1 minute read

Nuus uit Rwanda…

deur Alta Nelson

‘n Swaai-storie en nog meer

Advertisement

’n Paar weke gelede gaan eet ek en Neels saam met ’n ander Suid-Afrikaner en sy vrou by die VIP (moenie glo dis ’n VIP-plek soos in Suid-Afrika nie). Nadat ons geëet het op pad terug na die motorfiets, sien ons die swaaie in die tuin en besluit om ons innerlike kind ’n bietjie te vermaak en te gaan swaai. Ek het eers stil gesit op die swaai sodat Neels die foto’s kan neem, maar een van die Rwandese wat daar werk, dink toe ons ken nie die snaakse “stoele” nie en kom spring op die swaai langs my en gee my instruksies oor hoe om te swaai. Dit was skreeusnaaks om sy gesig te sien toe ons wel swaai en toe soek hy sommer ’n fooitjie vir sy opleidingsessie. So gaan eet ons verlede naweek soos altyd die gewone heel gebraaide hoender en ’n bord tjips by Corner View (die plek is nie op ’n hoek nie en het ook nie ’n uitsig nie). Die toonbank word eers bestrooi met waspoeier om die vlieë weg te jaag (dis hulle “boere”-raat wat nie werk nie) en na ongeveer ’n uur en ’n half bring hulle die skottel en beker warm water sodat jy jou hande kan was en let wel, jy skud maar jou hande droog. Na die ete kon ek nie help om uit te bars van die lag nie, want daar is slegs een tandestokkie in die houertjie. Ek maak toe die afleiding dat ek seker die een kant daarvan moet gebruik en Neels die anderkant. Die werkers daar wonder seker steeds waarom ek so lekker uit my maag gelag het, maar dis darem maar lekker om in jou eie taal te kan lag en praat.

Die volgende Piketberger verskyn op Donderdag 6 April 2023.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 28 Maart 2023.

Daniël Cum Honneurs

Daniël Brand behaal Cum Laude vir sy Honneursgraad in Rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Betsie en Wilhelm by Leeskring

Die skrywer Betsie van Niekerk besoek Piketberg Leeskring en bespreek haar jeugverhaal, Anderkind.

Pool & Prop het agente van Kaapstad tot Lambertsbaai. Op soek na 'n EERLIKE

BETROUBARE AGENT in Malmesbury. (Sien advertensie vir Pool & Prop se nr.)

Saam met Betsie is Wilhelm Jordaan, rubriekskrywer, joernalis en oud-professor in Sielkunde. Links en regs van hulle, is Deidré Eigelaar en Coreen van Wyk. Deidré het saam met Betsie 'n skryfkursus bygewoon en Coreen en Betsie was saam in Calvinia op Laerskool. Foto's: Marietha Goosen

Silver Threads Vrugtefees

Silver Threads Bejaardeklub op Piketberg hou 'n vreugdevolle vrugtefees danksy ruim skenkings van boere in die omgewing. Hulle is dankbaar oor dié heerlike geleentheid.