DHS SPORTDAG
vs NATANIËL IN CONCERT UITGAWE NO. 34 | 11 MAART 2022
Bladsy 2
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
INSPIRASIE VIR DIE WEEK
INSPIRASIE | WAARDEER | LEWE Ek lees vroeër in die week 'n stuk van 'n vrou se ervaring toe sy een middag in 'n kruidenierswarewinkel staan. Sy vertel hoe sy om haar begin rondkyk het en kon sien hoeveel mense sukkel. Hoeveel mense met net 'n brood, melk of pakkie maalvleis, net die nodigste, in die ry staan.
Ek gesels toe met haar vir 'n onderhoud, en sy vertel hoe sy in daardie oomblik besef het hoeveel die mense om ons sukkel. En ook hoeveel hulle die hulp waardeer. Sommige van ons kan nie altyd gee of deel nie, maar as jy kan, help iemand anders wat sukkel!
Sy vertel hoe sommige van dié mense nie eers genoeg geld in hulle Lees die volledige berig hier. beursies het om vir die broodnodige te betaal nie en mense wie se bankkaarte afgekeur word wanneer hulle wil betaal.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 3
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 4
Vrydag
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
19:00
Maart
Alle veiligheidsmaatreëls word gevolg. Geen kinders onder 14. Maskers verpligtend.
Bespreek by Louwrika, stuur whatsapp na 0837468385 R290,00 per kaartjie.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 5
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 6
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 7
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
NATANIËL IN CONCERT Nataniël se kerktoer duur voort! Ná ’n heerlike katedraalkonsert verlede jaar keer Nataniël op Vrydag 18 Maart terug na Kimberley vir ’n enkele konsert by die NG Kerk Kimberley. Hierdie vertoning bestaan uit splinternuwe stories asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring! Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis. Kostuums is ontwerp deur Floris Louw. Sedert sy vorige besoek het Nataniël ’n nuwe televisiereekse verfilm, ’n nuwe boek publiseer, ’n luisterboek vrygestel en verskeie nuwe produkte ontwerp en vervaardig. Nataniël se nuutste boek, 107 KAALKOPPE, asook van sy produkte is by die vertoning beskikbaar. Charl Du Plessis se nuutste cd, IT TAKES THREE, sal ook beskikbaar wees! Vrydag 18 Maart om 19:00 Alle veiligheidsmaatreëls word gevolg. Geen kinders onder 14. Maskers verpligtend. Bespreek by Louwrika, stuur whatsapp na 0837468385 R290,00 per kaartjie.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 8
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
DAWID TEEN GOLIAT DIE NAWEEK
HOOFWEDSTRYD 16:00
SKOLESPORT | DHS | AFFIES Dis Dawid teen Goliat dié naweek Hokkie en netbal skop alreeds wanneer Afrikaans Hoër Seunskool vandag af met die hoofwedstryd besoek aflê by Diamantveld vir hulle wat Saterdag plaasvind. jaarlikse derby. Die skole het weens die Covid-19pandemie nie in 2021 deelgeneem nie, maar hierdie jaar is albei skole slaggereed. Die tafel is gedek vir skolesport uit die boonste rakke. Meer as 30 sportspanne gaan die naweek kragte meet in rugby, hokkie en netbal. Buiten Afrikaans Hoër van Pretoria neem Duineveld, Upington, Boys High, Homevale, Sol Plaatje Universiteit en Sentraal aan die sportdag deel.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 9
Kimberley Online Co.
DHS se 0/16A seuns-hokkiespan speel vanaand om 19:10 teen Upington op CBC se Astro-baan, wat ’n hoogtepunt vir die dag behoort te wees, terwyl die 0/19 A seuns om 15:50 teen Boys High kragte meet.
11 Maart 2022
"Ek lees niks in ons oorwinnings tot dusvêr nie en beskou onsself as ’n buiteperd. Die seuns is wel baie opgewonde om weer te speel en ons sien uit na ’n goeie dag vol opwinding!"
Diamantveld se span word die jaar DHS se eerste netbalspan speel deur JP Vorster gelei, met Wynand reeds vanmiddag om 17:50 teen Botha as sy adjudant. Affies in die hoofwedstryd van die dag en Saterdag om 13:35 teen Die volledige span vir Saterdag se Jim Fouche van Bloemfontein. kragmeting is soos volg: Rugby het ’n vol program met die eerste spanne wat mekaar reeds om 08:00 Saterdagoggend pak en die hoofwedstryd wat om 16:00 op die A-veld afskop. Diamantveld het in 2020 erg slae gekry teen Afrikaans Hoër, maar hierdie jaar se span is steeds onoorwonne na 3 wedstryde. Leon Karemaker, afrigter van Diamantveld, glo sy span is goed afgerig, maar besef die aanslag waarmee ’n skool soos Afrikaans Hoër vorendag kan kom.
1 Div Strauss 2 Vice Hofmeyer 3 Flip du Rand 4 JJ Engelbrecht 5 JP Senekal 6 Ruben Pienaar 7 Junior van Niekerk 8 JP Forster (kaptein) 9 Wynand Botha 10 Dolf Hohls 11 Liam Ferris 12 Ruan Watts 13 Henro Nel 14 Micheal Prinsloo 15 Markus Maree Afskop sal om 16:00 plaasvind. Kry al die naweek se bepalings hier:
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 10
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
DHS eerstespan spelers in aksie WALDO N N IEKERK
JP SENEKAL
MARKUS MAREE
WYNAND BOTHA
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 11
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 12
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 13
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 14
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 15
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Jong entrepreneur in Kimberley open nuwe besigheid André Hanekom (19) ‘n dinamiese jong entrepreneur, het in Januarie 2022 ‘n splinternuwe besigheid oopgemaak. Budget Hardware/Feeds is ‘n minikoöperasie, en alhoewel dit ‘n nuwe besigheid is, is die pryse geweldig kompeterend. Budget Hardware/Feeds is geleë in Cartersweg 2, Rhodesdene in Kimberley. Hier kan jy enigiets in die hande kry. Hulle spesialiseer in voere, hardeware, drukpompe en vele meer. Vir André is sy kliënte se ervaring van sy besigheid die belangrikste. “Vir my gaan dit oor baie meer as net die verkoop van die produk, dit gaan oor die interaksie met die kliënt self.”
Hulle voorsien ook werk aan drie mense, wat voorheen werkloos was. André se mentor is sy pa, Elbé Hanekom. ‘n Mens kan nie anders nie as om dié jong entrepreneur te ondersteun en te bewonder vir sy besluit om vir homself ‘n toekoms in Budget Hardware lewer uitstekende ‘n harde besigheidswêreld uit te diens met aflewering daarby kerf. ingesluit Om bestellings te plaas en vir meer inligting kontak André by 060 518 4367 KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 16
Kimberley Online Co.
Produkte wat Budget Hardware/Feeds verkoop: Voere: Lusern pille Lusern bale/ klein Mielies Gebreekte mielies Hawer Hoender lê pille Braaikuiken aanvangs Braaikuiken groei Braaikuiken afrond Vark groeimeel Fase D Bul Rantsoen Hondekos: Firstline Standard (10kg&20kg) Firstline Premium (10kg&20kg) Tuin: Kompos Mieliemeel/ Super Maize Meal: Wabona 5kg Wabona 10kg
Sement: Larfage (42.5) Sink Draad
11 Maart 2022
Staalpale Sparre Gumpoles 2.4m- 6m Laths Watertenks: (1000l-5000l) ECO (10 jaar waarborg/volle terugbetaling) GECKO tanks Drukpompe: .35kw-.75kw (verskeie ) Structure Wood: 38x38 114x38 38x50 38x76 Pine Wood: (DIY) 76x19x3m 102x19x3m 114x19x3m Eureka Skroewe Spykers Draadstawe/Threaded rods Moere/Nuts Wassers/Washers Boorpunte Hamilton Roller alle groottes Supafoam roller alle groottes Roller en rolbak alle groottes Skuurpapier Verfkwas alle groottes
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 17
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 18
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
KHS mourns death of 2021 matriculant It is with great sadness that the KHS community mourns the untimely death of Jonathan Bartlett who sadly passed away over the weekend. Jonathan was involved in a motor vehicle accident and sadly did not make it. Jonathan started his high school journey at Kimberley Boys’ High in 2017 and completed his Matric with the class of 2021. The school says: “Psalm 107 reminds us of the difficulty of death, but also assures us that even though they might have left the mortal world, our dearly departed are in a much better place. We are also reminded that we should take comfort in knowing that the almighty Father above has better plans for their souls; “For He maketh the storm to cease, so that the waves thereof are still. Then they are glad because they are at rest. And so, he bringeth them unto the Haven, where they would be”. “Every now and again we all feel death’s painful sting and how we react to it is testament to their life that was lost.” Jonathan is described by his teachers and friends at Kimberley Boys’ High as full of life, spontaneous, extremely, and passionately vocal about his emotional state of being. In summation, he possessed an unwavering sense of self. His life might have been taken away too soon, but an ocean of memories, he leaves behind for all his family and friends to remember him by. “Our heartfelt condolences go out to the Bartlett family and all of Jonathan’s friends as well as all those affected by this tragedy. “He shall grow not old, as we that are left grow old: Age shall not weary him, nor the years condemn. At the going down of the sun and in the morning, we will remember them.” - Laurence Binyon KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 19
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Kimberley beveg stygende voorvalle van kabeldiefstal Al hoe meer gevalle van kabeldiefstal in Kimberley word aangemeld. Volgens statistieke is die areas wat die meeste daaronder ly, die gebiede waarin besighede geleë is. Beide grooten kleinhandelaars word hierdeur geraak. Bianca Botha, die verkopebestuurder van Atlantic Foods in Kimberley, sê die gesteelde kabels het ook ‘n groot finansiële impak op die besighede. “In meeste opsigte waar die besigheid gebruik maak van kragopwekkers, is dit ‘n duur proses met die huidige brandstofpryse. Dit is ook ‘n groot finansiële uitgawe om hierdie gesteelde kabels te vervang.” Geen verdagtes is tot dusver opgespoor of in hegtenis geneem nie, danksy swak of geen hulp van die plaaslike polisie of munisipaliteit. Volgens Botha beweer die Sol Plaatjie Munisipaliteit dat daar wel aandag gegee word aan die kommerwekkende problem, maar sy voeg by dat geen bewyse getoon kan word om hierdie bewering te staaf nie.
“Ek dien ook op die Saver City Project, gestig in 2019. Geen positiewe terugvoer is ontvang van die munisipaliteit aangaande die installering van kameras in en om Kimberley nie. Veral by die ‘hotspot’ areas, asook CBD.” Die groot vraag bly egter “Wat het van die fondse geword wat beskikbaar gestel was vir hierdie projek?”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 20
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Groot Impak | Geen Verdagtes Die gesteelde kabels word afgebrand in oop velde, daarna word dit aan plaaslike skroothandelaars verkoop. Botha sê dit is ‘n bose kettingreaksie waarin kriminele dade en die agteruitgang van Kimberley en sy ekonomie bevorder word. Botha sê ook dat die gemeenskap baie negatief is, veral met die hoë werkloosheidsyfer in die provinsie. Al hoe meer besighede moet hulle deure sluit. “Met die huidige ekonomie en herstel na Covid-19 is die gemeenskap se moraal baie laag.” Sy sê ook misdaad neem meer toe wanneer gedeeltes van ‘n gebied in die donker gelaat word as gevolg van kabels wat gesteel word. “Die gemeenskap het ook alle vertroue in die munisipaliteit verloor.” Botha is ook die tweede vise-president van NOCCI se onafhanklike besigheidskamer in die Noord-Kaap. NOCCI het ‘n onafhanklike besluit geneem om betrokke te raak in hierdie aangeleentheid en werk hand aan hand met alle besighede om dié probleem te probeer bekamp. “Ons is tans besig om ‘n projek op die been te bring. Ek wil nie nou al die projek verklap nie. Ons sal teen 15 Maart 2022 bekend maak waarmee ons besig is, maar al wat ek kan sê is dat dit die gemeenskap gaan bevoordeel en dat ons sal sorg dat Kimberley weer ‘n Diamantdorpie sal word.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 21
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 22
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Jong model maak Kimberley trots Caitlene Thompson (18) van Kimberley is nog net 6 maande deel van die Vogue Models agentskap maar na slegs haar tweede kompetisie, is sy alreeds as eerste prinses gekroon by die Nasionale Supermodel RSA 2022 kompetisie. Dié kroning het op die 5de Maart plaasgevind.
Caitlene Thompson (18) van Kimberley is nog net 6 maande deel van die Vogue Models agentskap Vir Thompson is die lekkerste deel van die model agentskap dat hulle almal soos een groot familie is. “Ons is altyd daar vir mekaar maak nie saak wat nie.”
Thompson sê sy het dit glad nie verwag nie. “Ek was baie gelukkig, en eerlikwaar geskok, veral omdat dit nou eers my tweede kompetisie was. Ek was regtig baie bly en oor die algemeen baie dankbaar.”
Sy sê haar groot rolmodelle en inspirasie na wie sy opkyk, is die wêreldbekende supermodelle Kendall Jenner en Bella Hadid. Sy self wil ook ‘n rolmodel wees en probeer altyd die beste weergawe van haarself te wees, al is dit Sy moes baie voorberei en ekstra partykeer moeilik. pligte opneem. “Ek moes 10 geskenkies gaan koop het vir die kompetisie, ek moes my loop roetine baie geoefen het en ek moes seker maak my uitrusting was reg vir ‘high fashion’. Die oggend van die kompetisie het ek baie vroeg opgestaan om net seker te maak alles is gereed.”
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 23
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Caitlene het ook baie geleer in hierdie tyd. “Ek het geleer dat alles met tyd kom en dat dit ook goed is om te verloor. As jy elke keer wen dan waardeer jy dit nie maar verwag dit. Soos wat my afrigter, Jean-Mari, altyd vir ons sê ‘Rome was not build in a day’ en dit het my motto geraak.” Sy het ‘n fantastiese ondersteuningstelsel in haar ouers, Iain en Renet Thompson. “Dan ook my afrigter Jean-Mari, my kêrel Ruan Dippenaar sowel as sy ma, Jolene Dippenaar, Erin Pretorius. Laaste maar nie die minste nie my beste vriendin Lizelle Meyburgh.”
Thompson sien haarself modelwerk doen in die toekoms en sy sal graag ‘n lewe daarvan wil maak. “My grootste droom is om modelwerk my beroep te maak en dat ek ‘n sukses van dit sal kan maak. Ek wil eendag op ‘n baie bekende ‘brand’ se tydskrif voorblad wees. Maar ek wil ook na skool gaan swot om n onderwyser te word.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 24
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 25
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
In die Laer – Kom eet saam Tradisionele geregte soos kerrie-afval, bobotie, lewerkoekies, wildspastei met pampoenpoffers, gestoofde perskes, koringslaai en melktert en koeksisters as nagereg wag op 19 Maart 2022 op besoekers aan In die Laer in Kimberley. Ongeveer twintig geregte soos deur die Voortrekkers voorberei in die waens gedurende die Groot Trek word vanjaar vir die Voortrekker-ete voorberei. Varsgebakte brood met tuisgemaakte konfyt en lewerpatee en kaiings sal as voorgeregte beskikbaar wees terwyl heerlike yskoue gemmerbier die dors sal les. Die Voortrekker-ete is deel van laeraktiwiteite van 18 to 20 Maart 2022 waartydens ‘n volledige Voortrekker-laer met waens en osse ontplooi word by 8 Myl buite Kimberley. Vanjaar word ‘n span osse voor die wa ingespan en besoekers kan ‘n rit op die ossewa geniet terwyl hulle die natuur bewonder. Verskeie aktiwiteite soos brood bak, botter karring, melktert op die vuur, lopers giet, die vuur van voorlaaiergewere en die maak van skoene en kerse sal vanjaar vertoon word. Uitstallings van volledige ossewaens met al die toebehore en gereedskap en demonstrasies oor die gebruik daarvan sal die lewe in die laer uitbeeld.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 26
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Vrydagaand word ‘n In die Laer-storie- en musiekaand aangebied met stories en musiek uit die ossewa-era. Saterdagaand se hoogtepunt is ‘n Voortrekker-ete proe-aand met meer as 20 geregte wat uit die wakombuis voorberei was. Vir die jeug is daar verskeie speletjies en aktiwiteite uit die Voortrekkerera om aan deel te neem met pryse aan die wenners. Sondag word afgesluit met ‘n In die Laererediens. Kaartjiebesprekings vir die Voortrekker-ete open 18 Februarie 2022 en die koste is R150 per volwassene en R80 vir kinders onder 10. Die etekaartjie sluit gratis toegang tot die terrein op Saterdag in. Toegang tot die terrein op Vrydag en Saterdag is R50 per volwassene en R20 per kind. Sondag is gratis. Geskiedenis en kulturele erfenis is besig om verlore te raak vir die jonger geslag. Die bewaring van kultuurgebruike en geskiedkundige gedenkwaardighede is van kritiese belang vir die voortbestaan van ons kultuurerfenis. Die Rapportryerbeweging, Voortrekkers, Afriforum en die Landsdiens beywer hulle om die Afrikaner-kultuurerfenis te bewaar en te bevorder. Die doel van die geleentheid is om fondse vir die bewaring en instandhouding van monumente by Magersfontein, Paardeberg, Modderrivier en Kimberley in te samel. Vir meer besonderhede besoek https://indielaer.co.za of skakel vir Marius Nagel by 083 778 9179 om kaartjies te bespreek.
1.7 Meter KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 27
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 28
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Soek jy jou skolenuus gratis op een van SuidAfrika se grootste nasionale platforms? Stuur al jou skolenuus aan ons as jy wil hê jou skool moet ook in een van Suid-Afrika se grootste aanlynkoerante geplaas word. As jy ‘n ouer is, vra jou skool om namens jou kind dit te doen, sodat jou kind erkenning kry. FiND iT publiseer in Afrikaans of Engels, daagliks. Bou jou skool se webtuiste deur goeie “SEO” en verhoudinge. Om deel te word, stuur ‘n e-pos aan nuus@find-it.co.za en ons vertel jou hoe. FiND iT het 1 miljoen lesers en is ook die enigste Afrikaanse nuusverskaffer aan die super-app, Moya, met 6.5 miljoen lesers DATA VRY.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 29
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
#nuusflits Die polisie in Galeshewe was verlede Donderdag by twee hoërskole in Kimberley ná die onlangse ‘demoniese aanvalle’ wat leerlinge by die skole gehad het. Die polisie was by Hoërskool St. Boniface en Hoërskool Emmang Mmogo waar ‘n pastoor sy getuienis gelewer het en die leerlinge saam gebid het. Ouers van dié skole was ontsteld toe daar op 11 Februarie vanjaar video’s versprei is van leerlinge wat glo ‘demoniese aanvalle’ gehad of deur demone beset was. Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, het gesê die departement is nog nie presies seker wat by die skole gebeur het nie.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 30
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 31
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 32
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 33
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 34
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Om die pot saam met Hannes Noeth ‘n Heerlike familie-kuieraand sal dié Saterdag by die Gereformeerde Kerk in Monumenthoogte plaasvind. Dié lekker kuieraand saam met Hannes Noeth, hoof van Helpende Hand, word ten bate van die Diamant-studiefonds gehou. Dis ‘n studiefonds om vir studente wat dit nie kan bekostig nie, die geleentheid te gee om te gaan studeer. Ilse Cronjé, ‘n taklid van Helpende Hand, vertel die Diamant-studiefonds bied vir ‘n student die kans om ‘n rentevrye lening te kry om in sy/haar gekose studierigting te studeer. Sy vertel dié fonds kon in 2021 vir een student in Kimberley die geleentheid gee, en dat hulle nou besig is om geld in te samel om dié jaar weer so te kan maak. By die lekker kuieraand teen R150 per persoon sal jy kan kies tussen ‘n afval-, hoender- of skaappot. Bykosse wat beskikbaar sal wees, is rys/stampmielies, potbrood en smere en vir nagereg heerlike malvapoeding en vla. Jy hoef net jou eie glase en drinkgoed te bring. Daar word ook voorbereiding getref vir kinders, met ‘n springkasteel en speelplek! Dis ook verniet vir kinders onder die ouderdom van 10 jaar oud. Datum: Saterdag, 12 Maart Plek: Gereformeerde Kerk, Ortleppstraat, Monumenthoogte Tyd: Kom kuier saam vanaf 16:00 Spreker: 18:00 Vir kaartjies, kontak: Tanya van der Walt: 082 312 5063 Ilse Cronje: 082 308 1701 Elsabé van Zyl: 083 306 8244 KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 35
Bloemfontein Online Co.
11 Maart 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. Jy kan nie meer hierdie tipe WhatsApp-boodskappe in Suid-Afrika stuur nie President Cyril Ramaphosa het ingestem tot die Wysigingswet op Films en Publikasies met die nuwe wet wat vanaf 1 Maart 2022 in werking tree.
Malema vuurwapen-saak ie vierde dag van die strafregtelike vervolging van Julius Malema, leier van die EFF, in die OosLonden Streekhof vir verskeie oortredings van die Wet op Beheer van Vuurwapens is verby.
Brandstof in SA kan tot by R40/liter styg Dis geen geheim dat die oorlog tussen Rusland en Oekraïne ‘n groot impak op die wêreld se ekonomieë het nie. Die stygende prys van goed soos brandstof het ‘n groot invloed op SuidAfrikaners en kenners meen dié is slegs die begin van die impak.
Bloedgroep kan rede wees dat jy doodgaan van Covid-19 ‘n Groep wetenskaplikes in Londen het dalk uitgevind hoekom sommige mense sterf van Covid-19 en ander nie. Die rede kan by jou bloedgroep lê.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 36
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Nuusoorsig Indien jy dit gemis het. Ashley Oosthuizen dalk nie só onskuldig nie Ashley Oosthuizen (23), wat tans in ‘n tronk in Thailand is vir ‘n misdaad wat sy beweer sy nie gepleeg het nie, is dalk nie só onskuldig nie.
‘Die wêreld is stukkend,’ sê Pta-vrou ná ervaring by winkel “Die wêreld is stukkend. As jy my nie glo nie, gaan staan net na 17:00 in die middag in die ry by ‘n Spar.”
Vir meer nuus volg
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 37
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 38
Kimberley Online Co.
, e k i l r e e H onle i s i d a tr sters i s k e ko
LEKKER + VINNIG + MAKLIK
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 39
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Koeksister resep
e k i l r e He klike) a m (en sisters k e o k BAK TYD: TOT GOUD/BRUIN
Daar is niks so lekker soos ‘n tradisionele koeksister nie. Probeer hierdie heerlike resep!
METODE
BESTANDELE Stroop
Stroop
1 kg suiker
Gooi suiker, water, kaneel en gemmer in ‘n
5 ml kaneel
kastrol en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof.
2,5 ml gemmer
Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n
500 ml water
ander bak oor te gooi.
Deeg
Laat die stroop oornag afkoel in die yskas.
500 ml koekmeelblom
Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal
25 ml bakpoeier
het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue
30 ml margarien
water en ysblokkies in, sodat die vloeistof
100 ml melk 100 ml water
koud bly te midde van die proses.
knippie sout
Deeg
Diepbraai
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout.
500 ml sonneblom olie
Vryf margarien in met jou vingers.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 40
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Sny melk en water in die meel in
Diepbraai
met ‘n messie. Moenie die meel te
Verhit genoeg sonneblomolie in ‘n
veel hanteer nie – hoe minder jy dit
kastrol om die koeksisters in te
hanteer, hoe beter.
braai.
Rol die deeg uit op ‘n oppervlak
Bak die gevlegte koeksisters in die
wat liggies met meel bestrooi is, tot
olie tot altwee kante ‘n mooi
so 5 mm dikte.
karamelkleur het. Die koeksister
Sny die deeg in repe van 5 cm
moet nog kook en borreltjies maak,
breed en 10 cm lank. Sny die repe
dan moet jy dit al in die yskoue
verder om elk drie bene te hê.
stroop gedoop het. Haal die
Vleg die bene en druk dit styf vas
koeksister na so ‘n minuut uit. Die
aan die oop kant.
koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
WENKE Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer. Vertrou my, jy wil nie stroop in die olie hê nie.
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 41
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 42
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Lesers deel pienk foto's s w u o e G i r d n Lee-A
x u o R le a i c n e r b m A
rie u o F n e e l o N
Ons het lesers gevra om (sonder om te kul) die eerste foto in hulle selfoon se foto-album met PIENK in te deel!
KIMBERLEY ONLINE CO.
n a v r a a n e i P Hanja k y w k l Scha
Bladsy 43
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 44
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Lesers deel pienk foto's t i W e d e n e l Ne
e d a n e B e i s n Re
r e s s i V a l u a P
Ons het lesers gevra om (sonder om te kul) die eerste foto in hulle selfoon se foto-album met PIENK in te deel!
KIMBERLEY ONLINE CO.
n e s n a J n e k La
Bladsy 45
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Lesers deel pienk foto's it o T u d n a s Su
om d y r t S e t t e Henri
Lazell
e
t d i m s Klein
Ons het lesers gevra om (sonder om te kul) die eerste foto in hulle selfoon se foto-album met PIENK in te deel!
KIMBERLEY ONLINE CO.
id v a D e n i l u a P
s
Bladsy 46
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 47
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 48
Kimberley Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.
11 Maart 2022
Bladsy 49
Kimberley Online Co.
11 Maart 2022
Business directory PLAASLIK | BESIGHEID | KIMBERLEY
KIMBERLEY ONLINE CO.
Bladsy 50
Kimberley Online Co.
OUR TEAM
11 Maart 2022
Kimberley Online co. Issue no. 26 11 February 2022
Editorial kimberley@onlinecosa.co.za
CHANE VAN DER WESTHUIZEN LAYOUT DESIGNER
Advertising 071 686 7200 find-it.co.za/koc facebook.com/kimonlineco instagram.com/kimonlineco publisher rudi@dottrymedia.com 071 686 7200 Published By Dottry Media (Pty) Ltd
Dottry Media (Pty) Ltd. is the holding company of brands such as FiND iT Nuus, Moomie, FiND iT AUCTIONS and Newsnatch. Dottry Media is also the publishers of community online newspapers Kimberley Online Co and Bloemfontein Online Co.
KIMBERLEY ONLINE CO.