Skip to main content

REITZ REKORD 11 DECEMBER 2015

Page 1

11/12/2015

Edition 100

Ads: 072 757 0514

News: 073 555 7930

reitzrekord@gmail.com

R4.00

Vrystaat landbou hou afsluiting

Ons

100 uitgawe

ste

Vandag vier ons 100 uitgawes van nuus wat die gemeenskap en distrik elke week raak, die prestasies op die sportveld, klaskamer en verhoog wat ons so getrou met jou elke week deel, die lief en leed wat ons saam gebind hou en die aktualiteit wat jou Reitz Rekord elke week 'n wenner maak! Van Tweeling tot in Arlington, van Warden tot in Heilbron

DANKIE!


ENGO Gesinsorg Reitz sê dankie!!!!

Chuckle Die vreeslike aantreklike jong Afrikanser boerseun sit in die kroeg en die trane rol. Wat is fout?” Wil die barman weet. “Ek het gister daar op die plaas op my perd gery, toe kom ek op n pofadder af in die middel van die pad,” vertel hy. “Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin die pofadder met my praat.” “Hy se toe hy is n tower pofadder en as ek hom uitlos, dan gee hy my drie wense.” “Sjoe” se die barman. “Waarvoor wens jy toe?” “Ek wens toe … ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveld, so goed gebou soos Brian Habana en so bedeeld soos die perd warop ek ry!” “Nou maar toe!” Se die barman. “Waarvoor tjank jy dan so?” “Toe ek by die huis kom, kyk ek in die spieel en ek sien ek is deksels aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien ek, ek is gebou om te hou. Maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek EK HET MET DIE MERRIE GERY!

REITZ - Op Woensdag 25 November 2016 het van die kerke in Reitz, Petrus Steyn en Hoërskool Reitz hande gevat en die laaste koekverkoping van die jaar, ten bate van Engo gehou. Ywerige bakkers het reeds vroeg in die week die stowe laat brand en op die betrokke dag het beskuit, grootkoeke, terte, “cup cakes” ens. die tafels versier. Die organiseerder, Ansie Van Rooy en haar span het reeds vroegoggend die tafels voor VKB hoofkantoor beman en die heerlike eetgoed verkoop aan al die suikerverslaafdes van die dorp. Terselfde tyd het Hoërskool Reitz se leerlinge nie bederfbare

Inspiration

voedsel ingesamel om ook deel uit te maak van die jaarlikse kerspakkies wat deur Engo kantoor uitgegee word. Die geld wat met die verkoping ingesamel is, gaan aangewend word om kers-kospakkies vir behoeftige gesinne in Reitz en Petsana aan te koop. Dankie aan elkeen (bakker, verkoper, koper, donateur en leerder) wat bygedrae het tot die sukses van die invordering van kerspakkies. Ons salueer almal wat bydrae tot Engo se dienslewering in die Reitz/Petsana/Petrus Steyn gemeenskappe. Soli Deo Gloria – aan God al die eer!! – Hanlie Barnard, maatskaplike werker/hoofkantoor

Veertig+

Dagboek

Hoe ouer jy word hoe belangriker word die mense, veral jou familie vir jou. Daardie gevoel wat jy elke keer kry as jy jou man of kinders sien is net iets wat ons ouer gaarde kan verstaan. En seer maar seerder. My beste vriendin van 48 se man (36) het haar na 16 jaar gelos, hy't iemand anders (25) ontmoet wat nou swanger is en die wil die lewe bou wat hy 16 jaar terug aan haar voor die altaar

belowe het. Die seer het gelei tot depressie, self verwyt en eensaamheid. Sy wou nie meer uit die huis kom nie, woon nie kerk by nie en haar plek by die VLU byeenkomste was leeg. Haar dogter het haar help die stukke optel, haar eie stukkie lewe opgegee om vir ma deur die tyd te help. Daardie band tussen ma en dogter het weereens geseëvier en vandag is my vriendin oppad na haar ou

self. Oor 'n koppie koffie rol die trane weer van dankbaarheid oor watter wonderlike kind sy het en dat wel tog 'n lewe na die huwelik kan wees. Sy't nie gedink sy gaan so gou in haar lewe alleen in die bed lê nie, maar wat sy wel geleer het is dat God weet wanneer dit tyd is om 'n nuwe hoofstuk in ons lewens te skryf. Waardeer wat jy nou het, want môre bring sy eie storie...

Klitsgras Ek het geen te kort aan drama in my eie lewe nie, maar jy kry nou mos daai meisies wat drama tot 'n hele nuwe vlak toe vat. Alles is beter en groter en jy is convinced dis Chuck Norris se sussie want alles wat jy doen het sy natuurlik beter gedoen. Totdat sy dit actually moet begin doen dan brand die huisie vinniger af as wat Zuma geld aan nog 'n Nkandla kan bestee. En dan is

02 REKORD

dit mos nou jou skuld want dis te klein of dat te min. Maar dis nie die storie wat agterna die rondte in die dorp doen nie. Sy's die victim, geslag soos'n gesteelde bees en die stukke daar gelos om deur die aasvoëls stuk vir stuk opgepik te word. Mandela is nie 'n match vir haar long walk for freedom nie. Kry tog asseblief net vir Ellen of Oprah op die lyn oor alles wat sy moes

deurmaak... #stoppiebuswantjysitdiepotmis Klitsie het nuus vir jou. Mense gaan luister en saam gesels maar nadat die laaste dop gesluk is, gaan jy nog steeds die een wees wat weer van vooraf jou idee van hoe wonderlik jy is moet verkoop. Kom ons hoop daar is nog 'n sucker wat jou 'n kans gaan gee... Tot volgende week nou weet jy now you know


Vrystaat landbou hou afsluiting Van links na regs: Johan van der Westhuizen Voorsitter Reitz Gebiedsbestuur, Johan Kriek Reitz Gebiedsbestuur Veiligheid Verteenwoordige, Adjudant Offisier Eduard Aucamp Tweeling misdaad inligting beampte, Adjudant Offisier Werner Barnard Reitz. Landelike Beveiligings Beampte, Dup du Pisanie Tweeling en Meiring Maree Reitz Vrystaat Landbou Veiligheid Streek Verteenwoordigers Op die foto: Adjudant Offisier Eduard Aucamp ontvang Vrystaat Landbou Eerbewys as dankbetuigin g vir uitnemende diens wat hy Gelewer het aan die Tweeling Landbou gemeenskap van Dan Kriek President Vrystaat Landbou

Op die foto bo: Van links na regs:Adjudant Offisier Eduard Aucamp,sy vrou Lizette Aucamp,Adri Barnard en Adjudant Offisier Werner Barnard.

REITZ - Tydens Reitz Gebiedsbestuur se jaarafsluiting het Dan Kriek van Vrystaat Landbou Eerbewyse aan AO Werner Barnard en AO Eduard Aucamp oorhandig vir uitmuntende die in hul onderskeie distrikte

Esmè se tafel

nou weet jy now you know

REKORD 03


Vir die rekord

100 uitgawes later Ek onthou nog die eerste keer wat die blou Volkswagen Chico die dorp ingery het en Reitz Rekord gebôre is. En toe het bitter min inwoners geglo dat die koerant nog oor drie maande sou bestaan want ons het dan nou mos die Kolskoot... Vandag vier ons 100 uitgawes en spog met 'n koerant wat van Tweeling tot in Arlington gelees word. Weekliks sorg ons vir die gemeenskap se nuus, ons skool se prestasies, ons dorp se lief en leed. Reitzers, Lindleyers, Petrus Steyners en al ons ander lesers koop elke week getrou die koerant. omrede die koerant die nuus dra wat die gemeenskap raak en ons daarom inderdaad die hartklop van die Nketoana streek geword het. Waar ander koerante in die Kolskoot se 17 jaar van bestaan gekom en gevou het omrede die op dieselfde beginsel as die Kolskoot wou besigheid doen deur slegs op advertensies afhanklik te wees het Reitz Rekord sy voortbestaan verseker deur te koop aangebied te word. 89% van ons inkomste is afkomstig van ons lesers wat weekliks getrou die koerant koop. Sonder ons lesers sou ons beslis nie vandag se 100ste uitgawe kon vier nie. Dankie aan elke leser en adverteerder vir julle ondersteuning. Gerhard Olivier gerhard@rekordmedia.com

Contact us/Kontak ons News desk 073 555 7930 Advertising 081 096 6579 Classifieds 072 757 0514 e-mail: reitzrekord@gmail.com Deadline/Sperdatum Wednesday 12:00 for same week Editor/Redakteur Shanè Fourie Afrikaanse Nuus Linda Barnard English News Palesa Fonane Advertising Gerhard Olivier Classifieds Cindy Cloete Graphic design/Grafiese Uitleg Bongani Manciya Notice/Kennisgewing Alle regte van die publikasie word deur Rekord Media Free State voorgehou ingevolge Artikel 12(7) van die wet op Outeursreg. Geen advertensie sal geplaas word as die advertensie nie teen spertyd ten volle vereffen is nie.

04 REKORD

Vrystaat landbou hou afsluiting Op die foto bo: Adjudant Offisier Werner Barnard ontvang Vrystaat Landbou eerbewys as Dankbetuiging vir getroue ondersteuning ter bevordering van plaasveiligheid En bekamping van misdaad op plase in die Reitz-distrik van Dan Kriek President Van Vrystaat Landbou.

Meester

Heuning druppels

Deur Danie Cronje

Deur Wilna Botha

“Watter vervolging moes ek nie alles verduur nie! Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.” (2 Tim 3:1112) Ek het al dikwels oor hierdie teks gewonder, omdat ons nie swaarkry ter wille van Christus en nie ly as gevolg van ons geloof, omdat ons nie vervolging beleef soos wat Paulus het en soos wat baie ander Christene vandag beleef nie. Ons word nie verwerp, gemartel en doodgemaak vir ons geloof nie. Ek het vandag by ons Bybelstudiegroep nuwe insig gekry oor wat hierdie lyding en swaarkry kan beteken. Wanneer

ons kies vir Jesus en werklik toegewy en gehoorsaam aan Hom wil lewe, moet ons dikwels ongewilde keuses maak wat ongelowiges glad nie verstaan nie, moet ons baie keer ’n moeilike en eensame pad stap. Ons moet dinge opoffer en ons moet gereeld onsself “benadeel” omdat ons die korrekte lewenswyse wil volg. Ons sal bv. nie wit leuentjies vertel om onsself te red nie, ons sal nie die spoedgrens oorskry as ons laat is vir ’n afspraak of ander verkeersreëls breek of omkoopgeld aanbied nie, ons

sal nie oneerlik besigheid doen nie, ons sal vergewe en vergeet ten koste van onsself, ons sal die minste wees en ander bo onsself stel, ons sal van ons goed en ons geld weggee om ander te help. Dit is alles dinge wat die lewe as’t ware vir ons “moeilik” maak, wat maak dat ons verwerp en uitgelag word, dít is ons lyding en swaarkry omdat ons toegewy aan die Here wil lewe. “Dra jou deel van die ontberings soos ’n goeie soldaat van Christus Jesus.” (2 Tim 2:3)

nou weet jy now you know


Sentrale Slaghuis in 'n feestlike bui...

Baie dankie vir al die getroue ondersteuning. Dit word opreg waardeur!!

Vir al jou ruikers, blomme ens. Besoek Martie’s Blomme

Martie's Blomme

082 332 6152 nou weet jy now you know

Pienaar van Zyl Eiendomme

LID VAN DIE INSTITUUT VAN EIENDOMSAGENTE SEDERT 1984

Koop en verkoop van huise, plase, besighede ens. Vir diens wat nie ge-ewenaar kan word nie, ons is passievol oor dienslewering. skakel ons gerus op 082 570 7566 of 058 863 2580 REKORD 05


Fantastic results in 2015 for Charlene Naude Dance studio’s The year kicked-off with the FREE STATE DANCE AWARDS in May. There, 12 of the CNDS dancers went through to the finals and they brought back 6 Bronze Medals, 11 Silver Medals and 2 Gold Medals. One of the dancers, Gené Pretorius, was also awarded with the ALL ROUNDER Trophy, having participated in all five categories; BALLET, MODERN, TAP, HIP HOP and MUSICAL THEATRE.

FRANKFORT

EIENDOMME Koekie 082 922 6412

Then in October it was time for the RAD Ballet Examinations as well as the AIDT Modern, Tap and Hip Hop Examinations. In both instances a 100% passrate was achieved.

HUIS TE KOOP: RUIM HUIS MET TWEE BADKAMERS NUWE KOMBUIS DRIE SLAAPKAMERS, GROOT LEEFVERTREKKE DUBBEL MOTORHUIS MET APARTE WOONSTEL SLEGS R565 000 00 PRAGTIGE HUIS, GOED GELEE MET ALLES WAT JOU HART MAAR KAN BEGEER, HEELTEMAL TEVEEL OM EERS TE BEGIN OPNOEM KONTAK ONS VIR BESIGTIGING. DRIE MILJOEN RAND PRAGTIGE NUWE EENHEDE TE KOOP IN WILGE ESTATE OP DIE WAL VAN DIE LIEFLIKKE WILGERIVIER MET 5 HEKTAAR PARK IN DIE MIDDEL ALLE EENHEDE HET ‘N PRAGTIGE UITSIG. 24 UUR SEKURITEIT, VERSKILLENDE GROTES BESKIKBAAR

Inspiration

In the Ballet Examinations there were 2 x Honours with Distinction, 3 x Honours, 12 x Highly Commendeds, 17 x Commendeds and 13 x Pass Plus.

06 REKORD

Micro Eiendomme Harm 082 452 2430

nou weet jy now you know


Kersfees Vreugde word gebring in Petrus Steyn PETRUS STEYN – Vrydag aand die 4de Desemeber 2015 is daar net weer besef dat Petrus Steyn se mense baie spesiaal is. Die geleentheid wat deur Ishbel en Louwtjie gereel was, was ‘n reuse sukses gewees. Hulle het balonne en verrassingspakkies aan 35 gestremde kinders uit Mamafubedue oorhandig asook aan hulle helpers. Dit was uit eie inisiatief dat hulle hierdie geleentheid aangebied het, hulle het na verskillende besighede in die dorp gegaan en vir borge gevra, en het ook bygedra uit hul eie sakke uit. Die kinders se oë het gestraal van vreugde en was net te dankbaar vir ‘n geskenk. Die inwoners van Petrus Steyn worg gevra om hierdie geleentheid volgende jaar ten volle te ondersteun. - Fotos geneem deur: Ryna Bruwer

WOUMAN Solar boorgat pompe, Solar krag, Loodgieter, Solar geysers Andre 082 427 1488 Manfred 082 808 9730

Rika De Winnaar

Skakel my by: 082 448 9018

Verskeie plotte, plase, huise en leë erwe te koop. Soek dringend eiendomme om te verhuur.

Portugal Take-Aways

Opposite ABSA in Kerkstraat - Tel: 058 863 3588 Come and Satisfy your Taste buds….

Delicious super dagwoods

Patty, Cheese, Egg, Bacon & Chips

To die for

Best pizza in town Best Ever Fish & Chips

nou weet jy now you know

REKORD 07


08 REKORD

nou weet jy now you know


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
REITZ REKORD 11 DECEMBER 2015 by Veldbrand Nketoana - Issuu