Skip to main content

180518 reitz rekord

Page 1

18 05 2018

REITZ

Hoe maak ons? So maak ons!


NEWS

is a digital weekly community content driven publication distributed digitally

and become one of our friends Receive your free copy on

whatsApp By sending your cellphone number and town to

For your convenience a PDF copy can also be e-mailed to you free of charge Simply drop us an e-mail at

To advertise with us give a call on Note that our deadline is strictly for the

edition.

Also find us on

To advertise 072 757 0514

Hoërskool Reitz stel nuwe resepte boek bekend Hoërskool Reitz het die afgelope naweek die nuwe Hoërskool Reitz resepteboek bekend gestel met 'n baie lekker en gesellige proe aand in die sportkamer. Baie, baie dankie aan Mev. Marlene Swanepoel vir die reëlings en harde werk. Dankie aan Mev. Therese Fivaz vir die hulp en werk aan die boek. Baie dankie aan elke ouer en leerling vir julle resepte en geregte vir die proe aand. Saam is ons 'n gedugte span! Resepteboeke is steeds beskikbaar by die skool teen R 150 elk of R 300 vir 3 boeke

Dié gebiede in Oos- en NoordVrystaat loop deur onder veediefstal Die Oos- en Noord-Vrystaat is gebiede wat deesdae onder veediefstal deurloop. Volgens die VKB VL Veiligheidslessenaar se inligting word veediefstal die laaste twee tot drie maande toenemend in gebiede soos Tweeling, Frankfort/Mafube, Heilbron, Reitz, Sasolburg, Warden, asook in die Oos-Vrystaat in Clocolan, Ficksburg, Fouriesburg, Harrismith, Lindley, Marquard en Petrus Steyn, aangemeld. In die Noord-Vrystaat word gebiede, wat naby die N1 geleë is, ook geteiken. Hulle is Brandfort, Koppies, Parys, Odendaalsrus, Theunissen, Ventersburg en Winburg. Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), meen dit is ’n aanduiding dat veediefstal in Suid-Afrika, en veral in die Vrystaat, beoefen en oorgrens na Lesotho geneem en teruggebring word na die Suid-Afrika met nuwe brandmerke (veral kalwers). Só word gesteelde vee vervoer “Die gesteelde vee word met bakkies en sleepwaens na veilings vervoer. Die veilings en afsetgebiede/markte vir vermoedelik gesteelde vee is veral in die Gauteng-area geleë,” sê Buys. Die meeste veilings in Gauteng vind vanaf Dinsdae tot Saterdae plaas. Dus vind daar deurlopende beweging/vervoer van vee vanaf Maandae tot Saterdae op primêre, tersiêre en sekondêre paaie deur die Vrystaat plaas.

Interprovinsiale forum suksesvol Volgens Buys is ook bevestig dat nagenoeg 90% van alle gesteelde vee wat aan die Interprovinsiale Veediefstal Voorkomings Forum (IPVVF) tussen Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga gerapporteer word, opgespoor en teruggevind word. Dus maak dit dié forum baie suksesvol. Die oorgrens-forum tussen Suid-Afrika en Lesotho moet egter herleef word. Hoe vinniger veediefstal aangemeld word, hoe groter is die kanse op sukses om vee terug te vind en kriminele te arresteer. Roetes en afsetgebiede geidentifiseer “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is op prioriteitskomitee-vlak versoek om toenemend ontwrigtingsaksies soos byvoorbeeld padblokkades op tien geidentifiseerde roetes, wat problematies is met die vervoer van vermoedelik gesteelde vee vanaf Lesotho na SuidAfrika deur die Vrystaat na Gauteng, te hou,” sê Buys. Verder is 11 afsetgebiede/markte vir gesteelde vee, in samewerking met die Rooivleisprodusente organisasie in Gauteng, geidentifiseer wat grotendeels in die Gauteng en Noordwes gebiede gesetel is waar vermoedelik gesteelde vee verhandel word. Nagenoeg 10 abattoirs is ook geidentifiseer wat deur middel van toenemende “samewerking” inspeksies gemonitor moet word vir vermoedelik gesteelde vee.


To advertise 072 757 0514

NEWS


To advertise 072 757 0514

NEWS

Carlie bly inspireer… Carlie Rooivlag Hondsdolheid Bewusmakings Sportdag in Clocolan. CLOCOLAN: Verskei skole van regoor die Vrystaat het verlede week Saterdag na Clocolan gereis om aan die Carli Rooival Honsdolheid Sportdagdeel te neem. Hoërskool Reitz is as die bulletjie span van die dag gekroon nadat die al hul wedstryde gewen het. Die dag skep bewusmaking nadat die 6-jarige Carlie du Plessis van Clocola in Julie 2016 tragies dood is weens hondsdolheid. Aanvanklik het haar ouers nie geweet wat klein Carlie makeer nie. Sy was dae lank siek en toe hulle die Sondag by die hospitaal opdaag, was sy reeds verlam. Sy is daardie aand oorlede.. Hondsdolheid is dodelik en word veroorsaak deur ’n virus wat die brein aantas. Due dag word in samewerking met Livingball en die Laerskool Clocolan aangebied.


NEWS

HIER'S VYF DINGE WAT JY MÓÉT WEET: 1. So word dit oorgedra Die virus word deur besmette speeksel oorgedra en dring gewoonlik die liggaam in deur ’n stukkende plek of snytjie. Die virus beweeg na die brein en veroorsaak swelling. Die slagoffer sterf meestal. 2. Diere wat mense kan besmet Honde, katte, muishonde, meerkatte, muskeljaatkatte, wildekatte, jakkalse, insek- en vrugtevretende vlermuise. 3. Simptome by mense Dit kan tussen 2 tot 10 weke wees voordat die eerste simptome wys. Die eerste tekens is gewoontlik angs, braking,

To advertise 072 757 0514

koors, hoofpyn en ’n vrees vir water. Dit lei tot verlamming, waarna die slagoffer in ’n koma gaan en sterf. 4. Simptome by diere Gedragsveranderinge kom by al die diere voor. Mak diere kan wild en aggressief raak. En wilde diere kan geweldig vriendelik word en jou nader sonder vrees. Eetlus kan ook kom en gaan. 5. Voorkoming en behandeling Maak seker jou troeteldier word gereeld ingeënt. Indien jy gebyt word, was dadelik die wond deeglik met water en ’n ontsmettingsmiddel. Besoek die naaste dokter, kliniek of hospitaal. ’n Reeks van inspuitings sal voorgeskryf word.


To advertise 072 757 0514

Sluit nou by ons WhatsApp groep aan! Bly op hoogte met wat in jou gemeenskap gebeur en brekende nuus deur by ons WhatsApp groep aan te sluit Rekord se WhatsApp groep is trots om nuus vinnig, akkuraat en eerste met ons lesers te deel. Weet wat om jou gebeur! WhatsApp jou naam en dorp na 072 757 0514

NEWS


OP DIE REKORD MET…

www.rekordmediafs.co.za

‘n Swemkliniek wat die naweek van 13 April deur die swemlegende Penny Heyns by Frostbite Sport in Bethlehem aangebied is, het swemmers van heinde en ver gelok. Swemmers het van so ver as Kimberley, Welkom, Bloemfontein, Marquard, Sasolburg die swemkliniek saam met ander Bethlehemse swemmers bygewoon. Die sessies was gerig op swemmeganika en denkpatroonbemeestering. Die kliniek is georganiseer deur Anell Landmann, eienaar van Frostbite Sport in Bethlehem saam met haar man, AJ. Susan Maré het met Anell gesels. Sy sê Penny het die swemmers se harte aangeraak deur gebeurtenisse uit haar eie lewe en loopbaan met hulle te deel. “’n Mens vind aanklank by die verhale en sien jouself in die meeste van die stories. Die bemeestering van denkpatrone voor en tydens oefening asook kompetisie was werklik, feitelik en leersaam,” sê Anell. Wat die kliniek ook besonders gemaak het, is dat ouers en afrigters wat swemmers na die

Anell Landman ■

kliniek gebring het, self die kursus kon deurloop en geniet. Waarom het jy die werkswinkel aangebied? Bethlehem is redelik sentraal geleë. Dit is ook so dat daar nie sulke tipe swemklinieke is wat op ‘n gereelde grondslag in die Vrystaat gehou word nie. Die kliniek het swemmers van ver gelok en dit is ook vir Bethlehem voordelig as ‘n finansiële inspuiting omdat besoekers gastehuise, restaurante en winkelsentrums ondersteun het. Hoe het jy by swem betrokke geraak? Ons kinders is mal oor sport, veral swem en gimnastiek. Ek het hulle twee jaar gelede self begin afrig en baie by swem betrokke geraak. Hulle het dit geniet en van krag tot krag gegaan. Natalie en Ramon het reeds by verskeie geleenthede die Vrystaat op nasionale byeenkomste verteenwoordig en selfs so goed presteer as om medaljes op nasionale vlak te wen. Op provinsiale vlak het Natalie en Ramon ook die rekords laat spat. Waarom ondersteun julle as ouers deelname aan sport? Enige sport, kultuur of kuns ontwikkel konsentrasievermoë, uithouvermoë, selfdryfkrag en doelwitstelling. Behalwe vir die fisiese ontwikkeling van sport is daar ook ‘n geweldige hoeveelheid lewensvaardighede wat kinders ontwikkel. Gaan jy swem afrig? ‘n Mens weet nie wat die toekoms inhou nie, maar op die oomblik is daar nie tyd om vaste swemmers elke dag af te rig nie. Sover ek weet is daar drie Learn to Swim-afrigters en twee afstand- en fiksheidafrigters in Bethelehem. Wat ek wel doen is om swemtegniek, meganika en verbetering af te rig. Die ouers en afrigters is welkom om dit saam met hulle swemmers by te woon.

Wat is jou visie vir Frostbite Sport? Meer inligtingswerkswinkels waarin die potensiaal en karakter van die gevestigde en opkomende sportentoesias ontwikkel word. Daar sal ook mini-gala’s gehou word vir opkomende swemmertjies (ouderdom 12 jaar en onder) sodat hulle presies weet hoe ‘n regte gala verloop. Tydens hierdie mini-gala’s sal al die deelnemende swemmers toekennings ontvang. ‘n Module 2-werksessie vir Augustus is reeds vol bespreek. Besprekings vir 2019 open einde Junie. Mense wat belangstel kan Anell skakel by 082-378-4290 of haar e-pos by frostbitesport@gmail.com.


INSPIRATION

To advertise 072 757 0514

Wilna Botha “Die Gees van die Here sal op hom rus; die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here.” (Jes. 11:2) Hierdie teks verwys na ’n redder wat sou kom vir die volk , ’n afstammeling van Dawid, ’n takkie wat sal uitspruit en vrugte dra. Natuurlik word dit volbring in die koms van Jesus, dié een op wie die volle Gees van God rus. Na my mening is dit natuurlik ook waar van elkeen van ons wat ’n kind van God is, want ons hét die Heilige Gees ontvang. Die Gees gee vir ons wysheid, insig, raad, sterkte, kennis en eerbied vir die Here. Die Gees laat ons vrugte dra. Die Gees stel ons in staat om God se wil te doen. Dié Gees woon in ons! Dink net hoeveel krag daar in jou beskikbaar is. “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige” (Sag 4:6). “Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen.” (Eks. 31:3) Ja, my vriend, só is die Gees ook in jou aan die werk – nie net om groot geestelike werke te doen nie, maar om sommer ook net jou gewone dagtaak met vaardigheid en insig te doen. Besef dit. Laat die Gees toe om beheer te neem. ~

Passing the Test God sometimes allows us to be in less than desirable situations to test our “quality.” Quite often, He is planning a promotion for us in life if we pass the test in front of us. We are like children in school who must pass tests in order to be promoted to the next grade. Are you passing the test—refusing to murmur, complain, or blame when things don’t go your way? You should praise and bless God while you are in the low valleys of life as well as when you are on the mountaintops. If you are in a difficult or trying situation right now, discipline yourself not to complain, but instead give praise and glory to God.

Father, You see my current circumstances, and Your Word says that You’ll never allow more to come on me than I can handle (see 1 Corinthians 10:13). Please help me to glorify You today...to press forward and do everything I need to do with a good attitude. Help me to press past my difficulties and never give up. In Jesus’ Name Amen.


NEWS

www.rekordmediafs.co.za Deur Danie Cronjè

oomblik… Ek is nie een vir die warm somer maande nie. Ek het (nogsteeds) nie die figure om met ‘n sjoe broekie in die son te gaan loop lê nie. Ek is ‘n winter kind. Ek is mal oor die koue. Gee my ‘n rede om lekker warm aan te trek, die elektriese kombers uit te haal en soos ‘n kapok hen op 6 eiers die hele aand (en as ek kon dag) te broei…. Ek het met my verjaarsdag besluit dat ek tog ‘n pogingkie wil aanwend om maerder te word. En om die doel te bereik het ek op ‘n oefen fiets besluit wat ek gedurende 7de Laan kan trap. Die oefenfiets het gekom maar die oefen nog nie. Dis baie gemakliker om aan ‘n verskoning te dink as om op die fiets te klim. Ek weet dit gaan gebeur, jy kan net aan soveel verskonings dink. En dis maar hoe ons is, ons glo daar is nog tyd en as jy weer sien is dag, maand en jaar om en hier sit jy weer en probeer die olifant (of in my geval die fiets) in die kamer ignoreer. Dis dalk maar vandag die tyd om die fiets te pak en te begin trap - Gerhard Olivier

Write to us at rekordmedia1@gmail.com We welcome letters for publication. 300 words or less. Anonymous letters will be published on condition your real name and contact number appears in the letter and is known and verified by the editor. The opinion is expressed in letters is not the opinion of the editor or this newspaper. Rekord only accepts e-mails. No faxes.

Railway Bottelstoor eenvoudig die beste!

■ P. Kleynhans, Bethlehem skryf

Gun my die geleentheid om die eienaars by Railway Bottelstoor te bedank vir die onbaatsugtige diens wat hulle aan die gemeenskap lewer. Die maandelikse bydrae wat hulle so getrou aan ons plaaslike DBV tak maak word raak gesien en waardeer. Onlangs het die bakkie probleme gegee en weereens het die eienaars nie geskroom om hulp te verleen nie. Die bakkie, soos ek verstaan

is op Railway se onkoste reg gemaak en aan die DBV terug besorg. En as dit nie vir die DBV se facebook blad was nie het ons nie eers van Railway se betrokkenheid geweet nie. Dis goed om te weet dat daar nog besighede is wat bereid is om plaaslike instansies te help en te bly ondersteun in die moeilike tye waarin ons almal ons bevind. Ek glo dis die besighede wat getrou ondersteun moet word.

Petrol prices set to soar past the R15 per litre mark in June All the records are being broken for all the wrong reasons. Road users are facing more woes at the pumps next month, as yet another rise in petrol prices will see it coast past the benchmark of R15 per litre. The Automobile Association (AA) published a statement on Tuesday, stating that an increase in fuel costs will come in June due to a rise in global oil costs and the rand losing ground against the US dollar. The AA also pointed some of the blame at the South African government, saying that their decision to close April’s fuel account early has only postponed the scheduled

increase until the first week of winter: This means the country started the month (May) with a substantial fuel price deficit. In the first half of May, the fuel picture has continued to worsen, with steep oil price rises and ongoing weakness of the Rand against the US dollar.” What will petrol prices be in SA from June 2018? Whatever you need, it’ll be a damn sight more expensive than in May: Here are the predicted increases shared by the AA: +74 cents for petrol + 81 cents for diesel

+78 cents for paraffin This would therefore mean that a litre of petrol is likely to cost a South African motorist R15.46. An eye-watering figure for many of us. The road recovery service also questioned what impact fuel hikes would have on the economy. Their statement suggests there will be a large, unavoidable knock-on effect for ordinary South Africans: “We are concerned about the impact of these price hikes on the economy. Rises in the fuel price increase the cost of doing business, and companies have few options but to pass these costs on to consumers.”

Om in die volgende uitgawe van Reitz Rekord te adverteer skakel 072 757 0514


To advertise 072 757 0514

NEWS

Wie is Dinamika? Dinamika Finansiële Dienste besoek Oos-Vrystaat Artikel deur Susan Marè

Dinamika Finansiële Dienste wat die afgelope weke in Media Rekord geadverteer het, besoek die Oos-Vrystaat van 14 tot 16 Mei om geskenkpakkies aan inwoners van tehuise van bejaardes te oorhandig. Senekal Dienssentrum kom eerste aan die beurt op Maandag 14 Mei om 12:00. Dinsdag besoek Dinamika Huis Silwerjare om 10:00 in Petrus Steyn en op Woensdag 16 Mei is Dinamika om 10:00 by Hoërskool Witteberg in Bethlehem. Rekord het met twee direkteure Adriaan Smit en Jurie Dreyer – gesels. Dinamika streef daarna om ons kliënte in staat te stel om in ‘n onseker finansiële omgewing Vryheid met vertroue te ervaar. Ons Maatskappye Dinamika Finansiële Dienste (lisensie nr 46494) en Dinamika Fonds Bestuurders (lisensie nr 12693) lewer finansiële en tussenganger dienste deur gebruik te maak van ‘n bestuurde oplossing ten einde risiko’s te verminder Slegs Finansiële Dienste Raad goedgekeurde en geregistreerde produkverskaffers word gebruik vir die plasing van ‘n kliënt se fondse.Dinamika glo aan langtermyn kliënte verhoudings en

daarom word dienste aan alle ouderdomsgroepe gelewer deur ‘n behoorlike behoefte bepaling saam te stel.Deur ‘n konserwatiewe benadering te volg is die beskerming van kliënte se kapitaal van kardinale belang.Beleggings wat te goed klink om waar te wees is gewoonlik te goed om waar te wees en behoort vermy te word.Kliënte verloor soms kapitaal as gevolg van te hoë verwagtings van die kliënt sowel as die raadgewer Beleggings word ook soms in produkte geplaas waarvan die termyn en risiko nie by die kliënt se behoefte pas nie.Dinamika lewer die volgende dienste deur geakrediteerde adviseurs wat reeds etlike jare diens het en gereelde opleiding ondergaan.Beleggings (Binne sowel as Buitelands) Lewensversekering en Annuiteit Beleggingsbeplanning Boedelbeplanning, Opstel van TestamenteAfhandeling van boedels Lesers van hierdie berig word genooi om ons te skakel by 011 749 7300 of 086-184-6644. Besoek ook ons webwerf www.dinamika.co.za. SMS lyn: 44978.


HEALTH MATTERS

To advertise 072 757 0514

Public smoking ban bill out for comment The government has taken another step towards the clampdown on smoking. Health minister Dr Aaron Motsoaledi has released a draft tobacco bill which among others seeks to ban public smoking and advertising. The draft bill was issued on Wednesday and was available on the department’s website. The draft bill plans to include the following changes: – A zero-tolerance policy on indoor smoking in public places (including the removal of designated smoking areas in restaurants). – A ban on outdoor smoking in certain public places. – The removal of all signage on cigarette packaging aside from the brand name and warning stickers. – Cigarettes may no longer be publicly displayed by retailers. While a number of these proposed changes have been well documented in the media, the publication of the regulations has also revealed a number of other proposals which could prove to be more controversial among the South African public. – A ban on smoking in any motor vehicle when a child under the age of 18 years was present and there is more than one person present in that vehicle. – An extension of these laws to not only cigarettes but also any devices used in connection with tobacco products and electronic delivery systems such as pipes, water pipes and electronic devices.

– A ban on smoking in any enclosed common areas of a multi-unit residence. – The minister may prohibit smoking in any outdoor public place or workplace if it would be in the public interest. – Stricter rules on the depiction of any tobacco products – including a ban on the sale of any confectionery or toy that resembles or is intended to represent a tobacco product. Motsoaledi said the bill imposed a jail term or a fine depending on the severity of the offence. “If caught smoking in banned areas you will receive a fine or prison time up to 3 months, while those found guilty of manufacturing or importing tobacco products which do not meet the new requirements and existing standards could face a fine and imprisonment of up to 10 years.”

Maatskappy wil geskenke aan Aftree-oorde gee DINAMIKA wil skenkings aan bewoners van aftree-oorde op die platteland gee, sê die besturende direkteur van DINAMIKA FONDS BESTUURDERS en voorsitter van DINAMIKA FINANSIËLE DIENSTE. Meneer Willem Smit sê die projek het sy oorsprong in die feit dat DINAMIKA vanjaar 20 jaar oud is. Gedurende die tydperk is baie aandag aan stedelike kliënte gegee. Die maatskappy voel dat mense op die platteland deur die meeste maatskappye in die finansiële bedryf afgeskeep word. Dit is dus gepas dat die twintigjarige bestaan van die maatskappy gevier word deur ‘n bydrae aan plattelandbewoners te skenk. Die plan is om aftree oorde op uitnodiging te besoek en dan geskenke aan die inwoners te gee. DINAMIKA vra nou op hierdie wyse dat oorde hulle sal kontak sodat die proses van staple gestuur word. Skakel assieblief vir DINAMIKA by 086 184 66 44 of 011 749 7300 of SMS Geskenk en dorp na 44978 vir verdere inligting. U kan ook www.dinamika.co.za besoek en op die blad vra dat u geskakel word.


To advertise 072 757 0514

Hyundai i20 Facelift & Active in SA soon

Hyundai's top-selling i20 compact hatchback has been smartly updated and the refreshed range will be introduced in South Africa in May 2018, replete with a new flagship Active crossover derivative. The Hyundai i20 is a popular choice in the B-segment hatchback market and the South Korean carmaker has given the i20 a makeover to ensure that it can effectively compete against rivals such as the Ford Fiesta, Volkswagen Polo, Renault Clio, Kia Rio, Mazda2, to name a few. The most prominent styling change can be seen up front with a redesigned front bumper and cascading grille. The rear bumper has also been reworked and combination taillights complement the new look. The tailgate integrates the license plate and top-spec i20 derivatives will ride on either newly designed 16-inch alloy wheels (it remains to be seen if this design will be offered on the local market, however) or 17-inch items. As for the cabin, the major improvements in terms of the interior concern the introduction of smarterlooking, soft-touch plastics, updated upholstery patterns and a locally-sourced Bluetooth-enabled touchscreen infotainment system with satellite navigation and a smartphone mirroring function. On Fluid derivatives you can expect features such as electric windows all round (with 1-touch function for the driver), a multifunction steering wheel, electric folding and heated side mirrors, single-zone climate control, a cooled glovebox, remote boot unlock and rear parking sensors. Whereas the i20 line-up in the European market will feature a 1.0-litre turbopetrol engine and a 7-speed dual clutch transmission (7DCT), the local market will continue with the 61 kW 1.2- and 74 kW 1.4-litre naturally aspirated 4-cylinder petrol engines, mated with 5- and 6-speed manual gearboxes respectively, although the latter powerplant will also be available in conjunction with a 4-speed automatic transmission. In terms of safety equipment, dual front airbags (with passenger deactivation function), plus ABS and EBD will be standard, as will crash-sensing door unlock function, follow-me-home lighting, alarm and immobiliser.

WHEELS

Updated Jaguar F-Pace due in 2018

Jaguar has updated its F-Pace SUV and a new high-performance F-Pace SVR will join the range! The F-Pace, Jaguar’s first-ever SUV, is its most popular model globally. It arrived in South Africa back in 2016 and it has now been updated with a number of technological upgrades as well as the addition of a high-performance F-Pace SVR derivative. The F-Pace SVR will be powered by a 5.0-litre supercharged V8 with 405 kW and 680 Nm which will result in a zero to 100 kph sprint time in a claimed 4.3 seconds before reaching a top speed of 283 kph

Next GWM Bakkies 'built on Haval platforms'

The next generation of Great Wall Motors bakkies will see a massive jump in quality and refinement, thanks to input from GWM's luxury SUV subsidiary, Haval. During our visit to the 2018 Beijing Auto Show, we were afforded the opportunity to sit down with Great Wall Motors (GWM) group vice-president of product planning Samuel Chen, who gave us some insights into both Haval's and GWM's future portfolios. The big news is that the GWM Steed workhorse will be underpinned by a modified version of the Haval H9 7-seat adventure SUV (itself confirmed for SA market introduction before the end of 2018). With commonality and parts sharing between Haval and GWM, we expect the new Steed to shake off some of its workhorse attire and gain a big step up in terms of refinement and luxury. Globally we're seeing a shift towards lifestyle and luxury bakkies, like the Mercedes-Benz X-Class, so having an upmarket Steed alongside a workhorse makes a good business case.


HOME

To advertise 072 757 0514

In a small home or townhouse, finding space to put a wine rack can be difficult. This handy space saving wine rack fits underneath your wall-mounted cabinets. Made using 16mm SupaWood (MDF), you can paint the wine rack to match your existing cabinets - or use 16mm plywood and stain to match wood cabinets. YOU WILL NEED: - 16mm SupaWood or plywood to make the frame* - 2 of 90 x (*) SupaWood or Plywood front and back - 1 of (*) x (*) SupaWood or Plywood top

Bacon & Toast Cups

Ingredients 4 slices bacon (don’t do thick cut bacon) 2 slices of toast *The sizes will be determined by the length and with of 2 tbsp grated cheddar your cabinets and also your wine bottles. 4 eggs TOOLS: salt and pepper - Drill Method - 80mm hole saw 1. Pre-heat the oven to 200°C - Tape measure and pencil 2. Lay the bacon onto a cold non-stick skillet, turn - Clamps the heat to medium, and let it cook for about six minutes, then flip and cook for another four 1. Measure the length and width of your wall cabinet. Since most wall cabinets minutes on the other side. The bacon should still be are approximately 300mm wide, this should allow plenty of space for a wine pliable so you can wrap it around the edge of the bottle of 300mm length. Once you have the measurements you can cut the top cupcake tin. width and length, as well as the length for the front and back. 3. Use a cutter to cut out little circles of toast, just 2. Using an 80mm hole saw, drill out matching holes in the front and back big enough to fill the bottom of your muffin tin. section. The number of holes will depend on the length of your cabinets, but be Place the toast in your muffin pan, then wrap the sure to allow at least 20mm between each hole. partially cooked bacon around it. 3. Use 40mm screws (countersunk) to join the top to the front and back sections. 4. Before mounting the wine rack, take the time to sand, prime and paint or stain. 4. Distribute the grated cheddar cheese among the four cups, then crack an egg into each cup. 5. Clamp the wine rack to your cabinet and add support with a scrap piece of 5. Sprinkle with salt and pepper, then bake for wood and then secure to the underside of the cabinet with suitable length about 12 minutes. Keep an eye on it though, you screws. don’t want these buggers to burn.

Klitsgras Klitsie weet nie hoe om hierdie week se storie te begin nie... maar kom ek probeer Hoe kan hy nou die liefde van jou lewe wees as die ander ou ‘n maand terug nog die liefde van jou lewe was… as jy dink die klink soos ‘n Bold & Beautiful storyline het klitsie nuus vir jou… ‘n Pragtige meisie was vir maande lank in ‘n verhouding met ‘n mooi man in die dorp van ons gewees .Meisie lief aandag en post te veel op facebook oor die wonderlike man in haar lewe, die een en begin selfs voorbrand maak dat ‘n troue en selfs ‘n baba binnekort oppad is! Meisie gaan stad toe vir ‘n paar dae, kom terug en dinge is nie meer dieselfde nie… Meisie wil terug stad toe, ons dorp en haar boyfriend doen dit nie meer vir haar nie. Meisie het intussen ‘n ander liefde in die stad gevind maar die is ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Al wat ons hoor is dat sy nie gelukkig is nie. Nog nooit was nie en dat sy nie van plan is om ooit te wees nie… sy wil terug stad toe. Met ‘n gelieg en bedrieg vind sy haar pad terug stad toe en ‘n dag later leer ons almal op facebook van die nuwe Adonis. Die liefde van haar lewe en ‘n verloofring en dit alles in twee weke… Dalk is dit ware liefde of dalk is dit net vir die geld en gemaklike lewe. Dalk is daar klaar ‘n broodjie in die oondjie, ons wag in spanning om te sien wat die volgende post sal reveal. Terug in ons dorpie sit hier ‘n man met ‘n gebroke hart wat geglo het en gelewe het dat sy die liefde van sy lewe is. Kom ons hoop maar net dat die Adonis ook nie weg gegooi word sodra daar iets beter in die bar inloop nie…


LANDBOU SAKE

www.rekordmediafs.co.za

9 MEI 2018 MARKANALISE Die afgelope wolveiling het ‘n styging getoon teenoor die vorige veiling en die Cape Wools Merino Aanwyser het met 0.6% en 116 punte hoër geëindig op R190.70/kg skoon. Die Australiese EMI het met 1.4% gestyg. Die styging in die plaaslike mark kan toegeskryf word aan die steeds goeie vraag na goeie lang fyn wol, asook ‘n relatief klein aanbieding van 7 390 bale. Die swakker Rand was ‘n bydraende faktor tot vandeesweek se styging en het 1.5% swakker verhandel teenoor die VSA Doller, as die ooreenstemmende tyd van die vorige veiling, met vlakke van rondom R12.60. Kompetisie was egter gesond tussen kopers, met Standard Wool wat die grootste hoeveelheid bale gekoop het, gevolg deur Modiano, Tianyu SA en Lempriere SA. Wol van 21.5 – 22.5 mikron, het hierdie week die grootste stygings, van tot 2.7% getoon. OVK se hoogste prys vandeesweek van R182.00/kg, is behaal met ‘n 1 baal lot BH van 16.6 mikron, uit die skeersel van Kenneth Biggs Trust, uit die Jansenville distrik. Die koper was Standard Wool. Hartlik geluk met die uitstekende prys!

Kairos Dormers veilingsverslag ■ Dieter Schutte EDENVILLE: Danie Thomas het op Saterdag 21 April 2018 ‘n eerste in Suid-Arika embrio veiling aangebied op die plaas Canada in die Edenville distrik. ‘n Totaal van 600 Dormers het onder die hamer gekom. Die duurste ram (JH 17-10) is verkoop aan Prime Trade boerdery van Makwassie vir R 85 000. Die gemiddeld van die geregistreerde ramme was R 23 342. Die gemiddeld van die kudde ramme was

v.l.n.r- Theuns Barnard (BKB), Adrian Storm (Koper van duurste ooi), Jan Mostert (Afslaer), Danie Thomas (Verkoper), Wentzel Vorster (BKB). Voor: Jacques Meyer (BKB)

R14 000 gewees. Die duurste stoet ooi (JH 14-091) met haar 6 ontvangers wat reeds 9 ingeplante embrio’s bevat, is verkoop vir ‘n rekord prys van R 100 000, die koper was Adrian Storm van Silver Lakes. Die gemiddeld van die stoet ooie saam met hulle ontvangers was R 69 000. Die duurste geregistreerde ooi is ook verkoop aan Adrian Storm vir ‘n bedrag van R 26 000, die gemiddeld was R 9 762. Die hoogste bod op die dragtige drieling kommersiële ooie was R 5 750 wat aangekoop is deur Sias Oosthuizen van Petrus die gemiddeld was R 5 750.0 Die duurste 2 ling ooie is verkoop aan David Anderson van Deneysville vir ‘n bedrag van R 5 500 met ‘n gemiddeld van R 4 523. Die gemiddeld van die oop ooie was R 2 500 gewees. Die veiling is uiters suksesvol aangebied deur BKB Louwid Frankfort en die afslaer was Jan Mostert.

265 Hectares, water, Eskom electricity, borehole, 3 bedroom house Farm has been unused for 10 years+


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
180518 reitz rekord by Veldbrand Nketoana - Issuu