+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 22
COVID-19: Terug skool toe maatreëls 5
Vrydag, 3 Julie 2020
‘n Lekker sopnat Overberg
Van pryswenner tot ‘n seeroog 7
Sing aanlyn 10
Seegogga skryf 14 Foto: Pierre Vlok
Skandeer die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Stuur jou nuus en foto’s aan ons vir volkleurpublikasie. Die berigte in Word-formaat en die foto’s in JPEG-formaat voor of op ‘n Donderdag om 12h00.
Local Shipwrecks: “Zoetendal” 16
“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
overdeberg2020@gmail.com
1
2
overdeberg2020@gmail.com
No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential
Redaksioneel Vrydag, 3 Julie 2020
Goeiedag almal en welkom by uitgawe #22 van ons gemeenskapsblad OVERdeBERG en dankie vir julle belangstelling en ondersteuning… ons het gedurende die week die 500 lede merk op ons Facebookblad verbygesteek! Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Special offer R995.00 per room per night for two people
Met die ysige koue en heerlike reënweer van die afgelope week, was dit ekstra lekker om die blad vir julle uit te lê met die nodige koppies warm drinkgoed soos warm sjokolade en sterk koffie. Ons sê dankie aan Pierre Vlok vir die pragtige voorbladfoto wat die ons huidige weerpatroon so mooi beskryf sonder om ‘n woord te sê! Ons het in hiérdie uitgawe weer ‘n lekkerleesstorie van Anne-Marie Groenewald, oom Kaspaas wat ‘n bakleiery begin, die nuutse COVID-19 informasie, ‘n heerlike kombuiskuier met maklike resepte, die skeepswrakstorie van die “Zoetendal”, ons kyk wat lede van die Blomskool doen met hulle tyd en sommer nog baie meer. Weereens baie dankie vir almal se wonderlike ondersteuning van OVERdeBERG as gemeenskapsblad. Lekker lees en ons gesels weer volgende Vrydag. Ek sluit oudergewoonte af met ‘n mooi gedagte.
Breakfast included (valid from 1 May - 31 August) Direct bookings only
2
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
3
Bespreek hiĂŠrdie advertensiespasie vir jou besigheid. Ons bied jou die volgende: Beste advertensiekostes in die Overberg. Volkleur. Interaktiewe opsies vir klank & beeld.
overdeberg2020@gmail.com
3
4
overdeberg2020@gmail.com
Kombuiskuier Jacques Louw
BRUISMEEL ROOSTERKOEKE Bestandele: 500 ml (2 koppies) bruismeel 3 ml (ruim ½ teelepels) sout 30 ml (2 eetlepels) suiker 30 ml (2 eetlepels) margarien, gesmelt, of olie 200 ml louwarm water ekstra meel
GROOTMAAT MIELIEPAPBALLE
Metode:
Bestandele:
Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak. Roer die margarien of olie by die meelmengsel in. Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm. Knie die deeg vir sowat 5 minute. Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat. Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel. Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar. Genoeg vir 4-6 mense. Bereiding: 15-20 minute. Gaarmaaktyd: 10-20 minute.
Ongeveer 1,75 kg mieliemeel 1 kg gevriesde “sweet corn” 2 uie (fyn gekap) 3 pakkies gesnipperde spek 3 blikkies tamatie en uie (bietjie suiker en chutney bygegooi) 1 liter room 1 groot houer Bulgaarse jogurt 4 pakkies “potato bake” So 2 blokke gerasperde kaas (1 blok per bak) Metode: Maak lekker stywe mieliepap,roer pak mielies by, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel. Braai ui, tamatie, en spek saam. Maak lekker groot gat in elke papbal met jou duim en skep die mengsel daarin. Meng die room, jogurt en “potato bake”. As dit vir jou te dik lyk, gooi ‘n bietjie melk by. Gooi oor die papballe. Sit in oond en bak vir so uur of tot roommengsels geset het. Gooi die kaas oor en sit ‘n bietjie onder die grill tot gesmelt.
4
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
5
National hotline: 0800 029 999 Provincial hotline: 021 928 4102 WhatsApp "Hi" to 0600 123 456
overdeberg2020@gmail.com
24/7
5
6
overdeberg2020@gmail.com
So ietsie van die Blomskool Letty-Ann Möller Selfs na ‘n storm soos wat die Overberg ervaar het verlede naweek is daar iets mooi om op te tel en sodoende iets mooier daarvan te maak. Dit is presies wat Marjolijn Malan van Prinskraal gedoen het. Sy het hierdie voëlnessie na die storm opgetel en kyk net hoe treffend lyk dit in 'n rangskikking...
Foto: Marjolijn Malan
Besoek gerus die Facebookblad van Bredasdorp Blomskool. Kliek of skandeer die QR-kode. Word ‘n lid & bly op hoogte van hulle aktiwiteite!
Foto: Marjolijn Malan Indien jy graag jou nuus of foto’s wil sien in die OVERdeBERG, stuur gerus jou berig en foto’s uit jou streek aan ons vir publikasie in volkleur. *Foto’s in JPEG-formaat *Berigte in WORD-formaat Kontak ons by: 0656862204 (WhatsApp) overdeberg2020@gmail.com (e-pos)
6
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
Van pryswenner tot ‘n seeroog Letty-Ann Möller Dakplate van die mees suidelike stasie in Afrika word deurlopend weggedra en ongeag die feit dat verskeie besighede in die omliggende industriële gebied dit gerapporteer het, duur dit steeds voort.
7 “Maar wat my pla is dat Jessica, die stoomtrein van Ceres Rails onlangs hier op ons stasie was met ‘n klomp toeriste wat met ‘n toerbus verder Arniston toe is. As die plek so lyk sal niemand weer toeriste wil bring met die trein nie.” Hierdie Facebook-opmerking vat my gedagtes terug na Vrydag, 21 April 2017. Die dag “toe 30 buitelandse treinentoesiaste op toer na ons kant van die wêreld gebring is”, soos Ora Laubscher dit in die radioprogram, ‘Kloutjie by die Oor’, dit gestel het.
Hierdie vraag is met ywer op Facebook bespreek en die algehele gevoel van Bredasdorpers is kommer oor die agteruitgang van die ou stasiegebou en veral kommer oor die feit dat die diewe helder oordag steel en daarmee wegkom.
Foto: Letty-Ann Möller
Foto: Jacques Louw
Melanie Boshoff het met ‘n handvol kleutertjies van die Woelwaterskooltjie in groot opgewondenheid hier op Bredasdorpstasie die stoomtrein ingewag en selfs begin roep, “Toot! Toot” en “Tjoek-tjoek” terwyl die stoomtrein, Jessica, met ‘n skril gefluit in ‘n stoomwolk Bredasdorpstasie binne gery het en dit ook met ‘n maag vol buitelandse toeriste.
“Hoekom word die plek dan nie opgeknap nie?” “Dit sou ‘nice’ gewees het as dit opgeknap kon word en nie aan verwaarlosing oorgelaat was nie.” Hierdie gesprekke het tot laataand op die 29ste Junie 2020 voortgeduur en moontlikhede van toekomstige aanwending is met entoesiasme bespreek. Dit was nie nodig om veel verder as by die meganiese werkswinkel op die peron oorkant die stasiegebou rond te vra nie. “Die plek behoort aan PRASA (die Spoorweë van ouds). Ons huur hiérdie sinkgebou by hulle. Ek het kleintyd tol gespeel op dié werkswinkel se gladde vloer. Toe was hier nog nie deure nie, maar nou het ons ‘n alarmstelsel. Ons kan nie glo dat daar niks aan die wegdra van die dakplate gedoen word nie. Ons het dit gerapporteer. Kyk, hulle het selfs die een naambord afgebreek. Hulle verkoop die staal wat binne die betonpaal gegiet is.”
overdeberg2020@gmail.com
Foto: Letty-Ann Möller Op die stasie was daar inderdaad mense. ‘n Handjievol bekendes. Oupa’s en ouma’s met kleingoed op die heup en aan die hand en middeljariges wat die stasie van hulle kinderjare in herinnering roep. Die trein was ‘n uur later as die verwagte aankomstyd, maar hoeveel beheer is daar oor ‘n trein wat uit stoom hardloop? Vervolg op bladsy 8
7
8
overdeberg2020@gmail.com
Vervolg van bladsy 7 Derrick du Toit van Ceres Rail Company het juis sy kommer oor die beskikbaarheid van die water uitgespreek, “want ons het water nodig vir ons lokomotief. Ons is nou besig om dit uit te sorteer”, sê hy. Hulle moes weer terug Kaaptoe, maar eers na ‘n middagete tussen die wit markiestente op Bredasdorpstasie en dan was daar die toerbus wat wag vir ‘n dagbesoek aan die Arniston Hotel.
Ceres Rail Company besit ‘n paar lokomotiewe en treine en “ons probeer om toeris-me in die hele Wes-Kaap te ondersteun en ons probeer om nuwe roetes weer oop te maak sodat die plattelandse mense ook voordeel kan kry uit die internasionale en plaaslike toerisme in Suid-Afrika en spesifiek op die Kaapse spoor”, het Derrick du Toit entoesiasties bygevoeg. Derrick was haastig, maar nie té haastig om by te voeg dat hulle bly is om hiér op Bredasdorpstasie te wees nie. “Dit was vir ons lekker toe die mense ons so ingenome ingewag het.”
Foto: Letty-Ann Möller Redakteursnota: Ek kan self onthou hoe ek as ‘n jong seun van so om en by 12, gereeld saam met my maats op hiérdie pragtige stasiegebou se stoep gespeel het en hoe die stem van die destydse stasiemeester, oom Dries Swanepoel, bulderend vir ons gewaarsku het om weg te bly van die spore af en agter die geel waarskuwingstrepe te speel. Foto: Letty-Ann Möller Roland Ziegler, een van die treinentoesiaste het vertel, “I am German. The only German here and a few Australians and a Dutch bloke.” Hulle was deel van ‘n 20-dag toer deur Suid-Afrika. Die toer is deur die London Locomotive Club gereël en het twee weke vantevore se “Stars of Sandstone Festival” in die Vrystaat ingesluit. ‘n Ander groep het in Pretoria by hulle aangesluit en hulle het ‘n paar ekskursies daarvandaan na Kimberley, Durban en na drie lang dae in die wa deur Port Elizabeth en George, het hulle in Kaapstad aangekom vanwaar hulle met die stoomtrein, Jessica, die vorige oggend Caledon toe is. Daar het hulle een aand geslaap en die einde van die spoorlyn is dan ook hier op Bredasdorp.
8
Die gebou self, sowel as die perron, was altyd netjies, skoon en met alles op sy plek. Pragtige potplante het die vensterbanke versier en die vloere het geruik na Cobrapolitoer. Ongelooflike herinneringe. Ek hoop van harte dat hiérdie berig deur die regte mense gelees word, of dat iemand wat hiér lees, die regte mense ken… mense wat hiérdie pragtige gebou (en een van ons skatte) kan red voor dit te laat is. Om te dink dat hiérdie stasie vir baie jare as die netjieste stasie beskou is deur die oud SA Spoorweë. “It takes one thought, one second, one moment or positive memory to act as a catalyst for the light to gradually seep in again.” - Fearne Cotton -
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
9
Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Musiek Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek
Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Donderdag
Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00
By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek
Vrydag
Saterdag
Ondersteun plaaslik... Support local...
Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00
Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! overdeberg2020@gmail.com
9
10
overdeberg2020@gmail.com
https://www.facebook.com/Anthonie-Bougas-128115010604968/
10
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
11
overdeberg2020@gmail.com
11
12
overdeberg2020@gmail.com
12
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
13
Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie, daar doer vêr in die Bosveld...
overdeberg2020@gmail.com
13
14
overdeberg2020@gmail.com
Seegogga skryf... Anne-Marie Groenewald Die draad: ‘n kinderherinnering of twee… “Wat is jou heel lekkerste kinderherinnering?” vra Sonel.
Dit het nooit verander in die 18 jaar wat ons daarna nog op Sasolburg gewoon het nie. Ek sien haar voor die naaimasjien in die kamer, of elders in die huis, besig om die mooiste goed te maak: klere, kunsnaaldwerk, bedoortreksels, blommerankskikking, skilder, kos... daar was niks wat sy nie absoluut uitstekend kon doen nie. Ek onthou ook hoe lekker ons saam duete op die klavier gespeel het en hoe sy soms weggetrek het met die eerste 2 dele van die Maanligsonate , Liebestraume of “Invitation to the dance”.
Die heel gelukkigste herinnering? Ek probeer dink. Daar is te veel. En daar is ook niks besonder uitstaande nie. Ek was ‘n gelukkige kind met gewone ervarings, meestal baie lekker. Die lewe was ‘n avontuur en ek het elke oombik geniet en beleef, veral met ‘n bietjie van ‘n alternatiewe pa. Of sal mens liewer sê: eksentriek? Individualisties? “Way-out” anders? So “prim & proper” my ma was, so anders was my pa. Ek onthou hoe ons elke liewe jaar die 24ste Desem-ber in die pad geval het en dwarsdeur die nag van Sasolburg na Struisbaai toe gery het.
My ma het agter lê en slaap, maar ek het die heel nag deur kiertsregop langs hom gesit en dan het ons gesing dat die dak lig. Vandag nog is ek baie lief daarvoor… die ‘voortspoed deur die nag’. Die lig stoot die pad voor jou oop en die donker vou hom agter jou toe. Daar is iets magies daaraan. Ek onthou hoe my pa my leer harders vang het op een van die skuite in Struisbaai se Skuitbaai, met ‘n visstok (hulle eet net aan vislewer), en hoe hy my leer seekat en skilpad eet het. Ek onthou hoe my ma vir my die pragtigste rokkies gemaak het. Ek was beslis die dogtertjie met die mooiste rokkies op die hele Sasolburg en ek moes gereeld aan klein modeparadetjies deelneem. My ma het selfs ons skool se skooldrag ontwerp. Toe ek as sub A’tjie na die A.J. Jacobs laerskool toe is, het die skool nog nie skooldrag gehad nie en almal het gedra wat hulle wil. My ma het vir my ‘n ‘pinafore’ gemaak wat ‘n mens bo-oor ‘n skoolhempie kan dra. Nie lank nie, toe roep die onderwysers my. Ek moet pouse in die personeelkamer om die tafel kom stap. Ek was heel skrikkerig en het gewonder wat ek verkeerd gedoen het. Maar daardie middag het die hoof my ma kom sien en haar gevra om so ‘n patroon op te trek, wat toe die skooldrag geword het.
14
Maar my arme ma moes dalk heimlik teleurgesteld gewees het dat ek, haar enigste kind, eintlik ‘n vreeslike “tomboy” was, wat nie kon omgee oor hare, klere of netheid nie, want die ding wat die meeste hier in my kop spring, is die draad. Die draad tussen ons en die bure was afgerem met een groot uitgetrapte gat reg in die middel en langs een van die regop paaltjies. Dit is hier waar ek en Tertius en Louistjie elke liewe dag kort-kort heen en weer oorgeklim het om in ons erf of in hulle erf te speel. Vandat ons daar ingetrek het toe ek 5 was, totdat ons 13 jaar later uit die skool is, was hulle my heel beste maatjies en was ons heeltyd bymekaar.
As ons nie in ons populierboom rondgerits het nie (en ons het geglo die boom kan met ons praat), het ons bollemakiesie geswaai in hulle druiwepriëel. As ons nie wegkruipertjie of blikaspaai gespeel het nie, het ons onder hulle vrugtebome paadjies en plase gebou vir ons “dinkytoys” en plaasdiertjies. As ons nie op hulle garagedak telefoontjie gespeel het met kondensmelkblikkies en tou nie, het ons huishuis gespeel onder ons grenadilla priëel op my pa se Austin bakkie. As die grenadillas nie ons kos was nie, het hulle mossies geskiet wat ons gebraai en geëet het. Vervolg op bladsy 15
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
15
Vervolg van bladsy 14 Ons het ons fietse gevat en spoorsny gespeel, al die pad laerskool toe en na die park met die swaaie en speelgoed. Vandag nog sal ek heel smaaklik aan ‘n rou aartappel eet. Met my potte- en pannestelletjie het ons kos gemaak in die leë erf aan die anderkant van ons huis. My ma het gewoonlik vir ons ‘n aartappel of wortel gegee, wat ons dan entoesiasties geskil en in soutwater gekook het. As jy met gras ‘n vuurtjie maak, en jy is klein, vat so ‘n aartappel eenvoudig te lank. Sodra die water louwarm was, was ons moeg gewag, en het dan sommer besluit dat die kos nou gaar is. Menige louwarm en souterige, rou aartappel is so geëet.
Kliek op enige van die logo’s as jy vir ons nuus het, of sommer net wil inloer. Kontak ons ook vir billike advertensietariewe.
Ons het ook dikwels “Cowboys” en Kroeks gespeel. Elkeen se speel-speel perd het altyd diesefde naam gehad (myne was “Black Beauty”, Tersie s’n “Tigerfish” en Loekie, wat nog baie klein was, s’n was Bles). Ons almal was “cowboys”. Die kroeks was denkbeeldig en ons het hulle links en regs platgeskiet.
Ek onthou die modderdamme wat ons in die grondpad agter ons huise gebou het as dit gereën het, die kaskarre wat ons gebou het, en die vlieënde rysmiere wat ons soms vir my pa moes vang vir sy visaas. Al hierdie dinge en soveel meer word saamgevat in daardie ou afgeremde draad. Ten spyte van die grootmense se gereelde vermanings, was dit net eenvoudig te veel moeite om hek-om na mekaar toe te stap. Dit was baie vinniger en veel lekkerder om oor die draad na mekaar toe te wip en met die jare het die draad aangepas asof hy spesiaal so vir ons gemaak is. Ek wens iemand het daaraan gedink om ‘n foto van die ou draad te neem. So ‘n foto sou my gelukkige kinderjae in een prentjie kon saamvat.
Lees meer van Anne-Marie Groenwald se stories op haar blog. Skandeer of kliek op die QR-kode.
“No one can ever take your memories from you. Each day is a new beginning, make good memories every day.” - Catherine Pulsifer -
overdeberg2020@gmail.com
ONDERSTEUN PLAASLIKE BESIGHEDE… SUPPORT LOCAL BUSINESSES...
15
16
overdeberg2020@gmail.com
History from the Overberg Jacques Louw Along the Agulhas coastline, many names in the area are consequences of the many maritime accidents. One such example relates to the first documented wreck in this area which occurred in 1673 when a small ship, called the “Zoetendal”, ran aground in Struisbaai. The 448 ton flute was under the command of Captain Jan Block for the Dutch East India Company and ran aground on a return voyage from Batavia with a cargo of rice. The accident is reputed to have occurred due to the crew being highly intoxicated at the time. Four of the crew drowned and another 6 were too drunk to leave the ship. The remaining 40-odd survivors set off to the west and after a few hours of struggling through the sandy and scrubby environment they found the second largest naturally occurring body of freshwater in South Africa. They named it Soetendalsvlei, in honour of their stricken vessel. This vlei and surrounding wetland system on the Agulhas plains is home to many diverse bird species. After a short period of recuperation from their ordeal, the Zoetendal castaways began their long and difficult hike to the Cape refreshment station in Table Bay. On the first day one of the hikers was killed by an elephant. However, fortune favours the brave and they were picked up en route by a local Khoi chief of the Chainoqua clan by the name of Dorha. The chief was known to officials of the VOC as “Captain Claas”, a respected cattle trader in their employ. He led the remaining members of the party safely back to the safety of Cape Town. Today the legacy of that shipwreck has also given rise to a farm in the region of the same name, which is famous for pioneering the merino sheep farming methods that established South Africa as a wool producing capital of the world. Zoetendal is also the namesake for a winery established in the newest and southernmost wine route on the continent (the Elim Wine Route). All credit to: www.awoltours.co.za
16
“You see yourself as a shipwreck, but we see your treasure glowing inside… beneath the oceans in your eyes.” ― - Curtis Tyrone Jones -
overdeberg2020@gmail.com