3 minute read

Nuus uit Rwanda

deur Alta Nelson Sommer net ‘n paar staaltjies

(Die taalpuriste moet maar hierdie maand se skrywe met een oog toe lees.) Vrydagoggend kom my tuinman oudergewoonte om te kom werk. Toe hy my sien wasgoed ophang, wil hy dadelik weet “You going somewhere?” Waarop ek hom antwoord en sê dat ek nêrens heen gaan nie en hy antwoord “Oh, but you dress up like going somewhere.” Nou ja, party dae is ek “all dressed up and nowhere to go”, maar dis als om my “sanity” te behou. Hy vee toe blare bymekaar en ek was wasgoed en maak kos “all dressed up”. Later roep hy my om te wys “I changed your design”. Hy het toe die manier hoe ek die potjies met my Suid-Afrikaanse vetplantjies op die stoep rangskik het, verander en is baie trots daarop. Hier bestaan nie iets soos ‘n waterskaarste nie en hulle ken ook nie ‘n sproeier nie. Hulle glo als groei net van reënwater, maar aangesien ek blom- en groentesaad saai, moet dit natgelei word. Een oggend laat weet Neels my dat ons nie meer mag natlei nie agv ‘n lang storie wat in elk geval nie sin maak nie. Ek roep my tuinman en verduidelik baie mooi aan hom dat alles wat lewe water nodig het en dat die reënwater soms te min is en hy sal moet natlei, maar nie met die sproeier nie. Hy moet die tuinslang neersit en dit klein oopdraai sodat die water loop en dan sal ek hom elke kort-kort herinner om dit te skuif, want sien, hy fokus op blare vee. Ek dink toe ek skuif sommer self die tuinslang en waarop kom ek af? Hy het ‘n ou handskoen oor die pyp se voorkant gesit en met ‘n stuk binneband vasgedraai sodat die bure nie moet hoor die water loop nie. En so is my tuinslag ook nou “dressed up” vir natlei. Een aand ‘n rukkie gelede, ry ek en Neels net om bietjie kop skoon te maak na Bugarama om ‘n bier te gaan drink. Ons besluit toe ook sommer om ‘n slag ‘n ander “bar” te gaan verken, wat toe ook maar soos die meeste van die ander lyk, maar met die uitsondering van ‘n paar baie interessante plastiekstoele. Die vorm van die bekende “apple” logo is op die rugkant uitgesny. Hierdie “apple”-stoel moet seker ‘n baie duur en betroubre stoel wees. Ek moet sê die pote gemaak van ‘n dun tipe pyp, is stewiger as die res van die ander plastiekstoele wat daar is.

Advertisement

Voetspoortjies Kinder Akademie

Voetspoortjies beplan 'n heerlike dag vol pret vir groot en klein. Ouers kan kom ontspan, kuier-en-koop terwyl die kinders hulself geniet op 5 November 09:00-13:00, by Voetspoortjies Kinder Akademie, Mooiplaas, Piketberg. Ons nooi eienaars van klein besighede uit om hul produkte te kom uitstal. Vir meer inligting of om jou uitstalspasie te bespreek, stuur ‘n epos aan voetspoortjieska@gmail.com of ‘n WhatsApp na 060 504 9778. Sien jou daar. Sien die advertensie onder.

Iets interessants om te deel?

VLV Sirkelprojek: Bome vir ons Kinders!

Piketberg VLV-lede in samewerking met Adelma Carstens en haar Gr-R klas van die Piketberg Christenskool plant vyf bome by hul skool tydens Boomplantweek, eerste week in September. Al 14 VLV takke van Sirkel Weskus het elkeen vyf verskillende klein boompies ontvang. Dit is moontlik gemaak deur dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou. Tydens ‘n spesiale VLV sirkelvergadering te Langebaan spreek hy die wens uit, dat daar gedurende die jaar 100 bome aan die Weskus geplant moet word, aangesien bome natuurlike suurstof aan die aarde genereer om sodoende besoedeling te probeer verminder. Olienhout- , Essenhout- en Doringbome is geskenk.

Piketberg Nuus

Artikels - Plaaslike Nuus - Rubrieke Funksies - Vermaak - Foto’s Iets Interessants Laat weet vir ons by diepiketberger@gmail.com