17 June 2018
072 757 0514
www.rekordmediafs.co.za
Riemland Studiegroep borg klere vir Laerskool Reitz rugbyspanne .2
NEWS Ou Koos sit eendag rustig en koerant lees toe sy vrou hom oor die kop bykom met n pan.. "Vir wat was dit?" Vra Koos ewe verbaas. "Dis vir die stukkie papier waarop "Jenny" geskryf staan." antwoord sy Vrou. "Maar Jenny is die perd waarop ek gebie het by die perde wedren!!!" verduidelik Koos. Ou Koos se vrou vra toe nederig omverskoning en voel toe ook sommer baie sleg oor die storie. So 3 dae later sit Koos weer rustig en TV kyk toe sy vrou hom weer bykom met 'n groter pan as tevore. Sy slaan hom die keer skoon bewusteloos. Toe arme ou Koos na so 15 min by kom vra hy weer so ewe verbaas vir sy vrou.... "Vir wat was dit nou weer, wat gaan aan met jou DAMMIT!!!!" Met die antwoord sy vrou baie boos: "JOU PERD HET GEBEL!!!!“ Stuur jou grappie vir ons lag ‘n bietjie kolom per WhatsApp na 072 757 0514
www.rekordmediafs.co.za
Riemland Studiegroep borg klere vir Laerskool Reitz rugbyspanne
Hoërskool Reitz se Laerskool Rugby is geseënd en bederf deur Riemland Studiegroep. Hulle het hande gevat met ons as borgskap vir die klere vir die laerskool rugbyspanne en afrigters.
To advertise 072 757 0514
NEWS
Gert Fourie verower eerste plek in sweiskompetisie
■ Gerhard Olivier
Gert Fourie het Saterdag, 9 Junie die Eerste plek verower tydens die Skole- Sweiskompetisie in die distrik, wat aangebied word deur die Departement van Onderwys. Ons is baie trots op jou Gert wat al die ander deelnemers uitgestof het!
LADYBRAND – Die gemeenskap van Ladybrand is in skok gelaat nadat ‘n wit pasgebore babaseuntjie in ‘n swart sak, Donderdag oggend om 10:30 op die hoek van Sewe en Erasmus straat gevind is. ‘n Inwoner het op die sak afgekom en die sak geskuif uit vrees dat die rondloperhonde die sak sou verskeur. Na die inwoner ondersoek ingestel het is die baba gevind. Die SAPD is ontbied. Rekord kan nie bevestig nie maar volgens die inwoner is daar vasgestel die baba is om en by 08:00 daardie oggend gebore. Rekord is in besit van foto’s maar dis te grafies om te publiseer. Enige inligting kan met die plaaslike SAPD gedeel word.
NEWS
■
www.rekordmediafs.co.za
Gerhard Olivier LADYBRAND - 'n Jong man van Ladybrand moes mediese behandeling ontvang nadat hy verlede Donderdag op 'n plaas buite Ladybrand aangeval, met 'n mes gesteek en in die huis toegesluit is. Kaptein Phumelelo Dhlamini, woordvoerder vir die SAPD, sê Ruaan King (21) is omstreeks 13:30 deur drie mans met klapmusse oor hul koppe en met waterstewels aan in die huis aangeval. Ruaan het op die stoep gesit toe die drie mans hom aangeval het. Die aanvallers het nie 'n geëlektrifiseerde heining geknip soos daar vroeër in ander media berig is nie maar toegang is bekom deur 'n gat wat onder die heining deur gegrou is om sodoende toegang tot die werf op die plaas Brakfontein te kry. 'n Tuiste vir die Kings vir die afgelope 7 jaar waar die King egpaar hul kinders groot gemaak het en later ook oupa en ouma geword het. Die plaas Brakfontein is sowat 10 km buite Ladybrand geleë oppad na Clocolan. Daar's twee plaashuise op die plaas wat uitverhuur word deur eienaars, Abrie en Estelle Roode. Die ander huis het leeg gestaan gedurende die tyd. Ruaan se ouers, Amanda en Billy King is bekende mense in die gemeenskap. Amanda is die bestuurder by die plaaslike Bed Shop en Billy werk by HEE in Ladybrand. Die Kings het intussen verhuis na Clocolan. In 'n eksklusiewe onderhoud met REKORD is die gebeure weer herleef wat 'n mens net kan laat kopskud en dankbaarheid uitspreek oor die feit dat die jong man se lewe gespaar is. As Amanda King nie op die SMS gereageer het nie sou die storie vandag 'n hele ander wending ingeslaan het. Soos reeds aangedui het Ruaan op die stoep gesit en rook. Lees verder op Bladsy 3
To advertise 072 757 0514
Vanaf Bladsy 2 Ruaan was alleen by die huis, sy ouers was in Nelspruit gewees toe die drie mans hom aangeval het. Ruaan het probeer terug baklei maar die drie mans was eenvoudig net te sterk. Die drie mans was vir Ruaan vreemdes gewees, maar die drie mans was nie onbekend met die huis of sy inhoud nie. Gedurende die gestoeiery is Ruaan in die hand gesteek terwyl hy ook met 'n bamboes kierrie herhaaldelik geslaan is. Die drie mans het een vraag bly vra: "Waar's die diamante en die geweer?" Een van die drie mans het ook beweer dat sy ma vir die Kings in 2008 gewerk het en dat sy nooit betaal is nie. Ruaan het toe besef dat hy of sy ouers nie die mense is na wie die drie mans opsoek is nie omrede die Kings in 2008 nog in Modderpoort gebly het asook die feit dat sy ma nog nooit 'n huishulp gehad het nie. Dit het egter nie die drie mans gestop om Ruaan verder seer te maak nie. Hulle het hom geskop, geklap en die houe van die bamboes kierie het bly neer reën op die kind wat sekerlik gedink het vandag gaan hy dood. Hulle het Ruaan binne die huis ingesleep sy hande en voete met repe plastiek vasgebind. Sy oë, neus en mond toegebind met die doel om die jong man te laat versmoor. Die mans het Ruaan meegedeel dat hulle gaan terugkom later as hy nie alreeds dood is nie om seker te maak hy is dood. Die drie mans se volgende vraag het Ruaan koud gelaat. "Waar is die TV wat in die ander kamers gestaan het" Sowat drie maande gelede is daar ook 'n poging gewees om by
NEWS
Ruaan se lyf waar hy met ‘n bamboes kierrie geslaan is
Die steekwond waar Ruaan met ‘n mes gesteek is
die huis gedurende Saterdag oggend in te breek. Die Kings het vroeg huis toe gekom en gevind dat die TV waaroor die een verdagte nou navraag doen op die bed staan. Gedurende die tyd wat die Kings op die plaas woonagtig is, is daar al 'n paar keer ingebreek maar nog nooit is iemand aangeval of beseer nie. Dis nou bevestig dat dieselfde mans wat nou na diamante en 'n geweer soek vroeër ook by die Kings ingebreek het. Gedurende die tyd het die drie mans kamer tot kamer, kas vir kas, bottel vir bottel oop gemaak en gesoek na die diamante en 'n geweer. Op 'n video wat aan Rekord gewys is lyk dit of 'n orkaan was wat die huis getref het soos alles uitgegooi is en bemors is. Die video wys ook die voetspoortjies van twee hondjies wat Ruaan probeer skerm het, daar waar hy weerloos vir die dood gelos op 'n koue badkamer vloer waar die plas bloed... Lees veder op Bladsy 4
NEWS
Die gestolde bloed in die badkamer en die plastiek waarmee Ruaan vasgebind is
Ruaan se hand voordat dit skoon gemaak is
Vanaf Bladsy 3 die lyne van 'n vreesbevange jongman vasgelĂŞ het, terwyl die drie mans die room van die melk in die yskas uitgedrink het, toebroodjies gemaak het en kort kort Ruaan verder gaan skop en seermaak het. Die drie verdagtes het genoeg tyd gehad om alles mooi in komberse te pak wat hulle nog wou steel voordat hulle hulle eerste buit na buite gedra het. Hier het die een verdagte wat gedink het hy doen die regte ding deur die alarmstelsel uit die muur te ruk die fout gemaak wat Ruaan se lewe gered het. Die alarmstelsel is gekoppel aan 'n SMS sisteem en sodra daar gepeuter word met die alarm ontvang die eienaar 'n SMS. Amanda King wat in Nelspruit was het die SMS ontvang en dadelik haar seun probeer kontak. Voicemail na voicemail het Amanda dadelik kontak met 'n vriendin, Lindy .
To advertise 072 757 0514
Sutherland in Ladybrand gemaak. Lindy se man Pieter is na die toneel waar die SAPD en boere gemeenskap ook gevra is om te kom help. Binne minute was die plaashuis 'n miernes van polisie en boere wat die versoek om hulp beantwoord het. Die huis was gesluit gewees en die Polisie het die agterdeur met 'n "bolt cutter" oop geknip en die deur afgeskop. Ruaan het gedurende die tyd daarin geslaag om die plastiek uit sy mond te kry want soos Rekord verstaan het hy vreeslik gesukkel om asem te haal. Ruaan het daarin geslaag om sy hande los te sny met 'n mes. Sy hande was opgeswel en hy is dadelik na die Hospitaal in Ladybrand gehaas waar hy behandeling vir sy snye, sere en opgeswelde hande ontvang het. Rekord verstaan die SAPD het baie goeie vingerafdrukke gekry en die SAPD se bystand, tyd en moeite met die ondersoek tot dusver moet gelukgewens geword. Rekord kan ook berig dat die King gesin 'n mes in een van die gebondelde komberse gevind het wat daar in weg gesteek was. Dit kan nie bevestig word nie maar die moontlik bestaan dat dit wel die mes was waarmee Ruaan gesteek is. Die ondersoek duur voort en enige inligting kan met die plaaslike SAPD gedeel word. Die Kings wil graag ook van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat gehelp en bystand gegee het gedurende die tyd. Dis 'n week later en alles is terug na normaal toe vir die King gesin. As dit nie vir 'n SMS was nie sou ons 'n hele ander storie gehad het om vandag te deel
To advertise 072 757 0514
Mom’s night out” in Petrus Steyn Op 1 Junie 2018 het die vroue van Petrus Steyn Fellowship ‘n wegbreek aand gereël ter viering van die onlangse moedersdag. Die ysbreker vir die aand het al Maandag 28 Mei begin met ‘n Selfie-Artes kompetisie. Elke dag is ‘n Selfie uitdaging aan die dames deurgegee op ‘n groep en almal moes dan hulle selfies inskryf vir beoordeling. Met Opstaanselfies, Tandeborsel-selfies, Aktiewe- Selfies en selfs ‘n Selfie waar jy die evangelie aan iemand moet bring is daar lekker gelag en die drama-koninging is in elke dame wakker gemaak waardeur ‘n paar baie kreatiewe selfies vorendag gekom het. Elkeen het ‘n blik in die ander se daaglikse lewe gekry en met groot opwinding het al die dames reggemaak vir die groot aand.Daar aangekom is almal verwelkom met ‘n glasie alkoholvrye “gluwein” en ‘n botteltjie sap op die tafel. Almal was reeds gemaklik en in ‘n goeie luim na die week se lekker lag. Nadia van der Westhuizen open die aand met die tema uit Eksodus 35 waar die vroue deur die Gees gelei is om hulle kunsvaardigheid te gebruik om die tempel te help bou. Elke vrou is aangemoedig om die gawe van God in haar wakker te maak en te bring dit wat sy het om te help bou aan die
NEWS Koningkryk van God. Daarna het die dames elkeen ‘n persentjie gekry met ‘n notaboek, pen, Skrif kaartjie en ‘n bybelstudie of storieboek, waarna ‘n Skryf vir die Koningkryk werkswinkel aangebied is. Die basis vir skryf vir die Koningkryk is gelê en almal is aangemoedig om al die platvorms tot ons beskikking te gebruik om te skryf. Na ‘n baar riglyne deurgegee is, het die werkswinkel begin en die dames het tydens die breuk waar heerlike sop bedien is, die geleentheid gekry om te skryf vir ‘n sosiale media platform of ‘n blog- platform. ‘n Paar van die skryfstukke is na die werkswinkel gelees en so het die dames mekaar bemoedig om hulle talente te gebruik om die Evangelie van die Here te verkondig en die Koningkryk uit te brei. Janine Cunningham het na die skryf werkswinkel ‘n “mythbuster” tekenklas aangebied. Met die gedagte dat die mite gebreek moet word dat net sekere mense kan teken. Sy het ‘n prettige tekenklas aangebied waar elkeen verskillende karakters kon teken en ‘n formaat aanleer om jou eie karakters te ontwerp. Hierna is die pryse uitgedeel vir elke dag se Selfie-artes wenner en daar was selfs pryse vir twee honde-kinders wat hulle neuse in die selfies ingedruk het vir ‘n goeie foto-bom. Na Anneri Jonker afgesluit het met ‘n Blog-mededeling ideaal vir ma’s waar daar gepraat word oor hoe om ons kinders te help om die stryd in hulle gedagtes te wen, kon almal heerlik smul aan die koeke wat saam met koffie en tee bedien is. Daar was ook ‘n foto-sessie waar die dames net kon laf wees en lekker saamlag. Petrus Steyn Fellowship gaan meer gereeld sulke vroue aande aanbied waar vrouens hulle kreatiwiteit kan gebruik vir die uitbreiding van God se Koningkryk. Mariska du Plessis
FATHER’S DAY 2018
www.rekordmediafs.co.za
Make dad his own Braai Basting Sauce Makes 200 ml 80 g treacle sugar 80 ml soy sauce 60 ml balsamic vinegar 2 bay leaves 1 tablespoon paprika ½ teaspoon peri-peri 1 teaspoon garlic flakes 1 tablespoon mixed dried herbs 1 tablespoon tomato paste
■ Philip Wesson,
■ Gary Lupke, Harrismith
Ficksburg Pappie moet ‘n Geseënde Vadersdag geniet.Dankie vir die WONDERLIKE pa wat pa vir my is, oupa vir Redene en Quintin. Oupagrootjie vir ons 5 kleingoed. Ons is DANKBAAR vir alles wat pappie vir ons doen en beteken, kon nie vir beter gevra het nie. Ons WAARDEER alles opreg. Lief vir pappie,oupa en oupagrootjie. Liefde Bernedene (Springs)
No amount of words can express the love and appreciation we have for you Dad! Happy Father's Day, may you be Blessed abundantly, we love you, from Jesseca and Tyrone
Surprise dad with something different! Make him a braai sauce!
In a saucepan, heat the sugar, soy and balsamic vinegar over moderate heat. Allow the sugar to dissolve before adding the remaining ingredients. Cook the sauce for 2 minutes or until thickened. Transfer the basting sauce onto a tray and allow to cool down. The basting sauce can be used on red meat and chicken.
■ Greg Scott, Bethlehem Baie dankie dat pa en oupa so goeie voorbeeld vir ons is en altyd daar is om ons met alles te help en raad te gee. Ons is baie lief vir jou van al jou kinders, skoondogters en kleinkinders
Happy father’s day!
■ Wessel, Reitz Mag jy n wonderlike Vadersdag he. Dankie vir die pa wat jy vir ons kinders is. Jy is ons hele lewe. Ons is dankbaar jy is ons sin. Lief vir jou vir altyd. Zelda, Christiaan en Ilse-Mari
■ Laval Man, Ladybrand
■ Gert Kok, Alberton
Happy Father’s day to the BEST dad in the world. You light up our lives and we are so blessed to have a dad like you. We love you lots! All our love: Melissa, Laura and Jason
My Pa, Daar is ‘n spesifieke plek in my hart net vir Pa. Dit is ‘n plek waar ek al die mooi herinneringe van my kleintyd stoor, met al die glimlaggies en trane ook. Dit voel of tyd so gou verby gaan, maar ek wil hê Pa moet weet hoe baie ek Pa waardeer en altyd sal lief hê. Met BAIE liefde Arina
■ Tony Chung, Ladybrand Happy Father’s day daddy! Thank you for everything you do for me. I hope you have a wonderful day. I love you lots! Hugs and kisses from Moyra
■ Dany Chung, Ladybrand To our dad, our hero: Thank you for always being there for us. We love you more than you know. Happy Father’s Day, you are the best! From Caitlyn, Danielle and Daryn
WHAT’S ON?
To advertise 072 757 0514
What to do, when and where… Please note that this column is published in all 25 REKORD newspapers in the Free State, Eastern & Northern Cape. Advertise your event free of charge. Send your details to rekordmedia1@gmail.com or WhatsApp/SMS 072 757 0514
Clocolan Marathon Klub Weekend run: Elke Saterdag by Clocolan Gholfklub om 07:45 Harrismith Parkrun: Saturday at 08:00 at the Platberg Nature Reserve, Berg weg, Harrismith Ladybrand Parkrun: Saturday at 08:00 at the Ladybrand Golf Club, 1 Loop Street. Bethlehem Parkrun: Saturday at 08:00 at the Bethlehem Christian Centre & Caritas College Aliwal North Parkrun: Saturday at 08:00 at the Aerodrome
17/06/2018 BETHLEHEM
Bethlehem Rotary bied by Truida Kestell hul jaarlikse Skaapkraal geleentheid aan. R200 p/p Bring eie eetgerei en drinkgoed 082 572 0754
23/06/2018 ALIWAL NOORD
Mathys Roets tree by Sundawn Lodge op 051 634 2083
29/06/18 FICKSBURG
18:30 A fabulous cabaret starring Michelle Botha at Café Chocolat – 082 920 5551
30/06/2018 LADYBRAND
Janem Wintersmark 09:00 – 13:00 Marietjie – 083 435 4067
30/06/2018 FICKSBURG
NG Kerk Basaar om 10:00 Kom ondersteun gerus
07/07/2018 FOURIESBURG
CANSA/Cluny Trust POLAR Plunge 2018 – 50m swim in the middle of winter! R150 per person or R500 per team. Contact Sonet Terblans 084-587-9820.
11/07/2018 FICKSBURG
Touch Of Class will perform at Café Chocolat – 082 920 5551
20/07/18 KESTELL
Steve Hofmeyr tree om 19:30 by die Bank op. Daniel Hoffman gas kunstenaar. R200 p/p ete ingesluit. Skakel 083 779 8655
24/07/18 BETHLEHEM
Philip Moolman tree om 18:00 by Sonskyndienssentrum op. Skakel 058 307 3780 vir meer inligting
28/07/18 BETHLEHEM
Sonskyndienssentrum vier sy vierde Sonskyn-winterfees. Stalletjies kan bespreek word by 082 929 3123
28/07/2018 BETHLEHEM
CTK Wintersbal 2018. Geen onder 18’s. Drie gang maal. R90 enkel of R150 dubbel. Semi formeel. Zelda 058-307-3700
04/08/2018 LADYBRAND
Dopper Mark & Car Boot Sale
11/08/2018 SENEKAL
Boeresport vir bejaardes. 10:00 – 17:00 Mariette 078 477 3836
24/08/2018 ALIWAL NORTH
Bosberg Rally 2018 by Sundawn Lodge 051 634 2083
01/09/2018 LADYBRAND
Oldenberg Trail Challenge 2018 For any event related queries and Accomodation. Uline Smit: 082 927 6831 Yolanda Beukman: 083 379 8866
08/09/2018 MODDERPOORT
Spring Big Walk. Runners start 07:00 Walkers 07:30 Bus leaves Ladybrand at 06:30 Tickets available at 051 813 9139
14-16/09/2018 CLOCOLAN
Die Seisoen van Vrouwees Seminaar. Imla Gasteplaas Clocolan R2500 vir die naweek Andridet 082 359 1652
27/10/2018 SPRINGFONTEIN
Springfontein Cricket Sixes, Prior Oval Range, Kom speel krieket! Skryf jou span in! Bier tent, Veiling, Pretloop vir die vrouens en kinders. Stephen de Swardt 083 382 6616
18-22/10/2018 ALIWAL NOORD
11de LSAN Buffelfees. Navrae: Epos admin@lsan.co.za
25-27 October 2018 CRADOCK
Cradock Agricultural Show
15-17 November 2018 FICKSBURG
Cherry Festival 2018
READER PET PICS
Reader pet pictures
www.rekordmediafs.co.za
WhatsApp your pet pic to 072 757 0514
Abigail Olivier. Bethlehem. Name of pet: Shrimpy.
Alfred Tladi from Ladybrand with his dog called Blue
Amelda Viljoen van Petrus Steyn. My naam is Jas
Lindiwe Muller with her baby Naila in Ficksburg
READER COMMENTS
To advertise 072 757 0514
At the beginning of the week,
had
597 likes!
Thank you for liking us!
INSPIRATION
www.rekordmediafs.co.za
Wilna Botha “So sal dit wees totdat die Gees van Bo af op ons uitgestort word.” (Jes. 32:15) Daar word in Jes. 32 beskryf hoe sleg dit met die volk gaan. Vers 15 kondig egter die draaipunt aan na nuwe, beter, wonderbaarlike dinge wat gaan volg wanneer die Gees van God uitgestort word. Die woestyn sal ’n digte vrugteboord word, die volk sal in vrede woon en veilig wees, sonder sorge, dit sal goed gaan al is daar steeds storms. Dís wie die Heilige Gees is. Die Trooster, die Helper, die Rigtingwyser, die Leermeester, die Vredegewer, die Lewegewer. Joh. 7:38 sê strome lewende water sal uit ons binneste vloei – dis die Heilige Gees! Ons moenie die krag van die Gees in ons lewens miskyk nie. Ons moenie die borreling van die Gees in ons onderdruk of ontken nie. Ons moet nooit twyfel dat ons wel die Gees ontvang het nie! Kyk, Joh. 7:39 sê: “... die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang.” As jy twyfel of jy die Gees het, bid en vra die Here om jou te vervul met Sy Gees. Hy sál dit doen. “Vra en vir julle sal gegee word... Elkeen wat vra, ontvang ... Hy sál die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk. 11:9-13) ~
Self acceptance Perhaps you have been struggling with accepting yourself. You see the areas in yourself where change is necessary. You desire to be like Jesus. Yet it is very difficult for you to think or say, “I accept myself.” You feel that to do so would be to accept all that is wrong with you, but that is not the case. We can accept and embrace ourselves as God’s unique creation, and still not like everything we do.
Father, thank You for Your unconditional love and acceptance. Help me to receive Your love and truly love myself as Your beloved child. Allow me to always view Your correction as a sign of Your love and affection for me. In Jesus’ Name, Amen
To advertise 072 757 0514
Wanneer mens boontjies kook moet bymiddels soos tamaties, asyn, suurlemoensap liefs aan die einde van die kooktyd bygevoeg word. Die suur laat die boontjies hard en ferm bly. Voeg liewers die bymiddels by sodra die boontjies gaar en sag is. Wanneer jy vleis in die oond braai, skil en sny twee uie in die helfte. Plaas die uie in ‘n oondpan. Plaas die vleis op die uie. Dit sal voorkom dat die vleis vasbrand en al die vet in die vleis drup af en trek nie in die vleis nie. Die uie kan ook geëet word. Wanneer kaas by ‘n dis gevoeg word moet dit aan die einde van die kooktyd bygevoeg word en moet teen baie lae temperature kook Laevet kaas smelt nie maklik nie. Wanneer jy kaas met ‘n sagte tekstuur gebruik en jy kan dit nie rasper nie, kap dit dan eerder fyn.
KITCHEN DELIGHT
Ingredients 150 g unsalted butter, plus extra for greasing 160 g good-quality dark chocolate 50 g cocoa powder 1 tsp instant espresso powder smal pinch of sea salt flakes 4 free-range eggs 120 g caster sugar 1 Tbs vanilla extract 3 Tbs double cream For the caramel: 150 g caster sugar 65 g butter, diced 100 ml double cream 1 tsp sea salt flakes (or smoked salt) Method 25-30 mins Butter six medium ramekins (or a 5cm x 11cm baking dish). To make the caramel, melt the sugar with a splash of water in a saucepan over a medium heat until it is a light golden colour. Whisk in the butter, then the double cream and finally the salt. Pour the caramel about 1cm deep into the base of prepared ramekins or dish, then leave in the fridge for 20 minutes to set. Reserve any caramel left over for serving. When the caramel has almost set, start making the chocolate pudding. Preheat the oven to 140°C. Melt together the butter, chocolate, cocoa powder, coffee and salt in a heatproof bowl over a bain-marie, stirring until it is smooth. In a separate bowl, beat the eggs and sugar together until light and well creamed Beat in the vanilla extract and double cream, then pour in the chocolate mixture and combine well. Pour the pudding mixture on top of the set caramel and bake in the oven for 25-30 minutes, or until it’s puffed up and set on top but still has a slight wobble in the very centre. Remove from the oven and leave to sit for 5 minutes. Serve with any left over caramel or left over double cream thinned down.
AGRICULTURE
www.rekordmediafs.co.za
Here are the numbers Most farms attacks in the last year in the Free State happened on Sundays‚ Mondays and Tuesdays with at least half of the attacks happening between 6pm and midnight. This is according to information contained in the Farm Safety Report for June released on Thursday by agricultural industry body AgriSA. The report contains a focus on the Free State compiled by Free State Agriculture (FSA) security risk analyst Dr Jane Buys focusing on the period April 2016 to March 2018. Here are some of the numbers for 2016/17 and 2017/18 for the province: Farm attacks decreased from 66 to 60; Farm murders increased from six to seven; Attempted murders decreased from 13 to 12; House robberies decreased from 39 to 38; Attacks on farms decreased from 61 to 50; Attacks on small holdings increased from
five to 10; The peak months moved from March‚ August and November to August‚ October and November; The number of victims increased from 96 to 106; The number of victims aged between 50 and 80 years decreased from 46.88% to 31.31%; The eldest victim was 87; The number of perpetrators increased from 180 to 181; In half of the attacks two to three attackers were involved; Foreign nationals were involved in 10 of the 60 farm attacks in 2017/18; Firearm usage increased from 51.51% to 61.67%; Cellphone theft increased from 27.27% to 38.33%; Meanwhile‚ stealing cash‚ vehicles‚ firearms and animals decreased; The number of attacks where nothing was stolen decreased from 16 to 12; and The arrest rate decreased from 33.33% to 30%.
Dr. Jane Buys found that criminals gained information from workers or former employees prior to farm attacks and could possibly be linked to syndicates. “In some of the incidents the suspicious vehicle that transported the attackers was spotted a day before the attack by some farmers in the area. In a lot of cases specific details as to where safes are being located that harbour firearms‚ cash and valuable items are known to attackers.” AgriSA wrote in a report in May that farm murders are at their lowest in the last 19 years. In the report they used the police crime statistics that showed 47 people were murdered on farms in 2017/18 and there were 561 farm attacks. The year with the highest recorded number of farm murders was 1997/98 when 153 people were murdered. The number of recent farm attacks has almost halved from the highest recorded number of attacks in a single year which was 1‚069 in 2001/02.
To advertise 072 757 0514
Suzuki Swift
The repackaged, next-generation Suzuki Swift has landed in South Africa. Suzuki's compact hatchback has formed the backbone of the Japanese company's global sales success, so a radical departure to a winning formula would probably be ill-advised. Does the new Swift still deliver? The Suzuki Swift has been a popular hatchback for the brand and with around 6 million finding homes around the planet, success is critical for the new Swift. In South Africa alone, almost 20 000 units have been sold, making it the most popular model in Suzuki's portfolio. What's new, you may ask? The new Swift's dimensions have changed, it rides on an all-new platform and, crucially, Suzuki South Africa has adopted a revised product strategy for the newcomer. Physically, it is 10 mm shorter, but 40 mm wider. Both tracks have been widened; the front by 40 mm and the rear by 35 mm. The entire wheelbase has been extended by 20 mm to 2 450 mm, making the new Swift almost as long as the Suzuki Ciaz sedan. These dimension changes result in improved interior space: Suzuki claims that rear passengers have a bit more headroom, front passengers benefit from more shoulder room and everyone sits a little lower down, giving the new Swift a sportier feel overall. The luggage capacity has been increased too, which was a criticism of the previous Swift – it simply didn't offer the same level of loading practicality as its rivals.
The Suzuki Swift of old was sure-footed and thoroughly entertaining to drive. There was enough suppleness to the ride quality to make it comfortable and refined, yet taut enough to keep the boy racers happy. When driven enthusiastically, the Suzuki Swift was an energetic and thrilling little car – it ably demonstrated that you don't need to buy a sportscar (or break the speed limit) to have fun behind the wheel. The key with the new Swift is weight and, like any other image-conscious millennial, it has been on a diet.
WHEELS
All New Nissan Micra
Nissan is launching it's new 5th-generation Micra compact hatchback in South Africa this week! Take a look at what you can expect in terms of specification and pricing for the newcomer.... Nissan is hoping to rattle some cages with the introduction of its new Micra which will rival cars such as the new Ford Fiesta, Volkswagen Polo and Hyundai i20 to name a few From a styling perspective, the new Micra is a massive improvement over the previous generation with sharper, curvy lines giving it a more modern and youthful appearance. The front-end features Nissan's V-motion grille in chrome and gloss black, which is complemented with boomerang LED daytime running lights. A blacked out C-pillar gives the Micra a floating-roof effect with hidden rear door handles; a roof spoiler and new boomerang taillights round off the Micra's design. The new Micra will be offered with 3 trim levels to choose from including Visia, Acenta and the top-spec Acenta Plus, which comes fitted with two-tone, 17-inch alloy wheels. The base-spec Visia derivative rides on 15-inch steel wheels while the mid-spec Acenta wears 16-inch alloys. On the inside, the Micra features a thoroughly improved interior. A T-shaped "gliding wing" dashboard design with chrome and gloss black details gives the Micra's cabin a more premium look and feel. Cloth seats are standard, but come in a variety of designs depending on the trim level you choose. The Micra Visia comes with casual black upholstery, while the Acenta derivative benefits from black and grey upholstery. The top-spec Micra Acenta-Plus features the vibrant Energy Orange upholstery. A multifunction D-shaped steering wheel is fitted and the gear lever is surrounded by soft-touch knee pads. A 7-inch colour floating touchscreen display with navigation and Apple CarPlay is offered on the Acenta and topspec Micra Acenta Plus, while the entry-level Visia derivative gets a more rudimentary audio system with Bluetooth, MP3, USB and iPod connectivity. Cruise control is standard across the new Micra range. The luggage bay of the new Micra is sizable at 300 litres. In terms of safety specification, the Micra comes specified with, inter alia, 6 airbags, an anti-lock braking system (ABS) and electronic brakeforce distribution (EBD). We will be driving the new Nissan Micra at the local launch this week so look out for more details later in the week.
Your can advertise your car or bakkie that you are selling for free in Rekord! WhatsApp/SMS your name, town, the vehicle details, price and number to 072 757 0514 – Private sellers only
NEWS
To advertise 072 757 0514 Deur Danie Cronjè
Kry die vriend invite op Facebook en die ou is heel aantreklik so obviously accept ek. Ek en die ou chat so bietjie en ek begin dink hy is glad nie te sleg nie en ons ruil nommers uit! En daar begin jou Klitsgras se week van hel! Ons chat die aand, hy bel en ons gesels hy bly in die naburige dorp en sal graag die naweek wil kom koffie drink. Totally over the moon en gillend soos ’n Graad 7 by ’n Bobbie konsert begin ek planne maak vir die meeting. Twee dae later bel hy weer, ek antwoord en die girl gaan soos ‘’n afslaer wat weet hy is in die final stages van ‘’n sale op my af. Die ou het ‘’n girl en die is oppad in haar Toyota op my behoorlik to kom opfoeter. Ek hoor op die agtergrond hoe die arme Toyota al wat ‘’n slaggat is raak ry en so stilletjies hou ek duim vas sy moet ‘’n tyre of twee change. Gee my tyd om te escape... Nou kyk vir ‘’n gestoei en ‘’n geklap en hare trek is ek nie lus nie, love dit om op Jerry Springer te kyk maar in real life sal jou klitsgrassie eerder betaal om te kyk as om self deel te neem. Die girl wil na niks luister nie en vertel my net dat sy karate en WHO knows alles voor kleure, messe, swaarde en toue het... Ek begin my lot aanvaar en alhoewel ek nie die wêreld so wil groet nie, kom dit in my agterkop op ek het nie eers ‘’n “will” nie ai... Die ergste is die girl ken my en weet presies waar ek bly en as jy eers moet begin dink wie jy almal ken wie ‘’n Toyota ry, besef jy gou Oscar sal al op parool wees voor jy klaar is! Ek maak ‘’n koppie lipton en gaan sit so bewerig om my stoep en probeer vas stel hoeveel tannies my nou agter die kantgordyne dophou, ek skat so twee dalk 3. Die Toyota stop sy klim uit en lag so hard terwyl sy aangestap kom. Dis my nig wat die streep op my getrek het nadat ek so paar jaar terug haar hele gesig met meel besmeer het terwyl sy geslaap het (dit was awesome gewees!) Sy belowe om my terug te kry en nou het sy! Haar revenge was amper 5 jaar later! Die ou is haar man en hy het die flirting baie geniet! Nou ja toe, dit kon baie erger gewees het as dit nie my nig was nie, die drie tannies wat loer sou beslis iets gehad het om oor te skinder... Tot volgende week!
Write to us at rekordmedia1@gmail.com We welcome letters for publication. 300 words or less. Anonymous letters will be published on condition your real name and contact number appears in the letter and is known and verified by the editor. The opinion is expressed in letters is not the opinion of the editor or this newspaper. Rekord only accepts e-mails. No faxes.
Genoeg is genoeg.. ■ Corrie Craven, Bethlehem skryf:
Kan iemand vir my sê waar ek in Bethlehem kan ry sonder om soos ‘n besopene heen en weer te slinger om slaggate te vermy? Ons agbare, weggejaagde, burgermeester, wat punte kry omdat sy mooi aantrek, sê in Vrystaat News/Nuus van Woensdag 25/4 bls 2, “The persistent rainfall is the reason for the state of the roads in the Dihlabeng Municipality area”. Watter uiterste snert, om reën die skuld vir onbevoegdheid te gee. Ons strate was oortrek van slaggate lank voor die afgelope tyd se reën, waarna sy waarskynlik verwys. Die lesers sal seker uit die trant van my brief agterkom dat ek nou siek en sat is vir die toestand van ons paaie. As gevolg van slaggate moes ek op 25 Januarie 2018 ‘n band vervang en die velling herstel. Op 25 April 2018 moes ek
weer die nuwe vervangde band as gevolg van ‘n slaggat vervang. Op 30 April 2018 het ek persoonlik ‘n brief by die munisipaliteit afgelewer waarop ontvanserkenning is, waarin ek my skade eis. Nodeloos om te sê hulle het hulle aan my afgevee. Ek het nou ‘n regsgeding teen die munisipaliteit ingestel. Indien daar enige inwoners van Bethlehem is, en ek glo daar is baie, wat soos ek voel, kan hulle my gerus ondersteun met inligting byboorbeeld naam, datum, tyd, plek/straat waar die skade plaasgevind en die bedrag van die skade. Fotos van die skade en gat sal baie help. My kontakbesonderhede is Corrie Craven by 082 857 7714 of stuur u besonderhede aan my e-pos craven@isat.co.za of faks na (058) 303 4153.
Rekord Media het sy digitale transformasie voort gesit en die groep het die afgelope maand sy digitale aanbod uitgebrei deur titels wat die afgelope 4 jaar gevestig is maar gesluit was vanwee finansiëele en logistieke redes te heropen. Rekord sal van vandag af in die Sentraal en Suid-Vrystaat, Oos-Kaap en Noord Kaap digitale koerante uitgee. Omrede die titels digitaal alreeds gevestig is maak dit die herloodsing makliker. Die ses koerante het reeds meer as 1000 intekenare en oor die 2400 Facebook vriende. Lesers in die streek sal die Rekord koerant net soos bestaande lesers in die Oos-Vrystaat digital per e.pos, WhatsApp, Issuu en op Facebook kan lees. Die dorpe is: Dewetsdorp & Wepener Rekord, Mohokare Rekord (Zastron, Rouxville, Smithfield), Aliwal Rekord, Kopanong Rekord (Bethulie, Springfontein, Philippolis, Trompsburg, Reddersburg, Edenburg, Jagersfontein en Fauresmith) Letsemeng Rekord (Luckhof, Koffiefontein, Jacobsdal, Petrusburg), Colesberg Rekord, Brandfort, Theunissen en Winburg Rekord sal voortaan as die Masilonyana Rekord uitgegee word.