250618 reitz rekord

Page 1

25 June 2018

072 757 0514

Is Tammy ons volgende Mev. Suid-Afrika?

www.rekordmediafs.co.za Jani Cronjé, getroud met trotse Reitzer Petri Cronjé, is aangekondig as 'n Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika se Top 100 Semi-finalis vir 2018, uit 'n rekord aantal inskrywings wat deur die organisasie ontvang is. Tammy Taylor Mev Suid-Afrika is 'n platform wat die reputasie van 'n VroueBemagtigingsprogram verkry het. Die program vier die huwelik en die essensie daarvan om 'n regte vrou te wees en dit is geskep vir getroude vroue wat normaalweg nie so 'n platform sou hê om mee te ding nie en ambassadeurs vir Suid-Afrika op wêreldwye skaal te wees. Toe Jani gevra is hoe sy voel toe sy genomineer is as een van die top 100 semi-finaliste, het Cronjé gesê dit was 'n oomblik van verwondering. "Dit was 'n oomblik waar ek besef het dat jy soms net moet glo in die krag van ‘n nuwe begin." Jani het bygevoeg dat die Tammy Taylor Mev. Suid-Afrika se skoonheid en bemagtigende kompetisie nog een van haar grootste drome was. "Ek het nog altyd geglo en geweet dat ek baie het om te bied aan die wêreld en veral Suid-Afrika. Ek het doel-bewus en onbewustelik nog altyd myself voorberei vir hierdie oomblik in my hele lewe "Jani is 'n internasionale stylis, grimmeer kunstenaar en voorkoms konsultant. Lees verder op Bladsy 4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.