4 September 2015 Edition 81
Graad 1 leerders leer van plante Met lente in die lug en planttyd wat voorlê het die graad 1-leerders van Hoërskool Reitz ook hul deel bygedra. Hier is 'n paar van hulle, onder die wakende oog van hul onderwyseres en 'n behulpsame ma wat ook vir hul meer van die plant en versorging van plante vertel het. Daar word nou met groot verwagting uitgesien dat hierdie plantjies oor 'n paar weke hul "koppe" bo die grond moet uitsteek, sodat hul die groeiproses van hul groente kan dophou. Op die foto is van links: Voor: Sané Aucamp Middel: Jocelyn van Tonder, Sunelle Lourens en Mariana Swanepoel Agter: Me. Hanzi van Zyl (Gr.1 onderwyser) en me. Una Aucamp