12 minute read

Gouebruilof

Next Article
PHS se Top 10

PHS se Top 10

Op 18 September 2021 vier Japie en Magda le Roux hulle 50ste huweliksherdenking, saam met drie van hulle vier dogters en hulle gesinne. Japie en Magda is behoorlik getrakteer op die plaas Karnemelksvlei, Vaaldam Citrusdal en het mooi herinneringe herleef van hulle troudag op 18 September 1971 in die NG Kerk Burgerspark, Pretoria. Hulle onthaal was op haar ouers se plaas, Kromdraai, buite Pretoria. Magda is selfs verras met ‘n bruidsruiker van tulpe soos 50 jaar gelede. By hulle op die foto is Carien, Endriëtte en Petronel. Foto’s verskaf

Japie en Magda le Roux op hul troudag 18 September 1971.

Advertisement

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

16 September 1944 - 29 Augustus 2021 Die inwoners en bestuur van Huis Wallace Anderson op Riversdal, onthou Tinus as hulle "pa" wat 'n groot leemte in hulle harte laat. Hy het diep spore in en om die huis "gery" en as hy sy hoed opgesit het, het almal geweet hy is op sy eie missie. Waar hy gegaan het, het hy mense geraak. Tinus se grootwordjare was op 'n plaas in die distrik Niekerkshoop in die Noordweste. Hy matrikuleer aan die Hoër Landbouskool Marlow, net buite Cradock. Na sy een jaar weermag, is hy na Grootfontien Landbou Kollege. Na sy studies werk hy vir ag maande in Australië waarna hy as 'n BKB-agent begin werk. Drie maande na sy troue met Kowie Beukes, tref 'n tragedie die paartjie toe Tinus sy nek in 'n motorongeluk breek. Na sy rehabilitasie, het hy sy werk by BKB voortgesit terwyl Kowie hom tuis versorg het tot in 2001, waarna hy in Huis Wallace Anderson geakkommodeer is. Na Tinus se dood, ontvang Kowie 'n boodskap van Andries 'Goliat' Hough, wat in 1969/1970 saam met Tinus, Engel en ander in die Conradie hospitaal was. Hy onthou Tinus vir sy skerp intellek, fyn humorsin, soms 'n geniepsige speelsheid en by tye ‘n stoute lighartigheid wat om sy oë en mondhoeke speel. "Gedurende die lang dae en nagte op die pakke, het ‘n paar van ons vasvra-sessies gehou. Met Tinus se breë kennis en belangstelling het hy die mees interessante vrae gestel en ook die hoogste punte 'gescore'. Al was die tyd in Conradie ‘n traumatiese ervaring, het ons vir mekaar moed in gepraat om veral by fisio vas te byt. En daar het Tinus, met relatief min funksionaliteit, vir ons ‘n groot voorbeeld gestel en gewys wat vasbyt werklik is. Met Tinus se positiewe ingesteldheid kan ‘n mens sê "..hy het die goeie stryd gestry...hy het die wedloop voleindig". Met jou liefde en ondersteuning deur al die jare, het jy ook saam met hom die goeie stryd gestry en die wedloop voleindig. As iemand 'n goeie daad aan my moeder gedoen het, het sy altyd gesê: "Mag daar eendag vir jou ‘n spesiale pêrel in jou kroon wees". Ek dra dieselfde wens oor aan jou, Kowie."

Piketberg Dieresorg

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom. Skakel 082 829 6918

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme

Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk Hoofstraat 38, Piketberg Skakel 022 913 1132

Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S) Estie Clarys B.Comm (US) LLB (Unisa) epos: andersonnel@telkomsa.net

Jacobus Johannes Hanekom, oftewel Jacques of Boetie, is gebore op 4 Augustus 1970 in Citrusdalhospitaal. Hy gaan skool in Springbok, Redelinghuys en Aurora. Na sy tweejaar weermag opleiding, werk hy in Darling vir 'n Hollander wat hom geleer het van loodgieterswerk. Hy het onder begin en moes soms pik kap en slote grawe. Vanaf 1990 werk hy as passer en draaier in Worcester. Hy gaan werk vir BIO radiators in Piketberg om sy swaer, Leon Cronje te help. Jacques trou in 1992 met Esmé, sy "skoolkys", en sy 10 jaar verbintenis met James en Pieter Fox begin. In 2002 besluit Jacques om sy eie onderneming te begin en dit met 'n banksaldo van -R118, maw Jacques skuld die bank toe R118. Hy het begin yskaste regmaak en enigiets wat hy kon herstel, het hy uitmekaar gehaal. Hy het net die vermoë gehad om dit reg te maak en weer aanmekaar te sit... en daar werk dit. Baie dinge het hy homself geleer en sodoende deur die jare genoegsame kennis opgedoen, deur raad en hulp te vra wanneer hy sukkel of moedeloos raak. Later van tyd, huur hy 'n stoor by sy suster Alana Coetzee en stel vir Adnaan aan, beter bekend as Naampie. So het ander werkers gekom en gegaan en die span het groter geraak met Graham, Johnny en Jakkie. Jacques en Esmé het twee seuns, Marno, wat in Julie 2014 in 'n motorongeluk oorlede is, en Charl. In 2002 koop die Hanekoms Tinus en Kowie Duvenhage se huis, waarin hulle steeds bly. Esmé sluit in 2006 voltyds by die besigheid aan. Die besigheid groei en gaan van krag tot krag, in so 'n mate dat hulle in 2017 die gebou in Voortrekkerstraat koop, vanwaar JJ Hanekom Verkoeling en Hersteldienste steeds bedryf word. Soos met enige besigheid, was daar moeilike tye, baie groeipyne en geld wat verloor of afgeskryf is. Met genade en seëninge van Bo het die Hanekoms net aangegaan. Om as man en vrou saam te werk, was ook nie aldag maklik nie. Jacques en papierwerk en dagboeke was nie vriende nie - en om vooruit te beplan, kon Jacques nie. Dikwels wanneer hy by mense gewerk het, raak hulle aan die gesels en so vergeet hy van sy volgende afsprake. Of hy word uitgeroep vir een werk, en sodra die mense agter -kom wat hy alles kan doen, word nog twee of drie items ook hersien of herstel. Jacques het 'n oop hand gehad en het graag gegee. Wanneer Esmé iets daaroor sê, was sy antwoord: "Antie, ons kry dit weer dubbeld terug." En dit was ook so. Vir hongeres het hy dikwels ruim gehelp. Saam met sy oop hand, het hy 'n sagte hart gehad en het dikwels impulsief opgetree wat nie altyd goed was vir 'n eie onderneming nie. Esmé erken dat sy menigmaal die kwaai een moes wees, want hy kon nie. Sy besef hy het menige mense in die dorp en omgewing gehelp, waarvan sy nie eers bewus was nie. Jacques sal onthou word vir sy fluks -heid en dat hy altyd werk vir sy hande gehad het, selfs na werk saans en oor naweke. Dan het jy hom gekry waar hy werk aan voertuie en trekkers, wat hy opkoop, mooi maak of oordoen. Dit was een van sy passies, saam met quad bike-, motorfiets- en 4x4 ry, jag en visvang. Daarom is Handelinge 20:35 vir Esmé so 'n gepaste teks toe sy een vir die dankdiens moes kies: "In alles het ek vir julle 'n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang."

Sarel Hanekom

7Julie 1934 - 2 September 2021

Waar begin ek om te sê hoe Pa ons lewens aangeraak het en die lesse wat ons by jou geleer het. Jy het ons altyd met deernis en respek behandel. Jy het gegee sonder om iets terug te verwag en in vrede met almal gelewe. Dankie vir die voorbeeld wat jy vir ons was, jou stem is nou stil en jou plek is leeg by ons. Rus in vrede.

Donasies Welkom

Piketberg Dieresorg NPC Capitec Bank, Spaarrekening Rekeningnommer 160 6488 552 Takkode 470010

JJ Hanekom

Verkoeling en Herstelwerke BK

Installering van geysers en Eise vir skadeverslag na versekering Algemene Loodgietersdienste Herstel en hergas yskaste en vrieskaste Herstel, installeer en diens Lugverkoelers asook voertuig lugverkoelers hergas Klein koel– en vrieskamers herstel en hergas Trekker en stroper lugverkoelers hergas Herstel stowe, skottelgoedwassers en tuimeldroërs Algemene elektriese en herstelwerke in en om die huis Teël en verfwerk / opknappingswerke

Amper 20 jaar in besigheid

JJ H ANEKOM VERKOELING en HERSTELWERKE BK

REG NR:2011/092177/23 VOORTREKKERSTRA AT 14 PIKETBERG TEL: 022 913 3208

Werkswinkel / Kantoor SEL: 083 659 1316 Afsprake SEL: 083 655 3491

Esmé (Rekeninge)

Artikels - Plaaslike Nuus - Rubrieke - Funksies - Vermaak - Foto’s - Iets Interessants

Dr Herold Truter, Bendert Smit, Dr Saskia Smalberger en voor Dr Janke Jacobs.

Laat weet vir ons by diepiketberger@gmail.com

Dr Janke is nuut by Bergrivier Dental. Sy sien uit om haar hier op Piketberg te vestig. Sy het ‘n voorliefde vir botox prosedures. Die kleingoed is reeds baie gemaklik by haar en die kliënte waardeer haar sagte benadering. Dr Saskia is reeds vier jaar by die praktyk. Sy gaan twee dae per week na die takpraktyk, te Citrusdal en die ander drie dae is sy op Piketberg. Sy is ons "child whisperer" en begin binnekort met ‘n aanvullende kursus in ortodonsie. Tandheelkunde was nog altyd haar passie en sy het ‘n spesiale voorkeur vir krone en wortelkanale. Bendert Smit is van die begin van die jaar af by Bergrivier Dental. Hy gaan twee dae per week na die takpraktyk op Citrusdal en die ander drie dae is hy in Piketberg. Hy is 'n energieke jongman met groot drome. Hy doen ekstraksies, kunsgebitte, skoonmaak en poleer. Dr Herold Truter, Dr Saskia Smalberger, Dr Herold is reeds 27jaar die eienaar van Bergrivier Dr Janke Jacobs en Bendert Smit, help graag Dental. Hy spesialiseer in implantate, krone, wortelkanale met enige van die volgende prosedures: en ortodonsie. Hy is meestal by ons praktyk te Piketberg en sien ook pasiënte by ons takpraktyk op Velddrif. Dr Truter wil, namens elkeen by Bergrivier Dental, baie dankie sê vir die getroue ondersteuning van ons pasiënte. Sonja Rabie, nuwe ontvangsdame het die afgelope maand by Bergrivier Dental se span aangesluit. Sonja is 'n nuwe intrekker in die Swartland al die pad van Merweville in die Karoo. Sy sê: “Piketberg is regtig 'n vriendelike dorp en sy sien uit daarna om al die kliënte te ontmoet en te leer ken.” Foto’s verskaf

piketberg mediese sentrum

Tel: 022 913 1146

Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395

Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)

A ASVOËLS – Sak toe op ‘n karkas en elkeen baklei vir sy stuk vleis. Hulle verjaag mekaar aggressief. Sommige mense is ook selfsugtig en aggressief as dit kom by geld. KRAAIE – Dra graag kleurvolle blinkgoed na hul nes om dit te verfraai en die wyfie te beïndruk. Mans doen dit ook om ‘n dame te oortuig van sy liefde. POUE – Mannetjies pronk graag met trillende stertvere om wyfies te lok. Jong mans en dames doen dit ook met kleredrag om aandag te trek. BLOUKOP KRAANVOËLS – Stap rustig met grasie en bekyk die wêreld hooghartig aan. Sommige mense het ook daardie houding. VOLSTRUISE – Mannetjies wapper hul stertvere en wyfies flikker hul lang wimpers. Mans wys hul spiere en dames hul lyfies by die swembad. Almal om aandag te trek. Dames se wimpers en ooggrimering is mos aanloklik. Het julle al sulke mense rondom jou herken met sulke ooreenskomste met ons voël-vriende? Anita 20 Jaar gelede - Oktober 2001

REDAKTEUR: Pierre Steenkamp MEDE-REDAKTEUR, BERIGTE EN FOTO’S: Marietha Goosen FINALE UITLEG: Berenice Roux 16 bladsye Gratis

Rubrieke: Ons lesers skryf; Uit Jannie se pen; Interessante Versamelings Voorblad: Matrieks vind mekaar in Lost City. Conrad Kriel en Retha Liebenberg skitter by PHS se matriekafskeidsfunksie. Cornelius Fikster van Piketberg en Revan Jimmies van Broodkraal Landgoed is opgeneem in die Boland Subuniale span. Hulle gaan vir ‘n week in Kimberley toer. Albei manne speel vir Broodkraal R.V.K. Nicole Mostert brei vir liefdadigheid. Die rol wat die Kaapse rebelle tydens die Boere-oorlog gespeel het, sal skerp belig word tydens ‘n herdenkingsaamtrek wat die Swartland Boere-oorlog Herdenkingskomitee vir die naweek van 14 tot 16 Desember 2001 beplan. ABSA makelaars presteer. Die manne wat besondere prestasies behaal het is Etienne Botes, Danie Cillié en Conrad Basson. Gerry Kuhn deel sy kameraversameling met die lesers. Swemmers van Alison se Swemskool ontvang sertifikate as erkenning vir hul vordering die vorige swemseisoen. Solé van der Burgh, matriekleerder aan Piketberg Hoërskool, is op 15 September op Citrusdal as Mej Sitrusfees 2001 bekroon. Op 20 September 2001 is geskiedenis gemaak toe die Piketberg Tafeldruif Landbouvereniging Studiegroep gestig is. Vrolike Lente by Huis AJ Liebenberg. Die jong dames en manne van die Akademie vir Skoolgereedheid het gesing en gedans. Riana Richter, geliefde voorleser in die kontrei, het ‘n humoristiese skets te voorskyn gebring. Die Koekemoer Susters het die lagspiere geprikkel. Die dames van Piketberg VLV en Serviteurskraal het gesorg vir die heerlike verversings voorgesit. Leerders van Piketberg Hoërskool het presteer by Skou vir gebak, blommerangskik en kuns. Suzette Joubert, onderwyseres aan PHS, was een van sewe finaliste wat meegeding het om die toekenning Provinsiale wenner van Wetenskap-en-Wiskunde Onderwysers. Leerders van Piketberg Hoërskool het pryse gewen vir hul kunsprente by die Wes-Boland Eisteddfod. Kuierhoekie verwelkom Erika White en Leon Brits terug in Piketberg. Lekker loslit op Loslitdag. Advertensies: 25 Econo Patties @R20.98 Ricoffy 750g @ R18.988 Die Tuinbouklub se Kerspartytjie vind plaas in die De Hoek Ontspanningsklubsaal. Die kostes beloop R30 per persoon en behels ‘n kersdemonstrasie en heerlike noenontbyt. Our Way Boutique - Reuse uitverkoping. Pool Magic teen slegs R35 per maand - ‘n sprankelende skoon swembad.

This article is from: