Skip to main content

Kimberley Online Co. 23 Julie 2021

Page 1

DOTTRY MEDIA BRINGS YOU

KIMBERLEY online co.

BOIPELO

KIMBERLEY SKATEBOARDER

AWUAH

AT OLYMPICS


BRIEF VAN DIE REDAKTEUR Dankie. Dit is eintlik 'n klein simpel woordjie as jy daaraan dink.

Dit vat niks om dit te sê nie, maar tog dink ek mense hoor dit nie genoeg nie. Ek persoonlik hou daarvan om gereeld dankie te sê. Ek sê dit seker 100 keer per dag. Dankie aan die outjie by Spar se deur wat my hande met saniteermiddel spuit. Dankie aan die kassier wat my inkopies opgelui het. Dankie aan die karwag wat my motor opgepas het. Ek waai dankie vir die oom wat my eerste by die stopstraat laat ry, alhoewel hy baie duidelik eerste gestop het.

Dankie laat jou waardeer voel. Dankie laat jou voel ander mense sien jou moeite raak. Dankie lei ook tot dankbaarheid. Dankbaarheid dat jy steeds hier is. Dankbaarheid vir jou familie. Dankbaarheid aan vriende wat net gou inloer of jy nog oraait is. Ek het 'n vriendin wat gereeld vir my sê: "Jy is magic. Moet dit nie vergeet nie." Ek sê nie genoeg vir haar dankie dat sy my gereeld daaraan herinner dat ek tot alles is staat is nie.

In die moeilike tyd waarin ons nou leef, kan dankie en dankbaarheid vinnig vergete word. Tog bring dit ons saam. As familie, as vriende en as gemeenskap.

Dankie dat ek julle op hierdie reis kan vat, wat weer weekliks nuus en stories oor Kimberliete vir jou bring.

Ek hoop jy lees lekker!


CALL HEINE RUDMAN AT 082 945 2759 TO OWN YOUR DREAM HOME! Visit them at 37 Jan Van Zyl Street in Monument Heights.


Kimberley skateboarder

now at Olympics

It’s not every day that a girl from Kimberley

“I fell in love. All my tricks are self-

is representing the Northern Cape at the

taught.”

Olympics. This year, it’s Boipelo Awuah (15), a gr. 10 learner from Northern Cape High

Her mother allowed her to go to the

School, partaking in skateboarding at the

Kumba Skate Plaza in Kimberley when

Olympics.

she was only seven years old. She was serious about skating and participated in

Boipelo started skating when she was only

all of the competitions. Skateboarders

five years old. Initially because she wanted

from all over came to these

to do “everything” her older brother does.

competitions.

Even though he was reluctant to let his little sister skate, in case she got hurt, nothing

“When I was only nine years old, I

could keep her from trying out his

achieved second place in nationals and

skateboard. And then she was hooked!

then 11th place during internationals."


At the age of 13 she came first in the

She says she is used to being the

women’s division at the Kimberley

youngest when it comes to competition.

Diamond Cup Action Sports Festival.

Because she started at such a young

She won R30 000.

age, she is usually the youngest.

“The secret to a good trick is to commit.

“I take being the youngest member of

Commit to the trick until you land on the the South African team as an advantage. ground again.”

It makes me so proud. It gives me more years to participate in the Olympics.”

Last month she participated in the World Skateboarding Championships in Italy,

Although Boipelo’s family is very proud of

Rome. There she qualified to represent

her, they don’t want to put too much

South Africa in the 2021 Olympics in

pressure on her. Baffour, Boipelo’s father,

Tokyo.

says they want her to enjoy skateboarding. “It should always remain

To be 15 years old and travelling during a fun.” pandemic can not be easy, but nothing is holding her back.

“I am not really scared. The 2021 Olympics are doing everything possible to protect their athletes. When arriving at the Olympics all of US will be withheld from the rest. We will be in our own little bubble. In this bubble there will be place for the athletes to practice their sport and we will have our own restaurants.”

There is just no sense of fear in this young athlete’s eye. Not even being so young and being around people much older than her.


And the Olympics? Boipelo is the most excited about sharing a stage with her idol, Nyjah Huston. “He is my idol and I look up to him.”

Although she achieved so much at an early age she is not done with her dreams. Her big dream is to be a professional international skateboarder in five years.

Click to see Boipelo in action

“I want to be one of the best.” - Elbeth Marais


AARTAPPELPOFFERS

Gemaak met romerige aartappels en gebraai tot bros en goudbruin aan die buitekant, hierdie aartappelpoffertjies is smelt-in-jou-mond en sal die treffer van enige partytjie wees. Kinders sal ook daarvan hou om dit in tamatiesous te doop.

Bestanddele:

Metode:

3 koppies fyngedrukte aartappels

1.Verhit die oond tot 200°C.

2 eiers

2. Smeer ’n kolwyntjiepan met botter.

1/3 koppie suurroom (opsioneel

3. Klits die eiers in ’n bak en meng die

ekstra vir opdiening)

suurroom by. Roer albei kase en groenuie

1 opgehoopte koppie gerasperde

by. Voeg aartappels by en meng goed.

Cheddarkaas

4. Skep dit in die pan en vul die koppies

2 eetlepels gerasperde Parmesaan

tot amper vol.

2 eetlepels gekapte groenuie of

5. Bak 25-35 minute totdat hulle van die

pietersielie

sykante van die koppie wegtrek en

Sout en swartpeper na smaak

goudbruin is. Haal dit uit die oond en laat dit vir 5 minute afkoel. Sit voor saam met

Klik vir nog resepte

suurroom. - Tania Coetzee


WONDERWERK-BABA

Om op 19-jarige ouderdom te hoor jy

vertel is dit lyk of sy ’n miskraam het,

moet ’n histerektomie kry, is geen

alhoewel sy nog nooit intiem met iemand

grap nie.

verkeer het nie, is sy vir ’n tweede opinie

Joey Schoeman vertel sy is op 19-

Bloemfontein toe, waar sy eers die Mirena

jarige ouderdom aanbeveel om ’n

laat insit het.

histerektomie te kry, omdat sy ernstige endometriose het.

Endometriose verminder jou kanse om swanger te raak en dit is ’n lang pad om

“Ek het van jongs af met my hormone

wel swanger te raak.

gesukkel. Ek is vroeg reeds op voorbehoedmiddels gesit om dit te

Joey vertel verlede jaar Valentynsdag kraak

beheer. Niks het gehelp nie.”

sy haar duim. Sy en haar man het reeds in Desember 2019 besluit om die Mirena te

Na ’n traumatiese ervaring waar sy

laat verwyder.


"Ek was bang om sterk pille te drink,

maak en weer terug te vat tempel toe. Ek

indien ek moontlik mag swanger wees.

besluit ek sal dieselfde doen.

Die dokter het my uitgelag, hoe kan ek swanger wees?

Ek maak ’n gelofte dat ek sal vertel van God se hand daarin indien Hy my ’n kindjie

Die toets was negatief en my gees was

gee.”

gebreek. Junie-maand, in die middel van Covid-19, My man het my aanhou moed inpraat

raak sy siek met ’n infeksie in haar derms

dat God ons harte ken en weet hoe

en word opgeneem in die hospitaal. Twee

graag ons ’n baba wil hê.”

sonars en 3 CT-skanderings word gedoen. Dié radiogolwe is skadelik vir ’n fetus.

Almal om Joey raak swanger en sy vertel sy was so jaloers. “Ek het op 17

'n Maand daarna besef Joey sy is al twee

Mei Bybelstudie gedoen en 1 Samuel 1

maande lank “laat” en sy laat doen ’n

gelees. Hanna gaan tempel toe en bid

swangerskaptoets. Dis positief!

vir ’n kind. Sy belowe om hom groot te


"Ek kon dit amper nie glo nie. Dis

Medies gesproke was ek nie veronderstel

waar ons God se wonderwerk begin

om swanger te wees met ’n gesonde baba

beleef het.

nie.”

"Ons het uitgewerk ek moes swanger

Vandag het die egpaar hulle

geraak het op 18 Mei, die dag na ek

wonderwerkbaba.

die gelofte aan God gemaak het. Die scans moes tog skadelik wees vir my

“Gesond en mooi, die baba wat glad nie hier

baba, ek het baie sterk medikasie

sou wees as ek ’n histerektomie gehad het

gebruik en was op antibiotika.

nie.

My yster was toe vreeslik laag en my

"Dit is net Christus se genade en ons het haar

ginekoloog was verbaas toe hy hoor

Christi-Grace genoem.

waardeur ek alles was. Veral in my

’n Naam wat die Here ook een aand in ’n

eerste vyf weke van swangerskap.

droom aan my bekend gemaak het.” Meryke Bekker


MILA-HOND MET DRIE BENE

Om een hond te red, sal nie die wêreld

Die hond waarvan niemand eens op ‘n

verander nie, maar vir daardie een hond

tyd geweet het nie, het baie vinnig in baie

het die wêreld wel verander. In Mila se

se harte geklim.

geval was dit die waarheid toe haar omstandighede van alleen en koud na

Gebede van regoor die wêreld het

liefdevol en warm verander het.

ingestroom.

Op die aand van 19 Junie het Scorp Security ‘n oproep van ‘n inwoner in

Op 23 Junie het ‘n dame Mila gaan

Ernestville, Kimberley gekry wat gesê het

besoek. Nadat sy Mila gesien het, kon sy

daar is ‘n beseerde hond op die sypaadjie nie ophou aan haar dink nie. onder ‘n boom. Die hond, wat Mila genoem is, het erg gebloei. Niemand kon Hulle het dadelik op mekaar verlief naby haar kom nie; sy het dadelik begin

geraak. Sy was glad nie bang as die vrou

grom.

haar besoek nie.

Scorp Security het dadelik plan gemaak en gereël dat iemand die hond gaan haal en haar na die Kimberley Veterinary Clinic neem. Sy is daar deur ‘n veearts ondersoek. Dit is toe die slegte nuus begin het. Mila het breuke aan haar been-, heup- en bekkenareas gehad. Daar is gesê noodoperasies is nodig. ‘n Amputasie was die beste opsie. Op 21 Junie is die operasie gedoen en Mila se agterbeen is geamputeer. ‘n Goeie Samaritaan, wat graag anoniem wil bly, het haar mediese rekeninge by die veearts betaal.


Vir ander besoekers was sy so bang, sy

Sy doen al alles alleen sonder enige hulp.

sou sommer weghardloop – ja hardloop met drie bene en dit een dag na die

Niemand is meer nodig om haar vas te

operasie.

hou of te help nie. Sy is so ‘n sagte hond.

Op 26 Junie het haar lewe verander. Mila

Sy is wel doodbang vir skoonmaakitems,

is aangeneem, sy is saam met daardie

soos ‘n besem of mop. Sy raak sommer

vrou huis toe.

vinnig paniekbevange as iemand rondom haar mop.

Vandag is sy gelukkig en gesond. Haar been genees ook baie goed. Sy hardloop

Tot vandag toe weet niemand waar sy

en spring self!

vandaan kom nie. Die rolspelers het foto’s van haar op sosiale media geplaas,

Spring op die bed van haar nuwe eienaar

maar niemand het na vore gekom nie.

sodat sy snoesig saam met hulle kan lê. Niemand weet ook presies wat gebeur Mila is al agter haar nuwe eienaar aan soos het nie, maar daar word geglo sy is deur ‘n skaduwee.

‘n motor getref. - Elbeth Marais


COVID VIR 'N TWEEDE KEER

Die meeste mense is gelukkig as hulle Covid-19 die eerste keer hokslaan, maar wat van ’n tweede keer?

André Smith (38) het nie net een keer Covid-19-positief getoets nie, maar twee keer. Alhoewel die eerste keer nie vir hom so erg was nie, was hy die tweede keer na vele weke nie seker wanneer hy gaan herstel nie.

“As besigheidseienaar is dit moeilik, omdat jy heeldag met mense werk en tussen mense is. Jy sit jou masker op en

2020 het hy weer siek geraak en simptome gehad.

saniteer sover as moontlik, maar enigiemand kan deur die virus geraak word.”

“Ek het weer sleg begin voel en het geweet dit is Covid omdat die simptome dieselfde was. Ek het eers twee dae later

Die eerste keer toe André in Oktober

positief getoets.”

2020 positief toets het, het hy geringe simptome gehad en het tuis geïsoleer.

“Natuurlik was dit nie lekker om siek te wees nie, maar die virus het my in daardie stadium nie so erg getref soos wat dit

Hy het egter net al hoe sieker geword.

“Ek het erge lyfseer, warm en kouekoors, geen smaak gehad en het gesukkel om asem te haal.”

ander mense het nie. Ek was bietjie koorsig en het my smaak verloor.” Hy was na sy isolasie gou weer op die been en terug by die werk. Slegs ’n paar maande later, in Desember

Na vele doktersbesoeke, hospitaal en suurstof, het die virus na sy longe versprei en was dit byna onmoontlik vir hom om asem te haal.


“Dr. Immelman het my op antibiotika en ander medikasie gesit, sowel as pille wat my bloed verdun het.”

“As ’n mens so siek is, is daar baie onsekerhede oor wanneer en óf jy wel gaan herstel.

"My lyf het ’n hele paar kere vir my gesê ek is op pad uit. Ek was ’n paar keer op die punt om vir my familie en vriende te sê ek gaan nou, maar die Here het my gehelp om my gedagtes te bewaar en kalm te bly.” Smith het na meer as ’n maand uiteindelik van die virus herstel en is vandag gesond en weer aan die gang. - Tania Coetzee


'N KARWAG SE DROOM

Die 55-jarige George Hart is al vir die

Sy jongste dogter is nou 13 jaar oud.

afgelope 15 jaar ‘n karwag buite die landdroshof in Kimberley en wil binnekort

Voordat hy hofbesoekers se motors

sy eie besigheid begin.

begin oppas het, het hy ‘n groentewinkel besit. “Besigheid het agteruitgegaan en

George, wat op ‘n goeie dag R350 in sy

toe het ek maar besluit om dit te los.”

sak steek, sê sommige dae gaan hy met leë hande huis toe. “Mens aanvaar dit

Hy beplan om een van die dae ‘n

maar. Wat kan ‘n man dan maak?”

karwasbesigheid daar oop te maak.

George woon in Roodepan en is getroud. “Net nie nou in die winter nie,” lag hy. “Dis te koud!” - Caria van der Merwe


MK8 Diamond Security gee om oor jou veiligheid.

MK8 Diamond Security bied plaassekuriteit, mynsekuriteit, privaat sekuriteit, beweging van jou bates, sekuriteit by ‘n funksie, sekuriteit by jou winkel, graad A-C wagte en gewapende wagte, alarminstallasies, alarmmonitering,

CCTV-installering, CCTV monitering, 24/7 gewapende reaksie

Maak seker jy skakel vir Mynhardt by 082 958 5891 of Ria by 081 533 3224 om jou weer veilig en verseker te laat voel. Add a heading


Rugby-drome tydens Covid-pandemie - die effek op ons tieners

Met die pandemie op ons, het almal

moontlik te maak om rugby te kan speel.

geweet die lewe gaan verander, maar min het almal besef net hoé die

Die ondersteuning en liefde wat ek van

pandemie hoërskoolleerlinge se

hulle ontvang, is oneindig. My drome

toekoms gaan beïnvloed.

inspireer my om elke oggend op te staan en hard te werk om dit te bereik. Ek wil

Ronsley Sauls (18) is ’n matriekleerling by myself en my ouers trots maak.” Hoërskool Noord-Kaap. Soos vele ander het hy daarvan gedroom om in

Ronsley oefen van Maandae tot Vrydae

matriek vir die eerstespan rugby te

en probeer minstens een keer per dag in

speel en die laaste jaar van skool saam

die gym en op die veld uit te kom sodat

met sy vriende te geniet.

hy sy individuele vaardighede kan opskerp.

Covid-19 het egter daardie drome byna onmoontlik gemaak.

Ronsley, wat op sesjarige ouderdom, sonder sy ouers se medewete, rugby begin speel het, sê hy is vreeslik dankbaar en bevoorreg om rugby te kan speel.

Nadat sy ouers agtergekom het hy speel rugby, het hulle sy grootste ondersteuners en ook sy inspirasie geword.

“My ouers is my grootse ondersteuners en hulle offer baie op om dit vir my


“Ek is ’n groot ondersteuner van die Nieu-Seelandse skrumskakel, Aaron

o.18 SA-skolespan te maak, was onder die mat gevee met Covid.

Smith. Ek hou baie van sy spel en baie van die oefeninge wat ek doen, is gebaseer op wat hy aanbeveel.”

"Dit is moeilik om blootstelling aan rugbyunies te kry wanneer daar nie mag rugby gespeel word nie.

Hy sit ook baie ure en baie werk in sy loopbaan.

“As rugbyspeler het dit ’n groot effek gehad op my loopbaan omdat daar geen

“Ek sit baie vroeë oggende en laat aande in. Wanneer baie mense nog

blootstelling was aan rugby-unies of universiteite nie.

snoesig slaap, moet ek 03:30 soggens opstaan om te gaan oefen.

"As rugbyspeler mis jy ook op jou laaste jaar

van hoërskool-rugby uit. As hoërskoolleerling "Dit word gevolg deur n langdradige skooldag en dan weer ’n oefensessie in die middag. Baie keer het ek nie vervoer na of terug van die oefening gehad nie en moes ek lang ure wag vir iemand om my te kom kry.”

Covid-19 en die pandemie het egter sy drome en skoolloopbaan baie beïnvloed.

“Wanneer jy as gr. 8-seun jou hoërskoolloopbaan begin, droom jy om vir die eerste span uit te draf in daardie spesiale wit trui. Daardie droom het skaars ’n realiteit geword en toe kom Covid. My droom om by die o.18 Cravenweek te speel en om hopelik die

veral ’n matriekleerling, is dit baie sleg.


"Met die onsekerheid van Covid is dit moeilik en is die tyd van leer en onderrig beperk.

"Daar is nog steeds druk om te presteer, maar ek is bereid om aan te hou om hard te werk.

"Dis ook sleg omdat ek nie my laaste jaar met my vriende kan geniet, soos wat ons al lank voor ons in matriek was, beplan het nie.” –Tania Coetzee

Kimberley Online Co. wens Ronsley alle sterkte vir die toekoms toe. Ons is seker hy sal steeds sy drome kan verwesenlik!


Arend herstel by Kimberley-veearts

Featherhead, ‘n Verreaux-arend, het wonderbaarlik herstel na sy in Februarie vanjaar by die Kimberley Veterinary Clinic aangekom het en nie eers self kon regop staan nie.

Anmari Coetzee, verpleegster by Kimberley Veterinary Clinic, sê Ronelle Visagie moes Featherhead op De Aar gaan haal en sy kon toe skaars regop staan of haar regterklou oopkry.


“Ons kon met radiografie glad nie ‘n gebreekte been sien nie,” sê Anmari. “Om verdere kontraksie op haar klou te voorkom, het ons dit om ‘n groterige tennisbal vasgemaak.”

Ronelle moes na twee dae die bal verwyder en Featherhead se klou het oopgebly, maar sy was nog baie swak en lam in haar been en sy moes vir nog vier weke in ‘n hok aansterk. Sy is ná die vier weke in ‘n groter hok geplaas om te kyk of sy sou vlieg en na een dag het sy so goed gedoen dat sy vrygelaat kon word.


Featherhead is op dieselfde plaas as wat sy gered is, vrygelaat.

“Sy het sterk gevlieg toe sy vrygelaat is en na ‘n lang vlug het sy op ‘n koppie geland waar haar maat vir haar gewag het.” Die kinders van die paartjie wat haar gered het, het haar Featherhead gedoop en beide was teenwoordig toe sy vrygelaat is.

“Dis ‘n ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie," sê Anmari.

- Caria van der Merwe


Save the Rocket HEMS number on your phone for emergencies: 0860 354 448


JOU MENING

Glo jy die R500 miljoen wat beskikbaar gestel is vir dienslewering in die Noord-Kaap is tot dusver

suksesvol aangewend?

"Die slaggate wat toegemaak is, is alweer oop en die meeste slaggate is nog nie herstel nie en daar is alweer 'n klomp nuwes." - Sanet Gouws

"Jy vra die verkeerde vraag. 1. Waar het die premier die geld gekry? 2. Was dit werklik dadelik beskikbare fondse? 3. Is die fondse oorbetaal aan die munisipaliteit? 4. Wat is die projekte? Dis die antwoorde wat ons graag wil hê." - Herculina Moore


"Hierdie is seker 'n strikvraag. As ek dit nou eerlik antwoord, word die potholes in my straat nie reggemaak nie of so iets?" - Marie-Louise Groenewald

"Ja, kyk mooi, al die stadsraadlede ry die nuutste mees luukse voertuie, koop die mees luukse eiendom." - Henry Mey

"Wanneer daar sulke bedrae geld gegee word, moet daar tog sekere projekte daaraan gekoppel word ? Ek sou projekte publiek gemaak word.

graag wou sien dat sulke Daar 'n finansiële plan

gekoppel is, asook 'n projek-

bestuurder. Begin- en

einddatum van projek.

Ek dink as dit dan geplaas kan word, waar die gemeenskap dit kan monitor, sal ons ook weet hoe

en waar ons belasting aangewend word. -Jacobus Pieters


If you’ve never attempted a vision board

IS

OB

ETAER

RA

Y

N

O

I

V

C

D

O

U

R

N W O

before, this is definitely a good place to start, especially if crafts isn’t naturally your thing.

Take picures of things you love and paste it on a corkboard or a poster. Look at it every day.

It’s all down to how you feel and what appeals to you.

It's also a way to "see" your future.

your dream house

your dream work

your dream paycheck

WHAT DOES YOUR DREAM LIFE LOOK LIKE?


Liefde seëvier in Covid-tyd

Kobus Jacobs (29) en Chantelle de Villiers (26) is op 14 Desember 2020 op Prieska getroud.

"Ons moes met maskers trou en kon nie ons troubeloftes seël met 'n soen nie."

Steeds was dit die moeite werd, sê Chantelle.

"Ek het trou beloof aan my beste vriend, my sielsgenoot, my anker my lewe en as ek terugdink aan hoe dit 'n gesukkel was, was dit meer as perfek en die moeite werd."


Barmhartige Samaritaan kry foon terug “Ek gaan jou foon terugkry,

Toe hy by die sentrum uitkom, het

Meneer.” Dit was die woorde van

hy gesien een van sy bakkie se

Johannes November aan Pieter

ruite is uitgeslaan en sy selfoon is

Myburgh nadat sy foon voor ’n

gesteel.

sentrum uit sy bakkie gesteel is. En dit is presies net wat hy gedoen

Volgens Pieter het die karwagte nie

het.

veel gesien nie en die polisie is ontbied, maar het nooit opgedaag

Pieter het Woensdag 30 Junie 2021

nie.

sy verloofde, Landi West, na ’n tandartsafspraak by Belmed-

Polisievoertuie wat die sentrum

mediese sentrum in Homestead

besoek het, is ook voorgekeer,

geneem.

sonder enige sukses. .


Dit is toe wat Johannes sy hulp

by die New Park-sentrum gekry waar hy

aangebied het. Na beeldmateriaal nie

die foon oorhandig het. Pieter het toe vir

veel gehelp het nie en die foon se

Johannes ’n beloning gegee vir sy

opsporingstelsel nie die foon kon

moeite.

opspoor nie, het Johannes vir Pieter belowe hy sal die foon terugkry.

Johannes November het as jong man vanaf Warrenton na Kimberley vir ’n

Slegs nege dae later het Johannes met

beter toekoms verhuis. Hy werk al vanaf

Landi kontak gemaak om seker te maak

2000 by die Community Police Forum

watter soort foon dit was. Hy het toe vir

(CPF).

Landi gesê hy het haar verloofde se foon teruggekry.

Johannes sê hy het ’n passie om misdaad te beveg.

Sondag 11 Julie het hulle vir Johannes


“Ek doen dit, want ek help baie mense. Nie net die

Pieter en Johannes

mense wat hier parkeer nie, maar ook die winkels hier rond as hulle my hulp nodig het. Shoprite, Clicks en die mediese sentrum het ek al baie gehelp.

"Die jonges wat so steel, steel vir dwelms en gom, nie om hul lewens beter te maak nie." Verder sê Johannes hy is nie bang vir skelms nie, hy vertrou net op God.

’n Mens kan hoor hierdie is ’n man met ’n hart van goud. ’n Man wat vir seker weet waar sy prioriteite lê. Suid-Afrika kort meer Johannes Novembers. - Tania Coetzee


TEAM EDITOR:

ADVERTISING

Tania Coetzee

071 86 7200 or 076 163 3746

EDITORIAL TEAM

CONTACT

Caria van der Merwe,

kimberley@onlinecosa.co.za

Elbeth Marais Meryke Bekker

PUBLISHED BY

Lelanie Swanepoel Dottry Media (Pty) Ltd SUB-EDITOR Una Engelbrecht

ONLINE ARCHIVE https://www.onlinecosa.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Kimberley Online Co. 23 Julie 2021 by Dottry Media - Issuu