Skip to main content

Reitz Rekord 10 September 2015

Page 1

10 September 2015

Edition 82

Advertising: 072 757 0514

News: 073 555 7930

R3.00

RobCron Rolbaldag 'n reuse sukses


02 REKORD

nou weet jy now you know

now you know! RobCron rolbaldag ’n reuse sukses

Chuckle A husband frantically calls estate management from his flat. "Please come fast I'm having an argument with my wife and she says she will jump out the window of our flat,“ he says. The manager responds: “Sir, that's a personal matter!” Husband: “But the window won't open! That's a maintenance matter!” Jou ore is so klein, ons hoor “hallo”, en jy hoor “hallo'tjie.” Ek het vandag 'n nuwe woord geleer, naamlik “elektrogasme.” Hierdie woord beskryf die gevoel wat ’n mens kry wanneer Eskom weer die krag aanskakel.

Op Saterdag, die 5de September 2015 het RobCron Motors ‘n borgdag aangebied by die Frankfort RolbalKlub. Dit was ‘n reënerige dag maar die rolbalspelers laat hulle nie afskrik nie. Daar het 14 spanne opgedaag: twee spanne van Bethlehem Bowling Club, twee van Vrede, twee van Warden en twee van Harrismith. Reitz, Petrus Steyn, Bethlehem Country Club het een span elk ingeskryf en Frankfort drie spanne. Met ‘n positiewe gesindheid en goeie gees wat geheers het was dit ‘n suksesvolle dag en ons wil Emile Cronje en Willem Roberts van RobCron Motors bedank vir die pryse en ondersteuning. Eerste en tweede prys is onderskeidelik gewen deur Vrede, terwyl Reitz derde was. Die gelukkige trekking is gewen deur Alfred Linde van Frankfort. Die mans slootrol is gewen deur Gerhardus Corver van Warden en die dames deur Raaitjie Hugo van Frankfort. Willem Roberts verskyn saam met die spanne op die foto’s waar hy die pryse oorhandig.

Meester

Deur Danie Cronje


REKORD 03

nou weet jy now you know

Vir die For the

Rekord

Oor ‘n paar dae sal al wat leef en beef hom- of haarself weer begewe in die opwinding van die Rugbywêreldbeker wat eersdaags in Engeland afskop. Ons staan agter die Bokke en alhoewel ons nie almal met die spankeuses saamstem nie, verteenwoordig hulle ons ambisie en hoop om die Webb Ellis-trofee weer te lig. Ek kan nie help om terug te dink aan die 1995 Wêreldbeker waar Coca-cola elke deelnemende land se wapen op blikkies gedruk het en almal Coke-blikkies versamel het. Daai soektog na daai een blikkie wat jy nog nie het nie is amper dieselfde as wat tans die geval is met die “Stikeez” wat almal op hol het. Ja, ek het ook die blikkies versamel en was trots op my versameling. Jare later is die blikkies nie meer daar nie maar die passie wat daarmee gekom het, vlam elke vier jaar op wanneer die rugby skouspel nader kom. Terwyl sommige dele van die streek al reën ontvang het is dit nog steeds nie genoeg om die damme vol te maak en die droogte is nog steeds met ons en ons boere. Plek plek kry diere swaar en ek doen ‘n beroep op ons lesers om asseblief vir reën te bid. Die 24ste September is “Braaidag” en op Marquard word ‘n wêreldrekord poging aangepak om die meeste braaiers bymekaar te kry om op dieselfde dag en tyd ‘n lekker Sparta steak te braai. Daar gaan lekker gekuier en gedans word. Pak in daai braaier en kom sluit by mede OosVrystaters aan en kom maak saam geskiedenis! Ek hoop om u daar te sien! Rekord braai saam die 24ste! Geniet die week! Shanè

Editorial team Editor

Shanè Fourie 073 555 7930 rekordnews@gmail.com

Advertising

Michelle Pitchers 072 757 0514 rekordads@gmail.com

News

Candy Madonsela 078 782 3757 rekordnews@gmail.com

Contact details

Fax us at 086 402 9106 Deadline Wednesday 10:00 Banking details Rekord, Capitec 1408255632 Subscription Send an e-mail with your details and town to subs@rekordmedia.com

Huledeblyk aan Fielies: Geskryf deur sy dogter My Pappa : Fielies Janse Van Rensburg

Hy is gebore op 19 Desember 1960 en het skool gegaan op Petrus Steyn tot standerd 5. Daarna is hy Landbouskool toe op Kroonstad, waar hy gemartikuleer het. Toe ons kinders was het hy vir ons die interessantste en snaaksste stories vertel van al die kattekwaad wat hy en sy vriende op die bus en in die skool en koshuis aangevang het. Hy het tot op `n stadium die rekord gehou vir die meeste slae in een week. Na skool is hy weermag toe. Van sy tyd in die weermag het hy ook stories vertel, maar hierdie stories het jou hoendervleis gegee. Na die weermag was hy verder betrokke by die kommando op Lindley totdat dit gesluit

het in 2007. Na weermag kom boer hy op die plaas, Vishoek in die Petrus Steyn-distrik. Met die hulp van God en sy goeie bure begin hy boer met niks. Van niks af het hy ‘n hele boerdery tot stand gebring, so mens kan sê dat hy baie suksesvol was. Hy het ook vir Petrus Steyn rugby gespeel. Op 17 November 1984 trou hy met Cila en hulle het 2 kinders, Marieta en Arnold. Sy familie was vir hom alles. Dit wat hy gedoen het, het hy vir sy vrou en kinders gedoen. Hy het byvoorbeeld gesê hy sal nie oorsee gaan nie, maar hy werk hard hier om `n sukses en`n nalatenskap vir sy kinders te los.Hy was `n natuur mens, wat lief was vir die

omgewing en diere. Dan het hy ook gehou van quad ry en om lekker te eet. Fielies was betrokke by die veiligheid, intelligensie en brandbeheer van Petrus Steyn tot sy dood toe. Hy het terwille van ander mense se veiligheid sy eie boerdery tweede gestel. Dis iets wat jy nie van almal kan sê nie: hy het sy medemens bo homself gestel. Op 1 Maart 2013 kom haal die Here ons pappa, tydens `n visvang – byeenkoms vir die kerk. Hy het voluit geleef en ons gun dit hom by Jesus, maar mis hom elke dag verskriklik baie. Lief pappa baie vir altyd!


04 REKORD

Klitsgras Kyk, jou Klitsie het glad nie ‘n probleem met mense wat vir hulle self werk of geleenthede vir werk skep nie. Hier in onse ou dorpie is ‘n bitter jong dametjie wat vir almal staan en vertel dat sy nou werk in die stad gekry het wat baie goed betaal. Ok, stop die bus, of is dit nou die Porsche (ja regtig ‘n Porsche) wat in die driveway staan. Die klere wat jy dra het nie van ‘n Pep stores sale af gekom nie. Die handsak is nie ‘n China mall special nie en ek seker daai Samsung foon is nie by die plaaslike Pakistani gekoop nie. Watse werk betaal so goed vir so min ervaring? “Ek’s my baas se P.A.” Nou die baas is nie beslis nie wit nie, amper so oud soos Jacob Zuma en dra nog Brylcreem in die hare, wit vest en goue ringe en bande. Watse werk doen jou baas? “Verkoop motors van sy huis af in die stad.” Ja, right, chop seker die gesteelde Land Cruisers op en verkoop die parte. Ek’s nie stupid nie. Jy’t ‘n lewe vir jouself gekies en jouself gebrandmerk vir die res van jou lewe. Vir baie is die nie nuus nie, hulle ken jou, jy’t dan voor ons groot geword. Sodra jy jou expiry date bereik en hy jou uitgooi vir die volgende jong girl van die platteland gaan jy niks van die lewe wat jy nou dink jy het oor hê nie. Jy is nie sy eerste nie en jy gaan nie sy laaste wees nie. So lekker as wat daai porsche nou ry kom alles in die lewe met ‘n prys. Jy speel met vuur, dolla.

nou weet jy now you know

Op die Rekord met... Marili du Toit 1.Wie is jy? Ek is Marili ( gebore van Vuuren), voorheen getroud met Wyle Kevin Starke (24 jaar) en nou getroud met Henk du Toit( 10 jaar). Ek is gebore op Reitz, en het my laerskool sowel as hoerskool loopbaan daar voltooi. Ek was ontsettend lief vir sport. Sommige van my 400m, 200m en 100m rekords staan nou nog. Ek het as juffie die dogters uitgedaag om die rekords te breek, en as hulle dit kan regkry gee ek hulle R100. Carlin v d Berg kon een breek. Wyle Jene Viljoen het amper daarin geslaag. My ouers was Japie en Joey van Vuuren. My pa het jare by VKB gewerk en my ma was juffrou by die skool en later kleuterskooljuffrou by kabouterland). Hulle is ook oud inwoners van Reitz tot met hul afsterwe. Ek het ook van 2000 tot 2006 daar skoolgehou. My kinders is Keith-Ernest Starke, ‘n Bemarker in Bloemfontein en Shaun Starke ‘n vlieënier in Pretoria. Shaun het ook aan Hoerskool Reitz gematrikuleer in 2008. My skoonouers Mann en Jakkie Starke is ook nou nog inwoners in Reitz. 2.Watter beroep/werk/besigheid Ek is n onderwyseres met n passie vir kinders en sport. Ek hou reeds skool van 1980, eers by Stella, toe by Kameel en weer in 2000 in Reitz. My laaste skool was Curro Haezeldean in Pretoria. Tans gee ek wiskunde ekstraklasse by ’n sentrum, Perfektika, en ook privaatklasse. Ek wil ophou maar is gebore om kiddies te help en te leer en te motiveer...se altyd nie n goeie juffie nie...kan net smokkel met n kind se kop... 3.Wat van ons dorp maak dit vir jou die moeite werd om nog steeds hier te woon? Ek woon nie meer in Reitz nie, maar die tye wat ek daar gewoon het was oor en oor die moeite werd. As skolier het ek die wonderlikste kinderdae beleef en as grootmens Reitz as n stunning gemeenskap beleef wat omgee en ‘n mens dra in swaar tye. Tydens Kevin, my man, se dood het ek soveel liefde ervaar van mense dat Reitz my altyd na aan die hart sal wees...ek het dieselfde beleef met die afsterwe van my ouers. Ook kan ek met groot oortuiging in my hart sê die lekkerste skool waar ek ooit skool gehou het, n mense- mense dorp. Ek sal more terug trek Reitz toe as ek kan. Dit is ‘n ongelooflike dorp. Mense ken mekaar almal daar, gee om vir mekaar, bid vir mekaar, speel en kuier saam...van my beste jare was op Reitz. (Vervolg op bladsy 5)

Rapid response team established for FS municipalities The Free State provincial office of the national Department of Water and Sanitation has established a rapid response team to help municipalities with their water problems. This is according to provincial head of the department, Tseliso Ntili. He says two of the main problems experienced by municipalities in the province is the interruption of water supply and the poor quality of water. Ntili says his department contact various municipalities every week to hear if they have any water problems that might lead to protest action. If they need help, a rapid response team from the department is then dispatched to assist the municipality to restore the water supply or look into the quality of the drinking water. Ntili was making a presentation to members of parliament’s select committee for social services that is currently visiting the Free State to look into the province’s progress with its bucket eradication programme.

Parlotones tree op in Verkykerskop! Op die 24ste September sal die Parlotones sorg vir ‘n vertoning soos min wanneer die gewilde groep in Verkykerskop by die Verkykerskop Hotel optree. Die vertoning begin 19:00. Vir meer navrae kan Beth Hillary by Verkykerskop Hotel geskakel word.


REKORD 05

nou weet jy now you know

Op die Rekord met...

Nuutverkose VRL vir 2016!

Marili du Toit (Vervolg van vorige bladsy) 4.Is jy plaaslike betrokke by enige projekte, organisasies ens? Ek was betrokke by die Dameskring, En natuurlik by die skool en kerk. 5. Wat van ons dorp maak jou die josie in? NIKS...behalwe die agteruitgang wat ek beleef as ek nou daar kom. Gelukkig bly die mense dieselfde, en ek geniet die dorp met sy pragtige geboue en fantasties mense, en sy wonderlike mooi plase en beeldskone natuur. 6.Waar sal jy jouself oor 10 jaar wil sien? As ‘n gelukkige mens wat net vir my God wil leef en ander mense wil dien en help, en wie weet, dalk in Reitz. O ja, en ek wil die beste oumie vir my kleinkinders wees. 7.As jy jouself in een woord moet opsom wat sal die woord wees en hoekom? Omgeemens. Ek lief mense, my passie is mense. 8.Vertel ons iets wat ons nie van jou weet nie Dat ek maklik kwaad kan word, maar daarna kwaad vir myself is, en baie gou jammer kan sê. 9.Waar in die dorp is jou gunsteling (a) eetplek (b) kuier plek? My gunsteling kuierplek was by "piekie kiepie." Ek hoop hy bestaan nog. Ek het altyd Vrydagmiddae na skool daar gaan eet of koffie en koek saam met vriendinne gaan eet. Ursela se koeksisters was die beste en lekkerste ooit, Ek koop nou nog altyd vir my koeksisters as ek daar kom. Ja en dan was Sandsteen se kos en kuiers altyd pret,maar die lekkerste kuier plekke in Reitz was my vriendinne se huise. Ek mis my vriendinne van Reitz erg, maar kuier gereeld saam met hulle as ons daar kom of hulle in Pretoria is. DIE BESTE VRIENDINNE OOIT... 10.Jou motto in die lewe is... Lewe voluit...jy weet nie hoe lank jy op aarde gaan wees nie en of jy ’n verskil kon maak in die tyd wat jy gehad het nie. God skryf jou storie. Hy vra nie jou input nie, maar Hy gee jou krag om dit te hanteer, so lewe in oorwinning vir Hom. Dankie vir die geleentheid en ja, Reitz bly die beste plekkie ooit. Trots om te se ek kom van Reitz. Sal altyd n Reitzer wees al bly ek nie meer daar nie

Baie geluk aan die gekieste VRL vir 2016 vir hoërskool Reitz. Op die foto verskyn: Me. Nicola Bezuidenhout (VRL-voog), Driana van Deventer,Suzanne Linde, Minante Cronje, Erika Benade, Shantel Bouwer, Janco Oosthuizen, Tiaan Pienaar, Herman Smith, Geyer Terblanche en Armand Pretorius.

Die Riemland Smith Cylinder vir windpompe Piet Smith, van Petrus Steyn, het die Riemland Smith Cylinder ontwikkel. Diè innoverende en unieke uitvindsel word gebruik in windpompe om meer water in damme te pomp

met min of geen watervermorsing nie. Daar is ook min of geen onderhoud op hierdie stelsel nie. Boere praat met lof van hierdie silinder.


06 REKORD Kitchen delight

Sticky Chicken Wings Preperation time: 5 minutes Cooking time: 25 minutes An informal, tasty, hands-only meal which your kids and your budget will enjoy! Ingredients (serves 4): • 16 -18 chicken wings or 8 drumsticks, or combination of both • salt to flavour • 100ml SPAR sweet chilli sauce • 15ml SPAR soy sauce • 20ml SPAR smooth apricot jam • 5ml Hot English mustard • 1ml bottled dried Italian herbs • 100ml SPAR Nectarine fruit juice blend Method: 1. Place the chicken wings in a shallow oven dish, season with salt, and then grill them for +-5 minutes until attractively browned. Reduce the oven temperature to 160ºC. 2. Warm the remaining ingredients together in a pot, or in a jug in the microwave oven. Pour onto the wings to coat them completely. 3. Bake for 20 minutes, turning them over regularly in the marinade

nou weet jy now you know

Heuningdruppels “If you cannot do great things, do small things in a great way.” So het iemand eendag gesê. Ek sien baie keer dat mense graag belangrike, groot bedienings in die kerk wil doen. Hulle wil báie mense bereik en ’n gróót impak in die wêreld maak. Hulle wil groot gehore toespreek, een-ton-trokke vol goed uitdeel en duisende mense na die Here toe lei. Dis natuurlik nodig en daar ís mense

vir wie die Here daardie werk gee, maar die meeste van ons sal nie sulke asemrowende dinge bereik waaroor almal praat en waaroor daar in tydskrifte en op TV berig word nie. Die meeste van ons se name sal nie op almal se lippe wees nie. Wat wel belangrik is, is dat ons dít wat ons doen met uitnemendheid sal doen, met oorgawe, met ywer, voluit, sonder om beloning te

soek en erkenning te verwag. Doen jou klein dingetjies daar in die stilte, waar niemand sien nie, doen met vreugde wat jou hand vind om te doen, maak ’n verskil vir een of vyf mense, hou daarmee vol en die Here sal jou daarvoor beloon. “Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!” (Matt. 25:21)

Health & Fitness There are always things that we have wondered about when it comes to fitness. Well, this week we share a few fitness facts with our readers to inform them of some interesting things you maybe didn't know about the body. 1.You would need to drink a quart of milk everyday for 3-4 months to drink as much blood as your heart

pumps in one hour. 2.Tongue prints are as unique as fingerprints 3.Underwater swimming is the only time you should hold your breath while exercising 4.Muscle is 3 times more efficient at burning calories than fat 5.Your tongue is the only muscle in the body which is attached at one end. 6.Forward locomotion is the act of

Quick DIY

Quick and safe Laundry detergent

Inspiration

Just in case you run out of laundry soap (or want to make a cost-effective detergent in the scent you like best), make your own with a few household ingredients. Homemade Laundry Powder (Makes approximately 5 cups) 2 cups (finely) grated castile soap* 1 cup borax 1 cup baking soda 1 cup soda ash (washing soda)

Skryfkuns: Liefde is sterker as plastiek Hulle het almal in een huis gebly. Die meisies was jonk, in hul vroeë twintigerjare. Die winkelpop was 'n man, uit plastiek vervaardig en aanmekaargesmelt deur 'n masjien. Die Here het hom nie geskape nie. Dis eintlik 'n snaakse verloop van omstandighede wat daartoe gelei het dat die meisies en die winkelpop saam in een huis woon. Maar die basiese gedagte, die eenparige besluit wat die twintig vriendinne geneem het voor hulle gesamentlike intrek was dit: die alledaagse lewe het vir die vrou as simbool van die gevoel nie meer agting nie, dit is mans se skuld, en wie het in elk geval 'n man nodig? Toe kry hulle 'n winkelpop. Vandag staan hy in die middel van die grootste kamer in die huis, op die middelpunt van die sirkel wat perfek gevorm word deur die twintig meisies se beddens. Hy lyk baie meer gehawend as twee jaar gelede, toe hy nog 'n netjiese pak klere aangehad het, mooigekamde pruik, wel toe hy nog 'n blink winkelpop was. Maar hy kon nie die belangrike toets van die tyd weerstaan nie; van die intrek twee jaar gelede tot nou was miskien twee jaar te lank in sy lewe. Liefde is sterker as plastiek, en selfs vir 'n winkelpop is dit te erg om

loosing and finding your balance. 7.The human nervous system can send signals to our brain at 200km/h 8.69% of men consider themselves fit. 9.13% of men are actually fit. We hoped you enjoyed it this week. Until next week. Stay fit and keep healthy.

twee jaar gelyktydig liefgehê te word deur twintig ryp vrouens. Wat nou oorbly is slegs 'n kaalgestroopte, koue poplyf, met deurmekaar hare en oneindige lipstiffiemerke van alle kleure en geure geplak oor sy hele liggaam. Maar die meisies word by die dag nog net liewer vir hom. Heel in die begin was hulle skaam en teruggetrokke, en twee jaar gelede sou net die waaghalsigstes dit gewaag het om voor hom te verklee. Niemand sou toe eers daaraan gedink het om aan hom te vat nie, wat nog te sê vertroetel. Inteendeel, so iets sou 'n verbreking van hulle hele ideaal en doelwit wees - om sonder 'n man te kan klaarkom. Maar 'n vrou bly maar 'n vrou, en dank die Vader daarvoor. Een maand ná die intrek het een van die meisies saggies met haar vinger aan sy mond gevoel. Binne die volgende maand het 'n meisie sy hare gestreel terwyl sy liggies aan sy skouer druk asof dit uit vlees en bloed bestaan. Die ander negentien het gevolg en soos voëls met uitgestrekte nekke om hom beweeg, nuuskierig om iets te ontdek. Die eerste meisie wat daaraan gedink het om hom te ontklee was die lelikste van die spul. Sy het sletterige

deur MC Botha toutjieshare gehad, 'n gesig vol puisies, lippe te rooi en 'n lyf soos 'n stomp. Maar haar naam was Venus, en met eelthande het sy stilletjies die baadjie van hom afgeskil, toe sy hemp en frokkie, sodat sy met haar lippe haarself kon afdruk op sy bors. Die ander meisies was verheug oor hierdie ontwikkeling, en het met verwondering die res van sy liggaam ontklee. Hoe het hulle nie alles saam ontdek nie! Die merkwaardigste van hulle saamwoon, selfs nou ná twee jaar, is dat die meisies geen teken van jaloesie of afguns toon nie. Niemand veroordeel die ander oor wat hulle doen nie. Elkeen is geregtig om die man lief te hê soos sy wil. En elkeen het geglo my liefde is uniek, my gevoel die treffendste. Hierdie toestand van algehele onbesitlikheid kon slegs heers omdat die man nie kon praat nie. Die winkelpop was stom. Sou hy vir die een kon sê: "Jy het mooi voete," of vir die ander: "Jou borste is sag soos meel," sou almal dadelik mekaar se oë begin uitkrap. Inderdaad, dit was die waarborg vir die twintig meisies se gelukkige voortbestaan; die winkelpop was stom. En hulle sou nooit oud word van kinders kry nie.


07 REKORD 11

nou weet jy now you know

Diatekele tsa dikoranteng Candilicious Kahleho ya Ha u Khutlela Lapeng KE HOBANE’NG HA SEE SE ETSAHALA? Bothata ba lichelete. Bacha ba bangata baa makala ha ba hlokomela hore na ho hlokahala chelete e ngata hakae e le hore ba iphelise.Mathata a ho fumana mosebetsi. Ho lebella mehlolo. Bacha ba bang ba qalang ho sebetsa ba nahana hore ho bonolo, athe ha ho joalo. Ba hlokomela hore mosebetsi oa bona o boima ho feta kamoo ba neng ba nahana kateng. Ho ekeletsa moo, baa nyahama ha ba hlokomela hore ha e le hantle ha ba na bolokolohi bo bokaalo. Ba ne ba sa lebella hore ho hōla ho tsamaea le boikarabelo bo boima.Kōpa batsoali ba hao hore u khutlele lapeng. Buisana le bona ka lintho tse kang: U tla lula nako e kae le bona? Nakong eo u leng lapeng, u tla ntša bokae? U tla ba thusa ka mesebetsi efe? U tla etsa’ng e le hore u boele u ikemele? Kaha u se u khutletse lapeng, u tla lokela ho mamela melao eo batsoali ba u behelang eona ho sa tsotellehe hore na u lilemo li kae.Ithute ho sebelisa chelete. chelete ea hao ka eona e ka u thusa hore u hlokomele hore na u tla khona ho ikemela.Batla keletso. Batsoali ba hao kapa batho ba bang ba baholo ba ka u thusa ka mekhoa ea ho boloka chelete bankeng, ho bajeta le ho patala likoloto. Ntho ea bohlokoa hase mosebetsi oo u o etsang empa ke tsela eo ipabolang ka eona ha u o etsa.

ho qala mesbetsi ho Tourism Lefapha ya Economic development ya Free State e batla ho kgotatsa bacha ba Free State ho ha hamela dithuto ya Tourism, sena se buwa ke moemedi (deputy minister) wa tourism Tokozile Xasa, mme kahoo o qadile National Tourism Expo. Mme taba tsa mmeTokozile di tsehetswa ke MEC ya lefapha la Economic development ntate Sam Mashinini mme ba bitsa Expo yena “Tourism, Alive with Opportunities, tse ngata tsa Expo ena le tla di fumana Pacofs Theatre. Morero wa Expo yena ke ho bontsa le ho kgotatsa bacha ba seneng mesebetsi le bana bas a tsebeng ba lo etseng kamora ho qeta sekolo. Dilemong tsa 4 tse feteleng lefapha lena le qadile di programme tse kana Food Safety Assurers Programme moo bacha ba qeteleng dikolong tsa phahameng ba e thutitseng tourism le hospitality ba eleng ba fuwa moetla wa ho fumana di practical. Tse di ke Professional Chef Training eleng NQF Level 3 qualification. Mme Xasa ore tse ding di akareletsa pilot training ebetsweng Sommelier Training Pilot Programme (STPP) – e dumellang bacha ba tsa makasheneg moetla wahoo ba bontsa hore ho etsahalang di wine tasting, hammoho le Tourism Buddies Programme. Ore hape sena sa faa bacha tsebo, moyetla wa hoo fumana mosebetsi mme hapa di tlamora di ya khahlesa haholo hoba 68% ya bacha ba nkang karolo ba fumana mosebetsi karolong ya Tourism..

Mangolo

Sefela sa Lifela 2:1-17

“’Na ke safrone feela ea thota e lebōpong la leoatle, khahla ea likhohlo.” “Joaloka khahla har’a litlama-tlama tse meutloa, kharebe ea ka e joalo har’a barali. “Joaloka sefate sa liapole+ har’a lifate tsa moru, moratuoa oa ka o joalo har’a bara. Moriti oa hae ke o lakalitse ka matla, hape ke lutse fatše moo, ’me litholoana tsa hae li bile monate mahalapeng a ka. O ile a ntlisa ka tlung ea veine, ’me folakha ea hae holim ’a ka e ne e le lerato. Nkhatholleng ka bohobe ba morara o omisitsoeng, le ’matlafatse ka liapole; etsoe ke kulisoa ke lerato.

Metlae

Classified

R3.00 per word. To advertise contact Candy at 078 782 3757. Fax: 086 402 9106

Wanted TWEELING 2x Kroegdame poste oop te Skipskop Pub en Restaurant in Tweeling. 2x Gemeubeleerde woonstelle met elektrisiteit is in gesluit in die pakket. R2000 begin Sallaris. Tips wissel van R2000 tot R6000 afhangend van jouself. Die dames moet bereid wees om teleer kos maak ook. e-mail CV en onlangse foto na esmebester@g mail.com

For Sale

SENEKAL: Oorspronklike Office 2010 home and business R900 0620608082 SENEKAL: Blackberry Z3 foon soos nuut R1700. 0620608082 SENEKAL: Wit hemelkot soos nuut R3000 onderhandelbaar. 0620608082 TWEESPRUIT: Fence dropper, R3.50 – Delivered Ladybrand each, R3.00 – Collect in Tweespruit each 2x3m containers with elec. Wiring installed. R15 000 each or nearest cash offer 082 453 7701 WARDEN: Graco mirrage travel System for sale.Good as new.NEG.Whatsapp 0825226859

Sesotho puo ya bontata rona Ho tlhela ka la di 10 September kgweding ena ya bomme koerante tsohle tsa REKORD, di tloba le ditaba tsa Sesotho moo re tlo hlahloba di taba tsa naha hamoho le tsa metsana ya rona kahoo fapafapana, ditemana tsa bibilie, metlae, manyalo, mafu le tsa matswalo a bana. Haeba oka rata ho bapatsa business ya hao kapa hona ha o batla hore romella ditaba ka kopa founela kapa romella sms ho 078 782 3757 kapa email ho candy@rekordmedia.com


08 REKORD

Hoofmeisie van Hoërskool Reitz ‘n finalis vir Martrikulant van die jaar

REITZ – Hoërskool Reitz se hoofmeisie van 2015, Marise Havenga, is aangekondig as een van die top 14 finaliste vir die Volksblad Matrikulant van die Jaar kompetisie. Die wenner word op 3 Oktober 2015 bekend gemaak, tydens ‘n glansgeleentheid. Baie geluk en sterkte.

nou weet jy now you know


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Reitz Rekord 10 September 2015 by Veldbrand Nketoana - Issuu