+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 3
Vrydag, 21 Februarie 2020
Die “Walking Bus” is ‘n projek geloods deur mnr. Dan Plato, voorheen die Minister van Gemeenskapsveiligheid en nou Burgemeester van Kaapstad. Sowat 4 jaar gelede het ‘n groep omgeemense uit die gemeenskap, die belangrikheid van skoliere se veiligheid na en vanaf die skole raakgesien en deel geword van die “Walking Bus” projek. Dit was ‘n vrywilligheidsdaad wat verrig is, totdat hul onlangs deel geword het van die CWP-projek, vanwaar hul ‘n maandelikse stipend ontvang. Hiérdie groepie dames is elke dag pligsgetrou aan die leerlinge van De Heide Primer. Marjorie October (Raadslid vir Wyk 2, het die dames op Valentynsdag bederf, net om dankie te se vir hul onbaatsugtige diens. Vlnr op die foto is Marjorie October (Raadslid - Wyk 2), Dina Carelse, Joan Jacobs, Lizette Hendricks, Mina Wildschut, Charlotte Leonard, Augusta Rooi en Caroline Doyle. Foto: Jacques Louw
Die redakteur en redaksie kan nie verantwoordelik gehou word vir foute of enige gevolge uit die gebruik van informasie in hiérdie publikasie nie. Die uitganspunte en opinies in OVERdeBERG, reflekteer nie noodwendig dié van die koerantredaksie of die redakteur self nie.
Kontak ons gerus met jou nuus of foto’s en stuur dit na overdeberg2020@gmail.com vir publikasie. Jy kan ook nuus stuur na ons by +27 65 686 2204 (WhatsApp).
Besoek ons gerus!
BREDASDORP
028 424 1144 overdeberg2020@gmail.com
1