Skip to main content

140418 reitz rekord subs

Page 1

Free Copy

14 April 2018

072 757 0514

www.rekordmediafs.co.za

Petrus Steyn en Lindley Rekord smelt saam Reitz Rekord se sustetkoerante in Nketoana, die Petrus Steyn en Lindley Rekord koerante sal van vandag af saamsmelt om die Riemland Rekord te vorm. Die besluit is geneem omrede die koerante se inhoud byna weekliks identies was. Die Riemland Rekord sal ook in Arlington en Edenville beskikbaar wees.Die koerant sal ook voortaan gratis wees. Inhoud sal volgens die behoefte van die gemeenskappe saamgestel word. Die dinamiek wat skool, besigheid en selfs kerk aangeleenthede betref verskil so in die dorpe van Reitz dat dit nie tot voordeel van Reitz Rekord sou wees om al drie koerante saam te voeg nie het Tienie Burger – Sirkulasie en verspreiding bestuurder verduidelik. Reitz Rekord se groei die afgelope ses maande het ook tot die besluit bygedra om nie saamgevoeg te word nie. Rekord Media het ook die week sy 15de plaaslike koerant die QWA QWA Rekord in Phuthadithjaba geloods. Dit is ook die groep se eerste Engelse weekblad.


Gemeenskap ● Community

02

Meester

Deur Danie Cronjè

www.rekordmediafs.co.za

Weather forecast THU

FRI

SAT

SUN

16 11 18 9 2211 2010 Weather details supplied by Accuweather

Pet pic of the week Events Calendar To publish your event for free in this column send your details to rekordnews@gmail.com Events within the next two months will receive first preference

Rekord help Rekord plaas voortaan gereeld gratis inligting in die Helpkolom. Daarmee help ons ook erkende instansies in die Oos-Vrystaat met broodnodige asook gratis blootstelling. Stuur versoeke daarvoor na rekordnews@gmail.com Ons doen egter nie bedankings in hierdie rubriek nie. ■ FRANKFORT

14/0/18

25/04/18

Die Maluti Mighty Menbyeenkoms vind van 13 tot 15 April op die plaas Karmel naby Fouriesburg plaas Bethlehem: Charlotte Theron Kinderhuis Musiekfees Kaartjies kos R70 Skakel 058 307 3700 Bethlehem: Nataniël tree by Hoërskool Voortrekker op. R220 per persoon. Skakel 058 303 4006

27/04/18

Ficksburg: Tribute to the Beatles – Rushhour Info: 082 920 5551

05/05/18

Memel: NG Gemeente Kermis 2018

05/05/18

Memel MTB Challenge 2018 Registrasie: 07:00 Kontak Kobus 082 786 5832

12/05/18

Ficksburg: Wynand van Vollenstee van Ouboet en Wors tree op by Café Chocolat Info – 082 920 5551

25/05/18

Bethlehem:. Jannie du Toit met Doep is nie dood nie en ander trots Afrikaanse musiek. Anglikaanse Kerk, 19:00, R120. Bel Susan Maré by 083-469-1597 vir kaartjies

25/05/18

Ficksburg Gereformeerde Kerk Wildsete vind plaas

30/05/18:

Bethlehem: Pierre van der Westhuizen (tenoor): Liefdesliedere en ander. Heerlike ete ingesluit. R120 18:30 in saal van Sonskyn Dienssentrum. Bel Annemie Bosman by 082 929 3123 vir kaartjies

01/06/18

Ficksburg: Cat Simoni tree op by Café Chocolat - Info: 082 920 5551

www.rekordmediafs.co.za

The Keep feet warm project in Frankfort Bedsocks will be made with the wool and donated to old age homes. 150 pairs is needed. Contact Petronel Swart 082 475 2866 ■ BETHLEHEM

Bethlehem SPCA hou weer `n Adopt a boss die 17 April om 10 uur die oggend. Wil jy he ons moet jou baas kom toesluit in ons hok en dan moet hul geld kry by al hulle vriende om te mag uit die hok kom.So help hul ons om geld in te kry vir goeie sorg vir al die diere hier.. Dit is altyd `n lekker dag vol lag en baie spanwerk. Kontak Erna op 058 3033998 of 062 672 7575 as u meer wil weet. Enige persoon welkom om die mense in die hokke te kom aanspoor om nog meer mense te kry om hul uit die hokke te kry. Dan

gaan die persoon wat die meeste geld insamel `n lekker prys wen die jaar. ■ FICKSBURG David’s Place Youth Care Centre Urgently need your gently used clothing, household items, and shoes. All ages from new born to 18 years old. They also need curtains and hangers urgently. Contact Zandri Grimbreek 083 699 3611

■ WARDEN Warden VLU Hekeldeken Warden VLU loot ‘n pragtige Queen size bed Hekeldeken uit om fondse in te samel. Teen R50 per kaartjie kan u staan kans om dit te wen! Kontak Babie 083 415 5333. Wenner word gekies 30 April 2018. Besoek Warden Rekord se Facebook blad indien u wil sien hoe die hekeldeken lyk.

This advert is proudly sponsored by

Contact us

13/04/18

Deadline for Adverts/News Advertising 072 757 0514 rekordads@gmail.com

News Gerhard Olivier

Chuckle Two 90 year old men, Mike and Walt, have been friends all of their lives. When it's clear that Walt is dying, Mike visits him every day. One day Mike says, "Walt, we both loved football all our lives, and we played football on Saturdays together for so many years. Please do me one favour, when you get to Heaven, somehow you must let me know if there's football there.“ Walt looks up at Mike from his death bed," Mike, you've been my best friend for many years. If it's at all possible, I'll do this favour for you. Shortly after that, Walt passes on. At midnight a couple of nights later, Mike is awakened from a sound sleep by a blinding flash of white light and a voice calling out to him, "Mike--Mike." "Who is it? asks Mike sitting up suddenly. "Who is it?“ "Mike--it's me, Walt." "You're not Walt. Walt just died." "I'm telling you, it's me, Walt," insists the voice. "Walt! Where are you?" "In heaven", replies Walt. "I have some really good news and a little bad news." "Tell me the good news first," says Mike. "The good news," Walt says," is that there's football in heaven. Better yet, all of our old friends who died before us are here, too. Better than that, we're all young again. Better still, it's always spring time and it never rains or snows. And best of all, we can play football all we want, and we never get tired." That's fantastic," says Mike. "It's beyond my wildest dreams! So what's the bad news? "You're on the team for this Saturday's match!"

Publisher

Printed, published and distributed by the publisher Rekord Media Holdings Pty.ltd, Tienie van Rooyen Street nr.3, Clocolan. No advertisement will be published if the full amount is not paid in full by deadline. No reproduction without wriiten consent.

Wednesday 17:00 Werner du Toit

Stompie (links) en Tiekie (regs), twee ougat hondjies met baie karakter! Die naaste diere wat jy kan kry wat amper mens is! Eienaars is Andries en Corlia van Clocolan.

073 847 2468 rekordnews@gmail.com

Code of Conduct

MEDIA HOLDINGS PTY. LTD

This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby Reserved In terms of the copyright act.


rekordmedia1@gmail.com

Gemeenskap â—? Community

03

Mini ads – 072 757 0514 Free WhatsApp/SMS adverts published in this column. Start your message with the town where you reside, description, price and include one cellphone number.

This advert is proudly sponsored by


rekordmedia1@gmail.com

Gemeenskap ● Community

04

NOG STEEDS DIE BESTE OPSIE…

Wanneer jy in jou plaaslike adverteer word jou advertensie gesien in

se gedrukte koerante in totaal is wyd beskikbaar…

se advertensie tariewe is bekostigbaar en gee jou die geleentheid om plaaslik of om in al 15 koerante te adverteer. U kan in kleur or swart en wit adverteer en u advertensie pakket word volgens wat u kan bekostig saam gestel. Advertensies word GRATIS ontwerp en indien u vir ‘n maand bespreek word u advertensie ook gratis in die digitale streeksblad Oos-Vrystaat Rekord geplaas. Ons sperdatum is Maandae 17:00 vir die Woensdag uitgawe. Skakel 072 757 0514 of e.pos ons by rekordads@gmail.com om te adverteer.


05

Klitsgras Kalfie liefde bestaan duidelik nie meer onder vandag se tieners nie. Valentynsdag het 'n nuwe meaning vir mamma gekry toe die inloop op boetie se poedelnaak girlfriend wat net bedek met 'n paar rosepetals op boetie se bed lê en wag vir boetie om van oefening af te kom. Weet nie mooi wie het die hardste gegil nie maar Klitsie kan net imagine hoe awkward die gesprek agterna met of 1. die girlfriend se ouers of 2. boetie moes gewees het. Imagine dit net! "Hallo Sannie, Minki hier hi ja dit gaan goed, ja ai die droogte, ja uhm luister jou dogter het so terloops kaalstert op pieta se bed gelê en wag vir hom. Ja, regtig tee en tert, ag ja wat hoekom nie sien jou nou..." en "Pieta, het dit al ooit gebeur? Nee nooit ma, regtig ek is net so geskok soos ma." Ja nie so seker of dit die volle waarheid was nie en hoe die jong verhouding nou gaan oorleef nie, sal mos nooit my gesig by my boyfriend se huis wys as dit ek was nie. Nie seker of my ma die josie in sou wees oor ek poedelnaak op 'n bed loop staan lê of die feit dat daar aansienlik minder rose in die tuin gaan wees waaraan so hard en getrou gewerk word nie. Ja 'n regte tammeletjie ne... Op 'n ietwat ernstige noot Klitsie is bewus van 'n 12 jarige dogtertjie wat duidelik verveeld is wat selfoon nommers op haar foon loop save en dan 'n gesprek probeer aanvoer met aansienlike ouer mans en vrouens op whatsapp. En die kind is duidelik glad met die bek op haar ouderdom! Haar ouers is verwittig maar of daar iets aan die saak gedoen is sal Klitsie nie weet nie. Dus kan dit net 'n goeie ding wees om dalk net bietjie te gaan loer waarmee jou kind hom/haarself mee besig hou. Vroeg ryp... Klitsgras bevind haarself in die Hospitaal en sal volgende week weer terug wees-Red

Maatskappy wil geskenke

aan Aftree-oorde gee DINAMIKA wil skenkings aan bewoners van aftree-oorde op die platteland gee, sê die besturende direkteur van DINAMIKA FONDS BESTUURDERS en voorsitter van DINAMIKA FINANSIËLE DIENSTE. Meneer Willem Smit sê die projek het sy oorsprong in die feit dat DINAMIKA vanjaar 20 jaar oud is. Gedurende die tydperk is baie aandag aan stedelike kliënte gegee. Die maatskappy voel dat mense op die platteland deur die meeste maatskappye in die finansiële bedryf afgeskeep word. Dit is dus gepas dat die twintigjarige bestaan van die maatskappy gevier word deur ‘n bydrae aan plattelandbewoners te skenk. Die plan is om aftree oorde op uitnodiging te besoek en dan geskenke aan die inwoners te gee. DINAMIKA vra nou op hierdie wyse dat oorde hulle sal kontak sodat die proses van staple gestuur word. Skakel assieblief vir DINAMIKA by 086 184 66 44 of 011 749 7300 of SMS Geskenk en dorp na 44978 vir verdere inligting. U kan ook www.dinamika.co.za besoek en op die blad vra dat u geskakel word.

Gemeenskap ● Community

Kitchen delight

Lamb Fruit Kebabs

Prep Time: 15 minutes Cook Time: 20 minutes Iced fruit-flavoured rooibos tea is the basis for this unique and distinctive marinade that will make your lamb kebabs really sizzle with flavour. Ingredients (Serves: 6-8) 4 SPAR rooibos tea bags 400 ml SPAR red grape fruit juice 300 g SPAR mixed dried fruit (2 x 150 g packets) 10 ml lemon zest 10 ml orange zest 1 stick cinnamon 3 whole cloves 800 g cubed lean lamb 30 ml SPAR Spanish extra-virgin olive oil salt and pepper to taste Method Pour 400 ml boiling water onto the tea bags. Set aside to brew until strong. Discard the teabags and combine the tea with all the remaining ingredients. Cover and refrigerate for as long as possible, (even all day or overnight is fine.) Discard the cinnamon stick and thread the fruit and lamb alternately onto skewers. Braai lightly, turning until the lamb is cooked through and tender.

www.rekordmediafs.co.za

Heuningdruppels Pilatus Pilatus Ons het pas Paasfees gevier. Die aand toe Jesus gevange geneem is nadat Hy doodsbenoud gebid het, Sy verhoor, Sy kruisiging en toe die opstanding. Hy het toe aan honderde mense verskyn en eventueel opgevaar hemel toe. Ek bly egter steeds dink aan Pilatus en sy lafhartige optrede toe hy self verklaar het dat Jesus onskuldig was, maar Hom tog oorgegee het om gekruisig te word. Nou wonder ek, wat het hy van hierdie hele ding gemaak? Hoe het hy gevoel toe Jesus opstaan? Was hy dalk bang en bevrees dat Jesus sou terugkom vir hom? In Joh 18 : 28 - 40 speel die verhaal af waar hy vir Jesus "verhoor" het. Hy het vir Jesus 'n paar vrae gevra :1) Is jy die Koning van die Jode? 2) Wat is waarheid? 3) Dan is Jy tog 'n koning? Gaan lees gerus hierdie stukkie in die Bybel. In hierdie gesprek was Jesus se antwoorde eenvoudig een te veel vir hom. Nou wonder ek: het Pilatus weer teruggedink aan hierdie gesprek na die opstanding? Het hy dalk tot ander insigte gekom toe hy hierdie wonderwerke sien afspeel? Is dit moontlik dat hy dalk ook tot bekering gekom het en sy lewe omgedraai het, of het hy net soos altyd voortgegaan in sy lewe? Ons sal nooit weet wat sy uiteinde is in die hiernamaals nie. Maar Pilatus, jy het die regte vrae gevra. Hier is die antwoorde: 1) Hy IS die Koning van die Jode, en van almal anders. 2) Hy IS die waarheid. Die weg, die waarheid en die lewe. 3) Hy IS inderdaad 'n Koning, die enigste Koning, wat op die troon sit aan die regterkant van die Vader, en heers oor die heelal, en al wat leef


06

Advertensie â—? Advertisement

www.rekordmediafs.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
140418 reitz rekord subs by Veldbrand Nketoana - Issuu