillende plase nou te huur nou beskikbaar Skakel my 082 448 9018
Rekord Heuningdruppels
Entertainment Uit die hart van Eva
Hy luister... Klein Eva. “.. Hy hoor die gebed van die regverdiges.” (Spreuke 15:29) As Sy kinders bid, hoor die Here! En Hy hoor nie net nie, Hy luister en Hy antwoord. Hierdie teks klink baie soos die een in Jak 5:16 wat sê: “Die gebed van die gelowige het 'n kragtige uitwerking.” Of daai gebed nou 'n stille versugting is, of dit 'n sagte geprewel is, of dit in pragtige woorde geuiter word, of dit met trane gepaard gaan, of met krete van dankbaarheid die Here hoor dit! “Die Here sal julle help as Hy hoor julle roep na Hom en vra vir sy hulp. Hy sal julle gebede verhoor die oomblik wat Hy dit hoor.” (Jes. 30:19, Die Boodskap) Het jy ook al gedink dis nutteloos om te bid, of gevoel jou gebede kom nie by God uit nie? Bid weer! Hy hoor! ~ Wilna Botha,
Ek is besig om dorp toe te ry toe ek so ‘n gevoel van Déjà vu kry. Ek ken dié gevoel maar te goed. Ek weet wat dit beteken. Hier kom ‘n kuiergas aanklop. ‘n Klein dogtertjie van die verlede. Ek is verbaas want ek het haar in jare nie gevoel nie. Ek skuif haar op die agtergrond en draai die radio harder en sing saam met my dogtertjie die Allerbeste kinderliedjies se Cd. “Handjies handjies, klap-klap-klap. Mondjie mondjie, hap-hap-hap. Voetjies voetjies, stapstap-stap…” maar ek weet ek gaan haar nie weg sing nie. Nie vandag nie! Die gesprek tussen ons twee is lankal overdue. Ons almal loop mos maar met ons bondeltjie. Ek en jy! Soms lag ons saam met die wêreld daar buite maar hier binne dra elkeen ‘n hart wat bietjie verslete is. Snaaks hoe ek altyd gedink het ‘n hart wat heel is is mooi. Tyd en ouderdom het die teendeel bewys. Dit wys jy het geleef. Jy het dalk seergekry en jy is terleurgestel maar jy het ook goeie ervarings. En daar is altyd vernuwing. Die Groot Meester kom altyd en werk die stukkende stukkies met
baie geduld en deernis weer mooi aan al wys die laste en is die kleur soms bietjie af. Nou sit jy en lees en wonder waaroor Eva nou eintlik vandag skryf. Die kuiergas waarna ek verwys is ‘n kleiner Eva wat op jong ouderdom gemolesteer was. Wat ‘n aaklige woord dink ek altyd. So ‘n Dooie woord! Op twintig het ek met ‘n vrou gaan praat op aandrang van my Ma en ‘n werkgewer. Ek het altyd as kind gedink jy lê op ‘n lang bank en hulle wat luister sit met hul rug voor ‘n venster. Hulle maak notas en teen die mure staan rakke en rakke vol boeke. Ek was bang! Hierdie hulp is mos vir ander mense – mal mense? Of is dit? In 6 weke na 12 afsprake het ek daar uitgestap. Vir die eerste keer het ek gevoel hoe dit voel om regtig te lééf! Die son op my gesig te voel en in die oomblik te wees. Geluk is regtig ‘n ding wat jy net in jouself kan vind. Die dogtertjie van destyds was vir eers weg. Maar vandag staan klein Eva weer hier voor my deur. Ek verseker haar sodra ek kans kry sal ons gesels. Aand het gekom. Met my gesin wat rustig slaap het ek die kleiner Eva se hand geneem en haar op reis deur ons lewe geneem. Ek het haar my
09 Deur Hannetjie Brooks hart gewys. Die plekke waar God dit weer heel gemaak het. Almal betrokke het seergekry verduidelik ek. Maar ons wonde het genees verseker ek haar! Ek wys vir haar my familie, my Ma, my gesin, my vriende en my lewe nóú. My hart is in elke foto teen die muur en ek trek die albums nader ons kyk deur die gesins fotos. Ons lag, speel en lééf wys ek vir haar. In my huis weerklink die lag van gelukkige kinders. ‘n Man wat ons versorg, ons liefhet en sy lewe sal gee as dit moet. Ek sê vir haar sy moenie weer kom nie maar verseker haar dat ek nooit sal vergeet nie. Ons is maar op die ou einde van die dag ‘n produk van mekaar. Klein Eva voel tevrede. My vraag destyds was hoe sal ek weet ek is ‘gesond’? As jy daaroor kan praat en nie meer verlies voel nie was die antwoord. Genesing is vir almal beskore. Die oortreder is lankal vergewe. Sy boete uitgedien! Hyself het ook maar geworstel met sy bondeltjie – meer nog as sy slagoffers dink ek soms. Oordeel kom die mens in elkgeval nie toe nie. Hierdie hoofstuk van my lewe is by die Here se voete. Ek deel dit vandag Lees verder op Bladsy
TEL: 058 813 4106 N/A 073 029 4239
ONDER NUWE EIENAARSKAP!
NUWE REEKS NOUWENS MATTE NOU BESKIKBAAR
Entertainment Klitsgras Week 10
10 Carpe diem Dis 'n week later en die lewe soos Zani dit ken het heentemal verander. Sy luister nie na dominee se woorde nie. Sy hou die kis dop. Ma sal haar nie sien matrikuleer nie, saam ry varisty toe nie, nie help met die trou reëlings nie, ma sal nooit weer deel van haar lewe wees nie. Sy byt op haar lip. Die hele week hoor sy jou ma sal altyd by jou wees. Se gat man. Haar ma is weg. Sy is nie daar nie. Al wat oorbly is dit wat sy sal onthou van haar ma. Die lewe rol aan... Sy tel die graaf op en gooi die grond op die kis... Totsiens ma... Paul-Ryk is vandag ontslaan uit die Hospitaal uit. Hy is kwaad en ongelukkig. Hy wou net by Zani wees in haar tyd van nood. En
daar loop skryf hy die BMW af. Gelukkig het hy nie ernstige beserings gehad nie, dit kon erger wees hy kon dood gewees het! Sy ouers het nou al afgekoel en hy is bly daaroor maar wat hom kwaad maak is hoekom Zani nooit kom kyk het of hy orraait is nie. Nie 'n whatsapp, sms of phonecall nie. Jacques kan nie glo wat Belinda hom vertel nie. Swanger? met sy kind hoe dit gebeur... Hoe seker is sy dis syne? Hy weier om te glo dat hy die enigste een was saam met wie sy die laaste tyd geslaap het. Belinda gee nie op nie. "Jacques wat gaan ons maak?" Sy stress nie gewoonlik nie maar sy sweer die denim is alreeds kleiner wat sy aanhet.
Cell: 082 378 6991 Dag besoeker Fasiliteite Konferensies
En sy is sooo nie die teen mom tipe nie. "Ek gaan vir 'n aborsie" Jacques skrik "Uhm ja natuurlik het jy gedink ek gaan jou sê om die ding te hou?' Belinda byt haar onderlip. "Nee natuurlik nie..." Dirk loop saam met sy pa terug saal toe die mense is weg, die saal skoon. Hy het opgetel dat sy pa hom nie alles vertel oor wat tussen pa en ma aangegaan het nie. Die gefluister en kyke by die begrafnis het bevestig dat daar iets is wat sy Pa hulle nie vertel nie. En hy bly wonder wie die vrou is wat kort kort bel met wie Pa nie voor hulle wil praat nie. Dis tyd vir die waarheid om uit te kom... Lees saam op ons Rekord Carpe diem Facebook blad.
Verlede jaar het Klitsie jou vertel van die Casanova wat weer pappa geword het en ewige liefde aan die ma van sy derde kind gesweer het. Well, oh well het Klitsgras nou nuus vir jou. Casanova het intussen weer besluit om bietjie te gaan wandel. Soveel so dat Casanova sommer in een week by twee meisies gehoor het hy word pa. Klitsie verstaan dat Casanova die een "meisie" sommer tannie moet noem want die is glo een en half dekade ouer as onse Casanova. Casanova weier glo dat hy die pappa is en wil toetse gaan doen. Tannie was nie skaam met die kamera foon nie en 'n dag later blom die se facebook page met foto's wat almal sal
Rekord oortuig dat die tannie en Casanova nie tee loop staan en drink het nie. Ai, Casanova wanneer gaan jy leer? Klitsie se raad vir jou is eenvoudig. Government se fruity flavour kondome sal baie handig te pas kom. En hulle is mahala. Klitsie weet nie alles nie maar is daarop uit om uit te vind wie die diere so in die dorp vergiftig. Klitsie verstaan maar kan nie confirm nie dat dit famous 3 jong manne wat lekker lang vingers het is. Sal nie verbaas nie drank en dagga is mos nie cheap nie. Klitsie het geen simpatie vir iemand wat 'n dier seermaak of vergiftig nie. Indien jy iets weet moet tog nou nie stilbly nie skakel die polisie.
Uit die Hart van Eva Vanaf Bladsy met jou! Maak ‘n punt daarvan om julle kinders weereens bewus te maak. Wys vir hulle die gevare uit. Doen dit sommer vandag! Ons kan nie genoeg met ons kinders hieroor gesels nie en as jy een van die ouers is wat dit moeilik vind om met jou kind oor
molestering te praat, koop vir hulle ‘n boek. Daar is baie boeke beskikbaar. Ons moet ons seuns en dogters beskerm. Wolwe kom heel dikwels in skaapsklere. Dis ek, Eva. Volg "Uit die Hart van Eva" op facebook
info@bassfeather.com www.bassfeather.com Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie ; Jaareind Funksies Verjaardae Troues Self-Sorg Akkommodasie Kampeerplek
Kontant kroeg – Vrydae & Saterdae
Kids
Rekord
Connect the dots
enige blom vir
enige geleentheid
Martie's Blomme 083 332 6152
11
Tom & Jerry Maze
12 Free Mini Ads
Market Place SMS/WHATSAPP YOUR FREE AD TO 072 757 0514.
PRIVATE ADVERTISERS ONLY. START WITH THE TOWN WHERE YOU RESIDE AND INCLUDE ONLY 1 CELLPHONE NUMBER.
Rekord
Classifieds
NO HOUSES TO RENT OR FOR SALE, NO VACANCIES, LEGALS, AGENTS WANTED AND OR MARKETING ADS WILL BE ACCEPTED. PLACEMENT APPLICABLE TO AVAILABILITY. NO TOWN NO PLACEMENT. WHATSAPP/SMS ONLY
FICKSBURG: Selling a Kirby (home care system) it has 49 accessories, includes carpet cleaner, massager etc. with a dvd and owners manual.R5500.00 neg.064 458 5203 FRANKFORT: Pekenese hondjies te koop @ R1000 stuk. Sewe weke oud. 084 470 8284 CLOCOLAN: Skudmasjien te koop R1500. 082 511 7891 na ure LADY GREY: Apple iphone 4s for sale R3000 079 373 7075 THEUNISSEN: Opsoek na opregte waaierstert (fantail) duiwe, verkieslik saalrug (saddlebacks) enige kleur. 082 269 1619 Kobus MEMEL: Maxed fitness MXC3000 elec exercise bicycle,10 programs like new R1250 neg. 083 693 8977 MARQUARD: Twee gasbraaiers te koop. R200 elk Whatsapp 084 499 7185 vir foto’s VREDE: 10 maand oue Labrador tefie gekruis met
Skaaphond opsoek na liefdevol huis. Mooi maniere en fantasties met kinders. Skakel 082 925 5524 THEUNISSEN: Salon stoel met droër maximum R1000 te koop. Skakel 083 853 9880 FICKSBURG: Tow bar vir Opel Corsa Light model 1999 tot 2002 te koop. 073 604 2853 CLOCOLAN: 1 Jack Russel kort been tefie 8 weke oud. R500 082 344 4877 PETRUS STEYN: Honda trx 300 ex tekoop met spacers op wiele 082 8480 427 vir meer inligting&foto CLOCOLAN - XBOX 360 met 4gb harddrive en 320gb external harddrive vir R3000 Ryno 072 561 4538 PETRUS STEYN: Boot met yamaha 70hp autolube engin wat moet gaan vir sy 10h service tekoop.kontak Andries by 082 8480 427 vir meer inligting & fotos FRANKFORT: Opsoek na motor of bakkie om af te betaal of paaie mente oor te neem.
Kontak Dup 071 238 8845 MARQUARD - Singer 6038 Sewing machine for sale. Contact 082 589 2622 FRANKFORT: Opsoek na die sims 3 base game vir PC. Asook expansion packs: showtime, Island life, supernatural, en stuff packs. Simonè 081 766 0094. CLOCOLAN: Opsoek na sinkplate om te koop. Moet in goeie kondisie wees. 082 975 6563 BURGERSDORP: Gesoek US$ om te ruil vir SA rand. Mike 082 774 3416 CLOCOLAN:. 4X4, 5 speed gearbox and diff for Isuzu 2.2. And diesel engine for sale R8000. Contact Adri 0832867947 FRANKFORT: Ek het 2 baaidjie, 2 helmets, 1 broek, 1paar touring boots. Te koop. Alles is soos nuut. Whatsapp 0761092374 vir foto's en pryse MEMEL: Wooden pool table + accecssories for sale. R2500.00 Whatsapp 083 693 8977 for photos.
Rekord
Reader's
Choice awards
Advertise LOCAL for only R15.00 10 words or advertise in all 22 Rekord newspapers for R100 10 words. Contact Nita 072 757 0514 EMPLOYMENT Data capturers needed. Dial *120*22446# to apply. www.jobstar.co.za
FOR SALE Plaas te koop. Marquard Distrik. 146.583ha Skakel Eienaar 073 244 8106
WANTED I’m looking for driving work. Code EC with PDP. Rodney 072 891 5347. Wanted used beehives as well as beehives with swarms. Contact: 071 107 7351
SERVICES I’m looking for driving work. Code EC with PDP. Rodney 072 891 5347. Vir taksasie om die waarde van skades aan U oeste, weiding en bybehorende boerdery bedrywighede skakel 073 102 4610
'n Tienermeisie sê totsiens na 'n halfuurlange telefoon gesprek. "Goeie aarde" sê haar pa "Dit was kort gewees. Gewoonlik praat jy vir ure. Wat het gebeur?" "Dit was 'n verkeerde nommer" se die dogter! Deel jou grappies met ons. WhatsApp dit na 072 757 0514
Maak reg om binnekort vir die beste van die beste in ons dorp te stem