Skip to main content

REITZ REKORD 19 AUGUST 2016

Page 1

Reitz 19 August 2016

Edition 135

reitzrekord@gmail.com

Petrus Steyn & Lindley

Adverts: 072 757 0514

FREE

Vanaf 26 Augustus 2016

1700 koerante! Reitz Rekord sal vanaf volgende week sy druk oplaag opstoot na 1700 koerante na die besluit geneem is dat koerante voortaan in posbusse in Reitz, Petrus Steyn en Lindley geplaas sal word. Koerante sal nog steeds ook by winkels beskikbaar wees maar danksy die stap word ons sirkulasie gewaarborg om altyd meer as 1700 te wees. En indien ‘n adverteerder of leser wil bevestig is die poskantoor net ‘n oproep weg! Om te adverteer skakel Alet 072 757 0514

2016 Liga wenners!

Agter van links: Mnr. J. Broekman (afrigter), J. Heymans, L. Potgieter, J. Wapenaar, A. Booysen, G. van Deventer, D. Terblanche, M.T. Steyn, B. Potgieter, A. Labuschagne, G. van der Westhuizen, J.F. Groenewald, A. Engelbrecht en K. Munnik.2de ry van links: J.C. van Wyk, O. van Deventer, D. Schulz, A.J. van der Sandt, R. Botha Voor van links: J. van der Merwe, A. van Deventer


Ons gaan vir die volgende rukkie bietjie stilstaan by die boek Spreuke. Net soos die res van die Bybel, is die doel van Spreuke om ons te lei en te onderrig in die regte lewenswyse. Dis deur God gegee en deur die Gees geïnspireer. Daar is deesdae so baie selfhelp boeke, mense betaal vir kursusse in lewensvaardighede en spandeer ure aan sessies by “life coaches”. Dit alles is goed, maar vat sommer 'n slag die 31 hoofstukke van Spreuke en werk dit deur (en pas dit toe!) en jy sal verbaas wees oor die lewenswysheid wat jy daar sal vind. Jy sal praktiese moets en moenies vir die lewe vind. Jy sal begelei word in besluitneming. Jy sal 'n aanvoeling ontwikkel vir reg en geregtigheid, die vermoë ontvang om te onderskei tussen waarheid en leuen. Jy sal raad kry vir verhoudings. Jy sal selfs 'n paar besigheidsbeginsels teëkom. As jy weet hoe om te lewe en as jy boonop die sekerheid het dat wat jy doen binne die Here se wil is, is die uitvloeisel daarvan geluk en vrede. “Al die Spreuke wil ons wysmaak hoe om te leef. Dit is bedoel om mense wys en gelukkig te maak. Hierdie spreuke moet jy jou eie maak, want dit wil die volgende doen: dit wil jou die kuns van die lewe aanleer, jou met 'n gedissiplineerde lewenstyl help. Dit wil jou insig gee. Dan sal jy 'n goeie aanvoeling hê vir wat reg en gepas is in elke omstandigheid waarin jy beland.” (Spreuke 1:2-4, Die Boodskap)

02 Rekord

V.L.N.R (Agter): Danie Thomas (Koper van duurste ooi), Anelle Hugo (Koper van duurste ram, Hugo Dormers), Schalk Hugo (Koper van duurste ram, Hugo Dormers), Jan Mostert (BKB Louwid) V.L.N.R (Voor): Karel du Plessis (BKB), Johan Barnard (Eienaar)

Johanri Dormer Veiling behaal goeie pryse Mnr. Johan Barnard het op Saterdag 13 Augustus 2016 sy 9de produksieveiling op die plaas Spioenkop in die Lindley distrik aangebied. Daar was top Dormers onder die hammer gewees. Die duurste ram is vir R 45 000 aan mnr. Schalk Hugo (Hugo Dormers) van

Frankfort verkoop. ‘n Reuse gemiddeld van R 13 273 is op al 43 ramme behaal. Stoetooie het ‘n gemiddeld van R 6 718 behaal. ‘n Top prys van R 5 750 is vir ‘n groep kommersiële ooie betaal, die koper was D Britz van Kroonstad. Mnre. Frik en Jaap van der Westhuizen

van Parys was die verkopers. ‘n Gemiddeld van R 3 344 is op die kommersiële ooie behaal. ‘n Verkoopsyfer van 100% is op die veiling behaal. Die veiling is aangebied deur BKB Louwid Bethlehem en Jan Mostert was die afslaer.

● Deadline: Tuesday 17:00 ● Advertising 072 757 0514 ● adverts@rekordmedia.com ● Fax: 086 402 9106


Die Top 3 akademiese presteerders van Hoërskool Reitz, na die tweede kwartaal in Gr.4 en Gr.5 is: Voor: Megan Haward (Gr.4 1ste), Quiriane Charilaou (Gr.5 - 1ste), Marli van Aswegen (Gr.5 3de), E-Louise Snyman (Gr.4 - 3de), Dané Dorfling (Gr.5 - 2de). Agter: C.J. van Niekerk (Gr.4 - 2de), JanHendrik Lange (Gr.6 - 2de), Jan-Hendrik Snyman (Gr.6 3de) en Luan Strauss (Gr.6 - 1ste)

Die Top 3 akademiese presteerders, van Gr.7 van Hoërskool Reitz, na die tweede kwartaal is: Aluschka Heymans (1ste), Henco Swanepoel (2de) en Wiroeske de Wet (3de)

A police officer jumps into his squad car and calls the station. “I have an interesting case here,” he says. “A woman shot her husband for stepping on the floor she just mopped.” “Have you arrested her?” asks the sergeant. “No, not yet. The floor’s still wet.”

Die Top 3 akademiese presteerders, van Hoërskool Reitz na die tweede kwartaal in die onderskeie grade is: Luné Pretorius (1ste), Linelle Oberholzer (2de) en Elspeth Scheepers (3de)

Newsdesk: 073 847 2468 ● news@rekordmedia.com ● twitter: @rekordfs ● Like us on facebook ●

Rekord 03


Die Top 3 akademiese presteerders, van Hoërskool Reitz, van Gr.9 na die tweede kwartaal is: Cahrisla de Bruyn (1ste), Bruwer Potgieter (2de) en Dané Lubbe (3de)

Die Top 3 akademiese presteerders, van Hoërskool Reitz, na die tweede kwartaal in Gr.10 is: Jahnel Scheepers (3de), Corné Pretorius (1ste) en Leanné van Aswegen (3de) Die Top 3 akademiese presteerders, van Hoërskool Reitz, na die tweede kwartaal in Graad 11 is v.l.n.r. Elzei Oberholzer (2de), Duané Kotze (3de) en Anri Pearson (1ste)

04 Rekord

Wonder? Wonder jy ook soms oor goed? Dagdroom jy nog? Wonder jy soms oor die doel van die lewe? Iemand sê nou die dag in ‘n gesprek hulle dagdroom glad nie. Dit is vir kinders. Die lewe is hard en lelik. Wie het dan nog tyd om te droom? Sal ek nou maar eerlik wees of forever hold my peace? Nee wat sêg ek. Ek droom te lekker en wonder nog oor baie goed. En so het die gesprek my gebring tot by vandag se rubriek. Wat ís ons doel op aarde? Gewoonlik as jy die vraag vra gryp almal na die Skrif of gaan Google gou ‘n oulike quote en ander probeer jou van hulle filosofiese redenasies oortuig. Sonder om my te wil antwoord gun my asseblief die geleentheid om nou self hieroor te wonder. Het jy al agter gekom as jy iets vra staan almal gereed met ‘n antwoord. Niemand is meer bereid om te sê hulle weet nie. Met ander woorde, al die onbeantwoorde vrae het nou antwoorde? Al die wonder is op gewonder en die drome is by die venster uit? Is ons bevraagtekening nou dood? Ek lees die skrywer Mark Twain sê die twee belangrikste datums in jou lewe is die dag waarop jy gebore is en die dag waarop jy uitvind hoekom. Dit spreek tot die menslike behoefte om te verstaan waarom ons doen wat ons doen. Sekeres het nie regtig ‘n probleem om hulle doel dadelik te identifiseer nie en vir ander is dit minder voor die hand liggend. Is die doel van Dokter wees groter as die doelgerigte tannie by die kerk wat kos en klere insamel vir haar sukkelende medemens? Elkeen voeg tog waarde by. Die verskil? Jou persoonlike begrip van doel! En Eva wonder! Sommer so oor die Joneses, die ‘hulle’ van wie almal altyd praat, oor armoede, die grootbek sonder ‘n filter, natuurrampe, die boelies, die meisie in die hoek by ‘n dans, ek wonder oor kinders en tandekry en soms wonder ek oor Job – geduldige ou Job. Al soekend na waarheid verslind ek boeke, luister na ander se idees, verwerp dit soms. Ek leef, ek lag, ek huil, ek skryf, ek kry seer en soms maak ek seer. Ek droom, ek glo, ek vertrou, ek wantrou. Ek vorm opinies en verander dit weer. Ek gee soms op, probeer dan weer. Ek kyk binnetoe en ek grawe. Soos in die Biologie klas van ouds dissekteer ek myself, sit by en neem weg. Ek ondersoek. Ek groei! Groei is dan só belangrik en soms is dit ook OK om te sê: “Ek weet nie. Ek verstaan nie.” Ons is net mense! Ons is geregtig op ‘n bietjie droom, ‘n bietjie wonder! En dalk is die doel van die lewe die liefde. Om jou medemens te dien. Of dalk is dit net om te soek wat jou gelukkig maak en dan daarby te hou. Ons elkeen vorm maar ons eie opinie. Alles is nie in ons beheer nie! Ek wil leer, leef, droom en bevraagteken tot ek so dood is dat ek nie meer kan nie. Om af te sluit. Die groot geleerde Albert Einstein het eenmaal gesê, “Verbeelding is belangriker as kennis. Kennis is beperk. Verbeelding kring reg om die wêreld.”

● Deadline: Tuesday 17:00 ● Advertising 072 757 0514 ● adverts@rekordmedia.com ● Fax: 086 402 9106


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
REITZ REKORD 19 AUGUST 2016 by Veldbrand Nketoana - Issuu