2 minute read

Harte van Witgoud

Piketberg Dieresorg

Annake Bester, bestuurder van Huis AJ Liebenberg en Stafverpleegster Adams ontvang die Witgoud items van Marietha Goosen, regs. Die Witgoud projek is geloods deur Piketberg NGKerk se Vrouediens en talle lidmate het hulle harte en beursies oopgemaak en uiteindelik is 30 items elk van die volgende aangekoop: Lyfroom, poeier, Roll-on, onderarm spray, Dettol lyfseep, Protex lyfseep, babasjampoe en seep ineen, Prep, vaseline, tandepasta, houers met oorpluisies, omgehekelde waslappies en skeermesse. Met ekstra geld beskikbaar is besluit op nog 20 houertjies Prep aangesien dit 'n duur item is en meerdoelig aangewend word. As 'n ekstra lekkerte is elke inwoner bederf met 'n plak Cadbury sjokolade. Foto: Jac Goosen

Advertisement

Magnolia Keys

Piketberg 073 811 6565

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

20 Jaar gelede - Augustus 2001

REDAKTEUR: Pierre Steenkamp MEDE-REDAKTEUR, BERIGTE EN FOTO’S: Marietha Goosen FINALE UITLEG: Berenice Roux 16 bladsye Gratis

Rubrieke:

Ons lesers skryf; Uit Jannie se pen; Interessante Versamelings

Voorblad: Piketberg skou tot in die lente. Die skou skop op 29 Augustus af en eindig op 1 September. Finaliste van die babakompetisie word vanaf foto’s gekies. Op die voorblad verskyn Lain-Mari van den Heever en Liani Visser.

Terence, Nicoline, Lindie en Nadia Brown het die vakansie ‘n besoek gebring aan Australië. Terence het deelgeneem aan die atletiek wêreldkampioenskappe vir veterane.

Santam Gholfdag ten bate van ACVV Piketberg. Pragtige dag en entoesiastiese gholfspelers het die dag terdeë geniet.

Nico Basson wys sy versameling Parker penne, Matchbox karretjies en KWV Brandewyn.

Piketberg Landbou– en Blommeskou vanaf Woensdag 29 Augustus tot Saterdag 1 September.

Damesoggend met gaskunstenaars Christa Steyn en Jannie du Toit.

Skoudans met die musiek van Harry en Tony Campbell.

Gerty Wiese, moeder van Leon, Cecile en Lauretta het op 6 Junie 2001 95 geword. Sy was vir 35 jaar ‘n lid van die plaaslike VLV.

NG Kerk hou Getuienisweek. Mariaan le Roux wat kinderevangelisasie doen in Frankryk, en Ds Kosie Greeff van Klawer, die prediker gedurende die getuienisweek. Mariaan het in Piketberg grootgeword en was 39jaar laas tydens die winter in Piketberg.

Sandveld Halfmarathon en Aartappelfees op Redelinghuys op 1 September. Dit is vanjaar die 10de geleentheid.

Baie geluk aan H Smit en A Nelson wat die sopbak en sophamper gewen het in die Knorr Sop Kompetisie. Advertensies: Gemaalde vleis @R15.98/kg by Liebco.

25 Econo Patties @R20.98 by Liebco.

Dames en dogters onderklere. Van eksoties tot doodgewoon. Verskillende kleure. Enige grootte. Goeie pryse.

Gietysterpoot bad R600.

Wegneemete besigheid te koop op Citrusdal @R50 000.

Ruim motorhuis in die dorp te huur teen R95 per maand.

Bergrivier: 11ha, huis en buitegeboue, diep, breë poele in rivier, voerkrale. R500 000.

Piketberg: 3ha, groot SLK-huis, twee store teen N7. R220,00.

Piekenierskloof: 2ha, 4SLK-huis, 2 badkamers, teen N7, goeie tuingrond. R350 000.

Rainbow Chicken Livers R2.25 vir 250g by Boland Spar

Knorr Soup Packet R1.49 by Boland Spar

Ricoffy 250g @ R8.99 by Boland Spar