+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 21
Vrydag, 26 Junie 2020
Foto: Letty-Ann Möller
VLV reik uit na Otto du Plessis Hospitaal 3
Skolenuus 5
Vriende van die Museum: Aanlyn AJV 7
Malgas Pont: Einde van ‘n era 8
VLV geskenkpakkies is op Vrydag 19 Junie 2020 om 10h00 by die noodafdeling van Otto du Plessis Hospitaal op Bredasdorp oorhandig. Vlnr op die foto is Sulene van As (VLV verteenwoordiger op die Hospitaalraad, Lorraine du Toit (Voorsitter van die Hospitaalfasiliteit sowel as vise-voorsitter van Bredasdorp VLV-tak) en Shahadi Laubscher van die Otto du Plessis Hospitaal Administratiewe kantoor.
Skandeer of kliek op die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Ons kan ook direk gekontak word op WhatsApp by 0656862204.
Seegogga skryf 14
Alle nuus en foto’s wat jy in die koerant wil publiseer, moet ons voor of op ‘n Donderdag om 12h00 bereik. Alle berigte in WORD- en die foto’s in JPEG-formaat.
“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
overdeberg2020@gmail.com
1
2
overdeberg2020@gmail.com
No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential
Redaksioneel Vrydag, 26 Junie 2020 Goeiedag en baie welkom by die 21ste uitgawe van OVERdeBERG. Weereens en altyd ‘n voorreg om die blad vir julle uit te lê en te publiseer.
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Special offer R995.00 per room per night for two people
Soos van julle seker nou al agtergekom het, stuur ek weg van negatiwiteit met hiérdie blad. Hiér konsentreer ons op positiewe nuus en foto’s wat stories vertel uit ons pragtige Overberg. Ons Facebookblad is vinnig oppad na 500 lede en dit is vir my ‘n riem onder die hart om te weet dat daar wel mense daarbuite is, wat ‘n blad soos hiérdie ondersteun en geniet.
In hiérdie uitgawe van OVERdeBERG is daar ‘n lekker kombuiskuier, beriggewing oor die VLV se besoek aan Otto du Plessis Hospitaal op Bredasdorp, skolenuus (uiteindelik na ‘n lang breuk), die virtuele AJV van die ‘Vriende van die Museum’ komitee, Radio Overberg se splinternuwe programrooster, ‘n lekkerleesstorie van Anne-Marie Groenewald en ons gaan krap weer so ‘n bietjie in die geskiedenistrommel van die Overberg. Oom Kaspaas loer ook weer oudergewoonte in met een van sy Bosveldstories… soos net hy dit kan vertel! Geniet die uitgawe en word gerus deel van ons familie hiér by OVERdeBERG deur ons Facebookblad te besoek en lid te raak daar. Tot volgende week.
Breakfast included (valid from 1 May - 31 August) Direct bookings only
2
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
3
VLV reik uit na Otto du Plessis Hospitaal - Letty-Ann Möller -
“Otto du Plessis hospitaal is in die proses van opgradering en dan is daar boonop die voortgesette toetsing vir Covid-19. Dit stel verseker hoër eise aan die personeel.” Lorraine du Toit verwys na die eise van die Covid-19 pandemie: “…en ons hiér aan die suidpunt het dit ongelukkig nie vrygespring nie en ons getalle het die afgelope twee weke taamlik gespring en matrone het gevra om die personeel se moraal te lig.” Foto: Letty-Ann Möller
Hiérop het Sulene van As (die VLV-verteenwoordiger op die Raad) die inisiatief geneem deur die VLV Bredasdorp Takvoorsitter, Annette van Eeden, hieroor te nader. Annette van Eeden het dié uitdaging aan plaaslike VLVlede gestel: "Ons het dit goedgedink om aan elke personeellid 'n sjokolade met 'n mooi lintjie te gee met 'n mooi bemoedigende boodskappie op 'n kaartjie. Bydraes is heeltemal vrywillig.” Bydraes het vinnig ingestroom en die pakkies is binne 3 dae saamgestel. Op Vrydagoggend,19 Junie 2020 om 10h00 oorhandig Sulene Van As (VLV verteenwoordiger by die Hospitaalraad) en Lorraine Du Toit (vise-voorsitter van die plaaslike VLV-tak en ook voorsitter van die Hospitaalfasiliteit), twee mandjies vol geskenke aan Shahadi Laubscher by die Administratiewe Afdeling van Otto du Plessis Hospitaal op Bredasdorp. Dié geskenke is vir al 52 personeellede. Te oordeel aan reaksies soos “Pragtige gebaar”, “Baie dankie. Dit word opreg waardeer”, was die sjokoladegeskenke met linte en bemoedigende kaartjies geslaagd. overdeberg2020@gmail.com
3
4
overdeberg2020@gmail.com
Kombuiskuier - Jacques Louw -
Foto: Shutterstock
HOENDERLEWERKOEKIES
Sous: Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die mielieblommengsel by en roer tot verdik. Spinasieslaai: Meng alles. Skep die sous oor die koekies en sit voor saam met die slaai.
Bestandele (lewerkoekies): 1 ui (gekap) 2 wortels (skoongeskraap en gekap) 15 g pietersielie 1 eier 2 snye bruinbrood (korsies verwyder & in stukke) 500 g hoenderlewertjies (afgespoel en skoongemaak) 125 ml (½ koppie) koekmeel Sout en peper na smaak Olie vir panbraai (olyfolie werk ook) Bestandele (sous): 1 ui (in skyfies gesny) 1 knoffelhuisie (gekap) 15 ml (1 eetlepel) olyfolie 125 ml (½ koppie) suiker 100 ml asyn 10 ml (2 teelepels) mielieblom (opgelos in 15 ml water) Bestandele (spinasieslaai):
100 gram baba-spinasie 1 rooi-ui (in skyfies gesny) 30 ml (2 eetlepels) olyfolie
Foto: Shutterstock
SOETHOENDER Bestandele (alles na smaak): Uie Pepers (rooi, groen of geel) Hoenderspeserye (na eie smaak) Hoenderporsies Chutney Mayonnaise Room Metode:
Metodes: Lewerkoekies: Plaas al die bestanddele behalwe die lewertjies, meel, sout en peper in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn gekap en goed gemeng. Voeg die lewer by en verwerk net tot die lewer grof gekap is. Voeg die meel by, geur met die sout en peper en meng goed. Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die mengsel in hopies in die pan. Braai oor matige hitte tot net bruin, draai om en braai verder tot gaar, maar steeds effe pienk van binne. 4
Sny die uie, peppers (rooi, groen of geel) in repe en strooi dit op pan. Sit dan die klaar gespeseryde hoender bo op. Maak dan ‘n sous met chutney, mayonise en room. Voeg bo op. Sit foelie bo op in die oond vir ‘n uur. Haal dan die foelie af en skroei so effens. * Hiérdie resep is volgens persoonlike smaak en die bestandele se hoeveelhede hang van persoon tot persoon af. Gebruik maar jou goeie oordeel en geniet dit by jou volgende samekoms. overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
Skolenuus
5 Stuur jou skolenuus en foto’s aan ons vir publikasie in volkleur vir maksimum impak. Send your school news and photos to us for publication in full colour for maximum impact.
Hoërskool Bredasdorp Back A BD-projek Baie dankie vir u ondersteuning die afgelope tyd. Ons projek is tot einde Junie voluit aan die gang en ons vra weereens of u asseblief u hand sal uitsteek om 'n leerder met 'n kospakkie vir volgende week te help. Ons het 16 leerders wat elkeen 'n kospakkie moet ontvang. Weereens baie dankie dat ons op ons gemeenskap se betrokkenheid by Hoërskool Bredasdorp, kan staatmaak.
Foto: Verskaf
Gr. 12-BD dans deur na volgende rondte Baie geluk aan Nicole O’Neill (gr. 12), wat aan die Kyknet ‘Dans in jou Taal’ aanlynkompetisie deelgeneem, en deurgedring het na die volgende rondte. Nicole het ‘n solovideo gestuur. Ons wens haar sterkte toe met die volgende rondte.
overdeberg2020@gmail.com
5
6
overdeberg2020@gmail.com
Bredasdorp VLV bederf Merweville boervroue - Letty-Ann Möller -
Die Bredasdorp-tak van die VLV, is ‘n groep vroue wat altyd daar is as daar op hulle nommer gedruk word. So is dit dan ook gewees toe daar besoekers in ons dorp, aangebied het om bederfpakkies vir boervroue in die karoo by Merweville te gaan aflewer.
Die helpers is vlnr Carene Cooper, Carin Brink en Elize Robbertze. Foto: Verskaf
In ‘n japtrap is pakkies bymekaargesit en gevul met ‘n groot klomp liefde, omgee en nog ‘n paar ander broodnodige bederfgoedjies vir hiérdie boervroue, wat tans baie swaar kry a.g.v. die voortslepende droogte in groot dele van die SuidAfrikaanse binneland. Te oordeel aan die volgende kommentare van VLV-lede, was die gesindheid een van oorweldigende positiwiteit. “Sit asb jul 'thinking caps' op en help dink.” “Behalwe as julle dalk wol in jul kaste het wat nooit gebruik is nie. Al is dit net 'n paar halwe bolle. As julle dit vir ons skenk, kan dié wat wil help brei, musse vir die mans en serpe vir die vroue van die Karoo vir volgende jaar brei. Dan het ons amper 'n jaar oor om dit te doen.” “Dit het wel plek plek gereën in die Karoo, maar dit sal nog bàie jare neem voordat daardie boere weer op hul voete is."
Elize Robbertze en Carin Brink besig met die opmaak van die pakkies. Foto: Verskaf
"Een van my vriendinne wie landswyd markte doen met geborduurde goedjies, gaan vir ons ‘n klomp maskers maak vir hulle en sy gaan ook ‘n karton vol van haar produkte vir ons bring vir die Karoo boerevroue projek." Landbougemeenskappe weet van swaar tye en help deurlopend waar daar nood is.
Die omgeepakkies is klaar opgemaak en reg vir die langpad na Merweville. Foto: Verskaf
Doen jou deel en sit jou geld waar jou hart is. Ondersteun plaaslike besighede. Do your part and put your money where your heart is. Support local businesses. Dualdt en Shane wat die omgeepakkies na Merweville gaan neem om die boervroue daar te bederf. Foto: Verskaf
6
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
Vriende van die Museum hou baie suksesvolle AJV aanlyn - Letty-Ann Möller -
Na-ure, in die kantoor van die voorsitter van die Vriendekomitee, is 'n volledige virtuele Algemene Jaarvergadering van die Vriendekomitee binne slegs 30 minute geaktiveer en gestruktureer met die hulp van WhatsApp se “video call”, met kort video-insette deur die voorsitter van die Vriendekomitee en die Museumhoof en 'n voice clip van die voorsitter van die Trusteeraad. Positiewe reaksie is uit die gehoor tydens die video oproep en op dieWhatsApp-groep verkry. Die nuwe Vriendekomitee is Lou Pretorius (voorsitter), Letty-Ann Möller(sekretaresse), Danie Möller (tesourier) en die res van die lede is Rolene Roux en ook Gina Joubert, Erna Visser, sowel as Tony Nienaber. Susan Burger sal nog steeds betrokke bly met pannekoekverkope en die ou tronk se tuin, maar sy en Charmaine Abrahams is nie meer komiteelede nie. Ons dank aan hulle vir hulle bydraes. Die agenda vir hiérdie vergadering op 18 Julie om 18h00 is vooraf versprei. Die voorsitter van die Vriendekomitee, Lou Pretorius het na ‘n video-oproep algemene administrasie afgehandel toe die museumhoof, Odette Weir geleentheid vir ‘n video-inset gegee. Opgesom… onder Covid-19 omstandighede kan ons ongelukkig nie vanjaar saamkuier nie, maar bedank almal wat die afgelope jaar saam die pad gestap het. Daar word verwys na die Hemelse Vader se onderskraging, die Departement se bydraes, so ook dié van die munisipaliteit, besighede en die trusteeraad - veral die voorsitter. “Ek is trots op al die museumpersoneel wat ondanks grendeltyd kwaliteit werk gelewer het”. Die vriendekomitee is “absoluut wonderlik” en die museum se jaarverslag is op kantoor ter insae. Die voorsitter van museum se trusteeraad: Michael Curruthers het in ‘n stemgreep die Vriendekomitee vir “raad en rigting” bedank, waarna die voorsitter van die vriendekomitee, Lou Pretorius, op video gesels het... “2020 sal altyd onthou word as die jaar wat ons lewens verander overdeberg2020@gmail.com
7
Vriende van die Museum se komiteelede (nie almal nie), is vlnr op die foto: Danie Möller (tesourier), Lou Pretorius (voorsitter), Rolene Roux en Letty-Ann Möller (sekretaresse). Op ’n latere stadium sal ons vir julle ’n volledige komiteefoto publiseer. Foto: Verskaf
het, so ook die algemene jaarvergadering, maar ons pas aan.” Julie 2019 tot Junie 2020 was ‘n goeie jaar, ongeag die grendeltyd. Die museum en die vriendekomitee gaan “van krag tot krag”. Die doel is om saam met die museum aktiwiteite te reël en om die museum te help. Hy verwys na die ererol by die museumontvangs en nuwe museumborde. Hy noem dat funksies in die toekoms met baie goeie tafels en tafeldoeke gehou kan word. Daar sal baie gemaklik 40 tot 50 mense kan aansit. Die langtafelete het die mense baie geniet. Die finansies is gesond. Dis nie om wins te maak nie en klein projekkies sorg vir ‘n positiewe bankbalans. Ons is baie dankbaar. Vriende werk agter die skerms en dra by tot die sukses. Ons het ook geleer by die besoekende Swellendam Vriendekomitee. Die raad is baie aktief. Ek verteenwoordig die vriende op die raad. Die museum is die trots van ons dorp. Mense moet dit ondersteun. Ons werk ook baie lekker saam met Odette en haar span. Die positiewe balans waarna Lou verwys het, is vertoon en die tesourier van die Vriende-komitee, Danie Möller, bedank die mense wat donasies gereël het. Die bestaande bestuur is weer beskikbaar met die uitsondering van Charmaine Abrahams en Susan Burger (laasgenoemde neem afskeid, maar bly beskikbaar agter die skerms met pannekoekverkope en haar Tronk Tuinprojek). Gina Joubert stel Sonja Pretorius as nuwe komiteelid voor. Na geen ander benoemings nie, is die verkiesing gesluit. “Baie dankie vir al die vriende se bereidwilligheid om weer op die komitee te dien. Dit laat ons uitsien na die toekoms”, was die museumhoof se kommentaar hierop. Die voorsitter sluit af: “Susan (Burger), my hart is seer, maar ek verstaan 100%. Ons sal jou nie uitlos nie. Jy was die “gel” van die Vriendekomitee vir so lank al.” Hy wens nuwe bestuur geluk en bedank sekretaresse en tesourier vir hulle insette. So word ‘n uiters suksesvolle en baie interessante AJV afgeluit. Bydrae: Letty-Ann Möller 7
8
overdeberg2020@gmail.com
Die einde van ‘n era... - Jacques Louw -
Wanneer ‘n era eindig, is dit finaal verby. So het die einde ook aangebreek vir die pont by Malgas, toe dit vroeër die week finaal uit die water van die Breërivier getrek is. Kom ons gaan maak net vinnig so ‘n draai deur die geskiedenis van hiérdie handaangedrewe pont, wat vir baie jare mens, dier en voertuig veilig oor die water van die Breërivier vervoer het.
Foto: Sandra Kemp
Lank voor moderne paaie dit maklik gemaak het om van Kaapstad na die binneland te reis, was Malgas ‘n binnelandse hawe van die see op in die Breërivier. Dit was ‘n afstand van so om en by 50 kilometer vanaf die mond van die rivier by Witsand tot by Malgas. Hiérdie deel van die Breërivier, was navigeerbaar vir stoomskepe van die era en gou het Malgas ontwikkel as ‘n taamlik besige hawe. In latere jare, met die koms van beter paaie en ander vervoerroetes, het die hawe by Malgas in ongebruik verval. Die owerhede het toe besluit dat die bou van ‘n brug, nie sin gemaak het nie, juis as gevolg van die groot afname in verkeer deur Malgas. Daarom dan die pont. Hiérdie baie nodige diens, het begin in 1860. Nou, 160 jaar later in Junie 2020, is die handaangedrewe pont by Malgas, iets van die verlede. Binnekort sal daar ‘n moderne en selfaangedrewe pont in werking gestel word, maar die ou pont van Malgas sal altyd daar wees om te besigtig… langs die rivier en weg van die water, wat vir meer as ‘n leeftyd deel was van die handel en wandel op Malgas.
Foto: Sandra Kemp
Baie dankie aan Swellendam Toerisme & fotograaf Sandra Kemp vir die gebruik van die foto’s.
Foto: Sandra Kemp
8
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
9
Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Musiek Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek
Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Donderdag
Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek
05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00
By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek
Vrydag
Saterdag
Ondersteun plaaslik... Support local...
Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00
Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! overdeberg2020@gmail.com
9
10
overdeberg2020@gmail.com
10
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
11
overdeberg2020@gmail.com
11
12
overdeberg2020@gmail.com
12
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
13
Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie, daar doer vêr in die Bosveld...
overdeberg2020@gmail.com
13
14
overdeberg2020@gmail.com
Seegogga skryf... - Anne-Marie Groenewald -
“Kersfees, vakansietradisies en verandering…” My ma was die tweede oudste van 11 kinders. Al 11 is ge-troud en al 11 het kinders gehad. Elke jaar het hierdie groot familie in ‘n groot halfmaan van tente vakansie gehou dat dit klap, daar tussen die bosse op ‘n ou Struisbaai voordat dit ontwikkel het. Dit was nie sommerso nie, hoor! My oupa, Tom Falck, het elke jaar ‘n groot vragmotor gehuur. Daarin was ‘n groot swaar seiltent vir elke gesin, ‘n tent vir die niggies, ‘n tent vir die nefies, ‘n tent vir die huishulp en haar seun asook die groot kombuistent (ten minste 16 tente). Daarin was ook ‘n regte ysterbed en matras vir elke persoon (dus meer 30 beddens en matrasse, want sommige nefies en niggies moes nog gebore word). Daar was opslaantafeltjies, outydse paraffienstofies (van dié soort met ‘n glasvenstertjie in), olielampe, waterhouers, lang koekblikke, potte, panne, braairoosters, ‘n “safe” (wat die kos onder ‘n boom koud hou), ‘n hok met eende, hoenders en goeters. Dit was ‘n toe vragmotor en hy was tot byna teen die dak gelaai. Aan die eenkant was ‘n klein venstertjie, en ek en my niggie, Annette, het een jaar die voorreg gehad om saam te ry. Van Robertson tot op Struisbaai het ons met ons neuse by die venster op die matrasse gelê en uitgeloer met ons sitvlakke teen die dak. Daar was nie plek om regop te sit of selfs eintlik te draai nie. Vir my as enigste kind, was die vakansies ‘n absolute fees, met die hordes niggies en nefies as speelmaats. Elke oom en tannie het ook hulle eie unieke, baie sterk individuele karakter gehad en dit was ‘n belewenis om saans na hulle eksentrieke idees, stories en goedige geredekawel te kon luister. Soms het dit vir my geklink asof elkeen gelyk sy eie storie vertel terwyl hulle terselfdertyd nog kommentaar lewer op die ander se stories ook. Die “aangenaaide lappe” se familie is Kerfees nie besoek nie. Al die Falcke en hulle gades was Desembers op Struisbaai by my ouma en oupa. Soggens moes ons eers met die emmer gaan water haal. Die hele Struisbaai het net 1 kraan gehad en dit het ‘n pennie vir ‘n emmer water gekos. Na ontbyt is ons af strand toe en in die see, tot ons honger geword het. Dan terug kombuistent toe, waar die groot koekblikke gewag het met die heerlikste tuisgebakte koekies in. Gewoonlik was dit egter al byna middagete. My ouma was nogal kwaai dat middagete stiptelik 12h00 moes wees. Dit was sorgvrye jare, waar klein kindertjies alleen see toe kon gaan, of sandduine toe as die gier ons pak, of omstap Skuitbaai toe, 14
(soos ons toe Struisbaai hawe genoem het) , sonder dat ons vir iemand hoef toestemming te vra. Saans met volmaan het ons as gesinne op die wye sandplaat gaan stap terwyl die maan op die water blink. Hoeveel mense het al besef dat Struisbaai waarskynlik die veiligste strand in die land is? Daar het nog nooit ‘n swemmer verdrink nie en niemand is nog deur ‘n haai gevang nie! Elke jaar hoor ons van iemand wat kamstig verdrink het, maar dit het nog nooit gebeur nie. Dis amper soos die haai in die L’Agulhas swembad. Elke jaar vertel die kinders met groot oë dat daar ‘n haai in die getypoel is, maar dit het het nog nooit gebeur nie, behalwe een keer.
Na ete moes ‘n mens ‘n uur rus voor jy weer see toe gegaan het, want anders “sal jy ‘n kramp kry in die water”. Gelukkig was dit baie pret in daardie niggietent, maar ai, ‘n uur is baie lank! Daarna see toe, tot dit skemer raak en tyd raak vir braai – gewoonlik, vis wat die mans gevang het, soms seekat, witmossels en natuurlik allekruk wat ons met springetye van die rotse gaan afhaal het en nou en dan perlemoen. Daar was ‘n oorvloed van alles. Toe ek 6 was, het ons op Sasolburg gaan woon, maar elke jaar, 24 Desember, het my pa sy winkel gesluit en dan het ons in die pad geval en dwarsdeur die nag gery om op Struisbaai te kom. Dit was vir my wonderlik en ek en hy het nagte om gesels en gesing. Hy het altyd so graag gesing terwyl hy ry en het ‘n pragtige stem gehad. So 1960 het Struisbaai ontwikkel en ‘n (treurige) kampplek op die wit sand te na aan die see probeer bou, waar die bome nie wou groei nie, en ons tente in wind en weer gestaan het met geen bosse om dit te beskerm nie (dit is vandag 60 jaar later, steeds so), maar ons kamp te lekker. Hier en daar het van die 11 kinders vir hulle karavane gekry, en die niggie- en nefietente het in die slag gebly. Dit was die dae van die “bob” en my oudste niggies en jongste tannies, het gebob dat die sand so spat rondom die braaivuur. Gewoonlik was daar êrens iemand wat trekklavier gespeel het. Kersfees was ‘n groot storie. Ons het die stranddienste se kerk bygewoon. Hulle het gewoonlik ‘n pragtige preekstoel van seesand gebou en versier met oranjerooi duinebessies, seegras en skulpe. Dan het ‘n mens daar op die strand se wit sand gesit met die soet soutgeur van die see in jou neusvleuels, terwyl die wind jou hare in jou oë waai, die son jou rug lekker warm kielie en die blou see lieflik in jou ore ruis. Vervolg op bladsy 15
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
15
Vervolg van bladsy 14
Die jong student se boodskap was altyd begeesterd en uitsonderlik. So naby aan die Here het ‘n mens gekom by daardie stranddienste! Vir kersete het elk van die 12 gesinne (my oupa-hulle was mos ook daar), dan ‘n heerlike spesiale gereg gemaak (op primusstofies, want Struisbaai het eers in die laat 80’er jare krag gekry), wat op die tafels uitgepak was sodat ons kon skep wat ons wil. Die poeding was altyd Struisbaai se doekpoeding met vla. Dit is ‘n poeding met baie droëvrugte en speserye wat in ‘n doek in die water gekook word. Daar was ook êrens in daardie poeding ‘n tiekie of twee. Gelukkig is jy as jy dit in jou bakkie poeding kry! Van kersfeespresente kan ek nie by die see onthou nie. Ek onthou tog die kersboom en die kussingsloop wat ek elke jaar saans moes ophang sodat krismisvader sy presente daarin kon sit, maar dit was by ons huis in Sasolburg, so ek glo ons het vroeër as wat dit moes, ons kersboom daar gehou. As jy klein is, weet jy nie veel van datums af nie, behalwe dat ons elke jaar op 24 Desember vir 3 weke lank Struisbaai toe is. Nog later, toe my ouma en oupa te oud raak vir kamp, het hulle “Rus ‘n Bietjie” op Agulhas (eintlik maar deel van Struisbaai of andersom) gehuur - die einste huisie wat nou aan my en my man behoort. Waar almal in die klein huisie geslaap het, weet ek nie, ek weet net ek en my niggie moes saam met my ouma en oupa in die een kamer slaap en ek het elke nag lê en luister na die wysies wat my oupa gesnork het. Kersfeesete was nog groter as voorheen… ‘n fees.
Kliek op enige van die logo’s as jy vir ons nuus het, of sommer net wil inloer. Kontak ons ook vir billike advertensietariewe.
Nou is die groot anker wat almal saamgebind het, my ouma en oupa, lankal weg, en van die 11 kinders is daar nog net 4 oor. Op ‘n stadium het 8 van die 11 kinders en hulle gesinne egter hulle eie strandhuise op Struisbaai en Bredasdorp gehad. Die kinders van die oorspronklike 11 is almal al getroud en baie van hulle se kinders ook. Baie van my ouma en oupa se kleinkinders is nou ook oumas en oupas. Deesdae gaan die kinders en kleinkinders ook soms na die skoonfamilie toe, maar gereeld hou ons ‘n familiebraai of samekoms op Struisbaai of Agulhas, ons familieplek. Struisbaai bly maar baie van ons se hartsplek. In my 69 jaar is daar slegs 4 keer waarvan ek weet, wat ek nie op Struisbaai of Agulhas was met Kersfees nie. Vanjaar sal dit die 5de keer wees. Ons gaan Worcester toe na die kinders wat nie verlof kan kry nie, maar ou matie, volgende jaar, as die Here ons spaar, is dit “Rus ‘n Bietjie” en familiefees!
Lees meer van Anne-Marie Groenwald se stories op haar blog. Skandeer of kliek op die QR-kode.
Foto: Verskaf
overdeberg2020@gmail.com
15
16
overdeberg2020@gmail.com
History from the Overberg - Jacques Louw -
The 550 ton East Indiaman Joanna was already a veteran of five voyages to India. On the morning of February 24, 1682, Joanna was making ready to sail on her sixth and final voyage. She had a compliment of 110 crew and 36 guns and was laying to at The Downs, waiting to catch the east wind. Bound for Surat and Bengal, India, with Captain Robert Brown in command, Joanna got underway on the afternoon of the 24th in the company of four other EIC vessels, Williamson, Nathaniel, Sampson and Welfare. Joanna not only carried lead, copper and other Europeanmade trade goods for the colonists, but she also carried 70 chests of silver pieces of eight.
As dawn approached, the crew spotted another ship in the distance, close to the rocky shore, but she was able to claw her way clear of the rocks, and was unable to render assistance. Joanna had come to her final resting place on an outer reef, off of Die Dam, east of Quoin Point... literally within miles of the southernmost point of Africa to the east. Three months into her voyage, eight days of very foul weather had prevented Captain Brown and his navigator from getting an accurate idea of Joanna’s location. Believing Joanna was well south of any land, and in water too deep to sound, he ordered the helmsman to then head east. It was June 8, 1682. One of the crew sighted land to the northwest, but it was lost in the early morning gloom and darkness. Brown continued to guide his ship east, waiting for sunrise to hopefully let him get his bearings. At about 04h00, just scant hours before sunrise, he and his crew heard a sickening sound... a gentle thump and scrape. He ordered the helm hard to starboard and sails adjusted to get his ship headed back into deeper water, but it was too late. Joanna was going aground. Pumps were manned and masts were cut away in a last ditch effort to lighten Joanna and keep her from keeling over. But soon water was flooding the gun deck. 16
Land was in sight, but there were inner reefs with some crashing waves. The two boats were launched with Captain Brown and some of the crew aboard, the remaining crew hobbled together rafts from masts and other materials on board. Article & image credit: www.cannonbeachtreasure.com
“It was a symposium of horror and heroism, the like of which has not been known in the civilized world since man established his dominion over the sea.” The Sinking of the Titanic and Great Sea Disasters
overdeberg2020@gmail.com