Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27 65 686 2204

Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis

overdeberg2020@gmail.com

Online Interactive Full Colour Free

Jaargang 1 Uitgawe 13

Vrydag, 1 Mei 2020

Ons sê dankie...

Kombuiskuier 3

Martha word Maria 7

COVID-19: Vlak 4 beperkings 9

Die Tamaai Haai 16

Wetstoepassers van Kaap Agulhas Munisipaliteit se afdeling Verkeer, wat sedert die begin van die inperkingsperiode, skitterende werk doen om ons veilig te hou hiér in die KAM-gebied. Vir sommige is dit lang skofte gedurende die nag en dag, maar weet dat elke inwoner dit uit die hart uit baie waardeer en hoog op prys stel. Foto: Gurswin Prins

Skandeer of kliek op die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Ons kan ook gekontak word op WhatsApp by 0656862204. Alle nuus en foto’s wat jy in die koerant wil publiseer, moet ons voor of op ‘n Donderdag om 12h00 bereik. Berigte in WORD-formaat en die foto’s in JPEG-formaat.

Die Meermin 18

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

overdeberg2020@gmail.com

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

1


2

overdeberg2020@gmail.com

No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Redaksioneel VRYDAG, 1 MEI 2020 Goeiedag almal en welkom by uitgawe #13 van OVERdeBERG. Dit is weereens my plesier en absolute voorreg om die koerant vir julle weekliks uit te lê en publiseer.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00 per room per night for two people

Breakfast included (valid from 1 May - 31 August) Direct bookings only

Ek dink om die woorde “moeilike tye” te gebruik is miskien, soos die Engelsman sou sê, effens van ‘n “understatement”. Vir die eerste keer in die meeste van ons lewens, is ons midde in ‘n situasie wat vreemd vir ons is. ‘n Onsigbare vyand wat teen ‘n duisligwekkende spoed oor die aarde heen, mense siek en selfs doodmaak. Ons moet hiérdie vyand beveg met alles wat ons het. Ons sal die geveg wen en anderkant uitkom, maar die vraag wat ek het, is hoe die “nuwe” wêreld gaan lyk, want een ding is baie seker… dinge sal nooit weer dieselfde wees vir enige van ons nie. Dit mag dalk negatief klink, maar ek bedoel dit ten goede en wil dit in ‘n baie positiewe lig stel. Gedurende hiérdie inperking, het ons ‘n groot aantal negatiewe dinge gehad om deur te werk, maar die positiewe dinge is wat die skaal swaai. Vir my persoonlik, het ek oornag gesien hoe ons land se president, verander in ‘n ongelooflike leier en ‘n eerstewêreld staatsman. ‘n Toonbeeld van kalmte in hiérdie storm wat om ons koppe woed, maar ook die tentoonsteller van menslikheid toe hy die ander aand gesukkel het om sy masker op te sit. Op daardie oomblik, het hy in die harte van miljoene Suid-Afrikaners ingekruip. Hoekom? Wel, hy het ons gewys dat hy ook net ‘n mens is en dit is waar ek, vir die eerste keer in baie jare, weer respek gekry het vir ‘n Suid-Afrikaanse president. Dit is nou maar net my deel wat ek graag wil bysit en met almal wil deel. Ek wil vir julle sê vandag… staan sterk, slaan julle oë op na die hemele en dan weet jy waar jou hulp vandaan kom. Tot volgende week!

2

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

Kombuiskuier

3

10 minute. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte en sit die deksel op wanneer die vleis baie bruin is. Onthou, jy moet die water bietjies-bietjies byvoeg om te sorg dat die bredie nie brand nie. Die proses kan maklik 1½ uur neem. Voeg die kool by. Dit gaan na ‘n klomp kool lyk, maar dit kook baie af. Roer die kool deur en sit die deksel op. Laat stowe vir sowat 30 minute voor jy die aartappels byvoeg. Voeg die aartappels by en druk hulle onder die kool in. Laat die bredie verder stowe vir sowat 30-45 minute tot die aartappels sag is.

In hiérdie week se uitgawe van ‘Kombuiskuier’, is ons weer agter die kospotte met eenvoudige, maar watertandlekker resepte. KOOLBREDIE Bestandele:

2 middelslag-kopkole 30 ml olyfolie 1,5 kg lam-stowevleis sowat 500 ml warm water 1 groot ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngekap Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 4 aartappels, geskil en gehalveer BRUISMEEL ROOSTERKOEKE Bestandele:

500 ml (2 koppies) bruismeel 3 ml (ruim ½ teelepels) sout 30 ml (2 eetlepels) suiker 30 ml (2 eelepels) margarien, gesmelt of olie 200 ml louwarm water Ekstra meel

Metode: Metode: Kerf die kool fyn. Plaas in ‘n groot bak en gooi kookwater oor tot dit bedek is. Laat staan terwyl jy die vleis braai. Verhit olie in ‘n groot kastrol. Voeg die vleis by en braai oor hoë hitte. Hou aan met roer. Die vleis moet lekker bruin braai. Jy sal sien dat daar donker dele onder in jou kastrol vorm. Gooi ‘n baie klein bietjie van die water in die kastrol en roer die donker stukkies los. Die vleis vorm iets wat soos Marmite lyk en ruik – dis die sous wat die bredie mooi bruin maak. Hou so aan tot die vleis baie bruin is. Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir sowat overdeberg2020@gmail.com

Sif die droë bestanddele bymekaar in ’n groot mengbak. Roer die margarien of olie by die meelmengsel in. Giet die louwarm water by en meng tot ’n stywe deeg vorm. Knie die deeg sowat 5 minute. Strooi meel op ’n skoon werkoppervlak en druk die deeg effens plat. Sny blokke en besprinkel met ’n bietjie meel. Braai die roosterkoeke op matige kole tot gaar. Genoeg vir 4-6 mense. Bereiding: 15-20 minute. Gaarmaaktyd: 10-20 minute. 3


4

overdeberg2020@gmail.com

#STAYHOME

Gurshwin Prins is die man wat gereëld vir ons op hoogte hou met KAM se inligting en foto’s t.o.v. die hantering van die COVID-19 situasie. Hy is ‘n uitstekende fotograaf en ons sê vir hom dankie vir sy bydrae’s.

4

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

5

“No matter who we are, no matter how successful, no matter what our situation, compassion is something we all need to receive and give.� - Catherine Pulsife -

overdeberg2020@gmail.com

5


6

overdeberg2020@gmail.com

The WCED have published a large number of resources to help educate during the lockdown period. All the resources can be accessed by clicking on the link given link below:

WCED Free Resources

Die inhaal van verlore onderrigtyd a.g.v. die inperking‌ hoe gaan die department van onderwys dit vermag? Dit gaan afhang van hoeveel onderrigdae gedurende die inperkingsperiode verlore gaan. Tans sou leerders in elk geval met vakansie gewees het, maar afhangend van hoe lank die inperkingsperiode duur, sal ons miskien tuisonderrig moet implementeer. Die nasionale en provinsiale onderwysdepartemente werk hard daaraan om aanlynonderwyshulpbronne, waarvan sommige heeltemal gratis gaan wees, sowel as TV- en radio-uitsendings beskikbaar te stel, net indien die staat van inperking langer duur. Ons sal mettertyd besonderhede hiervan aan die publiek oordra. Intussen is die grootste belegging wat jy ten opsigte van die opvoeding van jou kind tydens die inperkingsperiode kan maak om elke dag vir hulle of saam met hulle te lees. Geletterdheid is die fundamentele vereiste om alle ander vakke te leer en dit is 'n nasionale en provinsiale prioriteit. Bron: (Inligting is geplaas sonder enige redigering) https://coronavirus.westerncape.gov.za/frequently-askedquestions/frequently-asked-questions-about-lockdownafrikaans

Ondersteun plaaslike besighede! 6

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

Martha word Maria - Joanie Pretorius -

Dis lockdown, die erediens moet virtueel gaan, my hart wil amper gaan staan. Kobus maak die preek en bestee ure voor die rekenaar om gepaste liedere in te trek en die teks vir die week en die tyd waarin ons tans is te kies. Wonderbaarlik is die leesroostertekste vir die week elke keer honderd persent gepas. Ons sitkamer word reggeskuif om die lessenaar voor ‘n wit muur te plaas. Dis glo die beste agtergrond vir ‘n video-opname.

7

Eers moes ons sukkel om die kanselkleed so te laat hang dat die boonste stok nie uitsteek nie. Dit is sommer ‘n onafgewerkte ou stokkie met verfspatsels wat hier in die omtrek uitgegrawe is, dun genoeg om deur die kleed se lussies te ryg. Dan weer die skootrekenaar so plaas dat jy hom nie sien op die beeld nie, maar dit moet naby ge-noeg aan die lessenaar wees, sodat Kobus daarop kon lees wanneer nodig. Skaduwees moes ook uitgeskakel word, daarvoor is my pers bedlampie met sy lendelam, slap nekkie ingespan, staangemaak op ‘n staander langs die selfoontjie wat darem gelukkig sy lyf regop bly hou.

Die hele kanselkleed moet altyd voluit sigbaar wees, maar die kamera kan nie te ver wees nie, want dan is die klank te sag. Van klank gepraat, net sodra jy amper klaar is, kom Bismarck, die pastoriehond ingetrippel…ai tog! Weer oordoen. Ek was nog nooit voorheen so bewus van motors wat verby ons huis ry soos nou nie en dit met net die kerk en die parkie oorkant ons, minimum huise in die nabyheid.

Foto: Joanie Pretorius

Die plasing van visuele hulpmiddele soos die pragtige kanselkleed en die groot wit kers met die XRmonogram daarop word ‘n gegewe. Die ander items wissel van preek tot preek. Dit is nie vir my ‘n probleem om iets bymekaar te sit wat mooi vertoon nie, dit is ‘n kreatiewe uitdaging, wat my soos ‘n skoen pas. Die ding wat amper my hart wil laat staan is die hantering van die selfoontjie, wat nou as videokamera funksioneer. Om die kamera so op te stel dat daar geen bewerasie ter sprake is nie, is maklik. Daarvoor kom die wondergom wat op die losstaande kateder geplak is, goed te pas. Die probleem is egter k-o-m-m-u-n-i-k-a-s-i-e, of moet ek liewer sê ontoereikende kommunikasie! Die eerste opname het ure geneem. ‘n Hele dag lank, dan bedoel ek ‘n hele dag lank. Van 08h00 tot net na 17h00 het ons gesukkel om alles in plek te kry. overdeberg2020@gmail.com

Foto: Joanie Pretorius

Selfone moet op “silent” wees, die radio moet af wees, Bismarck moet agter toe deure wees, want as hy buite is, gaan hy tydig en ontydig aan die blaf. Dan nog die kerkklok wat elke halfuur lui en die telefoon wat ook sommer soms ‘n penning in die armman se beurs gooi deur skril aan’t luie te gaan. Maar om terug te kom na kommunikasie. Eers het Kobus nie vooraf gesê presies wanneer ek die video moes stop nie. Vervolg op bladsy 8

7


8

overdeberg2020@gmail.com

Vervolg van bladsy 7

Na die aankondiging van die lied? Na die AMEN? Na die Kindertyd? Dan stop ek te gou, dan stop ek te laat, maar die ergste van alles is Martha in plaas van Maria. Kobus het self dié fout gemaak. Om een of ander rede het hy in die voorafbereide teks getik Martha in plaas van Maria. Toe hy ‘n entjie aangelees het, tref die fout hom eers en toe wou hy ontplof, want dit was aan die einde van ‘n lang opname. Arme ding. Ons doen dit toe maar weer oor, eers nadat ons die ou selfoontjie weer moes laat laai. Van al die flaters en frustrasies staan Martha en Maria vir my bo-aan die lysie. Joanie Pretorius, Riviersonderend

Foto ter illustrasie

aankondiging gaan verder..."from this and this ward, and these passages, don't use, stay away from these lifts..." Ek dog eers dis een of ander “fire drill”, maar toe ek die ontvangsdames se oë sien, besef ek dit is nie. Toe kom die aankondiging: "Patient is being moved from rehab centre into hospital." Ek word venster toe gestoot om te kyk. Dit was 'n gesig wat ek nooit sal vergeet nie. Die personeel in hulle “hazmat suits”, loop met die pasiënt teen dubbelspoed. Die pasiënt het pype en toerusting en 'n “plastic bubble” oor hom en hulle verdwyn onder by ‘n ingang in. Die hospitaal het seker hysers en gange vir sekere mense, soos byvoorbeeld een vir die kraamgevalle, een vir gewone mense en dan gange en hysbakke nét vir covid-19 gevalle… 'n Hele lang ruk daarna is die deure eers weer oopgemaak en is ons toegelaat om te beweeg. Dit was so indrukwekkend dat hulle sulke planne in werking het, dat hulle so voorbereid is, maar daardie gevoel en dit wat ek aanskou het sal ek seker nooit vergeet nie. Dit is iets wat ek vir iemand wou vertel. Carene Cooper, Bredasdorp

Kaapse hospitaal is paraat - Letty-Ann Möller -

Bredasdorper se ervaring van ‘n Kaapse hospitaal gedurende die inperkingstydperk. Mag ek met julle deel wat met my gebeur het op Dinsdag, 21 April, terwyl ek by my voetspesialis was in 'n hospitaal in Kaapstad. Wel, eerstens om binne in die hospitaal te kom was ‘n baie deeglike sanitasieproses, Alles gespuit, hande gewas, temperatuur geneem, handskoene verwyder en as jy nie 'n masker gehad het nie het hulle vir jou een gegee. Geen ekstra besoekers is toegelaat nie, net jy, en jy alleen mag ingaan. Binne die hospitaal word jy reguit na jou dokter geneem en 'n portier neem jou waarookal jy moet gaan. Wel, toe ek klaar was, het ek gesit en wag vir my ‘portier’ om te kom. Ewe skielik kom daar toe 'n aankondiging oor die luidsprekers: "Code silver, code silver" en deure slaan rondom ons toe en die 8

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

9

overdeberg2020@gmail.com

9


10

overdeberg2020@gmail.com

10

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

11

overdeberg2020@gmail.com

11


12

overdeberg2020@gmail.com

12

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

13

Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie… daar doer vêr in die Bosveld.

Luister nou...

overdeberg2020@gmail.com

13


14

overdeberg2020@gmail.com

Vervolg van bladsy 15

diens – altyd ten minste twee – aan die seekant van die vuurtoring was. Dit moes meer spasie skep aangesien die woonkwartiere maar klein was. Foto: Verskaf

Met die inry lê daar ‘n witgepleisterde graffie met ‘n handgeskrewe grafsteentjie aan jou linkerkant. Dis die graffie van die sewe maande oue Daisy Rowe, die babadogtertjie van die eertydse vuurtoringwagter, wat op op 28 Januarie 1899 aan witseerkeel oorlede is. Voor die vuurtoring aan die landkant is ‘n replikaboegbeeld, “The Wooden Lady of Agulhas”. Niemand is heeltemal seker waar sy vandaan kom nie – oorspronklik is daar gedink dat die boegbeeld van die Dundrennan, ‘n Britse skip, wat in 1895 gestrand het, afkomstig is. Latere navorsing – wat nou meer aanvaar word – dui op die Marie Elise, ‘n Franse bark wat in 1877 by Ryspunt gestrand het. Hiérdie gedeelte het die eerste keer in Die Burger verskyn in 2015 en is geneem uit die persoonlike blog van Ilse Zietsma. Ons sê baie dankie vir die toestemming wat sy verleen het aan ons om dit ook te publiseer.

Kliek of skandeer die QR-kode om ook die persoonlike blog van Ilse Zietsman te gaan lees en volg.

Die vuurtoringwagter se huis is eers in 1947 in die tyd van Meneer Boy Auret gebou. So vertel Jeanette Grobbelaar, skryfster van Golgotha van die Oseane – Skeepsrampe aan die Agulhas-kus. Baie van die liefhebbers van die vuurtoring kon hulself net nie indink hoe dit dan nou sou lyk nie, maar siedaar, dit lyk of dit so móét wees en nog altyd so was. Volgens Kaap Agulhas Toerisme se kantoor by die vuurtoring was daar 8673 besoekers in die eerste maand na die restourasiewerk afgehandel is en die vuurtoring heropen is. Ook in 1962 was daar herstelwerk van die sandsteen nodig en in daardie tyd is ‘n tydelike aluminiumtoring opgerig. Toe daar sprake was dat die moderne toring permanent in gebruik geneem sou word, is daar hewig deur die plaaslike gemeenskap geprotesteer. Die ou vuurtoring ís dan Kaap Agulhas. In 1973 is die vuurtoring as nasionale monument verklaar. 14

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com Vervolg van bladsy 17

In 1840 is met geldinsameling in Kaapstad begin sodat daar ‘n vuurtoring by die suidpunt gebou kon word. Bykomende bydraes is ook uit Londen, St. Helena, Manila, Filippyne, en Madras, Bombaai en Kalkutta in Indië ontvang. Michiel van Breda – na wie Bredasdorp ook vernoem is – van Zoetendalsvallei, vernoem na die eerste opgetekende skeepswrak in 1673, het die projek geïnisieer toe hy by die owerhede gepleit het dat ‘n vuurtoring aan die suidpunt van Afrika (34° 49’ 58″ S en 20° 00’ 12’’ O) waar die Atlantiese en Indiese Oseane amptelik inmekaar vloei, broodnodig is. Hy kon net nie langer toekyk hoe skepe met hul vrag vergaan en lewens verloor word nie. Lyke het gereëld op die strand naby sy plaas uitgespoel.

15

torings ‘n breë basis en albei het ook kroonlyste. Op 1 April 1847 is daar begin met die bouwerk en in Desember 1848 is die bouwerk voltooi. Die hoeksteen is op 8 Januarie 1849 gelê. Eers op 1 Maart 1849 is die lig – destyds met die gebruik van vet uit skaapsterte – aangeskakel. Eers vanaf 1905 is ‘n olielamp in gebruik geneem en in 1936 is na ‘n elektriese lig oorgeskakel. In 1994 het ‘n unieke vuurtoringmuseum binne-in die vuurtoring self oopgemaak. Emmerentia de Kock van Agulhas Nasionale Park is verantwoordelik vir die vuurtoringmuseum en vir die interessante uitstallings wat tans te sien is. Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Veral die heengaan van die Arniston – op 13 Julie 1819, volgens Michiel van Breda; ander bronne gee die datum as 30 Mei 1815 aan – het hom diep geraak. 372 mense wat aan boord was, het gesterf. Net vyf, of ses (bronne verskil oor die presiese statistieke en ook oor hoeveel mense aan boord was), het oorleef. Die lyke is deur aasvoëls op die strand verskeur. Vandaar ook sy besluit om die grond te skenk waarop die vuurtoring gebou is. Ook het hy die eerste 20 pond van die 15 871 pond wat benodig is, bygedra. Kolonel Charles Michell, die eerste Landmeter-Generaal en siviele ingenieur van die Kaapkolonie, was verantwoordelik vir die ontwerp van die Kaap Agulhas Vuurtoring. Hy was juis die een wat so gefassineer deur die legendariese Pharos Vuurtoring was. Die meeste vuurtorings het slegs een toring, maar Kaap Agulhas Vuurtoring het drie torings – een sentrale toring waarin die lig gesetel is, asook twee kleiner torings wat weerskante is. Die sentrale wit toring is 27 meter hoog; lê 31 meter bo seevlak en het kenmerkende rooi strepe. Die drie torings is die hoof-ooreenkoms tussen die Pharos en die Kaap Agulhas Vuurtoring, hoewel die vorm van die twee kleiner torings verskil.Daarbenewens het beide vuuroverdeberg2020@gmail.com

Op 4 Februarie 2013 is die vuurtoring vir herstelwerk gesluit en weer op 11 Desember 2013 oopgemaak. Erosie van die sandsteen het die herstelwerk nodig gemaak. Tydens die herstelwerkproses is die veranda wat in 1913 aangebou is, maar op ‘n stadium afgebreek is, weer aan die land se kant aangebou. Die oorspronklike bou daarvan was in ongeveer 1913 toe daar nog woonkwartiere vir die personeel aan Vervolg op bladsy 14

15


16

overdeberg2020@gmail.com

Seestories - Anne-Marie Groenewald -

‘Die Tamaai Haai’ “Tamaai haai! Tamaai haai!” Dis April 1922 en dis die kinders van Hermanus wat so roep. Hulle het ‘n groot haai naby die Marine Hotel gesien. Daardie jare het daar dikwels sulke groot haaie in die see naby Hermanus se ou hawe geswem en as iemand een gewaar het, was dit die algemene uitroep. Op Hermanus het daar ook ‘n bobaasvisserman gewoon… Bill Selkirk. Toe Selkirk die geroep hoor, los hy alles, vat sy sterk bamboesstok, en stap see toe. Foto: Verskaf

Dit was die jare toe dinge nie sommer in ‘n winkel gekoop is en klaar nie. Selkirk se stok is omtrent 4 meter lank. Die katrol het hy self gemaak van die as van ‘n fietspedaal. Op die katrol is meer as 500 meter Ierse tou (Irish twine) en aan die voorpunt van die tou meer as 3 meter sterk draad. Aan die draad het hy ‘n 4-gallon parafienblik vasgemaak om as dobber te dien. Die blik het hy rooi geverf, en nog verder vol lug geblaas deur ‘n fietswiel se klep wat hy aan die blik vasgesoldeer het. Heel voor was ‘n yslike handgemaakte hoek. Net na 2 die middag byt die haai. Die rooi blik verdwyn skoon onder die water in. Selkirk se handgemaakte katrol het geen rem aan nie. Hy beheer die katrol met ‘n stuk leer om sy hand te beskerm en die visstok rus in ‘n leersak om sy lyf. Heen en weer oor die klippe hardloop Selkirk al agter die haai aan. Dié wat Hermanus se kuslyn daar naby die ou hawe ken, sal weet dat hiérdie geen geringe stelling is nie! Selkirk moet kophou om te keer dat die haai die tou met sy stert afsny of dit op die ruwe rotsriwwe afskuur (of dat hy dalk self in die gevaarlike see kan beland). Die winkels, poskantoor en bank sluit hulle deure om na die groot geveg te gaan kyk. Drie-uur gaan verby, vieruur, en almaardeur moet Selkirk hawe toe hardloop en terug. Uiteindelik, na 7 die aand, is die haai moeg en Selkirk kan hom inkatrol hawe toe. Hy het byna ses uur lank met die vis gespook. In die hawe skiet hulle toe die vis met ‘n harpoen en al die omstanders help om hom uit te sleep. Die nuus word wereldwyd in die koerante versprei: ‘n Groot witdoodhaai is gevang. Hy is 4,03 m lank en weeg ‘n volle 987Kg - ‘n wêreldrekord. In die fotografiese museum op Hermanus kan mens gaan kyk na die tande van hierdie ‘tamaai haai.’ Die hoek is ongelukkig deur iemand gesteel. Dis vir my baie jammer dat hierdie wêreldrekord op die ou einde toe nie erken is nie, omdat Selkirk ‘n dobber gebruik het. Tot vandag toe (en ek het oral rondgebel om uit te vind), is daar volgens my wete nog nooit ‘n swaarder vis van die kant af gevang nie. Kliek op of skandeer die QRkode hiér en gaan besoek dan Anne-Marie Groenewald se eie blog, waar jy heerlike en baie interessante stories kan gaan lees op jou eie tyd!

16

overdeberg2020@gmail.com


overdeberg2020@gmail.com

17

Ilze Zietsman skryf... Op Sondag, 1 Maart 2015, het Kaap Agulhas Vuurtoring – aan die mees suidelike punt van Afrika – verjaar. Dit was net mooi 166 jaar gelede wat die lig by hierdie tweede oudste werkende vuurtoring in Suid-Afrika die eerste keer op 1 Maart 1849 aangeskakel is. Sedertdien dien die suidpunt se vuurtoring as waarskuwingsbaken vir skepe wat hier om die punt vaar. Portugese seevaarders van vervloë dae het L’Agulhas Cabo das Agulhas (Kaap van Naalde) genoem omdat die punt die akkuraatheid van hul kompasnaalde belemmer het. Die vuurtoring is oorspronklik volgens die model van die Pharos van Alexandrië, Egipte ontwerp – hoewel slegs gedeeltelik – en gebou. Die Pharos was een van die sewe klassieke wonders van die Antieke Wêreld.

2020: Year of the Nurse and the Midwife

Vervolg op bladsy 15

Foto: Verskaf

Nurses and midwives play a vital role in providing health services. These are the people who devote their lives to caring for mothers and children, giving lifesaving immunizations and health advice, looking after older people and generally meeting everyday essential health needs. They are often, the first and only point of care in their communities. The world now needs 9 million more nurses and midwives if it is to achieve universal health coverage by 2030. That’s why the World Health Assembly has designated 2020 the International Year of the Nurse and the Midwife. overdeberg2020@gmail.com

17


18

overdeberg2020@gmail.com

Geskiedenis uit die Overberg - Jacques Louw -

In hiérdie uitgawe van OVERdeBERG, gaan ons so bietjie dieper delf in die interessante skeepswrakgeskiedenis van ons kuslyn. Een van hiérdie baie unieke wrakke, was dié van die Meermin.

Januarie 1766 op hul terugtog na die Kaapkolonie. Twee dae later, word ‘n groot groep van die slawe toegelaat om uit te kom op die dek van die skip. Die mans moes die matrose help met take en die vroue, sowel as kinders moes die vermaak verskaf, wat sing en dans ingesluit het. Dit is gedoen om ‘n geleentheid aan die slawe te bied om vars lug in te kry, om te voorkom dat hulle ernstig siek word of doodgaan en dit dan minder wins tot gevolg sou gehad het wanneer hulle verkoop word. Later, op die 18de Februarie 1766, het die kaptein die opdrag gegee dat ‘n aantal van die slawe op die dek moes kom help om swaarde en assegaaie te help skoonmaak. Na die afhandeling van die werk, is die opdrag, om die wapens terug te neem na die vragruim, geïgnoreer deur die slawe en het hulle die bemanning aangeval. So het hulle toe beheer van die Meermin oorgeneem. Onderhandelinge het gevolg en die slawe het aan die bemanning genoem dat hulle die orige matrose se lewens sou spaar indien hulle na Madagaskar sou terugkeer. Die slawe se afwesige kennis van selfs basiese navigasie, het die bemanning kans gegee om ‘n roete te gebruik wat die Meermin terug sou neem in die rigting van die Kaapkolonie.

Die Meermin was ‘n 480 ton 18de-eeuse Nederlandse vragskip van die “Hoeker” tipe, een van vele sulke skepe wat deur die VOC besit en laat bou is. Hiérdie spesifieke skip dan gebou in 1759, waarna dit omgeskakel is tot ‘n slaweskip met haar nooiensvaart in 1761. Gedurende Maart 1766 was daar ‘n muitery aanboord van dié skip oppad van Madagaskar na die Kaapkolonie met ‘n vrag slawe wat deur die VOC gekoop is op die eiland. Vele van die VOC se skepe was met sulke slawetogte besig, aangesien daar op daardie stadium sowat 63 000 slawe na die Kaapkolonie vervoer moes word.

Die Meermin het haar nooiensvaart begin op die 21ste Januarie 1761 vanaf die eiland Texel, langs die Nederlandse kus. Die kaptein was Hendrik Worms en daar was 62 bemanningslede aan boord. Alhoewel die Meermin verander is na ‘n slaweskip, het skepe soos hiérdie gereëld vrag vervoer indien nie slawe nie. In Desember 1765 was die Meermin langs die kus van Madagaskar besig om mans, vroue en kinders as slawe bymekaar te maak vir werke in die Kaapkolonie. Die kaptein op daardie stadium was Gerrit Muller en daar was ‘n bemanning van 56 matrose. Ook aan boord was 140 slawe. Na afloop van hulle tyd in Madagaskar, vertrek hulle uiteindelik op die 20ste 18

Toe hulle die eerste keer land gewaar in Maart, het hulle die slawe oortuig dat dit ‘n gedeelte van Madagaskar was, wat onbekend aan hulle was. Na heelwat onderhandelinge en heen-en-weer, het die slawe die Meermin vry laat dryf in die rigting van die kus. Op daardie stadium was hulle net van die kus af by Struisbaai. Die see was uitsonderlik onstuimig daardie dag en die boot was baie onstabiel. Een van die maste is toe afgesny om die balans van die Meermin te probeer herstel. Die boot beland toe op ‘n sandbank en toe begin die moeilikheid vir die slawe. Op die oewer het ‘n groterige groep boere en burgers bymekaar gekom en gesien dat die Meermin in die moeilikheid was. Die bemanning het geweet dat die boere sou weet dat die skip in die moeilikheid was omdat daar geen vlae en kleure op die boot gewapper het nie. Ook die feit dat een mas afgesny was, was alles tekens wat hulle geweet het die boere en burgers sou raaksien. Daar word toe ‘n groot hoeveelheid van die slawe doodgeskiet wat dit gewaag het om aan land te kom en die oorblywende slawe aan boord van die boot, het hulself oorgegee en is weer in boeie geplaas. Nadat die toestand van die Meermin deurgekyk is, is daar gesamentlik besluit dat die skip nie gered kon word nie en die skip is gelos om op te breek waar dit op die sandbank gestrand het. overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu