Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27 65 686 2204

Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis

overdeberg2020@gmail.com

Online Interactive Full Colour Free

Jaargang 1 Uitgawe 17

Jongste getalle & COVID-19 nuus 3

Kombuiskuier met ‘n snoek 4

Vrydag, 29 Mei 2020 ‘n Groot dankie aan al ons mediese personeel vir alles wat julle doen vir ons tydens hiérdie COVID-19 pandemie. Ons het ‘n groot waardering vir elke opoffering… hoe groot of klein ookal.

Mense van die see 12

Alert Level 3: Explained 5

Kerkie kry ‘n nuwe dak 11

Foto: Gurswin Prins

Skandeer of kliek op die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Ons kan ook gekontak word op WhatsApp by 0656862204. Alle nuus en foto’s wat jy in die koerant wil publiseer, moet ons voor of op ‘n Donderdag om 12h00 bereik. Berigte in WORD- en die foto’s in JPEG-formaat.

The ‘Harrington Court’ 16

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

overdeberg2020@gmail.com

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

1


2

overdeberg2020@gmail.com

No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Redaksioneel Vrydag, 29 Mei 2020 Goeiedag en welkom by uitgawe #17 van OVERdeBERG en ‘n groot dankie aan almal vir hulle ondersteuning en bydraes tot die blad oor die die laaste 17 weke.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Dié gemeenskapsblad se groei oor die laaste tyd, is regtig verblydend en dit is die motivering wat elke dag maak dat ek weer kom sit en week na week hiérdie blad uitlê en verbeter vir julle, die lesers en kykers. Soos vir ‘n groot deel van die bevolking daarbuite, is soos ek in ‘n mate ook maar keelvol vir hiérdie nasionale inperking en is dit ook iets wat nie aldag vir my sin maak nie. Ons moet egter maar die reëls volg en sodoende (hopelik) veilig en gesond bly.

Special offer R995.00 per room per night for two people

In hiérdie week se uitgawe is daar weer ‘n pragtige Overbergse voorbladfoto deur Gurswin Prins, daar is van die nuutste getalle en inligting rondom COVID-19, daar is pragtige foto’s vir julle om na te kyk, mooi inkleurprente vir die kinders en natuurlik oom Kaspaas wat alweer ‘n ‘grootpraatstorie’ vertel op bladsy 13. In ‘kombuiskuier’ hiérdie week, val die kollig op die bekende snoek en die geregte wat jy daarmee kan berei. Geniet hiérdie uitgawe en gaan besoek gerus ook ons Facebookblad by die skakel hiéronder. Ek sluit af met ‘n gedagte vir die dag en komende week. Bly positief en ondersteun ons plaaslike besighede!

Breakfast included (valid from 1 May - 31 August) Direct bookings only “Everyone has inside them a piece of good news. The good news is you don’t know how great you can be! How much you can love! What you can accomplish! And what your potential is.” - Anne Frank

2

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

3

Community screening and testing sites

Screening will be conducted door-to-door by trained field workers. The testing will be done using simple verbal questions to identify people who may require testing. Health workers will ask health questions related to screening for symptoms (a sore throat, a cough or fever). Screening will be done via community health workers visiting your home, or mobile units in your area (e.g. gazebos). Our fieldworkers will have ID tags and identifiable clothing. Please support our fight against the spread of the Coronavirus and allow our workers to screen you. Testing will be done if the questions indicate that you require a further test. The health worker will refer you to the closest testing centre. The test will be done by taking a swab from your nose and throat.

This will either be done in a clinic, or in a mobile parked in your area. Test results will not be immediately available but patients will be followed up and advised of their status. For any further information click here: Western Cape Government Website

Numbers correct as on 27 May 2020.

overdeberg2020@gmail.com

3


4

overdeberg2020@gmail.com

Kombuiskuier - Jacques Louw Hiérdie week in ‘Kombuiskuier’ is daar vis op die spyskaart en deel ek met julle twee heerlike, sowel as maklike visgeregresepte. Verbaas jouself en jou gesin en maak die innerlike chef wakker met dié resepte. Altwee is heerlik en kan voorgesit word as vingeretes of ‘n ligte maaltyd met slaai.

Snoekvulsel… Braai die ui in die pan tot glaserig. Plaas die gebraaide ui in die tertdoppies. Plaas die kaas op die uie. Meng die pietersielie en snoek en plaas bo op die kaas. Klop die room en eiers en gooi oor die vis. Sprinkel nog kaas bo op en gooi ‘n klein bietjie rooipeper oor. Bak vir 30 minute teen 180 grade Celsius. Bedien met ‘n salsa en suurlemoen. SNOEKBRAAISOUS Snoek is natuurlik die goud van die weskus (saam met kreef natuurlik) en word heerlik gebraai deur duisende mense, maar hier is ‘n lekker weergawe van die tradisionele appelkooskonfytsous… Bestandele: Olyfolie Sout Peper 150 ml appelkooskonfyt 100 ml botter (of olyfolie) Sap van 1 suurlemoen 4 fyngekapte knoffelhuisies 25 ml soyasous (optioneel) 50 tot 100 ml witwyn (optioneel) Spatsel chilliesous (optioneel)

SNOEKTERTJIES Bestanddele: Vir die kors... 500 ml meel 5 ml sout 5 ml rooipeper 5 ml bakpoeier 250 ml botter

Metode: Meng al die bestandele saam en smeer met ‘n kwas elke keer wat die snoek op die kole gedraai word. As alternatief, kan die sous ook gebruik word as marinade. Plaas die snoek in mari-nade so 1 of 2 ure voor die braai. Geneem uit en met krediet aan Marinda Kook

Snoekvulsel… 500 ml gerookte snoek fyn gevlok 1 ui fyngekap olie om ui in te braai 500 ml cheddarkaas 125 ml fyngekapte pietersielie 250 ml room 2 eiers Metode: Kors… Sif droë bestanddele saam. Werk botter met vingers in. Meng verder in voedselverwerker. Voer pannetjies uit en plaas in yskas tot nodig. Bak blind voor gebruik. 4

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

5

"No matter where you work or live or what occupation you engage in, negative or undermining forces are constant. But, you have been armed with positive thinking that permeates each and very

overdeberg2020@gmail.com

5


6

overdeberg2020@gmail.com

Heerlike sagte, deurdringende en broodnodige reĂŤn het gedurende Maandag en ook deur die nag tot Dinsdag in en om Bredasdorp geval. Goeie hoeveelhede is gemeet met tussen 24 en 26 mm op Bredasdorp self.

Indien jy graag jou besigheid wil adverteer in OVERdeBERG, moenie huiwer om ons te kontak nie.

Alle advertensies is in volkleur met die opsie van interaktiwiteit. Kostes verbonde is aansienlik goedkoper as ander publikasies en aanlyn is beter. Kontak ons by 0656862204 E-pos: overdeberg2020@gmail.com

6

Foto: Jacques Louw

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

7

Ons deel graag met julle hiérdie pragtige satellietfoto (EUMETSAT), wat vroeër hiérdie week geneem is. Dit wys duidelik die koue front, wat heerlike reën op Maandag en Dinsdag na ons area gebring het. Fotokrediet: LandWater

(+27) 0656862204 (Mobile & WhatsApp) oppilynonderrig@gmail.com (E-pos/Email)

overdeberg2020@gmail.com

7


8

overdeberg2020@gmail.com

8

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

9

overdeberg2020@gmail.com

9


10

overdeberg2020@gmail.com

Burgermeester en Speaker van KAM bedien middagete aan behoeftiges Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die Burgermeester van Kaap Agulhas Munisipaliteit, mnr. Paul Swart en die Speaker Masizole Mnqasela, het die pas afgelope week ‘n draai op Elim gemaak, waar hulle middagete aan mense bedien het wat ernstig deur die COVID-19 pandemie geraak is… hetsy dit is dié wat nie werk nie of dié wat nie voedsel kan bekostig nie.

Foto: Facebook

“Strength does not come from winning. Your struggles develop your strengths. When you go through hardships and decide not to surrender, that is strength.” - Arnold Schwarzenegger 10

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

11

Bekende kerkie kry ‘n nuwe dak

Foto: Letty-Ann Möller Die pragtige All Saints kerkgebou in Bredasdorp, het gedurende die pas afgelope week, ‘n slinternuwe dekking vir die rietdak gekry. Dit was ‘n ander tipe ‘miernes van bedrywighede’ met dié dat sosiale afstand gehandhaaf moes word. So ‘n nuwe dekking laat die pragtige geboutjie sommer weer lyk na ‘n blink nuwe sikspens.

Foto: Letty-Ann Möller

overdeberg2020@gmail.com

11


12

overdeberg2020@gmail.com

Mense van die see Die Waenhuiskrantz Visserman Unie - Jacques Louw -

Kassiesbaai op Waenhuiskrans is nasionaal en internasionaal bekend by skilders, fotograwe en ander toeriste en ‘n absolute juweel van die Overbergse kus. Hiérmee dan net so bietjie agtergrond rondom Kassiesbaai en die bestuur daarvan.

Foto: Shelley Christians Daar moet onthou word dat Kassiesbaai die enigste oorblywende historiese vissermansdorpie in Suid-Afrika is en dateer uit 1905 met die amptelike daarstelling van die dorpie. Gedurende daardie jaar, wou die grondeienaars die vissersgemeenskap verskuif. Hiérdie vissersgemeenskap het sy ontstaan alreeds in 1850 gehad. Die rede vir hulle besluit? Daar wou ‘n plek gemaak word vir die ontwikkeling van ‘n vakansiedorp.

Foto: Shelley Christians Die ‘dorpie binne ‘n ander dorpie’, Kassiesbaai, is ‘n integrale deel van die kultuurlandskap van Suid-Afrika. Die “Waenhuiskrantz Fishermen’s Union” (Waenhuiskrantz Visserman Unie) bestuur hiérdie Graad 1 Nasionale Landskap. Die Visserman Unie besit al van 1937 af, die titel van hiérdie grond bekend as Kassiesbaai. Die Unie is die eienaar van die grond en bepaal ook waar daar deur inwoners huise gebou mag word. Wat die betaling van plaaslike belastings betref… die Unie is daarvoor verantwoordelik en verhaal dan dienskostes van die inwoners. Hiérdie Unie het ‘n uitvoerende komitee, wat elke 3 jaar verkies word. Die huidige voorsitter is Tony Murtz en die ander lede van die komitee sluit in Eksteen Lawrence, Coleen Murtz, Vivian Lawrence, Justin Swart, Quiton Swart, Daniel Daniëls, Eveline Johannes, Adelaide Samery en Rovina Europa. Die geskiedkundige ‘Visserman Saal’ (gebou in 1938) is ook redelik onlangs gerestoureer, nadat dit vir jare agteruit gegaan het as gevolg van waterdampskade aan die mure. Die gerestoureerde gebou kan dus nou gemaklik benut word as ‘n opleidingsentrum, vir hulpbronbewaring en ‘n fakulteit waarmee ‘n inkomste gegenereer kan word vir die gemeenskap. 12

Met dié, wend Kassiesbaai se vissersgemeenskap hulle tot die reg en met die hulp van ‘n prokureur op Caledon, word daar ‘n petisie gestuur aan die destydse Goewerneur Generaal en na vele onderhandelings, word die petisie aanvaar en deurgevoer. In latere jare (1970’s en 1980’s) is daar weer vele pogings aangewend om die vissersgemeenskap wwer te probeer skuif… hiérdie keer onder die destydse Groepsgebiede Wet en weer het die gemeenskap van Kassiesbaai dit reggekry om te bly, sowel as om die restourasie van die dorpie aan die gang te kry en af te handel. Vir die laaste paar jaar, is die bedreiging egter die viskwota’s wat deur die regering ingestel is en daadwerklik ‘n groot invloed op die gemeenskap het. Kassiesbaai is lank reeds verklaar as ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid en onder nuwe wetgewing, vorm dié gemeenskap nou daardie deel van Suid-Afrika se Graad 1 Nasionale Kultuurlandskap. Die dorpie is ‘n nasionale skat wat bewaar moet word vir die nageslagte en om sodoende die geskiedenis lewendig te hou vir ons kinders se kinders, sowel as die wat na hulle mag volg. Sonder die broodnodige inkomste van die see, kan dit nie vermag word nie. Die Visserman Unie het planne vir die toekoms, wat insluit die oprig van huise in die tradisionele styl wat dan uitverhuur sal word aan toeriste en wat dus die inkomste vir hiérdie unieke gemeenskap sal aanvul. Kontak gerus vir:

Tony Murtz (Voorsitter: Visserman Unie) 0826255680 of 0795233060 E-pos: vissermanunie@gmail.com overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

13

Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie, daar doer vêr in die Bosveld...

Luister nou...

overdeberg2020@gmail.com

13


14

overdeberg2020@gmail.com

Kraterstories

- Anne-Marie Groenewald -

Die dokter loer met ‘n vergrootglas na haar seer ogie. Die cornea het seergekry, maar dit lyk darem nie of daar enige splinters in die oog is nie. Terug na die oogkundige se sekretaresse. Die gawe oogarts in Kaapstad, wie hy ookal mag wees, gee sowaar vir ons ‘n voorskrif van oogdruppels wat antibiotika sowel as cortisoon bevat en beveel aan dat sy dit elke halfuur in die oog moet gooi… o ja en sy moet te alle tye ‘n oogklap dra. Mmmm... die oogdruppels word gegooi , maar ‘n oogklap soos ‘n seerower?

Nog ‘n troukatastrofe… Aikona! Dis Donderdagmiddag voor die groot dag. Later die middag moet ons 14 emmers groen loof gaan aflaai vir die saal se opmaak, maar nou is ek en my oudste eers besig om die finale afrondingswerk te doen aan die troukoek wat sy self gebak het. Ek is besig om met ‘n lang, dun kunstenaarskwassie die sjokoladeversiering aan die een kant bietjie in te verf. Die kwassie se agterkant is splinterig en gehawend, want my papagaai hou daarvan om daaraan te kou, maar die haartjiesgedeelte is mos nog reg. Die koek staan op ‘n koekstaander.

Net toe lui die telefoon. Dis my man se werk. Ek moet nou nie skrik nie, maar hy het ‘n klein ongelukkie gehad en hulle het hom hospitaal toe geneem. Sal ek hom asseblief daar gaan haal? By die hospitaal word die pa wat die bruid die kerk moet inneem, met ‘n rolstoel uitgestoot. Hy kan nie eintlik loop nie, want ‘n houtstomp het hom in sy been gesteek en die spier en senuwee beskadig. Hy het in die veld ‘n stuk hout opgetel , wat toe altyd ‘n pofadder was. Die slang is eenkant toe, en hy anderkant toe - en toe val hy oor die stomp… Daardie aand sit ons gesinnetjie toe met tonne loof wat gesny en saal toe gekarwy moet word, twee kranklikes - die einste twee wat Saterdag moet “shine”. Ken julle ‘n seer oog wat heelnag traan? Die voornemende bruid het nog in die nag wakker geword en gehuil omdat haar oog so pyn. Toe my pragtige kind die Vrydagoggend voor die troudag opstaan, is haar oog dik geswel en bottoe. Die vel hang sulke riwwe hier oor haar wang, asof sy ‘n boksgeveg verloor het.

”Die koek staan nie in die middel nie!” verklaar my oudste . Sy buk vinnig vorentoe om die koek te skuif - en land met haar oog binne-in die kwassie se agterste punt... of liewers… die gesplinterde houtsteel van die kwassie druk met ‘force’ in haar lieflike groenerige oog in! EINA! Haar oog is dadelik bloedbelope en BAIE seer! Ons ry om ‘n oogkundige in die hande te kry, maar daardie dag is daar geen oogkundige op ons dorp nie! Die sekretaresse van die oogkundige is egter baie oulik en bel ‘n oogspesialis in Kaapstad en verduidelik die noodsituasie. Die kind trou oor 1 en ‘n halwe dag en dan moet die oog reg wees! Dié beveel aan dat ons hom in Kaapstad kom sien. Dis meer as 2 uur se ry van ons af, dis reeds omtrent 3.30 nm en daar is eenvoudig geen tyd nie. Is daar ‘n ander plan? Ons moet dokter toe dat sy kan kyk of daar splinters in die oog is, indien nie, kan hy oogdruppels voorskryf. 14

Dit was tyd vir positiewe denke. Ons het nou gebid vir hierdie oog en net geglo hy sal more reg wees. “Jy sê net vir jou oog, hy is more reg! Glo dit!” Die oogklap word uitgepluk en met’n wattetjie onder word hy pliggetrou heeldag gedra tot met slapenstydstyd. Elke halfuur word die druppels gegooi. Die oog lyk sleg, maar ons hou vol met positiewe denke. My tannie bel. Sy het nou so gedink: as die oog nie reg is nie, gaan koop ons ‘n klomp oogklappies en plak hulle vol sequins. Dan dra ons almal die klappies en sê dis deel van die trouversierings. Daardie Vrydagaand eet ons almal lekker saam in ons restaurant, my kind met oogklap en al en ons bly positief, al lyk die getuienis verdoemend. My man met krukke. (Hy kon daarem intussen al ‘n paar treë gee - met moeite.) Ook hy moet sy been bemoedig en aanspreek. Ek is vandag spyt dat ek nie foto’s geneem het van daardie oog en daardie been nie, want hulle het regtig baie sleg gelyk. My man het nou, 6 jaar later, steeds ‘n lelike litteken van sy ontmoeting met die slang en die stomp en êrens op ‘n video Vervolg op bladsy 15

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

15

Vervolg van bladsy 14

Continued from page 16

het ons ‘n deeltjie waar my kind met oogklap en al weereens nog die ” weddingplanner” se onversadigbare lus na groen loof probeer bevredig, maar julle moet my glo (en ons kon dit self byna nie glo nie) as ek julle vertel: Toe my dogter daardie Saterdagoggend wakker word, is haar oog reg! 100%!!! Wow!

Captain Willmott did the latter with the use of a mini-submarine. Once on the bottom, it was soon established that the stern and bow sections were still well preserved, with railing and all still intact. However, the amidships section was found to be collapsed entirely due to the use of heavy explosives. The latter was utilised to enable the salvors to get to the copper cargo that had been stowed in this area.

Dankie liewe Vader, ons gebede is verhoor! Dis ‘n wonderwerk! My man kon haar die paadjie af begelei (met moeite, maar nie so dat iemand dit sal agterkom nie) en my kind het geblom. Dit was ‘n pragtige troue, al die drama’s (en loof) ten spyt. Lees meer van Anne-Marie Groenwald se stories op haar blog. Skandeer of kliek die QR-kode.

Tydens ‘n onlangse Blomskoolvergadering

On piloting the submarine into this amidships area, Captain Willmott narrated: “and there they were, lying all over the place, stacked like massive EET-SUM-MOR biscuits”. The things dreams are made off! Since the late Captain Willmott, another professional shipwreck explorer, the Swedish born Sverker Hallström (1954), also visited the site. Sverker, who had already acquired world fame by finding and recovering many cargos from the ocean depths, found this type of salvage not profitable enough for the size of his operation and thus moved on. So there, to this day, lies one of the Overberg’s many treasures! Credit to Jimmy Herbert for the latter part of the article, previously published in the Overberg Business & Lifestyle Magazine.

- Letty-Ann Möller -

The HMS Dragon, that was responsible for the eventual sinking of the ‘Harrington Court’ in 1941. Photo: www.worldnavalships.com

By ‘n onlangse Blomskoolvergadering het die foto links, tot ‘n insiggewende mededeling gelei. Hiér is Marjolijn Malan se reaksie... “Dit is ‘n voorreg om met blomme te kan werk. Ek het oor plantversamelaars gepraat in die 1700’s en die blombolle is van die eerstes wat na Europa geneem is. Kroonkandelare, pynappellelie en poeierkwasse Brunsvigia, Eucomis regia en Haemanthus asook die grys plakkie Cotelydon.”

Foto’s: Verskaf overdeberg2020@gmail.com

Sien die insetselfoto van een van die koppe wat Marjolijn Malan vroeër vanjaar in een van haar demonstrasies in die Helderberg gehou het. Voorwaar interessant om te sien wat die dames aanvang met blomme en beelde. 15


16

overdeberg2020@gmail.com

History from the Overberg - Jacques Louw -

The story of the British cargo ship ‘Harrington Court’ is an interesting mix of mystery, treasure and the methods of salvaging treasures from ships that went down along the Overberg coast. The WWII British cargo ship, ‘Hannington Court’ (1941). This 5449 ton-vessel sank off Quoin Point in 1941. On board a load of copper… 2500 tons of it (worth about R162 million today). Photo: www.wrecksite.eu

On July 14th, 1941, the British ‘Hannington Court’, built in 1939 by Doxford W. & Sons, on voyage from Cape Town to the UK with a cargo of copper ore and chrome, caught fire. As she represented a navigational hazard, she was sunk by gunfire from the HMS DRAGON, 8.7 miles south of Dyer's Island. 2 people lost their lives. A little bit more about the builders… William Doxford and Sons began in 1840 at Cox Green. William Doxford and Sons Ltd, often referred to simply as Doxford, was established in 1857 by William Doxford. From 1870 they were based in Pallion, Sunderland, on the River Wear in northeast England. In 1904 the East Yard was built, and the 3 extra berths helped Doxford’s to win the blue riband in 1904 and 1907 for the highest production rate in the world. The East Yard was rebuilt as a state of the art covered shipyard, which opened in 1976. Doxford’s joined Thompson’s, Laings and Greenwell’s in 1961 to form the Doxford and Sunderland Shipbuilding and Engineering Group. The Group was taken over in 1973 and renamed Sunderland Shipbuilders Ltd. It merged with the company Austin and Pickersgill’s in 1986, but was closed in 1988. 16

In the time after World War I, the ‘Hannington Court’ was operated directly by the famous Marine salvage company, Risdon Beazely. Methods of salvaging used in the 1950’s was crude but effective - explosives followed by a smash and grab. Although this company was renowned for its success, as is invariably the case, not all was recovered. According to the historical record, at least 900 tons was left behind. Until the late 1980s, this valuable cargo lay undisturbed in Davey Jones locker until a group of local divers started showing interest. The fact that the wreck was presumed to be lying in deep water dampened the enthusiasm a bit until one of them, the late Captain Peter Willmott, took it on himself to discover this WWII loss. After some months of magnetometer surveying, Peter pinpointed the shipwreck. The next phase was to get down there into the depths to see if it was the wreck in question, and to ascertain the quantity of the recoverable copper. Continued on page 15

overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu