+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 16
COVID-19 Call Centres 3
Vrydag, 22 April 2020
Toetsing gaan volstoom voort
Kombuiskuier 4
Vriende van die Museum 6 Preparing for level 3 8
Foto: Gurswin Prins
Skandeer of kliek op die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Ons kan ook gekontak word op WhatsApp by 0656862204. Alle nuus en foto’s wat jy in die koerant wil publiseer, moet ons voor of op ‘n Donderdag om 12h00 bereik. Berigte in WORD- en die foto’s in JPEG-formaat.
Nuut: Jakkals & Wolf 15
“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -
overdeberg2020@gmail.com
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
1
2
overdeberg2020@gmail.com
No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential
Redaksioneel Vrydag, 15 Mei 2020 ‘n Hartlike goeiedag en welkom by uitgawe #16 van ons interaktiewe en volkleur gemeenskapsblad OVERdeBERG. Ek is baie trots op hiérdie publikasie en dit word elke dag vir my net lekkerder om die samestelling te doen.
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Special offer R995.00
Teen hiérdie tyd is almal al goed gewoond (en miskien ook so bietjie keelvol) vir die nasionale inperking, maar dit word so stadigaan makliker met vlak 3 wat grotendeels ingestel gaan word van vanaf 1 Junie. Lees elders wat vlak 3-regulasies ook moontlik kan wees. Ons het in hiérdie uitgawe weer heerlike resepte in ‘Kombuiskuier’ en ‘n bietjie meer inligting oor hoe die Wes-Kaap voorberei op die moontlike skerp toename in COVID-19 infeksies wat verwag word namate die pandemie sy toppunt bereik. Op ‘n ligter noot… oom Kaspaas en Nefie skil uie op bladsy 13 en oom Kaspaas vertel van die opera. Daar is ook weer heerlike inkleurprente vir die kinders en ‘n lekkerleesstorie van Seegogga (Anne-Marie Groenewald). Geniet hiérdie uitgawe en baie sterkte vir die nuwe week wat voorlê. ‘n Mooi naweek vir elkeen. Ek groet tot volgende Vrydag met ‘n gedagte hieronder.
per room per night for two people Breakfast included (valid from 1 May - 31 August) Direct bookings only
2
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
3
overdeberg2020@gmail.com
3
4
overdeberg2020@gmail.com
Kombuiskuier
die Cheddameltsous. Herhaal die lae. Vir die bolaag: Bestrooi met die broodkrummels en kaas. Bak dan vir 25 minute in die oond of tot goudbruin. Genoeg vir 4-6 mense.
- Jacques Louw Gedurende hiérdie inperkingsperiode, waar almal hulle sente dubbeld moet omdraai, is sakpasresepte aan die orde van die dag. Hiér volg dan twee heerlike (en maklike) resepte vir die komende wintertyd. Probeer gerus die volgende en hiérdie geregte kan maklik gevries word ook. STYWE PAP SPEKVINGERS Foto: Misha Jordaan
Bestandele:
500 ml (2 koppies) water 10 ml (2 teelepels) sout 400-500 ml mieliemeel 15 spekvleisrepies Peuselstokkies
Metode:
TUNA & RYS
Bring die water en sout tot kookpunt en voeg die mieliemeel by. Verlaag die hitte en kook tot gaar. Roer elke dan en wan. Spuit ’n bakplaat met kossproei en skep die gaar pap in die bak, sowat 2-3 cm dik. Druk die pap stewig vas en maak die bokant gelyk. Laat staan dit tot stewig en sny in skywe. Draai ’n spekrepie om elke skyf en steek vas met ’n peuselstokkie. Braai die vingers op matige kole tot die spek gaar en bros is. Genoeg vir 6 mense. Heerlike bykos tydens ’n braai.
Bestanddele: 20 ml (4 teelepels) olie 1 ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, gekap 2 blikke tuna (170 g elk) 150 g bevrore ertjies en mielies, ontvries 500 ml (2 koppies) gekookte rys ’n Handvol pietersielie, gekap Sout en peper na smaak 500 ml (2 koppies) Cheddameltsous Vir die bolaag:
60 ml (¼ koppie) broodkrummels 60 ml (¼ koppie) cheddarkaas, gerasper
Metode: Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die groen soetrissie by en braai vir 2 minute of tot sag. Roer die ertjies, mielies, rys, pietersielie en tuna in. Geur na smaak. Kook tot die rys deurwarm is. Skep die helfte van die mengsel in die skottel en bedek met die helfte van 4
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
5
Inperkingsvlak 3: Wat om te verwag Aan die einde van April, het die regering bekendgemaak dat daar die volgende moontlike raamwerk is vir aktiwiteite wat onder vlak 3 toegelaat gaan word:
Die meeste winkels sal weer oop wees. Drankverkope sal toegelaat word van Maandag tot Woensdag (08h00-12h00) in beperkte hoeveelhede, maar alkoholverbruik in restaurante, kroeë of sjebiens, sal nog steeds verbode wees. Sigarette en ander tabakprodukte sal weer algemeen verkoop kan word. Oefening (stap, draf & fietsry) sal weer vrylik kan plaasvind. Die aandklokreel bly in plek en alle openbare byeenkomste is nog steeds verbode. Daar sal beperkte plaaslike vlugte mag plaasvind, maar ‘n beperking op die getal vlugte per dag, sal nog steeds van krag bly. Alle passasiers kan slegs reis met toestemming en redes vir die reise moet verskaf word. Geen pad- of spoorvervoer tussen provinsies sal toegelaat word nie. Huiswerkers mag slegs weer gaan werk in huishoudings van vlak 3-werkers (mense wat moet gaan werk in oopgestelde bedrywe. Die hervatting van tuin - en swembaddienste mag weer hervat word. Bron: Die Burger Inligting onderhewig aan verandering
overdeberg2020@gmail.com
5
6
overdeberg2020@gmail.com
Vriende van die Bredasdorp Skeepswrakmuseum - Lou Pretorius Die 18de Mei was Internasionale Museumdag. Hierdie dag is sedert 1977 ‘n instelling van die Internasionale Museumraad en word deur hulle gekoördineer. Elke jaar word ‘n spesifieke tema uitgelig. Die tema vir 2020 is ‘Diversiteit en Inklusiwiteit”. Die doel van hierdie tema is om vooroordeel te bekamp. Gaan kyk
gerus op die Facebookblad van die ‘Shipwreck Museum Bredasdorp’ na ons plaaslike museum se inset. Kom besoek ons museum sodra die deure weer oop is vir besoeke. Ons is afhanklik van u ondersteuning en voorstelle. Ons is dankbaar om te rapporteer dat ons ‘Toeka se Dae’ aanbiedings in die kol is met Minister Anroux Marais se “Oral History Initiative” waar gemeenskappe hulle geskiedenis met mekaar deel. Die Museum word ook by herhaling op die plaaslike gemeenskapsradio, Radio Overberg 101.8 fm en in plaaslike koerante, Suidernuus en OVERdeBERG, bemark. Die media speel ‘n toenemende rol in grendeltyd. Die Vriendekomitee het effektiewe skakeling met die Swellendam Vervolg op bladsy 7
Foto: Facebook
6
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com Vervolg van bladsy 6
Vriendekomitee tydens hulle besoek op 17 Augustus 2019 aan die Museum en die ou tronk waar saam vergadering gehou is. Die Vriendekomitee het besluit om die erelede te vereer met die ereroloorhandiging 28 Augustus 2019. Die ererol is gemonteer teen een van die Museum se mure in die voorportaal.
7
Laastens vra ons u weereens om ook u vriende aan te moedig om aan te sluit by die Vriende van die Museum. Ons ledegelde is negeerbaar. Die samesyn is ongelooflik en as u belangstel om betrokke te raak by die bevordering van ons omgewing, is ons die plek vir u!
Kliek op of skandeer die QR-kode en besoek gerus die Facebookblad van die Bredasdorp Skeepswrakmuseum vandag nog om bietjie te gaan loer wat hulle mee besig is.
Ondersteun ons plaaslike besighede. Support our local businesses.
Op die foto van vlnr: Hettie Lotz (Voorsitter Trusteeraad), Odette Weir (Museumhoof en Lou Pretorius (Voorsitter van die Vriendekomitee). Foto: Facebook
Die ou tronk is uitverhuur vir Overberg Kunsmusiek in September 2019 en vir ‘n privaatfunksie in Januarie 2020. Die Museum bestuur die verhurings. ‘n Opemarkdag op 25 Oktober 2019, het dié keer “live music” gehad en verskeie instansies het hiér suksesvolle verkope saam met die Vriende gehad. Die ‘Langtafelete’ op 14 Februarie 2020, is ‘n tradisie wat reeds in 2018 ontstaan het om die breë gemeenskap (en omliggende dorpe) bewus te maak van die Museum se fasiliteite. Dit is ook die ideale geleentheid vir nuwe vriende om aan te sluit by die Museum. Ons wys u graag daarop dat al die fondse wat ingesamel word, aangewend word vir museum-verwante aangeleenthede. Die Algemene Jaarvergadering vind steeds op 18 Junie 2020 plaas. In die gees van die COVID-19 grendeltyd, vind die vergadering plaas op sosiale media. Grendeltyd sit ‘Tee by die Museum’ op ys. Sodra grendeltyd verby is, sal die nuwe datum vir die geleentheid deurgegee word. overdeberg2020@gmail.com
Lesersfoto Sonsopkoms: Agulhas (21 Mei 2020)
Foto: Cecilene Burger
7
8
overdeberg2020@gmail.com
Western Cape: Preparing for level 3 The Western Cape Government has been working around the clock to make sure that we are prepared and that every resident that requires healthcare gets it when they need it. This has included the following: R725.5 million committed towards Covid-19 related expenditure across the Western Cape Government. A dedicated Coronavirus Provincial Hotline for residents to call. The conversion of the CTICC into a temporary hospital facility that will provide some 850 additional beds at the peak of the pandemic is well underway. Opening additional temporary hospitals along the R300 in the Metro, in Khayelitsha and in the Cape Winelands that collectively provide an additional 616 beds. This is in addition to the Western Cape’s 2 162 general care beds and 150 ICU beds that exist across the province. We have opened 18 testing and triage centres to provide additional support to healthcare facilities. We have 3888 Community Health Workers operating across our province, with a further 464 due to start work soon. We have increased the number of tests from 7 975 on 1 April to 94 275 on 18 May. This is an increase of 1182%, the highest in the country. Using our targeted hotspot approach, we have screened 473 348 people, and referred 12 095 people for testing. An online screening tool which has assisted in screening 62 200 people. We have recruited 1 645 volunteers to support our healthcare workers when the peak arrives. We have ordered R350 487 835.00 million worth of PPE so that our healthcare workers have the protection they need to care for every sick person. In the public sector we have provided 86 129 flu vaccinations thus far - 65 670 vaccinations to vulnerable groups and 20 459 vaccinations to healthcare workers. Since the pandemic, we have de-escalated non-essential operations at our healthcare facilities in the Western Cape, which has freed up existing ward capacity in these hospitals to care for Covid-19. We have 432 ventilators and have ordered an additional 100 ventilators to be used at the peak. We have 19 quarantine and isolation facilities available offering 2365 beds. We are activating an additional 9 facilities which will realise an additional 2292 beds. We have launched the Red Dot Transport Service that will transport healthcare workers home when their shift ends after 19h00. This service will also safely transport those who test positive for Covid-19 to facilities if they cannot 8
Western Cape Premier, Alan Winde.
Photo: Western Cape Government
isolate safely at home and others to quarantine facilities if they should they need it. For more information on what we have done across our government departments, visit the following link:
Help us stop the spread of fake news! Don’t fall prey to false or inaccurate information! The Western Cape Government would like to urge the public to be wary of fake news that finds its way to you via Social Media or WhatsApp. We need your help to combat the spread of misinformation, fear, fake cures, fake news and malicious hoaxes. Remember: In terms of the National State of Disaster regulations, anyone that creates or spreads fake news about the COVID-19 virus, is liable for prosecution. Click on the link below to report any fake news. You can also call the following number: 067 966 4015 Report your fake news here...
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
9
10 redes om plaaslik te koop - Jacques Louw Met die nasionale inperking, wat al goed deel is van ons gemeenskappe (nie net nasionaal nie, maar ook plaaslik), is dit ongelukkig so dat ‘n groot aantal klein besigheidsondernemings, nie hiérdie ekonomiese krisis gaan oorleef nie. Dit is ongelukkig die harde werklikheid. Dit is juis om hiérdie rede dat dit so belangrik is om juis in hiérdie tyd, ons plaaslike besighede (en veral kleiner besighede) te ondersteun. Dit is tot ons almal se voordeel en veral tot voordeel van die dorp se ekonomie. Ek het so bietjie navorsing gaan doen en afgekom op die volgende 10 kernreëls hoekom dit belangrik is om plaaslike te koop (hierdie is meestal gerig op voedsel, maar die ondersteuning van plaaslike besighede met ander produkte is net so belangrik).
Plaaslik geproduseerde voedsel smaak beter. Die plaaslik geproduseerde voedsel is goed vir jou. Die plaaslik geproduseerde voedsel behou en bewaar genetiese diversiteit.
Plaaslike voedselprodukte is veilig. Plaaslike voedselproduksie ondersteun plaaslike families. Die plaaslike produsering van voedsel bou aan ons gemeenskap. Plaaslike voedselproduksie bewaar die oop gebiede. Met plaaslike voedselproduksie, word die belasting in toom ge-
“When everything seems to be going against you, remember that an airplane takes off against the wind, not with it.” - Henry Ford -
hou. ‘n Skoon omgewing is die gevolg van plaaslike voedselproduksie en dit strek ook tot voordeel van die omgewing se wildlewe. Plaaslike produksie is gerig op die toekoms.
overdeberg2020@gmail.com
9
10
overdeberg2020@gmail.com
Gebruik OVERdeBERG om jou besigheid te bemark. Uiters bekostigbare advertensietariewe is beskikbaar. Volkleur en interaktief. Kontak ons by 065 686 2204
10
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
11
overdeberg2020@gmail.com
11
12
overdeberg2020@gmail.com
12
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
13
Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie, daar doer vêr in die Bosveld...
Luister nou...
overdeberg2020@gmail.com
13
14
overdeberg2020@gmail.com
Kraterstories - Anne-Marie Groenewald “Troukatastrofes - Dek tafeltjie, dek!” Nou die dag het Kameel vertel van haar dogter se troue en hoe die pragtige blomme wat hulle bestel het, toe by die verkeerde troue opgedaag het. Dit het my laat dink aan my eie en ook my 3 dogters se troues. Elke troue het sy eie katastrofe! My eie troue was vol senutergende haakplekke. Eers het die dame wat die rok gemaak het, dit regtig verskriklik verbrou en op die ou einde was dit heeltemal te kort! Gelukkig het ek ‘n ma gehad wat kon toor met die naald, en deur ‘n stukkie in die middel in te las, aan die bostuk( wat gelukkig ook te kort was) en onder die beltgedeelte, kon sy die nodige lengte gee. Die los kantbostukkie het sy sommer heeltemal oorgemaak want ek het die spulletjie so bekyk en maar ekstra lap gaan koop, omdat ek geweet het ons gaan dit nodig hê.
Eers moes my aanstaande die wittebroodskar aan die brand stoot die afdraande paadjie af. Ons het met die vliegtuig van Johannesburg af gekom en sou met my pa se motor (waarmee hy nooit ry nie, hy hét mos sy seebakkie) met vakansie gaan. Na die karstotery en gepaardgaande senuwees, kry hy so warm dat hy sommer sy hempsmoue oprol. Toe ons nou net mooi amper gereed is om kerk toe te vertrek, kom die motel se vragmotor daar aangejaag. Hulle het vir ons verkeerde tafels gegee, en hulle het dit nou nodig vir ‘n ander funksie. Hulle kom hulle tafels haal en bring vir ons ander. Al die gepratery help net mooi niks, die motel laai hulle mooi eikehoutafels op en laai aaklige metaal tafeltjies af. Daar was geen tyd vir ons om iets aan die saak te doen nie, en my ouers vra my nefie en sy studentemaat om maar die troue te mis en gou die tafeltjies reg te sit voor die mense kom. Daar is min tyd oor. My aanstaande pluk sy baadjie aan en weg is almal kerk toe. Dis toe ons uiteindelik weer by die markiestent kom, dat ons sou sien wat studente as prakties beskou: die bliktafeltjies was in ‘n lang ry in die middel van die markiestent af gepak... geen tafeldoek of blom in sig nie, en bo-op die tafeltjies was die bokse en kratte drank net so gepak vir maklike uithaal en drink! Ek wou natuurlik iets oorkom, maar wat kan jy doen? Op die ou einde het ons tog heerlik troue gehou. Toe ons na die tyd uitgeput onspan , en my man sy baadjie uittrek, sien hy dat hy nog steeds sy opgerolde moue onder sy baadjie gehad het. In die haas het hy skoon vergeet om hulle af te rol en vas te maak voor hy sy baadjie aantrek. Nou ja, vandag 33 jaar later, kan ons maar net oor alles lag.
As jy graag Anne-Marie Groenewald se blog wil lees of volg, kan jy net op die QR-kode kliek of dit skandeer.
Die troue was in ‘n markiestent in my ouers se groot seetuin op Struisbaai. Die dorpie was klein met min fasiliteite, so 33 jaar gelede, om presies te wees. Die motel het pragtige ovaal eikehouttafels in hulle ontspanningsarea gehad, en dié het my ouers lank voor die tyd met hulle gereël en bespreek vir die groot dag. Die dag voor die troue is die tafels afgelaai , en ons het dit mooi gedek- in stormwind, soos hy net op Struisbaai kan waai. Julle ander Overbergers sal weet waarvan ek praat as ek sê dat die mans deur die nag kort kort moes gaan tentpenne vaskap en houtbalke onder op die seile pak om te keer dat die tent in ‘n valskerm verander. Die volgende oggend het die wind al sagter begin waai, en toe ek 10 vm moes trou, was dit net ‘n ligte briesie - ‘n pragtige dag - behalwe nou vir die groot katastrofe. 14
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
15
Die streke van Jakkals & Wolf
Die ‘Jakkals & Wolf’ -verhale van T.O. Honiball, volg op mekaar. Lees dus volgende week verder! overdeberg2020@gmail.com
15
16
overdeberg2020@gmail.com
Geskiedenis uit die Overberg - Jacques Louw In hiérdie week se uitgawe van OVERdeBERG, gaan ons julle so ‘n bietjie meer vertel van die N.G. Kerk Napier… ‘n pragtige gebou en gemeente wat uittroon as ‘n baken van vaste geloof oor hiérdie klein Overbergse dorpie.
Die gemeente het in 1854 besluit om die ou kerkgebou te vergroot en op 19 Augutus 1857 is die vergrote gebou toe ingewy. Nadat die nuwe kerk, ontwerp deur Wynand Louw, in 1928 vol-tooi is, is dit ingerig as kerksaal.
Foto: https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-napier/
Die gemeente is op 26 Januarie 1848 gestig, maar reeds sedert 1838 is verskeie pogings aangewend om tot ’n afsonderlike gemeente gevorm te word. Die Goewerneur, sir George Thomas Napier, was die saak van die inwoners van Napier en omstreke goedgesind, en het selfs so ver gegaan om die Ring van Swellendam te gelas om in 1842 ’n buitengewone Ringsvergadering te hou om die stigting van ’n gemeente op Napier kerklik deur te voer. Die Goewerneur het selfs in sy opdrag aan die Ring as predikant van die nuwe gemeente ds. P.B. Borcherds genoem. Die Ring het egter, ten spyte van die feitlike bevel van die Goewerneur, met een teenstem (dié van ds. H.A. Moorrees), teen die gevraagde stigting besluit. In 1847 het Napier hom eindelik op die Sinode beroep. Sy versoek is verwys na ’n kommissie. Die advies van die kommissie was eenparig teen die stigting van die gemeente, maar die Sinode “besloot… dat het verzoek der memorialisten zal worden toegestaan”. Die eerste leraar van die gemeente, ds. A.M.G. Kuys, is op 19 September 1852 bevestig. Nêrens is ’n aanduiding dat hy deur die gemeente beroep is nie. In die Julie-uitgawe van De Kerkbode (1852) verskyn egter ’n beriggie: “De Weleerw. Heer A.M.G. Kuys is door Sijne Edelheid den Luit. Gouverneur aangesteld tot Predikant te Napier.” Sy salaris was slegs £100 per jaar. Vir ‘n ruim 10 jaar het hy die belange van die gemeente met groot ywer en toewyding behartig. 16
Ds. C.T. Scholtz was die tweede leraar. In Julie 1863 is hy bevestig en het hy sy emeritaat in 1889 onder tragiese omstandighede aanvaar. Sy bediening was nie baie vrugbaar nie. Met die koms van die derde leraar het ’n nuwe tydperk - ’n tydperk van bloei op geestelike sowel as op tydelike gebied vir die gemeente aangebreek. Vir langer as 35 jaar het die gemeente van Napier die voorreg gehad om voordeel te trek van die geloof, toewyding en liefde van ds. A. Brink Cilliers. Sy opvolger, dr. C.C. Nepgen, is op 28 November 1925 bevestig. Die gemeente het dus in die eerste eeu van sy bestaan net vier predikante gehad. Gedurende die dienstyd van dr. Nepgen is onder meer ’n nuwe kerk - een van die sierlikste in die land - ’n nuwe pastorie en groot moderne koshuise deur die gemeente opgerig. Ook is ’n sterk opvoedingsfonds, wat teen 1951 reeds meer as £5 000 (vandag ongeveer R112 000) beloop het, in die lewe geroep. Die huidige kerkgebou, ontwerp deur Wynand Louw, is op 14 April 1928 ingewy en word vandag nog gebruik vir dienste in die oorspronklike vorm.
Foto’s en berig geneem uit, asook met erkenning aan: https:// www.gemeentegeskiedenis.co.za/nggemeente-napier/
overdeberg2020@gmail.com