Reitz
Rekord
27 May 2016 Edition 121 072 757 0514
Free Copy
02
Rekord PHUMELELA : VREDE
MLABA MURDERED FOR POLITICAL REASONS... The Vrede Rekord is reporting that brother of the community leader Vusi Mlaba, Mandla Mlaba believes his brother was killed for political reasons implicating Minister of Minerals Mosebenzi Zwane.
MAFUBE: FRANKFORT
MUNICIPAL WORKERS DOWN TOOLS AGAIN... The Frankfort Rekord is reporting the Mafube Municipality employees have downed tools again after they have been informed they won't be paid on time again.
Once a year during June Rekord hosts an Art festival on all it's 23 Facebook pages. One of the highlight is the Art exhibitions by various artists. If you want to display your artwork please e-mail the editor at editor@rekordmedia.com
A blonde woman was speeding down the road in her little red sports car and was pulled over by a woman police officer who was also a blonde. The blonde cop asked to see the blonde driver's license. She dug through her purse and was getting progressively more agitated. "What does it look like?" she finally asked. The policewoman replied, "It's rectangle and it has your picture on it." The driver finally found a rectangle mirror in her purse, looked at it and handed it to the policewoman. "Here it is," she said. The blonde officer looked at the mirror, then handed it back saying, "Okay, you can go. I didn't realize you were a cop too." Deur Hannetjie Brooks Ek word gevra om vir die Rekord te skryf. My vraag was natuurlik eerste waaroor moet ek skryf? Enige iets is die antwoord. Sommer net jou waarnemings en ondervindings. Ek herkou aan die gedagte. Dae sluimer verby en my kop voel léég! Goed wat hier rond gebeur is so allerdaags. ‘n Pap wiel as jy laat is, vuil baba doeke en ‘n geyser wat die gees gee. Dit tref my mos sò is die lewe dan ook! Dit is soos ‘n feesmaal! Jy kan aansit en dit vier of jy kan die geleentheid laat verby gaan. Ek word soms stil en luister na ander om my en kry skaam want ons klink eenders! Ons het ‘n kultuur geskep waar negatiwiteit seëvier. Ons gebreukte woorde strooi ons in die wind en plant so die saadjies weer voort waar dit gunstigheid vind in ‘n ander se mond. Sommer ‘n mens gemaakte ding. Ons kan kla, skop en kerm of ons kan oudag stoepstories versamel waarmee jy jou dae kan vul. Die lekkertes van onthou en die voorreg van keuses! Dit laat my dink aan die gesegde: “Some men die and have never lived!” Lees dit weer en dink gerus oor die waarheid. Is ons nie so besig om te kla en te kerm dat die lewe ons eintlik verby gaan nie? Ons verleer om die humor in situasies raak te sien. Ons dink ‘n ideale lewe is waar alles net voor die wind gaan. Hoe wonderlik vervelig sou dit nie wees nie? Ek persoonlik leef vir die ‘A-ha’ oomblikke van die lewe. Die waar jy ‘n nuwe ontdekking maak van iets nuuts wat jy nooit geweet het bestaan nie of nòg beter as jy ‘n nuwe faset ontdek van jou menswees. As groei plaasvind! Dit is wat met elkeen van ons gebeur elke dag oral. Ons groei. Ons word wyser en leer uit ons foute. Nee, die lewe is ‘n feesmaal! Dit is ‘n kind se arms om jou nek. ‘n Pap band op die onmoontlikste tyd. Die vooruitsig van nuwe seisoene in die natuur en ook ons lewe. Geliefdes wat jou dra as dit soms voel of die lewe jou platslaan. ‘n Ou vriendin wat onverwags bel. Die kuier om ‘n vuur en ja selfs ‘n geyser wat bars! Die lewe deel mos maar aan ons almal uit. Soms goed en soms sleg máár jou geluk sal bepaal word deur jou gesindheid. Nou wonder ek. Hoe vier jy jou feesmaal?
Rekord
RUGBY Deur Kobus Oosthuizen
Oxtail “My version of oxtail changes continuously in the quest to make it as good as my mother’s. Oxtail is difficult to present in a fine-dining setting so I often remove the bones and fill a chicken breast with the meat mixture for poaching. Be it elaborate or an effortless pot of oxtail, both are appreciated for their unpretentious depth of flavour.” Yields : 4 portions Ingredients: 50g Butter 30ml Sunflower Oil 1 kg Oxtail 1/3 cup Flour Salt and Pepper 1 medium or 150g Onion 3 medium or 200g Carrot 1 large or 120g Leeks 1 piece or 60g Celery 3 large Garlic Cloves 2 sprigs Rosemary 2 or 220g Tomatoes 400 ml Red Wine 100 ml Red Wine 2 litres of beef stock (500 ml added at a time) Method : Heat a heavy based pot up. Add butter and oil. Dust the oxtail piece with the flour, salt and pepper mixture. Pan sear these pieces and remove from the pot and set aside Sauté the onions in this same pot. When caramelised add carrots, leeks, celery, garlic and rosemary continue cooking Finish with tomatoes, red wine, and the first beef stock amount of 500ml together with the oxtail pieces. Cook on the lowest heat to allow for a light simmering. Add more stock when this amount has reduced, to the point of not covering the meat, and continue simmering for 8 hours, stirring occasionally. (Chef’s note: you may need to use more stock if unnecessary boiling takes place.) Finish with the 100ml amount of red wine and serve
Asblik : kalk en amoniak in bodem van asblik Besem : om die hare van ‘n besem weer styf te maak, plaas besem in ‘n oplossing van 1 eetlepel sout en 4 ½ liter water Beskuitblik : gooi 1 teelepel suiker in die blik om vars te hou Broodblik : ‘n halwe aartappel in die blik hou brood vars as jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels koeksoda of sout gevoeg is Kerse : brand egalig en stadig as dit eers 24 uur in die yskas gelê het.
REITZ - Die Oos Vrystaat Senior Liga is vanjaar verander en daar word meegeding in n Noordelike en Suidelike streek.Die spanne in Noordelike streek is: Harrismith, Qwa-Qwa Luiperds, Frankfort, Heilbron, Oud Skoliere 2, Collegians 1 en Reitz. Na afloop van die eerste rondte in die Noordelike streek beklee Reitz tans die eerste plek.In die Suidelike streek is Oud skoliere 1 die voorlopers. Onder die bekwame hande van die Voorsitter en afrigter Piet Hattingh en sy hulp afrigter Kobus v/d Berg is Reitz se span besig om te ontwikkel in n span om weereens mee reken te hou.Dit is veral in die laaste twee wedstryde dat alles wat van Januarie geoefen is nou in plek begin val. Reitz 43 vs Heilbron 0: Reitz en Heilbron was die afgelope naweek slaags en Reitz het as wenners uit die stryd getree. Heilbron het ‘n oefen wedstryd
vroeër die seisoen gewen.Dit was van die begin af duidelik dat Reitz die bal die praatwerk gaan laat doen. Reitz het die bal lekker rondgegooi en daar was goeie samespel tussen vooren agterspelers. Vir die toeskouers wat besluit het om die wedstryd te kom kyk was dit ‘n wedstryd wat aan alle vereistes voldoen het. Dit was hardloop rugby op sy beste,bal handtering en balverspreiding was puik.As in ag geneem word dat Heilbron geen punte aangeteken het nie, beteken dit Reitz se verdediging is ook in plek. Reitz het 7 driee gedruk waavan Johan Nel,heelagter en agterspeler van die wedstryd 3 gedruk het.Die ander driee is gedruk deur, Hannes Aukamp 2,en Jannie v/d Berg 2. Jannie is aangewys as voorspeler van die wedstyd. Daar is baie vordering in Reitz se spel te bespeur die afgelope twee wedstryde en volgens die afrigters is daar nóg ruimte vir verbetering.
07
Reitz 31 vs Frankfort 8: Twee weke gelede het Reitz en Frankfort in Frankfort mekaar die stryd aangesê en was Reitz 31-8 baas.Die rustyd telling was 7-3 in Reitz se guns en Frankfort het kort na die rustyd gaan druk om 8-7 voor te loop. Hansie Barnard, Reitz se kaptein het die manne aangespreek en daarna het Reitz eers werklik begin inklim. Vir Reitz het Pieter Hattingh, Jannie v/d Berg, Vleisie, JG en Whylie gaan druk. Johan Nel het met 3 doelskoppe geslaag. Die voorspeler van die wedstryd vir Reitz was Jannie v/d Berg en die agterspeler van die wedstryd, JG.Oosthuizen. Frankfort het vanjaar n omgekrapte span en gaan baie spanne vorentoe nog harde bene laat kou. Reitz se volgende wedstryd is Saterdag 21 Mei,16h00 in Reitz teen Bethlehem Collegians 1. Hierdie beloof weereens ‘n taai stryd te wees.
08
Rekord