8 minute read

September 2020

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 31

Advertisement

Nasionale Parkeweek 3

Jong redenaar beïndruk 5

Die Overberg bibber!

Mispah Skool opgehelder 6

VLV vier Lentedag 11

Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com

Advertensies: 0656862204

JPEG-formaat vir foto’s. WORD-formaat vir berigte.

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…”

- TripAdvisor Vrydag 3 September 2020 Foto: Henri de Jager - The Berry Guest Farm

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 4459010 Cell: +27 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Redaksioneel

Vrydag 3 September 2020

Goeiedag en baie welkom by uitgawe 31 van OVERdeBERG. Elke uitgawe is vir my persoonlik ‘n ongelooflike ervaring, waar ek kreatief kan wees en vir julle, as lesers, die beste moontlike leerervaring kan bied. Hiérdie week se uitgawe is ook weer propvol met allerhande interessante artikels en nuuswaardighede.

In hiérdie uitgawe berig ons oor ‘n jong redenaar van die Laerskool Bredasdorp wat pragtig presteer, daar is ‘n berig oor die 15 de Nasionale Parkeweek wat later vanjaar aangebied gaan word en ons het weer ‘n heerlike kuier in die kombuis met watertandresepte.

Dan gaan loer ons ook in by die Mispah Skool vir LSEN op Elim om te gaan kyk watter kleurvolle veranderinge daar plaasgevind het, nuwe besigheidseenhede in Bredasdorp wat amptelik oorhandig is en dan ook weer pragtige beriggewing deur Letty-Ann Möller oor die VLV se “High Tea”. Dan ook in ons weeklikse uitgawe van Overbergse geskiedenis, is dit weereens Jimmy Herbert wat maritieme en vele ander interessanthede met ons deel.

Moet ook nie vergeet van Seegogga se stories oor Bekkie nie en oom Kaspaas is alweer doenig op bladsy 13. Voorwaar ‘n propvol uitgawe van OVERdeBERG. Geniet hierdie uitgawe en alles wat mooi is tot volgende week. Bly veilig en bly gesond.

0656862204

overdeberg2020@gmail.com

“The first step toward success is taken when you refuse to be a captive of the environment in which you first find yourself.”

-Mark Caine

No.10, 5 th Avenue, Arniston Dinner can be arranged at the guest house with prior notice.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 445 9010 Cell: +27 71 418 6209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00 per room per night for two people

Breakfast included. (valid from 1 May 2020 - 31 October 2020)

Direct bookings only.

15 de

jaarlikse Nasionale Parkeweek

Jacques Louw

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), sal later vanjaar gedurende November ’n week lank gratis toegang tot alle parke bied. Dit is deel van die 15 de jaarlikse Nasionale Parkeweek.

Foto: SANParke

Dié week word gewoonlik in September aangebied, hoewel dit soos talle ander geleenthede vir eers agterweë moes bly weens die algehele landwye afsondering te midde van die COVID-19 pandemie. Vanjaar se Nasionale Parkeweek is van 16 tot 20 November.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het ook daarop gewys dat vlak 2 van die nasionale afsonderingstydperk tans die aantal mense beperk wat binne openbare ruimtes toegelaat word. Hy het die versekering gegee dat die aantal besoekers in al die parke in ooreenstemming met die regulasies wat in daardie stadium geld, bestuur sal word. SANParke se Nasionale Parkeweek is ʼn jaarlikse veldtog wat Suid-Afrikaanse burgers gratis toegang bied tot die meeste parke wat deur SANParke bestuur word, met die uitsondering van die Namakwa Nasionale Park en die Boulders-afdeling by die Tafelberg Nasionale Park.

Die gratis toegang tot parke sluit egter nié gratis toegang tot verblyfgeriewe en ander toeriste-aktiwiteite in nie.

Bron: Maroela Media & SANParke

Kombuiskuier

Jacques Louw

Foto: Shutterstock

“CHOCOLATE CHIP” PANNEKOEKE

Bestandele:

2 koppies meel 1 eetlepel + 1 teelepel bakpoeier 1 / 2 teelepel sout 3 eetlepels growwe suiker 2 groot eiers 1 3 / 4 tot 2 koppies melk 4 eetlepels gesmelte botter 1/2 koppie sjokoladeskyfies 2 eetlepels groente-olie (vir rooster)

Metode: Meng die meel, bakpoeier, sout en suiker in 'n groot bak tot dit deeglik gemeng word. Klop die eiers met 1 3 / 4 koppies melk in 'n ander bak tot dit lig en gemeng is. Voeg die gesmelte botter by en meng deeglik. Meng die eier- en melkmengsel in die droë bestanddele net tot gemeng. Voeg 'n bietjie meer melk by, indien nodig, vir 'n taamlik dik, maar gietbare beslag. Moenie oormeng nie. Vou die sjokoladeskyfies saggies in die beslag. Voeg 'n bietjie olie en of verhelderde botter by 'n groot pannetjie of rooster en hitte oor medium hitte. Die olie is gereed wanneer 'n paar druppels water "dans" wanneer dit oor die rooster gespat word. Giet die beslag op die rooster met 'n kwart koppie maat of skoen. Draai die pannekoeke wanneer die borrels om die oppervlak pop vorm en moenie met meer beslag invul nie. Die tweede kant sal vinniger kook - omtrent die helfte van die tyd as die eerste kant. Lig saggies om te sien of hulle op die bodem bruin is. Beweeg die pannekoeke op 'n bord, hou warm en gaan voort met die oorblywende beslag.Sit voor (verkieslik warm) saam met esdoornstroop, gegeurde sous of gouestroop.

“The only thing I like better than talking about food, is eating.”

-John Walters Foto: Shutterstock

HOENDER QUESADILLAS

Bestandele: 2 teelepels canola olie, verdeel 4 tot 10 medium tortillas 2 koppies gesnyde & gekookte rotisseriehoender 2 koppies gesny chedderkaas

Metode: Verhit 1 teelepel. van die olie in 'n groot braaipan oor medium hitte. Terwyl die pan verhit word, monteer die quesadillas. Sprinkel 1 / 2 koppie hoender oor die helfte van elke tortilla. Top met 1 / 2 koppie kaas . Vou in die helfte.

Plaas een quesadilla op 'n slag in die stoofpot. Laat dit 2 minute kook tot goudbruin aan die een kant. Draai om met tang. Kook nog 2 minute totdat kaas gesmelt word en die quesadilla is bruin aan die ander kant. Verwyder na 'n bord. Herhaal met die oorblywende quesadillas.

Skolenuus uit ons streek

Foto: Verskaf

As jy ‘n baie aktiewe seuntjie is en lief vir praat, hoe nou gemaak as dit grendeltyd is en daar is geen skool, sport of kultuur? Vir Daniël Fourie, ‘n graad 4-leerder van Laerskool Bredasdorp het hierdie grendeltyd hom nie onder kry nie.

Hy skryf in vir die interskole redenaars waarvan die eerste rondte Wes Kaap skole was. Met ‘n video moes hy sy redenaars met enige onderwerp instuur. Als was nuut en vreemd, maar hiérdie mannetjie staan nie sommer terug nie en behaal die pragtige uitslag van 93 ++% en kwalifiseer om aan die landswye redenaars te gaan deelneem.

Hy neem al van ‘n baie jong ouderdom af deel aan redenaars en eisteddfods. Hiérdie finaal vind plaas via ‘n zoom-sessie op Saterdag die 5 de September. Hulle is net 18 deelnemers van regoor die streke wat in sy afdeling deelneem. Die kompetisie is baie sterk, met die meeste kandidate uit Gauteng, maar Daniel sê hy is reg vir hierdie nuwe avontuur. Welgedaan Daniël!

Die afgelope Woensdag is dit die sekretaresses by Laerskool Bredasdorp wat so bietjie bederf is op Sekretaressedag. Foto: Facebook

Mispah Skool opgehelder

Jacques Louw

Daar is verskeie helderkleurige veranderinge aangebring aan die verskillende binne- en buitemure van die Mispah Skool vir LSEN op Elim.

Die werk is gedoen deur QuickArt en sluit in opvoedkundige en motiverende kunswerke. Die skool se belangrike hoofingang het ook ‘n bietjie deurgeloop met die opheldering. Die werk is gedurende Julie 2020 gedoen en lyk pragtig.

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

“A man's mind, stretched by new ideas, may never return to its original dimensions.”

-Oliver Wendell Holmes Jr. Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

This article is from: