+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 9
Vrydag, 3 April 2020
Stilte...
COVID-19 Information 3 Deon Lamprecht 4 Inkleurprente 6, 7 Oom Kaspaas 13
Dit is van Riebeekstraat in Bredasdorp op ‘n Donderdagoggend. Hiérdie straat is gewoonlik besig met verkeer oppad hospitaal of hoërskool toe, maar nou… algehele stilte. Met die eerste week van die drie weke inperkingstydperk so te sê op ‘n einde, is dit duidelik dat die inperkingsbevel begin insink het by die meeste van die inwoners - nie net van Bredasdorp nie, maar ook dié van die groter Overbergarea. Foto: Jacques Louw
Tannie Loetie 16
overdeberg2020@gmail.com
Stuur gerus enige nuus of foto’s uit jou deel van die Overberg per WhatsApp na ons vir publikasie. Jy kan ons kontak by die volgende nommer: +27 65 686 2204.
1
2
overdeberg2020@gmail.com
Redaksioneel Vrydag, 3 April 2020 Family friendly Hotel on the banks of the Breede River Ideal for water sports & relaxing by the waterside.
Goeiedag! Ek hoop dit gaan goed met u almal daarbuite. Daarbuite? Vreemde woordkeuse, maar dit is die realiteit wat ons wêreld oor die laaste paar weke op sy kop gekeer het. Met die staat van inperking, wat deur die president afgekondig is, het die vrese rondom die COVID-19 pandemie, vir elkeen van ons en vir die eerste keer in ons geskiedenis, ‘n werklikheid geword. Inderhaas moes daar reëlings getref word, voorraad aangekoop word en mense moes voorberei vir 21 dae van afsondering. Ek wil egter vir u hiérdie week met ons uitgawe van OVERdeBERG, inlig met die nuutste inligting rondom die COVID-19 virus. Op bladsy 3 sal u die kleurvolle en maklik verstaanbare inligting vind. Graag wil ek u ook positief moed inpraat en dit aan u noem dat ons almal in hiérdie situasie is. Wees dus positief, bly gemotiveerd en volg asseblief die reëls soos neergelê deur die regering. Ons gaan hiérdie geveg wen. Die vyand is sterk, maar ons mense is sterker… ons sal net moet glo in ons vermoë om, met God se hulp, as oorwinnaars uit die stryd te tree. Sterkte en alles wat mooi is. Geniet die koerant en hou die kinders lekker besig met die inkleurprente wat ons vir u plaas.
Facilities include:
Canoes Paddleboats & small motorboats for hire Jungle gym Trampolines Volleyball Pool table & darts Moxie’s Pub & Restaurant open 7 days a week. Conference facilities available.
+27 28 542 1049 info@malagashotel.co.za
www.houseboathire.co.za
www.breederiverqueen.co.za
“I was never crippled until I lost hope. Believe me, the loss of hope is far worse than the loss of limbs.” - Nick Vujicic 2
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
3
COVID-19: Informasie vir u
Die geveg teen hiérdie onsigbare vyand, is nie net ons geveg nie… dis ‘n globale geveg. Met die inperkingsbevelle van verskeie regerings oor die wêreld heen, is dit belangrik dat die korrekste inligting moontlik, by u as leser uitkom. Daarom dan hiérdie kleurvolle, duidelike en maklik verstaanbare grafieka. Staan sterk, wees veilig, en volg die reëls. COVID-19 is die vyand en kan oorwin word! overdeberg2020@gmail.com
3
4
overdeberg2020@gmail.com
Gemeenskapsfokus - Jacques Louw -
In hiérdie 9de uitgawe van OVERdeBERG, stel ek julle voor aan Deon Lamprecht , begaafde musikus en klassieke musiekliefhebber. Ek het so ruk terug vir Deon gekontak om ons so bietjie meer van homself te vertel.
“Die voorreg van 50 jaar as musikus…” Die vraag oor wat musiek is kan redelik maklik beantwoord word in terme van die basiese samestelling daarvan soos toonhoogte, ritme en harmonie, en hoe dit histories ontwikkel het. Deur die eeue heen vermy skrywers egter die vraag oor hoe musiek ontstaan het. Sedert die vroegste geskrifte tot vandag is daar talle pogings om die ervaring en invloed van musiek te verwoord, en om op hierdie versigtige wyse by ‘n antwoord uit te kom. Een van die vroegste voorbeelde hiervan is Plato (424-348 v.C.). Hy was ‘n filosoof gedurende die Klassieke periode in Antieke Griekeland wat sy ervarings soos volg beskyf het: “Musiek gee siel aan die heelal, vlerke aan gedagtes, inspirasie aan die verbeelding en lewe aan alles.” Franz von Schober (1796-1882) ‘n Oostenrykse digter, beskryf musiek in sy gedig, An die Musik as ‘n edel kuns wat hom baie keer in die grys oomblikke, wanneer hy in die lewe se wilde sirkels verstrik geraak het, met warmte omvou het. Uiteindelik weet niemand regtig wat musiek is nie. Die beste verduideliking volgens Lucien Price (1883-1964), ‘n Amerikaanse skrywer en joernalis, is dat musiek met die skepping ontstaan het. Die wonder van musiek en wat dit vir die mens kan beteken was die kern van my waardering vir die voorreg om my lewe met musiek te kon leef. Ek is oortuig daarvan dat baie mense, en nie net musici nie, soos die Duitse fisikus, Albert Einstein (18791955) sal sê: “I see my life in terms of music.” Die verloop van ’n mens se lewe gaan na my mening uiteindelik oor die waardevolle lesse en ervarings wat jou as mens gevorm het en hoe jy ander mense se lewens verryk het. Dit gaan ook oor jou hantering van teleurstellings, die ontwikkeling van‘n begrip van jou vermoëns en die aanvaarding van jou beperkings; ook om te verstaan dat die talent wat jy ontvang het en so ver as moontlik moet ontwikkel, goed genoeg vir jou is. Vervolg op bladsy 5
4
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
Gedurende die voortvarendheid van die jeugjare, en meer nog wanneer die eise van ‘n voltydse beroep toeneem, is daar dikwels die verskoning dat daar nooit tyd is om te dink nie. Die ironie is dat alles gewoonlik eers ná aftrede met ‘n terugblik duidelik word. In die wêreld van die professionele uitvoerende kunstenaar word die noodsaaklikheid om te dink dikwels as gevolg van situasies in die praktyk onderskat of oorskadu, en dit belemmer die momente om stil te staan. Ek het onlangs na ‘n besondere onderhoud met Anne-Sophie Mutter, wat tans as een van die beste internasionale violiste beskou word, geluister. Die tema van die onderhoud was: “Life is more important than a performance.” Ek dink dit geld vir enige beroep. Ons ouers het iets hiervan verstaan want hulle het verwag dat ons die lewe so breed as moontlik moet respekteer en nie verhewe bo enige taak is nie. Ons moes met alles op die plaas en in die huishouding help. Ek het hier in die besonder geleer wat dit beteken as mense vir mekaar begrip het en in jou glo. My pa het nooit daarop aangedring dat ek met iets moes kom help wanneer ek baie tyd aan die klavier en musiekteorie moes spandeer nie en my ma was die stil, maar kragtige inspirasie. Ons ouers se betrokkenheid het ook ons selfvertroue versterk om die aanslae tydens skooljare so goed as moontlik te trotseer.
Musiekonderrig in al die komponente daarvan is ‘n baie streng en tydsame leermeester. Die kombinasie van intellek, emosie, talent en fisiese koördinasie vereis baie tyd en geduld om te ontwikkel. Dit is ook die enigste manier om op die leer na sukses te vorder. Die leiding van ‘n bekwame onderwyser in hierdie proses is onontbeerlik, en ek was bevoorreg om só ‘n persoon in mev. Babs du Toit te kon vind. Sy was ‘n besonder begaafde leermeester met die praktiese ervaring as knap pianis vir die vestiging van ‘n doelgerigte grondfase vir haar leerlinge. Sy was vir my persoonlik ‘n konstante inspirasie en het geen moeite ter wille van my vordering ontsien nie. Ek het elke jaar ‘n klaviereksamen van Unisa gespeel tot en met Graad 8 in Standerd 9. In Standerd 6 wou ek met orrelonderrig begin omdat ek van kleins af ‘n besondere aangetrokkenheid tot die pyporrel gehad het. Sy het my selfs teen die Kerkraad se besluit in die kerk ingesmokkel. Hulle mening was dat “alle leerlinge onbetroubaar is en hy net die orrel sou beskadig.” Twee jaar later is haar man verplaas, die Kerkraad het nie ‘n orrelis gehad nie en ek was my inspirasie en steunpilaar kwyt. Die ironie was dat die Kerkraad my toe versoek het om vir eredienste te speel totdat ‘n nuwe aanstelling gemaak kon word. Ondernemingsgees gee dikwels aanleiding tot waagstukke. Dit moet egter altyd van berekende aard wees wat overdeberg2020@gmail.com
5
nie nadelig sou wees indien dit nie slaag nie. In Standerd 9 het ek besluit om Graad 8 in Orrel vir afhandeling in Standerd 10 op my eie aan te pak. Mev. Kathleen Wilson, die nuwe aanstelling, was nie beïndruk daarmee nie, maar ek het redeneer dat as ek die groot sprong nie haal nie, dit in elk geval nie saak sou maak nie. Die uitslag was gelukkig baie goeie nuus. Ek was reeds op ‘n baie jong ouderdom oortuig daarvan om musiek as loopbaan te kies. Ek moes wel hoor ‘dat daar geen toekoms in musiek is nie.’ Ek het momenteel getwyfel, maar uit eie oortuiging en met aanmoediging by my besluit gehou. Ek het verdere ondersteuning gevind in die standpunte dat musiek nie ‘n beroep is nie, maar ‘n roeping, dat jy nie musiek kies nie, maar dat musiek jou kies en dat dit gewoonlik nie moontlik is om te ontsnap nie. Ek het ná vyf jaar se voltydse musiekstudies B. Mus. en Hons. B. Mus. verwerf en is in die daaropvolgende jaar as Junior Lektor aangestel. Die geheim van enige onderneming is volharding en vir alles is die vereiste dieselfde. Toe ek 28 was is ek tot Senior Lektor bevorder, en toe weer ‘n groot waagstuk aangepak, naamlik om vir twee orrelkompetisies in een jaar in te skryf. Prof. Stephan Zondagh was in daardie stadium die toonaangewende orreldosent in Suid-Afrika. Hy was dosent aan die Universiteit van Pretoria met ‘n privaatpraktyk by sy huis in Johannesburg. Volharding gaan dikwels saam met opoffering en ongerief, soos om ook van 04:00 tot 06:00 te oefen, om naweke op die trein en in orrelklasse deur te bring en Sondae as orrelis vir vier eredienste op te tree. Albert Einstein het gesê: “Hoe meer ek leer, hoe meer besef ek hoe baie daar is waarvan ek niks weet nie” en dit was die rede waarom die eerste orrelles ‘n onverwagse ontnugtering was. Dié nag op die trein terug Bloemfontein toe, was die eerste keer wat ek werklik moedeloos was. Ek moes besluit om òf op die ou trant aan te gaan, òf om ‘n radikale omkeer te maak. Ek het besluit om terug te gaan, maar die opstaan was moeilik. Prof. Zondagh se orrelklasse was die grootste leerskool vir my eie beroep as dosent en uitvoerende musikus. Die kenmerke van sy benadering was uiterste strengheid sonder om iets af te dwing, respek vir sy studente, baie selektief met komplimente indien ooit omdat sy studente altyd geweet het wanneer hy tevrede was, die vestiging van sekuriteit, selfvertroue en stamina, die verbod op kort paaie, die onontbeerlikheid van volharding, die vereiste om self ‘n student te bly en sy onverdraagsaamheid teenoor selfverheffing en spoggerigheid. Ek was uiteindelik suksesvol in beide orrelkompeVervolg op bladsy 8
5
6
overdeberg2020@gmail.com
6
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
7
overdeberg2020@gmail.com
7
8
overdeberg2020@gmail.com
Vervolg van bladsy 5
tisies en dit was wonderlik om te ervaar dat harde werk en opoffering uiteindelik die moeite werd was. In hierdie tyd het ek by koorleiding betrokke geraak sonder dat dit ‘n deel van my beplanning was. Dit het nuwe uitdagings gebring wat nuwe vaardighede geverg het, maar dit het ook wonderlike geleenthede gebied. Ek was vir 30 jaar opeenvolgend die dirigent van die Pro Ecclesiakoor, die Vrystaatse Universiteitskoor en die Alumni Kamerkoor. Die geleentheid om met amateurkore van jongmense te werk het hulle aan die een kant met goeie musiek vertroud gemaak, die beginsels van musikale dissipline en volharding gevestig, en om die interafhanklikheid binne ‘n groep te respekteer. Aan die ander kant het hulle die voorreg gehad om musiek met baie ander mense te deel, onder andere ook in agt lande in Europa, Zimbabwe, Egipte en Engeland. Intussen het ek M. Mus. en D. Phil. voltooi en ‘n studietoer na Switzerland, Duitsland, Nederland, België en Engeland onderneem. Ek was vir 32 jaar verbonde aan die Departement Musiek van die Universiteit van die Vrystaat. Vir die laaste elf jaar hiervan is ek bevorder tot Professor en aangestel as Departementshoof. Ná aftrede het ek en Gerda besluit om na Bredasdorp te verhuis waar ons sedertdien nog baie gelukkig is. Hier het ek vir ‘n paar jaar ‘n privaat musiekpraktyk by die huis opgebou. Dit was ‘n verdere nuwe uitdaging met geheel en al ander vereistes, maar wat ook besonder bevredigend was. In samewerking met twee ander plaaslike musici het ons Overberg Kunsmusiek gestig met die doel om uitvoerings van ernstige musiek in ons streek te bevorder. Sedert 2014 is 17 konserte aangebied. Benewens die plaaslike musici het van die beste Suid-Afrikaanse musici van internasionale standaard hier opgetree. Gedurende 50 jaar van besondere geleenthede en uitdagings was dit ‘n voorreg om alles wat ek kon leer aan ander oor te dra. Aan die einde van ‘n loopbaan is dit natuurlik om te wonder wat anders moes gewees het, of waar foutiewe keuses gemaak is. Vir almal wat glo dat hulle lewens vooruit bestier is, bly dit egter ‘n nuttelose oefening. Amos Elon (19262009) was ‘n joernalis en skrywer in Israel. Sy kommentaar in hierdie verband was die volgende: “Hindsight is not necessarily the best guide to understanding what really happened. The past is often as distorted by hindsight as it is clarified by it." Skandeer of kliek die QR-kode en besoek die Facebookblad van Overberg Kunsmusiek. Jy dan gereëld op hoogte gehou word van kunsmusiek in die Overberg. 8
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
9
Ondersteun ons plaaslike besighede. Sit jou geld daar waar jou hart is.
Stuur gerus die nuus en foto’s uit jou deel van die Overberg aan ons vir publikasie.
Na Ure noodnommer: 083 377 3373 overdeberg2020@gmail.com
Jy kan dit e-pos of per WhatsApp aan ons stuur. Besoek ook ons Facebookblad vir die positiewe nuus wat jy graag wil lees en hoor. OVERdeBERG is jou interaktiewe en aanlyn gemeenskapskoerant… deur die gemeenskap en vir die gemeenskap.
“If there are things in your life you want to change, you don't change them from the outside in. You change them from the inside out.” - Rick Warren 9
10
overdeberg2020@gmail.com
10
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
11
overdeberg2020@gmail.com
11
12
overdeberg2020@gmail.com
Seestories - Anne-Marie Groenewald -
Nou ja, ek het laas vertel hoe die twee ou karnallies, oom F en oom D, en hoe hulle hul lywe seerowers gehou het.
Oom D het sy ‘gesteelde’ tinstaaf verloor omdat X dit weer ‘teruggesteel’ het en van oom F se staaf het niemand iets geweet nie. Hoe ernstig die omies die seerower-seerower speletjie opgeneem het, het toe eers later aan die lig gekom. Dis ongeveer 10 jaar later. Oom F besluit dat hy nou regtig oud word. Netnou gaan hy dood en dan weet niemand van sy tin nie. Toe sy dogter en haar man kom kuier, kommandeer hy sy skoonseun op om saam met hom te gaan ry… en hy moes ook sommer ‘n graaf saambring. Oom F neem sy skoonseun na ‘n familielid van hom se vakansiehuis. Die huis is in die hoofstraat van Struisbaai, maar die dorpie is nog klein en die meeste huise staan deur die jaar leeg. Ook die familielid kom maar net vakansies na sy strandhuis toe. Daar gekom, haal oom F ‘n papiertjie uit sy sak. ‘n Seerowerskatkaart? Hy beveel sy skoonseun as volg: “Staan met jou rug teen die wasgoedpaal reg voor die minnetokkaboom. Loop nou 3 tree vorentoe parallel met die wasgoedlyn. Draai 90 grade regs. Wat sien jy?” Skoonseun sien nou die hoek van die bure se huis.” Stap nou 2 tree reguit na die hoek van daardie huis. Draai 90 grade regs. Sien jy ‘n kragpaal? Stap 7 tree reguit na die kragpaal toe. Buk nou af en begin grawe.” My man (ja, hy is die skoonseun en oom F was my pa) begin grawe en sowaar, presies daar, grawe hy die staaf tin uit! Toe hoor ons vir die eerste keer die storie van die tin.
Oom F en skoonseun is terug huis toe met die ‘skat’ sonder dat die familielid ooit geweet het dat daar byna 10 jaar lank ‘n staaf tin in sy agterplaas begrawe was. By die huis gekom, moet skoonseun die staaf tin deursaag, want oom F wil mos spinners laat maak! Dis nogal ‘n harde werk om so ‘n blok tin deur te saag, en skoonseun, wat die hele skattejag ook geniet het, vra toe of hy maar die handvatsel of oor van die tin vir hom mag afsaag ter herinnering. Die het hy toe ook gedoen. Oom F het die een helfte van die tin na oom D toe geneem, want Oom D was die man wat die vorms gehad waarmee mens spinners maak. Oom D se kop het waarskynlik oortyd begin werk toe hy die blok tin van lank gelede sien! Sover ons weet, het oom D wel ‘n paar spinners met ‘n bietjie van die tin gemaak. Die orige tin het hy in ‘n streepsak gesit en vir oom F teruggegee. Oom F het die tin agter op sy bakkie gesit, maar oppad huistoe, gou ‘n dop gaan drink en skoon skoon van die tin vergeet. Eers ‘n week later onthou hy van sy tin. Hy gaan haal die sak van sy bakkie af, maar binne-in die sak ontdek hy net ‘n klomp klippe. Sy tin is weg! Ja, oom D het uiteindelik sy tin gekry!
“Finders keepers.” Maar wat het van die ander helfte van die tin geword? Die deel wat agtergebly het in die garage? Is dit gesteel? Is dit verkoop? Is dit dalk weer begrawe? Niemand van ons weet nie, en al 3 hiérdie besondere karakters het reeds die tydelike met die ewige verwissel. Die tin is weg… nes die Kruger miljoene. In ons kluis lê die oor van die tinstaaf wat my man afgesaag het, soveel jare gelede… ‘n stille getuienis dat daar wel so ‘n tinstaaf (en so ‘n storie) was. En miskien, net miskien, lê daar êrens op Struisbaai ‘n klein skat begrawe. Lees die einde van hiérdie storie in deel 6 volgende week.
Indien jy hou van skryf en jy Wil graag jou stories publiseer Sodat ander dit kan lees, stuur Dit gerus aan ons en dit sal met Plesier vir jou geplaas word! Dis gratis! Stuur jou storie in WORD-formaat na:
Foto: Verskaf
12
overdeberg2020@gmail.com overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
13
Die avonture van Oom Kaspaas Met Nefie en Ta’ Engeltjie… daar doer vêr in die Bosveld.
overdeberg2020@gmail.com
13
14
overdeberg2020@gmail.com
Introducing you to the Agulhas National Park There is an area at the southernmost tip of the African continent known as the Agulhas Plain, which is rich in natural and cultural features. The Agulhas Plain more or less surrounds the southernmost tip of Africa and is world famous for the richness of its plant species… a biodiversity equalling those of tropical rainforests around the world. Around 2000 indigenous plant species inhabit the area. Of those species, there is a group of 100 that are endemic to the area. The Agulhas Plain is therefor a hugely important part of the Cape Floral Kingdom. It’s the smallest of 6 plant kingdoms found on the planet. There is 110 species of plants in the area that are highly endangered. The Agulhas Plain also gives a home to endangered Cape platanna frog. This frog can be found in the numerous variety of wetlands in the area. Along the coastline of this area, a large number of water birds can be found which includes both migrant and resident birds. There is also a very rich marine and intertidal lifeforms supported by the area. You can find breeding sites along the coast for the well known, but rare and endangered Black Oystercatcher.
The Southern Right Whale is a frequent visitor to the waters along the coast of this area and towns like Hermanus is well known for watching these whales from viewpoints on the coast. During spring and summer the can be spotted.
The coastline along this part of the country, is also known as the graveyard of ships, because of the large amount of shipwrecks that litters the waters.
Operating since 1849, the Cape Agulhas Lighthouse stands as a firm, but silent witness to the unforgiving coastline that have claimed more than 120 ships over the years. One of the more memorable wrecks being the the Meisho Maru No. 38, a small Japanese fishing vessel in 1982 off the coast at Suiderstrand.
Foto: Japie Louw
What else can be seen and done in the park? 1) View and visit the southernmost tip of Africa and monument. 2) Visit the the Cape Agulhas Lighthouse and the Rasperpunt fish traps. 3) Look for the Southern Right whales along the coast between June and November. 4) Spot the endangered African Black Oystercatcher, of which a small number of around 5000 is still around. 5) A number of saltpans scattered throughout the area that can also be visited. Continued on page 17
“There's nothing you can do to change the past but forgiveness can help free you from it's power over you’” - Barbara J Hunt 14
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
15
overdeberg2020@gmail.com
15
16
overdeberg2020@gmail.com
M.A.D. Make a Difference
- Dennis Bogenhagen -
Ek bring hulde aan ‘n lewendige legend, Tannie Loetie Faroa. Sy is n digter, skryfster, skilder en entrepreneur wat klein historiese miniatuurhuisies bou. Sy het destyds deelgeneem aan ‘n digterskompetisie wat in Suidernuus adverteer was. Sy het in twee van die kompetisies so goed gevaar dat sy in digbundels saam met groot skrywers verskyn het. Sy bewaar die boeke tot vandag toe en dit lyk asof sy dit gister gekry het.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Tannie Loetie skryf nie net gedigte maar sy is ook ‘n skilder wat veral fokus op die natuur. Sy het een skildery wat my aandag baie getrek het met Madiba en F.W. De Klerk. Sy bou ook miniatuur historiese huisies soos dié op Struisbaai en Arniston asook die museum van ouds op Bredasdorp en Anglikaanse klipkerk in die dorp. Sy maak graag poppe van Houtstompe wat netjies aangetrek is met die oulikste klere gemaak van afval materiaal. Oulik... van ‘n hoed, bril en skoene word vir die poppe gemaak! Tannie Loetie Faroa ek saleer u! U is ‘n lewendige legende en ons waardeer wat u doen. 16
Foto: Verskaf
Gebeur daar iets in jou gemeenskap wat jy graag gepubliseer wil hê? Vertel ons jou storie en deel jou foto’s! Dennis wil graag van jou hoor. Kontak Dennis Bogenhagen +27 82 903 9094
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
17
Continued from page 14
Vervolg van bladsy 18
The Agulhas National park is a truly a location that needs to be on your itinerary when visiting the Overberg.
Direk oos van die suidste punt is daar visvywers, wat duisende jare gelede deur die vroeë bewoners gebou is. ‘n Visvywer het as volg gewerk:
Click on the links below to download the following information for the park.
‘n Aantal vlak damme is met klippe gebou rondom die laagwatermerke en wanneer die hoogwater kom, spoel dit die visse oor die lae “muurtjies” tot binne-in die vywers. Wanneer dit dan weer laagwater raak, is die visse daar vasgekeer en kon dan maklik gevang word. Party van hierdie visvywers kan vandag nog gesien word en werk nog net so goed! Ontdekkings van potwerk en skulpafvalhope is waardevolle geskiedkundige nalatenskap van die Strandlopers wat op en af langs hiérdie kus getrek het.
General Tariffs Information
1 November 2019 - 31 October 2020 Tariffs
Pensioners' Discount
Foto: Wikipedia
Agulhas National Park newsletter - April 2020
Article adapted from information found on the website of Sanparks Scan or click the QR code to visit the Sanparks website:
Die historiese visvywers, wat sigbaar is vanaf die Kaap Agulhas vuurtoring (aangedui met die oranje pyle) is een van die besienswaardighede wat besoek kan word.
Foto: Wikipedia
Ondersteun u plaaslike besighede. Support your local businesses.
Historiese varswaterkrippe nog sigbaar by Agulhas.
“We are constantly changing, but you decide how to change. Who you are isn't something you were forced to be.” - Albert Rogers overdeberg2020@gmail.com
17
18
overdeberg2020@gmail.com
Geskiedenis uit die Overberg - Jacques Louw -
L’Agulhas is ’n kusdorpie in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika en die mees suidelikste nedersetting op die Afrikavasteland. Dié dorpie is geleë noordoos van Kaap Agulhas, die suidelikste punt van die Afrikakontinent en dit is ook waar die Indiese en Atlantiese oseane ontmoet. Die naam Agulhas is afgelei van die Portugese woord wat “Naald” beteken. Die vroeë Portugese seevaarders het die naam gegee met verwysing na die ruwe, skerp rotse van die kuslyn en die feit dat ‘n kompas geen werklike afwyking tussen ware Noord en magnetiese Noord op hierdie plek aangetoon het nie.
Foto: Wikipedia
L'Agulhas kry sy ryke erfenis van die skipbreukelinge van verskillende nasionaliteite wat hulle in hiérdie afgesonderde gebied kom vestig het. Die winderige en ruwe kusvlakte vorm ook deel van die Agulhas Nasionale Park wat meer as 8 500 unieke blomspesies het (lees ook op bladsy 14 en 17).
Die kuslyn beskik ook oor 'n baie ryk seelewe, wat insluit skaars voëlsoorte soos die Swarttobie en groter akwatiese diere soos die Suidelike Noorkapper walvisse. Beide hiérdie genoemde diersoorte gebruik hiérdie kuslyn as broei– en kalfplek onderskeidelik. Besoekers aan hiérdie area kan die Kaap Agulhas vuurtoring besoek, wat die 2de oudste vuurtoring langs die Suid-Afrikaanse kus is. Vervolg op bladsy 17
Luister nou...
18
overdeberg2020@gmail.com