+27 65 686 2204
Aanlyn Interaktief Volkleur Gratis
overdeberg2020@gmail.com
Online Interactive Full Colour Free
Jaargang 1 Uitgawe 12
Vrydag, 24 April 2020
Wanneer die natuur rus...
Screening & Testing 3
Kombuiskuier 4
COVID-19: CAM’s fight 6
Fokus op die Gemeenskap 9 Foto: Brinks Photographic Journey
Kassiesbaai 18
Skandeer of kliek op die QR-kode en besoek gerus ons Facebookblad. Ons kan ook gekontak word op WhatsApp by 0656862204. Alle nuus en foto’s wat jy in die koerant wil publiseer, moet ons voor of op ‘n Donderdag om 12h00 bereik. Berigte in WORD-formaat en die foto’s in JPEG-formaat.
Luister nou...
overdeberg2020@gmail.com
1
2
overdeberg2020@gmail.com
No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential
Redaksioneel VRYDAG, 24 APRIL 2020 ‘n Hartlike goeiedag aan elkeen van ons lesers en ondersteuners. Ons staan aan die einde van drie weke van inperking, met hopelik nog net ‘n week wat oorbly.
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Alhoewel ons nie seker is wat die toekoms vir ons inhou na die 30ste April nie, is een ding seker… die wêreld soos ons dit ken, sal nooit weer dieselfde wees nie. Dit is aan die een kant ‘n goeie ding, want ons as mense sal anders begin dink oor sake soos persoonlike higiëne en gesondheid. Die hantering van sosiale afstand kan dalk ook negatiewe gevolge hê in die toekoms, omdat mense selfs daaroor anders gaan begin dink. Dit is egter nie net negatiwiteit nie, want ons hiér by OVERdeBERG hou van positiwiteit en probeer te alle tye die soet meer as die suur hou. In verlede week se uitgawe, was dit die debuut van ons kolom met die naam ‘Kombuiskuier’ en hiérdie week deel ons weer ‘n heerlike en maklike resep met julle. Oom Kaspaas maak weer ‘n draai soos gewoonlik, al die pad daar doer uit die Bosveld en Anne-Marie Groenewald vermaak ons weer met ‘n pragtige seestorie uit haar skaktkis van stories. Ons het nog inkleurprente vir die kinders en gaan maak weer ‘n draai ‘Op die kassie’, met die nuutste flieknuus. Geniet uitgawe 12 en sterkte vir (hopelik) die laaste week van inperking. Ons is almal saam in die bootjie en moet saam roei om deur die stormwater te kom… en onthou… storms hou nie vir altyd aan nie en kry ook einde.
“The key is to have a balanced life. Set aside a fraction of your time to carry out your dreams and ambitions.” - Michael Lee 2
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
3
What is public screening? The more people our health officials within the Department of Health can talk to (or screen), the better they can identify people who may need further testing. This will help to keep everyone safe. As such, community health workers will be working in your area, going from door-to-door. They will only be asking questions about your health, which you should please answer honestly. These questions will mainly focus on whether you have symptoms of illness at the moment (a sore throat, a cough or fever).
If you have any symptoms you must please let them know, and you should be referred for testing. Screening will either be done via the community health workers visiting your home, or mobile units in your area (here officials will call on you and ask questions about your health).
What is testing? To keep your family and community safe, it is important to find people who may be sick or have the virus, and try and test those with symptoms, in order to help everyone. The faster our health officials can find people, the quicker they can help them. You may be advised by a community worker to go for a test. They will tell you where the closest place will be. Please work with government in this major effort, for the sake of your health, and for your community. Testing for the COVID-19 is done by taking a swab in your throat and nose.This will happen either at a clinic, a mobile van parked in your area, or referral to a testing station. Test result are NOT immediately available, but health officials will let you know as soon as they are. Please make sure you give details to the health worker so they can get in touch with you. Please do not be afraid. We will keep all results private and confidential.
Why do they test? In the fight against the Corona virus, government is embarking on an active COVID-19 Home Visits programme. Now they are trying to find people who might need help. They need to talk to residents to find out whether you need to go for testing, so they can refer you for treatment. This is part of the containment strategy of the panoverdeberg2020@gmail.com
demic, which is the purpose of the extended lockdown. In order to contain the spread of the virus, testing is essential. We should all work together to combat and then eventually defeat this invisible enemy. Make no mistake, nobody is out of the firing line of this enemy. 3
4
overdeberg2020@gmail.com
Kombuiskuier
Verhit die botter in 'n pan en braai die uie en knoffel vir omtrent 5 minute of tot die uie deurskynend begin vertoon. In hiérdie week se uitgawe van ‘Kombuiskuier’ is daar ‘n twee heerlike resep vir die komende winter en dié een is regtig maklik om te maak! TAMATIEBREDIE
Voeg vleis by en braai vinnig tot bruin aan alle kante. Voeg sout, peper en bietjie van die aftreksel, water of wyn by en prut, bedek, vir 90 tot 120 minute of tot die vleis begin sag word. Voeg die aartappels, tamaties, suiker, tiemie en marjolein by en kook vir nog 'n uur. Bedien met rys.
Bestandele: 25 ml botter of margarien 2 groot uie, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1.5 kg lamsvleis of skaapvleis in blokkies 10 ml sout Bietjie aftreksel, water of wyn 500 g aartappels in skywe gesny 1 kg medium tamaties, geskil en gekap 5 ml witsuiker 2 ml gedroogde tiemie 5 ml gekapte vars marjolein (marjoram)
“Food is everything we are. It’s an extension of nationalist feeling, ethnic feeling, your personal history, your province, your region, your tribe, your grandma. It’s inseparable from those from the get-go.” - Anthony Bourdain
Die volgende is ‘n heerlike en baie maklike rysgereg wat vinnig is om te maak en warm sowel as koud geëet kan word. MAKLIKE RYSGEREG Bestandele: 1½ koppie rou bruin of wit rys 1 ui, gekap 2 knoffeltoontjies, fyngemaak 1 groen soetrissie, gekap 6 weense worsies, in ringe gesny 2 koppies gevriesde groente ½ koppie Worcestersous ½ koppie tamatiesous ½ pakkie wit uiesoppoeier 1 koppie warm water
Worcestersous, tamatiesous en weense worsies by. Laat dit vir 8 minute prut.
Metode: Kook rys gaar. Braai die uie, knoffel en soetrissie saam in 'n pan. Ontdooi die groente en voeg saam met die tiemie by die uiemengsel. Voeg die
Jy kan die gereg ook in die yskas bêre en bedien as ’n rysslaai by ’n braai. Dit is ’n gereg wat gevries kan word vir latere gebruik.
4
Voeg die gaar rys by. Roer goed. Meng nou die soppoeier met 'n koppie warm water en voeg dit by die dis. Laat dit vir 2 minute prut.
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
5
overdeberg2020@gmail.com
5
6
overdeberg2020@gmail.com
Cape Agulhas Municipality’s excellent fight against COVID-19 Photo: Gurswin Prins, CAM Communication
The local Department of Health started with a mass Coronavirus screening campaign in Cape Agulhas area on Monday this past week, with Arniston as the pilot. Tuesday’s screening took place in Struis-baai, where the residents from Struisbaai, L’Agulhas and Suiderstrand were encouraged to visit the fixed point at the OK Grocer parking area. Door to door screening also took in Struisbaai North. Earlier during Monday morning, members of the SAPS and CAM Law Enforcement were also screened for COVID-19. Captain Pieterse (SAPS), Tyrel Ahrends, Duncan Louw (CAM Law Enforcement) and all other personnel present there, were screened.
Photo: Gurswin Prins, CAM Communication
Photo: Gurswin Prins, CAM Communication
Photo: Gurswin Prins, CAM Communication
6
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
7
‘n Vrag genade...
Na suksesvolle onderhandeling met die CEO van Acorn Agri and food, was 20 ton mieliemeel deur Acorn Agri & Food geskenk. Die skenking sal uitgedeel word in elke behoeftige huishouding binne Kaap Agulhas. Die verspreiding van die mieliemeel sal via die sopkombuise in ons dorpe geskied. Ek wil André Uys bedank vir die skenking en weet dat die gemeenskap van Kaap Agulhas dit terdeë sal geniet.
Ondersteun asseblief ons plaaslike besighede! Please support our local businesses!
overdeberg2020@gmail.com
7
8
overdeberg2020@gmail.com
Hoe beinvloed COVID-19 jou
Die Wes-Kaapse Regering beplan om aan besighede wat deur die Coronavirus geraak word ondersteuning te bied. Vir inligting oor die finansiĂŤle verligting wat reeds vir besighede in die provinsie beskikbaar is, kliek op die skakel hiĂŠronder.
besigheid?
FinansiĂŤle bystandsinligting
8
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
9
Fokus op die Gemeenskap - Jacques Louw -
Brinks Photographic Journey In hiérdie uitgawe van OVERdeBERG, het gaan inloer by Hèyne & Sharon Brink, natuurlewefotograwe van die Overberg en vir baie jare al inwoners van Bredasdorp. Ek het hulle so ‘n paar vrae gaan vra. Waarvandaan die belangstelling, eers in die natuur en toe in fotografie? Daar was ‘n natuurlike aanvoeling vir die natuur van kleintyd af en dit bly nog steeds vir ons baie naby aan die hart. Wat wonderlik van die natuur is, is die feit dat jy elke dag iets nuuts leer, die natuur lewer daagliks nuwe interessanthede op.
Foto: Brinks Photographic Journey
want daar was so baie om te sien. Alles van die kleinste goggas tot die groot diere en groot verskeidenheid voëls en nie eens te praat van die mooi landskaptonele nie. Ons was ook nie gewoond aan dié deel van die land nie, so ons het kort-kort die boeke ingevaar om die verskillende voëls ens. te identifiseer. Laagtepunte as natuurliefhebbers en fotograwe? Ja, elke keer as jy sien hoe die natuur vernietig word. Veral erg as dit ‘n plek is wat jy weet iets besonders in leef... iets wat daar groei wat nou vir ewig verlore is. Besoedeling bly maar ‘n hartseer storie!
Fotografie het Sharon by haar Pa geleer, hy was ‘n kranige amateurfotograaf wat sy eie foto’s ontwikkel het. Dit was dan die jare van filmfotografie.
Wat beplan julle vir die toekoms?
Dit het ‘n passie vir ons geword om foto’s te neem, maar in daardie vroeë jare was dit maar ‘n duur bedryf en kon jy nie regtig speel met die kunstige sy van fotografie nie, want ontwikkeling was baie duur.
Met Brinks Photographic Journey wil ons meer as net natuur met die wêreld deel. So baie mense kry nie die geleenthede om uit hul huise te kom nie en met die blad probeer ons ‘n bietjie van die mooi met hulle deel. So deel ons ook ‘n bietjie van SuidAfrika met mense van oor die wêreld heen.
Tog het die feit dat ontwikkeling so duur was mens geleer het om foto’s reg af te neem. Dit het tot gevolg dat min van ons foto’s enigsins gemanipuleer word. Ja soms is ‘n bietjie “tweak” nodig en daarvoor gebruik ons die gratis program FastStone om dit te doen. Is daar ‘n spesifieke foto wat uitstaan vir julle oor al die jare wat julle al besig is? Nee, elke foto herinner aan ‘n spesifieke gebeurtenis, elke ene is uniek vir ons. Die foto’s wat slegs die oë geneem het, is soms wat langer by jou bly. Dit is daardie geleenthede waar geen kamera byderhand was of die oomblik was te vinnig verby, dit het die oë wel waargeneem en die brein het hom gebêre. Was daar hoogtepunte vir julle? Ons eerste besoek aan Kgalagadi sal altyd by ons bly overdeberg2020@gmail.com
Raad wat julle kan gee vir jong fotograwe of nuwe fotograwe wat graag wil begin? Jy leer elke dag meer, jy maak ook nog elke dag foute, maak nie saak hoe lank jy fotos neem nie, so moet nooit moed verloor nie. Leer uit jou foute. Onthou die kamera maak nie saak nie, dit is hoe jy die toneel afneem wat belangrik is. Jou perspektief van die toneel is wat dit ‘n goeie of nie so goeie foto gaan maak. Duur kameratoerusting maak nie ‘n mooi foto nie, kundige gebruik van wat jy het, is wat saak maak. Leer by ander, leer jou toerusting ken en vra hulp. So baie fotograwe sal meer as gewillig wees om vrae te beantwoord. Daar is baie aanlynmateriaal om van te leer. Fotografie is ‘n kuns en hoe jy jou kuns beoefen, moet vir jou genot verskaf, dit is die belangrikste van alles. 9
10
overdeberg2020@gmail.com
Die gezoem van die bye - Letty-Ann Möller -
Letty-Ann se dogter bly in Linz, Oostenryk en het vir ons die volgende foto’s gestuur. Die mooie lente begin nou daar by hulle en die Oostenrykse bye begin nou aktief raak.
Foto: Letty-Ann Möller
Beskermingsklere,hoede,nette,handskoene,dik kouse en rubberstewels. Dit is geen nuutjie onder byeboere nie, want al maak selfs die bye in die Overberg gereed vir hiberneer, gons dit steeds. So ook met die mense in die Overberg. Op die plase is dit minder opvallend, want daar kan mens en dier nog vrylik rondstap, maar in die Overberg dra die dorpsmense ook deesdae beskermingsklere, maskers en selfs handskoene, dié tye wat hulle dit buite die erf waag. Die mense is, soos die bye, besig met kos opgaar in hiérdie onbepaalde tyd van hibernering en dit gons nou éérs!
Foto: Letty-Ann Möller
Dis elektroniese pos, videopreke, selfs WhatsApp’s in stempos én beeld. Dan is daar die oordaad foto's, musiekvideos, stempos en word daar oor en weer geteks. Dieselfde gemoedsrus wat leë strate jou gee, kry jy uit die eggo van die kinderstemmetjies op jou buurman se werf. Die mens bly 'n sosiale dier en put vreugde uit volgehoue gesels. Ons kan dankbaar wees dat - al is ons gehok - gons dit nog steeds! In Oostenryk is die bye heelwat kleiner en kalmer as in Suid-Afrika.Soveel so dat hulle die korwe in woonbuurtes kan neersit. Hier in Suid-Afrika gaan die korwe veld toe. 10
Foto: Letty-Ann Möller
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
11
overdeberg2020@gmail.com
11
12
overdeberg2020@gmail.com
12
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
13
Die avonture van Oom Kaspaas met Nefie en Ta’ Engeltjie… daar doer vêr in die Bosveld.
overdeberg2020@gmail.com
13
14
overdeberg2020@gmail.com
Selftekenstrokies
Sedert hiérdie selftekenstrokies ‘n paar jaar gelede hulle verskyning gemaak het, was dit uitsonderlik gewild. Dit het egter oor die jare heen ietwat verlore geraak, maar ons het besluit om dit weer te laat herleef hier in OVERdeBERG en om die kinders van van– dag ook bekend te stel aan hiérdie lieflike aktiwiteit.
Ondersteun asseblief ons plaaslike besighede!
Kliek op of skandeer die QRkode om die selftekenstrokies af te laai. Geniet dit en stuur gerus jou pogings aan ons hiér!
14
overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
Seestories
15
Photo: Verskaf
- Anne-Marie Groenewald -
“Seewater” Vandag nog moet ek skryf oor water. Daar is nog 33 minute oor voor die dag om is. Ek besef ook weldeeglik dat ek nie Herriemerrie en julle ander se wonderlike skrywe oor water sal kan oortref nie. So wat kan ek se na al julle mooi skrywes? Miskien moet ek vertel van die dag toe daardie groot stad, Johannesburg, se water opgeraak het.
Photo: Verskaf
Ek het mos daar gewoon, eendag, lank gelede, in ou Jo’ies. (Dit was lekker dae, toe ons nog snags so 2vm by Fontana in Hillbrow gaan hoender koop het as ons honger was, maar dis nie waaroor die storie nou gaan nie.) Dis 1982, die begin van die grootste droogte sedert 1933, maar ons weet nog niks daarvan warm. Onuitstaanbaar. My eerstelingbabatjie is so 4 maande oud en daardie middag tap ek vir ons ‘n heerlike bad koel water waarin ek en sy salig speel en lekker ‘bond’. Toe manlief net daarna tuiskom, is ons afgekoel en verfris. Nie lank daarna nie, tap ek water - seker om kos te maak of iets - geen water nie! Nie ‘n druppel nie! Ons gaan al die krane na - niks! Probeer die geyser- dis mos ‘n opgaartenk - byna niks. Die mense van Johannesburg het seker almal dieselfde idee as ek gehad en toe raak die watertoring leeg, maar ook die opgaarplek wat hom voed raak onklaar.
wat 7 passassiers op ‘n slag kon vat, het vêr van van hom af gestop toe ons hom raaksien. Hy het ons vermaak met toertjies met sy reusagtige stert en toe het hy nader geswem en ons bekyk. En toe swem hy onder ons bootjie deur! Wat ’n wonderlike ervaring – hier in my waters. Ek is mos ‘n seegogga, onthou!
Ons het vir meer as ‘n week sonder water gesit - ja, in daardie groot moderne stad, Johannesburg. Elke dag het die weermaglorries met opgaartenks gekom en dan moes ons met emmers die vuil rivierwater by hulle gaan tap. Elke huis kon een emmer kry. Ons is gewaarsku dat ons eers die water moes kook voor gebruik. Dit was ook die dae voordat weggooidoeke algemene gebruik was. Hoe was jy ‘n doek sonder water? Kan jy glo dat dit in Johannesburg kon gebeur? En dit was nie eers oorlog nie! Maar nou woon ek by die grootste en mooiste water op aarde. ‘n Plek van sielerus. Die foto is van Struisbaai hawe, Parrie se huis. Die foto van die walvis, het ek ook self geneem. Die walvis, die grootste van alle soogdiere, is ook die saggeaardste, lyk dit my. Ons bootjie, ‘n rubberduck overdeberg2020@gmail.com
15
16
overdeberg2020@gmail.com
pad om te kom ondersoek instel. Eers gaan kyk hulle na die bakkie, maar dan gewaar hulle ons op die kliphoop. Asof eenparig besluit, kom kyk hulle wat ons maak.
Toortsie skryf vir ons... ‘Ekskursie’ Ek gooi al vroeg gisteroggend die hoek uit vir ‘n skemerkelkie op die plaas later die middag. Die vis byt en gewapen met ietsie te drinke en te ete is ons daar weg. Manlief het altyd die lekkerste plekke in gedagte vir so ‘n geleentheid. Op pad wonder hy of ons sal kan kom waar hy graag wil, die bakkie se vierwieltrek werk nie. Nou kyk, ek is al vir 57 jaar lank ‘n plaasdogter, ek sien ‘n vasval ‘n myl ver aankom. Dis ook nie hoe nie, of ons beland in ‘n sloot. My eerste reaksie is om te wil kwaad word, maar ons besluit toe om sommer net daar op ‘n hoop klippe by ‘n dam ons skemerkelkie te geniet terwyl ons wag dat hulp opdaag.
Willa, die een rifrug, is só verskrik, sy spring sommer bo-oor die hoop klippe om tussen ons te kom skuil. Mags probeer ons ewe beskerm en as hulle net te naby kom, knor sy. Dit was só komies, ek wou my breek soos ek lag. Intussen, ná ‘n lang ruk van omring wees deur die verse, verloor ‘n paar belangstelling en gaan ondersoek die sloot, die bakkie en of hulle dink die bakkie sal daar kan uitkom. Een hond het intussen ontsnap en gaan skuil binne-in die bakkie. Sy moes deur ‘n ruit geklim het! Ja, hulp hét opgedaag.
Besoek ook haar Facebookblad deur op die logo te kliek.
Sjoe! Dis mooi! Alles is grasgroen van die onlangse reën en die huis wat daar naby staan herinner my steeds aan die groot wonderwerk wat daardie dag gebeur het so twee jaar gelede toe die vuur om daardie huisie gebrand het, maar vyf bome wat teen die huisie staan, nie gebrand het nie, asof om die huisie te beskerm. Die volgende oomblik hoor ons ‘n geluid. Die klomp dragtige verse wat heel aan die ander kant van die kop wei, moes die bakkie sien ry het. Hulle kon ons beslis nie ruik nie, die wind waai in verkeerde rigting. Nuuskierig soos hulle is, is hulle volstoom op16
Hiérmee sê ons baie dankie aan Toortsie, of beter bekend as Madelé Burger, wat aan ons toestemming verleen het om haar skryfwerk met julle te deel. Kliek of skandeer die QR-kode vir haar webtuiste. overdeberg2020@gmail.com
overdeberg2020@gmail.com
17
Vervolg van bladsy 18
Kaapse Hooggeregshof in 1905, wat daarop dui dat vyf gesinne hulle daar gevestig het in 1850. Mondelinge geskiedenisbronne bespiegel dat dié vyf oorspronklike gesinne in die nedersetting, van die Swellendam-area afkomstig was. Die vroegste lede van die vissersgemeenskap was na bewering afstammelinge van die Hessequa en van vrygemaakte slawe. In 1905 het die Pratt-broers beplan om ‘n vakansiedorp op hulle grond te ontwikkel en die vissersgemeenskap te verskuif. Die vissersgemeenskap het in verset opgetree. Daar is toe met behulp van ‘n inwoner van Bredasdorp, ene mnr. Roos, regsadvies van ‘n prokureur in Caledon ingewin en ‘n versoekskrif is by die Kaapse Goewerneurgeneraal ingedien. ‘n Regter in die Kaapse Hooggeregshof het die partye beveel om ‘n skikking te oorweeg. Die uiteinde was ‘n ooreenkoms wat bepaal het dat die vissersgemeenskap die grond van die hedendaagse historiese vissersdorp teen die nominale bedrag van een sjieling sou koop. Dié oorspronklike vyf gesinne wat hulle eerste in die gebied gevestig het, het elkeen ‘n erf in die nuwe dorpsontwikkeling ontvang. Daar is aanvaar dat Jan Hopie, Piet Maritz, George Murtz, Hendrik Newman en Michiel Dyers almal in 1905 reeds vir meer as 50 jaar lank al in die omgewing gewoon het. Foto: https://arnistonalive.org.za/
Hulle het begin om die deel van die strand te gebruik waar die hawe vandag geleë is en aanvanklik het hulle het in klein seilskepe uitgevaar. Die vissermanne het net visgevang waar hulle van die strand af gesien sou kon word. Sodra die eerste seil gespan is na ‘n dag se visvang, het die resies terug na die hawegebied toe gewoonlik begin. Hoe langer jy gevang het, hoe groter was jou vangs, maar die eerste boot wat aan wal gaan, het die grootste moontlikheid gehad om sy hele vangs te verkoop. Die eerste gemotoriseerde vaartuie het in die laat 1920’s verskyn en die huidige skeepshelling, is gedurende 1936 gebou. Berig geneem en aangepas vanaf https://arnistonalive.org.za/ Foto’s: https://arnistonalive.org.za/
overdeberg2020@gmail.com
17
18
overdeberg2020@gmail.com
Geskiedenis uit die Overberg - Jacques Louw -
Met die 12de uitgawe van OVERdeBERG, gaan ons so bietjie kuier op Arniston, of Waenhuiskrans, soos dit meer algemeen bekend is. Spesifiek gaan ons in Kassiesbaai ons ankers neerlaat. Foto: https://arnistonalive.org.za/
bestaan van dié vroeë bewoners van die omgewing. Verder nog weet ons dat hulle nomadies was. Dit beteken dat hulle op en af langs die kus getrek het en ook vir lang tye op ‘n slag gebly het in ‘n bepaalde gebied. Die groot hoeveelhede van hiérdie skulphope op verskillende plekke langs die Overbergkus, wys ons daarop. Later sou daar na hiérdie mense verwys word as die ‘strandlopers’. Skaapbeendere uit ‘n latere tydperk, dui op besoeke van mense met ‘n lewenstyl wat minder nomadies en meer gevestig is. Ander artefakte suggereer dat daar van die 16de eeu af dalk ‘n mate van kontak tussen die nomadiese Khoisan en die oorlewendes van skipbreuke was. Rekords uit die 17de eeu, dui daarop dat Khoisan met hulle vee, soms vir kort rukkies in die strandveld naby die kus vertoef het. In die sewentiende eeu het Europese setlaars die Overberg begin verken en hulle vee in die omgewing laat wei. Teen 1708 het veeboere reeds weiregte verkry by Langefontein, die plaas waarop Bredasdorp 140 jaar later ontwikkel sou word. In 1815, toe die Arniston gestrand het, was daar ‘n aantal leenplase in die omstreke van wat vandag Waenhuiskrans is.
Vir baie jare al, is Kassiesbaai sinoniem met vissermanne, kleurvolle skuite, fotograwe en kunstenaars. Dis seker een van die plekke wat die meeste deur òf kunstenaars geskilder is, òf deur fotograwe op foto’s verewig is. Tussen al die ander mense deur, is dit die vissersgemeenskap wat maar net doodgewoon voortgegaan met hul daaglikse aktiwiteite, soos wat hulle al geslagte lank doen. Waar het dit dan als begin? Ons gaan julle so bietjie terugvat... Foto: https://arnistonalive.org.za/
Teen daardie tyd het die nomadiese stamme meestal uit dié deel van die kus verdwyn. Die ses oorlewendes van die Arniston het teen die kus op gestap, tot by die Breërivier en terug, voordat Jan Swart, die seun van die boer op die plaas Elandsvallij, op hulle afgekom het. Hulle is per ossewa na Kaapstad geneem. In 1838 is Arniston Downs, die leenplaas waarop Arniston later gevestig sou word, as vaste eiendom aan die vennootskap Reitz, van Breda en Joubert oorgedra. Dirk Uys het die plaas in 1880 gekoop. In 1894 het die broers Francis, Julian en John Pratt die eienaars geword. Teen daardie tyd was Arniston reeds ‘n gewilde vakansieplek. Die eerste bewys hiervan is ‘n inskrywing in H.W. van Breda van Zeekoegat se dagboek in 1860. Hy skryf dat hy sy huis by die see vir ‘n maand aan Thomas Uys verhuur het teen twee sjielings en ‘n sikspens, sodat Uys by Wagenhuiskrantz kan visvang. So het die jare aangestap en teen 1850, het die eerste lede van die huidige vissersgemeenskap, hulself hiér begin vestig. Getalle het skerp gestyg en teen 1870, het die oorspronklike vyf gesinne, gegroei tot dertig gesinne!
Sowat 2000 jaar gelede, het daar mense hiér langs die kus in die omgewing van Arniston gewoon. Die verskeie skulphope wat die beendere van visse, skilpaaie, robbe, voëls en vele ander kleiner diere bevat sowel as die teenwoordigheid van verskeie mensgemaakte klipwerktuie, is ‘n duidelike bewys van die 18
Die eerste opgetekende verwysing na hierdie vissersgemeenskap verskyn in 1868, toe H.W. van Breda in sy dagboek skryf, dat hy oester-skulpe van James Murtz by Wagenhuiskrantz ontvang het in ruil vir kos. Daar is dan ook dokumente uit ’n saak in die Vervolg op bladsy 17
overdeberg2020@gmail.com