Skip to main content

REITZ REKORD

Page 1

REITZ PETRUS STEYN LINDLEY

NKETOANA’S BIGGEST COMMUNITY NEWSPAPER FREE ● GRATIS

24/10/18 – 31/10/18

072 757 0514

Ons wens al ons matrikulante voorspoed toe met die eind eksamen

rekordads@gmail.com

www.rekordmediafs.co.za

VKB landbou hoofborg by JA Malherbe se jaarlikse Damestee .2


gemeenskapsnuus ● community news

2

Van links is mevv. Ria Opperman, sekretaresse by die skool en organiseerder van die tee, Annelie Swemmer (VKB Bemarking), Elsabe Aldrich, die spreker, en Carien Bosman, onderwyser by die skool en ook eggenote van die skoolhoof, mnr. Bokkie Bosman.

PETRUS STEYN. - ‘n Baie suksesvolle damestee is onlangs deur die JA Malherbe Primêre Skool op Petrus Steyn aangebied. Ongeveer 220 vrouens van oor die hele Vrystaat en Gauteng het die tee bygewoon. Mev Elsabe Aldrich, ‘n motiveringskonsultant en -skrywer van Hermanus in die Wes-Kaap, was die hoofspreker. VKB Landbou is die hoofborg van die tee, wat een van die skool se jaarlikse fondsinsamelingpogings is. Die tema van Elsabe se praatjie het gesentreer romdom die vrou en hoe sy haarself met ‘n sukkulent van die Karoo kan vergelyk. Sukkulente, oftewel vetplante, kan goed in droogtetoestande oorleef, omdat hulle wortelstelsel goed anker is en hulle met min water kan oorleef. Sukkulente-vroue is vry van “hang-ups” of emosionele probleme, omdat hulle tuis is in hulle vel. Hulle aanpasbaarheid by hulle omstandighede laat hulle maklik oorleef. Aldrich glo dat vrouens

baie moet lag en veral vir hulleself moet kan lag. Sy glo dat wanneer mens lag, jy meer endorfiene, oftewel die liggaam se eie pynmedikasie, vrystel. Hierdie vrystel van endorfiene na ‘n lekkerlag-sessie is kragtiger as oefeninge doen. Sy glo ook dat vrouens nie moet wag vir iets om te gebeur nie. Sy haal vir Helen Keller aan wat gesê het: “The only thing worse than being blind, is having sight but no vision.” Die vrou moet self bepaal waarheen sy op pad is en waarvoor sy deur haar nageslagte onthou wil word. Sy glo veral dis baie belangrik vir vrouens om luister-vriendinne te wees, wat hulle vriendinne toelaat om hulle storie klaar te vertel. Sy sluit af met die waarheid dat ‘n mens se geestelike lewe baie belangrik is. Sy laat haar gehoor met die volgende aanhaling: “We are not human beings having a spiritual experience. We are spiritual beings having a human experience.”

Liewe leser,,,

Daar’s altyd iemand in ons gemeenskap wat altyd daar is as daar gehelp moet word, wat die ekstra myl loop en nooit iets terug verwag nie. ‘n Staatmaker wat werklik ‘n verskil maak en wie se bydrae en tyd soms opoffer om ander te help. Jy ken so iemand en nou het die tyd aangebreek om die persoon te nomineer vir Rekord se persoon van die jaar. Ja, dis nie ‘n oorspronklike idee nie, ek weet Time magazine doen dit elke jaar maar hoekom kan ons nie iemand in ons dorp die erkenning waarvoor nie gevra word nie maar welverdiend is nie gee nie? Vir die volgende drie weke is nominasies oop en ek doen ‘n beroep dat u asseblief van die geleentheid sal gebruik maak om iemand te nomineer. Meer inligting op Bladsy 4. Ons het verlede week ons beste diens kolom geloods waar u besighede wat gedurende die week goeie diens gelewer het kan nomineer. Dankie vir die reaksie op die kolom dis goed om soms net dankie te sê vir ‘n besighedi wat ‘n goeie diens lewer. Opsoek na die ideale kersgeskenk vir pa, ma, oupa, ouma sus of boet? Rekord het die afgelope maand sy aanlyn winkel “Rekord Kontreiwinkel” op Facebook geloods waar jy die mooiste geskenke en speelgoed aanlyn kan bestel en dit word voor jou deur afgelewer! Van Jag, braai, kook en selfs Lego speelgoed kan bestel word. Gaan loer gerus! Rekord groete Gerhard Olivier

www.rekordmediafs.co.za


gemeenskapsnuus â—? community news

3

Advertise with us 072 757 0514


skole nuus ● school news Vier leerlinge van Hoërskool Reitz het meriete-toekennings ontvang tydens die Bethlehem Eisteddfod. Hulle is van links: Luné Pretorius (Buitengewone prestasie in dans), Megan Haward (Afrikaans Spraak en Drama, Musiek Instrumentaal, English Speech and Drama), Nic Claassen (Musiek Instrumentaal) en Quiriané Charilaou (Buitengewone Prestasie in Musiek, Wenner van UNISA-prys vir die hoogste punte op kunswedstryd vir Senior Laerskool Afdeling) Christiaan van der Sandt, 'n graad 5-leerling van Hoërskool Reitz het die Thabo Mofutsanyana 0/11A krieketspan verteenwoordig tydens die Vrystaat-week te Welkom, gedurende die Septembervakansie. Hy is aangewys as die span se kaptein tydens dié week

Hoërskool Reitz het op Vrydag, 12 Oktober, van hul Matrieks afskeid geneem. Die skool se jarelange tradisie, dat jy slegs die klok mag lui op jou eerste en laaste dag van skool is gestand gedoen. Op die foto is die hoofleiers van 2018. Van links: Julius Wapenaar en Leanné van Aswegen.

Best Service Award awarded to Sergens Drankwinkel Experienced great service this week? SMS/WhatsApp the business name to 072 757 0514 start with the word BEST SERVICE

4

www.rekordmediafs.co.za


Advertise with us 072 757 0514

We are this close to ending Polio World polio day was established by Rotary International over a decade ago. Rotary International is committed to continue the eradication of the polio campaign until polio is declared eradicated. Polio is a highly infectious, crippling and potentially fatal disease. It mainly affects children and there is no cure, but there are effective vaccines. The strategy to eradicate polio is based on prevention of infection by immunising every child until transmission stops and the world is polio-free. Only 19 cases of the wild polio virus were reported in 2018, in Afghanistan and Pakistan respectively. The most notable global project, PolioPlus, is contributing to the global eradication of polio. In 1984 this project made it possible to ship the first 500 000 doses of anti-polio vaccine to the Philippines. Since beginning of the project, Rotarians have contributed over US$850 million and hundreds of thousands volunteer-hours, leading to the inoculation of more than two billion of the world’s children. In 2008, Rotary received a $100 million challenge grant from the Bill and Melinda Gates foundation and in January 2009, a second challenge grant of $255 million was announced. Rotary committed to raising these funds and at the time of the second challenge grant, Bill Gates said: “We know that it’s a formidable challenge to eradicate a disease that has killed and crippled children since at least the time of the ancient Egyptians. We don’t know exactly when the last child will be affected. But we do have the vaccines to wipe it out. Countries do have the will to deploy all the tools at their disposal. If we all have the fortitude to see this effort through to the end, then we will eradicate polio.” The risk of resurgence of the polio virus is real, and we cannot give up fighting the disease. visit the Polio website at www.endpolio.org.

fokus op… ● focus on…

“... die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees, die redding wat Ek bring, sal altyd bly.” (Jes. 51: 6) En só het God sy woord gehou, want die redding wat vir ons almal gekom het deur Jesus Christus geld vir altyd en ewig. Sy verlossing vir my en vir jou staan vas vir eens en vir altyd en vir almal. Sy bloed was die betaling vir alles in ons verlede, selfs nog voordat ons Hom geken en aanvaar en bely het. Sy bloed was die betaling vir alles wat ek vandag verkeerd gedoen het of versuim het om te doen – Hy hou nie boek of telling daarvan nie. Sy bloed was reeds die betaling vir wat ook al in die toekoms kan gebeur. Die verlossing en die redding het reeds aangebreek. As God ons vrygespreek het, dan is ons waarlik vry, dán kan jy nie uit sy hand geruk word nie – nooit nie. En as jy dit nog nie glo nie, of nog nie beleef het nie, dalk nog nie die Here aanvaar het in jou lewe of nog nie die deur van jou hart vir Jesus oopgemaak het nie ... lees vers 5: ““Die redding wat Ek bring, kom baie gou, die verlossing wat Ek bewerk, is op pad ...” Dalk is vandag dié dag van jou redding en verlossing. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.” (2 Kor. 6:2) “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.” (Heb. 4:16)

Bill Gates

5


rubrieke ● columns

E- mail your event details to rekordnews@gmail.com before Wednesday 17:00 for publication ■ 26 OKTOBER: HARRISMITH Harrismith Rolbalklub bied 'n Bingo aand aan. Dit begin om 18:30 - R50 Toegangsfooi en R10 per kaartjie. Skakel Anè 079 500 7711 ■ 2/3 NOVEMBER 2018: VREDE Die Avondvrede Kersmark vind plaas 9:00 tot 18:00 op 2 November en vanaf 09:00 14:00 op 3 November 2018. Lekker kos, plante, juwele, biltong, handwerk, houtwerk, kersgeskenke en nog baie meer! Koste R20 volwassenes en R10 Kinders. Skakel Mariette 082 411 6299 ■ 03 NOVEMBER 2018: VERKYKERSKOP Verkykerskop Boeremark vind plaas op 3 November 2018 om 10:00 by die Boerevereenigingsaal. Stalletjies, teetuin, skyfskiet, 4x4 roete en ponie ritte vorm deel van die dag. Kontak Marizelle 082 829 2687 ■ 03 NOVEMBER 2018: SENEKAL 'n Gholfdag word aangebied ten bate van Senekal Jeugsorgsentrum. R1600 per vierbal sluit halfweg en potjiekos in. R20 000 hole in one. Begin 11:00 by Senekal Gholfklub. Skakel Marius 083 390 2188 ■ 10 NOVEMBER: FICKSBURG The 2018 Cherry Jazz Festival will start at 12:00 at the Ficksburg Showgrounds. Tickets at Computicket. ■ 10 NOVEMBER: BETHLEHEM “Antique Auto & Machine Club” se Maluti Motor Skou vind plaas by Caritas College in Bethlehem. Skakel 082-889-4294 ■ 15/16/17 NOVEMBER: FICKSBURG Ficksburg Kersiefees 2018 vind plaas. Verskeie kunstenaars onder andere Dewald Wasserfall, Nadine en Francois Bouwer tree op. Kaartjies beskikbaar by Computicket. ■ 18 JANUARY 2019: VERKYKERSKOP The Inaugural Verkykerskop Bridge Tournament will take place. R1600 p. person including accomodation and meals. Contact Erica Millican 082 254 4230 Get free exposure! E-mail us your event for publication – rekordnews@gmail.com

Stuffed Cabbage & Beef Roll INGREDIENTS 1 x 900g cabbage 1 large onion, finely chopped 1 large carrot, finely chopped 90g rice 70g raisins 450g minced beef 2 tablespoons fruity brown sauce ž teaspoon ground allspice Pepper to taste 2 x 400g cans chopped tomatoes 2 beef stock cubes Large pinch of ground cloves 1 tablespoon brown sugar ― teaspoon cider vinegar 75g tomato purée Parsley to garnish METHOD Discard tough outer leaves from cabbage. Remove 8 large leaves for cabbage rolls. In baking dish, place cabbage leaves. Cook, covered, on High (100% power) for 3-4 minutes, until leaves wilt. Remove to kitchen paper to cool while preparing stuffing. In mixing bowl, combine onion, carrot, rice, raisins, minced beef, brown sauce, allspice and pepper. With small, sharp knife, remove ribs from cabbage leaves. On centre of each cabbage leaf, place equal amount of beef stuffing mixture. Fold 2 sides of cabbage leaf towards centre over meat, overlapping edges. From 1 narrow edge, roll Swiss roll fashion. In baking dish used for wilting cabbage leave, arrange cabbage rolls, seam side down. In 1 litre measuring jug, combine tomatoes, stock cubes, cloves, brown sugar, vinegar and tomato purée. Pour over cabbage rolls. Cook, covered, on Medium (50% power) for 30-40 minutes, until fork-tender, spooning sauce over and rotating dish halfway through

Wat soek die ring op die driepoot pot? Hier’s iets interessant vir amal wat dit nie weet nie...daar is 3 ringe op 'n driepoot pot plus die boonste ring. Dit maak dit dan 4. Nou vir die geheim oor hierdie ringe...hulle is nie daar vir die mooigeid of om die pot te versterk nie. Aikona!! As dit 'n nommer 2 pot is verteenwoordig elke ring 2 persone. Dit wil sê 'n nommer 2 pot kan vir 8 mense kos gee as die pot tot by die boonste ring vol is. 'n Nommer 6 pot kan vir 24 mense kos maak. As 'n nommer 6 pot tot by die 1ste ring vol is is daar genoeg vir 6 mense. (nie oormatige porsies nie natuurlik) Deur Danie Cronjè

6

Kan ek jou superman, batman of spiderman wees maar ons almal ken iemand in ons dorpie wat wel 'n Rambo wil wees. Alhoewel die meeste van die karakters 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap maak kry jy daardie een special Rambo wat glo die dorp behoort aan hom. Hy's orals, jy hoor hom, jy sien hom en jy moet begin wonder hoe klein die dorp van ons werklik is. Self aangestel om na die belange van die dorp om te sien want as hy dit nie doen nie, wie gaan dan? En hy is mos Rambo! Almal hou mos van 'n hero of hoe?. Die feit dat ons toelaat dat die karakters se ego's so gestreel word is ons eie skuld maar iewers moet iemand tog die ballon prik nie waar nie? Want jy sien boetie die feit dat jy die kans gegun word om na die welstand van die gemeenskap om te sien maak jou nie 'n Rambo nie. Jy is veronderstel om iemand te wees wat almal om jou respekteer as om gesig te trek as jou bakkie voor die winkel stop en dan met 'n valse glimlag soos die ou vriend van gister verwelkom te word. Klitsie, wonder hoe dikvel jy rerig moet wees om nie agter te kom iets is nie lekker nie? Dinge is seker nie lekker by die huis nie want iewers moes jy daai vel ontwikkel het. Klitsie is nou nie 'n sielkundige nie maar iets wat klitsie jou wel kan vertel is dat jou sell by date 'n paar jaar terug expire het en dit dalk tyd vir 'n nuwe uitdaging iewers elders is waar mense jou nog nie as Rambo ken nie... en vir die rekord as die skoen die keer pas praat klitsie beslis van jou...sê maar net tot volgende week. www.rekordmediafs.co.za


■ NEWS

078 740 8534 rekordnews@gmail.com Deadline: Wednesday 17:00

■ ADVERTS

072 757 0514 rekordads@gmail.com Deadline: Wednesday 17:00

■ EDITOR

073 847 2468

Receive your FREE digital copy of Rekord by e-mail/WhatsApp Send your name, surname, town to 072 757 0514 or e-mail rekordmedia1@gmail.com

■ Om ons lesers... volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap.

■ Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie.

■ Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing.

■ Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons koerant versprei word. This newspaper is published by the Proprietor, Livero Media, Tinnie van Rooyen Street 3, Clocolan Telephone number: 072 757 0514 E-mail : rekordmedia1@gmail.com Editor: Gerhard Olivier This newspaper is printed by Clocolan Printers.drukkery 061 593 4581 Distributed by Kokosi Vervoer, Bethlehem All rights concerning any advertisements and/or other material contained in this newspaper is expressly reserved in terms of Section 12 (7) of the Copyright Act. This newspaper subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, within 20 days of the date of publication of the material, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www. presscouncil.org.za

LADYBRAND: 5 TON Twee wiel trekker, sleepwa met sy kante op. Kan om gebou word vir wip bak. R11000, 00 Kontak Ben 084 581 3305 FRANKFORT: Defy kis vrieskas, 270 ltr met mandjies, in goeie toestand. R1500. Kontak 082 456 8824 LADYBRAND: Selling art sculptures in sandstone for indoor and outdoor gardens. Sahando; 062 131 3708 REITZ: Verligting met kruie, Artritis, Gout of seer ledemate. 072 465 2510 BETHLEHEM: Jetta 3 CLX for sale, need some touch up. Danny by 083 451 5173 BETHLEHEM: Golf 4 2lt petrol for sale, grey colour. R55 000. - 083 451 5173 VREDE: Volkswagen golf carberator 1600 nog nuut. R1000 Kontak Hohanna by 079 954 6514 HARRISMITH: Kampwa te koop met rooftop tent, yskas, gyzibo . Goeie toestand. R30 000 Kontak Gerhard by 082 082 7722 SENEKAL: Yskas en Deepfreeze te koop, kleur metalick; R1500 elk. Kontak Tessa by 072 095 7478 REITZ: Hyundai Tusson V6 outomatiese bakkie te koop. R130 000 Kontak Pienaar by 082 570 7566 CLOCOLAN: Labrador hondjies te koop teen R750; 6 weke oud, wit en bruin, ontwurm en in geẽnt. Kontak Henk Vermooten by: 083 274 9024 PETRUSBURG: Lusern te koop. R2200 per ton. Lewer af regoor die land. Kontak nr 083 871 1022 PETRUS STEYN: Playstation 2 te koop met 3 games en 1 remote en memory card, met kabels. R1200 Kontak nr. 082 366 0868 SMITHFIELD: Honda Ballade 1991 model, R20 000, Kontak Linda Potgieter by 078 139 3813 CLOCOLAN: Groot reptiel hok op stand,, heater en ligte. R1400 kontak 083 926 6055 WARDEN; Tarpaulin for 3 ton truck, tie up back 2xH 2Xw 3xLR R2000, 065 836 3368

HARRISMITH; Empisal K680 Dubbelbed, Breimasjien met tafel en boeke vir R1000. Kontak nr. 0716894371 CORNELIA; Hardi spuit, 1600ltr tenk, maak self vol, loop op wiele, Boom wydte 11,5m. R60 000. Onderhandelbaar. Kontak Corry by 072 235 7365 CORNELIA: JD 7200 twee ry planter met Zimrah gifspuit te koop R45 000 Ondelhandelbaar Kontak Corry by 072 235 7365 CORNELIA: Slattery stroper te koop R10 000 Kontak Corry by 072 235 7365 CORNELIA: Voerstroper met Drotsky hammermeule te koop. R30 000 onderhandelbaar. Corry by 072 235 7365 LADYBRAND; Annique Weight loss products for ladies, call Lientjie at 083 373 0279 LADYBRAND; Want to earn an extra income? Join Avroy Shlain with excellent commission, contact; 084 551 2570 CLOCOLAN; Opsoek na n Scooter om te koop – 083 656 0892 MOLTENO: CNC Machine with industrial router. 1m x 1m bed with steel table. Ideal for engraving and cutting wood / perspex. Ready to go. Special price: R20 000 Contact: Danie 082 933 0504 SMITHFIELD: Honda Waterpomp 200cc engin vir R5000. Defy kis vrieskas 195L nog amper nuut vir R3000. Essentials 20L microgolf oond vir R400. Groot verskeiden glas kraletjies prys onderhandelbaar. Hester 0711395424 LADYBRAND: Dixon 6 channel powered mixer R2500 0733532013 ALIWAL NORTH: Honda E storm GLH 125 R13000.000828474618 ROSENDAL: Alto pmb 1000 watt 8 channel powered mixer AND Hybrid powered mixer for sale. Build in carry case. R6500 onco. 0832678985 CLOCOLAN: Go pro tipe kamera te koop R1000 0745806020 CLOCOLAN: Mazda Drifter 2.5 intercooler, turbo tow, roll, bull bar en side skirts, rubberized R70,000 . 0765500618 PETRUS STEYN: Need care giver urgent 0768108541

FOURIESBURG: Church services by William Marrion Branham on cassette, 670 cassettes for R500. 079 054 3847 HARRISMITH: 3P krag diesel lister enjin. Puik toestand R6500. 0827756499 WARDEN: Slideing back window for 2. 4 diesel bakkie with rubbers 065 836 3368 PETRUS STEYN: Hoenders Te Koop. Silkies en Pekings. R100 /paar. kuikens R30- R40 elk. 0724087400 FICKSBURG: Plaashuis besikbaar 15km uit dorp. Veiligheidsheining. Eskom krag - betaal slegs eie verbruik. Kontak:0825454741 MEMEL: 2004 Swartgroen Mercedes Benz 200 Kompressor. Leer sitplekke, sondak, automaties. 185000km. R95000 onderhandelbaar. 0826007581. WARDEN: 1 Swart yorkie te koop R400 Kontak 060 514 0246 WARDEN: Camping cot te koop nuut kort metrassie blou lining R400. Whatsapp vir photos 060 514 0246 LADYBRAND:4 Tyres + Rims R2000 Contact Sandra 082 928 1986 LADYBRAND:Nissan Hardbody 2.4i 4x4 SC R75000.00 Contact Rudie 071 868 4030 WEPENER: 14 Jack Russel hondjies soek huis gratis Contact 084 767 0249 MEMEL: Lohman Brown Lêhenne @ R135 elk Op die punt om te lê. JW:072 269 1195 VILLIERS: Langbeen foxterriers gereed einde September Skakel Jeannette Botha 082 740 6541 BETHLEHEM: Wit Camry 95 handrat baie goeie toestand R80000. 082 776 4091 ROSENDAL: 240m fibre cable for internet contractor. Still new. R3000. 083 267 8985 CLOCOLAN: Selling Samsung Galaxy J4 cellphone. Brand new still in box and plastic wrapping R3000.00 076 411 2525 NEWCASTLE: Fiat Uno engine and gear box in running condition R7000.00- 060 909 1380

mini advertensies ● mini ads

www.rekordmediafs.co.za

HOW DO I PLACE A FREE MINI AD? By SMS/WhatsApp only. No Faxes. No telephonic placements. No please call me! WHAT DETAILS MUST I INCLUDE IN MY FREE MINI AD? Start with where you stay, short description of the item, price and include 1 Cellphone number WHAT MINI ADS ARE NOT FREE? Any property for sale , rental, vacancy, become an agent ads, start your own business, we will let you know if your advert does not qualify for a Free Mini Ad. Note your advert is published in all 38 Rekord newspapers. We can still publish it at a rate of R155.00 per week. Contact 072 757 0514

7


skole nuus ● school news

Kopano Ithuteng Independent school in Petrus Steyn have a vacancy for Foundation phase for 2019. English Home L. Afrikaans FAL. Send CV to ithuteng@bosveld.za.net Tel:072 180 1438. Mrs.MJ.Landman

… Ek was vandag by die polisie stasie om dokumente te “certify”. Die konstabel aan diens sit en lees sy Bybel en ek sien dis by Genesis oop. Ek vra hom toe wie het vir Adam se seun, Abel doodgemaak?. Hy sê toe ek moet upstairs gaan en vir kaptein van Wyk gaan vra want van wyk werk met die moordsake Send us your joke on WhatsApp 072 757 0514

My name is Fluffy (my mommy Ongie's candyfloss) from Zastron. There's never a dull moment when I'm awake. Send us your pet pic on WhatsApp 072 757 0514

8

PRINTED BY CLOCOLAN PRINTERS 072 757 0514


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
REITZ REKORD by Veldbrand Nketoana - Issuu