2 minute read

Bibtuin Ware Oase

Next Article
Hoeksteenlegging

Hoeksteenlegging

Die VLV Gesondheidspan het onlangs vir ‘n baie interessante en leersame oggend gesorg. René van der Westhuizen, oogkundige en kinesioloog, gee wenke en inligting rakende oësorg. Twee leerders, Isabel Haasbroek en Isabella Venter, op die foto regs by Carin Rossouw, doen hul voordrag waarvoor hul goud by die Eisteddfod ontvang het. Die lede neem ook afskeid van Alida Walters wat na die Paarl verhuis. Nicoline Brown oorhandig ‘n bywoningsertifikaat aan Alida vir 51 jaar diens by VLV. Mag voorspoed en seen Alida vergesel. Die volgende VLV K u n s t e - e n H a n d v l y t b y eenkoms is 11 Augustus. Almal is baie welkom. Vir enige navrae kontak Nicoline Brown - 082 477 0665. Piketberg Biblioteek spog met ‘n nuwe tuinarea. Die omheinde tuinarea by Piketberg Biblioteek is spesiaal geskep vir lede van die publiek. Daar is ook banke geplaas vir inwoners wat rustig wil sit om ’n boek te lees of hulle kan ook aanteken vir die gratis Wifi vanuit die tuin. Gerna Croeser, Hoof: Biblioteekdienste by Bergrivier Munisipaliteit, sê toe hierdie projek begin is, het Moira van der Westhuizen dadelik aangebied om te help met die beplanning van die tuinuitleg. Moira het ook van die plante geskenk. Sy en haar tuinier, die Biblioteek personeel en die Munisipaliteit se Parke-span het almal gehelp met die grondvoorbereiding en die plantwerk. Personeel by Piketberg Biblioteek sien uit om die publiek te verwelkom in hul tuinarea waar hulle kan sit en ontspan.

Vinknessie

Advertisement

Iets uit die natuur, wat ‘n wonderwerk is en die mens ver vooruit is, is die vinknessie. Die vinkmannetjies is bedrewe wewers wat met gras en riet ‘n tuiste bou, wat die mens hom nie kan nadoen nie. As dit nie na vroulief vink se sin of smaak is nie, pluk sy dit uitmekaar en moet hy dit geduldig weer oordoen. Wat ‘n voorbeeld vir ons as mense van geduld, vasbyt en weer probeer is.

Die foto's toon die vordering in die skep van 'n tuinarea vir lesers.

Blom en Tuinbouklub

Dames het heerlik gekuier op 1 Junie en met loof gerangskik.

DUP MEUBELS: Sedert 1977

KOMPETISIETYD

Dis weer kompetisietyd by Dup Meubels. Met elke aankoop van R500 of meer staan jy ‘n kans om ‘n Samsung soundbar en Sunbeam “grooming kit” te wen. Kompetisietydperk strek vanaf 1 Julie 2022 – 31 Augustus 2022.

Baie geluk aan ons wenner Marina Coetzee verskaf). vorige kompetisie van Porterville (foto

Kom kyk gerus na alle huishoudelike produkte en hou ons Facebook bladsy dop vir al ons nuutste toevoegings en kompetisies. Ons wil graag al ons lojale kliënte bedank vir jul getroue ondersteuning. Ons sien uit om jul van diens te wees. Ons verskaf gratis geskrewe of telefoniese kwotasies.

Vir enige navrae kontak ons by onderstaande nommers.

This article is from: